Categories
Jesus die beste lewe

Jesus en die geesteswêreld

Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom(Matt 12:28). So seker as wat daar ’n fisiese wêreld is, is daar ook ’n geesteswêreld. God is immers ’n Gees (Joh 4:24; 2 Kor 3:17). Die geestelike of spirituele ervaring wat ’n individu soms mag beleef, is moeilik om empiries te meet as gevolg van die subjektiewe aard van die belewenis. Tog is dit duidelik dat so ’n belewenis emosies, sintuie en die intellek insluit. Dit is hoekom mens nie sommer vergeet wat met jou gebeur het nie en waarom sekere ervarings dikwels werklike lewensverandering teweegbring. 

Die term “spiritualiteit” verwys nie meer eksklusief of selfs hoofsaaklik na gebeds- en geestelike rituele nie. Dit verwys ook nie na ’n elite-staat of ’n voortreflike praktyk van die Christendom nie. Die term is uitgebrei om die geloofslewe sowel as die lewe van die persoon in sy geheel in te sluit, insluitend die liggaamlike, sielkundige, sosiale en politieke dimensies daarvan.[1]

Die geestelike bonatuurlike wêreld is baie meer deel van ons daaglikse lewenservaring as wat die meeste mense ooit sal besef. Ons praat van iemand met ’n verkeerde gesindheid as iemand met ’n verkeerde gees. Ons praat van entoesiasme as geesdrif! Iemand met ’n sterk karakter word beskryf as iemand met ’n sterk teenwoordigheid van gees. In die sportwêreld word ’n diep, ernstige spiritualiteit al hoe meer verwelkom omdat gelowige deelnemers se verhoudingswêreld en gewoontes gewoonlik meer gesond is. Hierdie atlete toon meestal ’n groter volwassenheid van karakter wanneer hulle verloor en die geestelike ondersteuning wat hulle ontvang wanneer dit swaar gaan, is onontbeerlik. Meer nog, atlete en pasiënte glo in die onmoontlike en die bonatuurlike wat noodsaaklik is om lang terapeutiese hersteltye enduit vol te hou.[2] In die mediese wêreld word die belangrikheid en insluiting van die geestelike aspek van die mens al hoe belangriker as deel van ’n holistiese benadering.[3]

Tog is daar met reg ’n baie negatiewe sentiment oor die bonatuurlike wêreld buite die Woord van God. Duiwelskuns, swartkuns, nigromansie, nekromansie, towenary, goëlery, spoke, spiritisme, afgodery en satansaanbidding maak mens skrikkerig en bang. Daarom ondersoek ons eerder die skrifte om die geesteswêreld te verstaan en ’n blik kry van wat daar aangaan. Die Bybel is as te ware vir ons ’n venster asook ’n handleiding van terme, benaminge, funksies en rolle van wesens wat aktief is in die geesteswêreld. 

Lys van benaminge:

Die NT gebruik ’n wye verskeidenheid terme vir onsienlike goddelike wesens op die geestelike gebied, goed sowel as kwaad. Volgens hierdie skrifgedeeltes kan ons hulle grade van rang, krag en funksie in die geestelike wêreld aflei. So lees ons in die Bybel van:

’n gees van krankheid (Luk 13:11);

’n gees van ontsteltenis  (1 Sam 16:14);

onrein en vuil gees (Op 18:2);

’n waarsêende gees (Hand 16:16);

’n gees van slawerny (Rom 8:15);

’n gees van dwaling (1 Joh 4:6);

’n gees van die wêreld (1 Kor 2:12);

verleidende geeste (1 Tim 4:1);

 ’n gees van jaloesie (Num 5:14);

’n leuengees (2 Kron 18:12);

’n gees van towery (Deut 18:11) . . . of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg . . .;

die gees van die antichris (1 Joh 4:3); 

’n gees van vreesagtigheid (2 Tim 1:7); 

’n gees van bedwelming (Jes 19:14); 

die pynigers (Matt 18:34); 

’n verslae gees (Jes 61:3);

bose geeste (Matt 10:1; Hand 5:16; 8:7; Matt 12:43-45; Mark 1:23-26; 3:11; Op 18:2);

demone (Deut 32:17; 1 Kor 10:20-21; Ps 106:37; Matt 8:16; Mark 7:26; Rom 8:38; Jak 2:19; Op 9:20);

owerstes, magte, wêreldheersers van die duisternis (Ef 6:12; Kol 2:15; 1 Pet 3:22);

engele (Ps 103:20; Heb 1:7; Ps 104:4); 

aartsengel Michael (Dan 10:13; 12:1; Judas 9; Op 12:7);

aartsengel Gabriel (Dan 8:16; 9:21; Luk 1:19, 26);

gerubs (Eseg 10:12-14; 1:4-14, 22-24; 10:5, 8, 21-22; 41:18-19; Op 4:6-8);

serafs (Jes 6:2; Op 4:8); 

Goddelike vergadering van die seuns van God (Ps 82:1; Job 1:6; 2:1; Job 38:7).[4]

Daar is inderdaad diegene wat glad nie in die bonatuurlike wêreld glo nie omdat hulle bloot nog geen tasbare belewenis of ervaring van die geesteswêreld gehad het nie. Tog is daar studies in kwantumfisika, wat Einstein as spokerig studies oor ’n afstand beskryf het, waar twee deeltjies (fotons) in wisselwerking kan “verstrengel raak” (entanglement), hul individuele waarskynlikhede verloor en komponente word van ’n meer ingewikkelde waarskynlikheidsfunksie wat beide deeltjies saam beskryf.[5] Eugene Marais het ’n studie van die gees van die mier gemaak waar hy geen natuurlike sintuiglike verklaring kon kry oor hoe ’n koninginmier haar miernes beheer nie.  

Die bybelse antieke wêreldbeskouing oor die Geesteswêreld

In die kerkwêreld is daar twee hoofstrome: die Charismatiese of Pinksterstroom en die Gereformeerde stroom. Laasgenoemde gaan versigtig om met die bonatuurlike en fokus op skrifverklaring en eksegese. Die eerste groep soek juis die bonatuurlike werkinge en manifestasies van die bonatuurlike geesteswêreld. Volgens Michael Heiser,’n Gereformeerde teoloog en kenner van die Hebreeuse taal en antieke volke, is daar ’n baie duidelike bonatuurlike wêreldbeskouing te bespeur in die Bybelskrywers se verstaan van die wêreld van Genesis tot Openbaring. Hulle sien die geesteswêreld as ’n gesin wat soms vergadering hou (Ps 82:1), met rangordes wat óf aan God gehoorsaam is óf ’n groepering wat teen God rebelleer. In hierdie geesteswêreld is Jahwe alleen almagtig, alomteenwoordig, volmaak en alwys. Daar is geen rebellie direk teen God nie, maar wel teenoor Sy skepping. Elke geestelike wese is beperk wat gesag, posisie en vermoë betref. Daar is dus volmaakte orde in die geestelike wêreld – elkeen ken sy plek. Self die satan moes God se toestemming verkry om teen Job op te tree (Job 1:12). 

Omdat die Skrif duidelik toon dat ons deur die bose verlei kan word, en ons dit inderdaad so beleef, behoort ons moeite te doen om die geesteswêreld te verstaan en te leer wat ons te doen staan om onsself en ons familie te beskerm. 

Die Bybelse perspektief erken die invloed van satan.  

die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou (Hand 5:1-3);

sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie (1 Kor 7:5);

die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie (1 Tess 3:5);

sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie (1 Tim 3:6-7);
Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan (1 Tim 5:15);
loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind (1 Pet 5:8-9);
Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie ons ken sy planne (2 Kor 2:11);
ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is (2 Kor 4:4);

elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God (2 Kor 10:3-5);

net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus (2 Kor 11:3).

Die sataniese drie-eenheid 

Baie misleiding en dwaling oor die rolle en verantwoordelikhede van die mens ten opsigte van die bonatuurlike wêreld het al tot skadelike misbruik gelei. Daarom begin ons weereens ons studie in Christus. Ons leer van Hom, as ons perfekte Voorbeeld, hoe Hy demone, bose geeste en satan hanteer het. Jesus se bediening was in konflik met die tri-alliansie vandie wêreldgees van Herodes (Mark 8:15), die godsdiens van die Fariseërs en Sadduseërs (Matt 16:6) en die bose geesteswêreld (Matt 12:28). Hierdie sataniese drie-eenheid word in die boek Openbaring ontmasker: die draak, die dier uit die see en die dier uit die aarde (Op 12-13).[6]

1)   Oorlogstryd teen die gees van die wêreld: 

Mens sal ’n hele boek aan hierdie onderwerp moet wy, maar dit is algemeen bekend hoe mense se wêreldbeskouing hulle aan bande lê.[7] Die begrip “lewens- en wêreldbeskouing” verwys na die manier waarop (bril waardeur) jy na die wêreld en die lewe kyk. Die Bybelse wêreldbeskouing is in teenstelling met die huidige humanistiese, sekulêre wêreldbeskouing wat ons daagliks in die media, sekere televisieprogramme, universiteitsideologieë, politiek en selfs in die kerk beleef. Kyk byvoorbeeld hoe direk die sekulêr-humanistiese manifes gerig is teenoor ’n teïstiese, Bybelse perspektief. [8]

  • Wêreldkennis word afgelei deur waarneming, eksperimentering en rasionele analise. 
  • Mense is deel van die natuur, die produk van onbegeleide evolusionêre verandering. 
  • Etiese waardes word afgelei van menslike behoeftes en belangstellings soos getoets deur ervaring (etiese naturalisme).
  • Lewensvervulling kom deur individuele deelname in diens van menslike ideale. 
  • Mense is van nature sosiaal en vind betekenis in verhoudings. 
  • Om te werk ten einde die samelewing te bevoordeel, maksimeer individuele geluk. 
  • Respek vir verskillende dog menslike sienswyses in ’n oop, sekulêre, demokratiese, omgewingsvriendelike en -volhoubare samelewing. 

Hier is ’n paar skrifgedeeltes wat waarsku teen die invloed van wêreldse denke: 

Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? (Mark 8:36);

Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is (Matt 6:30);

Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê (Matt 16:23);

Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie (Joh 1:10);

Die wêreld kan vir julle nie haat nie; maar hy haat My, omdat Ek openlik verklaar dat sy dade sleg is (Joh 7:7);

Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou (Joh 12:25);

Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie (Joh 14:27);

As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat (Joh 15:18).

Ons is dus in ’n geloofstryd in ons denke gewikkel, want jou wêreldbeskouing is wat jy oor die wêreld en jou omgewing glo. Byvoorbeeld: Wat glo jy oor jou toekoms? Wat glo jy oor sukses? Wat glo jy is die beste beroepe? Wat is jou belangrikste prioriteit: aansien, kinders, huweliksmaat, posisie, verhoudinge, inkomste? Die opsomming van al die antwoorde bepaal jou wêreldbeskouing. Die toetsvraag is: Hoeveel van ons antwoorde is Bybels verantwoordbaar vanuit ’n liefdevolle verhouding met God? 

2)   Oorlogstryd teen die gees van godsdiens: 

Jesus waarsku teen die suurdeeg van die invloed van die godsdiens van die Fariseërs en Sadduseërs (Matt 16:6). Daar is ’n hele hoofstuk oor hierdie onderwerp. Gaan gerus daardeur (verwys Hfsk ???) 

3)   Oorlogstryd in die geesteswêreld: 

Sodra oorlog uitbreek, moet jy kant kies. Daar is geen neutrale grond nie. Daarom sê Paulus: Wat wil ek hiermee sê? Dat ‘n afgodsoffer of ‘n afgod enige betekenis het? Nee, maar dat dié wat aan hulle offer, aan bose geeste offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê julle moet met bose geeste gemeenskap hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van bose geeste nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van bose geeste nie. Of wil ons die Here uittart? Is ons miskien sterker as Hy? (1 Kor 10:9-22). 

You cannot rebuke a devil that you continually grant access to your life – Kimberley Pothier

Daar is nie neutrale grond in ’n oorlog om besetting nie. Jy moet óf terugveg óf jou grond verloor. Die geestelike oorlogstryd is om die grondgebied van ons harte. Wie regeer in jou hart? Satan of die Here Jesus Christus? Jou lewe is ‘n habitat, tuiste, grondgebied, ‘n tuin. Die Here wil jou tuin laat floreer in al jou uniekheid om soos Jesus te wees, in karakter, waardes, gewoontes, denke en handeling. Satan daarenteen is die verleier, om te kom steel en te verwoes. (Joh 10:10) 

‘n kwessie van jurisdiksie: 

Elke wetstoepasser werk binne ‘n sekere jurisdiksie. Hy kan byvoorbeeld nie net in jou huis in stap en kom bevele gee nie. Want jy is die eienaar, en het jurisdiksie oor jou eie huis. Daarom moet die polisie ‘n lasbrief hê, alvorens hulle jou huis kan kom ondersoek. ‘n polisieman van Suid Afrika het nie gesag en jurisdiksie in die VSA, alvorens dit nie deur daardie polisie gemandaad word nie. Net so het ons nie jurisdiksie om in die geestes wêreld owerhede, heersers en geeste net bloot te bestraf nie. Ons jurisdiksie is op die aarde. (Gen 1:28; 2:15). Ons het hierdie jurisdiksie en gesag verloor. (Luk 4:6) Satan het onwettige jurisdiksie bekom. Hy word genoem: owerste van hierdie wêreld (Joh 12:31) die god van hierdie wêreld (2 Kor 4:4) die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. (Efe 2:2) maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. (Efe 6:12) 

Jesus het baie duidelik gesag en outoriteit uitgeoefen oor bose geeste. Hy het ook sy dissipels mag gegee om onrein geeste uit te dryf. (Mt 10:1) Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen (Luk 10:19) Dit is ook duidelik dat die bose geeste ‘n komende oordeel van Jesus vrees. (Mark 5:7) Jesus het egter met Sy kruisdood, die sleutels van die doderyk afgeneem. Sleutels dui op gesag. Hy het satan ontwapen, en die jurisdiksie wat hy van die mens geneem het teruggeneem as die perfekte mens. In Christus is die volle heerskappy en mag wat God bedoel het die mens moet uitoefen herstel.  Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer. (Col 2:15) Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur (2 Kor 2:14) 

Satan het dus nog steeds net gesag in mense as gevolg van hulle ongehoorsaamheid, en dat hulle hulleself as werktuie in sy hand stel. Hy het dus wettige jurisdiksie omdat hulle dit vir hom gegee het. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. (1 Kor 15:24-25) ‘n polisie man hoef nie hard te skreeu om sy gesag af te dwing nie. Miskien by arrestasie, wanneer die misdadiger weerstand bied. Sy gesag lê daarin dat hy die wet verstaan, en elkeen se jurisdiksie erken. As hy byvoorbeeld nie die bewysstukke korrek versamel, merk en dokumenteer nie, word die saak uit die hof gegooi. As hy onreëlmatig op getree het, verloor die staat die saak teen die misdadiger. Netso is daar orde in die geestes wêreld. 

