Categories
Preke

Kyk met Nuwe oë na die HEMEL

Elke dag word ons gekonfronteer deur die agteruitgang, verbrokkeling, verwoesting, en gebrokenheid van hierdie wêreld. Ons sien duidelik die verganklikheid, die kortstondigheid, en die tydelikheid van hier die bestaan, tog hou ons soms krampagtig daaraan vas terwyl die Vader vir ons iets talloos beter in stoor het.

Daar is ‘n sterk konnotasie tussen wat ons begeer en hoe ons die hemel sien. Mense se beelde van die hemel is meestal gebaseer op die dinge wat hulle die graagste in die lewe sal wil hê. Vir die Moslem is dit ‘n Haarlem met baie vroue, vir die Boeddhiste is dit ‘n plek van vrede en stilte. Vir Christene is, die hemel ‘n plek waar ons nie meer gaan swaarkry, trane stort en siek wees nie. Mense gebruik die woord hemels, wanneer hulle ‘n heerlike ete beskryf, of ‘n lekker oomblik tussen vriende, avontuur en oomblikke van ekstase. “Hemel is waar jou hart is.” (Mat 6:21) Die hemel waarna ons smag lê opgesluit in ons begeertes. Die dinge wat ons begeer dui uiteindelik op die tipe hemel wat ons sal wil hê.

“Holiness is not numbness, it is sensitivity” John Eldredge [1]

Dit kan egter nie hemel wees nie! Hemel is die plek waar God se begeertes en wil seëvier. Omdat ons egter nie ʼn idee het waaroor God se hemel en koninkryk gaan nie, het ons gee natuurlike behoefte daarvoor nie. Leef ons maar die beste lewe wat ons kan leef, en hoop maar op die beste. Ons hou krampagtig vas aan ons stukkies hemel en wil nie laat gaan nie. Ons hou vas aan hierdie lewe, en maak hierdie lewe se dinge so waardevol dat ons dit uiteindelik aanbid, en God se plan heeltemal uit ons versier verloor. Geld, tyd, take, werk, en materiële rykdom word so belangrik, dis al waarvoor ons leef, veg en bestaan. Jesus moedig ons aan om te werk vir ewige voedsel. Joh 6:27; Mat 4:4; Joh 4:13-14 en ook om ‘n hemelse loon en rykdom te soek: Mat 6:19-21 See also Mat 13:44; 19:21; Luk 12:33; 2Cor 4:18; Phil 3:8; 1Tit 6:18-19; Rev 3:18

As Geesvervulde, skoongewaste gelowiges soek en hunker ons na dit wat “beter” is:

16 But now they desire a better, that is, a heavenly country. Heb 11:16

Paulus het geweet by Jesus is beter: Phil 1: 23

Om die ware geestelike voedsel en hemel te vind klink vir baie te moeilik, daarom probeer ons hard om van die aarde ‘n beter plek te probeer. Ons raak perfeksionisties, ons strewe na die volmaakte. Sommige soek na ware liefde, ander na welvaart om gemaklik en sonder probleme te probeer leef. Ander probeer weer elke moontlike kuur om jonk te bly. Alles is ‘n gejaag na wind, ‘n eindelose soeke na ‘n stukkie hemel. Ons probeer hemel maak hier op aarde!

DIE AARDE IS OORGEGEE AAN VERVAL EN GEBROKENHEID

Die hartseer is: al hierdie dinge is kortstondig, dit bly nie mooi nie, alles is uitgelewer aan verganklikheid. Maak nie saak hoe hard ons probeer, netjies maak, orde skep, regmaak en mooimaak nie, alles verval weer en verwelk onder die krag van verderflikheid. Roem, eer, respek, aansien, is vlietende oomblikke van glorie, maar op die ou end is alles weer vergete. ʼn Dwelm verslaafde leef vir sy volgende “high” daardie oomblik van “invincibility” maar dit hou nie. Hoe hoër die hoogte van ekstase so laag val ek in diep depressie en verdriet. Die tragedie is sulke persone mis uit op die lewe en eindig op in hulle middeljare, as hulle die dwelms oorleef, met niks, geen geld, eiendom, gesin of lewe. Elke keer as ons probeer om van hierdie lewe te ontsnap en ons eie hemel te skep ontken en verloor ons die geskenk wat God wel vir ons in hierdie lewe opgesluit het.

