Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Gebed vanuit ‘n regeerder se perspektief

Hoe bid mens vanuit die posisie van geregtigheid? Ons is met Christus beklee met Christus, en op grond van Sy geskenk van genade staan ons in Sy heiligdom.  (Heb 10:19) Ons bid nie meer van buite soos toeskouers en weeskinders nie. Ons is erfgename, deelnemers, deelgenote van Sy geregtigheid. Ons het gekom by die heilige berg van die Here sonder vrees. (Heb 12:21) ons bid vanuit die troonkamer! (Efe 2:6)

Soms wanneer jy sekere mense hoor bid, dan klink hulle gebede soos die weeklag van bedelaars op die straathoeke.  Die doel van gebed is gesprek.  Hoekom klink sekere mense se gebede so gans anders? Ons praat nie so met mekaar nie?  Geen kind vra vir sy Ma vir ‘n appel op so ‘n huilerige manier nie.  Die tipe gebede klink egter baie godsdienstig en vroom.  Teen sulke gebede het Jesus ons gewaarsku. Want dit is vol voorgee, en dis vals (Mark 12:40) lang gebede van voorgee voor mense (Mat 6:5); ydele herhaling (Mat 6:7). Die woord ydel, wys op betekenlose, sinlose woorde.

Jakobus getuig van die groot krag van die gebed van die regverdige, (James 5:17-18) deur na Elia te verwys wat vir reën gebid het. (1 Kings 17:1 & 1 Kings 18:1) Hoe bid mens vir iets wat God alreeds toegestem het?

Daniel het die skrifte ondersoek en gevind dat Jeremia profeteer dat die Ballingskap net 70 jr gaan duur. (Jer 25:12; 29:10) Toe begin hy intree vir die volk se verlossing, maar weereens op grond van ‘n profetiese woord wat God alreeds gegee het. (Dan 9:2) Dus het God klaar gesê dat dit gaan gebeur, tog moes Daniel dit bid.  Kon God nie self Sy Woord vervul nie? Natuurlik! Maar tog wil God ons gebruik as Sy verteenwoordiging hier op aarde.

Toe Moses om hulp roep dat die Here die volk moet red, met die Egiptenare kort op hulle hakke, en hulle vasgekeer is teen die rooisee.  Die Here het toe vir Moses gesê: “Vir wat staan jy so benoud en roep na My? die mense moet begin beweeg. Vat jou herderstok in jou hand en hou dit uit oor die water.” (Ex 14:15–16) Die Here het dus alreeds die opdrag gegee, Moses het alreeds ‘n mandaat van die Here gehad, nou moes hy net dienooreenkomstig optree.

God het die mens gemaak om te regeer

26En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip  (Gen. 1:26-28).

4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het5wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? 6U het homn weinig minder gemaak asn goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. 7U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: 8skape en beeste, die almal, en ook die diere van die veld, 9die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see  (Ps. 8:4-9).

16Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.  (Ps. 115:16).

God het ons gemaak om Sy handewerk te versorg, bewaak en te beskerm.  Ons is Sy verteenwoordigers wat opereer in die gesag en krag wat Hy gegee het, om Sy wil te doen.  Soortgelyk opereer ‘n ambassadeur in die gesag van die regering wat hy verteenwoordig, en het outoriteit om te heers namens sy heersers.

Satan het ons outoriteit gesteel

6En die duiwel vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 7As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort  (Luk. 4:6-7).  Ons het ons gesag aan hom oorgegee!   31Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.  (Joh. 12:31).

30Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie  (Joh. 14:30).

11en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is  (Joh. 16:11).

God het algehele outoriteit

Alhoewel God algeheel en soewerein in beheer is, en niks nodig het nie, het Hy ons gekies om Sy krag en heerskappy op die aarde uit te voer en te demonstreer.

24Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.  (Hand. 17:24).

25Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.  (Hand. 17:25).

2Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.  (Job 41:2).

10want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. 11Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. 12As Ek honger het, sal Ek jou dit nie nie; want die wêreld is myne en sy volheid.  (Ps. 50:10-12).

Ons is God se generaals op aarde

17En net toe Agab El¡a sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel?  (1 King 18:17).

Hoekom moes Elia nog bid as God dit in elk geval wou doen?  Elia was God se verteenwoordiger op die aarde, en moes dus bid en die reën opkommandeer was God bestel het.  Dit gaan alles oor gedelegeerde outoriteit, waar die ondergeskikte geen outoriteit het as dit nie deur die meerdere bemagtig is nie.  Dit is hoekom die koning vir Elia die “moeilikheidmaker” noem.  Nie God nie!

1Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag en verheerlik word net soos by julle;  (2 Thes. 3:1). Hoekom beveel Paulus ons om te bid, as dit God se wil is vir Sy woord om sy snelle loop te mag neem?  Weer eens moet ons ons gegewe outoriteit op die aarde beoefen volgens God se bevele.  Wie se wil is dit dat dit moet reën?  God s’n.  Wie se inisiatief?  God s’n.  So hoekom moet ons dan bid?  Daniel het die skrif verstaan en gesien dat dit geprofeteer was deur Jeremia, dat Juda na 70 jaar van gevangenskap bevry sou word.  Alhoewel God dit alles deur sy gekose profeet gesê het, het Daniel verstaan dat sy aandeel daaraan was om te bid.

19En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.  (Mat 16:19).

As ek vir iemand my huis-sleutels sou gee, beteken dit dat hulle nou vrye toegang tot die huis het, en kan kom en gaan soos hulle wil. Op dieselfde wyse, sê hierdie vers duidelik dat God die sleutels van Sy koninkryk aan die Kerk gegee het.

Profetiese bedoeling

Dit is belangrik om eers by die Here te hoor, “wat die Gees vir die gemeente sê”, voordat ons proklamasies maak. God se wil is geopenbaar in sy Woord;  vir elke gegewe situasie kan ons dus Sy wil ken.  Hy praat ook deur sy profete:

“want die Here God doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3 : 7).

“‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie” (Joh. 3 : 27).

As ons dus God se bedoeling of plan verstaan, het ons deur die geloof ‘n mandaat om dit tot vervulling te laat kom, deur ons gebede en proklamasies.

Die taal van konings:

Konings gee bevele:

13Maar in die eerste jaar van Kores, die koning van Babel, het koning Kores bevel gegee om hierdie huis van God te bou.  (Esra 5:13).

Bevelvoerders spreek ‘n woord:

8Want ek is ookn man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een ek: Gaan! en hy gaan; en virn ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.  (Luk. 7:8).

Regeerders roep op/eis:

22En hulle : Cornelius,n hoofman oor honderd,n regverdige en godvresende man, watn goeie naam het by die hele Joodse nasie, hetn goddelike openbaring ontvang deurn heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal   (Hand. 10:22).

Jesus het die wind en demone bestraf:

26En Hy vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar hetn groot stilte gekom  (Matt. 8:26).

18Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af  (Matt. 17:18).

Jesus het die vyeboom vervloek:

20En toe die dissipels dit sien, was hulle verwonderd en : Hoe het die vyeboom so onmiddellik verdroog? 21Maar Jesus antwoord en vir hulle: Voorwaar Ek vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die seesal dit gebeur. 22En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.  (Matt. 21:20-22).

God roep die onsienlike ‘n realiteit:

Hy is immers ’n God wat dooies lewendig maak en deur sy roepstem dinge wat nog nie bestaan nie, aanspreek asof hulle reeds werklikheid is.  (Ro 4:17). Hierdie skeppings mag word aan God toegeskryf, maar ek glo is ook op ons van toepassing, omdat ons leef in Sy geregtigheid! Ons kan ook nie enige iets tot werklikheid roep nie, net dit wat God alreeds gemandaat het.

Die krag/waarde van saamstem gesamentlike Gebed

Die volgende onderskeid is baie belangrik. Daar is ‘n verskil tussen persoonlike gebed en gesamentlike gebed. Persoonlike gebed  is jou tyd saam met die Here.  6Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde  (Matt. 6:6).  16Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek en gebid  (Luk. 5:16).  Dan bid jy vir persoonlike dinge, en tyd hoef nie ‘n faktor te wees nie.  Dis waar jy ook voor die Here wag, jou gedagtes op Hom gefokus en jou gees oorgegee.  So word ONS die instrument waardeur die Heilige Gees kan bid26En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.   (Rom. 8:26).   20Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid   (Judas 20).  Dit raak Sy inisiatief.   24En as jyn geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die HERE voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.  (2 Sam. 5:24).

In gesamentlike gebed sien ons die krag waar gelowiges die wil van God saam verklaar, en daartoe saamstem. 19Weer Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. 20Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde  (Matt. 18:19-20).  Daar is situasies en omstandighede wat vereis dat mense sal saambid en saamstem12En nadat dit vir hom duidelik geword het, kom hy by die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem word, waar baie in die gebed bymekaar was.  (Hand. 12:1210En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer  (Luk. 1:10).

Kom ons sien ‘n pragtige voorbeeld van hoe lyk ‘n gebed waar die gemeente saambid. En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig. Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” (Ac 4:29–30).

Hier is ‘n paar sleutelwoorde om te onthou wanneer ons bid. 

