Categories
Jesus die beste lewe

Jesus die Meester van kreatiwiteit

God is die beste beeldende kunstenaar wat bestaan! Hy is die Skepper van die ganse heelal! Deur Jesus het alles wat bestaan tot stand gekom. Dink aan ʼn pragtige sonsopkoms of sonsondergang. Die skakerings van kleur wanneer jy laat middag jou oog laat gly oor die berge en rante, valleie en riviere. Die prag van die detail van ʼn sneeuvlokkie en ʼn reëndruppel. Die wonder van dit wat jy net onder ʼn mikroskoop kan sien. En wat jy in die uitspansel net deur ʼn teleskoop kan sien! [1]

LOOF die Here, o my siel! Here my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed — wat Uself omhul met die lig soos met ’n kleed, wat die hemel uitspan soos ’n tentdoek …(Ps 104).

Want al is God onsigbaar, kan hulle sy ewige krag en sy Goddelikheid reeds van die skepping van die wêreld af duidelik uit sy handewerk waarneem(Rom 1:20).  

Ons kreatiwiteit benodig Christus. Hy fokus ons kreatiwiteit om goed te doen en mooi te maak. Ons is na God se beeld geskape en besit dus die goddelike vermoë om te skep. Dit is deur hierdie skeppingsvermoë dat ons uitvindsels uitdink vir reuseprobleme, dat ons pragtige kunswerke skep en mooi musiek maak. Innovasie staan teenoor murmurering, negatief wees en afbrekend praat. Elke mens is kreatief en skeppend: sommige bedink bose planne om te steel, te roof en te moor. Ander bedink planne om die wêreld beter te maak. Dit is ʼn kwessie van die hart. 

Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir sy siel ’n gruwel: trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, ’n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop(Spr 6:16-18). 

 Toe die Heresien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was(Gen 6:5). 

En die Herehet die lieflike geur geruik, en die Herehet in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie(Gen 8:21).

… omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister(Rom 1:21). 

Wanneer ons ons harte aan Jesus oorgee en kies om Hom te volg, gebruik Hy ons verbeelding om saam met Hom mooi dinge te bedink. Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig(Fil 4:8). 

In die eerste 100 jaar van die Nobelprys se bestaan, van 1901 tot 2000, was 65,4% van alle Nobelpryswenners Christene. En 21% was Jode! Die volgende persentasies dui op die kere dat die Nobelprys in verskillende kategorieë aan Christene toegeken is: die Nobelprys vir vrede 78,3%, vir Chemie 72,5%; vir Fisika 65,3%; vir Medisyne 62%; vir Ekonomie 54% en 49,5% van alle letterkundetoekennings.[2]Indien jy op Wikipedia gaan soek vir ʼn lys van Christene wat toekennings in wetenskap en tegnologie gekry het, sal jy een baie lang bewese lys name kry.  

George Washington Carver: Hy het dikwels erken dat hy sonder die Here niks is nie, en dat die Here hom gelei het. Hy word die “plantdokter” genoem en is bekend vir die skepping van grondboontjiebotter, skoonheidsmiddels, verf, olie, marmer, laaghout en selfs die kleurstof wat in Crayola-kryt gebruik word.

Gary Starkweather, uitvinder van die laserdrukker, moedig gelowiges aan om Bybels te dink oor hul werk. As ingenieur en uitvinder het hy saam met sommige van die voorste tegnologie-innoveerders gewerk: Apple, Microsoft en Xerox. Hy skryf die sukses van sy uitvindings toe aan die leiding en inspirasie van God. “Ek glo dat die kreatiwiteit wat ons besit in ʼn groot mate bestaan omdat die Skepper dit daar sit,” sê Starkweather. “God het in ons as gereedskapontwikkelaars die vermoë geplaas om nuut te dink, en ek dink dit moet Hom behaag as Hy sien dat ons daardie vermoëns gebruik om iets heeltemal nuut te maak.”

Teoloog en geleerde, William Tyndale, het die eerste Engelse Bybelvertaling gedoen en van die oorspronklike tekste die Bybel in ʼn makliker verstaanbare taal vertaal. Die Katolieke kerk het Tyndale se Bybelvertaling nie goed ontvang nie – hulle het hom inderwaarheid van dwaalleer beskuldig. Tyndale was daartoe verbind om die kerk te hervorm en die Woord van God vir meer mense toeganklik te maak. Dit het ongelukkig beteken dat hy sy lewe moes verloor. Tot vandag toe het sy vertaling baie van die Engelse Bybels, wat miljoene Christelike lewens gevorm het, beïnvloed. 

Die bekroonde sjef, Mary Hunter, vertel in die New York Times dat al haar resepte goddelik geïnspireer is. “Ek het nie ʼn kookboek nie,” het sy gesê. “God gee my my eie resepte. Gebed is waar ek 99 persent van my resepte kry.” Op ʼn dag sê Hunter dat God haar ʼn buite-die-boks idee gegee het: ʼn Marinerende stok wat beter as kruie-inspuiters werk. Die idee het tyd geneem om ten volle ontwikkel te word. Dit is in 1994 die eerste keer gepatenteer en het byna twee dekades gevat om in die winkels te kom. Maar dit was die deursettingsvermoë werd.

Tuisbly-ma Gail Pittmangebruik kreatiwiteit en herskepping as ʼn besigheidsonderneming. Terwyl sy eendag op soek was na ʼn kreatiewe uitlaatklep, het sy met keramiek gespeel en vreugde gevind in die versiering van pottebakkery. Sy het nou ʼn maatskappy met meer as 110 werknemers wat keramiek en huisware vervaardig. Gail Pittman-ontwerpe bring kreatiewe ontwerp en styl na die tafel, en maak die mooiste kombuisware deur kunswerke. Haar maatskappy lê die besigheid voor God in die besluitneming, en sluit weeklikse Bybelstudies en -praktyke in wat die gemeenskap bedien.

Ander bekende Christen-wetenskaplikes was Kepler, Galilei, Pascal, Newton, Morse, Pasteur.[3]Dit is ʼn totaal misplaaste, valse aanklag dat die Christendom teen kreatiwiteit is, inteendeel! Ware geloof in God aktiveer kreatiwiteit. 

Geloofsmense is dus skeppende mense! 

Met nuwe hoop, geloof en liefde, hoe kan jy nie skeppend wees nie?  

Jesus die Meester van kreatiwiteit. 

Jesus is die Skepper: (Joh 1:1-4; Kol 1:15-16; Heb 1:1-2). 

Hy vertel stories om waarheid weg te steek. (te verduidelik, uit te lig ?)

Jesus se gelykenisse, wat vandag nog nie vergeet kan word nie, getuig van oorspronklikheid en buite-die-boks kreatiwiteit. Dit geld ook die manier waarop Hy wonderwerke verrig het. Hy het geen genesingsresep gehad nie. 

Elke wonderwerk was anders. 

Hy spoeg en maak modder om nuwe oogballe te vorm vir ʼn man wat blind gebore is. Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond en maak met die spoeg ‘n bietjie klei aan. Toe smeer Hy die klei aan die man se oë (Joh 9:1-34).

Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer (Mark 7:33).

Hy het mense die hande opgelê (Luk 4:40; Mark 6:5-6). 

Hy beveel hulle om te iets te doen wat onmoontlik sou wees a.g.v. die krankheid: Neem jou bed op en loop! (Joh 5:8-9); Steek uit jou hand! (Mark 3:1-6). Die melaatses moes hulle aan die priester gaan vertoon (Luk 17: 11-19). Gaan was jou oë in die poel van Siloam (Mark 8:22-25).

Hy spreek ʼn woord (Joh 4:49-50).

Hy gebied die gees van krankheid (Mark 9:25). 

Hy het Hom nie gesteur aan die reëls en wette van die mense nie: 

Hy praat met Samaritaanse vrou (Joh 4). 

Hy raak aan melaatses (Mark 1:41-42).

Hy genees op die Sabbat (Mark 3:1-6). 

Hy raak aan ʼn lyk (Joh 7:11-17);

en Jairus se dogtertjie (Matt 9:25).

Hy beveel die natuur (Matt 8:27).

Kreatiwiteit is: 

Om met nuwe oë na die wêreld of jou probleme te kyk.

Om ʼn paradigma te verskuif. 

Om nuwe idees te kry.

Om risiko’s te neem.

Om lateraal ʼn totaal ander kant van ʼn saak te sien.

Om ongewoon te wees.

Om humor in ʼn situasie te sien. 

Om buigsaam te wees. 

Om soos ʼn kind te wees: niks is onmoontlik nie, ons is nuuskierig, vra vrae en is leergierig. 

Almal is kreatief – die reëls, regulasies, kultuur, groepsdruk smoor nie ons kreatiwiteit nie. 

Om ʼn suksesvolle entrepreneur te wees wat miljoene mense se lewe verryk, hoef jy niks nuuts uit te vind nie. Jy moet net aan ʼn nuttige manier dink om twee of meer bestaande dinge te herskep, vermeng, kombineer of verbind. 