DIE WOORD HEMEL KOM 149 KEER VOOR IN DIE NT.

  • hemel is meer ʼn werklikheid as hierdie wêreld. 2 cor 4:18-19
  • eenwording “perfect union”: Ps 133:1; Eph 1:9-10
  • ons sal wees soos hy is: 1 Joh 3:2;
  • nuwe hemel en nuwe aarde: kyk ek maak alles nuut: Rev 21:1 See also Isa 65:17; 66:22; 2Pe 3:13
  • nie langer beperk deur natuur wette nie: joh 20:26
  • fees: kom ons kyk net hoe Jesus saam met sy dissipels vir eet en kuier na sy opstanding. Joh 21:12; Jer 31:13; Isa 25:6; Rev 19:9 See also Mat 8:11
  • loon /reward Mat 5:12; 6:1-4, 20; 16:27; Rev 22:12
  • Ons sal regeer saam met Christus: Gen 1:28; Mt 19:28; 25:34; 1Co 6:3; 2Ti 2:12; Heb 12:28; Rev 2:26-27; 3:21; 20:6
  • reunie: 2 Sam 12:23; 1 Thessalonians 4:13–18;
  • vrede: Isa 11:6; 62:12
  • werk: Die Vader werk Joh 5:17;
  • woning: Isa 65: 17–19, 21; Mat 19: 28–29; Mat 25:31-36; Joh 14:1-4
  • die see: openbaring impliseer dat daar geen see meer was nie (Rev 21: 1). maar baie geleerdes glo dat dit blyk uit die feit dat die jode, die see as ‘n bewoning van die kwaad beskou het.
  • ons sal skyn soos die son: Mat 13:43

JESUS IS HEMEL

Christus is die enigste antwoord en ingang tot ‘n ewige hemel. Hy is ook nie net die deur nie, hy is ook die verpersoonliking van die hemel. Waar hy is, is hemel. (Mat 4:17) Hy is die presiese verpersoonliking van die Vader. (Heb 1:3) As jy Hom sien en leer ken, sien jy die Vader. Hy versoen ons weer met die Vader. (Col 1) As gevolg van sonde is die aarde uitgelewer aan verderf en verbrokkeling. Dis hoekom die aarde uitroep met reikhalsende verlange na die openbaarmaking van die seuns van God. (Rom 8:19-25) Soos ons gelykvormig word aan die beeld van die Seun (Rom 8:29) bring ons hemel aarde toe. Hemel wag vir ons, maar ons kan ʼn stuk van die hemel alreeds hier beleef wanneer ons Sy lewe en manier van lewe leef.

Dis hoe Jesus ons geleer het om te bid; “laat u koninkryk kom, u wil geskied, hier op aarde soos wat dit in die hemel is.” Hemel kan net kom, as daar mense is wat die wil van God doen. Jesus se lewe is God se wil. God se wil is nie meer ‘n geheimenis nie of misterie nie. God se wil is dat ons moet glo in die een wat Hy gestuur het, Jesus Christus. Soos wat Hy ons leer en help en laat opgroei in die wasdom van Jesus se lewe, begin die landskap om ons verander, alles waarmee ons in aanraking kom verander. ‘n Dorre woestyn word ‘n oase!

HEMEL IS ‘N AARDE SONDER SONDE

Sonde verwoes lewens, breek af wat mooi en edel is, takel ons liggame af, verbrokkel verhoudings, verskeur en verwoes gesinne, maak dood. God het Christus gestuur om ons lewe en lewe in oorvloed te gee. Jesus red, genees en herstel. Jesus restoureer en maak ons heel. Hierdie restourasie kan nie volkome gebeur terwyl ons nog op aarde is nie. Dis hoekom ons ‘n verheerlikte liggaam gaan ontvang wanneer ons ontslaap. As hierdie aardse liggaam alreeds verheerlik was, sou ek mos nie nog ‘n verheerlikte liggaam nodig hê nie?

