Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Blogs

❤Almal het ‘n storie!❤

❤Almal het ‘n storie!❤

Daar is genade stories, lekker lag stories, seerkry stories, liefhê stories en dan ook die lekkerste hartmense stories!

Ons almal se stories loop nie presies eenders nie, maar ons het almal stories,  stories van hartseer, van swaarkry, alleen wees en weer probeer!

Aarde tyd, nou tyd is tydelik, en wanneer jy trauma beleef voel die nou baie meer werklik as die later, as die ewig!

Daar is altyd dinge wat ons seermaak, bangmaak en aan ons siel wil vasklou! Dinge wat ons wil terughou, vashou, ons geloof in ons lieflike Here wil steel.

Op sulke af-been terughou dae hou ons vas aan die beste storie ooit, ons redder storie. ‘n Redder is gebore, Jesus Christus wat vir ons verlossing gebring het, ook in die nou, met Sy oë gerig op die ewig!

Soms het ons gedagtes ‘n wil van hul eie, maar o wee, ons moet dit vasvat, kortvat, sommer vinnig ook, anders maak hul sommer stories van hul eie op, sulke wanhoop weghol stories, stories sonder geloof, stories sonder ‘n redder!

My lewe kan nou getuig van ‘n nuwe lewe vol stories van onmoontlikhede wat moontlikhede geword het. En het die pad en lewe van Jesus Christus gekies. Nou skryf Hy die beste stories ooit, stories op my hart, ware stories van geloof, hoop en liefde, en die grootste storie is die liefde storie!

Hy gee mooi mense-stories, ware stories! Daar is aardse stories … hemelse stories, en ook daaglikse stories van Sy goedheid, ook in ons swaarkry!

Daar is ‘n storie oor jou lewe! ‘n Storie wat Hy in ink geskryf het, ‘n liefhê en genade storie, ‘n storie wat ewig is!  ‘n Mooi storie, ‘n harts-storie … Hy het ‘n plan … ‘n ewige plan, die beste liefhê storie!

Mag jy Sy liefde en genade in die storie van jou lewe ervaar, diep, en intens bewus wees van Hom, ook nou in die Christusfees, dis die fees van genade en dankbaarheid! Die beste storie ooit, ‘n Redder, ons Jesus Christus is gebore.