Sout is die kombinasie van twee elemente: natrium en chloor. Dit neem ʼn atoom van elkeen om ʼn molekule sout te maak. Een van hierdie atome is ʼn positiewe ioon en die ander ʼn negatiewe ioon wat veroorsaak dat hulle saamwerk om sout te vorm. Dit mag jou interesseer om te weet dat natrium verskriklik giftig is en chloor ook. Maar saam word hulle iets wat die liggaam nodig het en verlang. Hulle word iets goeds. Brood en sout spreek dus van versoening, verbintenis, saamwerk, vennootskappe, eenwording.

Die Here het die aarde geskape en vir ons 92 elemente gegee. Op sy eie is elkeen van hierdie elemente nutteloos. Dis wanneer ons yster vermeng met koolstof dat ons staal kry. Die vindingryke vermenging en samevoeging van hierdie elemente is die basis van nuwe uitvindsels wat die lewe vir ons makliker maak, soos aluminium, plastiek en vlekvrye staal. Mense verkoop baie meer eiers en melk as hulle roomys daarmee maak. 

Sement is ʼn baie sterk stof. Voeg sand en klip by en dit raak nog sterker. Maar selfs beton verkrummel onder oneweredige druk. Dit is omdat beton sterk is onder druk, maar swak onder spanning. Ingenieurs het geleer om staal en beton te kombineer om staalversterkte beton te maak. Staal is sterk onder spanning, maar swak onder kompressie. Beton is die teenoorgestelde. Kombineer hulle en ons kry ʼn materiaal wat sterk genoeg is om ʼn wolkekrabber regop te hou, maar buigsaam genoeg om te swaai sonder om te breek. Staal en beton vergoed vir mekaar se swakheid.

Net soos ons elemente vermeng en saamvoeg om nuwe produkte te maak, is die samelewing ʼn netwerk van verskillende tipes mense. In werklikheid is alle lewe met mekaar verbind. Almal is betrokke by ʼn onvermydelike netwerk van onderlinge afhanklikheid, vasgemaak in ʼn enkele kledingstuk van die lewenslot. Wat ons ookal direk raak, affekteer menigmaal ander indirek. Daarom is geen ingryping, program of oplossing lewensvatbaar of volhoubaar sonder die instandhouding van die netwerk van verhoudings wat ons verbind nie. Aanhoudende skakeling, kontak, verbintenisse en samewerking is wat ʼn gemeenskap oprig en bou.[4]  

Die brein gebruik 20% van die liggaam se energie. Die brein sal dus altyd probeer om energie te spaar. Dit beteken dit kies altyd die pad met die minste weerstand. Dit beteken ons moet aktief en opsetlik daarop fokus om teen hierdie natuurlike ingesteldheid te beweeg deur: 

  1. Gereeld iets nuuts te probeer.Die bekende uitvinder, Nathan Myhrvold, het in verskillende velde sukses behaal: ingenieurswese, fisika, energie en voedseltegnologie. Leer nuwe aanlegte, stokperdjies of vaardighede aan. Hy beweer dat daar nie regtig iets oorspronkliks is nie. Ons moet onsself soms dwing om van tyd tot tyd buite ʼn raamwerk, konteks of industrie te beweeg sodat ons met nuwe oë ʼn gebruik of plan kan sien werk. Stel jouself bloot, lees wyd, wees nuuskierig, vra vrae. Dit is heel waarskynlik hoekom Jesus vakmanskap verkies het eerder as om ʼn Fariseër, rabbi, skrifgeleerde of priester te word. Hy het egter eerstens die Woord en skrifte ondersoek (Luk 2:41-52). 
  2. Breek deur jou grense.Vind die gesonde balans tussen watter grense ononderhandelbaar is en watter grense mensgemaak is. Jesus was briljant om hierdie balans tussen God se ewige, onveranderlike wette en die tydelike wette en tradisies van ʼn mens presies reg te kry. Wanneer jy heeltemal ekstreem en radikaal probeer wees, sal min mense jou volg. As jy die heeltyd by die hoofstroom bly, verloor jy die vermoë skeppend te wees. Jesus was egter nie besorg oor enige stroom of invloed nie. Sy identiteit was in Sy verhouding met die Vader geanker.  
  3. Wees bereid om foute te maak.Kreatiewe mense moet bereid wees om foute te maak: Jesus het geen vrees vir die mens gehad nie. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is(Joh 2:24). Die Fariseërs het uit vrees vir die mense nie openlik hulle geloof bely nie (Joh 12:42-43). Jesus het reg gedoen en reg geleef, en was dus nooit bang om in die lig te kom nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is(Joh 3:21). Jesus was nie bang of beperk deur Sy eie familie nie.Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: Hy het van sy kop af geraak(Mark 3:21). Hy het ook geweet hoe om die regte mense, wat in Hom glo, om Hom te vergader (Matt 12:48). Elon Musk vertel dat hy nie bang is om homself oop te stel vir “rigorous self-analysis” nie, maar dan van die mense wat in hom glo. Dié wat hom net kritiseer omdat hulle nie sy visie verstaan nie, ignoreer hy. 

Kan nie negatiwiteit bekostig nie: 

Gelowiges kan nie bekostig om negatiewe gedagtes van ongeloof en twyfel vir ʼn oomblik toe te laat nie.  Ons sien verseker die realiteite raak, maar onmiddellik rig ons ons gedagtes daarop om kreatiewe oplossings te soek. Daar was nog altyd probleme, hongersnood, oorloë, vervolging en swaarkry, maar gelowiges sien geleenthede en uitkoms.   

Kom oor, Skepper Gees

U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut(Ps 104:30). Die Heilige Gees is vandag die skeppingkrag van God in ons lewens. 

Die vrug van die Gees is die gesindheid wat jy nodig het om kreatief te wees. Ons is die meeste kreatief wanneer ons die meeste met die Heilige Gees gevul is. Die gawes van die Gees is ook bonatuurlik, kreatief en skeppend van aard (1 Kor 12:1-11). Drie keer is mense wat met die Heilige Gees vervul is as dronk beskou (Hand 2:1-4; Ef 5:18; Kol 3:16). 

Deur die Heilige Gees kom woon die Skepper in jou. Dit maak jou lewe kreatief, altyd vars en oorspronklik, en skeppend.


[1]The Artisan Soul: Crafting Your Life into a Work of Art
by Amazon  Digital Services  LLC
Learn more: https://www.amazon.com/dp/B00DB3A3GY/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_KhfeDbT6D3QZS 

[2]https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Religion_of_Nobel_Prize_winners.png

[3]https://coldcasechristianity.com/writings/the-rich-historic-roll-call-of-great-christian-thinkers-and-scientists/

[4]Daniel Lapin Business Secrets from the Bible: Spiritual Success Strategies for Financial Abundancehttps://read.amazon.com/kp/embed?asin=B00H3JZ3OY&preview=newtab&linkCode=kpe&ref_=cm_sw_r_kb_dp_9XFdDb64V38F3

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus die Tuinier

God meant man to live in a garden; sin has sent him to the slums – Vishal Mangalwadi

Die storie tussen God en die mens begin en eindig in ‘n tuin. (Gen 1-3 – Rev 21-22) 

God writes the gospel not in the Bible alone, but on trees and flowers and clouds and stars – Martin Luther

Eden: Sanctuary, delight, pleasure, paradise, luxury, abundance, [1]Die woordspel rondom die woord Eden, dui daarop dat die outeur nie net na ‘n fisiese plek in Mesopotamië verwys nie, maar na ‘n argetipe van ‘n heilige tempel, waar God en mens in harmonie bestaan. 

Mack had expected a perfectly manicured and ordered English garden. This was not that! It was chaos in color. His eyes tried unsuccessfully to find some order in this blatant disregard for certainty. Dazzling sprays of flowers were blasted through patches of randomly planted vegetables and herbs, vegetation the likes of which Mack had never seen. It was confusing, stunning, and incredibly beautiful. It was all wonderfully bewildering and intoxicating. (The Shack) 

The many great gardens of the world, of literature and poetry, of painting and music, of religion and architecture, all make the point as clear as possible: The soul cannot thrive in the absence of a garden. If you don’t want paradise, you are not human; and if you are not human, you don’t have a soul. Thomas Moore

Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.Jesus het in ‘n tuin gebid voor sy kruisiging. (Mat 26:39) Jesus was gekruisig naby ‘n tuin. (Joh 19:41) Hy was begrawe in ‘n tuingraf. (Mat 27:57-60) 

Jesus behandel elke mens soos ‘n potensiële plant of boom.Waar iemand se lewe gebroke is soos ’n riet wat geknak is, al Hy dit nie verbreek nie, en waar dit swak is soos ’n lamppit wat rook, sal Hy dit nie beskadig nie. (Mat 12:20) Jesus sien elke mens as ‘n individuele plant of boom, elkeen hanteer Hy anders. Die samaritaanse vrou, hanteer hy soos ‘n ware plantkenner, en sien dat sy uitgehonger is vir water. Met Nicodemus die teoloog sien Jesus, dat hy nodig het om oorgeplant te word in nuwe grond, of selfs nuut ingeënt word op ‘n nuwe wortelstam. Die ryk jong man, moet eers uit sy rank takke waarin hy verstrengel geraak het loskom, maar hy sien nie kans nie. Vir talle was Jesus die wonder geneesmiddel, want dadelik ‘n knellende pyn en kwaal kom genees het. Ander was onder die mag van ‘n parasiet plant, en swam en moes bevry word.  Die melaatses wat in kwarantyn moes staan, genees hy van die gevreesde siekte, en help hulle om herenig te word.   

