Categories
Jesus die beste lewe

Die inklusiwiteit van Jesus

Teen die agtergrond van die politieke tyd waarin Jesus geleef het, het die groepering waaraan mense behoort hul lewe, gerief en toekoms bepaal. Mense is uitgeken as Galdeërs, Romeine, Jode, Samaritane, soldate, ambagsmanne, vissermanne, fariseërs en skrifgeleerdes, vrouens, kinders en slawe. Elkeen was in ʼn klas van sy eie en die klasse het nie meng nie. Elke groepering het ook nog sy interne politiek en wedywering gehad.

Nuwe voorwaardes vir insluiting:

Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie (Matt 5:20).

Ons insluiting by Sy familie en sirkel is nie gegrond op ons geregtigheid nie:

Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie(Matt 5:20).

Of die geregtigheid van die regte familie nie:

En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom(Luk 18:29).

Al het ons niks om Hom te gee nie:

Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God (Luk 6:20).

Gaan nie gepaard met groot aansien, of uiterlike tekens en wonders nie:

Daar is nie tekens wat vir ’n mens kan wys wanneer hierdie nuwe ryk van God begin nie. Dit sal ook nie so wees dat mense kan sê: “Kyk dit het nou hier begin!” of “Dit is daar aan die gang” nie. Want die nuwe ryk van God is hier by julle waar julle is”(Luk 17:20-21; Die Boodskap).

Selfs nie die beste godsdienspogings nie. Net dié wat gehoorsaam is:

Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is(Matt 7:21).

Die arm van die vlees kan dit nie vermag nie:

. . . dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie(1 Kor 15:50).

Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het(Joh 6:28-29).

Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind(Matt 7:13-24).

Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!(Matt 18:3)

Want dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word? Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik(Luk 18:25).

Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan(Hand 14:22).

ONTVANG Sy geregtigheid:

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word (Matt 6:33).

Sy geregtigheid kan net soos ʼn kind ontvang word, in afhanklikheid:

Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ’n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee(Luk 12:32).

. . . maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter ashy (Matt 11:11).

Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees (Heb 10:19).

Gebore uit onverganklike saad:

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie(Joh 3:3).

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is(Joh 1:12-13).

. . . want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly(1 Pet 1:23).

Nuwe definisie van ONS:

En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom(Luk 18:29).

Ná die twee dae het Jesus daarvandaan na Galilea toe gegaan. Hy het self verklaar dat ’n profeet nie in sy eie land geëer word nie, maar toe Hy in Galilea kom, het die Galileërs Hom verwelkom. Hulle het alles gesien wat Hy gedurende die feesvierings in Jerusalem gedoen het, want hulle was self ook by die paasfees (Joh 4:43-44).

’n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring(Matt 13:57).

Wanneer jy en jou vrou baklei en stry is dit baie keer omdat een buite die sirkel staan. Ons gebruik JY- en JOU-taal. Verbondstaal is “ONS”. As ons hierdie woord gebruik, dwing dit ons om anders te dink. Ons haal onsself so baie keer uit die sirkel uit. Of ons laat mense nie toe in ons sirkel nie.

Wie is my naaste? Wie is die ons? Kyk in Lukas 10:29-37: Jesus leer ons dat ons dieselfde vir ’n vreemdeling moet doen as wat ons vir dié binne die sirkel sal doen. Die man het gedoen wat familie vir hom sou doen – en hy was ’n vreemdeling; inteendeel, hy was van ’n totale ander stand en ras.

Hoe definieer jy jou ONS? Hoe definieer ons kerk – ONS? Sien ons die plek waar ons bly as ONS dorp? Die mense van ons dorp as ONS mense?

VERDEELDHEID: Dis baie gevaarlik om van binne ’n kollektiewe raamwerk van “hulle” te praat terwyl God net een “ons” sien. Bv.

– Binne een nasie, praat ons van “hulle”.

– Binne die universele kerk, praat ons van ’n ander kerk as “hulle”.

– Binne die raamwerk van die Christelike kerk in ’n gebied, praat ons van ander gemeentes as “hulle”.

– In ’n maatskappy praat ons van die bestuur as “hulle”; die bestuur praat van die mense as “hulle”.

– In ’n huwelik praat ons van jy en jou en myne.

“Hulle” bring skeiding in jou denke en veroorsaak isolasie. Jou perspektief raak eensydig. Jy kyk net vanuit een perspektief en verloor objektiwiteit.

ETIKETTERING: Wanneer ons praat van “hulle”, is dit nie lank nie of ons gee “hulle” ’n etiket (Matt 5:22). Ons noem mekaar name. Jy is altyd so, en jy maak altyd so, en jy doen dit nooit nie. Jy DEMONISEER die ander persoon as altyd verkeerd en boos, wat eenvoudig nie die waarheid is nie. Jy stel jouself as die engel voor, wat ook nie die waarheid is nie. Later sien ons net die etiket en nie die mens agter die etiket nie. (ONTMENSLIKING)

LIEFDELOOSHEID: Wanneer ons praat van “hulle” kan dit lei tot trots – ons disassosieer met die foute en sonde van ’n groep en plaas onsself op ’n beter/hoër/verhewe plek. Gevolglik verloor jy jou stem by daardie groep. Hulle beleef jou as TROTS, hooghartig en beterweterig. Hulle voel die skeiding aan – en beleef dat daar nie meer liefde is nie. Sonder liefde het jy jou stem by daardie groep verloor (Gal 6:1).

VIKTIMISERING: (Matt 5:22) “Jou gek!” Dis is natuurlik dat, wanneer jy net fokus op ʼn persoon se foute en net dit raaksien, jy op so persoon gaan pik. Jy is negatief ingestel teenoor so ʼn persoon en het ʼn outomatiese renons. Jy DISASSOSIEER jouself van die persoon. In ʼn huwelik is dit bitter gevaarlik, want die gevolg is:

UITSLUITING: ontoeganglik, hard en gemeen

MINAGTING: veragting, minagting, versmading – parmantig

KRITIEK: veroordeling, oordeel, afkeur

PRAKTIES:

1) Probeer om positiewe en menslike eienskappe by die ander groepering te identifiseer. Dis die begin van EERBIED en RESPEK.

2) Versprei die inligting – praat positief (Matt 5:46-48).

3) Bid vir jou vyande – wanneer jy bid, kry jy weer God se perspektief op die persoon (Matt 5:33).

4) Wees lief vir jou vyande – gaan dien en bedien mekaar.

5) Wanneer jy iets teen jou broer-ONS het – gaan praat dit uit (Matt 18 en Luk 17).

6) Wanneer jy agterkom jou broer het iets teen jou, los jou offer en gaan maak eers reg (Matt 5:23-24).

Wanneer ons as mens begin fokus op ons verskille, verdeel ons die mensdom in groeperinge. Ons bou grense en mure, ons verloor ons volwassenheid om goddelik en objektief na die mensdom te kyk, ons raak KLEINLIK en ONVOLWASSE en verloor outoriteit om inspraak te hê in die mensdom. Ons verloor TOEGANG en ons ISOLEER onsself.

Hy was onpartydig

Moenie die geringe en dié met aansien verskillend behandel nie.

Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel(Lev 19:15).

Rykes en armes het mekaar nodig.

Rykes en armes het een ding in gemeen: die Here het hulle almal gemaak(Spr 22:2).

Geen onderskeid tussen die werkgewer en werknemer.

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen(Joh 13:16).

Nie ʼn aannemer van persoon nie

MY broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie(Jak 2:1-9).

Geen rassevoorkeur nie

Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep(Rom 10:12).

Geen klassevoorkeur nie

. . . waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal(Kol 3:11).

Geen titels en magposisies nie

Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders. En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus(Matt 23:8-10).

Geen onderskeid tussen man en vrou nie

Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus(Gal 3:28).

 

Die wat oorwinning behaal het, deel met die wat nie gaan veg het nie

Nee, ons deel gelykop: dié wat die pakgoed opgepas het, kry net soveel as dié wat gaan veg het.(1 Sam 30:24).

God trek niemand voor nie

En julle, eienaars, julle moet met dieselfde verantwoordelikheid teenoor julle slawe optree. Hou op om julle slawe te dreig. Julle weet mos dat julle een en dieselfde Eienaar in die hemel het, en dat Hý niemand voortrek nie(Ef 6:9).

Hanteer elkeen as individu

Dié wat nog besluiteloos is, moet julle met ontferming behandel. Red ander deur hulle uit die vuur te ruk(Judas 22–23).

En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly(1 Kor 12:26).

 

In a real sense, all life is interrelated. All people are involved in an inevitable network of mutuality, tied in a single garment of destiny. Whatever affects one directly, affects all indirectly.

Jesus se onpartydigheid en inklusiwiteit

Jesus eet saam met Matteus (Levi), die tollenaar (Matt 9:9-13; Mark 2:13-17; Luk 5:27-32).  Matteus (Levi) is ’n tollenaar (belastinggaarder, deur die Jode gehaat omdat hulle beskou is as verraaiers wat vir die Romeine werk).

Daar was ʼn man met die naam, Saggeus, die hooftollenaar, ʼn ryk man (Luk 19:1-10).

Die Samaritaanse vrou by die put (Joh 4)

. . . want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na ’n ander dorp vertrek(Luk 9:56). Die twee “seuns van donder” wou vuur uit die hemel roep op die mense wat Hom nie wou ontvang nie.

