Categories
Jesus die beste lewe

Die blymoedige spelerigheid van Jesus

The Christian owes it to the world to be supernaturally joyful.

Spelerigheid: lewenslustigheid/opgeruimdheid/opgewektheid/gesonde humorsin. (playfulness)

Diegene wat hulle godsdienstige metodes en reëls vertrou, maak van Christenskap ʼn ernstige saak! God is heilig en dus ernstig! Die redding van siele van die ewige verderf is verseker ʼn lewensbelangrike en ernstige saak, maar die manier waarop mense bereik word, is nie ʼn kwaai, vinger-in-die-lug, oordeelpreek en -waarskuwing nie.

Dis ʼn boodskap van goeie nuus: Die woord “evangelie” kom van die Anglo-Saksiese woord “godspell”, wat “goeie nuus” beteken. Die oorspronklike woord kom van die Griekse euangelion, wat ook “goeie nuus” beteken.

Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!” (Jes 52:7).

Aangesien Jesus nie gesondig het nie en dus heilig was, word Hy in die meeste films as ernstig uitgebeeld. Die hoofrede, besmoontlik, waarom mense op die ernstige deel van die evangelie en die Bybel konsentreer, is omdat ons nie in die Bybel die gesigsuitdrukkings van Jesus kan sien nie. Daar is nie emotikons by nie. Sommige komediante gebruik omtrent net gesigsuitdrukkings om ʼn baie ernstige aanklag tot die hart te maak en mense lag daarvoor.

In kontras: Voeg ʼn paar baie ernstige en kwaai predikers in die pakkie by kerkbyeenkomste waar mens nie mag hoes, nies of lag nie en ons het ʼn baie ver-verwyderde Jesus wat bo-op die grond sweef en onaantasbaar raak. Dis egter geensins die waarheid nie. Kan jy jou ʼn bobaasstorieverteller voorstel wat nie humor gebruik nie?

Een van my gunstelingskrywers, John Eldredge, beskryf Jesus soos volg vanuit die perspektief van die natuur wat van Hom getuig in sy boek Beautiful Outlaw.

I was sitting out back yesterday morning sipping coffee, watching the young chipmunks chase one another at breakneck speeds across the deck. One clever daredevil, hoping to get the advantage, jumped up on the fence rail and continued the chase from above, leaping at the last moment upon his littermate like a Hollywood stuntman. This morning one of them adopted a new strategy. The little rascal found an ambush spot, clinging from the side of the house, where he waited for his playmate to wander by unawares; he then pounced, and the two somersaulted off the deck and into the grass, squealing. Only to dash off and do it again. And again. Now—what does this tell us about the personality of Jesus, who created these little dynamos with striped masks and boundless enthusiasm? What do they say about his heart? Polar-bear cubs will hurl themselves down snowy hillsides headfirst and upside down, just for fun. Spinner dolphins love to romp in the bow-wake of a boat, cavorting, leaping into the air and, well, spinning. Otters play tag. Our horses play tug-of-war with a stick—which is really quite funny when you think of how nobly a horse normally likes to carry himself.

Die Skepping is vol dinge wat mens laat lag! Spelerigheid: Kyk net in die natuur en op Youtube-video’s na die snaakse goed wat diere aanvang: Honde speel met mekaar, eekhorings speel wegkruipertjie en jaag mekaar, dolfyne speel in die golwe. As alles in en deur Christus gemaak is, dan is spelerigheid ʼn beduidende kenmerk van Christus (Joh 1:3, 10; Kol 1:16; Ef 3:9; Heb 1:2-3; 1 Kor 8:6; Rom 11:3).

Die mooiste aspek van ʼn gesonde verhouding is spelerigheid, humorsin, gemaklikheid en die vermoë om vir mekaar te lag. Lag en pret in enige verhouding is soos vars lug.

ʼn Tyd om te huil, ʼn tyd om te lag, tyd om te treur, ʼn tyd om van blydskap te dans (Pred 3:4).

’n Vrolike hart maak die aangesig bly (Spr 15:13).

Blydskap laat ʼn mens se gesig straal; smart maak ʼn mens terneergedruk (Spr 15:13).

Die blymoedige mens se hele lewe is ’n fees (Spr 15:15).

ʼn Vrolike mens is ʼn gesonde mens, ʼn neerslagtige mens raak uitgeput (Spr 17:22).

Die bekende KIPP-skole behaal sukses met kinders deur, onder andere, die kinders se lewensvreugde te ontwikkel. Gelukkige, tevrede kinders leer makliker. Hulle droom is om 100% van alle leerders te laat kwalifiseer vir nagraadse studies. https://www.youtube.com/watch?v=lAsSdyb6YMY&app=desktop

Wetenskaplikes het navorsing gedoen oor die uitwerking wat lag op mense het en het bevind dat lag, onder andere, ʼn beduidende en onmiddellike uitwerking het op bykans elke belangrike orgaan in die menslike liggaam. Lag verminder spanning wat gesondheid ondermyn terwyl dit die belangrikste organe se weefsel laat ontspan en dit laat oefen. Daar word beweer dat lag, selfs wanneer dit gedwonge is, geestelik en fisies ʼn voordelige uitwerking op ons het. Die volgende keer wat jy senuweeagtig en bangerig is, sorg dat jy lekker lag. —Executives’ Digest

BEKENDE PREDIKERS EN HERVORMERS GEBRUIK HUMOR:

Martin Luther het humor in sy werk en lewe gebruik om sy Bybelse getuienis te ondersteun, om die spot te dryf met mense in gesagsposisies en om die dood en die duiwel uit te koggel. In Christus word alles onderstebo gedraai. “Wanneer ons moet huil oor ons sonde, dan lag ons,” het Luther later in sy lewe gepreek. “Wanneer ons moet lag omdat ons ons in Christus verbly wat gesterf het sodat ons vir ewig kan lewe, dan huil ons.”

Van Spurgeon, die prins van predikers, is gesê: “… brightened by eyes overflowing with humour and softened by a most gracious and sympathetic smile” (Fullerton, C.H., Spurgeon: A Biography, p. 188).

“A light heart can bear heavy burdens” (The Salt Cellars 1:22).

George Mueller sou nie preek voordat sy hart gelukkig was in die genade van God nie.

Ian Ruybroeck sou nie skryf as hy terneergedruk was nie. Hy sou na ʼn stil plek gaan en op God wag totdat hy die gees van inspirasie kon voel.

Dit is algemeen bekend dat die spontaniteit van ʼn groep Morawiërs vir John Wesley oortuig het van die realiteit van hulle godsdiens, en dit het hom ʼn kort rukkie later tot ware bekering gebring.

“The Christian owes it to the world to be supernaturally joyful.” —A. W. Tozer

G.K. Chesterton het gesê dat vreugde die reusegeheim van die Christen is. Volgens hom is humor deel van ʼnhart vol blydskap.

C.S. Lewis het gesê die suiwerste gelag op aarde woon in die koninkryk van vreugde.

HUMOR IS N TEKEN VAN EFFEKTIEWE KOMMUNIKASIE

Die bekendste sprekers gebruik humor nie net om mense te ontwapen teenoor hulle boodskap nie, maar ook sodat mense die boodskap sal onthou. Dis ons emosies wat ons laat onthou.

Soos ʼn beroepskomediant het Jesus verskeie erkende metodes gebruik om mense te laat lag.

Prentjie-assosiasies:

“Vissers van mense” (Matt 4:19).

Jesus kon net wegkom met “witgepleisterde grafte” (Matt 23:27) deur humoristiese prentjies te gebruik, net soos komediante met bekende politieke figure die spot dryf.

Verder gebruik komediante briljante, slim invalshoekeom weg te kom met ernstige, gewigtige uitlatings:

Die beeld op die muntstuk bepaal aan wie dit behoort (Matt 22:17-21).

Komediante gebruik gewoonlik die humor in ʼn gegewe situasie, of sien iets snaaks in ʼn gebeurtenis om ons te laat lag. (Dink aan Trevor Noah, Michael McIntyre of die bekende Christen-komediant, Michael Jnr.)

Blinde leiers: Julle sal ’n muggie uit julle drinkwater uithaal maar ’n kameel heel insluk (Matt 23:24).

Die drie verskonings van die mense wat nie na die bruilof wou kom nie, sou sy gehoor laat lag het omdat, alhoewel dit wettige verskonings was, dit eintlik belaglike verskonings was. ʼn Ander een sê: “Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my asseblief.” Nog ʼn ander een sê: “Ek is pas getroud, daarom kan ek nie kom nie” (Luk 14:16-23).

Komediante gebruik ook literêre woordspeling:

Die woord vir muggie en kameel in Arameers klink amper dieselfde: “galma” vir muggie en “gamla” vir kameel.

Die opbou van ʼn storie, en dan die skielike verandering van rigting, laat ons kop-skud en lag.

Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: “Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.” Maar God het vir hom gesê: “Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?” (Luk 12:18-20).

Snaakse byname en karakterisering:

Die stelling dat die wisselvallige, hoogs emosionele Petrus ʼn rots genoem word, is nie net snaaks nie maar terselfdertyd ʼn oproep na die rots in almal van ons (Matt 16:16-18).

Jesus gee vir Jakobus en Johannes ʼn bynaam: Vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê, “manne van die donder” (Mark 3:17). Dit was liefdevolle, positiewe beeldspraak met ʼn bietjie humor.

Toe Nataniël opmerk: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?”, is Jesus se opmerking: “Hier is ʼn ware Israeliet, ʼn man in wie daar geen bedrog is nie.” Jesus sien sy sarkasme as teken van sy opregtheid (Joh 1:44-51).

Hierdie liefdevolle skakeling met Sy dissipels spreek van Sy toeganklikheid, wat net moontlik is as iemand innemend, liefdevol, sag en vol lewensvreugde is. Uitsprake wat hard, wetties en “altyd reg” is, stoot mense af en stoot hulle weg. Die baie menslike storie van Jesus se laaste verskyning aan Sy dissipels op die strand illustreer pragtig Sy gemaklike menslike manier: “Hoe lyk dit, manne,” roep Hy, “het julle iets gevang?” “Niks!” roep hulle terug (Joh 21:5). Hulle was naby genoeg, minder as 100 meter van die wal af, toe Jesus met ʼn glinster in Sy oog vra: “Hoe lyk dit manne, het julle iets gevang?” Hy kon sien hulle het niks gevang nie. Petrus se eerste reaksie is om uit die boot te spring, om Jesus tegemoet te gaan nog voor die boot by die wal was. Maar hy moes eintlik skaam voel oor die feit dat hy Jesus verloën het. Dit nadat hy voor almal plegtig belowe het: Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood in te gaan (Luk 22:33). Jesus herstel Petrus met die bekende drie vrae: “Het jy my regtig lief?” Weereens sien mens Jesus se gesig met ʼn glimlag, vriendelik. Hy het nie aanstoot geneem nie.

Sien die humor en waarheid in alledaagse gebeure:

Die blinde leiers lei die blindes is nog ʼn ironiese waarheidsbeeld. As een blinde mens ’n ander blinde lei, sal hulle albei in die sloot val (Matt 15:14).

Hulle is soos kinders wat op die markplein speel en die een groep sê dan vir die ander: “Ons het vir julle ’n vrolike wysie gespeel maar julle wou nie dans nie. Toe het ons vir julle ’n begrafnislied gesing maar julle wou ook nie treur nie!” (Matt 11:16-17). Wie het nie al probeer om kinders wat verveeld is te probeer vermaak nie! Jesus tref elke hart in die kol met die vergelyking.