Jesus was bekend met Landbou en het gereeld sy stories rondom voorbeelde in die landbou uitgebou. 

Met die wete dat Sy gehoor bekend sou wees met sy voorbeelde. 

Die gelykenis van die saaier: (Matthew 13: 1–23), 

Die koring en die kaf: (Mat 13:24–30, 36–43),

Die mostertsaad:  (Mat 13:31–32), 

Die geheime skat in die veld: (Mat 13:44). 

Jesus verwys ook vele kere na ons dat ons soos ‘n gesonde boom moet vrug dra.

Dat daar nie twee verskillende tipe vrugte uit een boom kan groei nie

Ons moet siele gaan wen, en die oes insamel, kyk die oes is alreeds wit. 

Ander NT skrywers maak ook verwysings na die landbou: 

Saai en maai beginsel (Gal. 6:7–10; Rom 8:1-5) 

God gee saad aan die saaier (2 Cor 9:6-10) 

Moenie ‘n os se bek toebind daar waar hy werk nie. 

Hoe ‘n Olyfboom groei (Rom. 11:17–24)

Hy moedig ons almal aan om te kyk na die boer en van hom te leer. Hardwerkende boere is die eerste wat die vrug van hulle arbeid geniet. (2 Tim 2:6 NLV)

Jakobus verwys na die boer wat geduldig en gelowig wag vir die oes. (James 5:7)

God self verpersoonlik Homself as ‘n landbouer 

“Laat Ek ’n beeld gebruik om die verhouding tussen My, my Vader en my volgelinge te verduidelik. Stel julle voor my Vader is ’n druiweboer. Ek kan dan vergelyk word met ’n spesiale druiwestok. My Vader bewerk die wingerd goed en hou die lote wat uit die druiwestok groei goed dop. (Joh 15:1 DB)

Jesus word as die goeie Herder voorgestel: skaapwagter of skaapboer

Die daaglikse lewe as landbouers was verweef met die tempel kalender se drie mees belangrikste feeste 

Die fees van die ongesuurde brood en die Paasfees is aan die begin van die graanoes. Dit was gevolg deur die fees van weke, of die pinksterfees 50 dae later waar die eerste vrug van die koring oes ingesamel is.  Die fees van Tabernakels was gehou teen die einde en voltooiing van die graan oes.

Die Tuin is ‘n tempel

Dit is interessant dat by die verklaring in Openbaring 21:1 “ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien” sien Johannes ‘n nuwe stad, niks van hoe die nuwe hemel en aarde lyk word verduidelik nie. Ook die verwysing in Jesaja na ‘n nuwe hemel en aarde, fokus op ‘n nuwe stad Jerusalem: “Ek skep nuwe hemele en ’n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.

Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees.” Die Bybelse narratief is gebou rondom ‘n diagram van ‘n tuin, ‘n plek van veiligheid, prag, heerlikheid, vrede, voorsiening, versorging, vergifnis en lewe – binne. Distansie, verwydering, woestyn, dorheid, honger en dood – buite. Noag en die ark, die volk op reis na die beloofde land, die tabernakel en die tempel het deurgaans dieselfde implikasie – Wanneer jy die Here gehoorsaam en doen wat Hy sê, is jy binne. As gevolg van ongehoorsaamheid en rebellie bly jy buite.  

Dit is duidelik dat God sedert die skepping en die vorming van die mens, in harmonie en in dieselfde goddelike eenwording met die mens wil bestaan as wat ook in die godheid bestaan. God verlang nie oorheersing of slaafse robot gehoorsaamheid nie. Daarom het Hy ons in Sy beeld geskape, met die vermoë om te kan besluit en skep nes God. “Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken.” (Gen 3:22) “Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie” (Gen 11:6) Sonder Christus is die mens se eenheid selfgesentreerd.  Dus kan daar nie eenheid wees, sonder dat Christus sentraal staan nie. (Eph 4:1-5) 

As Jesus dus aankondig dat Sy koninkryk het naby gekom, verklaar Hy dat God se tuin, en die habitat waarvoor ons geskep is, het naby gekom, en weer toeganklik geword. Daarom demonstreer Hy die tuin, hemel, koninkryk, tempel, beloofde land, die ark deur siekes te genees, mense onder die mag van satan te bevry, en die boodskap van die goeie nuus te verkondig. 

Die EK IS uitsprake 

Die 8 ‘ek is’ uitsprake wys ook duidelik op Jesus as die tuinier.  

  1. Ek is die deur (Joh 10:7, 9, 11, 14) 

Adam en Eva is uit die tuin verwerp, en toegang verbeur. Gen 3:24 Jesus word die toegang tot God se tuin.  Sodat ons weer verenig met Hom kan lewe. (Heb 10:19) 

  • Weg & Waarheid en die Lewe (Joh 14:6;) 

Jesus se lewe is die tuin waarin ons weer in volle harmonie kan leef met God, onsself, ons naaste en die skepping. Die lewe in die tuin was ‘n manier van leef, ‘n weg. Jesus se manier van lewe, dui op hoe ons lewe in God se tuin. Sy intimiteit met die Vader (Joh 5:19-20, 30; 

6:38; 8:28; 12:49; 14:10, 24, 31; Mat 26:39) en Sy openbaarmaking van die Gees van waarheid. (Joh 14:17; 15:26; 16:13) 

  • Ek is die Lewende Water (Joh 4:14, 26) 

Water uit die put van Jakob les tydelik die mens se dors. Die lewende water wat Jesus gee, bevredig egter vir altyd (Matt. 5:6 – vgl. Isa 49:10; 55:1–3; 58:11; Joh. 6:32; 48) In Openbaring 22:1-2 lees ons ook van ‘n rivier. ‘n Metafoor wat dikwels in die Bybel gebruik word. (Eze 47) Die rivier wat vanuit die altaar, en heiligdom vloei en bome wat groei aan sy walle. (Eze 47:12) 

1 ste verhoudingbreuk met God

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” 

Kruip weg vir God

2 de verhoudingbreuk – met onsself

En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”

Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? 

Vrees, en skaamheid 

3rde Verhoudingbreuk – Met ons medemense

Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.” Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.”

Verontskuldiging, regverdiging, en blamering. 

4de Verhoudingbreuk met die skepping en die natuur. 

Daarom het die Here God die mens weggestuur uit die tuin van Eden uit om die aarde te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.

Skeiding, moeite,

  • Opstanding en die Lewe (Joh 11:25)

Omdat die mens uit die tuin, en ‘n harmonieuse eenheid met God, verwerp is, het dood toegetree. (Gen 6:3; Ps 90:10) Jesus Christus gee, dat ons vir ewige sal lewe. (Joh 3:16; Mat 25:46; Joh 4:14) 

  • Ek is die Goeie herder (Joh 10:14); 

Saans is die skape volgens gebruik in ’n kraal gejaag om hulle te beskerm teen diewe, onweer en wilde diere. Dié krale was gewoonlik grotte of ’n oop stuk met mure van klip of takke. Die herder het dan in die ingang geslaap. Soos die herder omgegee het vir elke skaap, só gee die Goeie Herder sy lewe vir sy volgelinge (vgl Eseg 34:23) wat sy stem ken. Enigeen wat van sy skape leed wil aandoen, moet by die enigste ingang waar die Goeie Herder waghou, verby kom. Jesus is die ingang en die Goeie Herder.  Jesus as die herder verwys na God se versorging, aan die mens. In die tuin was daar versorging, beskerming, genoeg om van te eet. Die mens het geen sorge gehad nie.  

  • Ware wynstok Joh 15:1, 6)

Jesus as die wynstok verwys na God se roeping, en skeppingsdoel opdrag aan die mens. (Gen 2:15) Die beeldspraak aangaande die wingerdstok beklemtoon dat vrugbaarheid in die Christelike lewe spruit uit ’n bly in Christus. Al gaan Jesus ook weg, die eenheid met sy dissipels bly behoue. Die wingerd is ’n bekende beeld uit die Ou Testament, waar dit na die gelowige volk verwys (vgl. Ps. 80:9–16; Jes. 5:1–7;  Jer. 2:21; Eseg. 19:10–14;  Hos. 10:1).  

  • Ek is die Brood vd Lewe  (Joh 6:48); 

Die mens het van die boom van kennis van goed en kwaad geëet. En God het die toegang tot die tuin verbied, sodat hulle nie van die boom van lewe sal eet nie. (Genesis 2:9; 3:17, 22, and 24) Ons lees weer van die boom van die lewe in openbaring. (Rev. 2:7; 22:2, 14, 19) Maar die Bybel praat ook van wysheid as die boom van die lewe. (Prov 3:18, 11:30; 13:12; 15:4) Jesus is dus nou ons daaglikse brood. (Mat 4:4) Jesus verwys hier na Homself as die brood wat uit die hemel gekom het in kontras met die manna wat die trekkende volk opgetel het. Die manna was goeie brood wat die liggaamlike honger kon stil, maar dit was tydelik. Die mense het daarvan geëet en is vir ’n dag lank daardeur versadig, maar hulle moes elke dag van hierdie brood kry om te eet, en dit kon hulle ook nie van die dood red nie. Jesus, wat soveel groter is as Moses, bied Homself as die geestelike brood aan ons. Hy versadig ons volkome geestelik en skenk daarmee aan ons die ewige lewe.