Partyskappe is ʼn werk van die vlees – Gal 5:20 (SEKTARISME: sekteywer, sektegees)

Die wat nie teen ons is nie, is vir ons – Markus 9:38-40 en Numeri 11:27–29

Die Samaritane

Toe die Noordelike Ryk, met Samaria as hoofstad, deur die Assiriërs verower is, het hulle talle van die Jode in ballingskap na Assirië weggevoer en Assiriërs in daardie landstreek gevestig om die grond te bewerk en vir vrede te sorg (2 Kon 17:24). Dit het grootskaalse ondertrouery tussen die Jode en Assiriërs veroorsaak en tot ’n gemengde godsdiens en gemengde groep in daardie gebied gelei. Die Jode van Juda, die Suidelike Ryk, het die Samaritane dus as ’n onsuiwer groep mense beskou en hulle gehaat omdat hulle, volgens die Jode, hulle volk en godsdiens verraai het. Daarom het die Jode uit hulle pad gegaan om Samaria en die Samaritane te vermy. Jesus maak egter geen onderskeid tussen Jood en Samaritaan nie.

Die een van die 10 melaatses wat terugdraai en Hom kom bedank, was ʼn Samaritaan (Luk 17:11-19).

Samaria word ingesluit by die sendingreise en werk van die apostels (Hand 1:8; 8:1, 5; 9:31; 15:3).

Die verhaal van die Barmhartige Samaritaan (Luk 10:30-37).

Jesus volg ʼn patroon wat later in die Handelinge-kerk herhaal is: Hy begin plaaslik, die klein dorpie, dan die streek, dan die stad, en dan die uithoeke van die wêreld. Jesus versamel ʼn nuwe familie, volk en gesin van gelowiges om Homself.

Galilea: Nasaret, Kapernaum, Samaria, Jerusalem.

Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld(Hand 1:8).

Die plek van die vrou word herstel: Maria salf sy voete (Joh 12:1-8) – ʼn vrou salf Jesus se voete (Matt 26:6-13; Mark 14:3).

Hy veroordeel nie eens die blatante sondaar nie (Joh 8:1-11).

Jesus sluit niemand uit nie.

Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van Elía toe die hemel toegesluit was drie jaar en ses maande lank, toe daar ’n groot hongersnood gekom het in die hele land,

en na nie een van hulle is Elía gestuur nie, behalwe na Sarfat in Sidon, na ’n weduwee.

En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van Elísa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman, die Síriër(Luk 4:25-27).

Jesus se familie

Jesus se eie familie het Hom eens nie aanvaar nie (Matt 12:46-50; Luk 8:19-2; Joh 7:3-5; Mark 3:21).

Judas, sy halfbroer: Van Judas, ʼn dienaar van Jesus Christus en ʼn broer van Jakobus(Judas 1:1). Hy roem nie in die feit dat hy Jesus se broer was nie; hy noem homself eerder Sy dienskneg.

Hier is my gesin: Weet julle wie is my ma en wie is my broers? Daarop wys Hy na sy dissipels en sê: “Daar is my ma en my broers. Elkeen wat aan die wil van my hemelse Vader gehoorsaam is, is my eintlike familie” (Matt 12:48-50; Mark 3:33-35; Luk 2:48-49; Joh 7:6-8).

 

 

 

Categories
Jesus die beste lewe

Die Alleenheid van Christus

Eensaamheid en isolasie is geen grap nie. Eensaamheid verhoog eintlik die risiko vir voortydige mortaliteit onder alle ouderdomme. Een onlangse studie[1]dui aan dat sosiale isolasie en eensaamheid tot meer mense se dood lei as vetsug. Isolasie is gekoppel aan ʼn aantal disfunksionele immuunreaksies en verhoogde bloeddruk wat ‘n impak het op ons algehele welstand. Om die waarheid te sê, navorsers[2] het gesien dat mense wat eensaam is meer inflammasie-verwante proteïene in reaksie op stres vervaardig as mense wat meer sosiaal is. Hierdie inflammasie-verwante proteïne se reaksies kan geassosieer word met talle siektetoestande soos koronêre hartsiektes, tipe 2-diabetes, artritis en Alzheimers. Aan die emosionele kant het elke mens betekenisvolle verhoudings nodig waarbinne hulle identiteit kan ontwikkel en elkeen kan floreer in die lewe. Die afwesigheid van hierdie verhoudings kan dikwels lei tot selfmoord. Ons moet eensaamheid baie ernstig opneem as iemand elke 40 sekondes hulle eie lewe neem.[3]

JESUS VERSTAAN EENSAAMHEID

Jesus verstaan verwerping. Hy was verag en verwerp deur mense, iemand wat leed en pyn geken het soos iemand vir wie mense die gesig wegdraai, ’n man van smart en bekend met hartseer. Hy was verag, maar ons het nie omgegee nie(Jes 53:3). Hoe alleen moes Jesus nie voel om sonder sonde in hierdie wêreld te leef nie (Heb 4:15). ’n Mens kan jou dit indink: Vir iemand wat reg voor God gelewe het, moes dit ’n marteling wees om tussen hulle te bly en dag vir dag soveel van hulle gruweldade te aanskou en aan te hoor (2 Pet 2:8). Alhoewel Hy in ’n klein dorpie van minder as 300 mense tussen plaasmense grootgeword het, kies Hy nie een van Sy kindermaats om een van Sy dissipels te wees nie. Is hy dan nie maar net die timmerman se seun nie? En is Maria nie sy ma en Jakobus, Josef, Simon en Judas sy broers nie? En sy susters, hulle woon tog almal hier onder ons. Wat maak hom so danig belangrik? (Matt 13:55-56.) Hy moes dikwels “uit” gevoel het. Die storie moes heelwaarskynlik uitgekom het dat Hy die buite-egtelike kind van Josef en Maria was. Sy opvoeding in Egipte tydens die eerste vyf tot sewe jaar van Sy lewe, moes ook ’ninvloed op Hom as die “inkommer” gehad het. Sy eie broers en familie het nie in Hom geglo nie. Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie (Joh 7:5). Jesus het niemand gehad met wie Hy kon identifiseer nie. Niemand wat Hom verstaan nie.

Die opwekking van Lasarus: ʼn storie oor vriendskap

Op hierdie tydstip van Jesus se bediening was dit vir Hom gevaarlik om in Jerusalem te wees. Hy is ’n paar dae tevore amper gestenig en die Jode wil Hom in hegtenis neem (Joh 11:8; 10:31, 39). Die familie weet dit, daarom stel hulle Hom in kennis met die woorde: “Die een wat jy liefhet, is baie siek.” Hulle woorde wys hulle respek en geloof in Jesus, asook hulle vrymoedigheid teenoor Hom – Hy is hulle vriend. Hulle het Hom al dikwels gehelp en Hy sal hulle ook help. Die dissipels is soos gewoonlik meer op hulleself as op die Here ingestel. Hulle verstaan nie Jesus se woorde nie en hulle kom tot die verkeerde gevolgtrekkings. Jesus moet reguit verduidelik wat Hy bedoel het toe Hy eers gesê het Lasarus slaap net, want hulle verstaan nie. Thomas se woorde, dat hulle saam met Lasarus gaan sterf, dui op sy pessimisme soos gewoonlik. Thomas die twyfelaar is bekommerd oor sy eie lewe (Joh 14:5; 20:24-29).

Jesus het dus geweet Lasarus is dood, nogtans gaan Hy nie onmiddellik daarheen nie. God wil die omstandighede gebruik vir Sy heerlikheid. Jesus sê Hy is bly dat hy nie onmiddellik gegaan het nie, want die Vader gaan die Seun verheerlik. Vriendskap is ’n hefboom, ’n onsigbare band wat jou verplig om te help. Mense sal op grond van vriendskap dinge doen wat hulle nie eintlik wil doen nie. Vriendskap is ’n emosionele verhouding. Jesus bied Sy vriendskap en liefde, maar laat Hom nie verbind nie. Dat Jesus nie dadelik gekom nie, was seker maar ʼn bitter pil vir Marta en Maria om te sluk. Jesus se optrede druis in teen die manier waarop die meeste mense vriendskap verstaan. Jesus laat weet hulle nie dat Hy nie nou dadelik gaan kom nie – dus swak kommunikasie. Jesus gee nie onmiddellik toe aan hulle noodroep nie – dus nie ingestel op menslike behoeftes nie, maar op die wil van die Vader. Hy het voedsel, wat nie van ’n mens is nie, beskikbaar om Hom te vul (Joh 4:32, 34; vgl. Matt 4:4). Hier leer ons ook ʼn waardevolle les: Ons soek nie vriende omdat ons ʼn behoefte het aan vriendskap nie. Jesus was die seun van God en het niemand se hulp nodig gehad nie, ook nie vriende nie. Tog kies Hy vriende; is Hy die gestuurde wat vriende uitkies. Dis die kern van die Groot Kommissie: “Gaan dan heen en maak vriende van alle nasies.” Ons kies dus nie ons vriende op grond van dit waaroor ons alles saamstem of omdat ons van dieselfde goed hou nie. Ons kies ook nie vriende omdat hulle iets vir ons gedoen het nie. Dis maklik om liefde te gee as ek dit eers ontvang het. Jesus stuur ons om ons vyande lief te hê (Matt 5:44-48); om vriende te maak van mense wat vir ons niks kan beteken of gee nie.

As u hier was sou Lasarus geleef het. Hulle verwyt Jesus se afwesigheid liggies (Joh 11:21, 32). Selfs die begrafnisgangers en toeskouers verwyt Hom ook (Joh 11:37). Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?Maar Marta en Maria neem nie aanstoot nie.

Beide Maria en Martha spreek hulle geloof uit: Ek glo (Joh 11:7).

– Sy erken Jesus as die gekose Gesalfde (Messias: Christus – vgl. Joh 1:20, 41).

– Hy is die Seun van God (vgl. Joh 1:34, 39; 10:36),

– en die Profeet wat na die wêreld toe gestuur is (vgl. Joh 3:31) om God aan die mense bekend te maak. Dis in een asem ’n belangrike getuienis oor Christus.

Aanstoot (offense): verwoes die vloei en skakeling, konneksie, tussen mense. Moenie aanstoot neem teenoor die Here omdat jy dink dat Hy te laat is nie (Jes 55:8-9).