Die bose geeste het presies geweet wie Jesus is (Luk 4:34; 8:28). Die sewe seuns van ’n Joodse priesterhoof, Skeva, het egter hulle moses teëgekom toe hulle probeer het om bose geeste uit te dryf sonder werklike geestelike gesag. Hulle wou bloot magiese tegnieke, selfs Jesus se naam, gebruik sonder ’n lewe toegewy aan God of dat hulle gevul is met die Heilige Gees. (Hand 19:14) Die towernaar wou hierdie gawe koop (Hand 8:20). Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here: miskien sal Hy jou hierdie gesindheid van jou hart vergewe. Ek sien jy is deur afguns vergiftig en deur die sonde verstrik (Hand 8:22-23). Ons kan vanuit hierdie skrifgedeeltes ’n baie sterk argument bou dat ’n heilige lewe, toegewy aan die Here, vol van die Gees van God, die basis van geestelike oorlogvoering is. 

Paulus verduidelik dit nog verder met ’n pragtige metafoor: Die Christen se wapenrusting is nie magiese towenary nie, maar ’n heilige leefwyse (Ef 6:14-18). Geregtigheid, waarheid, geloof en bereidheid is dade van gehoorsaamheid wat ons beskerm en die Woord is ons offensief. Baie gelowiges probeer die wapenrusting magies gebruik deur dit daagliks aan te trek. Dit is nie wat Paulus met die metafoor wil bereik nie. Hy is bloot besig om geestelike waarhede wat ons uitleef prakties aan die hand van ’n soldaat se wapenrusting te verduidelik. Geloof is ’n lewenswyse en vorm ’n skild teen die vurige pyle wat satan aanhoudelik op ons afvuur. Ons het in Christus al hierdie geestelike leefstyl-waarhede ontvang. Ons het elkeen ’n mate van geloof en ons het verlossing, die waarheid en geregtigheid alles in Christus ontvang. Deur ’n leefstyl van bereidwilligheid, uit die waarheid en in Sy geregtigheid leef ons Sy verlossing uit waar ons ook al beweeg.  

Die geestelike arsenaal van die gelowige: 

Besturdeer die volgende skrifgedeeltes: (1 Kor 4:10-15; 2 Kor 4:8-18; 2 Kor 6:3-10; 2 Kor11:23-28; 2 Kor 13:9)

Ons word uitgeskel, en ons antwoord met seënwense;

Ons word vervolg, en ons verdra dit

Ons word beledig, en ons bly vriendelik

In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie

Ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie

Ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie

Op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie

Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen. 

My genade is vir jou genoeg. 

In die laaste paar dekades het daar in die geloofswêreld ’n hernude fokus op geestelike oorlogvoering geval. Hierdie fokus is deels goed, maar daar is ook gevare as ons nie ons plek en rol verstaan nie. So is daar byvoorbeeld dikwels gebedsmarse gehou, wêreldwye gebedskettings het ontstaan, mense het hulle huise en besighede se deure en vensters en hoekpale begin salf, of daar is huisskoonmaakrituele uitgevoer om okkultiese items te vernietig, studies is gemaak van geestelike hoeklyne en okkultiese, sataniese vloeke, gedenktekens met sataniese betekenisse, voorvadervloeke, ens. ens. Die natuurlike vraag is: Wat is die uitkoms nou 30 jaar later? Is die kerk heiliger? Kom meer mense tot bekering? Is daar nou meer eenheid in die kerk? Is daar herlewing? Die Bybel is ’n versameling van vreemde geestelike stories met bonatuurlike elemente, so die Here kan ’n mars gebruik soos met Jerigo. Hy het immers die Rooisee oopgekloof! God kan enigiets doen. Tog sien ons Jesus baie pragmaties te werk gaan in die oorlogvoering teen boosheid. 

Ons kan nie met magiese rituele ‘n verkeerde leefstyl en die gevolglike konsekwensies regmaak nie. Hierdie is ‘n groot misleiding in die geloofsgemeenskap.  

Hoe het Jesus te werk gegaan met die geesteswêreld?

Jesus se konfrontasie met boosheid is openlik, direk en konfronterend met betrekking tot die sataniese drie-eenheid. Jesus se afkeer van Herodes en diegene wat die wêreld dien, Sy openlike ontmaskering van die valsheid en geslepenheid van die Fariseërs, skrifgeleerdes en sogenaamde godsdienstiges, asook Sy miskenning van Satan se strategieë is vir ons ’n voorbeeld van direkte konfrontasie. Hy is openlik en direk aanvallend teenoor boosheid.  

wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ’n woord uitgedrywe (Matt 8:14-17); 

Bly stil en gaan uit hom uit! En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met ’n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan … van duiwels besete was … en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het (Mark 1:21-34);

die gees van ’n onreine duiwel, en hy het met ’n groot stem uitgeskreeu en gesêHa! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God! En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak. Toe kom daar verbaasdheid oor almal, en hulle praat met mekaar en sê: Wat vir ’n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit! En daar het ’n gerug aangaande Hom uitgegaan na elke plek van die omgewing (Luk 4:31-37). 

Uit bogenoemde skrifgedeeltes kan ons die volgende afleidings maak, ten opsigte van Jesus se werkswyse met boosheid: 

  1. Jesus se konfrontasie is direk en naby: Wanneer daar demoniese manifestasies is, maak Hy hulle stil en dryf hulle uit met ’n woord.  Gebed is hoofsaaklik tot God gerig, en duiwels word uitgedryf wanneer hulle manifesteer in Sy teenwoordigheid.  Dit is dus weereens ‘n kwessie van jurisdiksie. ‘n wetstoepasser kan net optree waar daar bewyse is van misdaad. 
  2. Satan se poging om Hom te versoek word kortliks met “daar staan geskrywe” en “weg met jou satan” gedoen. Daar is geen dialoog of lank gesprekke met satan nie. 
  3. Jesus gebruik geen magiese towernary of rituele in Sy bediening nie. Hy doen nie een wonderwerk op dieselfde manier nie en Hy doen dit sonder godsdienstige, luisterryke vertoon. Hy gee gewoonlik aan die sieke ’n opdrag. Hy lê Sy hande op die siekes.  Onthou dit gaan ook die grondgebied van ons harte. 
  4. Jesus konfronteer boosheid nie as ’n abstrakte, onsigbare realiteit nie. Daar is dus ’n direkte onderskeid tussen die fisiese en die geestelike wêreld. Wanneer die bose geeste in hierdie wêreld manifesteer, neem Jesus dadelik outoriteit daaroor. Ons sien nie enige voorbeelde waar Jesus of enige van die leiers van die vroeë kerk betrokke geraak het in gebede, verklarings of uitsprake rig op die geesteswêreld nie. Ons bestaan is aards, en ons het deur Christus Jesus weer ons oorspronklike mandaat opgeneem om hier gesag uit te oefen. Ons is nie geestelike wesens nie en het nie gesag om in die geesteswêreld gesag uit te oefen nie. Alleenlik wanneer hierdie geesteswesens hulleself in ons wêreld openbaar, neem ons ’n posisie van gesag teenoor hulle in. Daarteenoor is daar natuurlik ’n geestelike reaksie in die geesteswêreld wanneer ons God hier gehoorsaam. Elke geestelike wese het op ’n bepaalde vlak gesag. Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle eie magsgebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het. God het hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in duister dieptes vir die oordeel van die groot dag (Judas 1:6). 
  5. Ons oorwin boosheid in die wêreld deur dissipels van alle nasies te maak. Dink net as ons as kerk gebly het by hierdie een opdrag waarin God ons bemagtig het: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Matt 28:18-20). Deur die eeue heen verontagsaam ons hierdie een groot mandaat en die hele wêreld ly as gevolg van ons ongehoorsaamheid (Rom 8:22).  
  6. Gebed is uitsluitlik tot God gerig en nie tot duiwels, geeste of owerhede nie. Sommige mense spandeer baie tyd om geeste in die hemelruim wat hulle nie kan sien nie te bestraf. Waarom nie eerder mense direk bedien en dan, wanneer ’n bose gees manifesteer, gesag te neem en die mense vry te maak nie? Inteendeel, in bevryding is vrymaking baie maklik, deur die eienaar van die woning, dit wil sê die betrokke persoon te kry om te bely waar hulle satan en boosheid wettige uitnodiging gegee het. Dan wanneer die persoon Jesus se heerskappy in hulle lewe bely en erken, gee jy ‘n direkte onmiddellike uitsettingsbevel! Jy beveel die bose geeste met ‘n woord! 
  7. Ons geestelike oorlogvoering is om te heers oor boosheid, verslawing, sonde en versoekings. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is (Ef 2:2). Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie (Rom 6:12). Daar is dus ’n gehoorsaamheidstryd!!! Wie gaan jy gehoorsaam? God of self? God of satan? God of die gees van die wêreld?  

Ware geestelike oorlogvoering – gehoorsaamheid aan die Heilige Gees. 

Ware geestelike oorlogvoering is dus jou eie oorwinning in Christus Jesus wanneer jy outoriteit en gesag uitoefen oor jou drange, vleeslike begeertes, influisteringe, gedagtes en emosies wat nie gegrond is op die Woord nie. Natuurlik leef ons in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is (2 Kor 10:3-6). 

In ons oorgawe en onderdanigheid aan Christus ontvang ons die krag en die vermoë om los te kom van die houvas en mag van sonde. Slawerny impliseer dat slawe onder die mag van die slawedrywer is. Jesus het ons kom loskoop van hierdie mag. Hy het ons wettige vrylating bekom sodat ons nou deur die Heilige Gees aan Hom gehoorsaam kan wees. Geestelike oorlogvoering beteken om deur gehoorsaamheid aan die Gees sout en lig te wees (Matt 5:13-16); suurdeeg te wees (Matt 13:33); ’n geur van die lewe te wees (2 Kor 2:14). Nêrens is daar enige bewyse dat die gelowiges een of ander geestelike oorlogvoering teen die heersers van daardie tyd beoefen het nie. Selfs hulle vervolging is gesien as ’n geleentheid om die Evangelie te verkondig. Jesus se lewe van liefde, omgee, barmhartigheid, gemeenskap, selfverloëning en vergifnis was die eerste gelowiges se kentekens wat hulle van die wêreld onderskei het. Hierdie lewenstyl het uiteindelik die wêreld deursypel tot op die punt waar die magtige Romeinse Ryk Christenskap as die amptelike godsdiens aangeneem het. Ongelukkig het die Romeinse wêreldgees die kerk soos suurdeeg gepenetreer en die wêreld in die donker eeue ingelei voor God se lig weer deur die hervormers deurgebreek het. 

Gehoorsaamheid aan Jesus is ons oorwinning oor boosheid. Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer (Rom 5:17). Elke dag leef ons hierdie oorwinning uit in ons eie lewe, maar uiteindelik ook vir die mense om ons.  Ons lewe in harmonie met God en ons geestelike familie word uiteindelik ’n stukkie goddelike grondgebied, ’n Eden, waar God se wil uitgeleef word. Laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel (Matt 6:10). Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word (Hab 2:14). 

Ons ongehoorsaamheid kos ons baie meer as ons gehoorsaamheid.  Dink aan wat adam en eva se ongehoorsaamheid hulle gekos het, en gevolglik ook die hele mensdom. Die grondgebied wat satan wil verower is ‘n hart toegewy aan die Here. Hy het geen ander agenda, as om ons te laat afstand doen van ons skeppingsdoel om God se werktuie van skeppende genesende liefde te wees. Aan wie is ons gehoorsaam? God of self? Die Heilige Gees of sataniese influisteringe? Die woord van God of die tradisies van mense?

Duisternis kan net regeer in die afwesigheid van die Lig. Die leuen kan net bestaan in die afwesigheid van die Waarheid. Dit beteken ook weliswaar, dat die mensdom Jesus moet aanvaar as die waarheid.  Jesus was die lig en hulle het nie die lig nie liefgehad nie. (Joh 3:19) Jesus is die enigste weg, Hy is die enigste Waarheid, en Hy is die enigste Lewe. (Joh 14:6) Tog kies die mensdom om hulle rug te draai op die Waarheid. Dit is nie God wat die mens straf nie, dis die mens wat straf op hulleself bring omdat hulle die waarheid verwerp. 

Waar die waarheid aanvaar word, en gehoorsaam word is daar eenheid, en behou die wat in Christus die heilige band van eenheid. (Efe 4:3-6) Dit is die mens se ongehoorsaamheid, en soeke na hulle eie gewin wat die deur oopmaak vir sataniese magte om te heers. 

Waar ons Jesus se lewe navolg, en daarvolgens wandel is daar orde, en sosiale vrede. 

God is op soek na mense wat die geestelike oorlog wen, wanneer niemand sien nie. Dawid het die beer en die leeu verslaan waar niemand sien nie, om geloof te hê om Goliat in die publiek te verslaan. “Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het” (1 Joh 2:13). Die persoonlike oorwinning oor boosheid, is essensieel tot publieke oorwinning.


[1] Schneiders, S.M.  Spirituality in the academy. Theological Studies 50:676­697 1989.

[2] Udermann Brian E. The Effect of Spirituality on Health and Healing: A Critical Review for Athletic Trainers, 2000 

[3] Puchalski, Christina. (2001). The Role of Spirituality in Health Care. Proceedings (Baylor University. Medical Center). 14. 352-7. 10.1080/08998280.2001.11927788.