Is daar ʼn pa onder julle wat as sy seun vir hom ʼn vis vra, vir hom ʼn slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy ʼn eier vra, vir hom ʼn skerpioen sal gee?(Luk 11:11-12). Jesus gebruik so ʼn bietjie skoktegniek om die beeld vas te lê. Wie sal so iets doen? Dis ondenkbaar!

Parabool of oordrewe absurde vergelykings:

Hoorders wat gereeld met materiaal en leer gewerk het, sou glimlag, kopskud en in hulleself sê: “Wie is nou so dom? Niemand doen dit nie.  Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want dan skeur die nuwe lap nog ʼn stuk van die oue uit, en die gat word net groter. Niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore. Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi (Mark 2:19-25). Dis die geheim van goeie sprekers: Deur ʼn bekende assosiasie, vorm hulle ʼn band met die gehoor.

Hierdie prentjie sou lank in mense se gedagtes bly vassteek: Dit is makliker vir ʼn kameel om deur die oog van ʼn naald te kom as vir ʼn ryke om in die koninkryk van God te kom (Mark 10:25). Dis ‘n ekstreme parabool. Die grootste rydier, deur die kleinste mensgemaakte opening. Onmoontlik!

Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap(Matt 7:6). Probeer hierdie prentjie fisies opvoer of verfilm – dis die hoogste vorm van domheid, dwaasheid, gekheid. Weereens ʼn skreeusnaakse, oordrewe uitspeel van die dwaasheid van mense se dade.

ʼn Lamp kom mos nie onder ʼn emmer of onder ʼn bed nie? (Matt 5:15). Probeer dit fisies doen. Plaas ʼn flits onder ʼn emmer of onder die bed. Dis malligheid, die lig skyn deur!

Die beste voorbeeld van ʼn parabool is: Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? (Matt 7:3). Vorm gou hierdie prentjie in jou gedagtes: Iemand probeer met ʼn fyn klein knyptangetjie die splinter in iemand se oog uithaal, terwyl ʼn enorme houtbalk deur sy eie oog steek.

Jesus se voorbeeld dat mens nie jou huis op die strand bou nie, sou ook snaaks gewees het in daardie tyd. Selfs die armste persoon weet dit! (Matt 7:24-27). Jesus sinspeel weer op die mense se dwase hardkoppigheid om nie goeie rede te volg nie.

Jesus se fyn skerpsinnigheid is ook opmerklik:

Toe hulle Jesus in ʼn strik wou vang oor belasting: “Wie se kop en naam is hierop?” “Die keiser s’n,” antwoord hulle Hom. Jesus sê toe vir hulle: “Gee aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort”  (Mark 12:14-17).

Jesus se opmerking teenoor die Griekse vrou wat van Siro-Fenisië afkomstig was, moet mens ook lees met ʼn gemoedelike glimlag op Jesus se gesig eerder as ʼn negatiewe, godsdienstige afjak soos wat jy van die Fariseers sou verwag. Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie (Mark 7:25-26). Haar gemoedelike reaksie dui op die menslike konneksie wat hier tussen vreemdelinge gemaak word:Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet. Jesus prys haar voorbarigheid met: O Vrou, groot is jou geloof! (Matt 15:28).

JESUS IS EGTER NIE LIGSINNIG NIE

Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle(Ef 5:4). Die verskil is, iemand wat ligsinnig is, het geen karakterdiepte nie en probeer dit wegsteek deur ʼn vorm van fokus-misplasing. Soos kulkunstenaars wat jou aandag aflei sodat hulle die toertjie met die ander hand kan uitvoer. Jesus is eerlik, opreg en sonder voorgee. Hy sê dinge soos dit is: Maar Hy sê vir hulle: Gaan sê vir daardie jakkals: “Kyk, vandag en môre dryf Ek nog bose geeste uit en maak Ek mense gesond, maar op die derde dag sal Ek my werk klaar maak.” In elk geval moet Ek vandag en môre en oormôre die reis voortsit, want dit is ondenkbaar dat ʼn profeet op ʼn ander plek as Jerusalem omkom (Luk 13:32-33). Dis weereens ʼn briljante, maar die keer negatiewe, karakterisering van Herodes. Jakkals in hierdie geval dui op Herodes se slinksheid en onreinheid. Jesus verklaar dat Hy in beheer is en dat net Hy Sy eie einde sal bepaal.

WAT VREUGDE EN VROLIKHEID NIE IS NIE.

Dit is nie sarkasme nie; ek lag vir jou.

Dit is nie ligsinnig nie; maak nie heilige dinge goedkoop nie.

Dit is nie ontkenning nie. Ontkenning is ʼn vorm van arrogante geloof. Jy het nie ʼn sekere Woord van God nie, maar wens maar net dat die probleem vanself sal verdwyn. Nou maak mens grappies en takel nie die kern van ʼn probleem nie.

DIE KRAG VAN ‘N BLYMOEDIGE HART

Die Here wil nie hê ons moet Hom dien soos slawe wat sonder vreugde is nie. Omdat jy nie die Here jou God met vreugde en entoesiasme gedien het vir die oorvloed van seën wat julle ontvang het nie, sal julle julle vyande dien wat die Herejou God teen jou sal stuur (Deut 28:47). Daarom was daar sewe feeste op die Joodse kalender. God wil hê ons moet kan feesvier! (Esra 6:22).

Jesus was so ʼn vrolike, blymoedige mens (Luk 10:21). “Rejoiced in spirit” (agalliō) – to leap. Om te juig, van vreugde te spring, jou vreugde te wys deur te huppel en te spring, wys uitbundige of ekstatiese vreugde en genot.

Hy het die krag van vreugde in die Gees verstaan en dit het Hom die krag te gee om Sy lyding te deurstaan (Heb 12:2). Hy het geleef vanuit ʼn intieme verhouding met die Vader, wetende dat die Vader Sy gebede beantwoord (Joh 11:41-42). Hy het guns ontvang van die Vader (Matt 3:17). Die Vader het Hom verheerlik (Joh 8:54). Sy verhouding met die Vader, en gehoorsaamheid aan die Vader, was die bron van Sy vreugde. The joy of the Lord is your strength(Neh 8:10). Let op die klem in hierdie vers. Sy vreugde gee ons krag. Soos ʼn man krag kry wanneer sy vrou gelukkig is, kry ons krag wanneer ons weet ons lewe behaag die Here.

Alhoewel Jesus ʼn man was wat lyding en pyn geken het, het Hy nogtans met vreugde gelewe. Sondaars is na Hom toe aangetrek en onthou, hulle is nie juis daarvoor bekend dat hulle die ernstige, gewyde, hoogheilige mense opsoek nie! Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en Sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg he t(Mark 2:15).

ʼn Pragtige voorbeeld van die krag van ʼn positiewe uitkyk op die lewe en die krag van blydskap kry ons in die film, Life is beautiful. Rick Lawrence verduidelik dit pragtig in sy boek, Shrewd.

Pyn is ʼn roofdier en ons almal het al sy byt ervaar — sommige is lewend hierdeur opgeëet. Maar lag wys die vuis vir ʼn korrupte wêreld en verklaar: “Dit kan my nie vernietig nie!” Dit is die boodskap wat aan die einde van die 1997 Oscar-wenner, Life Is Beautiful, verkondig word. In die film gebruik ʼn Joods-Italiaanse man, Guido (gespeel deur skrywer/regisseur/akteur Roberto Benigni), lag om sy vierjarige seun te help om in ʼn Nazi-konsentrasiekamp te oorleef. Hy oortuig sy seun dat die kamp net ʼn oordrewe speletjie is en dat die seun ʼn regte tenk sal wen as hy die eerste kind is wat ʼn duisend punte bymekaar kan maak. Guido verduidelik dat hy punte sal verloor as hy huil, kla oor sy ma wat weg is, of as hy kos bedel. Ten spyte van sy haglike en afgryslike omstandighede glo die seun sy pa se weergawe van die werklikheid — die moordfabriek word sy speelterrein. Aan die einde, wanneer die Amerikaanse bevryders die kamp nader, word Guido gevang wanneer hy probeer om sy vrou te vind, en die Nazi-wagte lei hom weg om geskiet te word. Hy sien sy seun hou hulle dop terwyl hy weggelei word, so hy na-aap en maak grappe agter die wag se rug tot groot vermaak van sy seun. Die pa word doodgemaak, maar die seun en sy ma oorleef. Later, toe hy groot genoeg is om te verstaan wat gebeur het, besef hy dat sy pa se fyn humorsin sy lewe gered het.

HOE ONTVANG EN LEEF JY IN HIERDIE BLYMOEDIGHEID?

  • Ons verbondenheid met Christus, die Vader en die Heilige Gees – (Joh 15:11-12). Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.Ons verbondenheid met Jesus gee ons ewige vreugde. Soos ʼn wingerdtak in die boom ingeënt is en sy lewe van die boom ontvang, so leef ons in Christus. Maar ons kan nie in die boom ingeënt wees sonder dat ons outomaties ook in mekaar ingeënt is nie. Vergelyk Kolossense 1:27 in die Ou Vertaling en die Nuwe Vertaling: Christus IN en ONDER ons.
  • Ons verbondenheid met mekaar in Sy liggaam – Todd Adkins sê op sy Twitter-blad: “Geen mens kan Jesus alleen volg nie.” Ware apostoliese leiers soos Johannes se teenwoordigheid het sy vriende en medegelowiges se harte met vreugde gevul (2 Joh 1:12). In Johannes se eerste brief weerklank hy Jesus se gebed in Johannes 17:21: Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met Sy Seun, Jesus Christus.Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees (1 Joh 1:3-4). John Piper volg dieselfde gedagtegang wanneer hy verduidelik dat dissipels-maak eintlik ʼn korporatiewe en groepsgebeurtenis is, want jy word deel van die “Jesus”-groep.
  • Sy tasbare teenwoordigheid en heerlikheid – Deur ons verhouding en intimiteit met die Vader behou ons die vreugde. Hy is vreugde! Sy teenwoordigheid is loutere vreugde en ekstase! Ekstase = ecstasy, rapture. Shekhinah, “that which dwells”; die glans, heerlikheid of teenwoordigheid van God wat tussen Sy mense woon word deur die Targoemis en rabbi gebruik om God Self te openbaar omdat wettiese Judaïsme nie daarvan hou om vorm of emosie aan goddelikheid toe te skryf nie. Dit verwys na kere wat God Homself sigbaar geopenbaar het, soos byvoorbeeld op die berg Sinai (Eks 24:9-18) en in die Allerheiligste van die tabernakel en Salomo se tempel. Hierdie term kom nie in die Bybel voor nie. Dit is later deur Jode gebruik en Christene het dit by hulle geleen om uitdrukking te gee aan die sigbare majesteit van die goddelike Teenwoordigheid, veral wanneer Hy gerus of stilgestaan het tussen die gerubs op die versoendeksel in die tabernakel en Salomo se tempel. Die Shekinahis die naaste Joodse ekwivalent vir die Heilige Gees. Vroeë Christelike ekstase: Die vroeë kerk het ʼn element van ekstatiese profesie gehad. Johannes beskryf sy ekstatiese ervaring as volg: Ek was in die Gees op die dag van die Here …(Op 1:10). Hierdie voorval en ook ander wat hy beskryf, behels ʼn buite-liggaamlike ervaring waartydens Johannes gesigte van die hemelse realm gesien het, en opdragte en openbarings van God en/of die verheerlikte Christus ontvang het. Petrus (Hand 11:5) en Paulus (2 Kor 12:1-7) het soortgelyke ekstatiese ervarings gehad.
  • Efesiërs 5:18: Nie dronk van wyn nie, maar dronk van/gevul met die Heilige Gees. Vol blydskap, vervul met die Heilige Gees (Hand 13:52; vergelyk Hand 2:2 – die uitstorting van die Heilige Gees).
  • Eugene Peterson sê die Hebreeuse stam van die woord vir “prosperity” (voorspoed) moet eerder met “leisure” (ontspanning) vertaal word —“ die ontspanne houding van iemand wat weet alles is reg omdat God oor ons is, by ons is en vir ons is in Jesus Christus.” As bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd; as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles (2 Kor 6:10).
  • Vrug van Sy karakter permanent in ons – Blydskap is deel van die vrug van die Gees. En die vrug is enkelvoud. Die primêre vrug is liefde! Die ander agt vrugte is almal ʼn uitvloeisel van liefde. Vergelyk met 1 Korintiërs 13:3-4: Liefde is geduldig, vriendelik, ensovoorts. Blydskap, vreugde, vrolikheid is ʼn inherente eienskap van liefde. Daar is hoofsaaklik twee primêre emosies wat ons as mens beleef – óf liefde óf vrees. Woede/wraak/haat is die hoogste emosie van vrees. Euforiese, sprankelende, huppelende vreugde is die hoogste emosie van liefde! Om met God versoen te wees, en met Hom reg te wees, bring vrede en vreugde in die Heilige Gees (Rom 8:17).

