Categories
Jesus die beste lewe

Jesus: apostel, profeet, evangelis, leraar en herder.

“om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus” Eph 4:11

Soos die Here ‘n baie spesifieke spesifikasies gehad het by die bou van die tabernakel, of tent van samekoms. Netso het die Here bepaalde voorskrifte oor hoe Sy liggaam, kerk moet funksioneer. (Exod 25:40; 26:30; 2 Tim 1:13; Heb 8:5).  Natuurlik is die heel belangrikste spesifikasie dat Jesus-Christus die hoeksteen is. (Mat 21:42)

Dat ons God se bloudruk sal volg en daarby bly is uiters belangrik, want die leuen kan net bestaan in die afwesigheid van die waarheid. So ook kan ook die duisternis net bestaan, in die afwesigheid van die lig. Dwaalleringe, revolusies, en valse gelowe ontstaan, omdat die kerk iewers in daardie area gefaal het. 

En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ’n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ’n woning van God in die Gees. (Eph 2:17-22) 

Niemand kan Jesus in persoon ooit vervang nie. Om lief te hê soos Jesus is ook nie vir ons as mens moontlik nie. Ons haal net glad nie Sy standaard nie, maar gesamentlik as Sy liggaam, is dit wel moontlik om Sy liefde aan die wêreld te demonstreer.  Daarom het Jesus toe Hy opgevaar het, 5 verskillende dele van Homself as gawes gegee om die kerk in volwassenheid in Christus te bring. Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul. En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.(Eph 4:10-12) 

Jesus vergestalt al die vyf gawes gegee aan die kerk. Wat is die sogenaamde vyf-vou bediening? Vir die kerk om volkome in Christus te wees, moet dit blootgestel word en die genade ontvang wat in elkeen van hierdie vyf gawes opgesluit is. Elke gaweis uniek in hullefunksie, fokus, passie, persoonlikheid en benadering.

According to Rick Warren you get five different kind of churches. 

The Soul Winning church. The terms you’re most likely to hear in this church is; witnessing, evangelism, salvation and decisions for Christ. Everything else is secondary to the desire to see the lost being saved.  (Evangelist)

The experiencing God church.  The focus of this church is experiencing the presence and power of God in worship. Key terms in this kind of church is: praise, prayer, worship, music, spiritual gifts, spirit, power and revival. (Prophet)

The family reunion church. This church focuses primarily on fellowship and relationships.  Key terms for this church is; love, belonging, fellowship, caring, relationships, small-groups and fun.  (Pastor) 

The classroom church – the emphasis is an preaching and teaching.  People come to church with notebooks and pens.  Key terms are; expository preaching, bible study, Greek and Hebrew, doctrine, knowledge, truth and discipleship. (Teacher) 

The social conscience church. The focus in this church is to see the community changed. They are doers of the word, practical, no-nonsense approach.  Key terms are; needs, serve, share, minister, take a stand and do something, get involved. (Apostle) 

The point is that a healthy church should be all the above.  Because the abovementioned list of churches is basically presenting and divining the scope of the various five-fold anointings. It is interesting that the Purpose-driven model is based on five point purpose statement. 

Magnify – we celebrate god’s presence in worship. (Prophetic)

Mission – we communicate God’s word through evangelism. (Evangelistic)

Membership – we incorporate God’s family into our fellowship. (Pastoral) 

Maturity – We educate God’s people through discipleship (Teacher)

Ministry – We demonstrate God’s love through service. (Apostolic) 

Alhoewel die Vyfvoudig bediening nooit genoem en as sodanig genoem of erken word nie, vorm dit die basis van die hele model.  Dit is duidelik dat vir die kerk om ‘n gesonde en gebalanseerde plek van geestelike groei te wees, moet die lede aan al vyf hierdie gawes, bedieninge en fokus blootgestel word.  Lede wat deel is van sodanige kerke sal versnelde persoonlike geestelike groei ervaar binne ‘n atmosfeer van korporatiewe groei en verandering. Gewoonlik wanneer een van hierdie aspekte oor beklemtoon word ten koste van ‘n ander lei dit dat die kerk ‘n wanvoorstelling van Christus word. 

Daarom is dit belangrik dat die kerk hierdie 5 gawes eers in Christus se bediening sal herken, en dan in mekaar in Sy liggaam.  Deesdae bemark die gesondheid revolusie weekliks vir ons nuwe diëte, oefen programme, en wondermiddels tot ‘n meer gesonde lewe. Jesus het egter klaar bepaal wat die instrumente en katalisators is, vir optimale geestelike groei.  

die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus (Heb 3:1) 

WAT IS ‘N APOSTEL? 

Die woord apostel is nie vreemd tot die kerk nie. Die ortodokse en katolieke kerk gebruik die term en titel al vir jare.  Dit was met die reformasie, dat daar wegbeweeg is, van titels, en die misbruik van mag.  Die term het onder protestante in vergetelheid verval, en net deur sekere sekte groepering gebruik. Die Griekse woord apostel kom 81 keer voor in die NT. Die woord kom nie in die OT voor nie, want die woord het nog nie bestaan nie. Die woord is deur die Grieke geskep om die begrip te verduidelik van waar hulle leiers uitstuur na die koninkryke wat hulle oorwin het, om die kultuur te vergrieks.  Jesus kan sy dissipels, priesters of rabbi’s genoem het, maar hy verkies die griekse begrip om die pilare van die kerk te wees.  Die woord word 1 keer elk in Matteus en Markus, en 6 keer in Lukas. 30 keer in die boek Handelinge van die Apostels, die orige 38 keer word die woord deur Paulus gebruik in sy briewe.  

BETEKENIS VAN DIE WOORD

‘n moderne vertaling van die woord sal wees sendeling. Want in wese is dit wat die woord Apostel beteken. ‘apo’ van ‘stello’ stuur. 

1) Een gestuur (apo, van stello- tot stuur), ambassadeur, agent, gesant, boodskapper gestuur, op ‘n missie, diens, sake, opdrag of geregtelik, draer van ‘n kommissie.

2) Vloot, ‘n ekspedisie, seevaart en militêre ekspedisies.

Die eerste melding van ‘n apostel in die Nuwe Testament is in die lewe van Jesus self. In sy laaste gebed het Jesus verklaar dat die Vader Hom (John 17:3,4) gestuur het. en Jesus Christus wat U gestuur het. Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. Gedurende sy lewe het Hy die Vader se naam geopenbaar, (John 17:6) Hom op aarde verheerlik (John 17:4) en hom so volkome voorgestel dat Hy Hom gesien het toe Hy Hom sien, “die Vader.” Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. (John 14:9) Jesus is gestuur as ambassadeur en die Vader se afgevaardigde. Hy was waarlik die eerste apostel, nie net in tyd nie maar in voorrang. Trouens, Hebreërs maak dit duidelik wanneer dit hom beskryf as “die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis.” (Heb 3:1)  Jesus het nie Sy apostels gevra om iets te doen wat Hy self nog nie gedoen het nie. “Mat 10:2 Daarom, wanneer ons die NT oorweeg. getuienis vir apostolos, begin ons met die patroon vir alle ander – Jesus Christus.

Mission. God is a God of motion, of movement, of mission. Or, as it is popular nowadays to say, “two-thirds of the word God is go.”  Everyone is here on assignment. Everyone is on a mission. Everyone is a missionary. Every Christian has an apostolate to fulfill.

The first word of the “Great Commission” is “Go” (KJV). A little less than two hundred times does the Bible instruct us to “go.”45 Never once does the Bible instruct us to “hide.” Only about thirteen times does it tell us to “stay.” But the “staying” instructions keep us next to Jesus. And the only times we’re told to “stay” are to wait for instructions from Jesus so that we can best “go.”

(The only true voyage of discovery, the only fountain of Eternal Youth, would be not to visit strange lands but to possess other eyes.) —Marcel Proust

This is one reason why the Gospels are filled with travel metaphors. Len Hjalmarson brilliantly elaborates the difference between a temple spirituality and a tabernacle spirituality; the former being priest-centric, the latter being road-centric.  Prakties: Iets gebeur in jou, wanneer jy op ‘n sending gaan. Daarom bied baie kerk sending uitreike aan, en almal wat al so ‘n reis meegemaak het, sal erken dat die omstandighede, die bediening aan ‘n vreemde kultuur groep, iets binne jou losmaak. Jy voel belangrik, jy voel bemagtig, jy voel jy maak ‘n verskil! Die reisende aspek van die evangelie, staan sentraal tot Jesus se tempel afbreek en in 3 dae herbou narratief. Die vroeër kerk het eksponensieel dramaties gegroei, en die hele klein asië, in minder as 30 jr gekersten. Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van ’n sekere Tiránnus samesprekinge gehou. En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke. (Acts 19:9-10) 

Luk 7:3 Jesus is gestuur deur die Vader. 

Om ‘n gestuurde te wees impliseer dat jy namens iemand praat en optree.  Jy is nie meer deel van ‘ons’ nie.  Soos Jesus gestuur is, stuur Hy ons ook: Joh 20:21 Soos skape tussen die wolwe in. Mat 10:3 Ons moet ook bid dat die Here arbeiders sal stuur. Mat 10:2

Gestuurde, afgevaardigde, beroep, verteenwoordiger.  

Om ‘n gestuurde te wees gee jou ‘n sekere mandaad en gesag om namens die een wat jou gestuur het op te tree.  Joh 13:20

“Laat u koninkryk kom” staan in teenstelling met elke keer wat Jesus verklaar het: “die Koninkryk HET naby gekom” Mat 4:12. Jesus leer ook Sy dissipels om te verklaar wanneer hulle in ‘n plek kom sê: “Vir julle is die koninkryk van God baie naby” Mat 10:9; en selfs as die mense die boodskapper nie ontvang nie. “Maar dit moet julle weet: die koninkryk van God is baie naby” Luk 10:11. Ons bid soms te lank dat die koninkryk nog moet kom, terwyl as Jesus in die plek is, het die koninkryk gekom.  

Ons wil die heeltyd Jesus, aantrek, bysit, soos Hy wees, probeer geestelik wees, probeer christen wees. Toe jy tot bekering gekom het, het Jesus in jou kom woon deur Sy Heilige Gees, en jou ‘n nuwe skepsel gemaak. Hy is dus alreeds in jou! Jesus sê vir Sy disspels: Gee julle vir hulle iets om te eet. Mar 6:37 maak die mense gesond Mat 10:9; Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet. Mat 10:8 Die Koninkryk is in ons. Luk 17:21 

Die Here woon tussen die lofprysing van Sy kinders, en met Hom as ons Vader, een geloof, doop en hoop, spreek van Sy Koninkryk in ons midde. Col 1:27 

Daarom die instruksie om nie voorsiening te maak of saam te neem nie. Luk 10:9. God sal voosien, Hy sal sorg, Hy sal ons beveilig. Dis ‘n wonderlike voorreg om in diens van God, Sy ambassadeur te wees. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 2 Corinthians 5:18 

Die boodskap gaan nie maklik ontvang word nie. Daar wag vervolging. Mat 10:16-18 Want as hulle dit met die Seun van God kan doen, dan sal ons nie vrykom nie. Mat 10:24-25 Ons kan nie die boodskap aanpas en afwater om vervolging vry te spring nie. Maar ons verteenwoordig nie onsself nie, maar ‘n lewende God, wat eersdaags almal gaan oordeel volgens hulle werke.  