  • Ek is die lig vd Wereld (Joh 8:12; 9:5) 

God het eerste Lig geskep. Sonder lig kan daar nie lewe wees nie. Jesus is dus die nuutskepper. Hy bepaal die dag, die seisoene, die getye van ons lewe. In Hom is ons herskep, en nuwe skepsels gemaak. (2 Cor 5:17) Lig veronderstel nuwe lewe. “Gaan staan in die tempel en verkondig aan die volk die volle boodskap van hierdie nuwe lewe.” (Acts 5:20) lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. (Eph 4:24) en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. (Col 3:10) 

HOE WERK GOD SE TUIN? 

Jesus benader elke persoon wat Hy raak, as ‘n potensiële plant in Sy tuin. Hy self is die water en die son, die 2 mees belangrike elemente vir enige plant om te groei. Verder sê Hy: Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. (Mat 6:27) Die lelies groei omdat hulle op die regte plek geplant is. Die habitat is dus reg. ‘n lelie kan nie in ‘n woestyn grond groei nie. So het die Here ons as mens ook elkeen uniek geskape. Familie is die habitat, die grond waarin jy geplant is. Indien jou bloed familie nie die Here dien nie, moet jy jou geestelike familie vind. “Find you family, find your destiny” Bill Johnson.  

Mense vra soms: hoe vind ek die regte kerk? Kry die kerk, waar jy die beste kan groei. 

Genade vir nog ‘n Jaar – Luk 13:6-9 

EN Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ’n Man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.(Luk 13:6-9) Hierdie verhaal is ‘n sagter meer genadiger storie van die ander weergawe waar Jesus die boom wat nie vrug gedra het nie, summier vervloek het. (Isa 5:2; Mat 21:19; Mark 11:13) Dit punt is Jesus soek vrug.  (Matt. 20:1–15; 21:28–32, 33–46; John 15:1–11) Nie sommer enige opbrengs nie. Hy soek vrugte van geregtigheid. (2 Cor 9:10; Eph 5:9; Phil 1:11; Heb 12:11; Jam 3:18) Hierdie verhaal wys op Jesus se tuinier hart, waar hy eers die grond wil spit, en kunsmis inwerk, vir een seisoen. 

Gelykenis van die onkruid – Mat 13:24-30

Die koninkryk oorwin deur Infiltrasie – nie ‘n Mono-kultuur. 

’n ANDER gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ’n man wat goeie saad in sy land gesaai het; maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.

En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? En hy antwoord hulle: ’n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak? Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur. ( Mat 13:24-30) Die duidelike gevolgtrekking van hierdie storie is: die skeiding en die oordeel kom op die einde. Ons moet dus nie nou alreeds boosheid oordeel, en onsself probeer daarvan skei nie. Die waarheid is egter: Ons is nie van hierdie wêreld nie!! Punt! Ons is burgers van ‘n hemelse wêreld. (Phil 3:20 Ons leef volgens ander reëls, en is onderworpe aan goddelike gesag.  Die spreek woord dus “Ons is in die wêreld, maar nie van hierdie wêreld” moet nie gesien word in die lig van ons is eerstens in die wereld, en moet ons bes probeer om nie van die wêreld te wees nie. Ons is eerste nie van hierdie wêreld nie, maar het ‘n sending om in die wêreld te lewe en Sy lig, Sy sout, te wees. (Mat 5:13; Mar 9:50; Luk 14:34)  Daarom Jesus se gebed: Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. (Joh 17:15-17) Ons is soos Jesus nie van hierdie wêreld nie, ons is ambassadeurs. (2 Cor 5:20) 

Die ontstaan van die Joodse volk het ook so begin. God roep Abraham die Galdeër, en stuur hom op ‘n sending, In hom begin hy ‘n nuwe geloofsfamilie. Hierdie gesloofsfamilie duik dwarsdeur die skrif in heidense regerings howe op. Moses, Daniel, Nehemia, Ester, Mordegai.  

Hoe boer die Here? Nêrens in die natuur vind mens ‘n mono-kultuur boerdery soos wat die meeste kommersiële boere boer nie. God se manier is, ‘n biosfeer van verskillende geïntegreerde plant, insek, en dier lewe, waar elkeen natuurlik bydra tot die voortbestaan van die ander.  Ons groepeer onsself volgens soortgelyke smake en voorkeure.  Soort soek soort. Dis nog een van die paradoksale waarhede van die koninkryk. Identiteit om te weet waar jy pas, en jou funksie te vervul saam met die erkenning en respek vir die andersheid van ‘n ander se funksie en rol. Die woord gemeenskap versinnebeeld hierdie gemene, deelwees, en wedersydse erkenning. Die daarop volgende gelykenis van die mosterdsaad en die suurdeeg, versterk verder hierdie denkpatroon van infiltrasie eerder as direkte opposisie.  Daar is ‘n geneigdheid om eksklusiewe Christen skole, klubs en organisasies te vestig, en sodoende die kultuur van die dag te opponeer.  

Die argument is ook verder: ‘n mens verander nie ‘n kultuur van binne af nie. Jy skep ‘n alternatiewe kultuur, totdat die alternatiewe die meer populêre kultuur raak as gevolg van die voortreflikheid, voordeel, en sigbare aantreklikheid van die nuwe kultuur.  Jesus volg egter duidelike ‘n ander strategie. Hy skep ‘n ander kultuur is waar, maar Sy transformasie is van binne die individu, en dan gebruik Hy sy dissipels, en volgelinge soos skape tussen die wolwe. (Mat 10:16) 

Jy bou nie immuniteit op in isolasie en kwarentyn nie, dis deur vuil te word dat ons sterker word. 

Tog is daar ‘n duidelike skeiding, ‘n eenkant wees, ‘n heiligheid, reinheid, onbesmette bestaan fokus ook te bespeur in die Woord. Jesus het nooit gesondig nie. (Heb 4:14; Joh. 8:46; 2 Cor. 5:21) Hierdie is ‘n baie belangrik waarheid!! Die sout werk nie as dit laf geword het nie. Dit is ons heiligheid te midde van ‘n sondige wêreld wat God begeer! Dis die krag van die kerk! Ons komprimeer nie! Ons leef onbevlek, onberispelik, toegewy, heilig, onskuldig, in ‘n stukkende, vuil, gebroke wêreld.  

Jy oorgroei ‘n swak kweek, deur ‘n nuwe een tussen in te plan, en die sterker kweek neem die swak kweek oor. Dit is God se manier van tuinmaak.  

Hy het hulle nog ‘n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”Mat 13:33  

Suurdeeg word dikwels in die Bybel as simbool van boosheid of onreinheid gebruik. Hier is dit egter ’n positiewe simbool van groei. Hoewel die suurdeeg na ’n onbenullige bestanddeel lyk, versprei dit deur die hele deeg. Die koninkryk het klein begin, maar sal aanhou groei en versprei soos wat suurdeeg deur deeg versprei. Uiteindelik sal die hele wêreld die invloed daarvan ervaar.

Suurdeeg is ’n voorbeeld en metafoor om die groei van die koninkryk van die hemel in die individuele hart en in die wêreld as geheel te illustreer – Omdat: 

(1) Dit kontamineer van binne 

(2) dit is geheim in sy werking 

(3) dit versprei deur kontak van deeltjie tot deeltjie;

(4) dit is onkeerbaar een deeltjie suurdeeg kan enige hoeveelheid deeltjies meel verander

(5) Dis organies en selfvoorsienend soos ‘n plant, en verander die deeltjies wat dit aanraak, met soortgelyke voortplantingskrag, 

Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Phil 1:6 

Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 1 thes 5:23 

want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. Phil 2:13

Klein veroorsaak groot reaksie. 

“Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.” (Matt 13:31; Luk 13:18) ’n Mosterdsaadjie was die heel kleinste saadjie wat ’n boer kon gebruik. Jesus gebruik dit as voorbeeld om aan te dui dat die koninkryk wel klein begin, maar só sal groei dat dit groot vrug sal dra. Die gelykenis van die mosterdsaad illustreer die onverwagte en voorheen onbekende aard van die koms van God se koninklike heerskappy. Die koninkryk het gekom, maar soos ‘n mosterdsaad begin.  As iets klein en nederig; dit kom nie in die verwagte vorm van ‘n glorieryke glans en prag wat mens sou verwag nie.  Geleidelik ontwikkel die koninkryk, en word iets baie groot.  

“Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie”

Does anyone dare despise this day of small beginnings? Zech 4:10 The Message

Klein saadjies word sterk en groot bome:  Soos met die natuur, word die Here verheerlik in ons, wanneer ons vrugbaar, gesond, en vervuld is.  Die groei van die mens word vele kere vergelyk met die van ‘n boom of ‘n tuin. 

Die primêre manier hoe God Sy mense posisioneer is die HEILIG VAN DIE EEN. Daniel staan aleen, met ‘n paar vriende, maar 3 konings erken God as die enigste waaragtige God. Ester & Mordeghai veroorsaak ‘n nasionale revolusie en voorkom ‘n beplande volksmoord. Nehemia staan alleen, en herbou Jerusalem se mure, en reformeer sy mense terug na die hou van die Wet. Die kwaliteit van die een, is bepalend. Sout wat laf geword het, verloor sy nuttigheid. Die kwaliteit van die een saadjie, word ‘n reuse boom.  Die Christendom se krag lê nie in hulle numeriese getalle nie, maar in die kwaliteit van elke een medewerker. Dit is die krag van die een, strategies geposisioneer, “’n olyfboom in die wingerd” Luk 13:6-9 wat moet vrug dra.  Daarom die erns, en die harde woorde, kap hom uit, hy maak net die grond onvrugbaar. 