[4] Michael S. Heiser, Supernatural: What the Bible Teaches about the Unseen World—And Why It Matters, ed. David Lambert, (Bellingham, WA: Lexham Press, 2015), 43.

[5] https://www.theatlantic.com/science/archive/2017/02/spooky-action-at-a-distance/516201/

[6] Riekert Botha, Openbaring Ontsluit. (location Eboek 2358) 

[7] Miller, D. (1998). Discipling nations. Seattle: Ywam publishing. 

[8] https://en.wikipedia.org/wiki/Humanist_Manifesto

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus se gehoorsaamheid

Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword (Heb 5:8-9). 

Gehoorsaamheid is onontbeerlik vir geestelike groei. Jou mate van gehoorsaamheid bepaal die mate van gesag wat jy in die geesteswêreld sal hê. Jesus se hele lewe getuig van gehoorsaamheid. Eers was Hy gehoorsaam aan aardse ouers:  Hy het toe saam met hulle na Nasaret toe teruggegaan, en Hy was aan hulle onderdanig (Luk 2:51). Toe algehele gehoorsaamheid aan die Vader:

  • Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so. (Joh 5:19)
  • Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het. (Joh 5:30)
  • Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. (Joh 6:38)
  • En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. (Joh 8:28)
  • Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. (Joh 12:49)
  • Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. (Joh 14:10)

Christus is vir ons die perfekte voorbeeld van gehoorsaamheid. Hy het selfs nie Sy bediening geïnisieer nie. Maria, Sy moeder, moes die diensknegte aansê om te doen wat Hy hulle sou sê (Joh 2:1-12). Hy Self het ook tot op die ouderdom van 30 die volle tyd volbring in diens van Sy aardse ouers, waarna Hy toe Sy geestelike bediening begin het. 

As Hy, wat die Seun van God is, dan niks uit Homself gedoen het nie, hoeveel te meer moet ons nie onsself aan Hom onderwerp nie? Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie (Joh 15:5). 

Sedert die skepping van die mens, verkies ons om self die kennis van goed en kwaad by ander bronne te verkry eerder as in afhanklike gehoorsaamheid by die Vader. Ons is geskape om God se beelddraers te wees, wat beteken ons reflekteer die Vader en nie onsself nie. Daar is geen neutrale grond nie. Ons reflekteer óf Sy liefde, vrede, vreugde, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing óf nie! Daar is ’n kosmiese federasie van owerhede, magte, wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, en bose geeste in die lug wat daarop gerig is om jou te weerhou om jou skeppingsdoel uit te oefen! Elke keer as ons nagmaal gebruik, maak ons ons alliansie rugbaar! Elke keer as ons as gelowiges verenig, span ons ons kragte saam om boosheid te weerstaan. Elke keer wat ons in die teenoorgestelde gees optree, skyn ons ons lig. Elke keer wat ons ons deur die Gees laat lei, slaan ons spreekwoordelik ’n pen in die grond om God se Eden, tempel, heerskappy en habitat hier op aarde te vestig soos wat dit in hemel is. Ons is God se instrumente van genesing en restourasie in alles wat ons doen. Hy gebruik ons soos suurdeeg en saad om die vestings van boosheid binne te dring as ’n indirekte offensief om uiteindelik boosheid te ontwapen. Om hierdie rede is gehoorsaamheid van wesenlike belang vir ons geestelike weerstand teen boosheid.

Die eerste mens het die gehoorsaamheidstoets gefaal, maar Jesus, die tweede Mens, het deur Sy totale gehoorsaamheid die skeppingsdoel van die mens voor God herstel sodat dié wat Hom gehoorsaam, die heerskappy en mandaat van die mens, soos God dit oorspronklik bedoel het, kan uitleef. Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word (Heb 5:19).

Hoekom is gehoorsaamheid so moeilik? 

Om werklik gehoorsaam te wees, moet ons heeltemal selfloos wees. Die eie-ek, ego, is ’n hindernis tot gehoorsaamheid. Sedert die eerste mens verkies ons om eerder ons eie kop te volg. Ons wil ons eie weg baan. Ons eie koers kies. Self by die antwoorde uitkom. Ons wil nie voorgesê word nie. Hoeveel frustrasie word nie in die wêreld veroorsaak omdat mense net eenvoudig nie opdragte uitvoer nie? Die teendeel is ook waar: Mense wat van skool af die meeste gehoorsaam is, bereik dikwels die hoogste posisies. Kinders wat hulle huiswerk doen en opdragte van die onderwyser uitvoer, doen die beste in daardie vak. Die pasiënte wat die dokter se opdragte uitvoer, genees die vinnigste. Sou daar ’n nodigheid wees vir wetstoepassers as almal gehoorsaam is? Die kern van die woord gehoorsaamheid is: hoor. Ons kan ook nie werklik iemand anders hoor as ons nog vol is van self nie.

Die Hebreeuse woord vir gehoorsaam en hoor is dieselfde (1 Kon 20:8): shama’ (shah-mah); Strong’s #8085: To hear; to listen, consider, pay attention; to listen carefully and intelligently, to obey. Die woord het ’n sekere intensiteit en erns. Die bekendste vers waar hierdie woord gebruik word, is Deuteronomium 6:4: “Sh’ma Yisrael! Hear, O Israel! The Lord our God, the Lord is one!” Die gedagte van hoor en doen is die sentrale credo van Judaïsme. Die woord, shama, is ook die kernwoord in Samuel se naam: “God het gehoor” (1 Sam 3:20). Dit is duidelik dat gehoorsaamheid ’n ingesteldheid van die hart is. Ek is dus leeg van alle self, ingestel om te luister en begrip te verkry sodat ek presies kan gaan uitvoer wat van my verwag word. 

Die gekruisigde lewe van self-verloëning

Toe Jesus die kriteria neerlê van hoe mens Hom moet volg, was Sy antwoord eenvoudig: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind (Matt 16:24-25). 

Dit blyk dat wanneer ons probeer om groot dinge vir die Here te doen, Hy dit wel toelaat, maar dit hou gewoonlik nie lank nie. Hoeveel pogings van die mens is werklik deur die Here geïnspireer? Dit alles wys terug na die oersonde waar die mense eerder van die boom van kennis van goed en kwaad geëet het as om God te gehoorsaam. Die Woord is duidelik dat as die Here dit begin het, sal dit volhoubaar wees. Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Moenie dat dit dalk later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie! Die Raad het na hom geluister (Hand 5:38-39).

Jare gelede het ’n geestelike mentor my saggies op my plek gesit toe ek hom vra oor ’n sekere sonde waaroor ek nie oorwinning kry nie. “Hoekom is jy nie net gehoorsaam nie?” was sy onverwagte antwoord. “Jy weet jy moet dit nie doen nie, so hou bloot op om dit te doen. Wees gehoorsaam!” Sy woorde het die wortel van die rebellie in my hart ontbloot. Ek het opreg bely, onmiddellik bevryding beleef, maar ook beleef hoe die Heilige Gees my bekragtig om hierdie swakheid te oorwin. 

Skrywers wat hulle lewe daarop toegelê het om hierdie waarheid uit te leef en toe te pas in alles wat hulle gedoen het se boeke word na honderde jare nog gelees en gewaardeer. Mense soos Thomas a Kempis, Jeanne Guyon en Broeder Lawrence is maar net ’n paar voorbeelde. Hedendaagse voorbeelde sal moontlik Moeder Teresa insluit wat nie net oor die neerlegging van self gepreek het nie, maar ook ’n voorbeeld was. Ons het meer sulke leiers nodig wat in alle opsigte oorgegee is om self te verloën. 

Selfverloëning is vandag ’n skaars kommoditeit in die kerk. Kompetisie, magspel, twis en tweedrag is eerder aan die orde van die dag. Die godloënaar, Nietzsche, het by geleentheid gesê mense praat oor hulle geloof, maar leef volgens hulle drifte. Die koerante is vol van kerkleiers wat veral op hierdie gebied oortree.

Paulus se oproep in hierdie verband is vandag meer as ooit ’n duidelike oproep en kreet na waarheid. 

. . . maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader (Fil 2:2-11).

Indien ons ons geestelike volwassenheid vergelyk met om-soos-Jesus-te-wees, dan skiet die kerk ver te kort en is ons nog babas. Selfverloëning is blykbaar nie ’n gewilde tema nie en trek duidelik nie sulke groot gehore nie, anders sou ons dalk meer daaroor gepreek het. Selfverloëning is immers nie ’n vreeslike groot nuwe openbaring nie. Ons bid tog gereeld ons vroom gebede met woorde soos: “Ek moet minder word en U meer” en “Laat U wil geskied”. In ieder geval plaas die Skrif die fokus eerste op God wat eers meer moet word en dan word ek minder (Joh 3:30).

Die probleem is dat die self in so baie Christene se lewe in baie opsigte nog op die troon is, maar ons is nie eers daarvan bewus nie. Die reuk wat dan afgegee word is die reuk van die dood en nie die ewige aroma van lewe nie. Selfverloëning is egter ’n diepe geheimenis wat nie met die intellek uitgewerk kan word nie. Wanneer mens daaroor praat, glip dit uit jou hande nog voordat jy dit presies kan neerpen. Dis seker om hierdie rede dat die woord self-sterf nooit as ’n selfstandige naamwoord in die Bybel gevind kan word nie, maar eerder as verskillende werkwoorde. 

So ’n voorbeeld vind ons in Romeine 6:11-13: So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

“Reken jouself dan dood.” Die woord reken in die Griekse taal is Logisomai waarvan ons woord logies afgelei word. Logisomaibeteken om iets uit te werk, ’n berekening te doen en tot ’n logiese gevolgtrekking te kom. Verder is die werkwoord in die aoristiese tyd geskrywe, wat beteken dat die handeling iewers in die verlede begin het, jy nog steeds besig is om dit te doen en nog besig gaan wees om die daad te doen tot iewers op ’n punt in die toekoms. Hierdie inligting werp heelwat lig op die handeling van selfverloëning. Byvoorbeeld: Ek dink daaroor na en kom tot die logiese gevolgtrekking dat ek alreeds my lewe vir die Here gegee het, en dat ek dit nog steeds nou moet doen, en ek sal dit nog duisende kere doen totdat ek in die hiernamaals met Hom verenig is. Dit kom dan ooreen met Paulus se vermaning aan die broeders: . . . dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer. Dit is julle redelike godsdiens (Rom 12:1). Dieselfde woord Logikos, maar nou as selfstandige naamwoord, word hier vertaal met “redelike” godsdiens.

Die leer oor selfverloëning is niks nuuts nie, maar selfs hierdie leer het al verskeie ekstreme interpretasies deurleef.  So is daar geleer dat die liggaam boos is en dat die liggaam gekasty en van alle genot en plesier ontneem moet word sodat ons dan meer aanneemlik voor God kan lewe. ’n Paar jaar gelede in my eie soeke na waarheid oor hierdie saak, het die Heilige Gees op ’n dag iets aan my geopenbaar wat my perspektief radikaal verander het. “Jy kan nie jouself probeer doodmaak nie, dit word selfmoord genoem.” Enige selfverloëning wat uit self gebore is, is doodgebore en lei nie na die lewe nie. Inteendeel, dit lei heel dikwels net na trots en die veroordeling van ander wat nog nie so baie soos jy gesterf het nie. “Self” word juis op hierdie wyse eerder verheerlik. Hoe lank jy gevas het, hoe baie en hoe lank jy gebid het, word aanduiders van geestelikheid met ’n skreiende wanklank.  

Ons kan nie onsself doodmaak nie, ons kan net toegee, ingee en oorgee wanneer Hy besig is om ons dood te maak. Wanneer Hy vir jou vra om die beker te drink en jy deur bloedsweet uiteindelik by die plek kom waar jy uitroep “nie meer my wil nie, Here, maar laat U wil geskied”, op daardie tydstip word jy gekruisig en dood verklaar. Hierin lê ’n diep geheimenis opgesluit: Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind (Matt 16:25).

Ons pogings om onsself te verander is ook futiel. Dit móét immers so wees, want as ons onsself kon verander of verbeter, hoekom sou ons Jesus dan nodig hê?

Dit is juis wat ons onderskei van enige ander godsdiens. Ons is die enigste godsdiens wat glo dat jy niks kan doen om nader aan God te kom, of Hom te behaag nie. Daarvoor het Hy sy Seun gegee wat al die voorskrifte in ons plek nagekom het sodat ons deur Sy werke geregverdig kan word. Aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken (Rom 4:5). 

Wanneer Paulus die sondige toestand van die mens in Romeine 7 bespreek en dit so mooi uitdruk, naamlik “die goed wat ek wil doen dit doen ek nie, die verkeerd wat ek haat dit doen ek”, kom hy aan die einde van die hoofstuk tot ’n desperate en magtelose uitroep: Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? (Rom 7:24). Wanneer ek aan die einde van my pogings, probeerslae en werke gekom het, is ek gereed om ’n wonderwerk van opstanding te beleef. 

En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie – rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig (Luk 18:11-13). Die tollenaar se gebed word aanvaar maar nie dié van die Fariseër, wat probeer reg doen het nie. Die tollenaar se diepe sondebesef en onvermoë om homself te verander laat hom na God uitroep vir genade! Die Fariseër regverdig homself deur al die goeie goed wat hy doen. Hy was sekerlik opreg dankbaar dat hy nie soos die slegte mense is nie, maar sonder om te besef dat dit God se genade en nie sy goeie werke is wat hom ’n beter mens gemaak het nie. 

So moes Paulus, met die doring in sy vlees, tevrede wees met die woorde, “My genade is vir jou genoeg . . .” En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk (2 Kor 12:9-10). 

So sê Jakobus ook dat ons gebede nie beantwoord sal word as gevolg van ons selfsugtige begeertes nie (Jak 4:2-3). Wanneer self nog lewendig is, met private agendas en motiewe, staan ons geestelik voor ’n toe deur. Dit maak tog sin, want die Bybel sê duidelik dat geen lewende vlees God sal sien en bly lewe nie. Maar deur Jesus Christus het ons nou vrymoedigheid om sonder vrees met God te praat (Heb 10:19). 