“The devil’s greatest commission is to prevent you from finishing your commission”

Alles wat bedek is sal openbaar gemaak word.  Een van die vyand se belangrikste tegnieke van vervolging is om ons in diskrediet te bring. Mat 10:26-27 Maar God sal uiteindelik die rekords regstel, ons hoef nie onsself te verdedig nie.  

Die vyand kan nie ons siel doodmaak nie.  Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan Mat 10:28 Elke haar op ons hoof is getel, en dus weet die Here van elke detail van ons lewe. Mat 10:30

As gestuurdes leef ons nie meer vir onsself nie, maar vir Hom wat ons gestuur het. Mat 10:38-39 

Ons as gestuurdes word die deur, ingang, “entrypoint” vir mense om God te kan ontvang. Mat 10:40-41. 

“Want to follow Jesus? Leave the church. Get out of the church. Leave. I mean it. Right now. Get out of here. Scram. Now. Out of here. Did you hear me? … Leave this church. Now! Jesus says, ‘Go Do Me.’ Go be Jesus.”

dit is Jesus, die profeet, van Násaret in Galiléa. (Matthew 21:11) 

Jesus het telkemale na homself verwys, dat ‘n profeet word nie tussen sy eie mense erken nie. (Mat 13:57; Luk 4:24-27; Joh 4:44). Hy self spreek ‘n profetiese oordeel, en waarskuwing, wat in 70nC woord vir woord vervul is. (Luke 21:20–24).  

Verskillende gebruike vir Profesie: 

Profesie as waarskuwing – Josef (Mat 2:13) die Wyse manne (Mat 2:12) 

Profetiese boodskap oor die toekoms – Agabus (Hand 11:27-28)

Profetiese bemoediging – (1 Kor 14:3-4)

Profetiese oordeel – Jesus (Jerusalem – Luk 13:34-35 en 19:41-44) (Gorasin, Betsaida, Kapernaum Mat 11:20-24) 

Profeteer lewe – die dooie bene (Ese 37:9-10)

Profeteer met die oog op Christus – (2 Pet 1:19 en Ope 19:10)

Profeteer iemand se roeping.  Simeon (Luk 2:29-31) en Anna die profetes (Luk 2:36-38).  Johannes die doper se toekoms deur sy Pa. (Luk 1:67-79)

Verskillende Profete in die NT. 

Anna (Luk 2:36) 

Agabus (Hand 11:28; 21:10-11) 

Individue (Hand 13:1) 

Judas en Silas (Hand 15:32) 

Die dissipels by Troë (Hand 21:4) 

Fillipus se vier dogters (Hand 21:9) 

en Ananias (Hand 9:10-18)

Hoekom is profesie belangrik?

“waarop julle tog moet ag gee” 2 Pet 1:19

“julle moet die woorde onthou van die profete”  2 Pet 3:2

“moenie profesieë__ geringskat nie” 1 Tes 5:20

“sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry” 1 Tim 1:18  

“Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” Amos 3:7

die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was (Luke 19:10)

Die woord evangelis beteken bloot: die draer van goeie nuus.  Die werk van die evangelis is mees belangrik: as niemand tot inkeer kom nie, is daar niemand om te leer, te versorg, of te stuur nie. Daarom sien ons Jesus se gedetermineerde fokus gerig op die pad. Ek moet ander gaan vertel. Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.Luke 4:40-43

Die woord Evangelis kom net 3 keer in die Bybel voor: 

Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly. Acts 21:8-9; 

Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ’n evangelis; vervul jou bediening2 Timothy 4:1-5

Valse Evangeliste: Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees! (Galatians 1:8-9) Paulus beklemtoon hierdie stelling deur dit te herhaal! 

Die beste voorbeeld van hoe ontmoeting en gesprek, daartoe lei dat nie net een persoon nie, maar ‘n hele gemeenskap tot inkeer kom. (Joh 4) 

Getuienis 

Ons is geroep om sy getuienis te wees. 

Ek is ‘n getuienis van goeie nuus! Ek is nie ‘n getuie van ou goed, en stories nie. 

Jy getuig van iets van regtig gebeur het. 

Ek is ‘n getuie van die Here Jesus Christus, nie voor die kerk nie, maar voor die wat nie glo nie. 

Jou getuienis bring hoop! 

Jou getuienis is nie ‘n teaching nie. Jy biblebash nie mense nie.  Jy bring getuienis vir Jesus aan mense wat nog twyfel. Ons moet ons stories vertel! Jongmense moet ons storie hoor.  Ons moet tydig en ontydig ons storie vertel.  

Ons getuig nie meer nie.  Ons het ons krag verloor?  Is daar plek in ons dienste vir getuienis. 

Jou getuienis moet ‘n soet reuk versprei.  Hoe wonderlik klink die voetstappe van die wat die Woord verkondig en getuig van sy werking in hulle lewe. Isa 53:7 Jou storie is uniek! Daarom moet ons, ons ons storie vertel.

Wag jou kans jou af.  Jy dra verantwoordelikheid, wees respekvol. Dink aan die plegtigheid van die hof, waar jy as getuie moet optree.  Ons moet respekvol, eerbiedig, nie bakleierig, soek nie sy eie belang nie.  Ons getuienis word nie gebruik vir selfsugtig voordeel nie. Ons getuig van Jesus! 

Wanneer ons getrou is om te getuig van Jesus sal Hy saamwerk en verdere bewyse deur jou werk om jou woord en getuienis te bevestig.  Hoe toets jy ‘n evangelis? Jy toets aan sy konsekwentheid tot die woord van sy getueinis, en die wonderwerke wat hom volg.  As die Here vir jou genees het, gaan bid vir siekes na jy getuig het.  As die Here jou verlos het van slawerny, bid vir die slawe om vry te word, en jy sal bevryding sien.  

Die kerk gaan nie vir jou ‘n geleentheid skep vir jou getuienis nie, jy moet jou eie platform skep! Mat 11: niemand ken die Vader, behalwe die seun nie, en die wat die seun kies om homself bekend te maak.  Jesus het nie sommer net random met almal gepraat nie, Jesus het homself bekend gaan maak aan die wat die Vader wil hê hy moes doen. Ons is gestuurdes. Vra die Here na wie hy jou toe stuur.  Wie kies die Here, aan wie hy wil hê jy hom moet bekend maak. 

1 Cor 15:2 Die kern van die evangelie is “die opstanding van Jesus Christus, Hy leef! Ons bediening is daarop gerig dat mense Jesus se opstanding in ons lewe sal kan sien.   Dit is Jesus wat lewe gee en lewe bring!  Jy is ‘n verteenwoordiger van die waarheid wat vrymaak! Moet nie gaan mense bind nie, maak mense vry!  Daar is nie oordeel in die evangelie nie, net vir die wat dit nie aanvaar nie.  Jy roep die onmoontlike as moontlik. Ons is dood vir die wêreld! 

want een is julle leermeester: Christus. (Matthew 23:8-10)

Jesus was ‘n gans anderse tipe leraar. 

was die skare verslae oor sy leerMat 7:28, 

groot menigte het graag na Hom geluisterMark 12:37.  

Hulle was verstom oor sy leerMark 1:22

“Nog nooit het iemand gepraat soos hierdie man nie.”Joh. 7:46 

Jesus het tog nie mense se ore gestreel nie, en net gesê wat hulle wou hoor nie. 

en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Luk 4:29; 

Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. Joh 6:66; 

Sê ons nie met reg dat U ’n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie? Joh 8:48; 

Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen. Luk 6:26. 

Jesus het seënspreuke Mt 5:3–12 uitgespreek maar ander kere het hy ernstige waarskuwings van komende oordeel gespreek. (Mat 23:13-39) 

Hy het geleer en gedemonstreer. 

“elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak…” Mt 4:23 Mt 9:35; Lk 9:6; 11:20;

“Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom. Matt 12:28

met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was. Acts 10:38

en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.(1 Cor 2:4-5) 

want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag. (1 Cor 4:20) 

Jesus het met geestelike gesag geleer. 

Die die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan en vra oor Sy gesag. Luk 20:1-8; 

want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nieMat 7:29 

Jesus het op verskillende plekke, op verskillende manier mense geleer. 

Sinagoge Mat 4:23, Verlate plek Mat 15:38, op reis Luk 13:22; vanaf ‘n boot Mat 5:3; Tempel Mat 7:14, huise, markplein, ens. 

Jesus het met ware deernis geleer. 

En toe Jesus uitklim, sien Hy ’n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer.(Mark 6:34)

Jesus kon die akademiese ore aansit. 

EN op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees. (Luk 5:17)

Jesus was toeganklik, selfs sondaars wou na hom luister 

En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle. Luk 15:2; En terwyl Hy in sy huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel; want daar was baie, en hulle het Hom gevolg. Mark 2:15 

Jesus het mense se nood eerste gestel. 

Genesing van ’n lam vrou op die sabbat. Luk 13:10-17 

Jesus het mense uitgedaag tot aksie. 

Die verhaal van Petrus, wat op die water loop, die vermeerdering van die brood, en die toe Hy die storm stilmaak was met die oog op die dissipels se aktivering om ook bonatuurlike dade te verrig.  

Jesus het mense geleer hoe om dit self te gaan doen. 

Na net 3 maande stuur Jesus Sy dissipels uit om te gaan doen wat Hy doen. (Mat 10) 

Jesus leer ons hom in die openbaar te bid. (Luk 11:1)

Hy het moeilike konsepte maklik gemaak deur sy gelykenisse. 

En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse… en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreeknie Mark 4:2, 34 Ons onthou vandag nog hierdie gelykenisse en stories. 

Jesus het primêr van gelykenisse en vrae gebruik gemaak om mense te leer. [1]

Sien hierdie lys van 100 vrae wat Jesus gevra het tydens sy prediking. Jesus wou dus hê, mense moes dink, hulle moes dit vir hulleself uitwerk.  

Ek is die goeie herder (John 10:11)      

Buiten die profetiese rol, is die herdelike rol bekend vir die OT gehoor. Ons onthou vir Jeremia wat die herders van Israel uitdaag oor hulle valsheid en dubbel standaarde. (Jer 34:1-5) Jesus kom dus as die goeie Herder, en is vir ons ‘n voorbeeld hoe om vir die mense te sorg oor wie Hy ons aangestel het.  Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele(1 Peter 2:25)

En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.

Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur. (Matthew 9:36) Die oproep vir arbeiders in hierdie konteks is dus nie vir evangeliste nie, maar wel vir herders wat bereid is om die skape/kudde pastoraal te versorg. 