God laat toe dat ons wel deur Christus ‘n stukkie hemel hier op aarde beleef, om ons ‘n voorsmaak te gee van wat wag vir ons. (Rom 1:20) Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie Die skepping getuig en wys ons hoe die hemel werklik gaan lyk.

Hoe sal ons die hemel beskryf? Niemand was al daar nie, sommige het ‘n veraf blik gekry. Hemel is die aarde se glorie sonder die gebrokenheid van sonde en nog soveel meer. Dink net hoe wonderlik sou die aarde wees sonder sonde! Dit is die kern van die koninkryk boodskap wat Jesus verkondig het. (Mat 4:23; Mar 1:15; Luk 8:1; Acts 1:3)

Wanneer die volkome kom, sal ons totaal verlos wees van sonde. Ons is saam met die aarde uitgelewer aan die verdorwenheid van sonde, alhoewel nie meer slaaf van die sonde nie. Ons moet almal tot sterwe kom, alhoewel ons wat in die Here sterf nie sterf tot die ewige verderf nie maar die ewige lewe. Ons verander net ‘n seisoen, soos van winter na somer. Ons lewe gaan voort in Christus sonder die beperkinge van sonde en die teenswoordige wêreld. Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. (1 Cor 13:12)

Wat is die koninkryk? Dis waar God heers, en Sy wil geskied. In sy Koninkryk/hemel/woning is dinge soos dit moet wees. Byvoorbeeld: Ons word nie meer siek nie, genesing het uit Jesus gevloei na elkeen wat siek is, omdat die koninkryk naby gekom het. (Mat 4:23; Luk 9:11) Ons lewe vir ewig, dood het sy angel verloor. (1 Cor 15:54-56) Dit is die restourasie van alle dinge waarvan die skrif praat. (Acts 3:21)

Dis asof met elke sonsondergang en sonsopkoms, die Here ons attent wil maak op die heerlikheid wat kom.

Die skepping getuig van God se karakter en skeppingsvermoë. Daar is soveel mooi, en verwondering in die skepping. Hemel is soveel meer. Ons hou soms so krampagtig vas aan hierdie lewe en wêreld, omdat ons in wese eintlik nie glo in dit wat kom nie. Ons huil oor ‘n kind se vroeë dood, en die lewe waarop die kind uitgemis het sonder om te besef dat die eintlike lewe eers hierna gebeur. As die kind in die Here is, het hy of sy uitgemis en ontsnap van hierdie gebroke, sondige, verwoestende wêreld. Hoekom sou ons die kind hier wil hou om eers te ly onder sonde? Jesus rig ons gereeld in sy leringe na die ewigheid. Deur vir ons te wys op die loon wat ons dan sal hê, ( Mat 5:12; 46; 6;1-6; 16, 18) en dat hierdie krone en eer nie kan verwelk nie. (1 Cor 9:25)

Why are you grieving? The question felt strange, insensitive. Why? You very well know why. But his question had the same tone the angels used when the disciples came to the grave of Jesus on Easter morning: “Why do you look for the living among the dead?” (Luke 24: 5). Jesus went on, Craig is not dead; you know that. So let us talk about your loss. He began to help me differentiate between grief and devastation, between “good-bye for now” and what felt like utter loss. All Things New: Heaven, Earth, and the Restoration of Everything You Love by John Eldredge[2]

Ons harte en begeertes is waar hemel is. (Mat 6:21) Ons hemel is soms ‘n klein stukkie proe van sorgelose geluk toe ons jonk was. Vir die res van ons lewe loop ons in sirkels om weer dié oomblik te proe. Ons hardloop op soek na dit wat was. Ons drink uit leë bottels, en begeer net-nog- ʼn-keer oomblik. Hemel is waar mense God se wil leef en doen. Wanneer ons soos Jesus dien, liefhet, vergewe, aanraak, ophef dan laat ons mense deel aan die hemel wat nou in ons harte leef. Hemel het nou tuiste gevind in ons harte. Vrede en vreugde diep in jou gees, al gaan dit ook hoe swaar. Ons is nou alreeds besig om ‘n stuk van hemel te leef, wanneer ons intiem is met God.