Ons is God se tuin

Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. (Ps 1:1) 

Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. (Ps. 92:12–14)

so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. (Jer. 17:8)

Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring.” (Eze 47:12) 

sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ’n planting van die Here, tot sy verheerliking. (Isa 61:3) 

Want die Here vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die Here; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere. (Isa 51:3) 

Die minnelied tussen die bruid en die bruidegom, gebeur rondom ‘n tuin. (Songs 4:12; 16; 5:1; 6:2) 

‘n Boom word aan sy vrugte geken

Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ’n mens tog nie vye nie, en ’n mens sny ook nie druiwe van ’n doringbos nie. (Luk 6:44) 

Mat 13:24-30; 36-43 

Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.” Mat 11:19; Luke 7:35;

Ja, die toets vir die wysheid is die resultate wat dit voortbring.” NLV

Maar ’n mens kan sien dat God se wysheid reg is as jy na die resultate daarvan kyk!” (Die Lewende Bybel)

The proof of the pudding is in the eating.” (Message) 

Twee Lyne langs mekaar waarvan die een Lyn, 1% af is van die teiken kan nie met die blote oog gesien word nie, oor tyd sien met wel of op teken was.  

’n Fariseër met die naam Gamaliël, ’n geëerde wetskenner van Moses en baie gerespekteer deur al die mense. Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: Laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Moenie dat dit dalk later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie!”Acts 5:38 

Sommige mense weet nie eers dat hulle dwaal nie, en daar sal valse leraars en apostels wees.  Die langdurigheid en natuurlike volhoubaarheid sal uiteindelik die toets van tyd deurstaan.

Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’(Mat 25:41-43)

Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.” (Mat 12:37) 

Seisoene en tyd

Om ‘n vrugbare tuin te skep, neem geduld en tyd.  God werk nie volgens ‘n horlosie in minute en ure nie. Hy werk in seisoene.  Sewe dae week en Sabbat. Sewende Maand is die groot versoendag. Sewende jaar die opheffing van skuld. (Deut 15), die Sewende sewe jaar siklus is die Jubeljaar. (Lev 25) 

Ons moet dus ons denke vernuwe in soos God begin dink. Deesdae probeer winkels, verbruikers lok met dieselfde vrugte en groente 12 maande van die jaar. Die Here het geweet dat ons vitamine C wat in wintervrugte voorkom, nodig hê in die winter. Vrugte met hoë suikerinhoud kom weer in tropiese warm gebiede voor, waar ons die energie nodig het.  ‘n groot deel van landbou produksie hang af van, akkurate plant en oes tye, wat saam met die reën seisoene val. 

So is ons lewe ook volgens seisoene. ‘n seisoen van afhanklikheid van primêre versorgers ons ouers en gesin, die seisoen van eksplorasie en losmaak in ons tienerjare, die seisoen van die regte sielsmaat vind, die seisoen van kinders hê en groot maak, die seisoen van produktief wees in ons middeljare, en die seisoen van wysheid en dissipelskap wanneer ons begin oorgee aan die volgende generasie.  

Daar is ook ‘n bepaalde tyd vir geestelike dinge om te gebeur. Deur die profete gee die Here vir ons ‘n indikasie van wanneer hy wat gaan doen. Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie. (Amos 3:7) So het Daniel geweet dit is 70jr en tyd vir hulle bevryding uit ballingskap. (Jer 25:12; 29:10 & Dan 9:2) Dit is belangrik om die tye te verstaan, sodat ons weet hoe om te bid.Vra vir die Here reën in die tyd wanneer die laat reëns moet kom (Zech 10:1) 

Die jode het nie Jesus se koms, bereken en verwag nie. Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?(Luk 12:56) 

Ons lewe gaan ook soms deur seisoene van winter en somer. Leer om elke seisoen te verstaan en dankbaar te bly. Want in elke seisoen, is daar ‘n goddelike voorsiening. 


[1]http://www.scielo.org.za/pdf/at/v37n1/02.pdf

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus, die arm ryk Man

Hierdie wêreld kan rofweg in drie soorte nasies verdeel word: dié wat baie geld bestee om hulle gewig te verminder; dié wie se mense eet om te lewe; en dié wie se mense nie weet waar die volgende bord kos vandaan kom nie. [1]

Was Jesus arm, of was Hy ryk? Dis ʼn baie belangrike vraag. As Hy die weg van armoede gekies het, moet ons as Sy volgelinge mos dieselfde weg kies. As Hy ryk was, kan ons darem ook ons Westerse rykdom regverdig. Uit die volgende skrifbewyse gaan ons leer dat Jesus nie arm of ryk was nie. Tog sien ons dat Hy Homself arm kom maak het om mens te word en ons te kom dien. Maar dan sien ons ʼninherente rykdom wat ander ryk maak. 

Hy wat in die gestalte van God was,

het Sy bestaan op Godgelyke wyse

nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,

maar Hy het Homself verneder

deur die gestalte van ʼnslaaf aan te neem

en aan mense gelyk te word (Fil 2:6). 

Jesus se ekonomiese posisie

Alhoewel Jesus in ʼn stal gebore is, het die sterrekykers, wat twee jaar later opdaag het, vir Jesus in ʼn huis besoek (Matt 2:11).

By Jesus se besnydenis het Sy ouers twee jong duiwe as offer gebring. Hulle het ook die reinigingsoffer gebring volgens die voorskrif in die wet van die Here, naamlik ‘n paar tortelduiwe of twee jong duiwe(Luk 2:22-24). Volgens die wet was dit die betaling van iemand wat nie ʼnlam kon bekostig nie. As sy nie ‘n lam kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee ander duiwe bring, die een as brandoffer en die ander as sondeoffer, sodat die priester vir haar versoening kan doen en sy rein kan wees (Lev 12:7-8). Jesus se ouers was dus te arm om ʼnlam te offer. Tog het die sterrekykers uit die ooste vir Hom waardevolle geskenke gebring. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre(Matt 2:11). Die feit dat Josef en Maria, toe Jesus 12 jaar oud was, ʼnreis na die tempel kon onderneem vir die pasgafees, beteken hulle was nie só arm nie, want arm mense sou dit nie kon bekostig nie (Luk 2:41-51; Eks 23:17). Josef die timmerman, of beter vertaal die ambagsman, dui op ʼnmiddelklasbestaan, as hy genoeg werk sou gehad het (Matt 13:55; Mark 6:3). Jesus as die oudste seun sou dan ook die werk by Sy vader oorgeneem het.  

Nasaret was ʼn arm landbougemeenskap net vyf kilometer buite die vooraanstaande stad, Sepphoris. Werk sou dus volop gewees het, al dui opgrawings by Nasaret op materiële armoede. 

Tydens Jesus se bediening sien ons dat Jesus van sy volgelinge afhanklik was: Hierdie vroue het uit eie middele vir Jesus en die twaalf gesorg(Luk 8:3b). Toe Jesus nog in Galilea was, het hulle oral saam met Hom gegaan en Hom versorg(Mark 15:41). 

Hy het in ʼn geleende boot gepreek, op ʼngeleende donkie Jerusalem binnegery, en is in ʼngeleende graf begrawe. Dit is ook onseker of Jesus ʼnwoning van Sy eie gehad het. Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie(Matt 8:20). Hy het wel ʼntuiste gehad (Joh 1:39). Later het Jesus na Kapernaum verhuis: Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Zebulon en Naftali (Matt 4:13). Die woordjie Katoikeo, “vestig”, beteken meer permanente verblyf.  

Hy het genoeg geld ingesamel dat Hy Judas daaroor aangestel het (Joh 12:6). Maar dan was daar nie genoeg om Sy en Petrus se jaarlikse tempelbelasting te betaal nie. Gaan see toe en gooi hoek in, en die eerste vis wat byt, moet jy uittrek. As jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n silwermuntstuk daarin kry. Vat dit en betaal hulle die belasting vir My en vir jou(Matt 17:27). Maar dit kan ook wees dat hulle bloot nie die regte geldeenheid gehad het nie. Die belasting moes betaal word met Joodse muntstukke waarop geen afbeelding van ʼnmens verskyn het nie. Jesus het die geldwisselaars, wat hierdie wet vir hulle eie gewin misbruik het, uit die tempel gejaag (Matt 21:12; Mark 11:15; Joh 2:14-15). Ons weet die algemene geldeenheid van die dag was diémet die keiser se beeld op (Matt 22:20-21; Mark 12:16; Luk 20:24). 

Jesus het ook gemaklik met ryk, vooraanstaande en invloedryke mense verkeer, soos Josef van Arimatea (Matt 27:57), Saggéüs (Luk 19:2), Levi (Luk 5:29), en van die Fariseers (Luk 14:1). Hy het ook geen probleem gehad om by hierdie mense te gaan eet en selfs ʼnfeesmaal te geniet nie (Luk 5:29-32; 7:36-39; 11:37; 14:1-2). Jesus weet ook wat die mense van Hom sê en verwys selfs daarna: Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: “Kyk daar, ‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van tollenaars en sondaars”(Matt 11:19). 

