Categories
Jesus die beste lewe

Jesus se diensbare leierskap

Diensbaarheid baan die weg, tot skeppingsdoel ontdekking en bevestiging.

Almal wat in my diens wil staan, moet My aanhou volg; en waar Ek is, daar sal my dienaars ook wees. As julle in my diens staan, sal die Vader aan julle eer betoon. (Joh 12:26)

“servant leadership” is ‘n gonswoord wat al vir jare bekend is, en nou weer deur politieke leiers gebruik is, om hulle stemme te verstewig. Diensbaarheid is dus ‘n aantreklike menslike karakter attribute.  Dit is ‘n leierskapfilosofie wat daarop gerig is, om mense te ontwikkel om hulle take tot die beste van hulle vermoë te ontwikkel.  Diensbare leierskap dien dus die mense, deur hulle te ondersteun, te bemagtig, te bevry, te leer, te ontwikkel om self ook te lei.

Hierdie onselfsugtige diensbaarheid is die mees kenmerkende eienskap en karaktertrek van Jesus se lewe.  Selfs Ek, die Seun van die Mens, het immers nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en so selfs my lewe te gee as ’n losprys vir baie mense.”(Mark 10:45) Jesus kon as Seun van God, Sy heerskappy met magsvertoon en majesteit kom demonstreer het, en inderdaad Hy het. Maar gans anders as wat ons mag en kragdadigheid verstaan.  HY gebruik sy mag om mense te genees, te bevry van boosheid, en hulle te bemagtig om sy volgelinge te word en dieselfde te doen.

Julle weet ook hoe God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het. Jesus het toe rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat onder die duiwel swaargekry het, want God was by Hom.(Acts 10:38)

Jesus as Seun van God, die Skepper van alle dinge neem die gedaante van ‘n dienskneg aan. (Phil 2:4) As die een wat ons geskape het en weet hoe ons werk, hoe ons aanmekaar gesit is. Sal hy tog dan nie die beste weet hoe om ons die beste te gebruik nie?

Ons is die mooiste mense wanneer ons ander dien! (Period)

Maak nie saak hoeveel geld, aansien, mag of talent jy het nie, solank jy die mensdom daarmee dien, om mense te genees, te bevry en te bemagtig! Dit is eenvoudig!

Diensbare leierskap veronderstel dat ek eers dien, en dan in diensbaarheid in voorbeeld ander voorgaan. Ons behoort eintlik die titels “leier” weglaat van ons LinkedIn, profiel, en besigheidskaartjie. Want voortreflikheid in diens, is leierskap.

Bob Davis vertel in seker een van die beste toesprake oor leierskap wat al ooit gebring is op die bekende TED platvorm: ‘Leadership without ego is a rarest commodity’. [1]HY vertel van ‘n man met die naam Bob Townsend, wat die populêre boek “up the organisation” geskryf het. Die boek op sy beurt gaan oor die drie aspekte van ‘n fabriek wat ons kan beheer: Geld, Tyd en Kwaliteit. Bestuur is die vermoë om hierdie drie aspekte reg te bestuur. As jy te vinnig werk, kan kwaliteit afneem. As jy te goedkoop werk, neem kwaliteit af ens. Maar wat van mense? IN die 2de wêreld oorlog het Dwight Eisenhower, ‘n ketting op ‘n hoop voor sy leiers gegooi, en gevra: “As mens hierdie ketting sou stoot, in watter rigting sou dit gaan?” Niemand kan dit beantwoord nie. Want niemand weet nie, as jy die ketting stoot kan dit in enige rigting beweeg. Dan tel hy die punt van die ketting op, en trek die ketting. Nou volg die ketting natuurlik, die punt.  Sou het Jesus ons kom regtrek, deur vir ons te wys hoe om te leef.

Jesus se diensbaarheid, was leierskap.  Ware leiers is altyd diensknegte. Leiers sonder ego. Dan vertel Bob Davids, hoe hy as die bestuurder van ‘n groot fabriek in China gewerk het. Die werkers was besig om ‘n pype te lê voor die fondasie gegooi sou word. Op ’n dag het hy verby gestap en gesien, dat die pyp waarmee hulle besig is nie die regte val het, om water natuurlik weg te lei nie. Hy het probeer verduidelik, maar a.g.v. die taalprobleem eerder sy duur skoene uitgetrek en in die gat gespring om hulle te wys hoe om dit reg te doen. Hierdeur het hy nie net die respek van die werkers verkry nie, maar ook ‘n algehele nuwe standaard gelig.

Jesus het presies op hierdie wyse te werk gegaan. Hy het ons kom wys hoe om te leef. Al sy keuses was ‘n kleedrepetisie, vir hoe ons behoort te leef.

Ons is nie soms dienaars nie. Ons is in wese dienaars.  Vandag dien ouers meer die kinders as wat die kinders die ouers dien. Ons ekonomie kry swaar, want niemand wil meer dien nie. Dienslewering is laag. Die dag toe jy jou naam kry, het jy ‘n besigheid begin.  Jou lewe is die toerusting, en bemagtiging van jou eie persoons-besigheid.  Jou keuses, jou vaardighede, en hoe jy uiteindelike die mensdom gaan die, gaan bepaal watter tipe inkomste jy gaan verdien. Hoe meer kennis, vaardighede, ervaring, wysheid jy bekom, hoe meer sal mense betaal vir die uitmuntende diens wat jy lewer. Ons spandeer so baie tyd om lekker te voel, onsself te geniet, te ontspan en ons eie gerief te dien, dat ons nie besef hoe onvrugbaar ons lewens geword het nie.  Maar gaan doen iets vir iemand, gaan dien iemand met wie jy is. Gou sal jou loopbaan, en voorsiening begin volg.

Diens is ‘n baanbreker! Diens maak vir jou ‘n pad oop in die lewe.

Jesus roep hulle toe bymekaar en sê: “Julle weet in hierdie wêreld tiranniseer die maghebbers die nasies, en die magtiges domineer hulle. Maar onder julle moet dit heeltemal anders wees. Wie onder julle ’n leier wil wees, behoort julle dienskneg te wees. En wie die eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees. Selfs Ek, die Seun van die Mens, het nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en boonop my lewe te gee as ’n losprys vir baie mense.” Mt 20:25–28. [Matt. 23:11.] Matt. 20:28 Mark 10:43–45; Luke 22:26, 27. Mark 9:35;

Paulus het Jesus se voorbeeld gevolg:

“Ek het niemand se silwer of goud of klere begeer nie. Julle weet self dat hierdie twee hande van my voorsien het in my behoeftes en in die behoeftes van dié wat saam met my was. In alles het ek vir julle ’n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.’”Acts 20:33–35

Jakobus Jesus se broer, gebruik nie sy verbintenis met Jesus as direkte familie lid, om hom meer prominensie te gee nie. Hy noem himself:’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus.(Jas 1:1). Die woord dienskneg wat hy hier gebruik “doulos” beteken letterlik bondslaaf. Iemand wat homself vrywillig permanent in diens van sy meester oorgegee het.

Jesus gee ‘n baie meer direkte en eksplisiete verduideliking van presies hoe mins regte ‘n slaaf gehad het. “As een van julle ’n slaaf het wat besig is om te ploeg of om diere te versorg, sal hy aan hom, wanneer hy van die land af kom, sê: ‘Kom eet gou saam’? Nooit nie! Hy sal aan hom sê: ‘Maak iets gaar vir aandete. Bind jou klere vas en bedien my terwyl ek eet en drink. Eers daarna gaan jy self eet en drink.’ ’n Slaaf wat sy opdragte uitgevoer het, ontvang mos nie dank nie! Net só is dit ook die geval met julle: As julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: ‘Ons is net nikswerd slawe. Ons het bloot uitgevoer wat ons moes doen.’”(Luk 17:7-10)

‘n slaaf het geen regte gehad nie:

  • moes altyd beleef wees.
  • kon nie hulleself verryk nie.
  • het geen besitreg van hulle eie gehad nie.
  • het nooit hulle eie belang gesoek nie.
  • is iemand wat heeltyd op die uitkyk is vir die nood van ander.
  • om vir die welstand van ander mense te werk

Die waarheid is, al hierdie Bybelse woorde soos slaaf en dienskneg laat dit esoteries klink. Inderwaarheid moet ons mekaar se bediendes word. En ons is Christus se bediendes.  Met rykdom verkry ons die vermoë om diens en werk, uit te kontrakteur. Ons stel iemand aan om al die gewone, werk te doen, sodat ons ons tyd op ander dinge kan vestig. Jesus gaan ons weereens daarin voor, deur sy eie dissipels se bediende te wees en hulle voete te was. Hy moes dit fisies doen, om vir hulle fisies te wys, julle gaan dit ook fisies moet doen. (John 13:12–15)

Welvaart is nie om ons lewe geriefliker te maak nie, maar om daardeur meer mense te bedien!

Dink net hoe sou die wêreld daarna uitgesien het, as almal nog tyd maak om mekaar fisies te dien.

Armoede word in die Bybel net aan twee dinge voorgeskryf. Luiheid en hebsug. (Greed en laziness) Diensbaarheid genees ons van beide! Jy kan nie, suinig, begerig of gierig wees as jy ander dien nie. Maar tyd om te dien.

‘n Christen is ‘n slaaf, ‘n dienskneg, ‘n bediende, ‘n kelner.

Ons wil so graag belangrik wees. Ons wil so graag raakgesien word. Ons wil so graag geag word. Ons wil so graag ʼn ereposisie beklee. Ons raak sou gou jaloers op ʼn ander.

Die Bybel noem ons as gelowiges:

Gevangenis:Ons is gevangenes ek wat ’n gevangene in diens van die Here is: Laat julle roeping julle leefstyl bepaal. Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra. Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle die eenheid wat die Gees bewerk het, bewaar.(Eph 4:1),

Diensknegte:diensknegte van Jesus Christus(Phil 1:1),

Werkers:Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ’n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie(2 Tim 2:15)

Dienaars:As jy dit aan die broers en susters voorhou, sal jy jou plig doen as ’n waardige dienaar van Christus Jesus (1 Tim 4:6).

Volg my voorbeeld van dienskneg wees, sê Jesus. Ek was bereid om vuilwerk te doen. Ek was bereid om ʼn voorskoot om te bind en my dissipels se vuil voete te was. Ek was bereid om te sterf vir ander se sonde.