Jesus se trane wys egter op Jesus se seer in hierdie verhouding (Joh 11:38). Hy het al by meer as een geleentheid vir hulle gesê dat Hy gaan sterf. Hier by die dood van Sy vriend Lasarus, sien Jesus Sy eie dood. Hy moes dink aan hierdie mense se sondelas wat Hy eersdaags sal moet dra, en hulle sien dit nie.

Die Griekse woord “groaning”, embrimaomai  (em-brim-ah-om-ahee); Strong’s #1690: Derived from en,  “in”, and brime,  “strength”. The word is used to express anger (Mark 14:5), to indicate a speaking or acting with deep feeling (John 11:33, 38), and for stern admonishment (Matt 9:30; Mark 1:43); to roar, storm with anger; to be enraged, indignant, to express indignation against someone.  Since Christ could hardly have felt anger toward Mary and the mourning friends, it is probable that his deep emotion was due to his inwardly protesting the indifference, ignorance, blindness, thoughtlessness of the people … seeing His own coming death … they crucified the wrong person.

Die grootste hartseer in enige vriendskap is wanneer jou vriend(in) jou nie sien nie. Jou maat sien nie jou hart nie, sien nie jou swaarkry, lyding of swaarheid nie. Dis die een enkele sonde/oortreding wat enige verhouding op die afdraandpad kan stuur en dit uiteindelik verwoes. Die persoon wat die naaste aan my is, sien my nie! Jesus se liefde is groter as ons oortredings. Hy gee nog steeds Sy lewe en vergewe ons.

Laastens: (Joh 11:44) Lasarus word weer lewendig, sonder seremonie en groot vertoon. Jesus spreek bloot ʼn woord en Lasarus word lewendig. Jesus bly nie eens vir ete nie! Weereens verbreek Jesus die reëls van aardse vriendskappe. Daarna gee Jesus opdrag dat Lasarus losgemaak moet word sodat hy kan huis toe gaan.

Jesus se vriende het Hom nie gesien nie. Die mense vir wie Hy Sy lewe gee, het Hom nie ontvang nie. Daar was egter een vrou wat gesien het. Maria kom salf Sy voete met duur olie in die volgende hoofstuk (Joh 12:1-8; vgl. Matt 26:6; Mark 14:3). Sy moes tydens Lasarus se opwekking Jesus se oë gesien het. Sy het dieper gekyk en verstaan dat Jesus eersdaags Sy lewe gaan gee vir die mensdom. Niemand anders het Jesus se vooraf-leiding gesien of verstaan nie; Hy moes Sy las alleen dra. Ons ontvang deur die geloof dié geskenk van Jesus se geregtigheid; hierdie spesiale verhouding met die Vader.  Deur ons verbondenheid met die Vader laat Hy ons anders kyk. Ons vergeet van onsself en sien ander se seer en las raak. Ons kyk met Jesus se oë.

Maar Jesus se eensaamheid bereik sy toppunt die oomblik toe Hy sonde word vir ons. God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word (2 Kor 5:21). Hy is op die kruis “verlaat” deur Sy Vader. Teen drie-uur het Jesus baie hard uitgeskreeu: “Eli, Eli, lemá sabagtani,” wat beteken: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matt 27:46).

Jesus het die verwerping en eensaamheid van ons sonde wat verwydering bring, aan die kruis gedra sodat ons nie meer van God verwyderd hoef te wees nie. Ons kan nou met vrymoedigheid Sy genadetroon nader. Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy moes presies dieselfde versoekings as ons trotseer – behalwe dat Hy nie voor die sonde geswig het nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word. (Heb 4:15-16).

Jesus se alleenheid was nie eensaamheid gebore uit selfbejammering, bitterheid en weersin in die mensdom nie. Jesus was ’n sosiale persoon, maar Hy het ook die waarde van alleen wees besef. Daarna het Hy teen die berg uitgeklim om eenkant te gaan bid. Laataand was Hy alleen daar (Matt 14:23). Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid (Mark 1:35). Dus was Hy nooit eensaam nie, want Hy was altyd een met die Vader.

Vir Hom was alleenheid nie sleg nie. U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof. As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag, onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels (Ps 63:7-9). “Solitude”: alleen wees, eenkant wees.

  • Health – physical harmony
  • Happiness – moral harmony
  • Holiness – spiritual harmony

WAT JY MOET WEET VAN EENSAAMHEID

Byna almal voel soms eensaam.

Dit sluit mense in wat lyk of hulle gewild is. Waarom? Want dit is dikwels nie hoeveel vriende ’n mens het nie, maar die gehalte van die vriendskappe wat bepaal of jy eensaam voel of nie. Iemand wat lyk asof hy gewild is, word dalk heeltyd deur mense omring, maar het geen ware vriende nie en voel dus eensaam.Om geken te word, en om te ken, is die mees basiese behoefte by ʼnmens.

Eensaamheid kan gevaarlik wees vir jou gesondheid.

Navorsers wat die resultate van 148 studies ontleed het, het tot die slotsom gekom dat min sosiale interaksie tot ’n vroeë dood kan lei. As ’n risikofaktor, is dit “soos om 15 sigarette per dag te rook” en is dit “twee keer skadeliker as vetsug”.

Eensaamheid kan jou kwesbaar maak.

Trouens, dit kan veroorsaak dat jy enigiemand as ’n vriend sal aanvaar. As jy eensaam is, is jy dalk desperaat vir aandag. Jy kan begin dink dat enige aandag beter is as geen aandag nie. En dít kan tot probleme lei.Tegnologieen sosiale mediais nie altyd die oplossing vir eensaamheid nie. ʼnMens kan elke dag talle SMS’e en e-posse aan honderde mense stuur of ontvang en nog steeds verskriklik eensaam voel. SMS’e, Whatsapp en Facebookis soos ’n peuselhappie, maar om van aangesig tot aangesig met iemand te praat, is soos ’n maaltyd. Jy kan eenvoudig nie van peuselhappies lewe nie.

WAT JY KAN DOEN

Moenie die slegste dink nie.

Byvoorbeeld: Sê nou jy sien op ’n webwerf foto’s van jou vriende by ’n partytjie waarheen jy nie genooi is nie. Op daardie oomblik het jy ’n keuse — jy kan dink dat hulle jou opsetlik uitgesluit het of jy kan ’n positiewe beskouing behou. Aangesien jy nie al die feite het nie, moet jy nie die slegste dink nie. Gebruik jou energie eerder om te dink aan ’n goeie verduideliking waarom hulle jou nie genooi het nie. Dit is dikwels nie die situasie nie, maar jou beskouing wat jou eensaam laat voel. Dit gaan altyd sleg met ‘n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees(Spr 15:15). Selfs jou bespiegelinge is positief, soos wanneer jy nie weet waar jou maat is en hoekom hy of sy laat is nie. Jy kies om Jesus in hulle te sien. Die vermoë om Jesus in mekaar te vertrou, is ’n wonderlike manier van oorgawe en geloofsvertroue. Ons manipuleer nie meer situasies nie. Ons weet ons kan nie harte verander nie. Ons vertrou die Heilige Gees wat oortuig en bekering bewerkstellig (2 Kor 7:9). Ons skep nie meer in ons verbeelding bekommernisse oor die slegste wat gaan gebeur nie – ons sien oplossings, deurbrake en voorsiening, selfs in die geringe.

Vermy veralgemenings.

Wanneer jy eensaam is, dink jy dalk: “Ek word nooit na enigiets genooi nie” of “Mense vermy my altyd”. Maar hierdie veralgemenings sal jou net dieper in die dryfsand van eensaamheid laat insink. Sulke denke kan ’n boosaardige siklus veroorsaak: Jy voel uitgesluit en daarom sonder jy jou af. Dít laat jou eensaam voel, wat weer daartoe lei dat jy uitgesluit voel. Die selfsugtige mens lewe net vir homself(Spr 18:1).JY glo eerder die beste van ander. Jy bly vertrou, al hoor jy slegte nuus. Jy sien die glas is vol. Jy verwag die beste. “Dit gaan alles op die ou einde uitwerk” is gewoonlik jou eerste reaksie. Nie op ’n ligsinnige, of kop-in-die-grond, of die-waarheid-misken manier nie. Dis ’n stille vertroue in die Here dat Hy alles ten goede sal laat meewerk (Rom 8:28). Jy het dit al soveel keer gesien dat daar ’n vaste wete in jou gemoed is. Daar is ’n positief in elke negatief (Ps 66:12). Iemand met vernuwende denke sien dit net gouer raak.

Kies ook vriende wat ouer is as jy.

In die Bybel kan ons lees oor die lewe van Dawid, wat waarskynlik ’n tiener was toe hy Jonatan ontmoet het — ’n man wat 30 jaar ouer as hy was. Ondanks hulle ouderdomsverskil, het Dawid en Jonatan hegte vriende geword (1 Sam 18:1). Jy kan ook sulke vriendskappe aanknoop. Waardeer ouer vriende sevolwasse beskouing van dinge en hulle stabiliteit.Wysheid kom in die gryse ouderdom en insig na baie jare (Job 12:12).