BLYDSKAP-ROWERS:

Hierdie eenwording met Hom en met mekaar is net moontlik as ʼn mens se hart heeltemal vry is van “offense” (gebelgdheid). Ons Afrikaners sukkel maar met dié woord. Die woordeboek vertaal “offense” as volg: aanstoot neem, gebelgd, gekrenk, beledig voel, gesteurdheid, afgehaal, gekwets, geraaktheid. Lukas 17:1-5 leer ons die stappe wat ons moet volg as iemand ons te na kom. Hoe meer jy hierdie stappe volg, hoe sterker word jy en hoe minder voel jy te na gekom.

BLYDSKAP EN VROLIKHEID IS N WAPEN IN ONS GEESTELIKE ARSENAAL

  • Vreugde gee ons krag tydens verdrukking. In al ons sorge is ons vol moed en oorstelp van blydskap (2 Kor 7:4).
  • Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom 15:13-14). Vreugde versterk jou geloof. Hoop en vreugde is vennote. Vreugde is die bewaarder en draer van hoop. Vreugdevolle afwagting van hoop. Vreugde hou jou binne die atmosfeer van geloof, hoop en die bonatuurlike!
  • Vreugde maak ons beter getuies van Sy lewe. Jesus se vertelling van gelykenisse en slim humor het Sy luisteraars ontwapen om met ʼn vars oor en oop hart te luister. ʼn Lewendige, opgewekte en opgeruimde onderwyser sal nie sukkel om sy of haar kinders se aandag te kry nie.
  • Innerlike vreugde en vrolikheid is ʼn teenmiddel teen verslawing. Iemand wat innerlike vreugde beleef, gaan nie probeer om dit chemies aan te vul of te kry nie. Jy is vol!

FEESVIERING IN CHRISTUS JESUS

Wie hou nie van ʼnfees nie? Feestafels, propvol heerlike lekkernye. Musiek en dans! Lag en gesels! Die aanskoue van die mooiste sonsondergang saam met jou hartsvriende, ʼnheilige fees! Die bekende Noord-Ierse Rend Collective-lofprysingsgroep het ʼntrefferalbum geskep in die kuns van feesviering:  https://www.youtube.com/watch?v=VamJCsYMFBgDit was nommer een in die genre, Christelike album,  en handel oor die verlore kuns om in die moeilikste omstandighede nog steeds te kan feesvier.

Jesus se boodskap is ʼnuitnodiging na ʼnfees! Om die waarheid te sê, Hy is die opsomming en samevatting van al die Ou-Testamentiese feeste. Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus (Kol 2:16-17).

Jesus nooi almal na die fees! Nee, as jy ʼnfeesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het (Luk 14:13). Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word (Luk 14:23).

Jesus was lief om na feesgeleenthede te gaan selfs voor Sy bediening begin het. Die bruilof in Kana (Joh 2). En Levi het ’n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was ’n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was(Luk 5:29).

Die eerste kerk was bekend vir hulle Agape-Liefdes-maaltye. En natuurlik ook die misbruike (Judas 1:12; 1 Kor 11:17-31) wanneer mense net aan hulleself dink en nie die nood van mense rondom hulle herken nie.

Jesus het natuurlik ook twee spontane feesgeleenthede geskep deur die brood te vermeerder –die 5 000 (Matt 14:16) en die 4 000 (Matt 15:27).

Ons hemelse herontmoeting gaan ʼnwonderlike fees wees (Heb 12:22; 2 Pet 1:11; Op 3:20; 19:17).

Die samekomste van gelowiges behoort feestelik te wees. Heilige feestye van verfrissing in die Heilige Gees … en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom (Hand 3:19). Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here (Ef 5:18-19).

Net ʼn lewe op reis saam met Jesus kan hierdie feestelikheid bewerkstellig!

Jesus is ʼn fees!

 

 

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus Christus en Sy koninkryk

We subdue by submitting.  We win by losing.  We are made grand by making ourselves little.  We come in first by becoming last.  We are honored by being humble.  We fill up with God by emptying out ourselves.  We become wise by being fools.  We possess all things by having nothing.  We wax strong by being weak.  We find life by losing ourselves in others.  We live by dying.

Leonard Sweet

JESUS DIE KONING VAN ‘N ONWANKELBARE, EWIGE KONINKRYK

Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied. U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote” (Heb 1:8-14).

U koningskap is ʼn koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen (Psalm 145:13).

Die Here regeer vir altyd. Sion, jou God regeer van geslag tot geslag. Prys die Here! (Psalm 146:10).

In die tyd van daardie konings sal die God van die hemel ʼn koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie. Hierdie koninkryk sal nie deur ʼn ander vervang word nie. Dit sal die ander koninkryk plat trap en vernietig, maar self sal dit vir altyd bestaan (Dan 2:44).

“Nog een maal sal Ek nie alleen die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die woorde “nog een maal” laat duidelik blyk dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem sal word, sodat die onwankelbare dinge kan bly. Laat ons wat ʼn onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is ʼn verterende vuur (Heb 12:26-29).

DIE BOODSKAP VAN DIE KONINKRYK WAS DIE HOOFTEMA VAN JESUS EN DIE APOSTELS SE PREDIKING:

Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie” (Mark 1:14).

Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook aan die ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur”(Luk 4:43).

In die tyd wat nou gevolg het, het Jesus die land deurkruis van die een stad en dorp na die ander. Oral het Hy gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig(Luk 8:1).

Hy het hulle verwelkom en met hulle gepraat oor die koninkryk van God, en dié wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak(Luk 9:11).

Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God(Luk 9:60).

Maar toe Filippus die evangelie van die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus aan hulle verkondig het, het hulle gelowig geword, en mans sowel as vrouens is gedoop (Hand 8:12).

Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig(Hand 19:8).

‘N AGTERSTEVOOR ONDERSTEBO REGERING EN BEDRYFSTELSEL

Die swakkes is volwaardige burgers

Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak, die siekes ʼn sterk nasie. Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers, nou en vir altyd (Miga 4:7);

Ek sê vir julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter as Johannes is nie, en tog is die geringste in die koninkryk van God groter as hy (Luk 7:28).

Volwassenheid is om soos ʼn kind te word.

In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het ’n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so ’n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My” (Matt 18:1-35; 5:13; 10:40, 42; Mark 9:33-50; 10:15; Luk 9:46-50; 14:34-35; 15:4-7; 17:1-4; 18:17).

As jy wil lewe, moet jy sterwe.

As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry (Matt 16:24).

Ons veg harder deur harder te rus.

As ons leer om meer te rus, sal ons meer voorsiening, meer oorwinning, meer openbaring en meer genesing in ons lewens sien! (Matt 11:28)

Ons kry meer deur meer te gee.

Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes (2 Kor 9:6-10; Gal 6:5-6).

Ons weerstaan die bose deur die teenoorgestelde gees.

Ware kinders van God leef volgens ʼn goddelike koninkryksbedryfstelsel. Omdat ons uit God gebore is, doen ons dinge anders as die kinders van die wêreld. Ons doen dinge in die teenoorgestelde gees, want óf ons het óf ons is besig om aan self te sterf. Ons het ons vyande lief, ons seën dié wat ons vloek, en ons bid vir dié wat ons misbruik.

Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie (Rom 12:21).

Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere (Matt 5:39-40).

As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie (Luk 6:29-30).

Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; word ons belaster, ons troos (1 Kor 4:12-13).

ʼn Sagte antwoord keer die grimmigheid af.

’n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom (Spr 15:1).

God se koninkryk is nie ’n bestemming … dis ’n lewenstyl

The kingdom of God is in your midst. For behold, the kingdom of God is within you [in your hearts] and among you [surrounding you]. Because God’s kingdom is already among you. Leo Tolstoy was reeds bejaard toe hy ʼn boek met die titel, The Kingdom of God is Within You, geskryf het.

God se koninkryk is in ons (1 Kor 6:19-20),

maar Hy is ook ons hoop op heerlikheid (Kol 1:27).

God se koninkryk is nie geboue en katedrale nie: 

’n Gebou (Jes 66:2-3) – dis die toestand van jou hart. Die gelykenis van die saaier (Mark 5).

WAT IS DIE KONINKRYK?

Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees (Romeine 14:17). Met ander woorde, die koninkryk is om reg te wees met God. Hierdie regte posisie is Sy genade-geskenk aan ons. Sy geregtigheid verander ons vertrekpunt. Ons begin altyd in Hom. Ons begin deur te ontvang!

VOORWAARDES OM DIE KONINKRYK TE ONTVANG:

Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel(Matt 5:3).

Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?(Jak 2:5).

Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God(Luk 6:20).

Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel(Matt 5:10).

Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie(Matt 5:19-20).

The kingdom does not come with observation(Luk 17:20).

Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie (Matt 18:3).

Dit verseker Ek julle: ʼn Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom. Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir ʼn kameel om deur die oog van ʼn naald te kom as vir ʼn ryke om in die koninkryk van God te kom (Matt 19:23).

Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ʼn vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek (Matt 25:34-35).

“Pragtig, Meneer!” sê die skrifgeleerde vir Hom. “Dit is waar wat u gesê het: ‘Die Here is die enigste God,’ en ‘daar is geen ander God as Hy nie.’ En ‘om Hom lief te hê met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou krag’ en ‘om jou naaste lief te hê soos jouself’ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.” Toe Jesus hom so verstandig hoor praat, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God af nie” (Mark 12:34).

Nie elkeen wat vir My sê: “Here, Here,” sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: “Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?” Dan sal Ek openlik vir hulle sê: “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree” (Matt 7:21-26).

Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders nie, of hy ontvang in hierdie tyd al baie keer soveel terug, en in die tyd wat kom, die ewige lewe (Luk 18:29-30).

Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie (Luk 9:62).

Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie (Joh 3:3).

Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om getrou te bly in die geloof. “Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koninkryk van God kom,” het hulle gesê (Hand 14:22).

WAAR IS DIE KONINKRYK?

En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle (Luk 17:21).

DIT IS ‘N GEESTELIKE KONINKRYK.

“My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,” antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie”(Joh 18:36).

Die koninkryk van God is immers nie ʼn saak van praatjies nie, maar van krag (1 Kor 4:20).

Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie (1 Kor 15:50).