Probeer sommer dit prakties die week, en gaan trek letterlik ‘n oorpak of voorskoot aan, en gaan dien iemand. Ons het so onbeholpe geraak met diens, dat ons nie eers sal weet wat en waar om te begin nie. Sou ons iemand dien, gaan ons dit dalk ook nog verkeerd doen. Of help waarvoor nie gevra is nie. Daarom moet ons ingesteldheid verander. ‘n Goeie bediende, neem waar, is oplettend, vra vrae, is ingestel om te help. Omdat jy die werk al gedoen het, weet jy hoe om dit te doen, en dit reg te doen. Bestuurders verloor tred met hulle werkers, as hulle soms nie ook saam gaan werk nie.

Vandag wil almal base wees. Ons wil opdragte gee, sonder dat ons al ooit ons eie opdragte uitgevoer het. Jesus het geen opdrag aan ons gegee, wat Hy nie as mens kom doen het nie. Hy wys ons, dit is moontlik!

Die grootste hartseer van die lewe is om mense te sien, waar hulle slaaf geraak het van toksiese verslawings aan alkohol of dwelms. Hierdie mense word van die mees selfsugtigste mense op die planeet, waar hulle onwetend hele families intrek in die maalkolk van verslawing.  Hulle dien hulle eie wegbreek van die realiteit van die lewe. Die beste manier dan om vry te raak van hierdie verslawing is om die mense om jou te begin dien. Groei en dien! Verbeter jouself, om nog beter te dien.

‘n nog groter hartseer natuurlik is mense wat slagoffer geraak van satan self, om hom te dien.

Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 13Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ’n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. 14Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade(Rom 6:12–14).

Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam. (2 Tim 2:26)

Bob Dylan sing:

But you’re gonna have to serve somebody, yes indeed
You’re gonna have to serve somebody
Well, it may be the devil or it may be the Lord
But you’re gonna have to serve somebody

 

 

 

 

 

 

 

 

 

[1]https://www.youtube.com/watch?v=UQrPVmcgJJk

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus die Lewensredder

Het die moderne mens redding nodig?

Redding van wat? ʼn Slegte verhouding? ʼn Skadelike gewoonte? ʼn Siektetoestand? Te min geld? Te veel geld? Redding van skuldgevoelens? As mens na die mensdom kyk, dan lyk dit nie asof die mensdom besef hulle moet van iets gered word nie. Welvaart en lewensverwagting is hoër as ooit in die geskiedenis. Mense wat niks het nie, soek ʼn redder. Mense wat versadig is met aardse gerief, dink nie eers daaraan nie. Die kerk probeer die wêreld oortuig hulle het redding nodig van ʼnmaalkolk van immoraliteit, van humanistiese en sekulêre wêreldbeskouings. Die post-moderne millennium generasie wil sosiale geregtigheid sien wat die fokus plaas op aardse, fisiese versorging – dikwels sonder om geestelike versorging in ag te neem. Daarenteen kan geestelik-gerigte saamtrekke en byeenkomste nie in mense se fisiese behoeftes voorsien nie. Volgens die Barna-instituut is dit ook duidelik dat wanneer mense ryker word, daar ʼn duidelike afname is in kerkbywoning, evangelisasie en ʼnleefstyl van toewyding. Skuldgevoel-preke is ook nie meer die doeltreffendste manier om mense tot die geloof te keer nie. Mense se lewens is vol, daar is nie nog ruimte vir godsdiens nie. Daar is ook ʼn duidelike wegval en wegkeer van enige formele godsdienstige instellings en magsbeheer.

Het die moderne mens redding nodig? Verseker ja, is die onomwonde antwoord! Maar die kerk sal moet herbesin hoe ons en wat ons as redding verkondig! Beter gestel: Wie verkondig ons as redding?

Vanuit ʼn suiwer skriftuurlike perspektief: Het Jesus ooit appèl gemaak dat mense Hom moet aanbid? Nee, Hy het nie. Sy appèl oor en oor was: “Volg my.” (Matt 4:19; 8:22; 9:9; 10:38; 16:24; 19:21) Verder het verskeie persone redding ontvang sonder om te bely – soos die vrou wat in owerspel uitgevang is en die sondaar aan die kruis. Verseker is belydenis belangrik, maar God soek iets dieper as net jou sondebelydenis. Baie mense sê daagliks jammer vir dieselfde sonde en verkeerde dade, sonder om te verander. Die Bybel praat die meeste van: “Hulle het tot geloof gekom.”

Die terme “neem Jesus aan” of “neem Jesus in jou hart” kom nie in die Bybel voor nie.

LAAT ONS DAN NOU DIE SAAK UITMAAK!

JESUS IS REDDING!

SIEN: Matt 1:21; Luk 1:69-75; 2:11, 28-30; Luk 19:10; Hand 13:23; 1 Tim 1:15; 2 Pet 1:1; 3:2, 18; Tit 1:4; 3:6.

Ek het vooraf besluit dat ek met julle net oor een saak wou praat—oor Jesus Christus wat vir ons op die kruis gesterf het(1 Kor 2:2).

Redding en saligheid is nie ʼn leerstelling- of ʼn versameling formules nie. Het jy Jesus? Volg jy Hom? Is jy ʼn kind van God? Is jy wedergebore? Dis kwalifiserende vrae! Mense se antwoorde op hierdie vrae is meestal vaag, en mens sien die onsekerheid in hulle oë.

Want redding en saligheid is ʼnPersoon – JESUS!

Die kerk kan jou nie red nie, ook nie jou goeie werke nie! Jy kan ook nie jouself red nie! Jy kan al die selfhelpboeke lees en nog verlore voel. Om Jesus te ken, is redding! Die onwillekeurige vraag is egter: As byna die helfte van die wêreld se bevolking sogenaamde Christene is, hoekom is daar so ʼngroot verdeeldheid in die kerkwêreld? Almal sê tog hulle glo in Jesus? So baie sogenaamde Christene se lewenstyl dra geen beeltenis van die persoon van Jesus nie.

Hoe jy Jesus sien, is die lakmoestoets van ons geloof.

DIE LAKMOESTOETS is ʼnbaie ou maar bekende toets om vas te stel wat die alkaliese gehalte van ʼnstof is sodat jy ook die teenwoordigheid van suur, al dan nie, kan vasstel.

Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê (Joh 3:13). Soos met die slang wat Moses opgelig het (Num 21:8), moes die mense net na die slang kyk om genesing te ontvang. Ons redding word bepaal deur die geskenk van sien. Maar net soos met die slang, het mense later van God se voorsiening, wat uit ʼnverhouding gebore is, ʼngodsdienstige ritueel gemaak. Hiskia het die hoogtes laat verwoes, die klippilare laat stukkend slaan en die gewyde pale laat afkap. Hy het ook die koperslang wat destyds deur Moses gemaak is, laat stukkend slaan, want tot nou toe het die Israeliete die koperslang met offers vereer. Die slang is Negustan genoem (2 Kon 18:4).

Petrus sien: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.” Jesus antwoord hom en sê: “Gelukkig is jy, Simon seun van Jona, want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak. Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie” (Matt 16:15-17).

Die sondaar aan die kruis: Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: “Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? . . . ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.” En hy sê vir Jesus: “Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.” En Jesus antwoord hom: “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk 23:40-43).

Paulus het gedink hy doen reg. Hy het opreg geglo hy is besig om die sekte uit te roei en God daardeur te verheerlik. Paulus sien:“Wie is U, Here?” het hy toe gevra. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dis vir Mý wat jy vervolg!” (Hand 9:5).

Die Samaritaanse vrou by die graf het Jesus nie herken nie. Die vrou het vir Hom gesê: “Ek weet dat die Messias kom, Hy wat ook die Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak.” Toe sê Jesus vir haar: “Dit is Ek, Ek wat met jou praat” (Joh 4:25-26).

Daarom bid Paulus vir die gemeente: Ek dink aan julle in my gebede en vra dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort –aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken (Ef 1:17).

Niemand kan Jesus namens jou sien nie. Jy moet self sien, en oorweldig word deur Sy wonder.

Wat moet ek doen om gered te word?

Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: “Broers, wat moet ons doen?” Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as geskenk ontvang.Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.” Petrus het nog lank aanhou preek en ’n ernstige beroep op sy hoorders gedoen: “Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!” (Hand 2:37-40)

Kom tot inkeer– Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is “μετανοέω” metanoéō. Dit beteken om jou posisie/uitkyk/denke te verander. ʼn Ander rigting inslaan. Soos die bekende CS Lewis eers ʼnbefaamde ateïs was, het hy sy uitkyk en siening verander, en een van die mees gesogte Christen-apologete geword. Om tot inkeer te kom, veronderstel omdraai en algehele omkeer. Om tot ʼnnuwe insig te kom. Jy sien ʼnnuwe realiteit wat jou huidige sienswyse totaal verander. Hierdie tot inkeer kom is eenmalig in terme van kind van God word, maar dit is ook ʼnreis saam met Jesus waar Hy ons weer en weer tot nuwe insigte bring soos wat ons saam met Hom die pad stap.

Maak reg met God– Sedert ʼn mens se kinderdae beweeg die meeste mense weg van God af. Ons raak van Hom vervreemd (Kol 1:12). Ons het geen vrymoedigheid om te bid of tot God te nader nie. Soos met enige vervreemding in ʼn verhouding begin mens allerhande aannames maak, en maak valse veronderstellings oor die ander persoon omdat ons nie die persoon werklik ken of kontak het nie. Later gaan sommige mense so ver dat hulle God se vyand raak. Hulle leefstyl en dade druis lynreg in teen Sy wil en plan vir hulle lewens. Hierdie selfverwoestende lewenstyl en rigting van mens se lewe eindig uiteindelik op die plek van die dood, sonder God, sonder vrede, sonder ware blywende innerlike geluk. Die lewe is vol lewensroetes: Sommige vertrou hulle intellek en rede, ander hulle geld en posisie, ander hulle fisiese krag en vermoëns. Om met God reg te maak, is om soos die verlore seun terug te stap na die Vader se huis en jou aan Hom oor te gee. Die verlore seun het vir homself gesê: Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge (Luk 15:17-19).