Party van die beste vriende waarvan ons in die Bybel lees, het ’n groot ouderdomsverskil tussen hulle gehad, soos Rut en Naomi, Dawid en Jonatan, en Timoteus en Paulus (Rut 1:16, 17; 1 Sam 18:1; 1 Kor 4:17). Onthou ook dat ’n gesprek van twee kante kom; jy hoef nie al die werk te doen nie. Mense waardeer goeie luisteraars. As jy dus geneig is om skaam te wees, onthou: Jy hoef nie die hele tyd te praat nie![4]

Word gemaklik met jouselfen alleen wees

Party mense voel eensaam sodra hulle ’n oomblik alleen is. Maar jy hoef nie eensaam te voel as jy alleen is nie. Byvoorbeeld, Jesus was ’n sosiale persoon, maar Hy het ook die waarde van alleen wees besef: Daarna het Hy teen die berg uitgeklim om eenkant te gaan bid. Laataand was Hy alleen daar (Matt 14:23); Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid (Mark 1:35). Dieselfde kan vir jou geld. Moet dit nie as ’n nadeel beskou wanneer jy alleen is nie, maar gebruik hierdie tyd eerder om met waardering oor jou seëninge na te dink. Dan sal ander selfs meer met jou vriende wil maak. Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle (Spr 13:20). Iemand wat ʼnvriendskap met Jesus ontwikkel het, is gemaklik met alleen wees. Tog sien jy jouself nie as eenkant nie. Jy sien jouself in die groter geheel van die liggaam van Christus. Daarom dink jy eerste aan “ons” en nie meer “ek” nie. Jy is bewus van jou eie stem, maar ook van dié om jou. Jy harmoniseer en leef in ritme met die mense wat God om jou geplaas het. Jy is nie afhanklik van mense nie, maar kies om hulle nodig te maak en betrokke te hou in jou lewe. Jy leef in die nou, en elke verhouding en kontak is belangrik om dieper te verbind en te groei.

Konsentreer op jou sterk punte

Al is ons dalk nie opgelei in die redenaarskuns nie – wat kennis betref, staan ons geensins terug nie! Dit het ons, toe ons by julle was, by elke geleentheid duidelik laat blyk (2 Kor 11:6). Hoewel dit goed is om bewus te wees van jou tekortkominge, het jy ook baie om te bied. As jy jou sterk punte erken, sal dit jou die nodige selfvertroue gee om ’n negatiewe selfbeeld en eensaamheid te oorkom. Vra jou af: “Wat is my sterk punte?” Dink aan ’n paar talente of positiewe eienskappe wat jy het.Jy hou van jouself ten spyte van jou tekortkominge. Jy meet en vergelyk jouself nie meer met ander nie. Jy weet wie jy is en dit is genoeg. Jy weet wat jou roeping is en jy het genade met jou swakhede. Jy is bewus dat die Here nog steeds besig is om jou te verander en jy groei in vrymoedigheid om jouself te wees. Jy is gemaklik met jouself en het jouself aanvaar. Jy het roetines in plek om jou swakhede te versterk en jy neem verantwoordelikheid vir jouself.

Toon opregte belangstelling in ander

Begin deur in net ’n paar mense belangstelling te toon. Dit help om ander beter te leer ken as jy hulle net vra hoe dit gaan of as jy hulle oor hulle werk uitvra. Vra vir iemand: “Vertel my jou storie.” Jy sal verbaas wees hoe graag mense hulle pyn en seer wil deel as iemand net wil luister. Deur vrae te vra, kan ek eerstehands leer hoe om iets te doen, of hoe ʼn sekere beroep werk. Leer om vrae te vra – dis die eerste tree na nuwe ontdekkings.

Kweek “meegevoel” aan

’n Laaste woord hieroor: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig(1 Pet 3:8). Al stem jy nie met iemand anders se beskouing saam nie, moet jy hom geduldig toelaat om te praat. Konsentreer op die punte waaroor julle wel saamstem. As jy voel jy moet sê dat jy nie met iets saamstem nie, sê dit dan op ’n sagmoedige en taktvolle manier. Voel iemand se seer of pyn en doen iets daadwerkliks. Deur mense te dien, te help en te ondersteun, vergeet ek gou van my eie eensaamheid.

Praat met ander soos jy wil hê hulle met jou moet praat.

As jy onnodig met mense stry, hulle terg, beledig of hulle met ’n eiegeregtige gesindheid veroordeel, stoot jy hulle net van jou af weg. Hulle sal baie meer van jou hou as jy sorg dat jou “woorde altyd aangenaam [is]”. Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle gereed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee(Kol 4:6).

Soek betekenisvolle gesprekke of forums

Huiskerk, bybelskool, studiegroepe en boekklubs is wonderlike plekke vir dieper dialoog en sinvolle gesprekke.

Kom uit die huis uit

Die buitelug en kontak met die natuur is ʼn natuurlike stimulant wat jou aard (earth). Hierdie konneksie met ons huidige “nou” wêreld is essensieel vir goed-voel.

Vriendelikheid – glimlag

Ons is die enigste soogdiere wat deur tande te wys, toon dat ons vriendelik is. Deur sewe keer per dag te glimlag, kan jy jouself alreeds meer gesond laat voel. Daar is bevind dat depressielyers hierby direk kan baat vind. Moenie die krag van ʼn glimlag onderskat nie – dis meer aansteeklik as masels. Die wonder is, daar is geen newe-effekte nie.

Alleen vs eensaam

Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie. Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.

1 KORINTIËRS 13:4-7NLV

Om saam te bly beteken nie ons “connect” nie! Daarvoor moet jy moeite doen!

Jou maat voel dalk ook so!

Alone = separate; isolated

Lonely = without company

  1. Almal voel soms alleen.
  2. Heel waarskynlik jou maat ook.
  3. Jul kommunikeer dalk net oor kinders/pligte.
  4. Onthou weer: Hoekom hou ek van jou?
  5. Wees tevrede met jouself –gelukkig; vol.
  6. Ons kan nie van buite vol raak nie.
  7. As julle vervreemd geraak het van mekaar, loop die pad terug na liefde d.m.v. kommunikasie.
  8. Hoekom is die band tussen jul verbreek?
  9. Soms, as mens heeltyd kla … of opdragte gee, onttrek ʼnmens!
  10. Mans wil nie als weet wat jy voel of beleef nie, daarom het ons vriendinne.

Hoe omarm (embrace) ek alleen wees?

  1. Almal is alleen op een of ander tyd in jou lewe!
  2. ʼnMens kan selfs in geselskap wees, en alleen wees!
  3. Jy moet weet of jy jou krag/energie uit mense of alleentye put!
  4. Ken jouself!
  5. Wees tevrede met jouself (gelukkig, vrede met God, jou Skepper, vrede met jouself en medemens)!
  6. Doen dinge waarvan jy hou as jy alleen is: skryf, lees, stap, ry fiets!
  7. Tyd vir dink, mediteer, orde skep in jou gedagtewêreld sowel as jou fisiese / admin-wêreld!
  8. Maak tyd vir alleen wees … jy moet tuis wees in jou eie geselskap!
  9. Beplan alleentyd … dit doen jou goed … laai batterye.
  10. Soms, as mense deur trauma gaan, kan hulle nie alleen wees nie, en dis verstaanbaar maar tydelik!

Alleen

Ek’s vanaand alleen

En ai my hart wil alweer ween

Ek dink aan die liefde, en ook die seën

Ek soek soms antwoorde, maar daar is geen

Selfs al is my hart genees

Voel ek vanaand so broos, so wees

Ek is so dankbaar vir die Heilige Gees

Hy is so werklik en verslaan die vrees

Hy kom in wysheid en waarheid om te genees

Ek weet dit is waar, ek het dit gelees

Nou kan ek rus, yes, net wees …

Dankie Helper, Heilige Gees

Wat gee aanleiding tot ʼn oorweldigende gevoel van alleenheid in ʼn huwelik?

1) Jou maat se persoonlike ambisie kan daartoe lei dat jy uitgesluit voel, meestal tweede is, en daar bloot net nie meer tyd is vir mekaar nie.

2) Jou persoonlike behoeftes en kernwaardes word nie meer deur jou maat bevredig nie en laat jou voel jy is alleen in jou stryd.

3) Jy en jou maat “connect” nie meer emosioneel nie en dit laat jou eensaam voel.

4) Jy word nie gehoor of verstaan nie. Die feit dat dit in kommunikasie vir jou duidelik is dat jou maat jou nie verstaan of hoor nie, kan lei tot ʼn diepe gevoel van ontoereikendheid en eensaamheid.

5) Die fisiese feit dat jy as gevolg van jou maat se werk baie alleen is, kan jou inderdaad baie eensaam laat voel.

6) Jy en jou maat is nie in dieselfde kerk nie en deel nie dieselfde geestelike waardes nie, en dit kan jou baie alleen laat voel.

7) Jy en jou maat deel baie min belangstellings en julle begin dus selfs julle ontspantyd apart deurbring.

8) Jy en jou maat verskil baie omdat julle waardes en opvoedingsagtergrond dramaties verskil en dit kan daartoe lei dat mens alleen voel en meestal onttrek om argumente te voorkom.

9) Julle het lankal nie meer gereeld seks nie en selfs wanneer julle het, is dit oppervlakkig en net ʼn seksdaad.

10) Jy en jou maat se vriende verskil. Jy is nie gemaklik met jou maat se vriende of vriendinne nie, daarom voel jy uitgesluit in hulle geselskap. Die feit dat jy weet dat jou maat jou met hulle bespreek, vererger die verwydering. Jy kan ook dieselfde gevoel hê wanneer jy voel dat jou maat sy of haar familie bo jou stel en meer lojaal is aan hulle as aan jou.

11) Jou maat se gedrewe self-regverdigende persoonlikheid sluit jou uit en jy voel dat jou woord nooit tel nie, want jou opinie of raad word nooit gevra nie. Sterk persoonlikhede is geneig om ander uit te sluit in hulle besluitnemingsproses en dit kan die swakker party uitgesluit laat voel, of nie deel van die span nie.

12) Wanneer jou maat oordrewe besorg is oor die kinders en altyd hulle belange voorop stel ten koste van die huwelik, kan die een party voel dat hulle nie meer betrokke is nie, of dat hulle net daar is om geld te voorsien.  Weereens, verskillende opvoedingstyle en die rusies daaroor kan daartoe lei dat die een party eerder onttrek.