Die kerk is in die besigheid van lewensverandering. Dis uiteindelik wat elke kerk en prediker homself ten doel behoort te stel, naamlik om te sien dat lewens positief verander en gelyk word aan die beeld van Jesus Christus (Rom 8:29). 

Deur die eeue is verskeie prosesse ook deur kerke voorgestel en uitprobeer: 

Sommige glo in die wet. Daar word deur die oplê van hewige reëls en regulasies ’n vrees by mense ingeboesem vir die gevolge as jy ’n reël sou oortree. Die leiers word voorgehou as baie heilig en verhewe bo die res, asof hulle deur die hou van hulle wette ’n hoër of dieper geestelikheid bereik het. Hierdie voorgangers word vereer en slaafs nagevolg, selfs na hulle dood. 

Ander geestelikes probeer deur verskeie tegnieke en aktiwiteite die emosies van mense opwek tot by die punt waar hulle ’n gevoelservaring beleef. Klem word gelê op gevoel en emosies.

Ander kerke glo weer dat jou denke die sleutel is tot alles wat jy doen. ’n Mens is immers wat hy of sy dink. Bybelskole, -kursusse, -boeke en lang, ingewikkelde preke stimuleer die intellek en poog om mense se denke te vernuwe met die Woord. 

Ander kerke glo weer dat die mens se wil die sleutel is tot sy bestaan. “Jy moet net ’n wilsbesluit neem, ou Boet!” Die lewe gaan oor keuses, en jy moet verantwoordelikheid neem vir jou besluite. 

Elkeen van hierdie beginsels bevat ’n sterk element van waarheid, en gevolglik is daar ook ’n mate van sukses by elkeen te bespeur. Nie een van hierdie fokusareas is verkeerd nie en kan uit die Skrif gefundeer word. Die probleem is net dat nie een van hierdie aspekte en waarhede ooit volkome suksesvol sal wees indien die mens die inisieerder is nie. 

Al is daar waarheid in elkeen, sal ’n wilsbesluit byvoorbeeld nooit die tydtoets kan deurstaan indien die besluit uit jouself voortgekom het nie. As ek bloot ’n besluit sou kon neem en koers verander, hoekom het ek die Here nodig? Maar wanneer ek juis in my ellende en swakheid na Hom toe kom en my swakheid voor Hom wil lê, bewerk Hy dit in my om ’n besluit te kan neem en my koers te verander. Nie soseer omdat ek “gewil” het nie, maar omdat Hy dit in my “gewil” het (Fil 2:19). 

Selfs die onderhouding van die wet behoort nie uit myself te kom nie, maar omdat Hy my lei en my leer om sekere dinge te vermy en sekere dinge nie meer te doen nie. Hy het immers die wet nou in ons harte geskryf (Jer 31:34). 

So kan ons elke aspek van kerkwees bespreek, lofprysing en aanbidding doen, prediking, evangelisasie, intersessie en gebede doen, en nog vele meer. Alles wat uit self gebore is lei tot die dood, maar dit wat uit Christus en die Gees gebore is bring lewe!

Ek het op ’n dag ’n preek voorberei oor die wapens van die Gees. Dis was nie ’n nuwe boodskap nie en ek sou wapens soos jou getuienis, die bloed, die naam van Jesus, die Woord, ens. bespreek. Die oggend toe ek wakker word, sê die Heilige Gees vir my: “Jy het die belangrikste wapen gemis.” Ek het hierdie sin op ’n stuk papier neergeskryf en die Here gevra om my te leer wat hierdie wapen is waarna Hy verwys. Na ’n rukkie het die antwoord tot my gekom: “Selfverloëning is ons magtigste wapen teen die aanslae van die vyand.” Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook bewapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde (1 Pet 4:1). Jy kan nie met iets baklei wat alreeds dood is nie. Iemand wat dood is kan nie te na gekom voel nie, of gekrenk in hulleself wees nie. Iemand wat dood is, gee nie om dat hulle goed gevat en misbruik word nie. Iemand wat dood is het nie drome en begeertes en ambisies nie. 

Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word (Kol 3:3-4). In hierdie vers word “julle HET gesterwe” weer in die aoristus geskrywe. Dit wil sê, dat ons lewe op ’n tydstip aan Hom gegee is, en deur sy opstandingskrag het Hy ons ’n nuwe skepsel in Hom gemaak (2 Kor 5:17). Hierdie proses duur egter elke dag voort: soos wat ons met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is (2 Kor 3:18). Deurdat ons saam met Christus gekruisig is, is ons lewe nou ook verberg in Hom, en kan die vyand ons niks aandoen nie (Kol 3:2; Gal 2:20). 

Die somtotaal van ons nuwe lewe is dat ons nou nie meer lewe nie, en alleenlik voortbestaan wanneer ons in gehoorsaamheid Sy opdragte uitvoer. Ons lewe is bloot ’n refleksie en reaksie op Sy liefde, Sy genade en Sy plan met ons lewe. 

Die grootste wonder van alles is dat Hy nie ons vrye wil wil beheer nie. Nee, Hy wil hê dat ons wil met Sy wil vervleg moet wees. Daar behoort geen konflik en onderskeid tussen ons wil en Sy wil te wees nie. Wanneer ons alles verloor en opgegee het, nadat ons alle beheer oorgeteken en laat vaar het, gee Hy ons nuwe gesag en outoriteit in Hom. Dan eers, wanneer ons heeltemal tevrede en vergenoegd in Hom geraak het, word ons waarlik vry om die lewe te geniet in die oorvloed wat Hy vir ons beplan het. Ons is nie meer bevrees nie; dood, gevaar en krisisse het hul angel verloor. Ons kan tog niks verloor as ons in die eerste plek nooit eienaarskap gehad het nie. Iemand wat dood is, besit niks, begeer niks, smag na niks. 

Hierdie is weereens ’n groot misterie, maar ware lewe en diepe vrede lê alleenlik in ons totale oorgawe aan Hom opgesluit. Wanneer alle werke tot stilstand kom, alle pogings om te ontsnap verniet is en jy as persoon net oorgee, kom Hy deur Sy genade en lig ons op. Selfs ons geloof kan soms ’n struikelblok word want ek moet mos glo, ek moet nou dit en dat. Nee, dis liefde tot op die been oopgevlek en ontbloot vir suiwerheid wat die toets deurstaan. Petrus se lewe is ’n treffende voorbeeld van hoe sy verhouding met die Here verdiep het tot op die punt waar hy nie meer kon bewys, beïndruk of vorder nie: “Here, U ken my hart, U weet dat ek U liefhet.

Selfverloëning lê sentraal tot die kerk se sukses om die wêreld te kersten en dissipels van alle nasies te maak. Jy kan net van iemand ’n dissipel maak as jy een is en weet waaroor dit gaan. Jesus het Sy dissipels geleer om hulle lewens vir die skape af te lê. Wat hulle, soos Hy, letterlik gedoen het. Hoeveel predikers het hierdie mentaliteit? Hoeveel van dit waarmee ons besig is, is nie maar bloot gebore uit ambisie, selfverheffing en kompetisie met ander nie? Probeer ons nie maar ons eie minderwaardigheid en innerlike armoede wegsteek agter uiterlike suksesse en voorgee nie?

Hoekom loof en aanbid ons die Here? Doen ons dit om gesien te word of probeer ons daardeur in God se goeie boekies kom om Sy oordeel te vermy? Vrees ons mense, en is ons sensitief vir hulle behoeftes en voor- en afkeure terwyl ons die Here heeltemal uit die oog verloor? Op wie is ons gefokus? Waaraan dink ons heeldag? Is ons selfs in ons pogings tot heiligmaking nie maar net op ’n verwronge manier besig met self nie?  

In menseverhoudinge, hoeveel keer laat ons ons wil geld en manipuleer ons situasies tot ons eie gewin? Baie keer kleur ons ’n situasie so in dat ons ’n bietjie beter lyk en die ander persoon slegter. Of ons probeer so ’n bietjie aandag op onsself vestig oor presies hoe swaar ons kry en hoe baie ons al gegee en opgeoffer het.  

“Ek het dit nou tot hiertoe gehad! Dit sal ek tog nooit doen nie!” “Die Here moet tog nooit vir my vra om na daardie plek toe te gaan nie!” Dis voorbeelde van die eie-ek wat nog te veel heers.

Daar word vertel van ’n sekere pastoor uit Indië wat Amerika besoek het. Hy is hartlik deur kerkleiers verwelkom en vir ’n tydperk na verskillende kerke en bedieninge regoor Amerika geneem. Aan die einde van sy besoek is hy in die openbaar gevra om kommentaar te lewer oor wat hy waargeneem het tydens sy besoeke aan kerke in dié land. Op tipies Indiese manier het hy opgestaan, die gehoor stip aangekyk en gesê: “Dis interessant om te sien hoe ver die kerk in Amerika gekom het, sonder God!” Ek dink nie hy is weer uitgenooi nie, maar die kerk in Afrika lyk nie veel beter nie. In lande waar die meerderheid landsburgers Christene is, is daar nog steeds opspraakwekkende wetteloosheid, armoede en korrupsie aan die orde van die dag. Soveel predikers gebruik die evangelie om hulleself te verryk en groter invloed en mag oor mense te hê.  

Sekerlik is dit nie orals die geval nie en veralgemeen en oordryf ek die punt, maar dat daar werklik hand in eie boesem gesteek moet word, is ’n feit. 

Noem dit herlewing of reformasie, maar elke groot beweging van God het begin by ’n persoon of ’n handjievol mense wat God begin aangryp het omdat hulle niks meer uit hulleself kon doen nie. Die stelsels van mense en die strukture van die mens het dit wat God wil doen gekortwiek. So is die geskiedenis vol pioniers en hervormers wat net een ding wou doen en dit is om God te gehoorsaam. Daarom het hulle dan ’n nuwe beweging begin.  

Soveel keer hoor mens preke oor wie ons in Christus is. Dit is reg en ons moet verstaan wie ons in Christus is, maar ons moet ook verstaan dat ons alleenlik in Christus kan wees indien self dood is! Selfverloëning word nie nog ’n werk wat ons byvoeg by Christus nie. Nee, ons sterf in die geloof! Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het (Gal 2:20). 

Ek gee bloot oor en Hy doen die res. Ek probeer nie myself kasty nie. EK GEE OOR!  

Kom ek verduidelik aan die hand van ons stryd met sonde: Hoe meer ek probeer om nie te sondig nie, hoe meer wil ek sondig. Wanneer ek my sonde bely en wegdraai van my sonde en in desperaatheid na Hom kyk om My ellendige mens te verlos, en dan in die geloof Sy redding en verlossing vir myself toe-eien, gebeur daar iewers iets bonatuurlik.  Wanneer en hoe weet ons nie maar skielik, sonder dat jy probeer of dit agterkom, werk Hy in jou en skenk Hy jou Sy genade om nie meer in daardie area te sondig nie.  

Dis wat ons bedoel met om nou in Sy opstandingskrag te lewe! Of om te lewe volgens die vermoë van Sy genade. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo (Joh 1:12). Hy het ons die mag gegee om nou reg te lewe volgens Sy wil. Ons sien hierdie oorgang duidelik in Romeine 7 en 8. In Romeine 7 verduidelik Paulus dat ons uitgelewer is aan die wet van die sondige natuur. Dan kom die belangrikste keerpunt: Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? (Rom 7:24). Terwyl ’n mens nog planne het en hierna streef en dat probeer doen, is jy nog vasgepen in jou sonde. Ons almal moet tot by die punt van die misterieuse dood van self kom waar alle werke gestaak word. ’n Plek waar ons dood in die arms van ons Verlosser en Here lê in die geloof dat Hy ons sal opwek. Dan alleen kan ons oorgaan na hoofstuk 8 waar daar nie meer veroordeling teen ons is nie, want ons lewe in Christus! Hierdie wet van die sondige natuur kan met die wet van swaartekrag vergelyk word. Ons kan probeer om hierdie wet te breek, maar net totdat ons krag op is of ons petrol op is. Dan kom alles wat bo in die lug was vinnig af grond toe. Maar in Romeine 8:2 praat Paulus van ’n ander tipe wet – die wet van die Gees. Hierdie wet kan vergelyk word met helium. Helium maak dit vir ons moontlik om sonder enige moeite of inspanning te kan sweef en van die aarde af op te styg. Dis waarom Paulus in Galasiërs 5:16 sê: MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie. 

Hoe wandel mens in die Gees? Deur jou besig te hou met die dinge van die Gees (Rom 8:5). Watse dinge van die Gees? Dit wat Hy ons beveel en sê om te doen. Die dinge waarvoor ons geloof ontvang het deurdat Hy met ons daaroor gepraat het en Homself duidelik aan ons geopenbaar het. Dit beteken ons het geleer om op Hom te wag . . . en alleenlik dit te doen wat Hy sê. Dit is die gesproke (rhema) Woord van God wat ons roep tot die nuwe dinge en lewe in die Gees. 

Hierdie leiding van die Gees sal altyd in die teenoorgestelde rigting wees as wat self sou wou gedoen het. HY sal ons lei om eerder weg te gee, te vergewe, te dien, om die wat dit nie verdien nie onvoorwaardelik lief te hê, in kort om in die teenoorgestelde gees op te tree. Dit is die wese van wat dit beteken om in die Koninkryk van God te lewe (Matt 5:27-48). In hierdie gedeelte gee Jesus duidelike voorskrifte en opdragte wat vir die natuurlike en vleeslike mens baie moeilik is om uit te voer. Wees lief vir jou vyande! Wees ’n seën en doen iets wat tot seën sal wees vir die wat jou vloek. Doen goed aan die wat jou haat! Bid vir die wat jou misbruik en probeer om jou te vervolg. Eina vlees!  

Gandhi het maar ’n paar van hierdie beginsels toegepas en daardeur Indië van Britse kolonialisme bevry. Dit is die grootste geestelike wapen in die arsenaal van elke gelowige, as ons dit maar net wil besef. Ons wil egter soveel keer te midde van konflik onsself regverdig of verdedig en hoe meer ons dit probeer doen, hoe meer beland ons in onguns en in die moeilikheid. Die sekulêre wêreldbeskouing is dan juis geskoei op selfhandhawing, selfondersoek, selfsugtigheid, selfbeeld, selfvoldaanheid, selfgedrewenheid, selfbeheptheid, selfpromosie, selfagting en ’n reeks selfhelpboeke en -kursusse.   