Die rol van die pastor is aan die uitsterf. Dit is eenvoudig te moeilik. Mense het nie meer maklike moeilikheid nie. Na baie self-help en rond-hardloop kom mense meestal te laat by die pastor. Die pastor is nie ‘n reisende bediening wat net kom en gaan nie.  Jy beleef, en loop saam deur mense se leed en pyn.  Om te preek, en ‘n offerhande te kry is maklik, en wonderlik. Dis meestal positief, en mense hou van die andersheid, en nuutheid van ‘n besoekende prediker. Maar die herder wat al vir 20 jaar tussen sy mense woon, en hulle versorg, verdien die hoogste eer.  Hulle moet meestal met die agterblyfsel deel van wat die besoekende prediker nie tyd gehad het om te verduidelik nie. 

Herderlike versorging vereis geduld, en konstante dieselfde wees. Sy gesin en leefwyse is ook meer in die openbare oog. Die besoekende prediker kan sy beste voet voorsit, maar die pastor, moet elke dag sy beste voet voorsit, en voorhou. 

Ons word spesifiek opdrag gegee om die skape te versorg: 

Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. (1 Peter 5:2–4) 

Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.(Acts 20:28-29)

Petrus die leier van die Kerk, kry ‘n herderlike opdrag: (Joh 21: 15-17) 

Laat my lammers wei

Pas my skape op. 

Laat my skape wei. 

Dit is ‘n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy ‘n voortreflike werk.

‘n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; hy moenie aan drank verslaaf of ‘n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie. Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem? Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland. Ook by die mense buite die gemeente moet hy as ‘n goeie man bekend staan, sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in ‘n strik van die duiwel val nie.(1 Tim. 3:1–16)

in elke dorp ouderlinge moet aanstel soos ek dit aan jou opgedra het. ‘n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie. ‘n Ouderling is immers ‘n bestuurder van die huishouding van God. Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie ‘n dronkaard of ‘n rusiemaker of ‘n soeker na oneerlike wins nie. Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers. Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê.(Tit. 1:5–9)

Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee, want die Skrif sê: “Jy mag nie ‘n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie,” en ook: “Die arbeider is geregtig op sy loon.” ‘n Beskuldiging teen ‘n ouderling moet jy nie aanneem nie, tensy dit deur twee of drie getuies bevestig word. Dié wat verkeerde dinge doen, moet jy openlik bestraf sodat die ander ook afgeskrik kan word.(1 Tim. 5:17)

Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het. (Heb. 13:7)

Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.(Heb 13:17)

 

 


[1]http://blog.adw.org/wp-content/uploads/2015/08/100-Questions-that-Jesus-asked-and-YOU-must-answer.pdf

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus die revolusionêr

Jesus die revolusionêr

Ek dank die Here dat ons nie in die OT leef, waar ons onseker, in vrees, deur offers van bloed, deur ‘n menslike hoëpriester, by een tempel in Jerusalem na God moes nader. Die skrywer van Hebreërs is korrek, ons het ‘n ver beter offer (Heb 9:23), beter verbond (Heb 8:6); beter beloftes (Heb 8:7); beter hoop (Heb 7:19); beter as die engele (Heb 1:4); beter bemiddelaar (Heb 12:24), beter opstanding (Heb 11:35)! Soos met ‘n nuwe selfoon, die oomblik as jy die nuwe een in besit neem, verval die ou foon en is dit uitgedien. Ons is dankbaar vir die ou een, want dit was nuttig, maar nou dat ons die nuwe een gebruik, dink ons nie meer aan die ou een nie. Nee, ons is opgewonde oor die nuwe foon se beter funksies! 

Jesus was revolusionêr! Hy het nie iets bygevoeg by die oud nie, nee Hy het die oud vervang met iets baie beter! Te veel gelowiges dink nog vanuit ‘n ou testament, ou verbond paradigma, en probeer die woorde en begrippe van die Nuwe Testament en nuwe verbond in Christus inweef in die oud. Jesus was radikaal NUUT. Hy het heeltemal ‘n nuwe weg gebaan, deur Sy prediking en voorbeeld, Sy lyding en sterwe, en Sy opstanding! Die oorsprong van die Christendom het nie in genesis begin nie, dit het by Jesus, en Sy opstanding begin! 

Broers, ons kan nou met vrymoedigheid ingaan in die heiligste plek waar God self is, omdat Jesus vir ons gesterf het. 20Die gordyn wat die afskorting was, is geskeur—dit is sy eie liggaam—en so het Hy vir ons ’n nuwe pad oopgemaak wat ons by die lewe bring. 21Hy is ook ons groot Priester wat mag het oor God se hele huis. 22Laat ons dan ingaan na God toe met ’n eerlike hart wat op Hom alleen vertrou, want ons harte is rein gemaak deur die bloed van Jesus Christus wat daarop gesprinkel is en ons liggame is gewas met skoon water.(Heb 10:19-22) 

Tempel afbreek en in 3 dae herbou

Around year AD 40, citizens of Jerusalem were notified that a statue of Emperor Gaius Caligula was to be erected within the temple walls. Petronius, governor of Syria, was given responsibility for transporting the statue from the port city of Ptolemais to Jerusalem. He was accompanied by two legions (approximately 10,000 soldiers). When he arrived to take possession of the statue, he was shocked to discover thousands of Jews from the region had gathered in protest. 2 When threatened with violence, instead of organizing to defend themselves, the protesters knelt and exposed their necks to Roman blades. So they threw themselves down upon their faces, and stretched out their throats and said they were ready to be slain; and they did this for forty days together and in the meantime left the tilling of their ground, and that while the season of the year required them to sow it. Thus they continued firm in their resolution and proposed to themselves to die willingly rather than to see the dedication of the statue.  [1]

EN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.(Mat 24:1–2) see Mark 13:1, 2; Luke 21:5, 6   

Hierdie stelling oor die tempel afbreek, was die hoofargument teen Jesus, hoekom hy tereg staan, en die doodstraf verdien. Dit was wat die getuies teen Hom gebring het. (Matt. 26:61; Mark 14:58); Ook tydens sy kruisiging is hierdie woorde herhaal! (Matt. 27:40; Mark 15:29). 

Abraham se roeping was; “en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.” (Gen 12:3) God roep ons om deur ons die wêreld te seën.  Die tabernakel, later tempel moes die plek van seën, vergifnis en vrylating wees. In Jesus se geval word die oorspronklike instrument van seën die tempelorde, die tugyster wat die een wat juis besig is om die wêreld te seën tot dood veroordeel. 

Die plek wat die wêreld moes seën, het ‘n rowers spelonk geword, soos die geldwisselaars die mense uitbuit, vir hulle eie gewin.  Daarom reinig Jesus die tempel. (John 2:13-22)

38 jaar voor die gebeurtenis waarsku Jesus die mense duidelik:“Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle kennis neem dat sy vernietiging aangebreek het. Dan moet die mense wat in Judea is, na die berge toe vlug, en die mense wat in die middel van die stad self is, moet dit ontruim, en die mense wat op die platteland is, moet nie Jerusalem binnegaan nie. Daardie dae is dae van vergelding sodat wat geskryf staan in vervulling moet gaan. Groot ellende wag op die verwagtende vroue en ook op dié wat nog borsvoed gedurende daardie dae, want daar sal groot benoudheid in die land heers en God se toorn sal op hierdie volk rus. Sommige sal deur die snykant van die swaard omkom en ander sal as gevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal vertrap word deur die vreemde nasies totdat die tyd van die nasies verby is.(Luke 21:20–24) Hierdie is een van Jesus se profesië, wat letterlik woord vir woord vervul is: en ook ‘n pragtige bewys van Sy bestaan.  

Die opstand van die Jode bereik hulle hoogtepunt 66AD, en word daar verskillende gevegte geloots vir bykans 4 jaar. Die romeinse generaal Titus het ‘n paar dae voor pasga, 14 April 3 legioene soldate teen Jerusalem beleer. Met meer as 100000 mense vasgevang in die stad, en interne faksies wat kos voorrade verwoes het, die stank van geen sanitasie verwydering, honger en te veel mense het die situasie binne die stad onhoudbaar gemaak. ‘n Woedende soldaat het in Augustus ‘n fakkel oor die muur gegooi, en die tempel het aan die brand geslaan. Uiteindelik teen 7 September 70AD is die stad ingeneem. [2]

Josephus, ‘n ooggetuie vertel: The slaughter within was even more dreadful than the spectacle from without. Men and women, old and young, insurgents and priests, those who fought and those who entreated mercy, were hewn down in indiscriminate carnage . . . The legionaries had to clamber over heaps of dead to carry on the work of extermination. [3]

Tot vandag kan die Jode, nie meer enige offer op hulle altaar bring nie. Daar is sedertdien dus geen versoening vir hulle sondes nie. Jesus het dus nie net leë beloftes gemaak nie.  Jesus kondig die nuut aan; ‘n nuwe weg, ‘n nuwe verbond, ‘n nuwe koninkryk, met nuwe reëls en wette, met nuwe beloftes, beloning en erfdeel! Jesus volbring die oud, en beseël met sy kruisdood, ‘n nuwe verbond! (Jer 31:31-34) 

Een van God se primêre voorsienings aan ons behalwe die uitstorting van die Heilige Gees, is die Liggaam van Christus. Vir God om mens te word het Hy ‘n liggaam nodig gehad.  (Heb 10:5) Die alomteenwoordige, Almagtige en Alwetende God, kom woon in ‘n menslike liggaam! Dis Sy eerste groot liefdesdaad aan ons! Sy inkarnasie! (Heb 4:14-15)  Hy het ‘n liggaam nodig gehad om goed te kan doen aan die mensdom, siekes te genees, die mag van die bose te verslaan, en vir die wees en die weduwee, en armes om te gee. Geen enkele mens kan vandag volledig Jesus alleen wees nie.  Indien daar wel weer so iemand is, sal ons die persoon verheerlik. Jesus word vandag vlees deur Sy kerk. Die kerk is Sy liggaam. Die volheid van God is geopenbaar in Sy liggaam.  Eph 4:11-16; Eph 5:30; Eph 2:19-22; 1 Cor 12:12. Ons het ook ‘n liggaam nodig om God se wil te doen. Ons kan nie die Koninkryk van God laat kom op aarde soos wat dit in die hemel is sonder Sy Liggaam nie.  

God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. (Col 1:27) Die woord julle is ‘n kollektiewe voornaamwoord en kan vertaal word Christus onder julle en in julle.  Christus is in jou maar daar sal nooit weer ‘n Christus in Sy volheid in een persoon gemanifesteer word nie.  Christus se volheid kan alleenlik deur ‘n liggaam van mense verheerlik word.  Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. (Eph 1:23) “As the new wine is found in the cluster, And one says, ‘Do not destroy it, For a blessing is in it,” (Isa 65:8)

Ons is nou die tempel van die Heilige Gees. (1 Cor 3:16; 6:19; 2 Cor 6:16) Drie fasette van kerkwees: Die individu, die lokale gemeente, en die universele kerk. Soos ‘n lemoen: die sel, binne ‘n skyfie, binne die skil.  