Glo in Jesus– Die term dat iemand tot geloof kom, word die meeste in die NT gebruik om te verduidelik hoe mense gered is (Mark 16:16; Joh 2:23; 4:39, 41; 8:30; 11:45; 12:42; Hand 9:42; 11:21; 18:8). Hulle het eenvoudig begin glo toe hulle die prediking en getuienis van die Waarheid gehoor het. Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons gered. Soos die Skrif sê: Wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie(Rom 10:9-11). Hulle het toe vir Hom gesê: “Wat moet ons doen om God se wil uit te voer?” Jesus het hulle geantwoord: “Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.” Hulle sê vir Hom: “Watter wonderteken doen u dan sodat ons kan sien en in u kan glo? Wat besonders doen u vir ons?” (Joh 6:28-30, Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling)

ʼn Professor het my op ʼn tyd besoek. Hy was in sy middeljare en het volgens hom sy intellek totaal uitgeput maar kon steeds nie vrede vind nie. Ek vra hom toe: “Glo jy dat Jesus ’n werklikheid is? ʼn Eenvoudige ja- of nee-antwoord, nie ʼn diskussie van ‘hoekom’ en ‘maars’ nie.” Hy het my stip aangekyk, sy oë het tranerig geword en hy het afgemete geantwoord: “Ja, ek glo Jesus is ʼn werklikheid.” Op daardie oomblik het redding vir die man gekom. Later sou hy my vertel dat dit op daardie oomblik rustig in hom geword het. Hy glo! Hulle het toe vir Hom gesê: “Wat moet ons doen om God se wil uit te voer?” Jesus het hulle geantwoord: “Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.” Hulle sê vir Hom: “Watter wonderteken doen u dan sodat ons kan sien en in u kan glo? Wat besonders doen u vir ons?” (Joh 6:28-30)

Die geloof moet egter later in werke oorgaan wanneer ons doen wat Hy ons beveel. Dink aan die vrou wat pas op heterdaad betrap is in die daad van owerspel. Sekerlik kan mens hulle dadelik veroordeel! Jesus skryf op die grond dat die een wat sonder sonde is, die eerste klip moet gooi. Uiteindelik, toe almal weg is, sê Hy vir die vrou: Ek veroordeel jou ook nie, gaan heen en sondig nie meer nie!Haar redding begin die oomblik as sy hierdie genadewoord gehoorsaam en gaan uitvoer (Joh 8:3-11).

Wedergeboorte– Wedergeboorte is ʼn teologiese verduideliking van die redding wat God in ons bewerk. By bekering rus die onus op ons om te reageer op die verkondiging van die Woord. Wedergeboorte is ʼn bonatuurlike werking wat God in ons bewerk wanneer Hy ons Sy kinders maak (Joh 3:5; 1 Pet 1:21; 2 Kor 5:17). Hy doen die werk (Fil 1:12) en produseer die vrug van die Heilige Gees as ons nuwe karakter (Gal 5:21-22). Hoe weet mens of jy wedergeboorte deelagtig geword het? Spurgeon verduidelik dit mooi aan die hand van ʼnvark-en-katstorie. Die vark kan nie ʼnkat wees nie. Dit is in sy natuur om vuil te wees. Die kat daarenteen hou nie van vuil word nie. Net God kan ons natuur verander. Een van die eerste tekens dat ek ʼn kind van God geword het, is dat ek nie meer wil vuil wees en vuil dinge doen nie. My ingesteldheid oor kleredrag, taalgebruik, rassisme en begeertes verander radikaal. Ek sien die wêreld in ʼn heel ander lig. Sy liefde oorweldig my met ʼn nuwe vrymoedigheid, vrygewigheid en omgee vir mense.

2 Doop

Petrus se tweede opdrag was dat die mense hulle sal laat doop. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word.Hierdie was ʼnbelangrike opdrag vir die vroeë kerk. Dit is tydens die doop dat openbare belydenis van geloof afgelê word. Toe Paulus dissipels in Efese kry, toe vra hy hulle: “Met watter doop is julle dan gedoop?” Hulle is toe weer gedoop omdat hulle deur die doop van Johannes gedoop is. Soos met ʼnhuwelikseremonie word die liefde tussen die verloofdes voor getuies bevestig. Die doopseremonie is ook ʼnpragtige uiterlike simboliese handeling van wat innerlik met ʼnmens gebeur het, naamlik ʼn begrafnis (Rom 6:3-4). Om Jesus se volgeling te word, impliseer dat mens jou eie-ek en self verloën, kruisig en aflê om nou presies te doen en te lewe in gehoorsaamheid aan Jesus. Dit is dan juis die ek-mens wat weggestap het van God af. Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie, selfsugtige ambisie prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom. As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind. Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jy ly skade aan jou diepste menswees? Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie. Ek, die Seun van die Mens, sal inderdaad kom, vergesel van God se engele. Ek sal met die heerlikheid van my Vader bekleë wees, en Ek sal almal oordeel volgens hulle dade” (Matt 16:24-27). Die self-sterf-gedagte staan sentraal tot ons nuwe lewe in Christus. Dit is belangrik vir die nuwe gelowige om ʼnmonument te hê, ʼnoomblik waarna mens kan terug verwys om jou te herinner. Jy is dood, jy lewe nie meer nie (Rom 2:20). Ons stryd teen sonde is verby, want ons leef nie meer nie (Gal 5:16, 24). Dit is ons redelike godsdiens –ons is aan Hom geoffer as lewende heilige offers (Rom 12:1; Rom 6:11).

3 Word gevul met die Heilige Gees

Toe Jesus die Samaritaanse vrou tot redding lei, wys Hy haar dat Hy die Fontein van lewende water is, want as sy van Hom drink, sal sy nooit weer dors kry nie. Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ’n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel(Joh 4:14). Dis presies wat gebeur as jy in Jesus begin glo. Hy word ʼnfontein van wysheid, waarheid, rigting en nuwe waardes waarvolgens jy leef (Jer 31:31-34). Die Woord van God word vir jou begrip oopgesluit en jy begin verstaan wat jy lees. Die Woord word lewendig en werk in jou om dit nie net te hoor nie, maar ook toe te pas in jou lewe.

ʼn Paar hoofstukke verder in Johannes 7 maak Jesus die volgende aankondiging. Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei. Dit het Jesus gesê oor die Gees wat die mense wat in Hom glo, sou ontvang(Joh 7:38-40). By redding, toe jy tot geloof gekom het, ontsluit die Here in jou ʼninnerlike fontein, maar wanneer Hy jou vul met die Heilige Gees word die fontein strome van lewende water wat uit jou uitvloei na ander. Die vervulling met die Heilige Gees en die gawes van die Heilige Gees wat daarmee gepaard gaan, is ʼngoddelike bemagtiging om sy getuie te wees (Hand 8:1). Al die gawes is gerig op bediening, die opbou en stigting van God se mense. Soos Jesus, word jy ʼnwerktuig in God se hand om mense van die waarheid te oortuig (Joh 18:37).

Johannes die Doper maak tydens sy bediening die volgende verklaring oor Jesus: Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop(Matt 3:11; Mark 1:8). Die term is nog nooit in die Bybel gebruik nie. Niemand sou verstaan wat hy hiermee bedoel nie. Jesus maak weer die opmerking by Sy hemelvaart: Johannes het met water gedoop, maar júlle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word(Hand 1:5). Die volgende hoofstuk vertel in detail van die uitstorting van die Heilige Gees. Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat(Hand 2:4). Dit was nie ʼneenmalige uitstorting net vir die eerste gelowiges nie. Later is hulle weer op dieselfde wyse aangeraak. Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig(Hand 4:31). Later sou Petrus deur ʼnvisioen gelei word om ook die heidene in te sluit in God se Goeienuusboodskap.Terwyl Petrus nog hierdie dinge sê, het die Heilige Gees op almal gekom wat sy boodskap gehoor het(Hand 10:44). Om gevul te wees met die Heilige Gees was ʼnvoorwaarde tot diens in die gemeente. Medegelowiges, kyk uit vir sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel(Hand 6:3). Almal van ons wil ʼnlekker tyd en lewe hê, en sommige vind hierdie lekker tyd in verskillende soorte alkohol. Paulus vra dat ons nie dronk sal word van wyn nie, maar gevul word met die Heilige Gees (Ef 5:18). ʼnLekker tyd sonder ʼn“hang-over”! Soos wat ʼnmens dronk word van wyn (gevul word met wyn), kan ons wese gevul word met die Heilige Gees. Die Heilige Gees maak mens meer vrymoedig en “bold”. ʼnMens verloor jou inhibisies en is nie meer skaam om te getuig of voor mense te bid nie. Ek dank God dat redding nie net reeks besluite en gedagtes is nie, maar ʼnervaring en ʼnontmoeting met die Lewende God. Wanneer Hy jou aanraak, is jou lewe nooit weer dieselfde nie. Sommige mense se ontmoeting met God is dramaties, soos Paulus wat ʼnlig sien en van sy perd afval (Hand 9:3-9). Nie elke mens se ervaring is so dramaties nie, maar iewers in die proses van redding en kind van God word moet daar iewers ʼnbeduidende ervaring met God wees. Die Heilige Gees is ook die Een wat jou kindskap beseël en bevestig. Hy het ons as sy eiendom gemerk en die Gees in ons harte gevestig as deposito wat as waarborg dien van alles wat Hy nog vir ons gaan gee (2 Kor 1:22).

Geloofsekerheid

So baie mense wil eers reg wees en ophou met verkeerde dade, wat hulle weet God nie van hou nie, voordat hulle kom en regmaak. So stel hulle uit en kom nooit tot oorgawe nie. Ander mense werk hard om reg te lewe en reg te doen sodat hulle werke vir God aanneemlik sal wees. Hulle vergelyk hulleself met ander sogenaamde gelowiges en oordeel dat hulle ook nie altyd reg doen nie. Op die ou einde kan hulle nooit sê en erken “ek is ʼnkind van God” nie. Hulle voel nie waardig nie! Hulle doen nog te veel sonde. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word (Matt 6:33).

Ons is almal soekers: soekers na vrede en geluk, en innerlike tevredenheid. Ons soek ook na wat reg is. Wat is die regte ding om te doen of te sê. Ons wil tog hê dat daar aan ons reg gedoen word in besigheid en dienslewering. Die geregtigheid van die mens staan egter in kontras teenoor God se geregtigheid. Die grootste misdadiger regverdig sy of haar optrede op die een of ander manier. Die egbreker regverdig die verraad deur die skuld op sy of haar huweliksmaat te pak. Jesus vertel verskeie stories van mense wat gesoek het: die man wat die pêrel van groot waarde gekry het (Matt 13:45-46); die vrou wat die verlore muntstuk gesoek het (Luk 15:8); die man watʼngroot skat op ʼnland gekry het (Matt 13:44). Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word(Matt 5:6).