Gee dat”

“laat daar”

“mag daar”

Sien Paulus se gebede: (Eph 1:16-22; 3:13-21)

Verstaan geestelike gesag. Soos wanneer mens in die hof, of in ‘n regeerder se teenwoordigheid sou optree. Jou woorde is respekvol en versigtig.  Jou woorde getuig van nederigheid en eerbied.  So baie gebede waarna mens soms luister, klink soos die geraas van iemand wat buite die stad staan en skree. Onthou: Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!  (Jud 9) Dis duidelik dat sommige Christene nie geestelike gesag verstaan nie: hulle verag heerskappy. v8

Die grootste bewys van ons kindskap in Christus is dat Hy ons gebede beantwoord: Want ons bid nou Sy wil.

Ons ontvang Sy geregtigheid, die pêrel en skat van groot waarde. And whatever things you ask in prayer, believing, you will receive.” Matthew 21:22 (NKJV)

Wat julle ook al sou vra in my Naam, dit sal Ek doen sodat die Vader deur die optrede van die Seun verheerlik sal word.” (John 14:13)

As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry”  (Joh. 15:7).

Dit is nie julle wat My uitgekies het nie, maar Ek wat julle uitgekies het om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou. Só sal die Vader aan julle gee net wat julle ook al in my Naam vra.” (John 15:16

En op daardie dag sal julle My niks meer uitvra nie. Ek verseker julle, wat julle ook al van die Vader vra op grond van my Naam, sal Hy aan julle gee.” (John 16:23)

Die beste voorbeeld van hoe om te bid!

Christus word die meeste in Sy kinders verheerlik, wanneer ons volgens sy Wil bid en verklarings maak, en Hy dit beantwoord. Dis deel van ons geskenk van geregtigheid en kindskap in Jesus Christus. Die mooiste voorbeeld van hoe ons moet bid, is om na Jesus se gebed te luister wanneer Hy Lasarus opwek uit die dood. Vader, Ek dank U dat U My verhoor het; en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het. En nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n groot stem geroep: Lasarus, kom uit! (Jn 11:41–43)

Jesus vra nie die Vader nie, Hy het alreeds die antwoord gekry. Hy maak bloot ‘n verklaring in gebed van die gegewe antwoord en voer dan die opdrag uit. So wil God ons ook gebruik om sy Woord uit te voer en te leef.

Nou wat van die “smekinge” waarvan die Bybel praat?

Dan 9:23

1 Tim 2:1; 5:5

Heb 5:7

ἱκετηρία – Suplication – Equivalent to a supplication or humble and earnest prayer (Heb. 5:7).

Ek glo die fokus van smeking in hierdie geval is intersessie soos wanneer ons vir iemand se onthalwe bid en intree.  Tog smeek ons nie soos bedelaars nie! Ons is Sy kinders, vennote, medewerkers, Heilige Koninklike Priesterdom! (1 Pet 2:9) Dit wys ook daarop dat ons nie God hiet en gebied nie. Ons het nie gesag op ons eie nie, ons het bloot gedelegeerde gesag.  Die gesag is ook nie vir die uitbreiding van MY koninkryk nie, maar God sin! Soms smeek ons die Here vir genade vir ‘n goddelose generasie, en mensdom.

‘n Paar Praktiese Wenke

Is ‘n vurige gebed dan verkeerd? Die vurige gebed vann regverdige het groot krag(Jak. 5:16).   44En toe Hy inn sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.  (Luk. 22:44). Nee dit is nie, maar elke gebed wat ons bid is nie altyd so vurig nie. Die geldige emosie pas tog by die agtergrond en konteks van die situasie, anders is dit bloot godsdienstigheid.

Bid vir spesifieke dinge en verwag dat God spesifiek antwoord    24Daarom Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.  (Mark. 11:24).   5En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle saln vriend en sal middernag na hom gaan en vir hom : Vriend, leen my drie brode,

Mag ons, ons gebede herhaal? Nie ydele herhaling nie. Maar jy hou aan om te bid totdat jy die deurbraak in die Gees voel.  Daniel het aanhou bid (2 weke), al het die Here hom al met sy eerste woorde geantwoord. Moenie moedeloos word en tou opgooi nie – volhard! Lees Luk 18:2-8.  5So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar hetn aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan  (Acts 12:5).

Bid die Woord. Nie soos rympies sonder geloof nie. Maar memoriseer die skrif, en gebruik dit as riglyn en platform om jou gebed te lanseer. Lees die skrif en bid dit dan in jou eie woorde, maak dit jou eie. Fokus veral in die begin op die gebede van die apostels wat ons in die NT vind. (Eph 1:15-21; 3:14-21; Col 1:9-13) 13Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk  (1 Cor. 2:13).  8Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.  (Josua 1:8).