HOE WEET EK EK IS IN DIE KONINKRYK?

Vrede en blydskap in die Heilige Gees – (Rom 14:17)

WAT ONTVANG EK AS KONINKRYKSBURGER?

Erflating saam met Christus – (Jak 2:5)

Outoriteit oor boosheid – (Matt 12:28; Matt 16:19)

ʼn Koninkryk wat nie geskud kan word nie – (Heb 12:28)

Verstaan die geheimenisse van God – (Matt 13:11)

HOE ONTVANG EK DIE KONINKRYK?

Aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken(Rom 4:5). Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie (Ef 2:8-9).

Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word (Joh 1:12).

Sola Christos (Christus alleen)

Sola Pistos (Geloof alleen)

WAT IS DIE WARE BETEKENIS VAN “NEEM DIE KONINKRYK DEUR GEWELD”? 

Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.

Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself ʼn pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit (Matt 11:12).

Vandat Johannes die Doper begin preek het tot vandag toe is die nuwe ryk waarin God regeer, besig om deur elke weerstand te breek, en mense wat al hulle kragte daarop konsentreer, maak dit hulle eie. Dwarsdeur die Skrif, in die wet van Moses en al die profete wat voor Johannes daar was, word daar voorspel dat God op ’n nuwe manier gaan regeer. En as julle gewillig is om te glo wat hulle gesê het, sê Ek nou: Johannes is die Elia wat sou kom. Elkeen wat kan hoor, moet mooi hierna luister. Maar wat sal Ek van hierdie volk sê? Waarmee kan Ek hulle vergelyk? Hulle is soos kinders wat op die markplein speel en die een groep sê dan vir die ander: “Ons het vir julle ’n vrolike wysie gespeel maar julle wou nie dans nie. Toe het ons vir julle ’n begrafnislied gesing maar julle wou ook nie treur nie!” Want Johannes die Doper het gekom en hy het baiemaal gevas. Toe sê hulle hy het ’n duiwelse gees in hom. Daarna het Ek, die Redder, gekom en Ek het geëet en gedrink. Toe sê hulle Ek is ’n drinker en ’n vraat en boonop nog ’n vriend van slegte mense en van die veragte belastingagente! Maar ’n mens kan sien dat God se wysheid reg is as jy na die resultate daarvan kyk!”  (Matt 11:11-19).

βιαστής biastḗs; gen. biastoú, masc. selfstandige naamwoord uit biázō(971), om geweld te ly, maar ook om in te haal of in te druk sonder behoorlike gedagtes en berou. ʼn Gewelddadige persoon, een wat geweld gebruik, maar ook iemand wat haas om iets wat goed lyk, aan te gryp sonder om die gevolge van so ʼn aksie te meet.

ἁρπάζω harpázō; fut. harpásō, aor. slaag. hērpásthēn, 2d aor. slaag. hērpágēn. Om te gryp, bederf, vlug weg. Dit dui op ʼn oop daad van geweld in teenstelling met slinkse en geheime steel. wat geweld beteken om te gryp, weg te steek of vir jouself te neem.

Die fokus van hierdie vers is dus nie hoe hard jy werk om die koninkryk met geweld nie te bestorm nie. Wanneer God die Vader Sy koninkryk as geskenk (Luk 12:32) deur die prediking van die Woord en die demonstrasie van die Gees gee (1 Kor 4:20) want dit het naby gekom (Matt 4:17), moet jy dit aangryp. Jou eie maak! Soos ʼn dief wat iets neem wat nie aan hom behoort nie. Ons het ook nie die koninkryk en geskenk verdien nie, daarom is die idee om dit te gryp, in besit te neem, vir jouself toe te eien.

Maar vir wat sal ek hierdie geslag vergelyk?In Matt 11:16-19 word gepraat van kinders wat nie kan besluit watter liedjie om te sing en watter spel om te speel nie. Nie Johannes of Jesus kon hulle kry om ʼn besluit te neem nie. Die een vas, die ander nie. Die roulied herinner aan Johannes se prediking van oordeel en strawwe lewenstyl, die berou tot bekering (3:2). Die speel van die fluit staan ​​vir Jesus se verkondiging van die evangelie, die dans van vreugde wat sy boodskap bring. Maar in werklikheid verwerp “hierdie geslag” beide Johannes en Jesus (verse 18-19a).

Die goddelikheid van Christus se natuur en geregtigheid moet geneem word, moet ontvang word as ʼn geskenk, en ons moet dit gou doen (Joh 1:12; Rom 13:11; 2 Kor 6:2).

Ons sukkel om dit reg te kry: Felix kan nie tot besluit kom nie (Hand 24:22-27).

Ook nie Agrippa nie:“Jy het my amper oorreed om ʼn Christen te word” (Hand 26:28).

Maar wysheid is geregverdig deur haar kinders (Matt 11:19). Tog is wysheid geregverdig, en geregverdig deur wat sy doen (haar dade) en haar kinders. Ja, die toets vir die wysheid is die resultaat wat dit voortbring. Wysheid, God se aangewese weg, word vereer en gedemonstreer in die lewenstyle van beide Johannes en Jesus. Ten spyte van die groot verskille in hul gedrag, was elkeen getrou aan God se aangewese taak.

Carpe diem is a Latin aphorism, usually translated “seize the day”, taken from Book 1 of the Roman poet Horace’s work, Odes(23 BC). [1] Carpe is the second-person singular present active imperative of carpō, “pick or pluck”, used by Horace to mean “enjoy, seize, use, make use of”. [2] Diem is the accusative of dies, meaning “day”. A more literal translation of carpe diem would thus be “pluck the day [as it is ripe]”—that is, enjoy the moment.

Gryp die dag, maak die beste gebruik van vandag se kanse.

Live for the day.

Stay alive for today.

Pluck the day.

Seize the present day.

 

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus Christus teenoor valse godsdiens en die gees van die Wêreld

Religion can put new clothes on the man, but Christ puts a new man in the clothes.

Die vyandskap tussen godsdiens en geloofslewe bestaan sedert die eerste mens. Die Here het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig. “Hoekom is jy so kwaad?” vra die Here vir hom. “Hoekom hang jou gesig? Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde sit reg by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin”(Gen 4:4; Heb 11:4 – NLV). Later wys Paulus die vyandskap tussen die seun van die belofte deur die gees en die seun van die vlees duidelik uit. Destyds het Ismael, die kind wat op die gewone manier gebore is, vir Isak, die kind wat deur die Gees van God gebore is, vervolg. Net so gebeur dit vandag nog (Gal 4:29 – DLB).

Dit is uiteindelik die godsdiensstelsel en regeringvan die dag wat Jesus gekruisig het. Hierdie duiwelse drie-eenheid is sigbaar regdeur die skrif. Die antichris en die suurdeeg van Herodes: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes (Mark 8:15).

LET WEL! HIERDIE LERING SE EINDDOEL IS VERVOLGING EN UITWISSING: Herodes het Johannes laat doodmaak. En die Fariseërs het Jesus laat doodmaak. Die gees van valse godsdiens en die gees van nasionalisme regverdig dat onskuldige mense tot die dood veroordeel word sodat misleiding gehandhaaf en volvoer kan word. Hulle word die messias wat red en alles regmaak. Deur die geskiedenis is die mense verpletter deur die magsug van hierdie diktators en regeerders wat hulleself aanstel as die verlosser van die mens.

Wêreldregering: Kus het ook ’n seun gehad met die naam Nimrod. Hy was die eerste mens wat met geweld oor ander geregeer het (Gen 10:8). Mens-aanbidding:Kom ons bou vir ons ’n stad met ’n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons ’n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie (Gen 11:4).

Openbaring 13: Die dier met die tien horings, met die gesig van die luiperd, beer en die leeu.

Die see is dikwels ’n simbool van die nasies van die aarde. Die kerk as nasie van God (1 Pet. 2:9) staan teenoor die nasies van die aarde. In die nasie van God werk die Gees van God, maar in die nasies van die wêreld werk die gees van die draak. Die regerings van die nasies staan teenoor die regering van God. Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!(Ps 2:1-3). Tien horings beteken tien krone (13:1). Die dier het volledige mag (tien horings en tien krone). Dit verteenwoordig die regerings van die aarde. Dit strek van Nimrod in Genesis 10-11 tot by die regerings van vandag. In 1 Samuel 8:7 sê God vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.

In Daniël 7 sien Daniël ’n soortgelyke gesig. Hy sien die see in beroering en vier groot diere daaruit opklim (Dan 7:1-3). Die een soos ’n leeu, die ander soos ’n beer, die derde soos ’n luiperd en die vierde dier vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad(v 7).

Enige vorm van nasionalisme en selfbeskikking van een nasie, ten koste van ’n ander, is geweldpleging, en ’n onreg teen God se skepping.

Die dier uit die AARDE:

Twee horings soos ’n lam (Op 13:11). Net soos die eerste dier eerder ’n stelsel is as ’n individu, so is die dier uit die aarde ook eerder ’n stelsel en nie ’n individu nie. Hy het slegs twee horings en nie tien soos die dier uit die see nie. Dit is ’n aanduiding van sy ondergeskiktheid aan die dier uit die see. Hierdie dier het beperkte magte. Hy lyk soos ’n lam, maar as hy praat, praat hy met die stem van die draak.

Die draak-lam se modus operandi en doel word duidelik uitgespel: “En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid.”

Die draak-lam het hoofsaaklik ’n godsdienstige rol om te vervul. Hy maak daarop aanspraak dat hy die waarheid verteenwoordig en onskadelik is, maar sy spraak gee hom weg as gesant van die satan. In ’n sekere sin is die draak-lam ’n antichris of pseudo-christus. Hy doen hom voor as ’n alternatiewe of “ander” Christus.

In 95 n.C. het vals godsdienste in samewerking met die keiserlike beamptes die mense bedwelm. Die keiser is met groot seremonie onder toesig van die regeringsbeamptes aanbid. Die draak-lam rokkel die mense se fokus van God af en plaas dit op die wêreldstelsel van die dag. Dit is nie ongewoon om die vergodsdiensing van regerings te sien nie. Die Britte sing: “God save our gracious Queen / Long live our noble Queen / God save the Queen / Send her victorious / Happy and glorious / Long to reign over us / God save the Queen.” Die Russe verwys na “Holy Mother Russia”. Om ’n Slawiër te wees, is om Russies-Ortodoks te wees. Om ’n Slawiër te wees wat nie Ortodoks is nie, word gesien as verraad teenoor die Slawiese kultuur. In die ou Suid-Afrika het ons gesing: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou, Suid-Afrika.” In Ierland is die oorlog tussen die Protestante en Katolieke ’n diepgewortelde bitterheid. Die draak-lam het rooi kruise geverf op die skilde van soldate in die Middeleeue en die regerings ondersteun terwyl hulle die verskriklikste wreedhede gepleeg het. [1]

WAARSKUWING TEEN DIE GEES VAN DIE WÊRELD

Jesus se lewe en bediening is lynreg gerig teen die wêreld- en godsdiensregering van die dag:

Wat help dit ’n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?(Mark 8:36).

Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is(Matt 6:30).

Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê(Matt 16:23).

Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie(Joh 1:10).

Die wêreld kan vir julle nie haat nie; maar hy haat My, omdat Ek openlik verklaar dat sy dade sleg is(Joh 7:7).

Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou(Joh 12:25).

Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie(Joh 14:27).

Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie(Joh 14:30).

As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat(Joh 15:18).

In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin(Joh 16:33).

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is(Rom 12:2).

Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo(1 Kor 1:20, 21).

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug(Ef 6:12).