Om die koninkryk te vind is soos om ʼngroot skat te ontdek. Hierdie skat is ewig, onwankelbaar en onverganklik (Heb 12:28). Maar wat is die Koninkryk van God? Jesus begin Sy prediking met hierdie boodskap: Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom(Matt 4:17). Die koninkryk van God spreek van Sy heerskappy, Sy wil, Sy orde en Sy wêreld. Is dit nie die uitroep van so baie mense in hierdie tye van onheil nie? Ons verlang en hunker na God se wêreld! Sommige oorweeg selfmoord net omdat hierdie wêreld so donker en onmoontlik vir hulle geword het. Wat wel alle verstand te bowe gaan, is hoe soveel oënskynlik suksesvolle, bekende en selfs bekroonde mense selfmoord pleeg. Dit is dus duidelik dat die geveg nie noodwendig fisies is nie, maar in mens se gedagtewêreld. Sommige mense kry dit reg om tevrede en gelukkig te wees. Ander kry nooit genoeg nie en soek gedurig na nog meer. Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees (Rom 14:17).

Hier is die koninkryk nou mooi verduidelik: Die koninkryk is nie wat jy van buite af in die liggaam sit nie, maar wat van binne uit jou kom. Geregtigheid – om met God reg te wees. Vrede – nie die afwesigheid van konflik nie, maar die vermoë om te midde van konflik rustig en tevrede te wees. Vreugde in die Heilige Gees – hierdie vreugde is aansteeklik! Dit is ʼnborrelende fontein van deurentyd bewus wees van God se teenwoordigheid.

Hierdie drie ervarings is dan ook jou bewys dat jy wel reg is met God. Bekering, doop, vervulling met die Heilige Gees. Die geheim is die geskenk van geregtigheid! Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra(Jes 53:11). Disʼnskat wat ontdek is! Soos iemand wat die lotto gewen het, of ʼnstuk goud opgetel het. Dis verniet! Jy het nie daarvoor gewerk nie. Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdigdeur die verlossing wat in Christus Jesus is (Rom 3:23-25).

Geregtigheid is die geskenk van kindskap om weer soos Adam en Eva in ʼnvolle verhouding, sonder sonde, met God te wandel. Geregtigheid wys ook na God se geregtigheid – Hy is die Ewige en absolute standaard van reg. Sy Woord is reg en waar. Sy karakter is onbesproke en regverdig. Sonde is in wese ongeregtigheid, om Sy standaard te mis. Toe die jongman by Jesus kom, het hy die wet volledig nagekom en kon nie aan iets dink waaraan hy nog kortkom nie. Hy wou volmaak wees. Jesus antwoord hom: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.” Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad. En Jesus sê vir sy dissipels: “Voorwaar Ek sê vir julle dat ’n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan”(Matt 19:21-23). Dit som die tema van geregtigheid presies op: Ons beste geregtigheid is nog steeds nie genoeg nie, want ons kan nie onsself red nie. As ons sou kon, hoekom het ons dan ʼnredder nodig? Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: “Wie kan dan gered word?” Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik” (Matt 19:25-27).

Ons het dus geen ander keuse as om Sy geregtigheid as geskenk te ontvang nie. Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. DAAROM, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word (Ef 2:8-11). Ons is geskape om in Sy beeld en volgens Sy wil en geregtigheid te leef, maar die eie-ek en eie-wil het gekies om ons eie ding te doen. Matteus 6:33 sê dit is van wesenlike belang om op Sy geregtigheid te fokus. Ons vertroue is nie in ons geregtigheid nie, maar in Sy geregtigheid.Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus (Rom 5:17). Sy geskenk van geregtigheid stel ons in staat om weer te heers soos Adam, en die mens se skeppingsdoel te vervul (Gen 1:28 en Rom 8:29). In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID (Jer 23:6). Ons lewe dus elke dag met hierdie woorde op ons lippe: “Die Here ons geregtigheid”; “Jesus is my geregtigheid!” Die feit dat ons allereers hier begin, is ook belangrik. As ons in enige godsdiensoefening of -praktyk begin, is die fokus weer op ons geregtigheid en dan word dit dooie werke (Heb 6:1). Maar ons begin altyd eerstens, bowenal, deur Sy geregtigheid te soek en vanuit Sy volmaakte offer te leef.

Dis vanuit Sy geregtigheid dat ons

  • nou vrymoedigheid het om God te nader. (Heb 10:19; Heb 4:16)
  • in staat is om alles te doen. (Fil 4:13)
  • meer as oorwinnaars is. (Rom 8:37)
  • satan oorwin het. (1 Joh 2:13; 4:4; 5:4-5)
  • aan die slawerny van sonde ontsnap het. (Joh 8:34-36)
  • elke geestelike gawe in die hemel ontvang het. (Ef 1:3)
  • saam met Jesus in hemelse plekke sit. (Ef 2:6)

Hierdie geskenk van geregtigheid maak ons ons eie, ons eien dit vir onsself toe, en Hy werk Sy krag in ons om Sy kinders te wees. Dis die krag van die Evangelie! Jesus beveel ons nie net om reg te leef nie, Hy werk die vermoë en krag in ons om Sy wil te doen (Joh 1:12; Fil 2:13; Heb 13:21). Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo (Joh 1:12).

Dit is God se genade aan die mens, dat Hy nie net vir ons gesê het hoe om te lewe nie, Hy het ons kom wys!! Jesus is net soos ons versoek en is waarlik mens. TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word (Heb 4:14-16).

OPSOMMING

Hoe word ek gered? Glo in Jesus!

Hoe leef ek as Christen? Jy leef Jesus se lewe en voorbeeld. In jou konteks, omgewing, situasie leef jy soos Jesus.

Kom ons kyk in meer diepte na Jesus se voorbeeld. Jesus het op meer as een geleentheid verklaar dat Hy niks kan doen sonder die Vader nie. Sy manier van leef, is ook ‘n vorm van redding.  Hy toon ons die beste manier om te leef.

(Joh 4:34) Jesus antwoord hulle: My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.
(Joh 5:19-20, 30) Die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so.
(Joh 5:30) Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; enmy oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vaderwat My gestuur het.
(Joh 6:38) Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
(Joh 8:28) Uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.
(Joh 12:49) Ek het nie uit my eie gepraat nie,maar die Vader wat My gestuur het, het aan My ’n opdrag gegee oor wat Ek moet sêen wat Ek sal verkondig
(Joh 14:10) Glo jy dan nie dat Ek in ’n hegte verhouding met die Vader leef en Hy met My nie? Die gedagtes wat Ek met julle deel, kom nie uit Myself nie, maar dit kom van die Vader wat in My bly en deur My sy werke uitvoer.
(Joh 14:24) Wie My egter nie liefhet nie, is nie gehoorsaam aan my woorde nie. Die boodskap wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s’nwat My gestuur het.
(Joh 14:31) Ek sal nie meer baie langer met julle praat nie, want die regeerder van hierdie wêreld is op pad, alhoewel hy geen houvas op My het nie. Die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom nougeset doen wat die Vader aan My opgedra het. Staan op, laat ons hiervandaan vertrek!
(Matt 26:39) Hy het toe ’n entjie verder neergeval en met sy gesig plat teen die grond gebid: “O my Vader! As dit moontlik is, neem tog hierdie lydensbeker van My weg. Doen nogtans nie soos ek wil nie, maar soos Ú wil.

Ons lewe volg dieselfde patroon. Soos iemand wat ʼnnuwe dieet volg en leefstylaanpassings maak.

Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar (Joh 14:21).

Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het (Joh 14:26).

Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie (Joh 15:5).

Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God (Rom 8:14).

En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly (1 Joh 2:27).

Jesus se lewe van geregtigheid was dus Sy gehoorsaamheid aan die Vader.  Hierin was Hy vir ons ʼnvoorbeeld. Dit is dan moontlik om so ʼnverhouding met die Here, Skepper van die heelal, te hê! Hierdie nuwe rigting en lewensuitkyk word ʼnwonderlike pelgrimsreis van avontuur saam met Jesus. Die Heilige Gees maak die Woord lewendig en relevant in ons lewe, en leer ons hoe om te leef. Soos wat ons hoor en doen, groei ons geestelik en word verander van heerlikheid tot heerlikheid in die volheid wat Christus vir ons bestem het.

 

Categories
Jesus die beste lewe

Die roetines en gewoontes van Jesus

Dit is die aktiwiteite wat ons daagliks doen, wat ons lewe bepaal. [1]

“All our life, so far as it has definite form, is but a mass of habits.” William James.

“Dailiness, routine, sameness frees the heart to traffic in more important matters.” Joan Chittister.

“How we spend our days is, of course, how we spend our lives.” Annie Dillard

’n Navorsingsartikel wat in 2006 by die Duke Universiteit gepubliseer is, het bevind dat meer as 40% van die aksies wat mense elke dag uitvoer, uit gewoonte is en nie omdat die persoon ’n besluit daaroor neem nie.[2]

Die moderne mens se onrealistiese verwagting is dikwels oombliklike gewigsverlies, fiksheid, welvaart, sukses en roem. Die realiteit is egter dat dit volgehoue, daaglikse roetine verg om sukses in hierdie areas van ons lewe te behaal.

Ons het geglo dat slegs die navolging van waarheid tot ’n betekenisvolle lewe sal lei. Daarom het ons leerstellings bo lewe verkies, feite bo lewenslus, en inligting bo verandering. In ons meedoënlose strewe om alles reg te doen, het ons alles verkeerd gedoen. Verandering is ’n ervaring. Dit is iets wat gebeur met ’n mens wat die trajek en lewenskwaliteit van ’n sekere punt af wysig.[3]

Ons wil so graag, soos in die films wat ons kyk, ons lewe probeer “fast-forward” of dele uitvee, of soos in videospeletjies oorbegin, sonder om elke dag enigiets in ons lewe aan te pas of te verander. In videospeletjies kry jy gewoonlik drie lewens, maar in die werklikheid van hierdie lewe ontvang jy net een! Jy kan nie dele uitsny of weglaat nie. Elke besluit, elke aktiwiteit, is bepalend tot jou lewe.

Vir 40 jaar het die volk daagliks manna opgetel en in ’n woestyn oorleef (Eks 16:4).

Gee ons vandag ons daaglikse Brood (Matt 6:11).

Ons neem daagliks ons kruis op (Luk 9:23).

Die Here se ontferming is elke môre nuut (Klaagl 3:23).