Ons lewe met die medalje in ons sak. Die hoop is in ons harte. (Col 1:27) Daarom kyk ons met groot verwagting na die wenstreep. Daarom fokus ons, hart gedurig op Hom! Ons kyk nie na mense nie, want hulle gaan ons faal, selfs if possible not all the elect will make it. Ons kyk nie na die omstandighede nie, want dinge gaan erger raak, ons weet dit, want ons leef in die eindtye. Ons kyk nie na valse drome en ideale nie, ons hou ons oë stewig gefokus op ons enigste hoop Jesus Christus in en onder ons. (Heb 12:2)

HEMEL HIER OP AARDE IS OM DIE WIL VAN GOD TE DOEN.

En die wil van God is geopenbaar Jesus die Christus. Wanneer ons Hom leef en ons harte op Hom rig, ondek ons die rykdom en oorvloed van Sy genade. Moet ons dan nou ophou regmaak, mooi maak, en ophef? NEE! Hemel is die plek van gehoorsaamheid. My loon en ewigheid is opgesluit in of ek gehoorsaam is of nie. Inteendeel: Gehoorsaam is ʼn plek. Al wat God van my wil hoor as ek eendag in die hemel gaan arriveer is: was ek gehoorsaam of nie? So baie gaan sê Here, Here? (Mat 7:21) Wanneer ek my lewe oorgee en myself verloën sluit God die hemel vir my oop in Christus. Dis immers die enigste manier om God te dien en te volg. (Mat 16:24) Wanneer ek my drome, begeertes en ideale vir Hom gee en nie meer probeer om dit self te verwesenlik nie, maak God my drome waar. Hierin is ʼn groot sleutel opgesluit: WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? 2Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. 3Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. 4Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? (Jam 4:1-4) Wanneer ons godsdiens probeer om God se arm te draai om my hemel te probeer kry, slaan die hemel se deure vir my toe. Dis juis wanneer ek oorgee, en Hom vertrou om hemel aan my te openbaar soos wat Hy wil, dan gebeur dit spontaan.

LEWE VANUIT SY RUS

Hierin kan ek dus totale rus vind in Hom. Ek hoef nie die hele wêreld te probeer red nie. Ek hoef nie die aarde ʼn beter plek te probeer maak nie. Ek kan nie die verganklikheid van die aarde stop nie, en dit is ok! Al wat God van my verwag is om Hom te gehoorsaam! Dit is na my mening ook die hoogtepunt van geestelike volwassenheid: Om Hom juis te gehoorsaam wanneer ek nie daarna voel of lus is nie. Dis die kern en wese van ons godsdiens/dissipelskap in Christus. Ek moet net doen wat Hy sê! Wanneer die opdrag van Hom kom, dan gee Hy genade en krag om die opdrag uit voer. Hy werk saam met ons! Wanneer ek op my eie dit doen, staan ek alleen.  Ons hou ook nie op om mooi  na die wêreld te kyk nie, want ons is Sy Rentmeesters, wat sal rekenskap gee.

Ons redding en vrymaking is ook nie net vir onsself nie. Ons wil vry wees van self, selfsug, selfbewustheid en die “shame” van ons foute, om uit gehoorsaamheid te dien, te gee, te help, instrument te wees! Ons wil vry wees van skuld, en geldelike verknorsing en resessie, nie om self lekker te leef nie, maar om te kan gee. Ons werk nie om ons eie hemel te skep nie. Ons werk om te kan gee. (Eph 4:28) Ons wil so vry wees dat ons sonder verskoning, bagasie, en attachments net kan gehoorsaam!

Ann Unsworth het ons geleer:

‘hold on loosely’

Ons is burgers van God se koninkryk, hier woon ons in tentwonings, ons is bywoners, ons werklike huis is by Hom, ʼn ewige tuiste. (Phil 3:20) Ons is hou liggies vas aan die dinge van hierdie lewe, omdat ons, ons oë gevestig hou op ʼn ewige hoop! Die somtotaal van my lewe is gehoorsaamheid aan God, that is it! My loon is by Hom!

[1] Desire: The journey we must take to find the Life that God offers. John Eldredge

[2] http://a.co/fTmrci8

Categories
Preke

❤Almal het ‘n storie!❤

❤Almal het ‘n storie!❤

Daar is genade stories, lekker lag stories, seerkry stories, liefhê stories en dan ook die lekkerste hartmense stories!