Daar is net een liggaam. (Eph 4:4) Die heerlikheid van God is alreeds opgesluit in Sy liggaam ons kan net in die volheid van hierdie heerlikheid leef wanneer ons die Christus in mekaar raaksien en die gawes in mekaar ontsluit.  Soos Jesus gebore was in ‘n liggaam wat moes opgroei alvorens die tyd sou aanbreek vir Sy bediening so is die kerk in ‘n proses van voorbereiding tot die finale uur van haar glorie!  Net soos mense Hom nie wou erken of aanvaar nie en uiteindelik kruisig sal die kerk haar grootste heerlikheid bereik in haar donkerste uur.  Mag God jou oë open soos Petrus sin om die verlossing in Sy kerk raak te sien!

Jesus reduseer al die wette van die OT na net 2 wette. 

Daar is twee groeperinge van mense wanneer dit kom by heiligmaking en toewyding aan die Here. Die wat ernstig, in afsondering, alles probeer doen om heiliger, en meer toegewyd te wees, en die wat probeer om met die minste moeite net nie uitgesluit te wees nie. Hoe heiliger die eerste groep raak, hoe gevaarliker raak hulle oordeel, kritiek en misnoeë met die res wat nie die sogenaamde merk maak nie. Die tweede groep, probeer net deurkom sonder om regtig te leer, en moeite te doen. Hulle wil eintlik nie daar wees nie, maar wil nie hê mense moet dit weet nie. Jesus bied ‘n radikale, revolusionêre alternatief tot hierdie op en af, binne dan buite, dualistiese bestaan. Hy verenig die opwaartse Godgerigte vertikale fokus, en sywaartse, mensgerigte, horisontale fokus, en maak hulle een. Onlosmaaklik een. Jy kan nie die een sonder die ander nie. 

As jy iets bring na die altaar in die tempel om dit aan God te gee en jy onthou daar by die altaar dat jou broer iets teen jou het, los jou geskenk daar voor die altaar en gaan maak eers die saak met hom reg. Dan kan jy terugkom en jou geskenk vir die Here kom gee.(Mat 5:23–24) Jy kan dus nie die Here liefhê, sonder om jou naaste lief te hê nie. Punt! Inteendeel, hoe jy jou naaste liefhet, is bepalend en die lakmoes toets, of jy werklik die Here liefhet. Deur die eeu sedertdien, is dit bepalend ten opsigte van kerkwees: is ons besig om die wêreld lief te hê, of nie? In die Nuwe verbond, kan jy eenvoudig nie voortgaan met godsdiens nakoming, van metodes, en formules en dink jy behaag God, sonder om jou naaste lief te hê nie.  

Jesus se prediking om jou vyande lief te hê, en aan hulle goed te doen, hulle inderwaarheid te seën was radikaal! Hy het letterlik lynreg teen die stroom van wat oor eeue geleer en verstaan is oor God gegaan.  Die godsdiensgroepering mobiliseer toe ‘n teenaanslag: hulle stuur die Sadduseërs om Hom te probeer vasvra: oor die lewe hierna. (Mat 22:23-33). Toe hierdie probeerslag gruwelik misluk voor die aansien van die mense, stuur hulle ‘n wetgeleerde: Toe die Fariseërs ook hoor hoe Jesus die Sadduseërs so ’n antwoord gegee het dat hulle niks verder kon sê nie, het hulle saam na Jesus toe gekom. Een van hulle, ’n deskundige oor die wet, vra toe vir Jesus ’n strikvraag: “Meneer,” wou hy weet “wat is die belangrikste ding wat God ons in die wet beveel het.” Jesus antwoord toe: “Die belangrikste is waar God gesê het: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en siel en verstand.’ Dit is die belangrikste en die eerste bevel wat God ons gegee het. Daar is ’n tweede een wat net so belangrik is, en dit is: ‘Jy moet jou medemens net so liefhê as wat jy jouself liefhet.’ Die hele Skrif is gegrond op hierdie twee bevele van God.”(Mat 22:34–40.) 

Alhoewel beide hierdie skrifte uit die skrifte kom. (Deut 6:5; Lev 19:18) het niemand die twee al saamgevoeg as “mutualily exclusive” nie. Jy kan nie die een sonder die ander nie. Mens kan verstaan dat die godsdiensgroepering in die hoek gedryf is, hulle bestaansreg, alles waarmee hulle besig was is in die gedrang. Daarom kom hulle met, ‘n laaste aanslag om die guns van die mense te probeer terugwen. Onthou die Jode se naaste was nog altyd, JODE! Niemand anders nie! Mag nie ondertrou nie, mag nie meng nie! Inteendeel, met God se hulp en die reg op selfbeskikking is nasies en vyande bloedig uitgewis! 

Gelukkig het Lukas hierdie belangrike verduideliking bygevoeg, sodat daar geen onduidelikheid sal wees oor presies, wie Jesus bedoel as ons naaste nie. Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan.

Daar was ‘n wetgeleerde wat aan Jesus ‘n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?” Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” “Jy het reg geantwoord,” sê Jesus vir hom. “Doen dit en jy sal die lewe verkry.” Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?” Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: “Toe ‘n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee. Dit gebeur toe dat daar ‘n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. Net so het daar ook ‘n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby. Maar ‘n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na ‘n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: ‘Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.’ “Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” Die wetgeleerde antwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het.” Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.”(Luk 10:25–37) 

Vandag nog as ons hierdie gedeeltes lees, word ons uitgedaag, word ons ontsteld in ons binnekant, want wat Jesus vra is nie maklik nie. Dit sit nie maklik in ons ego nie. Ons is anders geleer, en ons funksioneer nie so nie. Soort soek soort! Dit is hoe dit werk. 

Jesus verklaar al die meer as 600 joodse wette, as uitgedien. Dit is verby. Hy het iets beter! Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. (Joh 15:12) Hy maak ‘n gebod, ‘n wet waaraan Hyself voldoen het as voorbeeld, en Sy lewe vir ‘n sondige wêreld, nie die Joodse volk kom neerlê het. Paulus die Fariseër wat ’n yweraar was vir die oorleweringe van sy voorvaders (Gal 1:14), die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. (Phil 3:6) verklaar: Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.(Gal 6:2) 

WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders; en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur.(Eph 5:1-2) 

Hierdie wederkerige gebod om God lief, te hê, maar gelyktydig ook jou naaste, is die basis, die grondslag, die opsomming van al die wette en reëls van die OT.  

Jesus het hierdie weg, en werkswyse vir ons kom voorbeeld. Ons kan onmoontlik meer tyd in vas en gebed, meditasie, afsondering wy, sonder om ons hand uit te steek na ons naaste. Ons lewe is uitgegiet soos ‘n drankoffer, soos Jesus. 

“Gaan maak jy ook so.” 

Jesus noem God Pappa

Een van die eerste openbarings van Jesus, is dat Hy God, Vader noem.  Hierdie aanspreekvorm moes aardbewings in die geesteswêreld veroorsaak het, want die Jode het ‘n groot saak gemaak van hoe jy God aanspreek. God se primere naam, is nooit uitgespreek nie.  Jhwh – Jahweh. Die vrees was om nooit God se neem ydelik te gebruik nie. Die idee dat God, Vader is was nie die probleem nie, maar die feit dat iemand God direk as Vader kan aanspreek was ongehoord.  

Throughout the Bible we find God portrayed as a Father. This portrayal, however, is surprisingly rare in the Old Testament. There God is specifically called the Father of the nation of Israel ( Deut 32:6 ; Isa 63:16 ; [twice] Isa 64:8 ; Jeremiah 3:4; Jeremiah 3:19; 31:9 ; Mal 1:6 ; 2:10 ) or the Father of certain individuals ( 2 Sam 7:14 ; 1 Chron 17:13 ; 22:10 ; 28:6 ; Psalm 68:5 ; 89:26 ) only fifteen times. (At times the father imagery is present although the term “Father” is not used [ Exod 4:22-23 ; Deut 1:31 ; 8:5 ; 14:1 ; Psalm 103:13 ; Jer 3:22 ; 31:20 ; Hosea 11:1-4 ; Mal 3:17 ]). This metaphor for God may have been avoided in the Old Testament due to its frequent use in the ancient Near East where it was used in various fertility religions and carried heavy sexual overtones

The teaching of the Fatherhood of God takes a decided turn with Jesus, for “Father” was his favorite term for addressing God. It appears on his lips some sixty-five times in the Synoptic Gospels and over one hundred times in John. The exact term Jesus used is still found three times in the New Testament ( Mark 14:36 ; Rom 8:15-16 ; Gal 4:6 ) but elsewhere the Aramaic term Abba is translated by the Greek pater [pathvr]. 

God se interaksie met die mens en die grondlegging van die geloof begin met Abraham, en die belofte van Vaderskap. Dan die God van Abraham, Isak en Jacob. Die rol van die Vader staan dus sentraal tot ons geloof. Die vader bepaal as te ware die pad en rigting waarin die familie loop.  Die ghaos in ons wêreld vandag kan in ‘n groot mate toegeskryf word, aan die afwesigheid van Vaders.  

Maar ons moet nie ons heil soek in aardse Vaders nie.  Daar is ‘n rede hoekom aardse Vaders ons faal, God wil ons eerstens herenig met ons hemelse Vader. Gevolglik word ons gedrag en optrede natuurlik bepaal deur ons hemelse Vader.  Ons kry ons DNA van die Vader. 1 Joh 3:9. Ons is uit Hom gebore. Joh 3:4-5. Deur onverganklike saad. 1 Pet 1:23. Ons ken die Vader en Sy wee. 1 Joh 2:13 Aardse vaders is beperk in hulle voorsiening van die volheid van ‘n Vader.  Daarom moet ons nie ons vertroue op mense stel nie. Ps 118:8-9. Goeie aardse Vaders rig ons om God die Vader raak te sien, en van Hom afhanklik te wees.  

Let op die Woord in Mat 23:9: “Moet niemand hier op aarde as `vader’ aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel!” Sekerlik bepaal ons siening en ervaring van ons aardse Vaders hoe ons God sien en beleef.  Maar ons moet nie dat dit ons langer gevange hou nie.  Geen aardse Vader biologies of geestelik kan God vervang of aan Hom gelyk gestel word nie.  Hulle swakheid en onvolkomenheid moet ons juis neig om na God te kyk as ons Vader.  

Dis primêr waarom Christus gekom het, om deur Sy geregtigheid ons die geskenk van kindskap en toegang met God te gee, sodat ons Hom kan ken as Vader.  Hoe meer God as Vader vir jou ‘n werklikheid word, hoe meer sal Hy jou laat opgroei in volwassenheid en die vervulling van Sy wil.  Jesus die seun van die mens, het vir ons gewys hoe om dit te doen. Hy was algeheel aangewese op die Vader.  