Die vleeswording van Jesus grondves en anker ons lewe in die wete dat 30 jaar se gewone, vakman-, plaas-, buite-die-kollig-lewe nie van minder belang is nie. Dit was hierdie opvoeding en leerproses wat Sy openbare lewe en woorde gevorm het. Die Seun van God het bykans 30 jaar daaraan bestee om die alledaagse werk van die gewone mens te doen. Daaglikse werk is dus nie van minder belang as tempeldiens en prediking nie. Elkeen het sy plek. Jesus het baie wonderwerke gedoen, maar daar het nie elke dag uitsonderlike wonderwerke plaasgevind nie en daar is nie elke dag dooies opgewek nie. Wonderwerke en tekens is belangrik, maar wat egter van wesenlike belang is, is die daaglikse roetinelewe wat die weg gebaan het vir hierdie wonderwerke!

Die menswording van God help ons om weer na te dink oor die mite dat ons meer nodig het. Toe God vlees geword het, is elke mens se lewe heilig verklaar. Die feit dat God mens geword het en die grootste deel van Sy lewe in onbekendheid as skrynwerker op ’n klein dorpie, Nasaret, deurgebring het, gee ons perspektief. Deur die menswording het ons geleer dat elke lewe waardig is en betekenis het; elke gewone lewe maak saak. Die geheimenis van die menswording help ons om te onthou dat ’n gewone lewe die moeite werd is om te leef, anders sou God ’n ander lewe, ’n ander dorp en dalk ’n meer “relevante” tyd, soos nou, gekies het.[4]

Ons daaglikse bestaan het dus betekenis en waarde. Niks is verniet of onbenullig nie. Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie(Sag 4:10).

JESUS SE DAAGLIKSE ROETINES

Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan(Luk 4:16). Jesus het dus die weeklikse byeenkomste bygewoon. Soos Sy gewoonte was. Mens vra jouself nie daagliks af of jy moet gaan werk, en of jy jou tande moet borsel nie. Dis bloot goeie gewoontes. As ons nie vir ons kinders kerkbywoning as ’n gesonde, goeie gewoonte aanleer nie, leer hulle ’n ander gewoonte aan, soos om eerder ander dinge te doen.

“Was dit vir julle nodig om met swaarde en stokke uit te gaan om My te vang asof Ek ’n rower is? Dag vir dag het Ek in die tempel gesit en die mense geleer, en julle het My nie gevange geneem nie(Matt 26:55; Luk 19:47). Eredienste op ’n Sondag (die eerste dag van die week) het ontstaan a.g.v. mense se honger en daaglikse behoefte en begeerte om byeen te kom. Daar is ’n hoë waarde gehef op gereelde byeenkomste. Vandag kry kinders, sport, TV en ontspanning ’n hoër prioriteit as kerk. Ons is mos vertel jy is die kerk, nie die gebou of samekoms nie. Tog gebeur kerk wanneer twee of drie in Sy naam saamkom. Diegene wat nie meer kerk bywoon nie, wen ook nie meer siele nie, bid nie vir siekes nie, en beraad en bedien ander ook minder. Dis interessant dat hoe ryker mense word, hoe kleiner word hulle behoefte aan kerk. Enige dieet en oefenprogram behels ’n daaglikse roetine. Hierdie nuwe roetine breek die ou, ongesonde leefstylgewoontes.

“Church has become more like going to the movies when it’s supposed to be more like going to the gym”. -Francis Chan

Jesus herken die beweging en oomblik van genade wat God vir ’n gegewe situasie gee. Hy het gegaan om vir Petrus se skoonmoeder te bid, maar toe word die skare meer en Hy het deur die nag die mense bedien. Toe Jesus uit die sinagoge weg is, is Hy na Simon se huis toe … Teen sononder het almal wat mense in die huis gehad het met een of ander siekte hulle na Jesus toe gebring … Die volgende oggend teen dagbreek het Jesus alleen weggegaan … So het Hy dan aangehou om in die hele Joodse gebied te preek (Luk 4:38-44). Die bruilof in Kana is nog ’n voorbeeld dat Jesus saam met God werk, en nie God saam met Hom nie (Joh 2).

Jesus het ’n duidelike gebedsroetine gehandhaaf. Jesus het die stad verlaat en volgens gewoonteOlyfberg toe gegaan, en sy dissipels het Hom gevolg. Toe Hy op die plek aankom, sê Hy vir hulle …(Luk 22:39-40).

Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ’n eensame plek en daar gebid (Mark 1:35).

Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid (Luk 5:16).

Dit was in daardie tyd dat Jesus eenkeer die berge in is om te gaan bid. Dwarsdeur die nag was Hy besig om tot God te bid …(Luk 6:12-19).

Na hierdie gesprek het Jesus teen die berg uitgeklim om te gaan bid. Hy het Petrus en Johannes en Jakobus saam met Hom geneem(Luk 9:28-36).

Die vroeë Kerk het Jesus se gewoonte nagevolg:

So continuing daily with one accord in the temple, and breaking bread from house to house, they ate their food with gladness and simplicity of heart(Hand 2:42).

Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig. Maar party was koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook in die openbaar die leer van die Here belaglik probeer maak. Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou(Hand 19:1-5).

Goeie gewoontes:

Gee van offergawes en tiendes

Kerkbywoning

Huiskerk-samesyn

Bybelskool

“Modern church is visitor-centric, biblical church is committed-centric.” -Dale Partridge

ONS VERLOËN SELF DAAGLIKS

Ons geestelike bestaan hang nie af van die groot dinge wat ons vermag nie. Geestelike heldedade is geskenke uit God se hand, en kan nie deur die mens gemanipuleer word nie. Opstanding is ’n goddelike werk. Ons kan nie onsself uit die dood laat opstaan nie. Ons kan wel daagliks ons eie-ek en self kruisig en verloën in gehoorsaamheid aan dit wat die Here van ons vra. “Self” is ons grootste vyand! Daarom kies ons as ons redelike godsdiens om “self” se versoeke te ontken en misken (Rom 6:11; Rom 12:1). Ons verloën en verklaar dat ons “self” nie ken nie, net soos Petrus Jesus verloën het toe hy volgehou het dat hy Hom nie ken nie (Luk 22:61). Ons vergeet dus van ons self. Selfloosheid is om geen ag op “self” te slaan nie (Matt 16:24). Hierdie selflose bestaan word ons lewe. Dis hoe ons kies om te reageer op negatiwiteit of vyandigheid. Ons leef nie meer nie (Gal 2:20).

DAAGLIKSE FOKUS OP JESUS

Hierdie selflose liefde is net moontlik, en kan net gevind word, in die voortdurende openbaring van God se liefde (Ef 3:17-19).

“Self” word dus net minder in die aangesig van Sy liefde. Dit impliseer dat ons daagliks op Sy geregtigheid fokus (Matt 6:33). Soos ons Hom bewonder, en Hy meer word in ons fokus en bewussyn, vergeet ons van onsself (Joh 3:30). Paulus bid vir die gemeente: [Ek bid] dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken(Ef 1:17). Om Christus werklik te leer ken, bring outomaties selfloosheid te weeg. Wanneer mens meer en meer tyd deurbring met iemand van wie jy baie hou, smeer daardie persoon af aan jou. So fokus ons op Christus, Sy lewe, styl, waardes, manier, gesindheid, denke, gewoontes, karakter en so word ons gevul met die kennis (experiential knowledge) van wie Hy is. Dis hierdie fokus en nabyheid aan Christus wat ons lewe transformeer. Johannes verduidelik dat, soos ’n boom ingeënt word op ’n ander kern/wortel/stam, ons in Christus ingeënt is (Joh 15).

Deur gereeld nagmaal te gebruik, versterk hierdie Jesus-fokus. Do this in remembrance of Me(1 Kor 11:5). 2 Die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof (Heb 12:1). Deur die bepeinsing van Jesus se kruisdood en die offerwerk wat Hy volkome vir ons verrig het, fokus ons reg (1 Kor 2:2). Soos die mense na die slang gekyk en genesing ontvang het, kyk ons na Jesus (Joh 3:14).

Deur elke dag tyd in die Woord te bestee, deur op die Here te wag in stil luister-meditasie, en deur met bewustheid (mindfulness) te fokus, rig ons ons hart en siel op Hom.

DAAGLIKSE SAMEKOMS MET GELOWIGES

Hy was elke dag in die tempel besig om die mense te leer(Luk 19:47).

Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys (Hand 2:46–47).

… daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou (Hand 19:9).

… en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie …(Heb 10:25).

Soos die getye van die see, is daar ’n gesonde ewewig tussen inwaartse individuele intimiteit met die Here, en samesyn met gelowiges. Die twee bewegings, diens aan God en diens aan mekaar, is wat die woord “tempel” (Naos) beteken. Ons sien God se gesig en voel Sy aanraking in mekaar. Ons is soos tropdiere – ons kan nie sonder mekaar funksioneer nie. Inteendeel, soos die dele van die liggaam, bestaan ons ter wille van die liggaam (Rom 12).

LOOF EN DANK DIE HERE DAAGLIKS

Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings. Hulle is regverdig(Ps 119:164). ’n Ander vertaling sê: Sewe keer per dag, oordink ek U voorskrifte.Dan sal ek u Naam altyd besing

en dag na dag my geloftes betaal(Ps 61:9). Een van my vriende begin elke dag met Bybelstudie, lofprysing en danksegging. Dis so ’n pragtige gewoonte om ons ingesteldheid vir die dag reg te begin. Ons fokus reg, want ons fokus op die ewige!

Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag(1 Tess 5:16).

DAAGLIKSE WONDERWERKE

Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen(Mark 16:20).

En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind(Hand 4:29-30).

… terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?(Heb 2:4, Ou Afrikaanse Vertaling).

… want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag(1 Kor 4:20).

Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus(1 Kor 2:16).

Dr Brian Adams glo in “verwag daaglikse wonderwerke”. Ons behoort ’n daaglikse verwagting te hê dat God bonatuurlik deur ons wil werk! Hierdie verwagting is soos ’n hoeksteen-gewoonte. Dit rig ons, en hou ons bedagsaam en sensitief teenoor die Heilige Gees. Ons kan nie wonderwerke laat gebeur nie, ons is bloot ingestel om in die geloof te doen soos die Heilige Gees lei. God se koninkryk is geestelik. Deur die uitstorting van die Heilige Gees het God nou in ons kom woon om, soos Christus, deur ons Sy wêreld te demonstreer.

DAAGLIKSE WERK

Jesus het ons kom wys dat daaglikse werk ook heilig kan wees. Hy was volkome mens, en tog het Hy nie gesondig nie. Ons verheerlik die Here ook deur die kwaliteit van die werk wat ons doen. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik(Matt 5:16). Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God (1 Kor 10:31). Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk—hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie(Spr 22:29).

Ons moet werk om te kan gee. Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het (Ef 4:28).