WAARSKUWING TEEN GODSDIENS

Die gees van die wêreld is makliker onderskeibaar, want dit staan lynreg teen die waardes, en metodiek en werkwyse van die Koninkryk. Om valse godsdiens te onderskei is baie moeiliker, want dit teer op die begeerte en behoefte wat mense het om God te behaag en te verheerlik. Dit is werklik hartseer om pragtige gelowige mense te ontmoet wat ten prooi geval het van ’n sekte, ’n godsdiensgroepering wat fokus op metodes, rites en reëls gegrond op die Woord, maar sonder die gees van Christus.

Feitlik die hele NT se apostoliese briewe is geskryf om te waarsku teen misleiding; valse christusse (Mark 13:22); valse lering (Ef 4:14), valse profete (Matt 7:15, 20; 1 Joh 4:1); valse apostels (2 Kor 11:13); valse tekens en wonders (2 Tess 2:9).

HOE HOU ONS KOERS IN WAARHEID?

Fondasie van Christus:Waarheid is ’n persoon! Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is (2 Tim 1:13). Die doel van alle bediening is om Christus verwesenlik te sien in elke lewe (Gal 4:19; Kol 1:28-29; 2 Kor 11:2; 1 Kor 2:2; 2 Pet 1:8; Ef 4:13).

Volhard in die leer van die apostels:(Hand 4:42) Om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is(Judas 3); aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het(1 Kor 11:2); staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is óf deur ’n woord óf deur ’n brief van ons(2 Tess 2:15);goeie leer waarvan jy ’n navolger geword het(1 Tim 4:6); een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê(Tit 1:9);MAAR spreek jy wat by die gesonde leer pas(Tit 2:1).

Vrug van geregtigheid en Heilige Gees:As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken(2 Pet 1:8); Dra dan vrugte wat by die bekering pas(Matt 3:8); So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte(Matt 7:17); So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken(Matt 7:20); Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe(Rom 6:22); vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God(Fil 1:11).

Die anatomie van ʼn akkurate geloofslewe dit is – dade van geregtigheid:Ons is gewikkel in ’n stryd om ons geloof te behou. Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het(1 Tim 6:12); Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou(2 Tim 4:7). Die fokus van satan en die wêreld is om jou te laat twyfel. Van die begin af vra satan: “Het God waarlik gesê?” En toe hy Jesus versoek: “As jy die seun van God is . . . ” Daarom moet ons ook onsself gedurig toets of ons in geloof praat en optree of nie (2 Kor 13:5). Want net geloof kan God behaag (Heb 11:6). Dit wat nie uit geloof is nie, is sonde! (Rom 14:23).

JESUS ONTBLOOT DIE VALSHEID EN SKYNHEILIGHEID VAN GODSDIENS:

Jesus toon en bewys Sy liefde aan die mensdom, die siekes, die verlorenes, die wat deur hulle gemeenskap verstoot is, die vrouens, melaatses, die sondaars en tollenaars. Maar Hy betoon geen genade met die godsdienstiges nie: Matt 23:13; Matt 12:34; 15:7-9; Mark 7:6-8; Matt 23:15-16,23-33; Luk 11:42-44; 13:15; Joh 8:44.

Daar is wel goeie tradisies en leerstellige waarhede (1 Kor 11:2; 2 Tess 2:15; 3:6), maar die oorleweringe van ’n mens, dus die kultuur- en wêreld- en lewensbeskouing van die mens, is gevaarlik (Matt 15:2, 3, 6; Gal 1:14; Kol 2:8; Mark 7:3, 5).

  1. Godsdiens leef vanuit die raamwerk van ’n fotobeeld van God. Terwyl ek in terme van verhouding, ’n rolprent leef.
  2. Godsdiens probeer dinge doen om by God uit te kom, terwyl verhouding leef vanuit die realiteit dat ek alreeds by Hom is, en Hy in my.
  3. Godsdiens is mens-gerig; verhouding is God-gerig.
  4. Godsdiens hou die reëls uit skuldgevoelens en vrees; verhouding hou die reëls spontaan en natuurlik uit liefde. In godsdiens dryf die reëls jou; in verhouding dryf liefde jou.
  5. Godsdiens is kragteloos teen die vlees: mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af(2 Tim 3:5). Hierdie leerstellings het wel ’n skyn van wysheid met hulle selfgemaakte godsdiens, danige nederigheid en streng beheersing van die liggaam, maar dit het geen waarde vir die beteueling van die sondige drifte nie (Kol 2:23).
  6. Godsdiens fokus op klein opdragte, om die doen van die groot opdragte te vermy: Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas. Hy het verder vir hulle gesê: Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuiwe en julle oorgelewerde gebruike in stand te hou. Moses het gesê: “Eer jou vader en jou moeder” en: “Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.” Maar julle sê: “Iemand kan vir sy pa of sy ma sê: Enige gawe wat u van my sou kon kry, is korban,” dit wil sê: ’n offergawe vir God. En so laat julle hom toe om hoegenaamd niks vir sy pa of sy ma te doen nie. So ontneem julle die woord van God sy gesag deur julle oorgelewerde gebruike wat julle op julle beurt weer oorgelewer het. Daar is ook nog baie ander sulke dinge wat julle doen (Mark 7:8-13).
  7. Godsdiens argumenteer; strydvrae mors tyd en hou mense besig sonder dat hulle enigiets godvrugtig doen. Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie(Kol 2:8).
  8. Godsdiens fokus op die magiese krag van voorwerpe: Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is(1 Pet 1:18-20).
  9. Hulle is altyd gekant teen enige vorm van emosie en godsdiens wat nie volgens hulle eie reëls en metodes plaasvind nie – Maria (Matt 26:6-13; Mark 14:3-9; Luk 7:36-39; Joh 11:2).
  10. Lees Lukas 11:37-54
    1. v 13 Hulle het self nie verhouding met die Here nie (Luk 11:42), maar verontagsaam die geregtigheid en die liefde vir God.
    2. v 16 Dubbele standaarde
    3. v 23-24 Fokus op klein geskilpunte oor metodes en rituele, maar leef nie in gehoorsaamheid en gepaardgaande vrug nie.
    4. v 25-26 Fokus op uitwaartse dinge, maar kan niks aan die hart doen nie.
    5. v 28 Huigelaar, vals, skynheilig (Luk 12:1). Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is hulle huigelary.
    6. v 28 Minag die wet . . . die hart en die diepte van die wet . . . soos Jesus wat die eintlike betekenis van die wet verstaan en preek.
    7. v 43 Hou van die aansien van mense.
    8. v 46 Plaas onhoudbare laste op die mense, maar kom dit self nie na nie.
    9. v 52 Want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en dié wat wel wou ingaan, vir hulle het julle verhinder.
    10. Eksklusief, elitisme: Luk 11:37-42; 45-53; 12:1-2; Matt 10:26-33.
  11. In wese is valse godsdiens mens-gerig en daarom is daar altyd kompetisie, vergelykings, wedywerings, vleeslike vertoon en vrees vir mense. As jy vir mense bang is, kan jy in ’n strik beland (Spr 29:25). Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God(Joh 12:42, 43). Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges en om op straat deur die mense begroet en as “rabbi” aangespreek te word(Matt 23:5).
  12. Fokus op die uiterlike vertoon as bewys van goddelike krag: Religion can put new clothes on the man, but Christ puts a new man in the clothes. Julle maak die buitekant van bekers en borde skoon, maar binnekant is julle self vol inhaligheid en gemeenheid(Luk 11:39). Moet julle nie laat meevoer deur allerhande vreemde leringe nie. Die goeie is daarin geleë dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike nie. Dié wat hulle aan hierdie gebruike gehou het, het niks daarby gebaat nie(Heb 13:9). Hulle verbied mense om te trou en om bepaalde soorte kos te eet. Maar God het die voedsel gemaak, sodat dié wat glo en tot die kennis van die waarheid gekom het, dit met danksegging kan gebruik(1 Tim 4:1, 2).
  13. Metodes, metodes, en nog metodes: Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie. Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus. Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie. Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei. Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? Waarom gehoorsaam julle allerhande voorskrifte soos: “Hieraan mag jy nie vat nie!” “Daaraan mag jy jou mond nie sit nie!” “Daaraan mag jy nie raak nie!”? Dit gaan alles oor dinge wat bedoel is om gebruik te word en te vergaan, en dit is maar net gebooie en leerstellings van mense. Hierdie leerstellings het wel ’n skyn van wysheid met hulle selfgemaakte godsdiens, danige nederigheid en streng beheersing van die liggaam, maar dit het geen waarde vir die beteueling van die sondige drifte nie(Kol 2:16-23).
  14. Hulle is meer besorg oor die hou van die reëls as om werklik die mens te help. Hulle toon meer liefde vir hulle reëls as vir die toestand van die mens. Die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy hom op die sabbatdag sou gesond maak, sodat hulle vir Jesus daaroor kon aankla (Mark 3:2).
  15. Hoogmoed en trots: Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel(Luk 18:9). Hierdie selfgeregtigheid lei uiteindelik tot trots en isolasie.

AANBIDDING WAT GOD VERAG

Die Here het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig. Hoekom is jy so kwaad? vra die Here vir hom. Hoekom hang jou gesig? Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde sit reg by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin(Gen 4:4; Heb 11:4).

Bring maar julle dankoffer van suurdeegbrood. Spog gerus openlik met julle vrywillige offers! Julle Israeliete hou mos daarvan om dit te doen!(Amos 4:4-5).

Ek wil liewer ’n vloed van regverdigheid sien, ’n eerlike leefwyse soos ’n stroom water wat nie ophou vloei nie(Amos 5:23).

You sing trivial songs to the sound of the harp and fancy yourselves to be great musicians like David(Amos 6:5).

Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van voerbeeste; die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie. As julle kom om voor My te verskyn, wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap? Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie: Ek het ’n afsku van julle wierookoffers. Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae: Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie. Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek. Hulle is vir My ’n las, Ek is moeg daarvoor. As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek(Jes 1:11–15).

Daar is liere en harpe, tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye. Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie, sy dade sien hulle nie raak nie(Jes 5:12).

So het die Here gesê: Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies(Jes 29:13; Matt 15:9).

AANBIDDING WAT GOD BEHAAG

But there is something I’m looking for: a person simple and plain, reverently responsive to what I say. Your acts of worship are acts of sin: Your sacrificial slaughter of the ox is no different from murdering the neighbor; Your offerings for worship, no different from dumping pig’s blood on the altar; your presentation of memorial gifts, no different from honoring a no-god idol. You choose self-serving worship,  you delight in self-centered worship—disgusting! Well, I choose to expose your nonsense and let you realize your worst fears, because when I invited you, you ignored me; when I spoke to you, you brushed me off. You did the very things I exposed as evil, you chose what I hate(Jes 66:1-2 en Ps 51:17, 19 – Message).

Nee, is die vas wat Ek wil hê, dan nie: om mense wat onregverdig in die tronk is, vry te laat, om die juk van mense af te haal en elke juk te breek nie? Is dit nie om jou kos te deel met dié wat honger is, om aan die arme en swerwer kos en blyplek te gee, om klere te gee vir mense wat dit nodig het, om nie weg te draai van medemense wat jou hulp nodig het nie?(Jes 58:6-7 – NLV).

For I desire and delight in dutiful steadfast love and goodness, not sacrifice, and the knowledge of and acquaintance with God more than burnt offerings(Hos 6:6; Matt 9:13; 12:7 – Amplified Bible).

God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom in ’n hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid(Joh 4:24).

For it is we who are the circumcision, we who worship by the Spirit of God, who glory in Christ Jesus, and who put no confidence in the flesh(Fil 3:3).