Ons verkry die volheid in die begin. 

Ek vra ‘n goeie vriendin, wat altyd diepdenkend is oor geestelike sake: Wat maak die Christendom anders, uniek van al die ander gelowe? Haar onmiddellike antwoord: “Ons kry alles in die begin!” Al die ander gelowe, moet jy eers deur vele rites, en gebruike werk, om ‘n vorm van narvana, en spiritualiteit te bereik. Jesus leer: “Dit verseker Ek julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie, en tog is die geringste in die koninkryk van die hemel groter as hy.” Mat 11:11. Die werkers wat laaste in diens geneem is, kry dieselfde loon as die wat heeldag gewerk het. (Mat 20:1-16) 

Die beste verhaal wat hierdie waarheid illustreer is waar Jesus die water in wyn verander, Sy eerste wonderwerk – wedergeboorte. 

Jesus se eerste wonderwerk en ook die begin van Sy bediening aan die mens moes betekenisvol wees. Ons weet daar is altyd ‘n dieper betekenis, in die eerste melding van ‘n saak.  Jesus het immers nie sommer bloot dinge gedoen nie.  (Joh 5:19-20, 30; 8:28; 14:30; 12:49) Waarom water in wyn? Dan nog die beste kwaliteit wyn? Tot wie se voordeel was die wonderwerk? Die gaste was sekerlik baie bly…  maar die gevolglike moontlike dronkenskap?  Hoe kan dit geestelik regverdig word.  Sommige sê dat dit druiwesap was; is daar egter so ʼn groot verskil in die kwaliteit en smaak van druiwesap?  Hoe ook al sy; Jesus het die proses van druiwe pluk, dit pars, die skeiding van die doppe en pitte, gisting, verheldering en veroudering alles in een oomblik vermag.  

Wat is die betekenis van hierdie wonderteken?  

Die ses kruike wat gebruik is vir van die Joodse reinigings rituele spreek van die ou leë rituele wat mense uitwendig reinig maar nie by magte was om mense se innerlike te vernuwe nie.  Die getal ses is die getal van die mens.  Hulle moes dit volmaak, en hulle het dit tot bo gevul. Elke kan het tussen 90 en 100 liter water gehou dus altesaam ongeveer 600 liter wyn!  Aan die ander hand, was die hele gemeenskap gewoonlik genooi na ‘n bruilof. 

Die 1ste plaag wat Moses verrig het was water in bloed. (Eks 7:14-24) Die bloed van offers was egter nie genoegsaam om die natuur van die mens te verander nie.  Jesus verander water in wyn! Wyn spreek van oorvloed, guns, vreugde en die werk van die Heilige Gees.  Paulus vermaan die gemeente om nie dronk te word van wyn nie, maar om vol te wees van die Heilige Gees.  (Efe 5:18) Diegene wat die Heilige Gees ontvang het tydens Pinkster is as dronkaards uitgekryt (Hand 2:13) Johannes se evangelie word saamgestel in sewe primêre fases waar daar van ʼn spesifieke wonderwerk vertel word en dan volg die verduidelik en vergeesteliking van spesifieke gebeurtenis.  In hierdie geval volg die verhaal van die besoek van Nikodemus die Fariseer en Jesus se lang verduideliking van wedergeboorte. (Joh 3) 

Wat gebeur tydens wedergeboorte?  Ons menswees word verander en vernuwe, ons DNA word oorgeskryf. Ons word volgens Paulus ‘nuwe skepsels’. (2 Kor 5:17) Jesus verander die DNA van water en dit wat jare neem om te gebeur doen Hy in een oomblik.  Die wonderteken in Kana dui op die omvang en krag van Jesus se bediening en werk.  Hy het gekom nie net om ons te kom genees of aan te raak nie, Hy het gekom om ons te verlos van ons sondige natuur en ons nuwe mense in Hom te maak!   

Ons probeer soms so hard om beter mense te wees.  Ons werk aan onsself.  Ons volg hierdie plan en lees daardie boek.  Ons dissiplineer onsself tot die hou van sekere reëls en die volg van sekere doelwitte.  Ons vermy sekere temptasies en probeer ʼn reguit pad loop om God se guns en aanvaarding te bekom.  Jesus doen dit alles in een oomblik! Hy verander ons geestelike DNA.  Ons word Sy kinders!  (1 Pet 1:23)  en volgens Johannes kan ons nie meer sondig nie, want ons is uit God gebore. (1John 3:9) Ons menslik pogings tot heiligheid en goddelike karakter is futiel.  Die nuwe verbond wat Jesus vir ons beseël het belowe ʼn innerlike begrip en verstaan van God se hart en wil.  (Jer 31:31-34) Hy skryf sy wette in ons hart.  Goddelike karaktertrekke word ‘vrug’ en nie ‘werke’ nie. (Gal 5:22-23) Ons ontvang Sy gedagtes en sinne. (1 Kor 1:16) Dis die wonder van ware redding, dat Hy dit in ons werk om Sy wil te doen.  (Phil 2:13) Ons geur verander van die reuk van die dood na die geur van Sy kennis en heerlikheid.  (2Cor 2:14-16) Ons ontvang Sy lig en word Sy lig.  (Eph 5:8) Sonder om te probeer is ons Sy lig, wanneer Hy in ons kom woon deur Sy Gees. Ons word die tempel en heiligdom van God waardeur Hy Sy heerlikheid laat skyn (1Cor 3:16; 6:19; 2 Cor 6:16) HY maak ons ook vol, tot bo.  Vol is ʼn oorvloedsbegrip, geen halwe mates nie! So ‘vul’ hy ons met Sy persoon!  Alles in een oomblik!!! 

Wat moet ons doen om Hom te ontvang?  

Eers niks… Hy was genooi na die bruilof.  Hy kom na jou toe.  Niemand kan na die Vader kom as Hy ons nie trek nie (Joh 6:44) God se verlossingsplan begin deurdat Hy ʼn boodskapper na ons wêreld stuur, wat die Woord aan ons verkondig.  Ons hoor en verstaan die Woord en geloof word in ons harte opgewek.  Ons roep Hom aan en redding word in ons harte uitgestort. (Rom 10:14-15)  Dis die wonder van God se liefde wat elkeen van ons op Sy unieke manier trek en bedien.  

Tweedens ons moet in Hom glo.  Die gaste het almal Jesus by die bruilof gesien maar Maria het in Hom geglo. Sy het geglo dat Hy enigiets sal kan doen.  Sy het nie ander planne gemaak om wyn te kry nie, sy het in Hom die vermoë gesien tot ʼn oplossing.   

Derdens moet jy reageer en gehoorsaam wees aan dit wat Hy jou sê.  Sy gaan in aksie oor en sê aan die slawe om presies te doen wat hy sê.  (v5) Hulle gehoorsaamheid aktiveer die wonderwerk van God. Die wonderwerk gebeur nie toe hulle die water in die bakke gegooi het nie, maar toe hulle die water na die seremoniemeester toe vat.  Hy kon hulle wegjaag en afdank omdat hulle gewaag het om bloot water na hom toe te bring. Hulle het geweet dit is net water, maar toe die wonderwerk, die beste wyn!  Wanneer ons glo in Sy Woord en daarop reageer om as nuwe mense te begin leef al voel ons nog niks, gebeur daar iewers iets bonatuurlik met ons.  Hy maak ons nuut! 

God is by magte om in ʼn oomblik die vuilste sondaar te verander in ʼn koningskind.  Daardie sonde waaroor jy net nie oorwinning kry nie, Hy kan jou verlos in ʼn sekonde! Jy het al soveel keer bely, maar val elke keer terug.  Jy oorwin nie sonde deur net te bely nie, maar deur ook te glo dat Hy jou gaan help om dit nooit weer te doen nie.  Jy is ʼn nuwe mens! Kyk al die ou dinge het verby gegaan, alles het nuut geword.  As Hy water in wyn kan verander, dan kan Hy jou verander!!

Jesus Staan op uit die dood! 

Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

3Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. 5Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, 6en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. 7Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. 8Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.

9Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om ’n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. 10Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.

11In elk geval, of dit ek is of hulle—dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het.

Die opstanding van die dooies

12As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? 13As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. 14En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud. 15Verder sou dit beteken dat ons vals getuienis oor God afgelê het, omdat ons teen God in getuig het dat Hy Christus opgewek het. As dit dan waar is dat die dooies nie opgewek word nie, het Hy Christus ook nie opgewek nie. 16As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie. 17En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. 18Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. 19As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.

20Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. (1 Cor 15:1-20) 

  1. Die verleentheid vd dissipels se ongeloof, openlike beken. 
  2. Sal jy bereid wees om gemartel te word vir ‘n leuen? 
  3. Jakobus Jesus se eie broer erken. 
  4. Paulus die skrifgeleerde, fariseer, erken, en boet deur sy lewe. 
  5. Jesus se opstanding is sekerlik betwis en bevraagteken, en die lesers van die NT, het nog gelewe, wat dit kon betwis. (Daarom die ooggetuies) 
  6. Nadat ek hierdie onderwerp 700 uur lank bestudeer en die gronde daarvan deeglik ondersoek het, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die opstanding van Jesus Christus een van die boosste, wreedste, mees hartelose grappe is wat ooit aan die verstand van mense afgesmeer is, OF dat dit die mees fantastiese feit van die geskiedenis is. (Josh Mc Dowell – bewyse oor die Christelike Geloof) 
  7. Waarheid het ‘n manier om onaanvegbaar te wees. Dit deurstaan die toets van die tyd. Dit hoef nie verdedig te word nie, want dit staan eenvoudig. Dit is soos dit is. Geloof in Jesus se realiteit en opstanding vuur die Christelike geloof al vir 2000 jr. Die bekende verhaal van die eertydse atheis joernalis Lee Strobel, vertel van hoe hy ‘n punt daarvan gemaak het om al die feite rondom Jesus se opstanding te ondersoek. Hy moes uiteindelik erken, ek kan eenvoudig nie die oorweldigende getuienis wegvee, en wegredeneer nie. 

Jesus se voorspellings van sy opstanding • Matteus 12: 38-40; 16: 21; 17: 9, 22-23; 20: 18-19; 26: 32; 27: 63. • Markus 8: 31-9: 1; 9: 10, 31; 10: 32-34; 14: 28, 58. • Lukas 9: 22-27. • Johannes 2: 18-22; 12: 34; hoofstuk 14-16.

Daar word vertel dat Ignatius (± 50-115 n.C.), die biskop van Antiogië, ’n inwoner van Sirië en ’n leerling van die apostel Johannes, “vir die wilde diere in die Colosseum in Rome gegooi is. Hy het sy sendbriewe geskryf gedurende sy reis van Antiogië na sy marteldood” (Moyer, WWCH, 209). In ’n tyd toe hy ongetwyfeld helder van verstand sou gewees het, sê hy van Christus: Hy is gekruisig en het gesterf onder Pontius Pilatus. Hy is werklik gekruisig, nie net bloot oënskynlik nie, en het gesterf, voor die oë van wesens in die hemel en op die aarde en onder die aarde. Hy het ook na drie dae opgestaan … 

Pous Benedict die 14de het in die 18de eeu ‘n kruis gehang, in die Keiser se ingang, van die Colosseum, om hulde te bring aan die duisende christene wat in hierdie 50000 sitplek arena vir hulle geloof in Jesus om die lewe gebring is.  