Ons almal se stories loop nie presies eenders nie, maar ons het almal stories,  stories van hartseer, van swaarkry, alleen wees en weer probeer!

Aarde tyd, nou tyd is tydelik, en wanneer jy trauma beleef voel die nou baie meer werklik as die later, as die ewig!

Daar is altyd dinge wat ons seermaak, bangmaak en aan ons siel wil vasklou! Dinge wat ons wil terughou, vashou, ons geloof in ons lieflike Here wil steel.

Op sulke af-been terughou dae hou ons vas aan die beste storie ooit, ons redder storie. ‘n Redder is gebore, Jesus Christus wat vir ons verlossing gebring het, ook in die nou, met Sy oë gerig op die ewig!

Soms het ons gedagtes ‘n wil van hul eie, maar o wee, ons moet dit vasvat, kortvat, sommer vinnig ook, anders maak hul sommer stories van hul eie op, sulke wanhoop weghol stories, stories sonder geloof, stories sonder ‘n redder!

My lewe kan nou getuig van ‘n nuwe lewe vol stories van onmoontlikhede wat moontlikhede geword het. En het die pad en lewe van Jesus Christus gekies. Nou skryf Hy die beste stories ooit, stories op my hart, ware stories van geloof, hoop en liefde, en die grootste storie is die liefde storie!

Hy gee mooi mense-stories, ware stories! Daar is aardse stories … hemelse stories, en ook daaglikse stories van Sy goedheid, ook in ons swaarkry!

Daar is ‘n storie oor jou lewe! ‘n Storie wat Hy in ink geskryf het, ‘n liefhê en genade storie, ‘n storie wat ewig is!  ‘n Mooi storie, ‘n harts-storie … Hy het ‘n plan … ‘n ewige plan, die beste liefhê storie!

Mag jy Sy liefde en genade in die storie van jou lewe ervaar, diep, en intens bewus wees van Hom, ook nou in die Christusfees, dis die fees van genade en dankbaarheid! Die beste storie ooit, ‘n Redder, ons Jesus Christus is gebore.

Categories
Preke

Die geestelike dinamiek van ’n byeenkoms van die Liggaam v Christus

As gelowiges het ons ‘n unieke geestelike band wat ons saambind. “en in verbondenheid met Hom deel julle in Sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag” (Col 2:10) Ons deel dus in Sy volheid!!! Wat ‘n wonderlike verklaring! Ons deel in die volheid van Christus, “die hoof oor elke mag en gesag”!

Ons aanbid ‘n onsigbare God, wat ‘n Gees is. (2 Cor 3:17) Ons is geesvervulde mense wat deur die Heilige Gees die vermoë ontvang het om bonatuurlike dinge te vermag volgens 1 Cor 12 & 14. Die NT gebruik telkens die woorde “vol”, “gevul” “gedoop” met die Heilige Gees, ‘n oorvloedsbegrip om aan te dui dat mense se lewe nou deur die Gees beheer word.

Jesus se lewe was vol bonatuurlike kragtige dade, as ons soos Hy wil wees, hoekom sien sommige gelowiges die bonatuurlike as onnodig, nie vir almal, en nie vir vandag nie?

Ek pleit nie vir vreemde manifestasies waar mense in ‘n staat van vervoering en wegrukking vreemde gedrag toon nie. Alhoewel sekere geestelike ervarings en ontmoetings nie altyd verduidelik kan word nie.  Paulus sien ‘n lig en val op die grond. Acts 9:4 Tydens die uitstorting vd Heilige Gees, beskou die toeskouers hulle as vol soetwyn. Acts 2:13 Die dinge van die gees maak nie sin vir die natuurlike mens nie. “dit is dwaasheid vir hom” 1 Kor 2:14

Die punt is: Ons byeenkomste moet inherent ‘n geestelike dinamiek en karakter hê, waar die oorsprong van wat gebeur nie vooraf bepaal, voorberei, en geoefen kan word nie.

Die teksvers in 1 Cor. 14:26 is die enigste vers in die Nuwe Testament wat ’n uitleg gee van die wyse waarop die program van ’n groep Nuwe-Testamentiese gelowiges se byeenkoms verloop het.

Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ’n bydrae om te lewer: ’n psalm, ’n onderwysing, ’n openbaring, ’n ongewone taal of klank, ’n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop  (1 Cor. 14:26 – NAV).

Let op hoe elke lid vir die byeenkoms moet voorberei: “. . . het elkeen gewoonlik ’n bydrae om te lewer”. ELKEEN HET. Dit beteken dat die vergaderings redelik lank geduur het: “. . . as julle saamkom om nagmaal te vier, wag vir mekaar” (1 Cor. 11:33); daar is getuig en gebid (1 Tim. 2:1, 8); daar is vir siekes gebid (Jam 5:13-16); daar is teenoor mekaar belydenisse gedoen (1 Cor. 11:27-31). Dis baie duidelik; Christenskap in die Nuwe Testament is nie ’n toeskouer-geleentheid nie. Almal neem deel.

Die Engelse woord, “church”, kom van die Latynse woord wat “sirkel” beteken. Ons woord, “sirkus” is afgelei van die woord “sirkel”, ”drie ringe”, soos in “drieringsirkus”. Dalk het hulle aan die begin wanneer hulle vergader het in ’n kring gesit. Soos by ’n ronde tafel. En so het die woord “kerk” ontstaan. Dis heel moontlik, dat die gebruik van die woord sy ontstaan het omdat die eerste kerk se byeenkomste nie in formele geboue of tempels gehou is nie, maar in woonhuise (Hand. 2:46). Dit is so dat by groter byeenkomste raak dit onmoontlik om vir elke lid ’n spreekbeurt te gee, maar tydens byeenkomste in woonhuise behoort een persoon nie die bespreking oorneem nie, maar dit net lei en fasiliteer sodat elkeen ’n kans kry om deel te neem. Dit is wel waar dat in die geval die aantal mense minder as 20 tot 30 mense moet wees. Maar dit is net waar wanneer elkeen ‘n spreekbeurt soek. Ons kan egter baie duidelik aflei uit die bogenoemde skrifte dat gebed, belydenis, bid vir siekes, ‘n groepaktiwiteit was. Vandag in die meeste Westerse kerkprogramme is die liturgie gebou rondom die kansel en die verhoog.

ψαλμός psalmós: ’n Lied: die lied is met musiekbegeleiding gesing. Die jongste betekenis is in die Septuagint aanvaar. Dit verwys na alle waarskynlikheid na die psalms in Efesiërs 5:19 en Kolossense 3:16.  Sien die verskeidenheid met betrekking tot die oorsprong van hierdie liedjies. Psalms – bekende deuntjies en liedjies, Gesange – gewyde, poëtiese toewyding liede, Geestelike liede – waar die woorde vanuit die gees kom sien (1 Cor 14:15) en “making melody in your heart” Waar die deuntjie ook vanuit die hart kom, dus spontaan, en impromptu.

διδαχή didachḗ: Om te onderrig. In ’n praktiese sin beteken dit die handeling van onderwys gee, onderrig, les gee (Mark. 4:2; 1 Kor. 14:6, 26; 2 Tim. 4:2). Heb. 5:11-6:2. Soek ’n “gesonde leerstelling”: 1 Tim. 4:6; 2 Tim. 4:3; Tit. 1:9; 2:1 (vgl 1 Tim. 6:3; 2 Tim. 1:13). Die skrifgeleerdes en fariseërs was kenners en studente van die Woord, maar het ongelukkig geval in die leringe en tradisies van die mens. (Mat 15:1-9) Die woord van God, is soos swem, jy leer nie om te swem op die grond, en in boeke nie. Jy leer om te swem, deur in die water te klim, en die instrukteur na te volg.  Lering is dus nie die oordra van kennis nie, maar om mense te inspireer om te hoor en te doen! Dit gebeur net, as die leraar self ook meedoen.

