Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Sermons

Die ‘ek is’ beginsel – God se teenmiddel teen minderwaardigheid

Die mees belangrikste uitspraak in jou lewe begin met: Ek is…

Jesus se versoeking het die “ek is” uitspraak in Sy lewe bevraagteken: “As jy dan regtig die Seun van God is,” (Mat 4:3) As die vyand ons onkant betrap rondom ons identiteit, dan vang Hy ons in Sy strik van leuens om uiteidelik sy wil te doen. (2 Tim 2:26) Dit is wesenlik belangrik dat ons elkeen moet weet ‘wie’ ons is.  Jou skeppingsdoel is in werklikheid Christus. (Rom 8:29) Alhoewel ons nooit fisies soos Jesus kan wees nie, wil God dat ons soos Hy sal dink, optree en leef. Hy is die beste manier om te leef. Sy waardes en motiewe is suiwer! Hy is die volmaakte wil van God. Ons is dus die mooiste mense, wanneer ons die meeste soos Hy is.  Die basis van ‘belief therapy’ wat in tronke en rehabilitasie sentrums gebruik word is: Wat jy oor jouself glo, bepaal jou gedrag en keuses.

Maar ons skeppingsdoel gaan ook verder as dit.  God het ‘n plan met elkeen van ons, en sodra ons daardie plan verstaan kan ons ‘n lewe van sin en betekenis leef.  (2 Pet 1:10) Die ek is het eerstens nie te doen met wat ons kan doen en vermag nie. Because God created us as ‘Beings’ not ‘Doings’!  Mense wat deur trauma gaan wil net iemand teenwoordig hê, jy hoef niks te doen nie.  Ouer mense wat teen die einde van hulle leeftyd nie meer al die dinge wat hulle eers kon doen meer vermag nie, is nie nou minder werd en belangrik nie.  Hulle teenwoordigheid, wie hulle was is vir ons belangrik! Jy is eerstens ‘n gees mens. Wie jy in die Gees is, jou teenwoordigheid, jou gesindheid is bepalend.  Iemand met ‘n verkeerde gees, kan ‘n hele vertrek mense negatief beïnvloed. Die teendeel is ook waar! Iemand met ‘n positiewe ingesteldheid kan geskiedenis verander!

Kyk na die rots waaruit jy gekap is:

Dis waarom Paulus die broeders vermaan: “Want let op julle roeping, broeders” (1 Cor 1:26) Hulle moes onthou hoe God hulle geroep het. Hulle was nie vername mense nie. Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is. Isa 51:1 Jou redding en die manier hoe God jou red, kan betekenisvol wees om jour roeping te verstaan. Die man wat die bekende EE3 Evangelisasie tegniek en kursus ontwikkel het, het juis deur die 2 diagnostiese vrae tot bekering gekom. Die dinge waarvan die Here jou verlos het, en hoe hy jou verlos het kan ook nou vir ander van hulp wees. Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; 9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword (Heb 5:8)  Selfs Jesus het ‘n liggaam nodig gehad wat hom voorberei is deur generasies heen. (Heb 10:5) Selfs jou ouerhuis en omstandighede waarin jy gebore is, is belangrik. Moet nie dit as ‘n vloek sien nie.

Vind jouself in die Woord:

Johannes die doper moes homself in die Woord sien, om sy roeping te verstaan. (Mal 3:1 vergelyk Mar 1:2) Paulus het geglo dat hy deur spesiale roeping lewendig gemaak is (Gal 1:1 Sien hoe Paulus sy roeping sien en verstaan: Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig (Gal 1:15)

Profetiese Woord en Openbaring:

Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak. (Jer 1:5) So het die Here vir Abraham, Moses, Samuel en nog baie ander geroep om vir Hom te werk.  Wanneer ons God ontmoet, kry ons ons identiteit.  Ons is juis identiteitloos omdat ons Hom nie ken nie.  Adam en Eva het in ongehoorsaamheid die verhouding wat hulle met God gehad het verbreek en weggestap en sodoende hulle identiteit verloor.  So het Esau dan sy eersgeboortereg verag. Gen 25:34 Ons eie drange en vleeslike begeertes mislei ons. Ons dink ons is die somtotaal van ons drange en begeertes. God het ‘n hoër doel met ons as mens, daarom het Hy ons geskape met goddelike vermoëns.  Paulus was eers op ‘n verkeerde pad, omdat hy in die tradisies van sy voorvaders geloop het en nie geweet het wat hy doen nie. (Acts 9:3-6) Hy het ook deur profetiese woord van Ananias sy roeping ontvang. (Acts 9:15-16)

“Maar deur die genade van God is ek wat ek is”

Paulus maak hierdie kragtige stelling in (1 Cor 15:10). Hierdie is ‘n diep geestelike paradoks: Om self te verloën (Mat 16:24; Rom 2:20) en uiteindelik net jouself te wees.  Madame Guyon het dit verduidelik dat God soos met ‘n slang die gif uit ons ‘self’ wil haal om ons uiteindelik onsself gesond terug te gee. Die selfsug, ambisie, selfregverdiging, passiwiteit, trots, van die eie-ek verwoes ons lewe. As ons egter sterf tot hierdie self, gee Hy ons ‘self’ terug om in nederigheid, ootmoed, gehoorsaam aan Hom te lewe. Daar is ‘n unieke deel van die beeld van Christus in ons elkeen opgesluit. by the acknowledgment of every good thing which is in 2you in Christ Jesus (Philemon 6)