Maar ons moet anders werk as die wêreld. Ons handewerk, en hoe ons met mense werk, moet spreek van God se Vaderhart en Sy waardes. Toe die koningin van Skeba die geregte op die tafel sien – wat was anders? Die manier hoe dit voorgesit word? Verder was sy beïndruk met hoe Salomo se diensknegte gesit het, hoe hulle hulleself gehandhaaf het, en hulle klere. Die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die Here, was daar in haar geen gees meer nie(1 Kon 10:5). Ek glo Salomo het sy diensknegte nie soos slawe behandel nie maar menswaardig, wat hulle trots laat voel het om te dien. So behoort ons plase, pakhuise en fabrieke ook die regering na hulle asem te laat snak oor die manier waarop ons mense bemagtig en menswaardigheid ontwikkel.

DAAGLIKSE DIENS

God is nie net soms ’n Gewer nie. As ons na die skepping kyk, dan gee God nog steeds, in oordaad! Wanneer ons verstaan dat dit beter is om te gee as om te ontvang, dan word gee ’n lewenstyl. Diensbaarheid is nie slawerny nie, dis ’n lewenstyl van gee. Liefde, vriendelikheid, goedheid, vrede, behulpsaamheid: GEE! So vind ons vroeg in die getuienis van die handelinge van die apostels en vroeë gelowiges, dat hulle daagliks besig was om te gee (Hand 6:1). Daar word ook vrywilligers, diakens, aangestel om prakties te help en te dien. Jesus het die wêreld kom dien deur genesing, verlossing en bevryding uit te deel (Fil 2:1-5). Jesus was selfs bereid om sy dissipels se voete te was (Joh 13:5). Boere dien die wêreld deur genoeg smaakvolle en voedsame voedsel te voorsien. Besighede dien die mensdom deur die kos te verpak, te verwerk en toeganklik te maak vir elkeen. Die regslui en wetstoepassers dien die mensdom deur wet en orde toe te pas, en sodoende te sorg vir ons veiligheid. Dokters hou ons gesond. Die regering sorg dat daar toepaslike infrastruktuur en hulpbronne beskikbaar gestel word sodat ons kan floreer in ons skeppingsdoel.

DAAGLIKSE RUS

Ja, ons onthou God het op die sewende dag gerus. Daarom die Sabbat. Maar Jesus wys ons dat daar by Hom ’n gesonde ritme tussen rus en werk was. Hy is die permanente Sabbatsrus (Matt 12:1-8). Christus is die rus waarna elke mens soek. Hierdie rus gebeur wanneer ons vrede met God maak (Rom 5:1). Om in die geloof te lewe, is om in God se rus te lewe. Die rus van volkome geloofsvertroue (Heb 11:1; 6). Ons wandel deur die geloof, nie deur wat ons sien nie (2 Kor 5:7). Wandel impliseer die daaglikse lewe. Ons leer dus om vanuit rus, en na rus toe, te leef. Ons veilige plek is God se rus. Ons leef nie meer nie, en dit beteken ons rus. Ons beweeg net wanneer ons gelei en gedring word deur die Heilige Gees (Rom 8:14). Ons beweeg dus van rus af na gehoorsaamheid, waartoe Hy ons opwek tot ’n nuwe lewe in Christus. Jesus slaap te midde van ’n storm (Mark 4:38). So kan ons ook te midde van krisisse en tye van onheil in die Woord rus.  Hy sal ons in elke situasie anders lei.

ONDERSOEK DIE SKRIFTE DAAGLIKS

En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dagdie Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was(Hand 17:11). Jesus het al as jong seun die skrifte geken, daarom kon Hy op die ouderdom van 12 met die Fariseërs en skrifgeleerdes redeneer (Luk 2:41-52). Dit impliseer: Hy het die OT-geskrifte honderde kere deurgelees, gememoriseer en verstaan. Op 12! Vandag heg ons ’n hoër waarde aan sekulêre skoolonderrig as aan kennis van God se Woord. Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny (2 Tim 2:15).

DIE TYD IS NOU

Hy het hulle vriendelik ontvang en met hulle gepraat oor die manier waarop God NOU regeer(Luk 9:11). Deur te fokus op vandag, ontsluit ons die NOU-genade van God. God is ’n ewige Teenwoordigheid. Sy genade is vir die nou. Ons moet net bepaal wat God nou wil doen.

 

Op die regte tyd het Ek jou verhoor, en op die dag van verlossing het Ek jou gehelp(2 Kor 6:2). Inderdaad – dit is nóú die geskikte tyd; dit is nóú die dag van verlossing. Die geheim van iemand wat van elke dag die beste maak, is om God se plan vir elke dag te ontsluit en te ontgin. Ons hoor en doen! Daarom het Jesus gewag vir die oomblik van “dit is nog nie my tyd nie” (Joh 2:4) tot “Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word” (Matt 4:1). ’n Belangrike rede waarom ons die skrifte ondersoek, is om God se tydsberekening te verkry. Iets wat die Fariseërs heeltemal misgekyk het (Matt 16:3).

 

Carpe diem is ’n Latynse aforisme wat gewoonlik as “gryp die dag” vertaal word. Dit kom uit Boek 1 van die Romeinse digter Horatius se werk, Odes(23 v.C.).

In Horatius se werk is dit deel van ’n langer uitdrukking, “Carpe diem, quam minimum credula postero”, wat vertaal kan word as “Gryp die dag, maar moenie te veel op môre (die toekoms) vertrou nie”. Volgens die ode is die toekoms onbekend en mens moenie op toekomstige gebeure reken nie, maar eerder vandag alles in jou vermoë doen om jou toekoms beter te maak. Die uitdrukking word gewoonlik teen Horatius se Epikuriese agtergrond verstaan.[6] Die betekenis van carpe diem soos Horatius dit gebruik het, beteken nie ons moet die toekoms ignoreer nie. Dit beteken eerder dat ons nie net moet aanvaar dat alles sal uitwerk nie maar dat ons vandag moet optree om die toekoms beter te maak. [7]

“Remember that you are mortal, so seize the day.”

“Enjoy the moment.” (enjoy, seize, use, make use of)

Hebrew: The phrase ?ואם לא עכשיו, אימתי “And if not now, then when?” (Pirkei Avoth 1:14)

In die 1989-fliek,Dead Poets Society, het die Engelse onderwyser John Keating, gespeel deur Robin Williams, die volgende gesê: “Carpe diem. Seize the day, boys. Make your lives extraordinary.” Hierdie sin is later deur die American Film Institute as die 95stebeste fliek-aanhaling aangewys.[9] Die televisiereeks, Community, het later op satiriese wyse met die fliek omgegaan deur die karakter van professor Whitman, ’n komiese en eksentrieke weergawe van Williams se karakter wat “Carpe diem” as lewensfilosofie gebruik het.

Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg(Matt 6:34).

Moet julle dan nie vandag al oor more se probleme kwel nie. As more gekom het, kan julle daaroor dink. Elke dag het genoeg van sy eie probleme(Matt 6:34, Die Lewende Bybel).

In die alledaagse van ons lewens ontmoet die heilige en die gewone. Heerlikheid en verderf kruis mekaar. Die heilige ontmoet die roetine. Die lewenslange reis na die hemel word dikwels gekenmerk deur gewone dae waar ons eenvoudig ons werk doen en God dien so goed as wat ons kan.

Manna elke dag (Eks 16:4).

Gee ons vandag ons daaglikse brood(Luk 11:3).

Indian philosopher, cultural reformer, and spiritual leader Gandhi was right when he said, “There is more to life than increasing its speed.”

The Lord’s mercies are new every morning(Klaagl. 3:23; NIV).

[1]Charles Duhigg. The Power of Habit: Why We Do What We Do in Life and Business

[2]One paper published Bas Verplanken and Wendy Wood, “Interventions to Break and Create Consumer Habits,” Journal of Public Policy and Marketing 25, no. 1 (2006): 90–103; David T. Neal, Wendy Wood, and Jeffrey M. Quinn, “Habits—A Repeat Performance,” Current Directions in Psychological Science 15, no. 4 (2006): 198–202.

[3]The Jesus Life. Eight ways to recover authentic Christianity Stephen W Smith

[4]The Jesus Life. Eight ways to recover authentic Christianity Stephen W Smith

Categories
Jesus die beste lewe

Die redelikheid en logika van Jesus Christus

So be shrewd as serpents and innocent as doves. (Matt 10:16 NSAB)

Fundamenteel tot Jesus se lewe was sylogika, redelikheid, nugterheid en gebruik van gesondeverstand. As ʼn jong seun het Hy met die skrifgeleerdes en Fariseërs in die tempel geredeneer. Die evangelie in sy essensie is gesondeverstand. Christenskap is die een godsdiens in die wêreld wat durf en deurgaans die gebruik van die intellek vereis. Dink!

Die Christus-lewe is eweneens ʼn kwessie van geloof, maar ook van leefwyse. Die leefwyse van geloof, liefde, dankbaarheid, vergifnis, naasteliefde, selfloosheid en vrygewigheid is die beste manier om te leef. Dit is oor en oor bewys.

Selfs al sou God nie bestaan nie . . . is die Bybelse/Jesus-/Christus-gesentreerde leefwyse die beste manier van leef. As mens die sinloosheid van oorlog, moord, dwelm- en alkoholmisbruik, jaloesie en haat sien, dan wonder mens, hoe is dit moontlik dat regdenkende, redelike, opgevoede mense tot sulke dade kan oorgaan?

Die Jesus-lewe rig ons na ʼn goddelike, koninklike, verhewe bestaan teenoor ʼn dierlike, redelose slawebestaan – oorgegee aan boosheid.

Die wysheid van bo is . . . vredeliewend, redelik(Jak 3:17). Die Griekse woord wat hier met “redelik” vertaal word, beteken letterlik “toegewend”. Sommige vertalers gee dit weer as “bedagsaam”, “vriendelik” of “verdraagsaam”. Let op dat redelikheid met vredeliewendheid geassosieer word. In Titus 3:2 word dit saam met sagmoedigheid genoem en word dit teenoor strydlustigheid gestel. Filippense 4:5 spoor ons aan om bekend te wees vir ons “redelikheid”. Iemand wat redelik is, neem die persoon met wie hy praat se agtergrond, omstandighede en gevoelens in ag. Hy is bereid om toe te gee wanneer dit gepas is. As ons ander so behandel, help dit om hulle verstand en harte ontvankliker te maak wanneer ons uit die Skrif met hulle redeneer.