13) Daar is niks wat mens meer alleen laat voel as wanneer jy verontreg voel of seergemaak is, of gekrenk voel oor sekere dinge wat uitgekom het tydens ʼn rusie en wat jou dan verkeerdelik laat glo jou maat is nie meer lief vir jou nie. Jy soek dan heeltyd bewyse in sy of haar gedrag om jou mosie te steun en die verhoudingsdinamiek raak negatief.

14) Aanhoudende kritiek en korreksie, of ongelukkigheid wat uitgespreek word, kan ook lei tot diep gevoelens van alleenheid, want jy voel dat niks wat jy doen genoeg of aanvaarbaar is nie. Aanvaarding is die boustene van ʼn gesonde verhouding.

15) Wanneer iemand nie geliefd voel nie, lei dit outomaties tot ʼn gevoel van eensaamheid.

16) Wanneer die een party alles moraliseer en geneig is om vir die ander te preek en af te praat in kommunikasie, kan dit lei tot ʼn gevoel van ontoereikendheid en eensaamheid.

17) Gevoelens van eensaamheid kom gewoonlik die meeste voor onder paartjies wat nie suksesvol deur die magstrydfase gegroei het tot ʼn dieper aanvaarding van juis mekaar se verskille nie. Die gevolg is dat die partye dan op alle vlakke aparte lewens begin leef om konflik te probeer voorkom en later dus bitter min in gemeen het, of selfs min weet van mekaar. Die probleem is dat alleenheid nou buite die huwelik aangespreek word.

18) Wanneer die een party nie die ander wil belas met sorge oor finansies of sake wat spanning veroorsaak nie, kan dit lei tot eensaamheid by beide partye. Die hoë spanningsvlakke en depressie by die een party dra ook by tot groter verwydering.

19) Allienation of the mind. As gevolg van konflik, rusie, of jou maat se skynbare misnoë met jou, begin jy in jou gedagtes onttrek en jouself verwyder. Jy gaan fisies nie meer saam met jou maat na vergaderings, partytjies of etes nie. Jy begin fisies, emosioneel en geestelik onttrek. Egskeiding het alreeds op hierdie tydstip begin en eensaamheid is onvermydelik.

20) Julle lag nie meer saam nie en het nie meer pret nie. Julle doen nie meer gesellig dinge saam nie.

 

[1]https://www.standard.co.uk/news/health/loneliness-kills-more-people-than-obesity-a3605786.html

[2]https://www.nytimes.com/2017/12/11/well/Mind/How-loneliness-affects-our-Health.HTML

[3]https://drleaf.com/blog/the-loneliness-epidemic/

[4]https://www.jw.org/af/publikasies/tydskrifte/g201504/doen-oor-eensaamheid/

Categories
Jesus die beste lewe

Die Heiligheid van Christus

Die woord en konsep ‘heiligheid’ is ‘n vreemde verskynsel vir baie. Sommige mense sal dadelik beelde oproep van eertydse sogenaamde heiliges wat tans in beelde en in portrette vereer word met ‘n ligstraal om hulle hoof.  Ander mag dalk dink aan vroom, glimlaglose, eksentrieke figure en persone wat aan die kant van die samelewing bestaan het.  Jesus maak heiligheid aantreklik. Kinders en sondaars hou van hom, en wil graag na Hom luister. Sy heiligheid is liefdevol, toon deernis, en is sagmoedig en selfloos.

Die meeste van ons het al ‘n majestueuse uitvoering en skouspel van die kunste beleef, hetsy ‘n ballet, opera of simfonie uitvoering, waar ons mooi aantrek en vir ‘n paar uur na ‘n ander wêreld gelig word. Hierdie oomblikke vertoon die klimaks en hoogtes van wat die mens toe in staat is. In Christus werk Hy Sy heiligheid in ons, en word dit moontlik om natuurlik, sonder inspanning, deur Sy krag en genade heilig en onberispelik te lewe.

Soos ons, ons toespits op Sy lewe, ons self verloën, en in Sy geregtigheid opstaan, al hoe meer heilig, toegewyd, volmaak, en perfek word in die gestalte en beeld van die een wie se gesig ons bewonder.

DIE HEILIGE DIENSKNEG VAN GOD

Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal oor jou toevou. So sal die kind wat vir jou gebore word, heilig wees, en Hy sal die Seun van God genoem word.” (Luk 1:35)

Los ons uit, Jesus van Nasaret! Het jy gekom om ons te vernietig? Ek ken jou – jy is die Heilige van God!(Mark 1:24)

Ek weet U sal my gees nie in Hades agterlaat nie of toelaat dat u Heilige in die graf vergaan nie.(Hand 2:27)

Dit is wat hier in hierdie stad gebeur het! Herodes Antipas, Pontius Pilatus die goewerneur, die ander volke en die volk Israel het saamgespan teen Jesus, u heilige Dienaar, wat deur U toegerus is vir sy taak.(Hand 4:27)

Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.(Hand 4:30)

En ter wille van hulle sonder Ek Myself af sodat hulle geheilig kan wees in ’n hegte verbintenis aan die waarheid.(Joh 17:19)

Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy moes presies dieselfde versoekings as ons trotseer – behalwe dat Hy nie voor die sonde geswig het nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.(Heb 4:15–16)

Die wonderlike realiteit van Jesus se vleeswording is: Hy het vlees geword en nie gesondig nie! Hierdeur het Hy bewys dat dit moontlik is om bloot mens te wees, maar nie te sondig nie. Sommige mense het hierdie idee dat ons menslikheid geskaad is; permanent misvorm is tot ’n sondige wese. Sonde het ons inderdaad misvorm, en probeer dit nog steeds doen. Maar Christus het deur die spreekwoordelike klankgrens gebreek en word die Eersteling van baie broers en susters om volkome mens te wees en nie meer te sondig nie.

Hy was heilig, om daardeur vir ons die Lam sonder vlek te wees.

Hy is heilig, omdat dit is wie Hy is: Hy is heilig, Hy is God. Jesus beliggaam heiligheid. Hy kom wys ons die wese van God se hart en wil (Heb 1:3).

Die Persoon, Jesus, het ons nie net kom verlos van sonde nie, maar gee ons ook Sy geregtigheid. Dis wanneer ek Hom sien, soos Hy werklik is, dat ek anders kyk na my sonde. Ons sukkel om die sondige gewoontes in ons lewens te los omdat dit vir ons werk. Dit vul ’n leemte in ons lewens. As ons eerlik is, moet ons erken ons geniet dit! Die probleem met sonde is dus nie soseer dit wat ons doen nie, maar dit wie ons is. Die woord vir sonde is harmartiawat beteken: om die merk te mis. Watter merk? Die woord “merk” beteken identiteit, bloudruk, plan, seël. Met ander woorde, misrekende of valse identiteit. Ons ware identiteit is in Jesus. Ons is geskape om soos Hy te wees. Wanneer ons enigiets anders probeer wees, vervals ons die egte beeld van dit wat Hy alreeds in ons geplaas het.

Daar is ’n verskil tussen sonde en sondes:

Daarom het Ek vir julle gesê julle sal in julle sondes sterwe, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe.(Joh 8:24)

Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is ’n slaaf van die sonde.”(Joh 8:34)

Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood. Die wet van Moses kon ons as gevolg van ons sondige natuur nie red nie. Daarom het God vir hierdie doel sy eie Seun as mens na ons toe gestuur. Sy liggaam was identies aan ons eie liggame – wat deur die sonde aangetas is – maar Hy het nie self gesondig nie. God het sy Seun as ’n offer vir ons sonde laat dien. Daarmee het Hy afgereken met die sonde se mag oor ons en so vir ons voldoen aan die vereiste van die wet – ons wat nou nie meer volgens ons sondige natuur lewe nie, maar volgens die Gees.(Rom 8:1-4) NLV

Kan ons perfek wees?

Kan ons perfek wees sonder om te sondig, soos Christus sonder sonde was?

Is dit Bybels korrek om te dink of iets te sê soos daar mag geen perfekte mense in die kerk toegelaat word nie?

Kan ons heilig wees? Onberispelik? As ons dit nie glo nie, kan ons dit nooit wees nie.

Hoekom is daar teenkanting teen heiligheid?

Wat is heiligheid?

GOD IS HEILIG

Thou shalt be perfect with the Lord thy God.            

Jy moet opreg wees voor die Here jou God.NV

Jy moet onberispelik wees voor die HERE jou God.(Deut 18:13) NLV

Toe Abram 99 jaar oud was, het die HERE weer aan hom verskyn en gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe voor my teenwoordigheid en wees opreg.(Gen 17:1)

Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE. Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ’n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.(Gen 6:8-9)

Noag was ’n opregte man, die enigste onberispelike persoon in daardie tyd. Hy het God se wil deurgaans uitgeleef en ’n noue verhouding met Hom gehad.

God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.(Ps 18:33)

Toe Salomo oud geword het, het hulle hom verlei om ander gode te dien. Hy het nie meer die Heresy God met soveel toewyding gedien soos sy pa, Dawid, gedoen het nie.(1 Kon 11:4)

Maar Asa se hart was volkome met die Hereal sy dae.(1 Kon 15:14)

Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.(Job 1:8)

Bogenoemde skrifte oor volmaaktheid of om ’n onberispelike perfekte hart voor God te hê, verwys na iemand wat ’n nou pad met die Here loop. Iemand wat gehoorsaam is aan Hom, regop, met onberispelike maniere en wat wegdraai van die bose. Let daarop dat Dawid ook so ’n man na God se hart was ten spyte van sy talle ernstige mislukkings. Hy was volmaak in God se aangesig, en het met ’n perfekte hart voor die Here verklaar:

Dis my begeerte om u wil te doen, my God want u voorskrifte is in my hart. (Ps 40:8)

I delight to do Your will, O my God, and Your law is within my heart.          

JESUS SE OPDRAG AAN ONS OM HEILIG TE WEES.

Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is. Hy het mos álle mense lief. (Matt 5:48) NLV

As jy volmaak wil wees, gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir die armes. Dan sal jy ’n skat in die hemel hê. Kom dan en word my dissipel.(Matt 19:21)

As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom. As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind.(Matt 16:24-25)

Jesus kom van die Vader af en sê net wat Hy hoor. Hy maak inderdaad hierdie stelling: Ons as gelowiges behoort op aarde volmaak te wees net soos ons Vader in die hemel volmaak is. Vir die menslike oor klink dit nie reg nie, maar ons moet soos Christus dink. En Hy sal vir ons voorskryf hoe dit moontlik is om so ’n perfekte lewe te lei – Hy vertel deur die verhaal van die ryk man hoe om perfek te wees en Hom te volg. Hy leer ons ook wat dit beteken om Hom te volg. Ons kan net dink soos Hy, praat soos Hy en glo soos Hy as ons Hom volg. Ons is burgers van die hemel, nie van hierdie wêreld nie. Ons is in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie.

PAULUS SE OPROEP TOT HEILIGMAKING.

JESUS se lewe is ons skeppingsdoel, ook Sy heiligheid.

Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om soos sy Seun te word.(Rom 8:29) NLV

God het vooraf mense uitgesoek en besluit dat hulle soos sy Seun Jesus Christus moet word sodat daar baie kinders van God kon wees. Maar Jesus Christus moet die belangrikste van almal wees.(Die Boodskap)

God knew what he was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him.(The Message)

Moenie vir mekaar lieg nie. Julle het mos die vorige mens en sy leefstyl soos klere uitgetrek en die nuwe mens aangetrek. Hierdie mens kry voortdurend nuwe insig en word só verander en nuut gemaak om al meer soos die Skepper te lyk.(Kol 3:9-10) NLV

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.(2 Kor 3:18) NLV

Want as iemand sterf, word hy vry van die mag van die sonde. Aangesien ons saam met Christus gesterf het, weet ons dat ons ook deel sal hê aan sy lewe.(Rom 6:7) OV

So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.(Rom 6:11) OV

Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. En julle is één met Christus wat só met God vervul is, één met Christus wat die hoof van alle hemelse en aardse magte is! Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ’n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis wat Christus bewerk. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van jou sondige geaardheid. Toe julle gedoop is, is julle saam met Christus begrawe. Omdat julle één is met Hom is julle ook saam met Hom opgewek.(Kol 2:9-12)

Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, om God se mense toe te rus vir die werk wat hulle in sy diens moet doen. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, ’n eenheid vorm, ’n volmaakte mens, wat aan die standaard van Christus se volmaaktheid voldoen. Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie. Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. Dit werk so: Christus is die Hoof. Onder leiding van die Hoof is die liggaam goed aanmekaargesit. Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op.(Ef 4:11-16) NLV

Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees. (Fil 3:15) OV

WAT SÊ JOHANNES

Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie. Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.(1 Joh 1:6, 9)

WAT SÊ PETRUS

Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.(2 Pet 3:11, 14)

VOLMAAKTE VREDE

Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.(Joh 14:27)

U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U. (Jes 26:3) AOV

En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.(Fil 4:7) AOV

En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!(2 Tess 3:16) AOV

VOLMAAKTE LIEFDE

Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.(1 Joh 4:8) AOV

Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.(1 Joh 4:17-18) AOV

En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.(Rom 5:5) AOV

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.(Kol 3:14) AOV

VOLMAAKTE VREUGDE

Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees.(Joh 15:11) NLV

Ek is nou na U toe op pad. Ek sê hierdie dinge terwyl Ek nog in die wêreld is sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulleself kan ondervind.(Joh 17:13) NLV

VOLMAAKTE EENHEID

Wie my liggaam eet en my bloed drink, beleef ’n innige verhouding met My en Ek met hom.(Joh 6:56) NLV

Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in ’n hegte verhouding met My en Ek met U is; dat hulle ook in ’n hegte verhouding met Ons mag leef sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het die heerlikheid wat U aan My gegee het, ook aan hulle gegee sodat hulle een kan wees net soos Ons een is. Dit beteken dat Ek in ’n hegte verhouding met hulle en U met My moet leef sodat hulle ten volle een kan wees, sodat die wêreld verseker kan weet dat U My gestuur het, en dat U hulle liefhet net soos U My liefhet.(Joh 17:21–23) NLV

VOLMAAKTE WIL VAN GOD

Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.(Rom 12:2) NLV

Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is.(Ef 4:24) NLV

VOLMAAKTE HEILIGHEID

Ek kom nou by die vrae wat julle in julle brief gestel het. Ja, ’n selibaatlewe is goed.(1 Kor 7:1)

Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies. Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om sonder foute net Syne te wees.(Ef 1:4)

Julle totale leefstyl moet nou heilig wees, soos God heilig is – Hy wat julle sy kinders noem.(1 Pet 1:15)

Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig!”(1 Pet 1:16)

Verder, liewe broers en susters, wees bly, ruk julle reg, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle bly!(2 Kor 13:11)

 

 

 

 

 

 

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus se doelgerigtheid

Jesus was doelgerig, maar sonder persoonlike ambisie. Hy was gefokus, om die taak waarvoor Hy gestuur is te voltooi.

Focus – pulled towards the centre. (Greek understanding)

Systematic Relentless Determination – Intentional Living

Die politieke en ekonomiese dè-stabiliteit in Suid Afrika is besig om ons soos beeste en skape in ‘n drukgang geforseer. Mag die Here die omstandighede gebruik om ons in-te-ent, en die nodige medikasie toedien om ons te genees van ons self-gesentreerde arrogansie, selfsug, en eie-geregtigheid.
Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min (Matt 7:13-14; Luk 13:22-24).
στενός: stenós, fem. stenḗ, neut. stenón, adj. Straight, narrow, with reference to the gate leading to life (Matt 7:13-14; Luk 13:24; Septuagint Jes 49:20). Ons sê mos ʼn mens moet die reguit pad loop.

Sleutelwoorde: verminder, verklein, vernou, vereng, inkrimp, deurdringend, noukeurig, akkuraat.

ʼn Hopie plofstof wat bloot net aangesteek word, maak ʼn groot lawaai en rook maar rig min skade aan. Druk en beperk hierdie plofstof in ʼn koeël-omhulsel, en dit kan reuse skade aanrig. A rolling stone gathers no moss is an old proverb, credited to Publilius Syrus, who in his Sententiae states, people who are always moving, with no roots in one place or another, avoid responsibilities and cares.

JESUS SE LEWE, WAS DOELGERIG. (Intentional)

1) Jesus kies ʼn klein, intieme gemeenskap vir Sy vormingsjare. Min opsies, aspirasies of ambisies.
2) Hy doen die werk van ʼn ambagsman vir 18 jaar. Op 12 het Hy alreeds verstaan dat Hy met Sy hemelse Vader se werk besig moet wees (Luk 2:45).
3) Hy het geen ambisie gehad om iets uit Sy eie te doen nie. Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie (Joh 2:4). Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” (Luk 12:13). Hy hou vol dat HY eerste geroep is vir die verlore skape van Israel: Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” (Matt 15:21-28).
4) Vir My het die tyd nog nie gekom nie (Joh 7:6; Joh 7:8; Joh 7:30).
5) Ek móét:
a. Luk 2:49 Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?
b. Luk 4:43 Ek moet ook aan die ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.
c. Luk 9:22 die Seun van die mens moet baie ly
d. Luk 13:33 In elk geval moet Ek vandag en môre en oormôre die reis voortsit, want dit is ondenkbaar dat ‘n profeet op ‘n ander plek as Jerusalem omkom.
e. Luk 19:5 Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.
f. Joh 9:4 So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het
6) Vyf en dertig keer word daar gesê: “Die skrif is vervul.”
7) Sy verstand was nie altyd oop vir alles nie … Daar is een waarheid, een manier (Joh 14:6). Die mense sê, maar Ek sê vir julle … Sy onderrig was eenvoudig, tot die punt, en direk. Jy moes dit óf aanvaar óf verwerp.
8) Hy het nie mense groepeer asof hulle almal gelyk is nie. Hy het geen universele glimlag nie. Hy het die geloof van ʼn Romeinse beampte en heidense vroue geprys, maar die valsheid van die Fariseërs en skrifgeleerdes verdoem. Hy genoem Herodes ʼn Jakkals. Hy het geen vrees vir ʼn mens nie.
9) Jesus woon en beweeg in ʼn betreklik klein area. Jesus is in Bethlehem in Judea gebore en grootgemaak in ʼn klein sandveldhuisie in die onopsigtelike dorpie, Nasaret, geleë in ʼn kom hoog op ʼn rotsagtige kalksteen plato bo die Jisreël- en Beth Netofa-valleie. Daarna trek Hy na Nasaret, ʼn klein visserdorpie naby die hoofroetes na Jerusalem.
10) Die verskil tussen ʼn meer en ʼn vleiland is die duidelike damwal. Om doelgerig te leef, moet jy jouself beperk, grense stel.
11) Daarom kon Jesus verklaar: Dit is volbring (Joh 17:4; Joh 19:28). HY het die doelwit bereik.
12) Sy voedsel was om die wil van die Vader te doen (Joh 4:32).
13) Hy roep ons ook om ʼn nougesette, heilige, afgesonderde lewe te lei (Matt 16:24).

Ons praat van beeldende kunste omrede sy grense, rame, fokus, komposisie en dissipline.
Musikante fokus hulle musiek volgens ʼn genre, ʼn vasgestelde ritme en sleutel. Poësie en prosa volg bepaalde reëls, ritme, aksent en dit is ʼn ware genot om te sien iemand kombineer al hierdie reëls en skep ʼn flambojante skepping.