Josefus, ’n Joodse historikus wat aan die einde van die eerste eeu n.C. geskryf het, bied hierdie fassinerende gedeelte in Antiquities, 18.3.3: Daar was in hierdie tyd Jesus, ’n wyse man, as dit geregverdig sou wees om hom ’n man te noem, want hy het wonderlike dade gedoen, ’n leermeester van mans wat die waarheid met vreugde ontvang. Hy het baie Jode na hom toe aangetrek, en ook baie Grieke. Hierdie man was die Christus. En toe Pilatus hom tot die kruis veroordeel het, nadat hy beskuldig is deur die belangrikste mans onder ons, het dié wat hom van die begin af liefgehad het hom nie in die steek gelaat nie, want hy het op die derde dag weer lewend aan hulle verskyn, soos die Goddelike profete hierdie en tienduisende ander wonderlike dinge oor hom voorspel het. En selfs nou het die groep Christene, só na hom vernoem, nie uitgesterf nie (Josefus, AJ, 18.3.3) 


[1]Josephus, Antiquities of the Jews, 389.

[2]https://en.wikipedia.org/wiki/Siege_of_Jerusalem_(70_CE)

[3]Josephus “Jewish wars” 

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus se gesonde humeur

Gesonde humeur sonder om iemand skade te berokken is ʼn goddelike gawe wat ons versterk om braaf teen boosheid te staan. 

Die wêreld is vol van verkeerde woede. Verbale aggressie met afbrekende en neerhalende woorde het al menige lewens verwoes. Gesinsgeweld, aanranding en gereelde woedeuitbarstings verander die huis wat bedoel is as ʼnplek van veiligheid in ʼn oorlogsveld. Ons is meestal negatief ingestel teenoor enige vorm van woede. As iemand sy of haar stem verhef, begin ons dadelik om onsself te verdedig of in ons dop te kruip.  Die wêreld se stoompot van woede bly aan die oorkook en ons lees al meer van geweldsmisdaad, padwoede, passiemoord en geweld teen kinders.[i]

Die kerk se reaksie teenoor die woede-epidemie is meestal ʼn onrealistiese miskenning van woede. Die meeste Christene probeer hulle woede binnehou, wegredeneer of opkrop met net sulke verwoestende resultate. 

Jesus wys ons egter dat daar ʼn plek is vir regverdige goddelike woede. Ons weet dat Jesus nooit gesondig het nie, maar tog kwaad geword het. Jesus toon Sy liefde vir die Vader en Sy Vader se huis deur ʼnsweep te maak en al die geldwisselaars uit te jaag. Die liefde vir u huis verteer my (Joh 2:13-22). Is liefde tog nie ook soms ʼnpassievolle oomblik van woede oor die onreg van verkeerd nie? Wanneer ek my vrou verdedig en vir haar in die bresse tree, is dit nie juis ʼn bekentenis van my liefde nie? Ware liefde is tog nie lamsakkig nie? 

Petrus het verseker nie baie geliefd gevoel toe Jesus Hom berispe nie? Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê (Matt 16:23). Tog is Jesus se streng vermaning nie verwerping nie, want net ʼn paar dae later vergesel Petrus Jesus na die verheerliking op die berg (Matt 17:1-5). 

Net ouers sal verstaan dat daar geen opvoeding plaasvind sonder ʼnperiodieke ernstige vermaning en sigbare afkeuring van ʼn daad wat die kind kan skade bring nie. Daarenteen sou Jesus nie geken word as ʼn humeurige, kwaai mens nie. Hy toon deernis en empatie met die swakkes en uitgeworpenes. Tog draai Hy nie doekies om om die sogenaamde godsdienstige leiers van daardie tyd openlik aan te spreek oor hulle dubbele standaarde en valsheid nie.  

Jesus se woede is gegrondves op en gebore uit ware liefde en nie uit die eie-ek of magpleging nie. In hierdie tyd waarin ons leef, het ons meer as ooit nodig om Jesus se woede te leer verstaan en daarin te groei in ons eie toepassing. Want ʼnwêreld sonder regverdige woede raak ʼnwêreld sonder reëls. Alles is toelaatbaar. Daar word geglo dat boosheid, leuens en korrupsie in stilswye aanvaar moet word. Jesus se liefde was nie passief nie. Inteendeel, sy woede is prysenswaardig en nodig. Dit bewys hoe ernstig Hy is oor ons veiligheid en gesonde voortbestaan.  

Ons haak dikwels vas. Sommige predikers skree-preek van die begin tot die einde. Hierdie tipe skreestem verwar mense. Dink daaroor. Wie anders in ons lewens skree op ons om ʼn punt te maak? ʼn Ouer wie se geduld op is? ’n Verskriklik manipulerende baas? As jy in ʼn huishouding grootword wat vol aggressie is en waar daar altyd geskreeu word, maak dit jou doof, want skree veroorsaak angs.

Skreeu verwar mense oor God se ingesteldheid teenoor hulle.

Baie mense sit in kerke regoor die wêreld en aanvaar dat die predikant namens God praat. Is God dan vir ons kwaad? Hóé ons kommunikeer, is net so belangrik as wát ons kommunikeer. Jesus het menigte keer gesit en die mense geleer (Matt 5:1; Luk 4:20; Luk 5:3; Joh 8:2). ʼn Mens kan nie sit en skreeu nie.  

Volume en vurigheid raak die emosies en mense maak emosionele besluite, maar dit is nie altyd standhoudend nie. “Wat Satan meer haat as jou geskree op hom, is jou gehoorsaamheid aan Jesus.”

Jy preek nie mense reg met God deur met hulle te raas nie. Die eenvoudige vraag is: Verander mense? Deur mense elke week skuldig te preek maak hulle nie heilig nie. Jesus het nooit so geraas en geskree in sy prediking nie. 

Jesus het geweet presies wanneer woede die grootste effek gaan hê. Woede was dus bloot een van die instrumente in Sy gereedskapskas om ons te beweeg en te lei na die waarheid. Jesus was dus nie altyd kwaad nie. Enige kind sal jou vertel dat ʼnsagte, innemende, liefdevolle ouer se woede oor ʼn verkeerde ding en ʼnonreg lewensveranderend is.  

Ware regverdige, goddelike woede is soos sout. Dit preserveer en is ʼnteenmiddel teen innerlike korrupsie en trots. Soms raak ons so vasgevang in ons eie selfgeregtigheid en verskonings dat iemand se goddelike vermaning en berisping ons laat wakker skrik. Hierdie woede is gesetel in onteenseglike waarheid wat mens eenvoudig nie kan ontken of verontagsaam nie. Te veel sout is ondraaglik en onverteerbaar en jaag mens se bloeddruk op, maar ʼnbietjie sout gee smaak.  

Ons weet wat reg is, maar omdat niemand in waarheid opstaan en dit verdedig nie raak ons gemaklik, sinies, bitter en hard. Hierdie lys is alles voorbeelde van onverwerkte, opgekropte woede wat op ʼn dag onskuldige mense heeltemal onverwags meesleur –soos ʼntsoenami. 

Miljoene mense is slagoffers van ander se onreg, boosheid en sonde. Niemand is egter geleer hoe om uiting te gee aan gesonde woede teenoor dit wat verkeerd is nie. Valse nederigheid leer dat ons maar net verleë alles moet aanvaar en stilbly. Jesus leer: As jou broer teen jou sondig, berispe hom of haar (Luk 17:3). Hierdie woord, berispe, word verduidelik in die konteks van ʼn leerling wat ʼn onderwyser of skoolhoof op ʼn fout wys. Mens doen dit met respek, jy het jou feite reg, en jou toon raak nie persoonlik of neerhalend nie.

Dalk moet konflikhantering ʼn verpligte vak op skool wees. Almal maak foute, maar wanneer ons foute ander mense nadelig raak, dan moet ons daaroor kan praat. Omdat ons konflik meestal probeer vermy, is ons onbeholpe en onervare in ons hantering van iets wat verkeerd is.  

Goddelike humeur gaan altyd gepaard met vergifnis. Vergifnis haal die gif uit die woede uit en hou mense aanspreeklik vir hulle dade. Dit is ʼn fyn balans. Jesus het Sy moordenaars vergewe, en Hy vra die Vader om hulle te vergewe want hulle weet nie wat hulle doen nie. Tog sal elke mens rekenskap gee vir sy of haar dade. Vergifnis ontwapen die versmorende mag van bitterheid en vergelding. God sal vergeld. 

Wanneer ons werklik vergewe het, kan ons die persoon wat fouteer aanspreek want ons is nie meer die slagoffer van die oortreding nie. ʼn Vrou wie se man haar slaan, kan koel en kalm die oortreding aanspreek en aanmeld, want die oortreder is die ware slagoffer. Sy gaan nie langer sy mishandeling bekragtig deur by hom te bly nie. Sy neem juis standpunt in teen onreg sodat daar terapeutiese herstel by die oortreder kan begin. Dit is wat Jesus se gesonde woede vir jou doen. Dit bemagtig jou teen onreg, soos Jesus standpunt ingeneem het teen die uitbuiting van goedgelowige heiliges toe Hy die tempel gereinig het. So wil Hy ons ook bemagtig om sonder wraak, weerwil of vergelding standpunt in te neem en op te tree. Behalwe ʼn harde lawaai, rig kruit alleen nie werklik skade aan as dit aangesteek word nie. Maar ʼn bietjie kruit wat in ʼn koeël saamgepers is kan jou vyand doodskiet.  

Jesus se woede maak natuurlik nie dood nie, dit gee juis lewe (Joh 10:10). Jare gelede het ʼn sekere boer se plaas twee agtereenvolgende jare onder verwoestende brande deurgeloop. Die laaste paar maande was hy baie humeurig en kort van draad, en het sy vrou ons versoek dat ek hom kom sien. Op pad na hulle huis toe het die Heilige Gees met my gepraat om nie sy woede te moraliseer nie, want dis juis sy woede wat hom nog staande hou. Woede is energie. Woede is baie keer ʼn uiting van desperate magteloosheid. Ons moet leer onderskei, tussen goddelike gesonde tipe woede, en verwoestende woede.  

Die Bybel wys duidelik watter woede is vernietigend en uiteindelik selfverwoestend.  