HOE HANTEER ONS DIE GEES VAN GODSDIENS?

Aan hulle eise het ons egter nie ’n enkele oomblik toegegee nie, sodat die waarheid van die evangelie vir julle gehandhaaf sou word(Gal 2:5).

Die eeue oue strategie van die vyand is om die kerk te infiltreer met die valshede, mensgerigte wysheid, wat reg klink . . . maar nie die gees, bedryfstelsel en werkswyse van die koninkryk-regeringstelsel van God verstaan of respekteer nie. Inteendeel, hulle hoon en maak ’n bespotting van dit wat heilig is.

Net die Heilige Gees kan die Ware Jesus openbaar en ons lei om Hom te volg op ’n daaglikse reis van self-verloëning, self-kruisiging en opstanding in Christus Jesus, ons Here en Verlosser!

 

 

 

 

[1]Openbaring ontsluit (eBoek): n Verrassende perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans Edition)Riekert Botha

 

Categories
Jesus die beste lewe

Christus se EK IS uitsprake

Die mens se soek na ware identiteit en bewussyn opgesluit in Christus

Hoe lyk die mees ontwikkelde mens? Die mees gekultiveerde mens? Die hoogste vorm van menswees? Volgens die Dali-lama is dit altruïsme. Is dit wanneer ons die meeste goed doen vir die mensdom en ‘n Nobelprys verower? Vir ander gelowe is die wanneer ons iewers op ‘n berg onsself verwyder van die mensdom, en ‘n vorm van esoteriese nirvana bereik. Volgens die Bybel vind ons die hoogste vorm van menswees in Jesus Christus.  Die skepper word skepping, om ons skeppingsdoel te openbaar. Ons vind die hoogtepunt van menswees wanneer ons die mensdom dien en seën, met ons talente en gawes. Deur diefstal, leuens, jaloesie, moord, wedywering, luiheid, selfsug, en hebsug verwoes ons die wêreld.  Deur nederigheid, gehoorsaamheid, vergifnis, goedheid, vrede, liefde en sagmoedigheid die Gees en gesindheid van Christus seën ons mense en die mensdom.

Ons fluksieer tussen goed en kwaad sonder om te dink, en al probeer ons hoe hard om goed te doen, is ons slagoffer en slaaf van ons opvoeding, ons kultuur, ons vriendekring en familie, en dit wat ons aanbid.

Dit blyk deur die geskiedenis dat die mens stelselmatig kollektief besig is om te ontwikkel, diktatorskap en oortredings teen die mensdom is aan die afneem, a.g.v. van die doeltreffendheid v die alwetende sosiale media, en mense met kamerafone.   Die meeste mense wil goed lyk, en nie as boosaards, en wreedaards bekend staan nie. Ons word dus akteurs, en meester geheimhouers om kwaad en boosheid wat diep in ons sluimer weg te steek.

Maar nie alle goed is goed vir die mensdom nie.  Wie beslis oor goed en sleg. ‘n ouer wat nooit sy kind teregwys en opvoed nie, en alles gee wat hulle wil hê, dink hulle doen goed.  Maar is dit werklik goed vir die kind? Is die kind groot gemaak en bemagtig om ook goed te doen, en ‘n seën te wees vir die mensdom? Was die skepping van die atoombom goed? Dit het die einde gebring aan ‘n bloedige oorlog, maar teen watter prys?

So regverdig die mens sy dade, met beperkte insig en begrip vir die langdurige konsekwensies.  Ons leef vir die oomblik, om iets lekker te doen, en goed te voel. Die mens wil vry wees om te doen wat hy of sy wil, sonder enige verantwoordbaarheid of reëls.  Die gevolg is egter dat ons nie besef die skade en verwoesting wat ons aan die mensdom en die skepping aanrig nie.

So regverdig die een wat te veel drink, dat hy darem nie sy vrou slaan en met die bure baklei nie hy pla niemand nie.  Die buite egtelike huwelik begin nie om iemand seer te maak nie, ons het maar net begin om vir mekaar om te gee? Die een wat verslaaf is aan pornografie redeneer dat hy darem nie by werklike vrouens rondslaap nie. Die een wat steel, doen dit om aan sy eie mense goed te doen. Die een wat lieg, wil nie iemand seer maak en te na kom nie.

Om werklik goed en reg te doen, en ‘n seën te wees vir die mensdom kos ‘n wesenlike prys!  Mens moet braaf wees om te leer om nee te sê, jouself sekere plesier te ontsê, en jouself te gee vir ander se sukses en voordeel.  Dis baie moeiliker om te vergewe as om te vergeld. Dis baie moeiliker om vir ander te gee, as om te neem.  Dis baie makliker om gedien te word as om ander te dien.  Dis lekkerder om te ontvang as om te gee.

Jesus ons skepper, ons oorspronklike bloudruk en die Bybel, weet van beter.  Jesus weet dat al die self-gerigte lewe vir self nie die siel versadig nie.  Bo alles soek ons betekenis en waarde in werklike goed-doen en vind ons werklike vervulling wanneer ons die mensdom en skepping seën.

Saligheid, redding, verlossing van die bose is dus baie meer as net my sonde bely en erkenning dat daar boosheid in my sluimer… dis ‘n soeke tot die verwesenliking van my skeppingsdoel, om soos Jesus te wees. Hoekom werk dokters en mediese personeel sulke lang ure? Want hulle vind vervulling om mense te kan help om gesond te word.  Hoekom doen die regslui wat hulle doen? Hulle vind vervulling daarin dat hulle boosheid bestry. Hoekom is daar allerhande vorme van regering en politiek, want hulle vind vervulling daarin om die wêreld ‘n beter plek te maak. Hoekom doen ons besigheid? Want ons voeg waarde toe tot  die mensdom deur die mensdom te seën met lekker kos, ‘n verbruiksartikel te vervaardig, ‘n behoefte te vervul.

Op die ou end soek ons derhalwe, al sou sommige dit nooit wil erken nie, na Jesus Christus die hoogste vorm van menswees.

Jesus was of mal, stapelgek, en die grootste leuenaar of bedrieër – of HY is wat HY sê Hy is -GOD!

JESUS VIND EN VERDEDIG SY IDENTITEIT:

Deur die Woord

Adam en Eva het nie die identiteit toets geslaag toe satan twyfel in hulle harte gesaai het nie: “dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.” (Gen 1:5). Hulle het in God se woord, God se opdrag en uiteindelike ook in hulle eie identiteit getwyfel.  Jesus verslaan satan se pogings om twyfel te saai deur elke keer die woord aan te haal. Meer nog Christus toon dat hy nie net die skrif ken nie, HY glo dit ook, en is die Woord. Daarom kon HY uiteindelik satan beveel: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:

“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (Mat 4:10)

So moet ons ook onsself in die Woord sien, en ons identiteit in die Woord vind: Johannes die doper moes homself in die Woord sien, om sy roeping te verstaan. (Mal 3:1 vergelyk Mar 1:2) Paulus het geglo dat hy deur spesiale roeping lewendig gemaak is (Gal 1:1) Sien hoe Paulus sy roeping sien en verstaan: Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig(Gal 1:15)

PRAKTIES: Deesdae vind mens vele handleidings en gidse oor hoe om te leef, met jou finansies te werk, hoe om met jou mense te werk, verhoudinge, huwelike, opvoeding ens ens. Die Woord het eeu-oue beproefde wysheid, en insig oor al hierdie dinge. Soos deur ‘n bril, sine ons die lewe, onsself, en die mensdom deur die Woord. Die Woord is ewig! Die Woord is kragtig! Hoe meer ons, ons lewe rig op grond van die Woord, hoe meer kom ons in lyn met ons skeppingsdoel – Christus!

Dit wat jy aanbid word jy:

Jesus ontmasker satan se hele motief baie duidelik met die woorde: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (Mat 4:10) Vandag nog fluister hy in mense se ore, jy is ‘n mislukking, jy is boos, jy is sleg, jy is verslaaf, jy is siek, jy is minderwaardig, jy is nie goed genoeg nie, jy is ‘n verloorder, jy is niks werd nie, jy is lelik, jy is god, jy is jou eie geluk en nog baie meer! Wanneer ons hierdie woorde glo daarvolgens handel, word ons die instrumente en slawe van satan om verwoesting en onreg te saai.  Daarenteen wil Christus ons skepper: wat alles geskape het deur Jesus Christus (Eph 3:9) alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape (Col 1:16) en in Hom hou alle dinge stand. (Col 1:17) want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons (Acts 17:28) ons wys wie ons regtig is: “IN CHRISTUS”

Ons is heiliges: (1 Cor 1:2; Rom 1:7)

Ons is tot alles in staat (Eph 4:13)

Ons is nuwe skepsels (2 Cor 5:17)

Ons is die geregtigheid van God in Christus Jesus (2 Cor 5:21)

Ons is meer as oorwinnaars (Rom 8:37)

Ons is wonderlik geskape (Ps 139:14)

Ons is die kroon van sy skepping (Ps 8:6; Heb 2:7)

Ons bekwaam maak om sy wil uit te voer (Phil 2:13)

Ons as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles. (2 Cor 6:10)

MAAR OM AL DIE WONDERLIKE SKEPPINGS MOONTLIKHEDE TE VERKRY EN TE WEES< MOET ONS JESUS AANBID! “die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof” Heb 12:2

Gehoorsaamheid om die Woord te leef:

God het Hom gestuur:

“My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi” (Joh 4:33; 5:24; 30; 36-38)

Joh 4:33; My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied. (Mat 26:42)

Hy kom om te dien en goed te doen:

Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom. (Acts 10:38)

JESUS IS ALLES WAT ONS NODIG HET VIR DIE LEWE:

Ons vorm ons identiteit, deur ons 1) narratief, storie, geskiedenis, en ervaringe, 2) Opvoeding 3) kultuur, familie, sosiale stand 4) kwalifikasies, en prestasies 5) Ons besittings, klere, voorkoms, smaak, voorkeure 5) Ons amptelike mandaat, beroep, aanstelling, erkenning.  6) Ons talente, karakter, voorkeure.

Dit is alles goed en wel, die probleem is, wanneer ons, ons identiteit bepaal deur eksterne veranderlikes, wat ons kan verloor los dit ons kwesbaar, blootgestel, geskend, en broos.  Dit is ook moontlik dat ons ‘n false identiteit kan voorgee, en wanneer ons dronk is, moeg en kwesbaar is, siek en afhanklik is, kom die ware ek na vore.

Dit is dus wesenlik belangrik dat ons, ons identiteit en selfvertroue in Christus grondves!

Hy is ons bestaan – Water / Hy is ons voedsel – Brood Biologiese fisiese Behoeftes

Hy is die vervulling – Wynstok Kennis, groei, betekenis

Hy is ons rigting – Lig, doel, sin, rede vir bestaan

Hy is die beste manier om te lewe – weg, ies vir iemand beteken

Hy is ons toegang – Deur, behoort, deelwees.

HY is ons versorging – Herder Beskerming

Hy is ons Opstanding as ons sterf – Nalatingskap

 

Die 7 ek is uitsprake deel met die 7 bronne vanwaar ek my identiteit bepaal:

1) Brood: basiese self, bestaan, elke dag, wat versadig my?

2) Wynstok: wys na wat bied ek die mensdom, in terme van my talente, gawes, kennis, vermoëns?

3) Weg: Hoe leef ek? My maniere, gewoontes, my ‘way’?

4) Lig: spreek van rigting, doel, my ‘why’ hoekom? Roeping? My nalatingskap, my einddoel?