Sleutelwoorde: intentional, calculated, premeditated, willful, purpose-driven, deliberate

ʼn Doelgerigte lewe is baie soos ʼn GPS-stelsel in baie motors. Dit wys jou die pad na waar jy wil gaan. ʼn GPS vereis ʼn vasgestelde bestemming: Waarheen is jy op pad? Dit het ʼn beginpunt. ʼn GPS weet waar jy jou reis begin. En sodra jy begin beweeg, word ʼn roete bereken – ʼn pad om te volg. Op die dieselfde manier leef ons God se Woord en Jesus as ons weg. Psalm 119:105 sê: U woord is ʼn lamp vir my voet en ʼn lig vir my pad. As ons ʼn hindernis of opeenhoping van verkeer teëkom, word ʼn alternatiewe roete gesoek, maar nog steeds met die een einddoel in sig.

Die sleutel tot die doelgerigte is: Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is (Ef 5:10). Jesus toon ons die padkaart vir die lewe. Soos Christus het God ook vir elkeen van ons ʼn weg, ʼn roete, voorberei wat ons moet voltooi! Wanneer jy nie eens weet vir watter wedren jy ingeskryf is nie, hoe kan jy dit klaarmaak?

Vir die maksimum doeltreffendheid om al ons Godgegewe potensiaal te vervul en die seëninge van God te ontvang, moet ons die prys betaal om onsself te posisioneer om heelhartig doelgerig te word. Ons lewenstyl word gelei deur die Christus-gesentreerde Woord-gerigte leiding van die Heilige Gees.

Die Here het ons op ʼn tydstip gewaarsku dat iemand ons gaan verraai. Toe dit gebeur, was dit vir ons baie sleg dat dit een van die mense naaste aan ons was. Toe ek die Here vra oor hoe ons dit moet hanteer, was Sy antwoord: “Ontbeer dit as deel van julle leiding in Christus, en wees bly.” Toe gaan kyk ek hoe Jesus die soortgelyke situasie hanteer het: Hy het Homself onwrikbaar vasgemaak aan Sy roeping en om dit klaar te maak.
Fokus en doelgerigtheid is die rigting van jou hart. “waar jou skat is sal jou hart wees” (Mat 6:21) Soos toe ons die eerste keer verlief geraak het, en al ons aandag om een persoon gefokus het. So wil die Here dié plek in ons hart inneem. Ons is die meeste vervuld wanneer ons Hom innig liefhet. Met ons hele hart, krag en verstand is ‘n vorm van fokus.

Op grond van die ontdekking van Sy liefde vir ons is ons lief vir die Here met ons hele hart, ons ganse gemoed, ons hele verstand en al ons krag! (Deut. 10:12; 30:6; Mar 12:30; Luke 10:27) Jesus is immers die rede vir ons bestaan want Hy het ons eerste liefgehad. (1 John 4:19) Sy Liefde genees en herstel ons wese, en werk in ons om saam met alle gelowiges mekaar lief te hê soos Hy ons liefhet. (Lev 19:18; Eph 5:2; 1 Thes 4:9; 1 Pet. 1:22; 1 John 2:7) Sy liefde dring ons om te gaan en mense dissipels van God te maak. (Mat 28:19) LIEFDE IS FOKUS

NOG VOORBEELDE VAN VASBESLOTENHEID:

JESUS: Toe die Samaritane Hom nie ontvang nie, het Hy juis meer vasbeslote geword om Sy werk klaar te maak. Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin (Luk 9:51).
His face was [set as if He was] going to Jerusalem (Luk 9:53).
Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat Self nie soos hulle verander of verduister nie (Jam 1:17-18).
ISAIAH: Therefore I have set My face like a flint (Isa 50:7).
You will keep him in perfect peace, Whose mind is stayed on You, Because he trusts in You (Isa 26:3).
MOSES: for he endured as seeing Him who is invisible (Heb 11:27).
DAVID: I have set the Lord always before me; Because He is at my right hand I shall not be moved (Ps 16:8)

ʼn DUBBELHARTIGE MAN IS ONSTABIEL IN AL SY WEË (JAK 1:8).

Doelgerigtheid is ‘n saak van die hart. 

When the eye of the body is single, the whole body will be full of light (KJV). Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie! (Matt 6:22).
Die Griekse woord vir “single-mindedness” is “opthalmous haplous”. “Opthalmous” beteken: eenvoudig, ongekompliseerd, nie verwarrend nie, gevestig, gesond, gefokus sonder dat aandag afgetrek word van die onderwerp in sig. Dit beteken “in enkelgelid, reg agter die leier, sonder dubbelsinnigheid of motiewe en opreg”. Met ander woorde, as jy opreg is, gee jy nie voor nie; daar is geen geveinsdheid of selfbeheptheid agter elke aksie nie. Opregtheid verwyder die blindekol in jou truspieëltjie! (Strongs 573. ἁπλόος haplóos) “When the eye accomplishes its purpose of seeing things as they are, then it is haploús, single, healthy, perfect. Singleness, simplicity, absence of folds. ‘Haplous’ means ‘braided or plaited together as one, interwoven’.” Jou wil is verweef met God se wil vir jou lewe. (Jesaja 40:31 – Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Koersvastheid: met een oog; eerlik, opreg, ondubbelsinnig; agter mekaar, een-een, heelhartigheid, doelbewustheid, doelgerigtheid, konsentrasie op een doel, enkelvoudigheid.
Die woordeboek verduidelik koersvastheid as: opreg, vrygewig, sonder bedrog, eenvoudig
• Geloof is “single focus”
• Heiligheid is “single focus”
• Goddelikheid is “single focus”
• Geroepenheid is “single focus”
Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is (2 Kor 10:6). Gehoorsaamheid is ʼn vorm van fokus, akkuraatheid.
• Deur akkuraatheid verkry jy gesag
• Deur akkuraatheid vergroot jy jou grondgebied en invloed
• Deur akkuraatheid raak jy seker en vol selfvertroue
• Deur akkuraatheid raak jy meer doeltreffend

DIE WEG VAN DIE ESSENSIS (THE WAY OF THE ESSENTIALIST

LEER EN OEFEN OM NEE TE SÊ:
Eers as jy jouself toestemming gee om op te hou probeer om dit alles te doen, om nie meer net ja te sê nie, kan jy jou grootste bydrae lewer tot die dinge wat regtig saak maak.
Essentialisme gaan nie oor hoe om meer dinge gedoen te kry nie; dit gaan oor hoe om die regte dinge gedoen te kry.
Essentialisme is ʼn gedissiplineerde, sistematiese benadering om te bepaal waar ons grootste bydrae lê en dan die uitvoering van daardie dinge byna moeiteloos te maak.
Individuele keuse: Ons kan kies hoe om ons energie en tyd te spandeer.
Die voorkoms van geraas: Byna alles is geraas en baie min dinge is besonder waardevol.

Die realiteit van verrekeninge (tradeoffs): Ons kan dit nie alles hê of alles doen nie. Jy moet een ding opgee om uit te reik na ʼn ander.
Hierdie drie elemente – ondersoek, elimineer, uitvoer – moenie soseer losstaande gebeurtenisse wees nie, maar eerder ʼn sikliese daaglikse proses.
Praktiese sinnetjies wat jou kan help om jouself voor te berei:
“Ek is gevlei dat jy aan my gedink het, maar ek is bang dat ek nie dit sal kan uitvoer nie, a.g.v. …” of “Ek sal jou baie graag wil help, maar ek is oorlaai.”
Die ongemaklike pouse.
Die sagte “nee” (of die “nee maar”).
“Laat ek my kalender nagaan en terugkom na jou toe.”
Sê ja. “Wat moet ek deprioritiseer?”
Sê dit met humor.
“U is welkom by X. Ek is bereid om Y.”
“Ek kan dit nie doen nie, maar X mag dalk belangstel.”

Alexander Graham Bell het gesien dat die son se strale papier aan die brand kan steek wanneer mens dit op een punt fokus en hy het dié raad gegee: “Concentrate all your thoughts upon the work at hand.”
Sommige navorsing wat gedoen is, het getoon dat die verrigting van verskeie take (multitasking) nie net mens se tyd mors nie, maar jou inderwaarheid dom maak. ʼn Studie wat in 2005 by die Universiteit van Londen gedoen is, het gemeet hoe dom dit mens kan maak. (Toegee,dit was ʼn baie klein studie wat nie deur die portuurgroep beoordeel is nie.) Psigiater Glenn Wilson het vier mans en vier vroue se IK’s gemeet in stil omstandighede (sonder fone wat lui en e-posse wat aankom) waar aandag nie afgetrek word nie. Tydens die toetse het hy deelnemers aan die studie se vel-geleidingsvermoë, harttempo en bloeddruk gemeet. Interessant genoeg het die gemiddelde IK van die deelnemers met meer as 10 punte gedaal in toestande waar hul aandag afgetrek kon word. Wat selfs interessanter is, is dat die daling groter was by mans as by vroue. (Dalk is dit om een of ander rede vir vroue makliker om goed te funksioneer wanneer hulle aandag afgelei kan word.)

Toe Warren Buffet en Bill Gates se mening gevra is – fokus https://www.linkedin.com/pulse/20140707144749-8353952-the-one-word-answer-to-why-bill-gates-and-warren-buffett-have-been-so-successful/

DIE ‘ONE THING’-BEGINSEL

Hier volg ʼn uittreksel uit The Power of Habit: Why We Do What We Do in Life and Business.
On a blustery October day in 1987, a herd of prominent Wall Street investors and stock analysts gathered in the ballroom of a posh Manhattan hotel. They were there to meet the new CEO of the Aluminum Company of America — or Alcoa, as it was known — a corporation that, for nearly a century, had manufactured everything from the foil that wraps Hershey’s Kisses and the metal in Coca Cola cans to the bolts that hold satellites together. A few minutes before noon, the new chief executive, Paul O’Neill, took the stage. He looked dignified, solid, confident. Like a chief executive. Then he opened his mouth. “I want to talk to you about worker safety,” he said. “Every year, numerous Alcoa workers are injured so badly that they miss a day of work. I intend to make Alcoa the safest company in America. I intend to go for zero injuries.”