Onthou, “self” soek altyd kortpaaie en het gewoonlik ’n persoonlike agenda en motief. Self versteur die Godsbeeld waartoe elke mens geskape is (Rom 8:29). Self is die gif in ons DNS wat maak dat ons dwars teen God se plan en in vyandskap met Hom lewe. Self vernietig God se plan met ons lewe. Dank God dat Hy ons nie in een dag doodmaak nie! Hierdie kruisigingsproses is ’n daaglikse proses van leer om te sterf aan die wet van die vlees en die dood, en leer om deur die geloof op te staan in die wet van die Gees. Paulus is ons voorbeeld. Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here (1 Kor 15:31). Ek sterf elke dag soos wat die wil van God deur die Woord aan my geopenbaar word en soos wat ek daardeur gekonfronteer word om nie net ’n hoorder te wees nie maar ’n dader. So leer ek elke dag ’n nuwe bedryfstelsel van die Gees aan en word ek daagliks vernuwe tot ’n hele nuwe uitkyk op die lewe.  

Hoe meer ek gesterf het, hoe vryer word ek van vrese, drange en begeertes. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig (Gal 5:24). Dis interessant dat wanneer Paulus hierdie lyste van sonde opnoem, hy nooit ’n aanspraak op ons wil maak nie, maar ons net bloot daaraan herinner dat ons veronderstel is om dood te wees vir die sonde.  

Dis die uitsluitlike doel van alle bediening in die kerk – om ’n gekruisigde lewe te leef! 

Die resultaat van ’n gekruisigde lewe is ’n lewe van oorwinning. ’n Lewe waar ék nie meer heeldag probeer om voor te gee nie. Pretensieloos, vry van inhibisies, nie meer selfbewus en in myself gekeer nie. Verdedigingsmeganismes raak onnodig. Ek kan myself wees en soos ’n kind die lewe uitbundig geniet. Stilte en vrede diep in jou binnekant. Vergenoegdheid. ’n Plek van waarheid en lig, duidelikheid, eerlikheid en integriteit. Insig en wysheid omdat jy die lewe vanuit ’n heeltemal ander perspektief sien. ’n Innerlike vreugde en ewige standvastige welgeluksaligheid. Jy is nie meer gedrewe om iets te probeer bewys nie. Jou lewe is ’n lewe van dankbaarheid en liefde. Nie net dankbaar omdat iets gebeur het nie, maar deurentyd dankbaar en vol.  

Die gekruisigde lewe is waarlik DIE LEWE. Dis na jou dood dat Hy jou opwek om saam met Hom te sit in hemelse plekke (Ef 2:6). Dan is jy tot alles in staat (Fil 4:13), meer as ’n oorwinnaar (Rom 8:37), vry van veroordeling (Rom 8:1), aanvaarbaar gemaak onder die gelowiges (Ef 1:6). 

Daar kan net sprake wees van opstanding uit die dode nadat jy eers dood is. Terwyl ek dinge nog as my eiendom sien, my bediening, my gawe en talent, is ék nog lewendig. Iemand wat dood is, besit niks meer nie en het alle eienaarskap verbeur. Ons is nou inwoners en burgers van ’n hemelse realiteit en koninkryk. Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus (Fil 3:20). 

Ons soek nie ’n beloning en vergoeding vir die dinge wat ons hier op aarde doen nie, want ons sien met geestelike oë die heerlike beloning wat vir ons wag in die hiernamaals. Ons doen nie meer dinge om gesien te word nie, nog minder om erkenning te probeer kry van menslike instansies. Want ons erkenning lê opgesluit in die feit dat ons met die Here kan praat soos met ’n vriend en dat Hy homself gereeld aan ons openbaar. After these things the word of the Lord came to Abram in a vision, saying, “Do not be afraid, Abram. I am your shield, your exceedingly great reward” (Gen 15:1). Die Here Self is ons beloning!  

Hier is ’n paar praktiese punte van selfverloëning wat jy elke dag kan toepas. 

  • Moenie talm en uitstel om met jou belangrikste dag-aktiwiteite te begin nie.  
  • Moenie kla oor die min tyd of die baie werk wat verrig moet word nie; koop eerder die tyd uit en maak dit klaar. 
  • Doen alles sonder murmurering. 
  • Moenie voorgee hoe swaar jy kry nie; doen alles met blydskap en oortuiging. 
  • Moenie aandag trek na die groot en belangrike dinge waarmee jy besig is nie. 
  • Wanneer jy iemand aanspreek, doen dit gebaseer op eerstehandse getuienis en nie hoorsê nie. 
  • Bly stil oor mense en hulle dinge en die foute wat jy sien; moenie stories oordra nie.  
  • Moenie nie die eer of dank van mense soek nie; doen dit alles vir die Here. 
  • Moenie ongelukkig of gekrenk voel as jou advies nie gevra of gebruik word nie.
  • Moet nooit toelaat dat jy gunstig teenoor ’n ander afgespeel word nie. 
  • Moenie begeer om altyd die geselskap te lei of die middelpunt te wees nie.  
  • Moenie nie die guns, simpatie of begrip van mense soek nie.  
  • Dra die blaam en neem verantwoordelikheid eerder as om dit oor te dra op ander. 
  • Wanneer jy nie die krediet of eer kry wat jou toekom nie, moenie ontsteld wees nie, wees dankbaar!
  • Leer om vinnig te vergewe en vinnig jammer te sê.
  • Moenie gaan as jy nie gestuur is nie, en moenie help alvorens daar vir jou hulp gevra word nie.  
  • Los die groot dinge wat jy vir die Here wil doen en laat toe dat Hy groot dinge deur jou doen. 
  • Ons kan nie altyd kies hoe die Here ons wil gebruik nie; Hy gebruik ons nie altyd om groot wonderwerke te verrig nie.  
  • Doen niks waarvoor jy nie geloof het nie.
  • Soek nie die eer van mense nie.
  • Moet nooit vergeet wie jou vooraf gegaan het en wie na jou moet kom nie.  
  • Jy het niks alleen bereik nie.  
  • Ambisie kom nadat Hy jou die opdrag en mandaat gegee het. Doen dan alles na die beste van jou vermoë en voltooi dit wat Hy jou gegee het om te doen.  
  • Sukses lê opgesluit in die mate waarin jy dit wat Hy jou beveel het om te doen, voleindig het.  
  • Moet jou nie oor te hoë dinge bekommer of tob nie. Daar is genoeg krag vir elke dag.  
  • Moenie eiewys wees en te veel van jou eie opinie dink nie.  
  • Bly binne dit waartoe God jou geroep het.  
  • Moenie ’n opinie lewer oor dit waartoe God ’n ander mens geroep het nie.  
  • Moet nooit jouself met ’n ander vergelyk nie.  
  • Bly meer stil.  
  • Leer om te wag.  
  • Wag.
  • Luister.
  • Bly altyd ingestel en gefokus op Sy bewegings, woord, impuls, emosie, handeling.  
  • Die mense wat Jesus gekruisig het, was daardie tyd se sogenaamde kerk. Aanvaar dit! Christene gaan jou die meeste teleurstel en is werktuie in God se hand om jou dood te maak. Surrender to the process, and do not bail out! 
  • Onderwerp jou aan gesag.  
  • ’n Gebedslewe is ’n bewys dat jy werklik van God afhanklik is en niks uit jouself kan doen nie.

In Madame Guyon se werke gebruik sy dikwels die woord “abandonment” wat beteken om ’n oorgawe te maak; sorgelose vryheid; ongedwongenheid, opgee, laat los, iets verlaat; oorgee; wegsmyt, afsien van, laat vaar, onopgeëiste goedere, agterlating. Ek het vir ’n lang tyd nie verstaan hoekom sy spesifiek hierdie woord gebruik nie, totdat ek hierdie verduideliking gehoor het. Ons moet onsself verloën. Waar elders in die Bybel word hierdie woord gebruik? Wel, Petrus het Jesus verloën. Wat het hy spesifiek gedoen om Hom te verloën? Hy het gesê hy ken Hom nie. Hy het ontken dat hy Jesus enigsins ken of dat daar ’n verbintenis tussen hulle is. Hy het dus Jesus se bestaan ontken. Hy weet nie wie Hy is nie. As ons maar dieselfde met self kan doen! Om te vergeet van self, sy bestaan te ontken. Dis hoe ons vry word van sonde en die ou sondige natuur. Ons is immers deur die geloof saam met Hom gekruisig en leef nie meer nie. Daarom is ons immers gedoop as teken van ons afgestorwe lewe in Christus. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God (Kol 3:3). Ons bestaan nie meer nie. Ons het geen regte nie. Ons het ons bestaansreg op dinge en mense opgegee om nou in Hom en deur Hom te bestaan. Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons (Hand 17:28). Wanneer ons sukkel met sonde is ons nog vasgevang in daardie sonde. Maar wanneer ons dit bely en in die geloof ons nuwe karakter in Jesus Christus opneem en toe-eien, vergeet ons van daardie sonde en dae later kom ons agter dat ons vry is en dat daardie sonde nie meer ’n houvas op ons het nie.  

Die Here het eendag hard met my gepraat omdat ek aanhou om ’n sekere sonde te bely sonder om daarvan afstand te doen en dit te oorwin. Dis nie ons belydenis wat die verskil maak nie, maar ons geloof. Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof (1 Joh 5:4). Ons moet werklik draai en ons nuwe identiteit in Christus opneem. Vergeet van die sonde en die ou mens met sy drange.  Belydenis sonder geloof is futiel en betekenisloos. Inteendeel, ons bely eintlik maar net omdat ons bang is ons word uitgevang en nie omdat ons regtig dink aan wat ons sonde aan God doen nie. Ons belydenis is selfgesentreerd en gebore in ons eie selfsug en eie-ek. Maar ware berou wat God bewerkstellig is om werklik tot by ’n waarheidsoomblik te kom waar ek die gevolge van dit waarmee ek besig is vir myself, vir ander en vir God besef. In Kolossense 3 gebruik Paulus dikwels die beeld van die ou mens en sondigheid wat ons soos ou klere moet uittrek en weggooi en dan die nuwe kleed in Christus aan te trek. Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is (Kol 3:12-14). 

Die uiteindelike doel is nie om dood te bly nie, maar om op te staan in die nuwe identiteit van Christus Jesus, ons Here. Maar Hy wek ons op. Hy inisieer opstanding! Ons staan dikwels te vinnig weer self op.   

So dikwels hoor ons vandag die woorde: “Die antwoord is binne jou!”; “Wees net jouself”. Daar is geen sprake van jouself wees en dat die antwoord in jou is alvorens die voorhuid van jou hart nie besny is nie. Die antwoord lê nie in ’n mens nie. Ek weet, o Here, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ’n man om te loop en sy voetstappe te rig nie (Jer 10:23). Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge (Jer 17:9-10). Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood (Spr 14:12). Die Here moet eers die gif van eie-ek en self verwyder en dan gee Hy ons wil aan ons terug. Ons DNS moet eers verander. Ons redding lê alleenlik in die feit dat Hy ons nuwe skepsels maak deur die krag van die kruis en opstanding (2 Kor 5:17). Dan kan ons praat van jouself wees en dat die antwoord binne jou is – Christus binne jou. . . . aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid (Kol 1:27).

Luther en ander wat die sestiende eeuse reformasie begin het, het nie net bloot idees op die tafel gesit nie. Die reformasie van die sestiende eeu het nie sy ontstaan in die lesingkamer of op Wittenberg se deur gehad nie. Dit was eers nadat Luther ’n persoonlike verdieping of ontmoetingservaring met God gehad het dat hy die oortuiging gehad het om die 95 stellings te skryf en teen Wittenberg se kerkdeur te gaan vasspyker.   

Ware reformasie begin dus by Hom. Hy is die een maatstaf vir ons lewe. Ons is vir een doel geskape en dit is om soos Hy te wees. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders (Rom 8:29). Hy is die presiese beeld en openbaring van God. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte (Heb 1:3).

Geloof en gehoorsaamheid werk altyd saam

Sonder geloof kan niemand God behaag nie (Heb 11:6). Telkens is die wat tot geloof gekom het by die kerk gevoeg. Geloof se werke en vrug moet getuig van die openbaarmaking van Christus in jou lewe. Baie mense in die kerk glo in God en glo dat die Here hulle red en salig maak. Hulle het egter nog nie die belofte in besit geneem nie. Dis een ding om te glo en ’n ander om op te tree in die geloof. Geloof is ’n aksie.

Ek kan elke dag my sonde bely, maar nie verander nie. Ek moet dus glo, my geloof uitspreek soos die geloofshelde van Hebreërs 11 en in gehoorsaamheid dit doen wat ek glo. Gehoorsaamheid is die werkwoord van my geloof. Petrus het geglo hy sal ook op die water kan loop. Toe hy vra en Jesus antwoord hom, moes hy volgens sy geloof opstaan en oor die rand van die skuit klim en op die water trap. Soveel mense glo, maar het nog nooit oor die rand geklim nie!  

Wanneer ek glo en die woord doen, word die woord vlees in my lewe. Ons wil met teologiese redenasies onsself regverdig om nie te doen nie. Ons soek eintlik na verskonings vir die geheime vrees in ons binneste om te waag om Hom te gehoorsaam. Om in gehoorsaamheid aan God se stem te lewe is nie maklik vir die vlees nie. Hy vra soms dat jy op die grond spoeg en modder met jou spoeg maak en dit op die oë van ’n blinde man sit. Dit mag beteken dat Hy jou vra om al jou besittings te verkoop en die opbrengs vir die armes te gee en Hom te volg. Dit is waarom selfverloëning ’n voorvereiste is om sy dissipel te word – anders gaan jy gedurig aanstoot neem oor dit wat Hy van jou vra.  

God het alreeds die opdragte gegee, Hy het klaar beweeg, Hy het alreeds die prys betaal en die belofte en gawes van redding vir ons beskikbaar gestel. Ons moet net opstaan en dit deur die geloof in besit neem.  