Die wysheid van die mens staan in kontras met Paulus se appèl in 1 Korintiërs 1:18-31 – die wysheid van die mens is dwaasheid vir God.

Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.” Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie (1 Kor 1:18-31).

Die woordjie “selfbeheersing” in die bekende vers, Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing (2 Tim 1:7), kan eintlik direk vertaal word met “geredde verstand”. Die Here wil ons denke gebruik, maar ons vertrou nie op ons intellek  en rede nie.

4993. σωφρονέω sōphronéō; contracted sōphronṓ, fut. sōphronḗsō, from sṓphrōn (G4998), sober-minded. To be of sound mind, intrans. To be sane, in one’s right mind (Mark 5:15; Luke 8:35; 2 Cor. 5:13). By implication to be sober-minded, to think and act soberly, discreetly, to use sound judgment and moderation, to be self-disciplined (Rom. 12:3; Titus 2:6; 1 Pet. 4:7). Syn.: nḗphō (G3525), to be sober. Ant.: paraphronéō (G3912), to act the fool; exístēmi (G1839), to be out of one’s mind, be insane, be beside oneself; ataktéō (G0812), to behave in a disorderly manner.

LOGOS: Die woordjie “Logos” wat vertaal word met “woord” kan ook beteken: rede, plan, bloudruk, raamwerk. Jesus is dus die “rede” van God. Die woord wat vlees geword het  ( Joh 1:1). God se plan, rede, logika, denke, het vlees geword en onder ons kom woon. Jesus anker ons logika. Hy gee ons gedagtes ewewig. Die feit dat Jesus die waarheid kom leef het, maak dit uitvoerbaar, prakties, berekenend en wesenlik. Ons kan dikwels weggevoer word deur ʼn akademiese voëlvlug van redenasies en gedagtes, maar niks is konkreet en deel van ons daaglikse bestaan nie. Jesus daarenteen leef waarheid, balanseer die ekstreme en anker die uiterstes, in Sy persoon.

In 1 Pet. 2:2, the phrase logikón gála, literally “logical milk,” refers to the spiritual nourishment found in the Word of God. Lógos, from which logikós is derived, means reason, and is often used to describe God’s intelligence expressed in human speech or form (John 1:1, 14). Some reach this interpretation merely from the context of the passage, as a spiritual explanation of the words. Others reach this interpretation by recognizing that it is not only true but that it is reasonable that the Word of God is our nourishment (cf. Deut. 8:3; Matt. 4:4). The second adj. ádolon (G0097), unadulterated, agrees with this, meaning that the Word of God, when not mixed with human error, is nourishing.

Soos Jakob moet ons ons kop op die rots, Jesus, neerlê en toelaat dat Hy ons verstand bevrug en verhelder om reg dink. Die volgende môre het Jakob opgestaan en hy het die klip wat sy kopkussing was, gevat en dit regop gesit. Toe giet hy olie op die bopunt daarvan uit. Hy het die plek Bet-El genoem (Gen 28:18). Bet-el beteken huis van God, en so moet ons denke ook God se tuisplek word. Ons moet dus die woord van God leer ken, dit memoriseer en daaroor mediteer. Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees (Jos 1:8). Dan sal ons begin reg dink.

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is (Rom 12:1).

Jesus se prediking konfronteer redelike denke en ontmasker dwaasheid. 

Jesus openbaar die dwaasheid van godsdienstige dualisme en dubbele standaarde:

Julle wil eed sweer by die hemele, die aarde, tempel, die altaar, die troon van God . . . hoekom nie net dat jou ja, ja is, en jou nee, nee (Matt 5:33-37).

Moenie dink dat herhaaldelike rympies opsê meer krag opwek om God te beweeg nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik (Matt 6:7).

Sommige mense probeer hulle lywe in klere inpas. Klere is vir die lyf. Laat jou lyf jou kleredrag bepaal.Therefore I tell you, stop being perpetually uneasy (anxious and worried) about your life, what you shall eat or what you shall drink; or about your body, what you shall put on. Is not life greater [in quality] than food, and the body [far above and more excellent] than clothing? (Matt 6:25)

Wat maak mens onrein? Dit wat jy eet, of die woorde wat jy spreek?Julle moet nou luister en mooi verstaan! Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak ‘n mens onrein (Matt 15:10). Begryp julle nie dat alles wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie? Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak. Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery. Dít is die dinge wat ‘n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak ‘n mens nie onrein nie (Matt 15:17-20).

Jesus gebruik dikwels praktiese voorbeelde van die gebruik van gesonde verstand om hoorders te help om in te sien hoe dwaas godsdienspleging werklik is.

Ongehoorsaamheid is dwaasheid.

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het (Matt 7:24). Selfs ʼn persoon wat ʼn hok opslaan in ʼn informele nedersetting, weet dat jy nie ʼn huis op sand bou nie.

Iemand wat gereeld met materiaal en leer gewerk het, sou glimlag vir: “Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want dan skeur die nuwe lap nog ʼn stuk van die oue uit, en die gat word net groter.” “Niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore. Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi” (Mark 2:19-25).

Probeer hierdie prentjie fisies uitvoer of verfilm – dis die hoogste vorm van domheid, dwaasheid, gekheid. Weereens die skreeusnaakse, oordrewe uitspeel van die dwaasheid van mense se dade. Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap (Matt 7:6).

Iemand wie se hart verlig geraak het met die waarheid, kan dit nie wegsteek nie. ʼn Lamp kom mos nie onder ʼn emmer of onder ʼn bed nie?Probeer dit fisies doen: Plaas ʼn flits onder ʼn emmer, onder die bed. Dis malligheid! Die lig skyn deur! (Matt 5:15)

Jesus se fyn skerpsinnigheid is ook opmerklik in hoe Hy komplekse vrae beantwoord en oplos. Toe hulle Jesus in ʼn strik wou vang oor belasting: “Wie se kop en naam is hierop?” “Die keiser s’n,” antwoord hulle Hom. Jesus sê toe vir hulle: “Gee aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort” (Mark 12:14-17).

WIE is dan die getroue en verstandige dienskneg wat aanhou doen wat reg is en rentmeester is van sy goed? (Matt 24:45-51)

Die wyse en dwase maagde (Matt 25:1-13).

Die verstandige, onregverdige dienskneg. Now here’s a surprise: The master praised the crooked manager! And why? Because he knew how to look after himself. Streetwise people are smarter in this regard than law-abiding citizens. They are on constant alert, looking for angles, surviving by their wits. I want you to be smart in the same way—but for what is right—using every adversity to stimulate you to creative survival, to concentrate your attention on the bare essentials, so you’ll live, really live, and not complacently just get by on good behavior(Luk 16:1-9, The Message).

So be shrewd as serpents and innocent as doves(Matt 10:16, NSAB). Shrewdness—understanding how things work, then leveraging that knowledge to apply the right force in the right place at the right time.[1]Dit is hoekom die karaktereienskap gebalanseer word met die onskuld van ʼn duif. Jou vindingrykheid moet gebruik word tot mense se voordeel, nie om jouself te verheerlik en ander te onderdruk nie.

Jesus verstaan ook die dwaasheid van mense name noem en vloek (Matt 5:22). In die meeste gevalle word mense kwaad wanneer hulle nie verstaan word nie. Dit veronderstel dat mens harder sal probeer om jou saak beter te verduidelik eerder as om net harder te skree. Dis onbesonne geraas en dwaasheid om te skree as niemand meer luister nie.

Jesus beskou die man wat aardse besittings vergader het, en dan wil aftree en niks doen nie, as dwaasheid! En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie(Luk 12:12-21).

JESUS ARGUMENTEER MET DIE FARISEËRS:

Die beste voorbeeld waar die mens se eie logika, sonder God, homself in ʼn valstrik kan indink is: Jesus het hulle geantwoord: “Ek sal vir julle sê watter soort volmag Ek het om hierdie dinge te doen. Maar dan moet julle eers vir My hierdie vraag beantwoord: ‘Kom die doop wat Johannes beoefen het, van God af, of was dit maar ’n bloot menslike saak?’” Hulle het toe onder mekaar beraadslaag: “As ons sê dat dit van God af kom, gaan hy vir ons sê: ‘Hoekom het julle hom dan nie geglo nie?’ Maar as ons sê dit was maar net ’n bloot menslike saak, sal ons vir die volk moet oppas, want vir hulle is Johannes ’n profeet.” Gevolglik het hulle Jesus geantwoord: “Ons weet nie.” Daarop was Jesus se reaksie: “Dan gaan Ek ook nie julle vraag beantwoord nie” (Matt 21:25-27).

 

Omring van Fariseërs het Jesus die volgende vraag aan hulle gestel: “Wat is julle standpunt oor die Messias? Wie se seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Dawid s’n.” Waarop Jesus vra: “Hoe noem Dawid Hom dan ‘Here’, terwyl hy tog onder die inspirasie van die Gees praat? Hy sê: ‘Die HERE het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.’ “As Dawid Hom ‘Here’ noem, hoe kan Hy terselfdertyd sy seun wees?” Niemand kon Hom hierop antwoord nie. En daarna het niemand dit meer gewaag om nog verdere strikvrae aan Hom te stel nie (Matt 22:41-46).

Een Sabbatdag was Jesus in die huis van ’n leier van die Fariseërs. Die mense het Hom fyn dopgehou, want daar was ’n man wie se arms en bene geswel was. Jesus vra toe die Fariseërs en wetskenners: “Wel, is dit volgens wet toelaatbaar om mense op die Sabbatdag gesond te maak, of nie?” Toe hulle weier om te antwoord, het Jesus die siek man aangeraak, hom genees en huis toe gestuur. Toe het Hy na hulle gedraai en gevra: “Wie van julle werk nie op die Sabbat nie? As jou seun of bees in ’n put val, sal jy hom nie dadelik daar uithaal nie?” Weer het hulle geen antwoord gehad nie (Luk 14:1-6).

Selfverwoestende denke:

Verdraaide opvattings:

En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is. Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder en praat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers; hulle is onverstandig, onbetroubaar, liefdeloos, hardvogtig. Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen(Rom 1:26-32).

Verdwaasdheid van hulle gemoed, verduisterd is in die verstand

. . . in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie —mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe (Ef 4:16-19).

Wet van my gemoed

Maar ek sien ’n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is (Rom 7:23).

Alienation of mind, vervreemding en verwydering

Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen (Kol 1:21).

Verskrik

. . . om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie — deur gees of deur woord of deur ʼn brief wat van ons afkomstig sou wees — asof die dag van Christus al daar is (2 Tess 2:2).