OM WATTER REDE/DOEL HET JESUS AARDE TOE GEKOM?

Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê (Joh 18:37).
Ek bedoel dít: Christus het gekom om in belang van die Jode ʼn dienaar te word; Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak (Rom 15:8-9).
En wat moet Ek sê? Moet Ek sê: Vader, red My uit hierdie uur? Maar juis hiervoor het Ek gekom, vir hierdie uur. Vader, verheerlik u Naam! (Joh 12:27).
Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen (Joh 17:4).
Maar Hy antwoord hulle: “Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom” (Mark 1:38).
Toe sê Jesus: “Ek het na hierdie wêreld toe gekom met die oog op ‘n beslissing, sodat dié wat nie sien nie, kan sien, en dié wat sien, kan blind word” (Joh 9:39). God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.
Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry (Matt 5:17).
Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is (Luke 19:10).
Dit is ʼn betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste (1 Tim 1:15).
God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word (Joh 3:16-17).
Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense (Mark 10:45).
Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed (Joh 10:10).
En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak (1 Joh 3:8).
Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry (Heb 2:14).

VIND JOU “WAAROM?

”Mark Zuckerburg se toespraak by Harvard se 2017-gradeplegtigheid het gefokus op doelwitte https://youtu.be/QM8l623AouM. Hoe kan ons die wêreld ʼn beter plek maak? Hoe kan ons ʼn band vorm met die wêreld? Omdat baie millennials nie weet wat hul doel in die lewe is nie, word hulle maklik deur groepe soos ISIS verblind. Die bymekaarmaak van geld en besittings gee jou nie ʼn doelwit in die lewe nie.
Micheal Jr sê dit was ʼn keerpunt in sy lewe toe hy nie langer mense probeer soek het om lief te hê nie, maar hulle eerder ʼn geleentheid gegee het om lief te hê. https://www.youtube.com/watch?v=wqbLOIzEZs4
ʼn Ryk jong man kom na Jesus (Luk 18:18-30; Matt 19:16-30; Mark 10:17-31)
Let op die fokus van die storie: “Jesus het hom liefgehad.” Jesus wou die beste vir die man gee; hom nie te na kom nie. Die jongman het gevra na die ewige lewe, want hy was op soek na ʼn doel. Jesus wou hom ʼn ewige doel gee. Dinge versamel en geldmaak is ʼn tydelike doel. Jesus se opdrag aan hierdie man, om alles te verkoop, was om vir hom die Ewige Lewe se doelgerigtheid te gee. Wanneer ons ons lewe weggee, sal ons ons doel in die lewe vind.
As hy gekies het om die aanbod van Jesus te volg, sou hy weer geld maak want dit is in ons, maar nou om siele te wen. Sending gee ons ʼn doel en maak ons ryk by God. Paulus was ʼn sendeling: ʼn apostel na die heidene.
Boet Pretorius getuig dat, voordat hy sy plaas verloor het, hy die eienaar van ʼn 3 000 ha plaas was, maar nou boer op hy 30 000 ha deur mense op te lei. Hy het sy doel in God se missie vir hom gevind. Apostel André Pelser het tot dusver al eenhonderd en twintig nasies besoek in gehoorsaamheid aan ʼn profetiese woord en oproep wat hy as 13-jarige seun van tannie Raper ontvang het: “God sal jou gebruik in ander lande.”
Die kameel is die grootste dier in Israel en om deur die klein oog van ʼn naald te gaan is onmoontlik. Net so is dit onmoontlik vir rykes om die Koninkryk binne te gaan. Die kwessie is nie geld as sulks nie, maar omdat hulle vertroue in geld geplaas word (Mark 10:24).

FOKUS EN GEHOORSAAMHEID KOS ʼn PRYS

Om Christus te volg gaan jou alles kos. Jy moet soos ʼn goeie soldaat lyding verduur (2 Tim 2:3; 2 Tim 3:12). Ons sal vriende en familie verloor wanneer ons kies om Jesus te volg. Maar sien die rykdom van die nuwe familie en vriende wat jy in Jesus ontvang! Sien die genialiteit in die liggaam van Christus!
Om Jesus te volg kos jou alles. Jy moet soos ʼn goeie soldaat lyding verduur (Ef 1:17-21). Sy Koninkryk is die pêrel, die groot prys. Maar ons moet alles verkoop om dit in besit te neem (Matt 13:45-46).
Om alles te verkoop en om te belê in die kerk (Hand 2:45; 4:34). (Niemand was behoeftig nie.)
Ons roeping is om ons lewe vir die Here te gee. Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie (2 Pet 1:10).
Ons roeping is Jesus – Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is (Rom 8:29).
Ons is nou ʼn slaaf van geregtigheid (Rom 6:15-20).

JESUS AS DIE GESTUURDE

Sending: God is ʼn God van beweging, van sending. Of, soos daar graag deesdae gesê word: “Twee-derdes van die woord God is ‘GO’.” Almal is hier op opdrag. Almal is op ʼn missie. Almal is ʼn sendeling. Elke Christen het ʼn mandaat om te vervul. Die eerste woord van die “Groot Kommissie” is “Gaan”. Die Bybel gee ons net minder as 200 keer die opdrag: “Gaan!” Nie een maal sê die Bybel vir ons “kruip weg” nie. En dit sê net 13 keer dat ons moet “bly”. Die “bly”-opdrag beteken dat ons naby Jesus moet bly. En ons moet net “bly” terwyl ons op instruksies van Jesus te wag sodat ons die beste kan “gaan”.
“The only true voyage of discovery, the only fountain of Eternal Youth, would be not to visit strange lands but to possess other eyes.” — Marcel Proust
Dit is een rede waarom die Evangelies vol reis-metafore is. Len Hjalmarson brei op briljante wyse uit op die verskil tussen ʼn tempel-geestelikheid en ʼn tabernakel-geestelikheid. Die eerste een is priester-gesentreerd en die tweede is pad-gesentreerd.
Jesus is deur die Vader gestuur (Luk 7:3).
Om ʼn gestuurde te wees impliseer dat jy namens iemand praat en optree. Jy is nie meer deel van “ons” nie.
Soos Jesus gestuur is, stuur Hy ons ook: soos skape tussen die wolwe in (Joh 20:21).
Ons moet ook bid dat die Here arbeiders sal stuur (Matt 10:2).
Gestuurde, afgevaardigde, roeping, verteenwoordiger.
Om ʼn gestuurde te wees gee jou ʼn sekere mandaat en gesag om namens die een wat jou gestuur het op te tree (Joh 13:20).
Laat u koninkryk kom staan in teenstelling met elke keer wat Jesus verklaar het: Die Koninkryk HET naby gekom (Matt 4:12). Jesus leer ook Sy dissipels om, wanneer hulle in ʼn plek kom, te verklaar: Vir julle is die koninkryk van God baie naby (Matt 10:9), selfs as die mense die boodskapper nie ontvang nie. Maar dit moet julle weet: die koninkryk van God is baie naby (Luk 10:11). Ons bid soms te lank dat die Koninkryk nog moet kom terwyl, as Jesus in die plek is, het die Koninkryk gekom.
Ons wil die heeltyd Jesus aantrek, bysit, byvoeg, soos Hy probeer wees, geestelik wees, probeer Christen wees. Toe jy tot bekering gekom het, het Jesus deur Sy Heilige Gees in jou kom woon en jou ʼn nuwe skepsel gemaak. Hy is dus alreeds in jou! Jesus sê vir Sy dissipels: Gee julle vir hulle iets om te eet (Mark 6:37); Maak die mense gesond (Matt 10:9); maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet (Matt 10:8). Die Koninkryk is in ons (Luk 17:21).
Die Here woon tussen die lofprysing van Sy kinders. Met Hom as ons Vader spreek een geloof, doop en hoop van Sy Koninkryk in ons midde (Kol 1:27; Ef 4:1-9).
Daarom die opdrag om nie voorsiening te maak of saam te neem nie (Luk 10:9). God sal voorsien, Hy sal sorg, Hy sal ons beveilig. Dis ʼn wonderlike voorreg om in diens van God, Sy ambassadeur, te wees. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou (2 Kor 5:18).
Die boodskap gaan nie maklik ontvang word nie. Daar wag vervolging (Matt 10:16-18). Want as hulle dit met die Seun van God kan doen, dan sal ons nie vrykom nie (Matt 10:24-25). Ons kan nie die boodskap aanpas en afwater om vervolging vry te spring nie. Ons verteenwoordig egter nie onsself nie, maar ʼn lewende God wat eersdaags almal gaan oordeel volgens hulle werke.
Alles wat bedek is, sal openbaar gemaak word. Een van die vyand se belangrikste tegnieke van vervolging is om ons in diskrediet te bring (Matt 10:26-27). Maar God sal uiteindelik die rekords regstel – ons hoef nie onsself te verdedig nie.
Die vyand kan nie ons siel doodmaak nie. Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan (Matt 10:28). Elke haar op ons hoof is getel, en dus weet die Here van elke detail van ons lewe (Matt 10:30).
As gestuurdes leef ons nie meer vir onsself nie, maar vir Hom wat ons gestuur het (Matt 10:38-39).
Ons as gestuurdes word die deur, ingang, “entry point” vir mense om God te kan ontvang (Matt 10:40-41).

Want to follow Jesus? Leave the church. Get out of the church. Leave. I mean it. Right now. Get out of here. Scram. Now. Out of here. Did you hear me? … Leave this church. Now! Jesus says, “Go Do Me.” Go be Jesus.

Boeke om te lees:
Essentialism: The Disciplined Pursuit of Less by Greg McKeown
The power of Habit by George Duhigg