  1. As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ‘n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie (Ef 4:26). Hanteer die onreg vinniger en help ʼnpersoon om die fout in te sien en te bely (Luk 17:1-5). Wanneer ons oor ʼnsaak tob, begin ons ʼn hofsaak in ons kop hou waar ons beide die aanklaer en regter wil wees. Praat eerder ʼn saak uit en leer hoe om ietswatverkeerd is reg aan te spreek. Onafgehandelde woede gee uiteindelik vir die duiwel ʼnvatkans en maak ons marionette in sy hand. Sondige woede is soos suur, maar goddelike woede is soos seep. Ons moet baie versigtig wees dat ons woede nie suur word in ons nie.
  2. Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ‘n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ‘n idioot, is strafbaar met die helse vuur (Matt 5:22). Sommige kommentators maak die afleiding dat alle woede verkeerd is en dat ons eenvoudig nooit vir ons broers of susters mag kwaad word nie. Maar Paulus haal in Efesiërs 4:26 Dawid aan waar hy sê: As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! (Ps 4:5). Jy kan dus kwaad word, maar jy moet net nie sondig nie. Die sonde wat Jesus duidelik hier uitwys is: 
    1. Om sonder ʼn grondige rede vir iemand kwaad te wees. Jy is dus kwaad sonder dat die saak bespreek is en die skuldige party regmatig skuldig bevind is.  
    2. Wanneer jy iemand name noem en die persoon verkleineer. Die woord, raka, kan ook vertaal word met nikswerd, idioot, waardeloos. Hierdie bewoording staan lynreg teenoor “elke mens is in die beeld van God geskape” (Gen 1:27). Dat elke mens menswaardig hanteer moet word, is in wese die kern van Jesus se bediening en prediking.  

Let wel dat die persoon wat hom- of haarself skuldig maak aan hierdie sonde van verkeerde woede, geoordeel gaan word. Hulle sal dus nie van God se vergelding vrykom nie.  

  • Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk. Toe sê die Here vir Kain: “Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers”(Gen 4:5-6). Kain se moord is die eerste oortreding van een mens teenoor ʼn ander mens. Hy het verontreg gevoel teenoor God, maar het dit op sy broer uitgehaal. God het tog immers nie sy offer aanvaar nie, maar Abel se offer verkies. Sy saak was mos dan teenoor God? Iemand wat te na gekom voel, aanstoot neem of gekrenk voel, val in ’n strik soos ’n voëltjie en kan nie self daaruit kom nie. Vir ons eie geestelike voortbestaan is dit wesenlik belangrik dat ons sal leer om nie aanstoot te neem nie‘n Veronregte broer is ontoegankliker as ‘n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van ‘n fort (Spr18:19). ‘n Verstandige mens beteuel sy humeur en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees (Spr 19:11). As ons nie vergewe nie, doen ons ook verkeerd en word ’n instrument in satan se hand (2 Tim 2:24-26).
  • Moenie gou kwaad word nie: Dit is ʼn dwaas wat gou kwaad word (Pred 7:9). My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. ‘n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie (Jak 1:19-20). Die probleem met ʼn vinnige humeur is dat jy soos Judge Dred sommer ʼn saak wil besleg voor jy al die feite ingewin het, en ook sommer self die straf wil uitvoer. Dit is onredelik en onbillik. Sou jy tevrede wees met dieselfde behandeling? Praat ʼn saak uit en kry al die eerstehandse getuienis, dan kan jy ʼn saak besleg. Baie mense verskoon hulleself en beweer hulle kon nie hulle woede beheer nie. Dit is eenvoudig nie waar nie, want as die foon sou lui, sal jy dit in jouself vind om beheersd te antwoord. Jy wíl egter nie jou woede beheer nie. Jy het dit self gekies –niemand het jou gedwing om enigiets te doen nie. 
  • ‘n Opvlieënde mens veroorsaak rusie; iemand wat kort van draad is, doen sonde op sonde(Spr 29:22). Woede is energie, en sommige mens geniet die vrees wat hulle humeur inboesem. Die probleem is, jy word ʼn baie eensame figuur en sal uiteindelik geen ware vriendskapsbande meer oor hê nie. Woede het so deel van jou karakter geword dat dit al is wat mense van jou sal onthou.  Dis ʼn verskriklike skending van God se skeppingsdoel met jou lewe, want ons is almal geskape met die doel om soos Jesus te wees (Rom 8:29). 
  • Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met ‘n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis (1 Tim 2:8). … is hy verwaand en weet hy niks. Hy het ‘n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is (1 Tim 6:4-5). Sommige mense vind altyd iets om oor te stry. Hulle wil oor alles verskil en net hulle eie opinie hoor. Jesus is die waarheid en perfek in alles wat Hy doen en sê. Hy het nie nodig gehad om in strydgevegte betrokke te raak nie. Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie (Matt 12:19). Die Bybel gee egter die oorsprong en ware rede vir twisgierigheid: haat en liefdeloosheid (Spr 10:12) en selfverheffing (Spr 13:10). 
  • Woede is die voorloper van fisiese geweld en aanranding. Die ooglopende tekens van skielike woede is gewoonlik ʼnrooi gesig, geswelde nekare, gebalde vuiste en ʼn gestotter. Die woedende persoon se sig kan wasig word, want woede het ʼn negatiewe uitwerking op die deel van die brein wat met sig te doen het. Dr. Walter Cannon, navorser in psigosomatiese medisyne by die Universiteit van Harvard, beskryf dit baie duidelik: “Respiration deepens; the heart beats more rapidly; the arterial pressure rises; the blood is shifted from the stomach and intestines to the heart, central nervous system, and the muscles; the processes of the alimentary canal cease; sugar is freed from the reserves in the liver; the spleen contracts and discharges its contents of concentrated corpuscles, and adrenalin is secreted.” – James C. Hefley.  

Wat het Jesus kwaad gemaak? 

Die Afrikaanse vertaling van die woord “rebuke” of epitamaomet “berispe” is gebrekkig. Die woord kom 29 keer in die NT voor. Ander vertalings van die woord is aangespreek, geraas, berispe, bestraf, belet, tereggewys, beveel, stil, straf, uitdruklik. In Engels beteken die woord letterlik “straightly charge” of “beat back”. Dis duidelik om die gesonde woede agter hierdie aksie raak te sien. Dit is gefokus en gerig op dit wat verkeerd is. Ons het meestal net ʼn indruk van Jesus se sagmoedigheid. Ons wil nie hierdie harder kant van Jesus raaksien of ontvang nie. Dit was tog die streng maar regverdige onderwysers wat die grootste impak in ons lewens gehad het. Ouerskap is nie net om ʼn kind van kos en klere te voorsien nie –dit behels primêr opvoeding. Jesus openbaar die hart van die Vader deurdat Hy ons wil sien opgroei in volwassenheid in ons skeppingsdoel.  