Jesus was nie skaam om welvaart te geniet nie. Hulle het ook sy onderkleed gevat. Dit was sonder naat van bo af in een stuk geweef. Hulle sê toe vir mekaar: “Ons moet dit nie skeur nie. Kom ons loot wie dit moet kry (Joh 19:23). Hierdie onderkleed sou waardevol gewees het in daardie tyd. Jesus ontvang twee keer die liefdesgeskenk van duur parfuumolie. Jesus laat toe dat die sondares sy voete was en salf met reukolie (Luk 7:36-50), en later laat hy toe dat Maria duur nardusolie op Hom uitstort (Joh 12:1-11). 

Die slotsom is dus: Jesus het geleer om vergenoegd te wees met tekorte en met oorvloed. Paulus het ook hierdie Jesus-leefwyse verstaan: Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighedete behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee (Fil 4:11-13). Paulus som Jesus se lewe baie mooi op: as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles(2 Kor 6:10). 

Die idee dat Jesus egter ʼnryk man was, en welvaartsteoloë die reg gee om in welvaart te leef, strook nie met die hele gees van die Skrif nie. Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word (2 Kor 8:9). 

Jesus maak mense ryk en het geen nodigheid gehad om rykdom te versamel nie. 

Jesus het die brood vermeerder (Matt 14:13-21; Mark 6:30-44; Luk 9:10-17; Joh 6:1-14).

Jesus het honderde mense genees en bevry (Hand 10:38). 

Jesus gee ons die ewige lewe! 

Jesus se perspektief op geld: 

But money answers everything (Pred 10:19).

Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks(Pred 5:9).

Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal(1 Tim 6:10).

Bileam seun van Beor wat daarop uit was om vir geld onreg te pleeg(2 Pet 2:15).

Jesus se perspektief op rykdom

Gelykenis van die ryk man en Lasarus (Luk 16:19-31). Alhoewel Lasarus homself aan die boesem van Abraham bevind en die rykman sy oë in die doderyk oopmaak, is dit nie ʼnkwessie van rykdom vs. armoede nie, maar dat hy a.g.v. sy rykdom nie sy lewe tot die Here bekeer het nie. Rykdom kan dus ʼnhindernis in mense se lewe wees omdat hulle dink hulle het God nie nodig nie. 

Daar is niks verkeerd met rykdom nie, maar soos enige ding in die lewe kom elke voorreg teen ’n prys. God het nie ’n probleem met ryk mense nie. Verskeie prominente figure in die Bybel was ryk: 

Abraham: Gen 13:2

Isak: Gen 26:12 

Jakob: Gen 27:28; 30:43; 35:11

Salomo: 1 Kon 10:23; 2 Kron 9:22

Hiskia: 2 Kon 20:13; 2 Kron 32:27-29 

Josef van Arimatea: Matt 27:57-60

Saggeus: Luk 19:1-10 

Matteus: Matt 9:9-10

WAARSKUWING AAN DIE RYKES: 

Rykdom is aards en tydelik; dit kan nie die ewigheid koop nie. Die ryk dwaas: Maar God het vir hom gesê: “Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie” (Luk 12:13-21).  

Die ryk jong man kan nie die Here se opdrag, wat Hy met liefde in Sy oë gee, uitvoer en alles wat hy besit verkoop en Hom volg nie –sy rykdom weerhou hom daarvan. Rykdom is daar om ander te seën, maar kan ʼn hindernis word om die Here te gehoorsaam.Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad. En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ’n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan (Matt 19:22-24). Dit is ook so dat arm mense makliker die Here gehoorsaam en gaan doen wat die Here vra. Ryk mense is gewoonlik te besig om hulle rykdom te vermeerder of te probeer behou.  

Rykdom gee meer sorge. En hulle by wie in die dorings gesaai word—dit is hulle wat die woord hoor, en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar(Mark 4:18-19). 

Rykdom bied valse sekuriteit. Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal” (Op 3:17).

Oppas vir hoe jy rykdom en welvaart bekom. ‘n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie, dit is die mens wat op oneerlike wyse ryk word. Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe, sy uiteinde is dié van ‘n dwaas (Jer 17:11). 

OPDRAG AAN DIE RYKES: 

Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ‘n skat as ‘n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry (1 Tim 6:17). 

. . . en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos ‘n veldblom. As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan (Jak 1:10-11).

Jesus se perspektief op armoede:

Die Here maak arm en Hy maak ryk (1 Sam 2:7).

Gee drank aan dié wat besig is om onder te gaan, laat dié wat swaar ly, drink; as so ‘n mens drink, vergeet hy van sy armoede en dink hy nie meer aan sy moeilikheid nie (Spr 31:7).

As jy maar net luister na die Here jou God en gehoorsaam is aan al hierdie gebooie wat ek jou vandag gee en daarvolgens lewe, sal daar nie ‘n arme onder jou wees nie, want die Here sal jou baie voorspoedig maak in die land wat Hy jou gee om as jou eie te besit (Deut 15:4).

Gee vryelik aan jou broer wat arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee het nie, want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak. Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is (Deut 15:11).

Die armes het julle altyd by julle (Matt 26:11; Mark 14:7; Joh 12:8).

Toe het ek gesê: Wysheid is wel beter as krag,maar die wysheid van die arme word geminag,

en niemand luister na wat hy sê nie (Pred 9:16).

Toe die Heilige Gees uitgestort word, stel die Here die mense in staat om werklik Jubeljaar toe te pas, vanuit die hart. Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring (Hand 4:34). 

JY SAL ARM WORD INDIEN: 

Armoede en vernedering wag vir iemand wat hom nie wil laat leer nie (Spr 13:18);

Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm (Spr 28:19); 

Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek (Spr 14:23); 

Nou gaan die Here alles vat wat die stad het, Hy gaan die mag breek wat die stad op see het, en die stad self sal afgebrand word (Sag 9:4); 

Sy het baie gely onder die behandeling van talle dokters en het alles wat sy gehad het, daaraan bestee. Sy het egter geen baat daarby gevind nie; haar toestand het eerder vererger (Mark 5:26); 

Nadat hy alles deurgebring het, het daar ‘n kwaai hongersnood in daardie land gekom, en ook hy het begin gebrek ly (Luk 15:14);

As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie; staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet (Spr 20:13);

‘n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak. Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is; ‘n mens wat die oestyd deur slaap, verdien veragting (Spr 10:4);

Wie plesier voorop stel, word arm; wie lief is vir wyn en lekker kos, word nie ryk nie (Spr 21:17);

Want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop (Spr 23:21).

SEËNINGE AAN DIE WAT ARMES HELP: 

Wie hom oor ‘n arm mens ontferm, gee ‘n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed (Spr 19:17);

Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed (Spr 14:21); 

Wie vir ‘n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor (Spr 28:27); 

Wie groot rykdom versamel deur mense uit te buit, versamel dit vir iemand wat hom oor arm mense sal ontferm (Spr 28:8).

Jesus het soms ʼnfinansiële tekort gehad, maar Hy was nooit arm nie. 

Armoede is ʼn ingesteldheid. 

•      Armoedig teenoor jou verhouding met God – Armoede van intimiteit 

•      Armoedig teenoor jou verhouding met jouself–Armoede van bestaan 

•      Armoedig teenoor jou verhouding met jou familie – Armoede van vertroue 

•      Armoedig teenoor jou verhoudings met die gemeenskap – Armoede van veiligheid 

•      Armoedig teenoor die skepping – Armoede van rentmeesterskap  

Armoede-mentaliteit!

Armoede leef vir vandag, maar rykdom laat ‘n nalatenskap.

Armoede vind ‘n probleem in elke geleentheid, terwyl welvaart in elke probleem ‘n geleentheid soek.

Armoede voel geregtig, terwyl rykdom bemagtig voel.

Armoede vrees die toekoms, maar rykdom maak geskiedenis.

Armoede blameer ander vir sy toestand, maar welvaart neem verantwoordelikheid vir dinge wat nie sy skuld is nie.

Armoede vra: “Wat gaan jy vir my doen?” Welvaart vra: “Wie is my belegging werd?”

Armoede hang saam met ander ontevrede soorte wat sy aanklagte bekragtig, maar rykdom omring hom met ander kragtige beïnvloeders.

Armoede stem vir kandidate wat sy regte sal verhoog, terwyl welvaart amptenare kies wat vandag se gerief vir môre se kinders sal aanbied.

Ryk-in-God-mense mentaliteit 

Ryk mense kry hul identiteit uit die dinge wat hulle besit: hul huise, motors, seiljagte, geld, ens. Ryk-in-God-mense se identiteit kom van wie hulle is, nie wat hulle besit nie.

Ryk mense spandeer ook baie tyd om nie hul geld te verloor nie, of hulle mors dit op hulself. Ryk-in-God-mense se geld is net ‘n uitdrukking van wie hulle is, so hulle is vol vertroue in hul welsyn.

Ryk mense werk vir geld, terwyl Ryk-in-God-mense se geld werk vir hulle werk.

Ryk mense dink aan hul bates, maar Ryk-in-God-mense droom van hul nalatenskap.