5) Deur: reg van Toegang, behoort tot? Deel van? My ligitimiteit?

6) Herder: Spreek van versorging, wat doen ek om te leef en inkomste te verkry, sodat ek versorg kan wees?

7) Opstanding: Na die dood, leef ek voort as? My nalatingskap? My tydloosheid? My ewigheid? Wat van Jesus het opgestaan in my?

Ek is die Lewende Water (Joh 4:14, 26)

Water uit die put van Jakob les tydelik die mens se dors. Die lewende water wat Jesus gee, bevredig egter vir altyd (Matt. 5:6 – vgl. Isa 49:10; 55:1–3; 58:11; Joh. 6:32; 48.  Die mens soek bevrediging, soek ‘n rede om te bestaan, soek ‘n bron en motief, ‘n hoekom, om ons te grondves.  Brood en Water is wat ons daagliks nodig het om te oorleef. Net so het ons nodig om elke dag ons lewe te vind in Jesus, en die Woord om te oorleef as mense, in hierdie mensdom.  Jesus was die heeltyd in gemeenskap met die Vader. Daarom sê Hy, die mens kan nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat van God kom.  Soos ons elke dag brood eet, het ons nodig om elke dag, ‘n vars woord, en inspraak van die Heilige Gees te hê. Dis hoe ons, ons identiteit ontdek. In Sy geopenbaarde Woord! Hoe meer Hy met ons praat, ons leer en rig, soos ‘n ouer ‘n kind leer, ontdek ons die lewe in Christus.

Ek is die Brood vd Lewe  (Joh 6:48);

Jesus verwys hier na Homself as die brood wat uit die hemel gekom het in kontras met die manna wat die trekkende volk opgetel het. Die manna was goeie brood wat die liggaamlike honger kon stil, maar dit was tydelik. Die mense het daarvan geëet en is vir ’n dag lank daardeur versadig, maar hulle moes elke dag van hierdie brood kry om te eet, en dit kon hulle ook nie van die dood red nie. Jesus, wat soveel groter is as Moses, bied Homself as die geestelike brood aan ons. Hy versadig ons volkome geestelik en skenk daarmee aan ons die ewige lewe.  Godsdiens, en gesprekke oor Jesus kan jou nooit versadig nie. Dis om Hom self te ken, en te hoor. Dit versadig, mens op die diepste vlak.

Ek is die lig vd Wereld (Joh 8:12; 9:5)

Jesus was in die voorhof van die vroue van die tempel waar die dertien offergawekiste gehou is (8:20). In daardie vertrek is gedurende die huttefees kerse gebrand as simbole van die vuurkolom wat die volk van Israel deur die woestyn gelei het (Eks 13:21–22). Dit is waarom Jesus op die treffende oomblik na Homself verwys het as die “lig vir die wêreld”. Vir die trekkende volk was die vuurkolom simbool van God se teenwoordigheid, beskerming en leiding. Net só het Jesus God se teenwoordigheid, beskerming en leiding vir die wêreld sigbaar kom maak.

Ek is die deur (Joh 10:7, 9, 11, 14 

Deur spreek van toegang, reg tot toegang, binnekom, en deelwees. Spreek ook van geleenthede, en guns.  Stap deur die deur na die huis. Die metode, and toegang is dus nie meer rituele en metodes nie. Hy self is die nuwe lewende weg. Heb 10:19

Ek is die Goeie herder (Joh 10:14);

Saans is die skape volgens gebruik in ’n kraal gejaag om hulle te beskerm teen diewe, onweer en wilde diere. Dié krale was gewoonlik grotte of ’n oop stuk met mure van klip of takke. Die herder het dan in die ingang geslaap. Soos die herder omgegee het vir elke skaap, só gee die Goeie Herder sy lewe vir sy volgelinge (vgl Eseg 34:23) wat sy stem ken. Enigeen wat van sy skape leed wil aandoen, moet by die enigste ingang waar die Goeie Herder waghou, verby kom. Jesus is die ingang en die Goeie Herder.

Opstanding en die Lewe (Joh 11:25)

Saans is die skape volgens gebruik in ’n kraal gejaag om hulle te beskerm teen diewe, onweer en wilde diere. Dié krale was gewoonlik grotte of ’n oop stuk met mure van klip of takke. Die herder het dan in die ingang geslaap. Soos die herder omgegee het vir elke skaap, só gee die Goeie Herder sy lewe vir sy volgelinge (vgl Eseg 34:23) wat sy stem ken. Enigeen wat van sy skape leed wil aandoen, moet by die enigste ingang waar die Goeie Herder waghou, verby kom. Jesus is die ingang en die Goeie Herder.

Weg & Waarheid en die Lewe Joh 14:6;

Weg dui op ’n manier van leef. Daar word dikwels van ’n dieet, of oefening program verwys as ’n weg, Jesus is die beste manier om die lewe te leef.

Ware wynstok Joh 15:1, 6)

Die beeldspraak aangaande die wingerdstok beklemtoon dat vrugbaarheid in die Christelike lewe spruit uit ’n bly in Christus. Al gaan Jesus ook weg, die eenheid met sy dissipels bly behoue. Die wingerd is ’n bekende beeld uit die Ou Testament, waar dit na die gelowige volk verwys (vgl. Ps. 80:9–16; Jes. 5:1–7;  Jer. 2:21; Eseg. 19:10–14;  Hos. 10:1).

SKRYF 7 WOORDE NEER WAT JOUSELF BESKRYF?

Jan se voorbeeld: Spiritual Explorer & Reformer | Biblical Scholar & Theologian | Apostolic Pastor & Missionary | Relationship & HR Consultant | Social Reformer &  Acculturalist | Peacemaker &  Lobbyist | Speaker & Writer | Worshipper and unashamed follower of Jesus Christ.

DIE ‘EK IS’ BEGINSEL – GOD SE TEENMIDDEL TEEN MINDERWAARDIGHEID

Die mees belangrikste uitspraak in jou lewe begin met: Ek is… Jesus se versoeking het die “ek is” uitspraak in Sy lewe bevraagteken: “As jy dan regtig die Seun van God is,” (Mat 4:3) As die vyand ons onkant betrap rondom ons identiteit, dan vang Hy ons in Sy strik van leuens om uiteidelik sy wil te doen. (2 Tim 2:26) Dit is wesenlik belangrik dat ons elkeen moet weet ‘wie’ ons is.  Jou skeppingsdoel is in werklikheid Christus. God het vooraf mense uitgesoek en besluit dat hulle soos sy Seun Jesus Christus moet word (Rom 8:29) Alhoewel ons nooit fisies soos Jesus kan wees nie, wil God dat ons soos Hy sal dink, optree en leef. Hy is die beste manier om te leef. Sy waardes en motiewe is suiwer! Hy is die volmaakte wil van God. Ons is dus die mooiste mense, wanneer ons die meeste soos Hy is.  Die basis van ‘belief therapy’ wat in tronke en rehabilitasie sentrums gebruik word is: Wat jy oor jouself glo, bepaal jou gedrag en keuses.

Maar ons skeppingsdoel gaan ook verder as dit.  God het ‘n plan met elkeen van ons, en sodra ons daardie plan verstaan kan ons ‘n lewe van sin en betekenis leef.  (2 Pet 1:10) Die ‘ek is’ identiteit het niks te doen met wat ons kan doen en vermag nie. Because God created us as ‘Beings’ not ‘Doings’!  Mense wat deur trauma gaan wil net iemand teenwoordig hê, jy hoef niks te doen nie. Ouer mense wat teen die einde van hulle leeftyd nie meer al die dinge wat hulle eers kon doen meer vermag nie, is nie nou minder werd en belangrik nie.  Hulle teenwoordigheid, wie hulle was is vir ons belangrik! Jy is eerstens ‘n gees mens. Wie jy in die Gees is, jou teenwoordigheid, jou gesindheid is bepalend.  Iemand met ‘n verkeerde gees, kan ‘n hele vertrek mense negatief beïnvloed. Die teendeel is ook waar! Iemand met ‘n positiewe ingesteldheid kan geskiedenis verander!

KYK NA DIE ROTS WAARUIT JY GEKAP IS:

Dis waarom Paulus die broeders vermaan: “Want let op julle roeping, broeders” (1 Cor 1:26) Hulle moes onthou hoe God hulle geroep het. Hulle was nie vername mense nie. Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is. (Isa 51:1) Jou redding en die manier hoe God jou red, kan betekenisvol wees om jour roeping te verstaan. Die man wat die bekende EE3 Evangelisasie tegniek en kursus ontwikkel het, het juis deur die 2 diagnostiese vrae tot bekering gekom. Die dinge waarvan die Here jou verlos het, en hoe hy jou verlos het kan ook nou vir ander van hulp wees. Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; 9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword (Heb 5:8)  Selfs Jesus het ‘n liggaam nodig gehad wat hom voorberei is deur generasies heen. (Heb 10:5) Selfs jou ouerhuis en omstandighede waarin jy gebore is, is belangrik. Moet nie dit as ‘n vloek sien nie. Let op die insluiting van Jesus se geslagsregisters, om te toon dat Hy nie uit die lug uit geval het nie.

Profetiese Woord en Openbaring:

Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak. (Jer 1:5) So het die Here vir Abraham, Moses, Samuel en nog baie ander geroep om vir Hom te werk.  Wanneer ons God ontmoet, kry ons ons identiteit.  Ons is juis identiteitloos omdat ons Hom nie ken nie. Adam en Eva het in ongehoorsaamheid die verhouding wat hulle met God gehad het verbreek en weggestap en sodoende hulle identiteit verloor.  So het Esau dan sy eersgeboortereg verag. Gen 25:34 Ons eie drange en vleeslike begeertes mislei ons. Ons dink ons is die somtotaal van ons drange en begeertes. God het ‘n hoër doel met ons as mens, daarom het Hy ons geskape met goddelike vermoëns.  Paulus was eers op ‘n verkeerde pad, omdat hy in die tradisies van sy voorvaders geloop het en nie geweet het wat hy doen nie. (Acts 9:3-6) Hy het ook deur profetiese woord van Ananias sy roeping ontvang. (Acts 9:15-16)

“MAAR DEUR DIE GENADE VAN GOD IS EK WAT EK IS”

Paulus maak hierdie kragtige stelling in (1 Cor 15:10). Hierdie is ‘n diep geestelike paradoks: Om self te verloën (Mat 16:24; Rom 2:20) en uiteindelik net jouself te wees.  Madame Guyon het dit verduidelik dat God soos met ‘n slang die gif uit ons ‘self’ wil haal om ons uiteindelik onsself gesond terug te gee. Die selfsug, ambisie, selfregverdiging, passiwiteit, trots, van die eie-ek verwoes ons lewe. As ons egter sterf tot hierdie self, gee Hy ons ‘self’ terug om in nederigheid, ootmoed, gehoorsaam aan Hom te lewe. Daar is ‘n unieke deel van die beeld van Christus in ons elkeen opgesluit. by the acknowledgment of every good thing which is in you in Christ Jesus(Philemon 6)

DIE BELANGRIKHEID VAN JOU NAAM:

Deesdae gee ons mense maklik byname, en noemname wat soms afbrekend is.  Toe die koning van perse sy naam in die heilige skrifte sien, ‘n 100 jaar voor sy geboorte het dit hom geloof gegee om die magtige onpenetreerbare stad Babilon te verower. (Isaiah 44:28; 45:1, 3, 4, 10)

Die Bybel gee talle voorbeelde van mense wat by hulle naam geroep is:

Die Here het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem. (Isa 49:1)

Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak. (Jer 1:5)

Sommige se name word verander:

MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! (Isa 43:1)

Ander vra die Here om hulle te seën, ten spyte van hulle naam:

Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.” Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.”  (1 Chr 4:9 10).