γλῶσσα glṓssa: Kwalitatief nuut; om nuwe tale te praat wat hulle voorheen nie geken het nie; dit beteken hulle het in tale gepraat wat nie hul moedertaal was nie (Mark. 16:17; Hand. 2:4; 10:46; 19:6; 1 Kor. 12:30; 14:2, 4-6, 13, 18, 23, 27, 39). Dit is betekenisvol dat talespraak en die uitleg daarvan as een van die hoofgebeure by ’n samekoms van Nuwe-Testamentiese gelowiges beskou is. Asof dit daardeur beklemtoon word. Dus, as jy wil deelneem, word gevul met die Heilige Gees deur in tale te praat (1 Kor. 14).

ἀποκάλυψις apokálupsis: om te onthul. Openbaar, blootlê, aan die lig bring, bekend maak. Die openbaring van geheimenisse verwys na Goddelike doelwitte en leerstellings wat voorheen onbekend en bedek was (Rom. 16:25; 1 Kor. 14:6, 26). Openbarings van God die Vader of Christus (2 Kor. 12:1, 7; Gal. 1:12; 2:2; Ef. 3:3). In Ef. 1:17 beteken “die Gees van . . . openbaring”  ’n gees wat die diep geheimenisse van God kan deurgrond en bekend maak. Openbaring is wesenlik vir ons om te weet wat en hoe ons iets moet doen. Mense kan net dit doen wat hulle werklik verstaan.

ἑρμηνεία hermēneía: om te interpreteer. Interpretasie, verduideliking (1 Kor. 14:26); dis ’n metoniem vir die vermoë om te interpreteer, as ’n charisma (1 Kor. 12:10), ’n geskenk. Alhoewel die woord “interpreteer” in hierdie geval spesifiek verwys na die uitleg van tale, is ek van mening dat die meeste van die aktiwiteite ’n vorm van interpretasie is. Die woord “hermeneutiek” word gebruik deur teoloë wat die wetenskap van Bybel-interpretasie beoefen. Visioene, drome en geestelike ervarings moet geïnterpreteer en beoordeel word (1 Kor. 14:29).

Alle dinge is uiteraard geestelik; gebede aan God wat ’n onsigbare Gees is (Joh. 4:24); ons eenheid en band as gelowiges (1 Kor. 12:26); geestelike oorlogvoering (Ef. 6:12). Dit is waarom ’n persoon wat optree vanuit ’n godsdienstige oogpunt, stelle reëls en liturgieë, nie kan funksioneer in ’n Nuwe-Testamentiese kerk wat uit Geesgevulde gelowiges bestaan nie. Dit is twee totaal verskillende bedryfstelsels.

Die belangrikste punt wat mens egter moet onthou, is: dit beteken nie net almal kry ‘n spreekbeurt nie! Dan kan dit ‘n baie lang uitgerekte vervelige byeenkoms word.

Die klem is dit wat die Gees wil!!

“Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde” (Matt. 18:20). Paulus het selfs gesê hy is in die gees teenwoordig, al is hy liggaamlik afwesig (1 Kor. 5:3-4). Dit dui op ’n onsigbare draad, band, verbondenheid, naatlose kleed met die Gees van Christus soos dit in Sy Liggaam met Hom as Hoof  onthul word (Ef. 1:22). Die eenvoudigste manier is om die draad van die byeenkoms op te tel, met die vloei te verbind, na mekaar te luister en te resoneer, te harmoniseer. As die boodskap wat jy voorberei het nie pas nie, los dit – dis nie vir nou nie.  Luister fyn, en maak jouself leeg, sodat die Gees jou kan inspireer met die wat Hy wil sê.

Stel jou in op die Gees van die byeenkoms. Van die eerste lied af skandeer die aanbiddings-leier die gees, die voordansers resoneer met hul liggame dit wat gesing word en terwyl ons almal as liggaam daarop inskakel, ervaar ons ’n oop, hemelse openbaring en geestelike insig. Dan, wanneer ons dit wat ons sien en ervaar bekend maak, word die visioene duideliker en verstaanbaar. Hierdie godspraak te midde van Sy kinders was God se oorspronklike plan, om tussen Sy mense te wees. (Heb 12:18-24). Hy wou op die Sionsberg sy volk ontmoet, en self met hulle praat maar hulle was te bang.  Maar ons het gekom, by die Heilige Berg, ‘n geestelike byeenkoms, waar God deur ons almal praat, nie net deur een mens nie.