Ryk-in-God-mense gee aan mense. Ryk mense belê in mense met die verwagting van ‘n opbrengs op hul belegging, gemeet aan ‘n voorafbepaalde uitkoms. Voorbeelde hiervan is ‘n veranderde lewe, ‘n getransformeerde buurt, ‘n besigheidswins, ens.

Ryk mense dink hulle geld beskerm hulle; hulle voel hulle is bo die wet verhewe. Salomo het dit so gestel: Die rykdom van ‘n ryk man is sy sterk stad en soos ‘n hoë muur in sy eie verbeelding (Spr 18: 11). Ryk-in-God-mense is inherent nederig, want hulle is dankbaar omdat hulle weet dat die bron van hulle voorsiening die Here is.

Ryk mense het ‘n visie vir die dinge wat hulle kan koop. Ryk-in-God-mense het ‘n visie vir die nalatenskap wat hulle verlaat.

Ryk mense kompeteer vir geld. Ryk-in-God-mense word deur die lot verplig.

Ryk mense trap op ander om op te beweeg. Ryk-in-God-mense meet sukses deur die mense wat hulle help.

Die ryk persoon se besigheidsdoelwit is om geld te verdien, terwyl Ryk-in-God-mense se beroep wins oplewer as die vrug om ander goed te dien.[2]


[1]David S. Landes – Wealth and poverty of nations. 

[2]Poverty, Riches and Wealth: Moving from a Life of Lack into True Kingdom Abundance
by Amazon  Digital Services  LLC
Learn more: https://www.amazon.com/dp/B079C21KKY/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_B7J.CbH4S4N03 

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus die Aanbidder

Ware aanbidding – wat God behaag – gebeur wanneer jy jouself volkome aan God gee.

Dis insiggewend dat daar bitter min opgeskryf is oor hoe Jesus aanbid het. Daar is een enkele vers dat Hy gekniel het. Hy het toe ‘n entjie daarvandaan op die grond gaan kniel en gebid.(Mark 14:35) Tydens die Pasga-maal het Jesus saam met Sy dissipels die gebruiklike Hallel (Ps 114-118) gesing. Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan Olyfberg toe.(Matt 26:30) In een van die mooiste oomblikke van Jesus se aanbidding het Hy by daardie selfde geleentheid deur die Heilige Gees dit uitgejubel: Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. (Luk 10:21) Die woord wat hier gebruik word is:ἀγαλλιάω agalliáō; to leap. “To exult, leap for joy, to show one’s joy by leaping and skipping denoting excessive or ecstatic joy and delight. Hence in the NT to rejoice, exult.” In hierdie konteks beteken dit ook: “my tong was bly,” wat beteken om met woorde te jubel en hardop te sing.

Jesus was duidelik gekant teen aanbidding net om deur mense gesien te word. Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot.(Matt 23:5)

Daar word vandag baie klem gelê op hoe God aanbid moet word. Die een kerk kompeteer met die ander oor wie se aanbiddingstyl die beste is en die meeste mense trek. Aanbidding behoort egter Godgerig te wees. Wat is die manier van aanbidding wat vir God die aanneemlikste is? Sekerlik is Jesus se lewe dan ons standaard omdat Hy die perfekte voorbeeld van die vleeswording van die wil van God is.

Jesus toon baie duidelik dat aanbidding nie ver verwyder is van die mense nie. Aanbidding is tussen mense, in die alledaagse, in die natuur. Reeds in die OT word daar melding gemaak dat God nie verheerlik word deur die bou van geboue nie. Eerder:Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.(Jes 66:1-2) Jesus wys ons dus dat aanbidding ’n permanente leefstyl is en nie ’n plek waarnatoe jy gaan nie. My lewe, wandel, doen en late is Sy heiligdom. (1 Kor 3:16; 6:19; 2 Kor 6:16)

Jou werk is aanbidding.

Ek onthou tydens ons besoek aan Pennsilvanië, waar die Amish-mense leef en boer, hoe beïndruk ons was met die netheid, presisie en pragtige, gesonde mielie- en koringlande. Ons staan tog net so in verwondering oor God se skepping. Mag die mensdom ook in verwondering staan oor ons skeppings, kreatiwiteit, kundigheid, werk-vrugbaarheid en diens! Ons werk is ook ’n preek!

Jesus kies om 90% van Sy lewe daaraan te wy om die Vader te aanbid en te verheerlik in ’n baie aardse, gewone alledaagse bestaan, tussen gewone mense. En Hy doen dan ook ’n beroep op ons om dieselfde te doen: Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.(Matt 5:15) Buiten dat Jesus in hierdie tyd hard moes werk, leer Hy ons dat Hy en die Vader ook werk. Maar Jesus het Hom teen hulle verweer: “My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.” (Joh 5:17)

Die idee dat werk ook aanbidding is, kom van die Hebreeuse woord vir werk en aanbidding wat van dieselfde kernwoord afkomstig is: Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk(abad:skep, bewerk, arbei, vrugbaar, en diens) en op te pas(samar: om op te pas, te hou, te preserveer, te beskerm, versigtig, wag te hou). (Gen 2:15) Hierdie opdrag om te werk is voor die sondeval gegee en toon dat ons geskape is om te werk en rentmeesters te wees. Die vloek van die sondeval is: [M]et swaarkry sal jy daaruit ’n bestaan maak, jou lewe lank. (Gen 3:17)

Die tuin-narratief loop soos ’n goue draad deur die Bybel. Die Bybelverhaal begin in ’n tuin (Gen 2:8-10) en eindig in ’n tuin. (Op 22:1-3) Die oudste beroep is dié van ’n tuinier. Maria sien Jesus aan as die Tuinier. (Joh 20:14)

Dis verder interessant hoe baie Jesus verwys na die landbou en om dinge te plant en te laat groei.

Die gelykenis van die saaier: (Matt 13: 1-23),

Die koring en die kaf: (Matt 13:24-30, 36-43),

Die mosterdsaad:  (Matt 13:31-32),

Die geheime skat in die veld: (Matt 13:44).

Jesus sê ook vele kere dat ons soos ’n gesonde boom moet vrug dra. (Matt 3:8-10)

Dat daar nie twee verskillende tipe vrugte uit een boom kan groei nie. (Matt 7:16-20)

Ons moet siele gaan wen en die oes insamel; kyk, die oes is alreeds wit.

Hy vervloek die vyeboom wat nie vrug dra nie. (Matt 21:18-20)

Koninkryk is soos saad wat groei en vrug dra. (Mark 4:26-29)

Gelykenis van die landbouer. (Luk 20:9-18)

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.(Joh 12:24)

Jesus sien aanbidding dus as vrugbaarheid. Die twee gelykenisse en ook die vermenigvuldiging van die ponde (Luk 19:11-27) en die talente (Matt 25:14-30) gaan oor getrouheid en nie hoe goed ons goed oppas nie. Dit gaan oor hoe goed ons woeker met dit wat ons alreeds ontvang het. Ons vergelyk dikwels getrouheid met standvastigheid, konsekwentheid, betroubaarheid, lojaliteit, toegewydheid en eerlikheid. Jesus vergelyk getrouheid egter met iets anders: vermenigvuldiging. Wat God ook al aan ons gee, Hy verwag dat ons dit sal vermenigvuldig en aan Hom terugbring.

Toe die Here die aarde geskep het, het Hy gesê dit was goed. Wat skep ons wat goed is? Hy word verheerlik deur wat ons skep. Sommige mense skep divisie, wanorde en verdeeldheid. Soos die skepping getuig van Sy heerlikheid en wie God is, so getuig die werke van ons hande.

Wanneer ons op die regte manier sake doen, word ons besigheid ’n manier om mense te bemagtig en op te rig. Daar word dikwels na ’n rassegroep verwys as sleg, en tog bestaan daar ’n Mercedes Benz-fabriek in Port Elizabeth wat aan Europese standaarde voldoen, met meestal Afrikane. Tans word Kigali beskou as die skoonste stad in Afrika. Dis nie die mens wat sleg of vuil is nie. Ons besigheidsmodel maak van mense óf slawe óf rig mense op. Korrupsie is nie net ’n heenwysing na slegte mense nie, maar ook die bewys van ’n swak stelsel.

Die hoogtepunt van die tuin-tema in Jesus se prediking is: Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.(Joh 15:1-10) Jesus is hier baie reguit en op die man af: Die wat My lief het, sal my gebooie bewaar.

Reg leef in ’n goddelose wêreld is hoe ons God die meeste verheerlik.

Sien Daniël, Nehemia, en Mordegai en Ester!