Wee hom wat die Here bevraagteken!

Wee hom wat vir die vader sê: Waarom verwek u? en vir die vrou: Waarom het u weë? Isa 45:10

 

 

Categories
Jesus die beste lewe

Die lyding van Jesus Christus

Jesus verstaan lyding en leer ons nie om dit te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou.

Ons kan nie help wat met ons gebeur nie, maar ons kan besluit hoe om oor ʼn gegewe situasie te dink en dit positief, met insig en goddelike perspektief, te hanteer.

VYF ABSOLUTE WAARHEDE:

  1. God is almagtig
  2. God is liefdevol
  3. God is al-wys
  4. God is ewig
  5. Satan en boosheid bestaan

Ateïste en ongelowiges stop gewoonlik by die eerste twee ewige waarhede, naamlik dat God almagtig en liefdevol is, en vra dan die vraag: “Hoekom doen ʼn almagtige en liefdevolle God nie meer om die seer, pyn en lyding in die mensdom te verlig nie? Met hierdie denkwyse kom hulle tot die gevolgtrekking dat God nie bestaan nie. Tog erken hulle dat boosheid bestaan. As boosheid dan bestaan, sonder ʼn persoonlike God, sou die wêreld mos oorweldig word deur boosheid?

ONS HET PYN EN LYDING NODIG:

Om nie pyn te kan ervaar nie, is lewensgevaarlik.

Om nie emosionele pyn te voel nie, maak mense gewetenloos.

Sonder pyn word ons nie sterker nie en bou ons nie kapasiteit op nie. Dit word mooi geïllustreer in die animasiefilm, WALL-E. In die fliek doen robotte alles vir die mensdom terwyl mense net in hulle stoele lê, gewig optel en TV kyk.

Jesus verstaan lyding en leer ons nie om dit te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou. ʼn Man van lyding wat pyn geken het(Jes 53:3). Die Skrif som Jesus se lyding en oorwinning so op: DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie(Heb 12:2-3).

Vir geloof om blywend te word in jou lewe, moet jou geloof getoets word. Geloof of liefde wat nog nooit getoets is nie, hou nie. Hulle laat dit egter nie in hulle wortel skiet nie en hou nie lank uit nie. As hulle daarna ter wille van die woord verdruk of vervolg word, word hulle gou afvallig(Mark 5:17). As ons afvallig word, verloor ons die ewigheid en die rykdom wat God vir ons in Christus bestem het. Hierin is sy volkome liefde geopenbaar. Ons het lyding nodig. Dit is goed vir ons: Maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe (Ps 66:12).

In Hebreërs 5:8 lees ons: Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het.Hy is ons Leidsman op hierdie weg. Beteken Hebreërs 5:8 dat Jesus vol sonde was? Nee! Sommige beleef lyding, maar dis a.g.v. hulle eie sondige dade en keuses. Christus het egter gely alhoewel daar geen sonde in Hom was nie (Heb 4:14; Heb 7:26; Heb 9:14).

  1. Lyding
  2. Wag
  3. Gehoorsaamheid
  4. Vervolmaking
  5. Outeur

LYDING IS WINS:

Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ʼn kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus (1 Pet 1:6-9).

Paulus verbly hom selfs in lyding: En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is (Rom 5:3).

My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon (2 Kor 12:9).

NOU verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is (Kol 1:24).

Paulus roem in hulle volharding in lyding:

. . . sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur(2 Tess 1:4).

Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg (Matt 5:12).

Julle geloof is ʼn offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees (Fil 2:17).

Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. In al ons sorge is ek vol moed en oorstelp van blydskap (2 Kor 7:4).

Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid (2 Kor 8:2).

Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid (1 Pet 4:13).

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom (Jak 1:2).

 

Die apostels het van die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly (Hand 5:41).

 

Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed (Rom 12:12).

GOD IS SOEWEREIN:

 

Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.

Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien (Job 42:2).

Nou hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is (Rom 9:16).

Want die wêreld is myne en sy volheid (Ps 50:10-12).

God is in beheer van alles, maar Hy beheer nie alles nie.

Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie (Deut 32:39).

Die Here maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom. Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy (1 Sam 2:6-8).

Alles wat die Here behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde(Ps 135:6).

. . . wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die Here, is dit wat al hierdie dinge doen(Jes 45:7).

Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is (Rom 9:14-24).

Josef sien uiteindelik dat Sy lyding ’n voorsiening van die Here was:

Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ’n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ’n groot verlossing(Gen 45:4-8).

Alles het die Here gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil(Spr 16:4).

SO sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die Here wat alles volbring(Jes 44:24-28).

Sal daar ’n onheil in die stad voorval as die Here dit nie bewerk het nie?(Amos 3:6).

Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring(Hand 2:22-23).

. . . om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind(Hand 4:23-30).

LYDING WORD VEROORSAAK DEUR:

  1. My sonde (Rom 3:23)
  2. Iemand anders se sonde (Jer 32:19)
  3. Die sondigheid en gevolglike gebrokenheid van die mensdom en Aarde (Rom 8:20)
  4. Lyding wat God direk toelaat as tugtiging (Heb 12:5-11)
  5. Lyding a.g.v. sataniese vervolging: Ons goeie dade is nie ons veilige net sodat ons vervolging, verdrukking en swaarkry vryspring al doen ons goed nie (Fil 1:29; 1 Pet 3:17)

Om te weet wat die oorsaak van my lyding is, neem nie die lyding weg nie, ek kry moontlik net meer perspektief oor om herhaling te voorkom. tyd moet dus maksimaal gebruik word om eerder praktiese oplossing in die Here te vind.  “Wat wil u hê moet ek doen, Here”.

HOE MOET ONS LYDING HANTEER?

Vier Apostoliese gebede:

Soms lyk dit vir my of God aan ons wat apostels is, die heel agterste plek in die prosessie toegeken het. Ons is soos terdoodveroordeeldes wat in die arena moet sterf, ’n skouspel waarmee die hele wêreld spot – engele sowel as mense.

Ons toewyding aan Christus laat ons dwaas lyk, maar julle is mos die Christene wat weet! Ons is broos, maar julle is die sterkes. Julle is die mense van aansien, maar ons is die veragtes. Tot nou toe ly ons honger en dors, ons is skamel aangetrek; ons word geslaan en het geen tuiste nie. Ons moet swoeg deur met ons eie hande te werk. Ons seën dié wat ons uitskel. Ons is geduldig met hulle wat ons vervolg. Ons bly vriendelik wanneer ons beskinder word. Ons het die uitvaagsels van die wêreld geword, almal se sondebokke. En so is dit nog steeds  (1 Kor 4:9-13).

Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie. Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie. Ons dra altyd die sterwe van Jesus in ons liggaam saam sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam. Gedurig word ons wat nog lewe, ter wille van Jesus aan die dood uitgelewer sodat die lewe van Jesus ook in ons sterflike liggaam sigbaar kan word. Gevolglik is die dood in ons aan die werk, maar in julle die lewe (2 Kor 4:7-12).

In elke opsig laat ons ons ken as diensknegte van God, ook in ons volharding en swaarkry, ontbering en nood. In die tronk, onder katshoue, onder swaarkry, in oproere, in hongersnood het ons met nougesetheid opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid, deur betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die boodskap van die waarheid en in die krag van God. Ons tree op met diewapens van geregtigheid in ons regter- en linkerhand, in eer en oneer, in veragting en aanprysing; soos verleiers, en tog is ons opreg; soos onbekendes, soos mense wat sterwend is, en kyk, ons lewe; soos swaar gestrafdes, en tog is ons nie doodgemaak nie; soos hartseer mense, en tog is ons altyd blymoedig; soos bedelaars, maar ons verryk baie mense; soos mense wat niks besit nie, en tog besit ons alles(2 Kor 6:4-10).

Wat harde werk betref, uitermate; wat tronke betref, uitermate; wat katshoue betref, in die oortreffende trap; in doodsgevare was ek dikwels. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry; drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ’n dag en ’n nag op die oop see oorleef. Ek was dikwels op reis; in gevare van riviere; van rowers; van my volksgenote; van heidene; gevare in die stad en in verlate gebiede; gevare op see en gevare onder vals medegelowiges. Ek weet van harde werk en swaarkry, van baie nagte se wakkerbly, van honger en dors; van dikwels sonder kos te moet klaarkom, van koue en sonder klere wees. Behalwe al dié dinge, was daar nog elke dag die bekommernis oor al die gemeentes(2 Kor 11:23-28)

LYDING AKTIVEER GROTER OUTORITEIT EN GEESTELIKE GESAG:

Jesus word outeur, dus ʼn gesag om te kan praat of skryf a.g.v. dit wat Hy tydens Sy gehoorsaamheid geleer het (Heb 5:8-9). Ons sien dit ook in die lewe: Mense wat Jesus bly volg het en gedoen het wat Hy tydens lyding gesê het, dra geestelike gesag dra. Mens kan dit letterlik aanvoel as hulle praat.

Lyding gee jou diepte. JY groei afwaards en word gegrondves.

Jesus se dood en opstanding het Hom die naam bo alle name gemaak (Ef 1:20-21).

Sy lyding het Hom sekere geestelike gesag gegee. As jy deur jou lyding volhard, jou geloof behou, en doen wat die Here sê om daardeur te kom, lei dit tot geestelike gesag. Ons luister na sprekers omdat hulle ʼn sekere gesag toon oor ʼn onderwerp. Hoe het hulle daardie gesag verkry? Hulle studeer lang ure en betaal die prys van tyd, moeite en groot finansiële onkoste. Niks kom sonder ʼn prys nie!

Ons sukkel met die lewe en ons soek antwoorde. Ons probeer en probeer weer. Ons volhard soms sonder om enige resultate sien. Ons misluk en probeer iets anders. Ons leer, ons ontdek, ons analiseer, ons groei! Dit is hoe God met ons werk. Die pad op is die pad af. Eers die fondamente (die onsigbare, oninteressante, ondergrondse deel van die konstruksie) en dan die sigbare en heerlike gebou. As die fondasie nie solied en sterk is nie, kan die gebou nie bly staan nie – veral nie tydens stormwinde nie.

Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig (2 Kor 4:17-18).

Josef se lyding het hom die kapasiteit gegee om in een dag koning te word.

Paulus se lyding het hom die diepte gegee om die meeste van die NT te skryf.

Moenie jou lyding verag nie. Moet ook nie probeer ontsnap en ontvlug nie. Leer watter lyding jy moet aanvaar en jou aan die proses moet onderwerp, en watter jy nie moet aanvaar nie. Laat die Heilige Gees jou lei. Uiteindelik is die oplossing Jesus! Behou die Jesus-denke, -perspektief, -handeling, -karakter en morele standaard te midde van jou krisis.

 

Pain and suffering

My two companions

The agents of change

God is placing in my life!

I want to allow Him

to do this work in me

through them

Why then is it so tough?

Don’t I trust?

Oh, to submit to the process of God in my life … to let go of

the past

To partake of the new …

To allow the Holy Spirit

To be the interior decorator

of my heart

Why is it so difficult?

What is holding me back?

Fear and pride, they are no friends of mine,

Have come to visit once again

I think I would like to trade them for humility and meekness …

In them there is a rythm of grace

Where we will be safe

The cost is high … It’s everything … denying of self … death to self and my own will …

I consider the cost … let it be with me according to Your word,

Your will!

 

Chantál

2 Julie 2014 om 21:51