Die leraars van die kerk moet deur die visier van die kruis begin dink en redeneer.  . . . want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde (1 Kor 2:2). Soos die haarnaald in die teleskoop van ’n geweer, moet ons leer om deur die kruis na alles te kyk. Ons kan niks anders preek as Jesus die Gekruisigde nie en dat Hy opgestaan het as die Eersteling van baie seuns.  

Kom ons neem byvoorbeeld leiding en swaarkry in die kerk. Paulus gee nie sewe goedkoop stappe oor hoe om in alles wat jy doen suksesvol te wees nie. Hy was in elk geval nie suksesvol volgens vandag se predikers wat net oorvloed en rykdom verkondig se standaarde nie. Nee, hy sê: NOU verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukkinge van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is (Kol 1:24).  Ons is bank vir lyding en vermy dit, maar as ons toelaat dat God ons daardeur lei sal die vyand geen houvas meer op ons kan hê nie. Die meeste van die tyd moet iemand eers alles verloor alvorens hulle die rykdom van die koninkryk ontdek. Paulus sien sy lyding in perspektief van die liggaam, want hy het geleer dat sy lewe as ’n drankoffer uitgegiet is vir die kerk. Elke lid van die liggaam bestaan vir die liggaam en tot diens van die liggaam. Ons het geen bestaansreg sonder die liggaam nie. Gehoorsaamheid beteken nie dat jy altyd net lekker dinge sal beleef nie. Gehoorsaamheid beteken nie noodwendig aardse sukses nie. Daar is ’n verskil tussen swaarkry omdat jy nie wou luister nie, en swaarkry omdat jy ongehoorsaam was. Dit is iets anders. Maar God gebruik lyding om ons volwasse te maak en ons karakter te ontwikkel om die seën van Sy heerlikheid te kan dra. Lyding gee jou diepte en bring ’n geestelike gewig in die Gees mee. Jy word nie langer deur omstandighede en die stories van mense rondgeslinger nie. Jy is geanker in jou gees. Lyding bring outoriteit. Geen ware outoriteit kom op enige ander manier nie. Ook hierin was Jesus ons voorbeeld. Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword (Heb 5:8-9). Dis deur lyding dat God ons bevry van allerhande vrese. Dit wat jy vrees gebeur. In lyding word ons met hierdie vrese gekonfronteer totdat ons na God uitroep en op Hom alleen vertrou. So verloor dood, armoede, konflik en vervolging sy angel en word ons bevry van elke vashouplek wat satan hoegenaamd in ons kan hê.  

Die wêreld sien met reikhalsende verlange uit na die openbaarmaking van die volwasse seuns van God wat nie hulle eie koninkryke bou nie, maar elkeen ’n bydrae lewer sodat die koninkryk van God deur hulle gebou word. ’n gekruisigde lewe is die produk van God wat oor die wêreld versprei moet word, in elke huis en werksplek. Die kerk verteenwoordig nie die beeld van God terwyl self nog regeer nie. Maar hoe meer ons kies om self neer te lê, hoe duideliker word Christus sigbaar in ons lewe. Weereens, ons kan nie onsself kruisig nie maar ons kan oorgee! Let go and let God!  

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus die dissipelmaker

PATTERN YOURSELVES after me [follow my example], as I imitate and follow Christ (the Messiah). 1 Cor 11:1 

Wie is jou navolgers? Kan jy ook hierdie vers met oortuiging vir jou kinders en volgelinge sê? In terme van Leierskap sê John Maxwell; “If you leading and no one is following, you’re only taking a walk in the park.” Iemand het my eendag gevra: “What type of Christianity are your church creating? 

Die vraag het lank by my gebly. Die vraag wat elke leier sekerlik sal moet antwoord aan die Here is; watse tipe Christene wil God hê? Die Woord is egter duidelik. Ons verheerlik God die meeste wanneer ons die meeste soos Jesus leef en handel! Mense wat nie meer rondgegooi word deur winde van lering nie, wat standvastig in hulle geloof kan bly staan selfs in tye van verdrukking, vervolging en lyding. Mense wat onder die moeilikste omstandighede, nog steeds Jesus se geur versprei! Mense wat nie meer vasgevang is in gewoonte sondes nie, maar heilig en toegewy aan God lewe, sonder trots, ego en selfverheerliking. Mense wat gesterf het in self, en daagliks hulle kruis opneem in Sy opstandingskrag! 

Van alle aktiwiteite, programme, byeenkomste, konferensies, wat die kerk ook al mag hou; as ons nie dissipels maak nie, is die groei en getalle van korte duur. Dis maklik om duisende mense te kry vir een byeenkoms, maar baie moeilik om een dissipel te maak wat uiteindelik op hulle beurt ook weer ‘n dissipel sal maak. 

Volhoubare groei in die kerk is alleenlik moontlik wanneer elkeen lewe om die wêreld volgelinge te maak van Jesus! 

Ons natuurlike navolgers is ons kinders. Hulle sien, hoor, en voel ons elke beweging en modelleer hulle lewens volgens ons voorbeeld, en ook ons foute. Casting Crowns se liedjie “Slow Fade” sê dit mooi; 

“Be careful little feet where you go, for it’s the little feet behind you that are sure to follow”. 

Jy maak dissipels sonder dat jy dit weet. Wat jy praat en leef, raak mense om jou. Sonder dat jy weet sien hulle of jou dade ooreenstem met jou uitsprake. Jesus leef in jou, en mense word outomaties na Hom toe aangetrek. Skinder is niks anders as dissipels maak van jou storie nie. Deur jou offense te deel, en mense te kry om simpatie te hê, wen jy dissipels vir jou ‘cause’, oor hoe verontreg jy is. Ons is geroep om mense te inspireer om ook te wil hê wat ons het – JESUS die Christus! 

Die groot “Commission” Jesus se opdrag aan sy dissipels was: 

“Go out and train everyone you meet, far and near, in this way of life” (Message) 

of “Daarom moet julle na elke volk op aarde toe gaan en hulle my volgelinge maak” (Lewende Bybel) Mat 28:19 Dis die enigste volhoubare groei in die Kerk. Jou redding is nie net vir jouself nie, God wil deur jou die Wêreld raak met Sy genade en manier van lewe. 

Jesus se hart vir Sy dissipels 

John 17:1-26 Is die dissipelmaker se gebed, vir Sy dissipels.
want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee. Joh 17:8 Ek word deur hulle verheerlik Joh 17:10b 

Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees. John 17:11

Toe Ek by hulle was, het Ek hulle in u Naam bewaar, die Naam wat U My gegee het. Ek het hulle beskerm v12 

sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê. v13b
Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; v18 Soos U My na die wêreld te gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; v19 

Die gedeelte ondervang die hart en motief, van Jesus se werk met die dissipels baie mooi saam. Dit rig ons ook, in ons motief en hart agter hoekom, en hoe ons dissipels maak. 

Ons moet ook besef dat ons almal maak onbewustelik dissipels sonder dat ons weet. As ouers dissipel ons, ons kinders in ‘n sekere leefstyl en gedrag. Ons lewe, gesindheid, doen en late is altyd binne ‘n netwerk van invloed. Iemand sien wat jy doen. Iemand word geraak deur hoe jy leef? Iemand kyk op na jou? Jy teenwoordigheid is invloed. Die vraag is; watse invloed? 

Wat is dissipelskap?

Dissipel: “Die volgeling van ‘n Meester” Dissipelskap: vakleerlingskap, Mentorskap, leerder, 

Die Griekse woord vir ‘dissipelskap’ beteken ‘om iemand ’n student of ’n leerling te maak’. Die term ‘dissipel’ verwys na ’n student of ’n leerling, en word in die Nuwe Testament gebruik om drie verskillende kategorieë studente aan te dui. 

In Judea was daar verskeie meester/leier – volgeling groeperinge: Johannes die Doper het sy volgelinge gehad. (Joh 11:2) Die Phariseers het hulle eie bekeerlinge gemaak. (Mat 23:15) Daar was verskeie rebelle groepe en hulle volgelinge (Acts 5:36-37). Daar was natuurlik ook ander dissipel groeperinge: Die selote, die Essenaars, Herodiane, Skrifgeleerdes, Sadduseërs. Elkeen het ‘n bepaalde leer, en wêreldbeskouing aangehang. 

In die OT sien ons ook groeperinge en navolgers tot ‘n sekere Leier/Profeet. 

Hulle was mense wat onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete opgetree het. 1 Chron 25:1 

Jesaja die profeet spreek by tye sy dissipels toe: Isaiah 8:16; 50:4; 54:1 en gee hulle ‘n duidelike instruksie soos Jesus ook gemaak het: Bly eers stil oor my prediking, laat my volgelinge vir hulleself hou wat ek hulle geleer het. (Isa 8:16) 

In ‘n breë konteks is, etniese groeperings ook ‘n vorm van navolgers van ‘n sekere “kultuur” wêreldbeskouing, en tradisie wat afstam van die oorspronklike leier en stamvader. Kan ‘n Kussiet sy vel verander of ‘n luiperd sy vlekke? Sou julle kon doen wat goed is, julle wat so gewoond is aan die kwaad? (Jer 13:23) 

En van die meeste bekendste dissipel/vakleerling verhoudinge in die Bybel is, Moses en Josua. Joshua verteenwoordig al die eienskappe van ‘n model leerling, dissipel. Hy is lojaal om te help en te dien, het geen ambisie om sy meester te vervang of onttroon nie, hy is getrou om die werk te verrig wat nodig is met ‘n ‘ander gees’! 

Een van dié geskiedskrywers, Graves ‘A history of Education before the middle ages’ het die oorsprong van vakleerlingskappe ondersoek vanaf die primitiewe samelewings waar kinders van so vroeg as vyf en ses handwerk geleer was deur die antieke Hebreërs, asook lees en skryf uit die godsdienstige geskrifte. Graves noem ook dat dit nie net die plig van die ouer was om sy kind te onderrig in godsdiens in die tyd nie, maar dat die ouer ook sy kind ‘n ambag moes leer: ―As it is your duty to teach your son the Law, teach him a trade.[1]

Die oosterse, veral Mediterreense opvoeding metode verskil radikaal van die weste: In die weste is ons fokus op kennis, en hoeveel ons daarvan kan versamel. Ons word ook geëksamineer volgens wat ons weet, in terme van kennis. Die oosterse fokus is op aanleg en vermoëns. Wat kan jy doen? Hulle word geëksamineer op wat hulle gemaak of geskep het. 2 

Wat Jesus se metode van dissipels maak, uniek gemaak het is: 

HY kies sy dissipels vanuit die ortodokse Joodse tradisie: maar lei hulle om lynreg teen dit wat hulle mee opgegroei het te gaan. Raak nie aan melaatses nie. Praat nie met vrouens, en samaritane nie. Maak gesond op die Sabbat. Breek met die tempel as ‘n gebou en geografiese plek. Hoef nie te vas nie. 

Om ‘n navolgers van ‘n bekende Rabbi te wees, was soos om vir ‘n bekende universiteit aanvaar te word. Die jongmanne wat Jesus gekies het, het nie een die merk gehaal nie. Dat hulle wel probeer het, kan mens sien in ‘n hulle gewilligheid om Jesus te volg. Hulle was dus alreeds oorgehaal. Jesus kies nie een Fariseër, Skrifgeleerde, Leviet, Priester of godsdienstige volwasse leerder nie. Hy kies vissermanne, boere, ambagsmanne en ‘n belastinggaarder. 

‘n volgeling moes: 

  • Instem om ‘n volgelinge te word. 
  • Die woorde van sy meester memoriseer. 
  • Leer ken en verstaan die hoekom, agter die manier/weg vd meester 
  • Die karakter en waardes van die meester naboots, of naleef. 
  • Sy eie volgelinge kry, om deel te word. [2]

Verskillende Dissipelskap rolle 

Almal is dissipelsmakers: 

leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Mat 28:19 Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg. 1 Cor 11:1 

Ouer persone dissipel die jongeres: 

Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat ‘n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie. Tit 2:4 

Bekwame persone dissipel in die area van hulle bekwaanheid: 

Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer. 2 Tim 2:2 

Ouerskap is dissipelskap: 

vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil. Eph 6:4 

Die gemeente dissipel mekaar. 

Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom. Heb 10:24-25 

Selfs bekwame predikers kan deur die Woord dissipel word. 

Toe Priscilla en Akwila hom hoor, het hulle hom huis toe geneem en vir hom die leer van God nog duideliker gemaak. Acts 18:24-26 

Die ware betekenis van Bybelse idiome: 

“Neem my juk op julle” 

Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig. (Mat 11:28-30) 

“By Jesus se voete sit” 

Op hulle reis het Jesus in ‘n dorp gekom waar ‘n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het ‘n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” (Luk 10:38-42) 

Wat is die einddoel van die vakleerling. 

Dis ontsettend belangrik om die einddoel, uitkoms, eindproduk, reg te verstaan, anders maak ons dissipels volgens ons standaarde. 

1. Om soos Jesus te Lewe: 

“my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ’n gestalte verkry.” (Galatians 4:19)

“Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel; waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.” (Colossians 1:28–29) 

“Want ek is jaloers oor julle met ’n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ’n reine maagd aan Christus voor te stel.” (2 Corinthians 11:2) 

“want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.” (1 Corinthians 2:2) 

“Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;” (2 Peter 1:8) 

“totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ’n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;” (Ephesians 4:13) 

“julle moet toeneem in die genade en kennis van ons Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Petrus 3:18a 

2. Genesing en Rekonsiliasie: 

God soek ‘n tuin: ‘n lewe, ‘n familie, ‘n volk, ‘n koninkryk, ‘n tempel, ‘n liggaam, ‘n bruid, wat die heerlikheid van die Here sal demonstreer. 

Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak
(Ps 1:3) 

die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Hulle sal genoem word: Bome van Redding. 

Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder. (Isa 61:3)
so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie
en hy hou nie op om vrugte te dra nie. 
(Jer 17:8) 

En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan—uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.” (Eze 47:12) 

3. Jesus het Sy dissipels Bemagtiging
Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. (Jesus bedien in ‘n ‘circuit’) 

  1. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig 
  2. en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ‘n wagter het nie. Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak. Matthew 9:35–10:1 
  3. Jesus maak ons deel van God se familie. Familie bemagtig jou, dis jou vangnet, jou beskerming, versorging en voorsiening. Jesus se eie bloedfamilie het hom nie erken of verstaan tot eers later nie. Mat 12:46-50; Luk 8:19-21 Ons almal moet uiteindelik ons fisiese familie verloën en opgee, om deel te kan uitmaak van God se Geestelike Familie. Wanneer ons bloed familie ook Jesus aanneem is ons eerste familie in die gees en dan bloed. Mat 10:21; Mat 10:34-39; Luk 12:49-53; Luk 14:25-33 

Die vakleerling se reis, kurrikulum 

1. Ontwaak tot Christus Jesus 

As jy Hom ontmoet, sal jy nooit weer dieselfde wees nie! 

‘n Ontmoeting met Jesus is egter meer as net: Kennismaking. Dit is soos om vanuit jou slaap in ‘n vreemde omgewing wakker te word en bewus te word van ‘n gans anderse wêreld. Wanneer jy Hom sien, sien jy Hom orals. Hoe meer jy Hom sien en Hom leer ken, verander jou sien; jy sien jouself en die hele wêreld nou in ‘n ander lig. Wanneer mense regtig met Jesus ontmoet het en Hy vir jou ‘n werklikheid is: 

is jy vry van verslawing, en destruktiewe lewenstyl en gewoontes. is daar eenheid, en ‘n dryfkrag om Sy liefde aan ander oor te dra. wil Jy bid, en gaan die skrif vir jou oop.
is jy bereid om vervolging te verduur. 

is daar ‘n innerlike sin vir regdink en regdoen. 

is jy bemagtig om te doen wat Hy gedoen het. 

is daar ‘n trekkrag na deelwees van geloofsgemeenskap. 

is daar begeerte om te groei, en korreksie te ontvang. 

is jy nie meer skaam vir Hom nie. Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo. (Rom 1:16) 

Die lys kan nog aangaan. Maar dis eenvoudig, waar Jesus Lewe, en regeer verander Hy ons elke dag. Hoe meer ons Hom leer ken, leer ons, onsself ken. (Col 3:2) Watchman Nee, leer in sy boek “Christ the sum of all things” [2] Ons oorwin sonde, verkeerd doen, die merk mis nie deur een of ander metode nie. Jesus is die metode! Daarom bly ons by Hom, volg ons Hom, sien ons Hom, en word ons verander van heerlikheid tot heerlikheid! (2 Cor 4:18) 

2. Doop deur onderdompeling. 

Besnydenis / Doop 

Verder het God vir Abraham gesê: “Jy moet my verbond nakom, jy en jou nageslag en al hulle nageslagte. Dit is my verbond wat moet geld vir jou en jou nageslag: elke lid van die manlike geslag onder julle moet besny word. Julle moet besny word aan die voorhuid. Dit is die verbondsteken tussen My en julle: elke seun onder julle van ag dae oud moet besny word. Dit geld vir elke lid van die manlike geslag onder julle: al julle nageslagte en ook elke slaaf wat as kind in jou besit gebore word, en die slawe wat van ’n vreemde met geld gekoop word, wat nie jou afstammeling is nie. ’n Slaaf wat as kind in jou besit gebore word, en een wat vir geld gekoop word, moet beslis besny word. So sal my verbondsteken aan julle liggame wees as ’n blywende verbond. Elke lid van die manlike geslag wat nie besny is nie, moet van sy volksgenote afgesny word. Hy het my verbond verbreek.” (Genesis 17:9-14) 

Hoekom 8ste dag – Teken van vebond, nuut, 1ste dag van nuwe skepping. 7 (volbring) 

Hoekom net mans? – Privaat deel, secret sin, It’s a heart’s issue, heenwyse na geheime plek. besnydenis van die hart (privaat) 

Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens. (Col 2:11) 

New covenant, ou (besnydenis) is weggegooi (simboliseer die weggooi van die oud, dat kind/mense nuut sal wees) – rituele kom nie by die hart van die mens uit nie, vervang nie harte nie, dis deur die Gees. 

Mense sê: besnydenis het doop vervang, NEE wedergeboorte het! (oud wat nuut word). 

Of ’n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy ’n nuwe mens is. (Gal 6:15) 

For he is not a Jew who is one outwardly, nor is circumcision that which is outward in the flesh; (Rom 2:28) 

Jesus het geantwoord: “Ek verseker jou, as iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy so nimmer as te nooit in die koninkryk van God ingaan. (John 3:5) 

Jew = inwardly / work of the heart, kan nie ‘n ritueel met ‘n ritueel vervang nie (forskin of your heart) Therefore circumcise the foreskin of your heart, and be stiff-necked no longer. (Deut 10:16) 

“Die Here jou God sal jou hart en die hart van jou nageslag besny sodat jy Hom met hart en siel sal liefhê. Dan sal jy lewe! (Deut 30:6) 

Die Here sê: “Die tyd breek aan wanneer Ek al die mense wat net uiterlik besny is, sal straf. (Jer 9:25) 

Daarom – iemand wat één is met Christus, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! (2 Cor 5:17) 

Ons moet nuut word (wedergebore), in EEN gees, nuwe liggaam van Jx wees. 

Die Here het die omvang van die boosheid van die mensdom raakgesien. Hy het opgemerk dat hulle gedagtes gedurig sleg was. (Genesis 6:5) 

No ritual can replace a bad attitude. It is about your heart and what He has done for you, brand new man continually. Rituals cannot save me. 

BULL nature must change into OX. 

3. Doping met die Heilige Gees. 

Ons lees die eerste keer van hierdie begrip in die Bybel toe Johannes Jesus gedoop het. Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat ná my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. (Mat 3:11; Mar 1:8; Luk 3:16 en Joh 1:32-34) 

Die eerste keer wat ons weer van hierdie begrip hoor is toe Jesus na Sy opstanding, toe Hy na die hemel opvaar die dissipels beveel om op die Heilige Gees te gaan wag. Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” (Acts 1:5) Niemand is dus al op hierdie tydstip gedoop met die Heilige Gees nie; die doop met die Heilige Gees is dus ʼn gebeurtenis wat nog moet gebeur. 

Die woord “DOOP” in hierdie geval is “Bapto”, wat beteken: onderdompel, soos ’n boot wat sink en in die binnekant vol water raak. Die woord Doop is dus ’n oorvloedsbegrip. Dit dui op onderdompel ín, of oorspoel mét iets – in hierdie geval met die Heilige Gees. Om met die Heilige Gees gedoop te word, is om met die Heilige Gees oorspoel te word. 

Dit is baie duidelik dat hierdie gebeurtenis plaasvind ʼn paar dae later In Jerusalem toe die dissipels ʼn bonatuurlike Goddelike ervaring gehad het. (Acts 2:1-13) Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat. (Acts 2:4) 

  1. Verbondendheid met die liggaam van Christus 
  2. Leer ken God se Woord 
  3. Aanbid in Gees en in Waarheid 
  4. Maak mense volgelinge van Jesus 
  5. Dien deur jou bediening 

Wie is my Navolger? 

Jesus is ons missie, visie en algehele rede waarom ons bestaan. 

Ons geloofspad met Jesus is ‘n reis van groei na volwassenheid in Hom. Hierdie groei kan nie sonder die medewerking van die liggaam plaasvind nie. (Efe 4:11-16) Dit is belangrik om ook te besef dat dissipelskap die beste werk binne die liggaam, want ons skiet almal tekort, mense faal ons, dit is ongesond dat leiding net van een persoon afkomstig is. Binne die raamwerk van familie, en die dinamiek van familie, en juis die diversiteit van verskillende rolle, ouderdomme en persoonlikhede wat optimale groei meebring. Die dissipelskap verhouding is net vir ’n tydperk, nie vir ’n leeftyd nie. Jesus het net 2,5 jr gehad om sy dissipels gereed te kry om oor te neem. 

Groeifase Behoefte Volgeling se rol Leier se rol 
Geboorte Voorbeeld en rigting gee Gehoorsaamheid Inspireer 
Kleuter Onvoorwaardelike Liefde, en beskerming Waarheid Modelleer 
Jongmens Vorming van identiteit en vryheid om op eie te ontwikkel Nederigheid Afrigter 
Volwassene Vennootskap en vriendskap Samewerking Vennoot 

Terwyl ons almal in Hom opgroei na volwassenheid, hardloop ons ons eie wedloop. Petrus wou weet wat van Johannes? Jesus antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie. Volg jy My!” Dis nog een van die paradokse van die Evangelie: Ons kan nie sonder mekaar nie, maar elkeen hardloop volgens sy of haar eie pas. Ons oë is nie op mense gevestig nie, maar op Jesus die voleinder van ons geloof. (Heb 12:2) 

Die Jesus-geloofsgemeenskap is by uitstek ‘n verhouding georiënteerde gemeente, mense stap nie noodwendig sommer net in ‘n diens in en word deel nie. Groei vind veral binne die raamwerk van verhoudinge en spesifiek die dissipelskap-verhouding plaas. Ons hou tans verskeie “oes” (Harvest Events) waar mense kom besoek, dit is belangrik dat elke medewerker in die geloof wakker is in die gees om konneksie te maak met hierdie ‘soekers’. As volwasse gelowige kom jy nie meer na die diens net om te kom ontvang nie, jy kom om mense te bedien met dit wat jy in Christus ontvang het. 

– Kom gereeld bymekaar. Weeklikse saambid, Bybelstudie, gesprekke, berading, uitreike en bediening aan ander. 

– Die ideale dissipelskap groep is 3 mense. Dit verplaas die fokus van een persoon as die leidende figuur, na die hele groep. Dit maak die mees volwasse lid ook ‘n deelnemer. Daar is meer veiligheid, volhoubaarheid, balans en krag in die verhouding van drie as net twee. 

– Die kleingroep bring intieme interpersoonlike vertroue en oopmaak mee, sodat Jesus se lig verandering kan bring deur die krag van die Heilige Gees. Onbybelse geloofsoortuigings wat mense gevange hou, kan aangespreek word soos die die Here dit na voorskyn bring. Dissipelskap is die proses, waar die Here alles wat nie Jesus is nie wegsny. 

– Beweging is lewe en groei: Deur passief net dienste by te woon, lei tot stagnasie. Deur aktief te begin bedien, van jouself te gee, en mense se groei op jou hart te dra bring jou eie groei mee. Ons Christenskap kan nie net oor ons eie belange gaan nie, dus juis in jou uitgee dat jy weer vol word. Dis in dien, dat jy bedien word. Dis in gee, dat jy vol word! Ha nee, spectators! 

AKSIES: 

1. Vas en Bid oor dissipelskap: Laat die Here self vir jou sleutels gee en lei hoe om te begin. 

2. Lys die name van wie die Here na jou toe gestuur het om te help en te mentor. Identifiseer jou dissipels, hulle is na jou toe gestuur, en jy na hulle. “Divine Connections” Dink aan Cornelius en Petrus. 

3. Verskillende tipe en vlakke van dissipels. (3, 12, 70, skare) Wie is jy besig om op te rig, om te doen wat jy doen? Aan wie gaan jy oorgee? Wat los jy agter, en wat vat jy saam na jou dood? Siele is ’n ewige kommoditeit. 

4. Kry ’n tyd wanneer jul bymekaar kan kom. As jy net 2.5 jr gehad het om iemand alles te leer wat jy weet, met watse dringendheid sou jy aandag gegee het aan die taak 

Die uitkoms 

Mag elke persoon wat God aan ons gegee het, om deel te wees van hierdie deel van die familie van Christus, groei in volwassenheid en Jesus-vrug! Mag ons getuienis onder mense van hierdie omgewing wees dat ons; Liefdevolle, sagte spontane mense is. Mense wat geestelike diepte het en standvastig is in hulle geloof. Mense wat jy kan vertrou, en deur wie God se Gees kragtig werk. Betroubare, getroue en opregte mense op wie jy kan staatmaak. Pilare in die gemeenskap wat hulle invloed gebruik ten bate van die wat onderdruk en minder bevoorreg is. Mense wie se karakter en woorde 100% op-lyn en waar daar geen valsheid te vinde is nie. Mense wat jou nie net seën met hulle woorde nie, maar wat daadwerklik jou help en ondersteun totdat jy weer op jou voete is. Mense wie se besigheid en werksaamhede getuig van godsvrug: op tyd wees, deugsaamheid, netheid, kreatiwiteit, gehalte werk en akkuraatheid. Mense vol van genade, geloof en vryheid! Tog spreek hulle lewe van eenvoud, innerlike tevredenheid en kalmte. Jy hou daarvan om by hierdie mense te wees want hulle is gemaklik, uitgesorteer en volwasse. Hulle geniet die lewe sonder om te sondig en leef die lewe voluit! Hulle is vrygewig en heg meer waarde aan ewigheidsgoed as aardse besittings, roem of aansien. Hulle rykdom is in Jesus se karakter wat elke dag meer en meer duideliker word in elkeen. Hulle is nie te trots om saam met kinders op die vloer te speel en uitbundig te lag nie. Hulle is kinderlik, spontaan en het weinig vrese of inhibisies. Hulle erken gou hulle foute en menslikheid sonder skaamte, want hulle weet hoe afhanklik hulle van die Here is. Hulle is “bold” en passievol oor hulle geloof, en is nie skaam oor God se liefde en nabyheid nie. Hulle teenwoordigheid maak jou veilig voel, en hulle bring Goddelike perspektief en wysheid na elke moeilike situasie. Hulle is konstant en gebalanseerd maar tog nie vervelig nie. Hulle ingesteldheid getuig van lewenslus en geloof in die onmoontlike, hulle is optimisties maar nie ligsinnig of oppervlakkig nie. Hulle grappies getuig van goeie smaak en eerbied vir alles mense. Hulle is in alles dankbaar en godvresend, meer as wat hulle bang is vir wat die mense gaan sê of dink. Hulle is nie ingestel op die opinies en sake van mense nie, en praat nooit 

oor mense wat nie teenwoordig is nie. Hulle is bidders en ken en verstaan die wil en hart van God. Hulle is op frekwensie met wat die Gees van die Here tans mee besig is in die Wêreld. Jy sal dieselfde fokus optel by gelowiges regoor die wêreld, want hulle leef in die Wil van God. Jy voel altyd ʼn beter mens as jy van hulle weggaan. Jou geloof is gebou en jy voel opgebou en gestig om ook meer soos Jesus te lewe. Hulle is aangename en vriendelike mense, sonder veroordeling en kritiek, negatiwiteit en gemeenheid. Tog is daar geen kompromie by hulle te vind nie, en voel dit asof die ligte aan is wanneer jy by hulle is. Wanneer hulle jou bedien is dit met liefde, maar ferm en in waarheid. Sonder bybedoelings of selfsugtige motiewe. Hulle lewe daag passiwiteit en valse verskonings uit. Hulle bring dinge aan die lig, sodat daar lig en groei kan kom. Hulle is wetsgehoorsaam, en wys respek en eerbied vir alle mense. Hulle neem verantwoordelikheid vir die foute wat hulle maak en maak reg waar verbrou is. Hulle lewe spreek van orde en dissipline sonder om rigied of wetties te wees. Hulle handhaaf gesonde roetines en gewoontes in hulle private sowel as publieke lewe. Hulle is eerlik en sonder fieterjasies, ongekunsteld en vol van die teenwoordigheid van die Here. Hulle is ‘kerk’! 