’n Godsvrugbare lewenstyl is hoe God die meeste verheerlik word. Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.(Spr 21:3) OAV

To do righteousness and justice is more acceptable to the LORD than sacrifice. (Spr 21:3) NKJV

Genesis 4:4 Die Here het Abel en sy offer aanvaar, maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig. “Hoekom is jy so kwaad?” vra die Here vir hom. “Hoekom hang jou gesig? Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde sit reg by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin.”NLV

Amos 4:4-5 Bring maar julle dankoffer van suurdeegbrood. Spog gerus openlik met julle vrywillige offers! Julle Israeliete hou mos daarvan om dit te doen!NLV

Amos 5:23 Ek wil liewer ’n vloed van regverdigheid sien, ’n eerlike leefwyse soos ’n stroom water wat nie ophou vloei nie.NLV

Amos 6:5 You sing trivial songs to the sound of the harp and fancy yourselves to be great musicians like David. NLT

Jesaja 1:11-15;Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van voerbeeste; die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie. As julle kom om voor My te verskyn, wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap? Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie: Ek het ’n afsku van julle wierookoffers. Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae: Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie. Julle nuwemaansfeeste en feesgetye haat Ek. Hulle is vir My ’n las, Ek is moeg daarvoor. As julle julle hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak. Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie, want julle hande is met bloed bevlek. NV

Jesaja 5:12 Daar is liere en harpe, tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye. Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie, sy dade sien hulle nie raak nie.NV

Jesaja 29:13 So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies.(Matt 15:9)

Die hoogste vorm van aanbidding is ons geloofsvertroue in God.

God aanvaar Abel se aanbidding omdat hy geglo het. Omdat Abel geglo het, het hy ‘n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy ‘n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood. (Heb 11:4) Toe hulle Jesus direk vra: “Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?” Jesus antwoord en sê vir hulle: “Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het”(Joh 6:28-29). En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek. (Heb 11:6)

Selfs twee heidene, ’n Romeinse offisier en ’n Kanaänitiese vro, is geprys vir hulle groot geloof:

Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so ’n groot geloof teëgekom nie(Matt 8:10)

“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.”

Van daardie oomblik af was die dogter gesond. (Matt 15:28)

Dit is baie duidelik uit bostaande skrifgedeeltes dat God die meeste behaag word deur ons geloof! Lofprysing en aanbidding verg geloof. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk. (Gal 5:6)

Opregte liefde – God soek jou hart

Op grond van die ontdekking van Sy liefde vir ons is ons lief vir die Here met ons hele hart, ons ganse gemoed, ons hele verstand en al ons krag! (Deut 10:12; 30:6; Mark 12:30; Luk 10:27) Jesus is immers die rede vir ons bestaan, want Hy het ons eerste liefgehad. (1 Joh 4:19) Sy liefde genees en herstel ons wese, en werk in ons om saam met alle gelowiges mekaar lief te hê soos Hy ons liefhet. (Lev 19:18; Ef 5:2; 1 Tess 4:9; 1 Pet 1:22; 1 Joh 2:7)

Loof die Here met jou alles, die hele mens is betrokke.

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, al jou krag en jou hele verstand.(Luk 10:27) Dit impliseer eenvoudig dat jy die Here moet liefhê met jou gedagtes, jou emosies, jou liggaam, jou alles! Ons hele menswees is teenwoordig en betrokke om God voluit lief te hê. God is dus die fokus van ons hart. Ons alles, ons wil, ons lewe, ons begeertes, ons drome ons passies, ons gedagtewêreld is gerig om God te loof en te prys. Geen dualisme (verdeling in opponerende kompartemente) nie.

Jesus laat toe dat die sondares sy voete was (Luk 7:36-50) en later Maria (Joh 12:1-11). Hierdie spontane liefdesgebaar raak die Here diep. Albei hierdie vrouens het hulle eie reputasie, en dit wat mense gaan sê, in die wind geslaan om hulle geloof en liefde in die openbaar te bely! Hierdie skaamtelose intieme liefdesdaad het die Here verseker behaag!

’n Verdere spontane aanbidding: DIE volgende dag het ’n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom, palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.(Joh 12:12-19) Dit staan in kontras met die vorm of godsdienspleging van die feesvieringe wat in dieselfde tyd deur die tempelleierskap gehou is.

Aanbid Hom in gees en waarheid. (Joh 4:24)

Dit beteken om Hom te loof met opregtheid, eerlikheid, ongeveinste, lof wat nie omgee wat die mense sê nie. Waarheid spreek van die egtheid van ons fokus. Ons bid nie gebede om deur mense gehoor te word nie. (Mat 6:5-8) Aanbidding deur die Gees spreek van aanbidding wat uit jou hart kom, deur die Gees in jou geplaas tot God se eer. Dit is die kern van ons hele aanbidding is om terwyl ons sing en aanbid die Heilige Gees se hulp te soek, dat Hy ons help. Want niemand kan God werklik aanbid of sien sonder dat die Vader Homself deur Sy Gees aan ons openbaar nie. (Mat 16:17; Matt. 11:27; 1 Cor. 2:10; Gal. 1:16)

God is Gees, en ons ken Hom na die Gees. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in ’n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. (1 Cor 2:10-11) Ons kan God nie begryp, en uitredeneer met ons verstand nie. Ons sien, hoor, verstaan deur die Gees.  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ’n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. (2 Cor 3:15-18) Petrus moes ‘n persoonlike geestes ervaring hê, soos die Vader Homself aan hom geopenbaar het om te sien wie Christus waarlik is. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. (Mat 16:17)  Aanbidding is dus geestelik, en nie net die sing van liedjies nie. Daar is ‘n geestelike konneksie. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. (1 Cor 14:15-16)

Net mense wat geestelik is kan geestelike dinge beoordeel. (1 Cor 2:13) Paulus verwys ook direk na die sing van geestelike liedere, teenoor psalms en lofsange. (Col 3:16; Eph 5:19) Hierdie geestelike liedere vind hulle oorsprong in die gees, nie die menslike verstand en intellek nie. en is waarskynlik die nuwe lied waarna die Bybel dikwels verwys. (Ps 33:3; 40:4; 96:1; 98:1; 144:9; 149:1; Isa 42:10; Rev 5:9; 14:3)

Lofprysing begin die dag wanneer God vir jou ʼn werklikheid word.

Wanneer jy God persoonlik sien, beleef of ervaar, sal jy Hom loof en prys. Niemand sal jou hoef te leer hoe om dit te doen nie. Dis ʼn spontane reaksie op die werklikheid van Sy bestaan in jou lewe. Die probleem is dat baie mense oor die jare in ʼn kerk grootgeword het waar God net op een sekere manier geloof en geprys word. As gevolg van kulturele invloede en humanisme het aanbidding in die kerk vervreemd geraak van die voorskrifte en voorbeelde wat die Bybel leer. Spontane lofprysing gebeur hoogstens in ons binnekamer of in privaatheid. Die meeste mense wat in die kerk grootgeword het se reaksie op ons lofprysing is: “Ons hou daarvan en dit is mooi, maar dit is vreemd.” Mense is dit nie gewoond nie en weet nie wat hulle moet doen nie. Ons begeerte is om ons eie opinies en idees neer te lê en soos kinders te word sodat die Heilige Gees ons deur die Woord kan leer hoe ons God moet aanbid in Gees en in Waarheid.

Die gees waarin ons aanbid.

God sien ons hart en nie ons lofprysingsbewegings nie. Jy kan dans, spring en juig, maar God sien die hart waarmee jy dit doen. Dit is van wesenlike belang dat ons sonder toorn, bitterheid, twis en onenigheid ons hande opsteek na die Here. (1 Tim 2:8) As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.(Matt 5:23-24) Leonard Sweet verduidelik dat die twee balke van die kruis, die een vertikaal en die ander horisontaal, heenwys na ons opwaartse aanbidding na God en wedersyds na ons diens aan mekaar. Die een kan nie sonder die ander nie. Indien ons net op die een aspek van ons geloof fokus, gebruik ons later die balk om ander meer te slaan. Dit is die paradoks van die kruis. Ons aanbid Hom en fokus op Hom, maar dan help Hy ons om weer op mekaar te fokus en mekaar te dien.

Die Gees van aanbidding is die Gees van Christus, naamlik diens, onderwerping, ander hoër ag, sensitief, nugter en ongeveins. Jesus het God aanbid met Sy lewe tussen mense. Dit is wat die dinamika van korporatiewe aanbidding so kragtig maak – ons leer om saam die Here te loof en te eer. Die hele gesin en die hele gemeente loof die Here saam. Niemand staan eenkant of vervreemd nie. God se koninkryk is insluitend, niemand word uitgesluit nie. Daarom neem ons mekaar in ag, ook in die keuse van die liedjies. Jonk en oud lê ons eie smake en voorkeure neer om God saam te aanbid. Al hierdie saam-aksies is gesetel in die verloëning van self. Dit is in sterk teenstelling met lofprysing wat maklik kan ontaard in selfgerigtheid, selfverheerliking, menseverering, vleeslikheid en wedywering, vleeslike drif en fokus op menslike prestasies. Nederigheid, diensbaarheid, eenheid, ootmoed, gehoorsaamheid is die Gees van Christus wat moet heers in ons aanbidding.

‘n Lewende offer

EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens. (Rom 12:1) Deur die OT het God dooie vlees as offers verwag. Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie.(Heb 9:22) Die priesters mag nie in God se teenwoordigheid gekom het en gesweet het nie. (Eze 44:18) Dit is dus duidelik dat self-verloëning, vir God aanneemlik is as aanbidding. (Mat 16:24) Deur die offers van diere en bokke kan die mens God nader. Jesus het Homself eenmaal vir ons geoffer sodat ons nou met vrymoedigheid kan kom. (Heb 9:12; 10:19) Ons daaglikse verloëning van self en die opneem van ons kruis is aanbidding! Dit is hoe Jesus die Vader verheerlik het. Hy het uiteindelik Sy lewe gegee. (Luk 22:42)