Hulle verstand en gewete is besoedel

Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel. Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is verfoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie (Titus 1:15-16).

Vleeslike denke:

. . . omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie (Rom 8:5).

Begeerlikhede van ons vlees

. . . onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander (Ef 2:3).

Bedink aardse dinge

Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge (Fil 3:19).

10 voorbeelde van denke wat vernuwe is volgens Sy Woord:

Soos ons denke en harte vernuwe word deur die Woord en die Gees, begin ons nie net anders dink nie, maar ons eerste instinktiewe reaksies verander ook (Rom 12:2). Iemand wie se gedagtes in Christus vernuwe is, het geheel en al ’n ander eerstereaksierefleks.

Het dit al met jou gebeur dat jy aan iemand wat jy goed ken ’n Whatsapp stuur, maar hulle reageer nie? Jy begin daaroor tob . . . Kort voor lank dink jy allerhande booshede en oorweeg dit om nooit weer met die persoon te praat nie. Dan, ’n paar dae later: “Jammer, ons was buite selfoonbereik. Nou eers jou boodskap gesien. Ons is baie lief vir jou!” Jy voel geheel en al uitgevang oor jou negatiewe reaksie. Wat ons voel, is nie altyd korrek nie. ’n Vlieënier kan ruimtelik gedisoriënteerd raak en voel hy vlieg onderstebo. Dan moet hy sy instrumente vertrou, anders vlieg hy in die grond vas. Ons projekteer ook dikwels “hoe ons dit sou doen, hoekom doen hy/sy nie ook so nie” op ander.  Hierdie projeksies laat ons glo dat ons weet wat ander mense dink en wat hulle motiewe is. Die feit is egter: Ons ken meestal nie eens ons eie motiewe nie, wat nog te sê ander mense s’n.

Die kentekens van vernuwende denke beteken dat die Heilige Gees die Woord se teenmiddels in ons wese ingespuit het wat ons immuniteit opgebou het sodat ons nie van elke kiem-gedagte siek word nie.

Ons denkpatrone is getransformeer en ons dink nie meer soos hierbo beskryf word nie. Die Here is konstant besig om ons denkprosesse te vernuwe. Hier is 10 kentekens waaraan jy jouself kan meet om te sien hoe die Here alreeds jou gedagtes vernuwe het.

1) Jy bly vertrou, al hoor jy slegte nuus. Jy sien die glas is vol. Jy verwag die beste. “Dit gaan alles op die einde uitwerk” is gewoonlik jou eerste reaksie. Nie op ’n ligsinnige, of kop-in-die-grond, of die-waarheid-misken manier nie. Dis ’n stille vertroue in die Here dat Hy alles ten goede sal laat meewerk (Rom 8:28). Jy het dit al soveel keer gesien dat daar ’n vaste wete in jou gemoed is. Daar is ’n positief in elke negatief (Ps 66:12). Iemand met vernuwende denke sien dit net gouer raak.

2) Die onmoontlike lyk redelik. Iemand wat die Here volg se denke, geloof en verwagting is gevorm om ’n deur te sien waar daar nie een is nie, ’n moontlikheid terwyl alles onmoontlik lyk. Ons geestesoog is verhelder en geoefen in die realiteit van Sy krag (Ef 1:17-21). Ons weet dis vir óns onmoontlik, maar vir die Here is niks onmoontlik nie (Luk 1:37; Mark 10:27).

3) Selfs jou bespiegelinge is positief. Wanneer jy nie weet waar jou maat is en hoekom hy of sy laat is nie, sien jy Jesus in hulle. Die vermoë om Jesus in mekaar te vertrou, is ’n wonderlike manier van oorgawe en geloofsvertroue. Ons manipuleer nie meer situasies nie. Ons weet ons kan nie harte verander nie. Ons vertrou die Heilige Gees wat oortuig en bekering bewerkstellig (2 Kor 7:9). Ons skep nie meer in ons verbeelding bekommernisse oor die slegste wat gaan gebeur nie – ons sien oplossings, deurbrake en voorsiening, selfs in die geringe.

4) Jy leef vanuit sy rus. Jy het niks nodig nie. Jy is vergenoegd en tevrede met wat jy het. Selfs te midde van die onstuimige storms waarin ons soms verkeer, is ons kalm en rustig. Terwyl Paulus se skip sink, is hy rustig in sy geloof, en vanuit hierdie rus gee hy kalmte aan ander (Hand 27:39-44). Jy het vergenoegdheid geleer in die tye van oorvloed en tekort. Daarom beleef jy ’n vastigheid in jou emosies, des ondanks die op-en-af van omstandighede. Hierdie rus is nie ontkenning van omstandighede nie, maar jy ken die Here en vertrou Sy karakter.

5) Jy vergewe maklik en erken gou jou foute. Iemand wat in volwassenheid in Christus groei, neem nie meer vinnig aanstoot nie. Hulle is nie liggeraak nie en verwag die beste van mense. Selfs al maak medegelowiges hulle seer, hulle sien nog steeds Christus in mekaar. Martha het nog steeds Jesus erken as die Messias, alhoewel Hy as vriend vier dae laat opgedaag het en Lasarus al dood was (Joh 11:27).

6) Jy hou van jouself ten spyte van jou tekortkominge. Jy meet en vergelyk jouself nie meer met ander nie. Jy weet wie jy is en dit is genoeg. Jy weet wat jou roeping is en jy het genade met jou swakhede. Jy is bewus dat die Here nog steeds besig is om jou te verander en jy groei in vrymoedigheid om jouself te wees. Jy is gemaklik met jouself en het jouself aanvaar. Jy het roetines in plek om jou swakhede te versterk en jy neem verantwoordelikheid vir jouself.

7) Jy is gemaklik met alleenwees, maar sien jouself nie as eenkant nie. Jy sien jouself in die groter geheel van die liggaam van Christus. Daarom dink jy eerste aan “ons” en nie meer “ek” nie. Jy is bewus van jou eie stem, maar ook van dié om jou. Jy harmoniseer en leef in ritme met die mense wat God om jou geplaas het. Jy is nie afhanklik van mense nie, maar kies om hulle nodig te maak en betrokke te hou in jou lewe. Jy leef in die nou, en elke verhouding en kontak is belangrik om dieper te verbind en te groei.

8) Jy is dankbaar en nederig afhanklik. Jy is deurentyd bewus dat alles wat jy besit ’n geskenk is. Die oorlog van herhaaldelik probeer en faal is verby. Jy loop elke dag met  ’n diep in-en-uit-asem-bewussyn van Sy goedheid. Jou woorde en gedagtes is meer vol lof en dankbaarheid as kritiek en murmurering. Sy liefde is nie meer ’n woord nie, maar ’n belewenis en bewussyn. Jy sien Sy liefde in alles.

9) Alhoewel jy in jou gedagtes soms nog verkeerd dink, wanneer dit by doen kom, doen jy reg. Die lewe van die Gees het die mag van sonde en ook die wet van sonde verbreek (Rom 7:19-20 vs. Rom 8:2). Ons doen instinktief wat reg is, al voel ons soms om dit nie te doen nie. Ons denke, woorde en dade het begin ooreenstem met Sy geregtigheid en reg-doen.

10) Jy is ingestel op God se stem, Sy hart en Sy wil. Die mens verloor so gou fokus. Tog is iemand wie se gedagtes vernuwe is, deurentyd ingestel op wat die Gees sê en op die Woord. Mens hoor dit ook gereeld in hulle gesprekke: “Die Here het my nou die dag gesê . . .” Ons leef vanuit die daaglikse woord wat van God kom (Matt 4:4). Ons is bewus van “presently-revealed-truth” (2 Pet 1:12). Ons is gevul met die kennis van God regdeur die eeue, maar ook met dit waarop Hy vandag fokus.

Mag die Here ons help om aan te hou groei, en aan te hou ontwaak tot die denke van Christus (1 Kor 2:16).

Die plek van emosies:

Jesus het verskillende emosies beleef:

Euforiese vreugde  (Joh 15:11; 17:13),

Empatie en deernis (Matt 9:36; 15:32),

Woede (Mark 11:15-18),

Rou, en hartseer (Joh 11:35, 38),

Ontsteltenis en benoudheid (Matt 26:36-42).

Dit is belangrik dat ons uitdrukking kan gee aan ons emosies. Ons moet soms net kan sê hoe ons voel. Die meeste mense kan nie in woorde uitdruk wat hulle voel nie. Soms het hierdie emosies nie eens ʼn direkte oorsaak nie. Alhoewel ons nie volgens ons emosies leef en besluite neem nie, het ons nodig om gehoor te word, anders is daar nie empatie nie. Ons moenie emosies moraliseer of probeer regmaak nie. Emosies moet net gehoor word met die oog op empatie. Emosies is nie logies nie. Mense wat meer op logika ingestel is, het min begrip vir emosie. Maar emosie is nie verkeerd nie, inteendeel! Emosies is die energie wat ons beweeg. Daarom sukkel mense wat depressief is. Dit voel asof iemand hulle voel-enjin gesaboteer het. Hulle voel niks nie, veral onder sterk medikasie, en bestaan soos robotte. Uiteindelik is emosies net aanduiders van ʼn toestand. Soos ʼn motor se liggie wat aangaan om te toon dat die tenk leeg is. Jy moet nou petrol ingooi.

Emosies gee kleur en begrip aan ons bestaan. Kuns en musiek is emosie! Ons emosies moet ook, soos ons denke, onder Jesus Christus se hoofskap kom.

Wat ons doen met ons emosies, is baie belangrik. Ons verbaliseer ons emosies in gebed en teenoor ʼn vertroueling, maar uiteindelik moet ons die Here vra wat ons moet doen. ʼn Mens oorwin nie die gedagte- en emosie-oorlog in jou kop nie! Jy moet gaan doen soos die Gees jou lei. Hierdie dade van die gees bied jou konkrete oorwinning en tasbare deurbrake.

En dit het uiteindelik weer ʼn positiewe effek op ons emosies.

λογικός logikós; fem. logikḗ, neut. logikón, adj. from lógos (G3056), reason, word. Pertaining to reason and therefore reasonable, or pertaining to speech as reasonable expression. In Rom. 12:1, the “reasonable service” or worship is to be understood as that service to God which implies intelligent meditation or reflection without the kind of heathen practices intimated in 1 Cor. 12:2 and without the obsolete system of OT worship (Is. 1:12-15).

 

 

 

[1]Shrewd: Daring to live the startling command of Jesus. Rick Lawrence