  1. Jesus dryf die demone uit met ʼnferm bevel. Jesus het die bose gees skerp aangespreek, en die bose gees het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword (Matt 17:18. Sien ook: Mark 1:25; 9:25; Luk 4:35, 41; 9:42). “You cannot rebuke a devil that you continually grant access to your life” – Kimberley Pothier. Jesus se misnoeë en ferm optrede teenoor demone toon ook Sy gesag oor hulle. Hy tree nie in gesprek met hulle nie. Hy bestraf hulle met die minagting wat hulle verdien. Hierdie morele gesag wat Jesus uitoefen lê aan die hart van ons eie oorwinning oor die bose. Ons wil aan die een kant die bose geeste lekkers onder tafel aangee, maar bo die tafel wil ons hulle bestraf. In die geesteswêreld word hierdie valsheid baie gou aan die lig gestel, soos wat met die seuns van Skeva gebeur het (Hand 19:13-17). Die duiwels ken die waarheid. Die vraag is of jy die waarheid ken? Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs (Jak 2:19). Wat is die waarheid agter jou woede-energie? Sommige mense raak kwaad omdat hulle in hulle eer gekrenk is. Hierdie woede bring verwoesting, want dit is leeg. Agter Jesus se woede is ʼnreguit lyn van reg lewe, reg dink, en reg praat. Hierdie krag van oortuiging is die sleutel van Jesus se bediening. Dis waarom mense dikwels verstom gestaan het oor Sy woorde.
  2. Jesus maak die storm stil (Mark 4:35-41). Die dissipels is eintlik verontwaardig: Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie? (v 38). Die natuur se woede bedaar in ʼn paar sekondes voor Sy gesag. Mens kan die frustrasie in Jesus se vraag hoor: Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie? (v 40). Na alles wat Jesus vir hulle verduidelik en gedemonstreer het, is hulle nog vol ongeloof. Jesus se gesonde humeur ontbloot die valse motiewe van hulle humeur. Hulle geloof is nog passief en hulle verwag nog dat Hy die werke moet doen in plaas daarvan om self in geloof God se wil te verstaan en daarvolgens te lewe.  
  3. Jesus bestraf die seuns van donder. Soos ons deur al hierdie skrifgedeeltes werk, sien mens oor en oor die misplaaste woede van die mens. Die volgende gedeelte is ʼnperfekte voorbeeld. Jesus stuur van Sy dissipels vooruit na ʼnSamaritaanse dorpie om vir Hom verblyf te reël. Hulle wou Hom egter nie ontvang nie. Die Skrif gee die geestelike rede: Sy tyd om in die hemel opgeneem te word het nader gekom (v 51) en Hy was op pad na Jerusalem (v 53). Jakobus en Johannes word egter baie voorbarig. Hulle wil sommer self vuur uit die hemel roep om die dorp te verdelg (Luk 9:51-56). Hulle misplaaste woede is baie duidelik. Hulle het nog nooit vuur uit die hemel geroep nie, net Elia kon dit al regkry. Jesus het ook nog nooit melding gemaak dat dit deel van Sy bedieningplan is om dorpe met vuur te verwoes nie! Jesus het hulle ernstig bestraf en stilgemaak. Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie (v 55). Hulle weet weliswaar nie dat hulle heeltemal uit ʼnander gees as Jesus opereer nie.  
  4. Jesus se liefde vir Sy Vader se huis verteer Hom (Joh 2:13-21; Matt 21:12-13; Mark 11:15-17; Luk 19:45-46). Dis van die min verhale rakende Jesus waaroor al vier die Evangelie-skrywers verslag gee. Ons fokus op die sweep wat Hy tydsaam sit en vleg het, maar die eintlike wonderwerk is hoe Hy ʼn hele markplein vol geldwisselaars, skape en beeste leeggemaak het. In hierdie geval het Jesus se stem welluidend teen die mure weergalm en met behulp van ʼn sweep het Hy die diere uit die plek gejaag.  Hy demonstreer op die dag hoe Hy ʼnhele organisasie se misbruik nie net aan die lig bring nie, maar Self optree en orde bring. Dit moes moed gekos het! Nog voordat die tempelpolisie of priesters kon protesteer, het Jesus die tafels omgegooi en die hele groep mense met geweld uitmekaar gejaag. Jesus se liefde vir Sy Vader en Sy kinders is op die dag tot ʼn emosionele hoogtepunt gedryf. Hy kon nie langer toesien dat hierdie onreg voortduur nie! Mag ons ook gevul word met ʼnheilige goddelike woede vir wat reg is! 
  5. Jesus raak verontwaardig teenoor Sy dissipels. Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle (Mark 10:13-14). Die feit dat Jesus verontwaardig geword het, is ʼn openbaring. Sy ongelukkigheid is egter weereens nie selfsugtig of misplaas nie. Hierdie keer gaan dit oor die kinders. Die Griekse woord hier is aganaktasen wat letterlik “vol van droefheid” beteken. Jesus was dus hartseer-kwaad. Hoor ʼn kind se kekkellaggie en hulle onvoorwaardelike liefde, spontaniteit en vryheid. Dis waar Jesus ons weer wil hê! Ons is geestelik volwasse wanneer ons weer hierdie kinderlike geloof en liefde herondek.  
  6. Jesus bestraf Petrus. Petrus het Hom egter eenkant toe gevat en ernstig begin bestraf: “Mag God dit verhoed, Here. Dit sal U nooit as te nimmer oorkom nie!”  Daarop draai Jesus sy rug op Petrus en sê vir hom: “Gee pad agter My, jou satan! Jy maak dit vir My bitter moeilik. Jy dink soos mense dink – nie soos God nie” (Matt 16:22-23; Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling). Petrus val in ʼn oogwink van die geestelike hoë posisie wat hy nog oomblikke te vore beklee het. Die Vader het aan hom geopenbaar dat Jesus die Messias is, maar Petrus was te haastig om die hele prentjie te sien. Die prys wat die Messias moet betaal het hy nie gesien nie want hy was nog verblind deur sy eie ego. Dalk het hy ʼnereposisie saam met Christus gesien. Hoe dit ook al sy, hy dink nog soos ʼnmens. Sy mensgedrewe bestraffing word kortgeknip deurdat Jesus omdraai en hom reguit in die gesig kyk: “Gee pad agter my satan!” Die Skrif sê Petrus het Jesus eenkant toe gevat en soos ʼnvriend sy arms om sy maat sit langs Hom kom staan. Hy reken homself skielik gelyk aan Jesus, totaal onkundig oor Jesus se beker wat Hy moet drink. Het ons nie al almal in totale onkunde ná ʼn geestelike kamp of spesiale diens onsself aangematig om familielede so bietjie aan te tree nie? Weereens sonder enige begrip van God se prosesse.  
  7. Jesus word ontsteld by Lasarus se graf. Op hierdie tydstip van Jesus se bediening was dit vir Hom gevaarlik om in Jerusalem te wees. Hy is ’n paar dae tevore amper gestenig en die Jode wil Hom in hegtenis neem (Joh 11:8; 10:31, 39). Die familie weet dit en daarom die kort boodskap: Die een wat jy lief het is baie siek (v 3). Hulle woorde wys hulle respek en geloof in Jesus asook hulle vrymoedigheid teenoor Hom –Hy is hulle vriend. Hulle het Hom al dikwels gehelp en Hy sal hulle ook help. Die dissipels is soos gewoonlik meer op hulleself ingestel as op die Here. Hulle verstaan nie Jesus se woorde nie en hulle maak die verkeerde gevolgtrekkings. Jesus moet hulle reguit verduidelik wat Hy bedoel toe Hy eers sê Lasarus slaap, want hulle verstaan nie. Thomas se woorde, dat hulle saam met Lasarus gaan sterf, dui op sy gewone pessimisme. Thomas die twyfelaar is bekommerd oor sy eie lewe (Joh 14:5; 20:24-29) Jesus het dus geweet Lasarus is dood, nogtans gaan Hy nie onmiddellik daarheen nie. God wil die omstandighede gebruik vir Sy glorie. Jesus sê Hy is bly dat Hy nie onmiddellik gegaan het nie, want die Vader gaan die Seun verheerlik (v 4). Vriendskap is ’n hefboom, ’n onsigbare band wat jou verplig om te help. Mense sal op grond van ’n vriendskap enigiets doen. Vriendskap is ’n emosionele kommoditeit. Jesus bied sy vriendskap en liefde, maar laat Hom nie verbind nie. Dat Jesus nie dadelik gekom het nie, moes vir Marta en Maria maar ʼnbitter pil gewees het om te sluk. Jesus se optrede druis in teen die meeste mense se begrip van vriendskap. “As U hier was sou Lasarus geleef het.” Hulle verwyt liggies Jesus se afwesigheid (Joh 11:21; 32). Selfs die begrafnisgangers en toeskouers verwyt Hom (Joh 11:37). “Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maar keer dat hierdie man sterf nie?” Maar Marta en Maria neem nie aanstoot nie. Beide Maria en Martha spreek hulle geloof uit: Ek glo (Joh 11:7). – Sy erken Jesus as die gekose Gesalfde (Messias: Christus – vgl. Joh 1:20, 41); die Seun van God (vgl. Joh 1:34, 39; 10:36); en die Profeet wat na die wêreld toe gestuur is (vgl. Joh 3:31) om God aan die mense bekend te maak. In een asem ’n belangrike getuienis oor Christus. Jesus se trane wys egter op Jesus se seer in hierdie verhouding (Joh 11:38). Hy het al by meer as een geleentheid vir hulle gesê dat Hy gaan sterf. Hier by die dood van Sy vriend Lasarus sien Jesus Sy dood. Hy moes dink aan die sondelas van hierdie mense wat Hy eersdaags sal moet dra, en hulle sien dit nie. Die Griekse woord vir “groaning”, embrimaomai(em-brim-ah-om-ahee); Strong’s #1690:  Derived from en,  “in,” and brime, “strength.” The word is used to express anger (Mark 14:5), to indicate a speaking or acting with deep feeling (John 11:33, 38), and for stern admonishment (Matt 9:30; Mark 1:43); to roar, storm with anger; to be enraged, indignant, to express indignation against someone. Aangesien Christus en Maria-hulle vriende was, is dit waarskynlik dat Sy diep emosie te wyte was aan Sy innerlike protes teenoor hulle onverskilligheid, onkunde en blindheid wat Sy eie naderende dood en lyding vir hulle onthalwe nie sien nie … die verkeerde, onskuldige Persoon word gekruisig. Die grootste hartseer in enige vriendskap is wanneer jou vriend(in) jou nie sien nie. Jou maat sien nie jou hart nie, sien nie jou swaarkry, lyding of swaarheid nie. Dis die een enkele sonde/oortreding wat enige verhouding op die afdraande pad kan stuur en uiteindelik kan verwoes. Die persoon wat die naaste aan my is, sien my nie! Jesus se liefde is groter as ons oortredings. Hy gee nog steeds Sy lewe en vergewe ons. Jesus oorwin hierdie diep seer wat ons ʼnpragtige blik gee op Sy menslikheid: Hy het met ’n groot stem geroep: Lasarus, kom uit!Hy wek Lasarus op! Uiteindelik is ewige vriendskap net moontlik in Christus wanneer ons saam met Hom opgewek gaan word, in Sy heerlikheid. Al die romantiese ewige liefdesverklarings is vals en kortsigtig. Ewige verbintenis is net moontlik in Christus.   
  8. Jesus verwyt hulle oor hulle ongeloof. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie (Mark 16:14). Oneidos: Smaad, beledig. To defame, disparage, reproach. Generally it means to rail at, revile, assail with abusive words. Toe het Jesus die dorpe waarin Hy die meeste van sy wonderdade gedoen het, begin verwyt omdat hulle hulle nie bekeer het nie (Matt 11:20-24). Dit help ons om te sien dat Jesus ook soms ʼngoddelike gevoel van verwyt het teenoor mense se hardkoppigheid. Hy het nooit Sy hart oopgemaak om daarop te reageer en hulle uit te wis nie. Nogtans het Hy Sy frustrasie uitgespreek en hulle goed laat verstaan dat hulle voor ʼnheilige God se oordeel staan. “Ongelowige en ontaarde geslag,” het Jesus gesê, “hoe lank moet Ek nog saam met julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra?(Matt 17:17). Dit is ʼn verbysterende werklikheid om te weet dat baie nie in God se perfekte voorbeeld geglo het nie! 
  9. Jesus se aggressie teenoor die Fariseërs en skrifgeleerdes. En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een (Mark 3:5). Jesus is toornig met rede. Maar Hy leef wat Hy predik: Hy vergeld nie verkeerd nie met verkeerd nie. Hy genees die man voor hulle oë! Paulus sou dit later mooi verwoord: Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie (Rom 12:21). Jesus spreek hulle ook direk aan oor hulle valsheid, dubbele standaarde en magsug (Matt 23:13-36; Luk 11:45-54). Weereens wys Jesus ons die beste weg om te leef aan. Jy skinder nie oor iets wat iemand verkeerd doen nie, jy spreek hulle direk aan. As hulle oortreding in die openbaar gedoen is, dan spreek jy die verkeerde daad ook in die openbaar aan.  
  10. Jesus beteuel sy misnoë met die melaatse man.’n Melaatse man het na Hom toe gekom, voor Hom gekniel en Hom gesmeek met die woorde: “As U wil, kan U my gesond maak.” Jesus het hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak met die woorde: “Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!” Net daar het die melaatsheid verdwyn – die man was gesond. Toe het Jesus hom weggestuur en ernstig aangespreek: “Sorg dat jy met niemand langs die pad praat nie. Gaan reguit na die priester. Laat hy jou ondersoek. En bring die offer wat die wet van Moses vereis vir melaatses wat genees is. So sal almal ’n duidelike bewys hê van jou genesing.” Maar die man het weggegaan en die nuus van wat met hom gebeur het, oral versprei. Gevolglik het soveel mense Jesus begin omring dat dit vir Hom onmoontlik geword het om openlik in enige dorp in te gaan. Hy moes buite in afgeleë plekke bly. Tog het mense steeds van oral na Hom toe gekom (Mark 1:40-45). Die oudste manuskripte gebruik die woord orgistheismaar is in nuwe vertalings met splanchnistheis vertaal. Die betekenis is uiteenlopend. Die eerste ouer vertaling sê Jesus was verontwaardig. Die konteks van die gedeelte bevestig dit: Jesus is liefde, en juis uit liefde plaas hy Sy eie lewe en reputasie op die spel om aan ʼn melaatse te raak. Jesus gee hom daarom spesifieke opdragte wat hy heeltemal verontagsaam, en: Gevolglik het soveel mense Jesus begin omring dat dit vir Hom onmoontlik geword het om openlik in enige dorp in te gaan. Hy moes buite in afgeleë plekke bly. Tog het mense steeds van oral na Hom toe gekom (v 45). Jesus wil ons genees, maar Hy wil ons ook leer om ons genesing te behou en as gesonde mense voort te leef. Geloofsgehoorsaamheid is hoe ons gesond bly! (Deut 28) 

[i]Angry like Jesus. Using His example to spark your courage. Sarah Summer by Amazon  Digital Services  LLC
Learn more: https://www.amazon.com/dp/B0177187XQ/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_W3EkDbXCM1026