[1]Graves, F. P., 1909. A History of Education Before the Middle Ages. New York: Gordon Press. 

[2]“The Complete Book of Discipleship: On Being and Making Followers of Christ” by Bill Hull. 

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus die Geneesheer

Enige vorm van geneeskunde het ‘n sekere bepaalde sukses faktor presentasie. Waarom het goddelike genesing so ‘n onreëlmatige sukses faktor? Waarom het net sommige individue wat vir siekes bid, redelike sukses? Hoe blywend is hierdie sukses?  Iemand wat siek is, is desperaat vir ‘n oplossing enige redelike kans selfs 50/50, sal ‘n desperate lyer nuwe hoop gee. Sommige sal pleit dat ‘n vorm van geneeskunde met so ‘n swak sukses, sumier verwerp word?  Selfs natuurlike medikasie het ‘n baie meer beduidende sukses faktor.  Om vir mense te bid vir genesing en dit as God se liefde te beskryf is problematies, want hoekom word sommige gesond en ander nie? 

Die vraag is nie óf God mense genees nie, maar eerder hoekom Hy nie almal genees nie.  

In verskeie vraelyste is bepaal dat die meeste mense, sowel as doktors glo dat gebed voordelig is vir siek mense. Daar is opgetekende, mediese verifieerbare goddelike genesings. Die vraag was ook gevra vir ‘n paneel van geloof-geneeshere, die antwoord was: Om die integriteit en die hart van die Evangelie te bewaar word almal nie gesond nie, die wat gesond word gebeur nooit op dieselfde manier nie, en ook nie deur dieselfde persoon nie.  Die rede: Wanneer ‘n sekere persoon of metode 100% suksesvol is om elke moontlike siekte gesond te maak, is dit in die mens dat ons die persoon en die metode sal aanbid, dit sal kapitaliseer, sonder om die wonder en diepte van God te besef. Dit is baie makliker vir die mens om enige wonderkuur of middel te probeer, sonder die harde werk van gedragsverandering.  Dikwels is dit die gedrag wat die siekte veroorsaak het. 

Om genesing toe te skryf aan ons geloof, of tekort daarvan is ook problematies, want alhoewel geloof ‘n rol gespeel het by die meeste genesings, het die Here sommige genees sonder enige geloof van hulle kant af.  As geloof die redding bring, genees ons mos onsself? Moet ons onsself dan red ook? Ek verstaan dat redding ‘n geskenk is, en dat ons geloof in God uiteindelik redding meewerk. Tog is daar baie mense wat werklik glo, en werklik in geloof selfs tot ‘n aksie oorgegaan het, en nog steeds nie genesing ontvang het nie.   Om te bid vanuit die wete dat God wil altyd genees is voorwaar moeilik as dit wel nie gebeur nie. Hoekom nie? Satan? Te min geloof? Nie aangehou nie? Dan is ons die probleem. Dit bring min troos, veral as jy al jou geloof, gebede, opgebruik het om genesing te bid vir iemand vir wie jy lief is. Alhoewel ons moet glo het dit nie gewerk nie, alhoewel ons compassion moet hê, was dit skynbaar nie genoeg nie. Alhoewel ons beloftes uit die woord en profesie ontvang het, is dit nie vervul nie. Waar laat dit ons? 

Genesing is inherent wie God is, die aarde en die skepping het ‘n selfgenesing vermoë. God het ons geskape om gesond te maak, en gesond te wees.  Siekte en krankheid is simptomaties nie net m.b.t. ons liggame nie. Ons ekonomie is siek. Die wêreld is moreel siek. Siekte is simptomaties van ‘n hele samelewing wat van God verwyder is.  As die hele samelewing die Here waaragtig dien deur te doen wat Hy sê, en alles toeëien wat Hy vir ons beskikbaar gestel het as ‘n ryk erfenis, en dan soos Jesus goed doen aan die mense om ons. Sal daar nog siekte wees? 

Siekte se oorsprong is: 

  1. Sonde
    1. Verkeerde gewoontes en gedrag: Mirjam (Num 12:10), Gehasi (2 Kon 5:27), Ussia (2 Kron 26:16-23) en Elimas (Hand 13:11). dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. (Prov 3:8) 
    1. Jou woorde: Die tong het mag oor dood en lewe (Prov 18:21) Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens. (Prov 16:24) 
    1. Onvergifnis (1 Cor 11:28-30; Mat 18:21-35) 
    1. Jou denke “’n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet ‘n mens op.” (Prov 14:30) ‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, (Prov 17:22)
    1. Nie alle siekte is a.g.v. sonde nie. (Job 42:7-8)
  2. Die duiwel 
    1. Demone Mat 17:18; Mat 9:25, 42; Mat 4:35; 4:39
    1. Mag vd Duiwel “Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom”. (Acts 10:38)
    1. Gees van krankheid (Luk 13:11, 16)
  3. Die Here, God is soewerein:Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie.(Deut 32:39) Gen 12:17, Exo 4:11, 15:25, 1 Sam 25;37-38; 2 Sam 12:15, Deut 28:15-68, 32:39, 2 Kon 15:5, 2 Kron 21:18, 19, 26:20-21 Hand 12:22, 23; 13:8-12 asook Job 5:18. 
  4. Indirek ander mense:Dit is duidelik dat ek kan deur iemand aangesteek word, bakteriese infeksies, ‘n bakleiery waar onskuldige mense slagoffers word.  Iemand ander se sonde en oortreding kan dus ook soms die oorsaak wees van siekte en krankheid. 
  5. Die gebroke natuur:Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe — nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het…(Rom 8:18-22) Hittegolwe, plae, droogte, tsunami’s, ens. Soms gebeur daar bloot dinge, ek struikel en val, en breek my arm. 

Alhoewel dit belangrik is om die oorsaak van siekte weet, is die meer belangrike vraag hoe word ek gesond? Uiteindelik is dit God se hart dat ons gesond sal lewe: (Deut 11:26) 

Wat is God se hart agter genesing

Al ooit gewonder hoekom het Jesus dikwels mens ferm vermaan om nie te gaan vertel wat met hulle gebeur het nie? Was dit dan nie die punt, dat almal in Hom sal glo nie?

Jesus het nooit enige genesing op dieselfde manier gedoen nie, maar vir Hom was genesing meer as bloot die gesondmaking van die simptome. HY wou altyd deel met die oorsaak. Daarom word die melaatse man gevra om eers na die priester toe te gaan, sodat die kwarantyn opgehef kon word, en hy weer toegelaat word om deel van die gemeenskap te wees.  Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. Jesus sê toe vir hom: “Jy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het.  (Mat 8:1-5)

Baie mense het saam met Hom gegaan, en Hy het hulle almal gesond gemaak, maar hulle belet om in die openbaar oor Hom te praat.  (Mat 12:16) Hier het Jesus ‘n skare mense genees, tog kapitaliseer Hy nie op die bonatuurlike om nog meer mense te trek nie. 

Jesus vra Sy dissipels, wie sê julle is ek? Nadat Petrus openlik verklaar en erken dat Hy die Messias is, word hulle beveel om dit nie oor te vertel nie.  Is dit dan nie die doel dat mense sal weet dat Hy die Messias is nie? Dis tog waaroor redding gaan, dat elke mens sal glo dat hy die Christus is? Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir niemand te sê dat Hy die Christus is nie. (Mat 16:20)

Die verheerliking op die berg, is ‘n klinkklare bewys van Sy goddelikheid. Mense is natuurlike twyfelaars.  Hoekom net ‘n paar dissipels toelaat om dit te beleef? Sou die Fariseërs, en al sy vyande nie dan tot inkeer kom, as hulle sou sien wat hier gebeur het nie? Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.” (Mat 17:9)

Een van die mees skouspelagtige wonderwerke wat Jesus gedoen het was die genesing van die doofstom man.  Die man het nie net sy gehoor ontvang nie, maar God het sy spraak in een oomblik herstel.  Al sou iemand se gehoor hertel, sou dit ‘n spraak terapeut maande neem om die persoon te help om te kan korrek praat.  Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig. (Mark 7:36)

Baie mense het gewonder oor Jesus, maar die duiwels het presies geweet wie Hy was. Is daar nie ‘n groter bewys van Sy bediening en egtheid as dat die duiwels Hom herken nie? Maar Jesus het hom skerp aangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit.”  (Mark 1:25)

Jesus het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Die genesing in die geheim verrig, en toe boonop vir hom belet om dit vir iemand anders te vertel.  (Mark 8:26, 30)

Die egtheid van die evangelie skrywers se getuienis, is die nuttelose inligting wat nie weggelaat is nie. Die feit dat Jesus vir hulle opdrag gee om vir die kind iets te ete te gee, het geen doel nie. Tog maak dit die stories, eg en geloofwaardig.  Weereens ‘n perfekte geleentheid om mense te oortuig. Jesus maak nie gebruik om met grootheidswaan, mense te beïndruk nie.  Haar ouers was stom van verbasing, en Jesus het hulle verbied om vir iemand te vertel wat gebeur het.  (Luke 8:56)

Die klimaks van Jesus se populariteit is toe Hy die skare kos gee. Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.(John 6:14-15)

Weereens vlug Jesus van die aanstelling van mense, die aanbidding van mense.  HY wil ons bewus maak dat daar iets dieper is as genesing, wonderwerke, en voedselvoorsiening.  Al hierdie dinge is tydelik, maar daar is meer wat god ons wil gee. Hierdie tekens en wonders is presies dit, tekens. Dit is soos padwysers, rigtingewers na ‘n groter realiteit. Wonderwerke is inderdaad belangrik. Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.(1 Cor 2:4-5) 

Wat is die groter realiteit wat Jesus wou hê hulle moes raaksien? Jesus antwoord hulle: “Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig geword het. Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.” Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” (Joh 6:26-29)  Jesus is die geskenk van genesing, nie die genesing op sig self nie. As ek dus Jesus ontvang is ek gesond, want ek het die Geneesheer ontvang! want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou (Exo 15:26). 

Die genesing wat Christus in ons wil werk is ook meer as net die fisiese genesing. Hy wil ons hele menswees genees. Hy wil God se skeppingsdoel vir ons, in ons restoureer.  “Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun”(Rom 8:29) In al hierdie verhale waar Jesus mense vermaan het om nie oor te vertel nie, was mens verbaas, verstom en beïndruk met Jesus. Daar is egter 2 verhale waar Jesus beïndruk was. Die genesing van die offisier se slaaf (Mat 8:5-13; Luk. 7:1-10; Joh. 4:43-54). Hierdie man het ook genesing kom soek by Jesus, maar hy het Jesus gesien. Hy noem Jesus Here. Hy sien Jesus is ‘n man van gesag soos hy. Daarom vra Jesus om net ‘n woord te spreek. Jesus se reaksie is: Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sê vir die mense wat agter Hom aan gekom het: “Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so ‘n groot geloof teëgekom nie. Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel. Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.” (Mat 8”10-12) Lees hierdie vers deeglik deur. Jesus maak ‘n geskiedkundige, waterskeiding, omkeer verklaring! “Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel” Van wie praat Jesus hier? Van diegene, wat Hom sien, waarlik sien! Mense van elke volk en nasie en taal wat Jesus sien vir wie Hy werklik is, nie hom nie net sien as ‘n ‘argetipe’ onpersoonlike masjien wat mense gesond maak nie.  Die ander verhaal is van die Kanaänitiese vrou. Wie Jesus eers nie wou help nie.  “Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond” (Mat 15:28). Sy het nie Jesus se weiering aanvaar nie, en aanhou glo.  

Ons sien dat Jesus ook graag wou hê Sy dissipels moes Hom regtig sien, Hom verstaan. Is dit nie die soeke van enige leermeester, leier, of voorganger nie? Sommige is daar net vir die aansien, die geld, die roem, die posisie.  Jesus wou uiteindelik hê dat hulle moes doen wat Hy doen. Hulle moes net soos Hy in die geloof wonderwerke verrig. (Luk 10:19; Mat 10:8) 

Daar is drie wonderwerke waar Jesus Sy frustrasie met die dissipels wys, dat hulle nog nie sien nie. 

  1. Jesus maak die storm stil. “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”(Mark 4:40) 
  2. Die vermeerdering van die brood. “Gee julle vir hulle iets om te eet.”(Mark 6:37) 
  3. Petrus is die eerste dissipel wat iets begin sien. Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” “Kom!” sê Hy.(Mat 14:28-29) Tog begin hy vinnig twyfel toe hy na die branders kyk. Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” (Mat 14:31) 

“The purpose of Jesus is not only to save men from their sins, but by the grace of God to begin in the souls of men that marvelous development in the nature and mind and understanding of God our Father, until by the grace of God we are able to take our place and our part in the kingdom of Jesus Christ and bear our share of responsibility.” 

― John G. Lake,

Ons is dus die mees gesondste mense wanneer ons reg glo. 

“enigiets wat ‘n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde.” (Rom 14:23) As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. (Heb 11:6) Hoeveel van ons besluite, keuses, gewoontes, is gegrondves in ‘n geloofsoortuiging? Hoe ons die wêreld sien, wat ons koop? Hoekom ons koop? Waar ons bly, en werk is alles gegrondves in wat ons glo oor onsself, God en die toekoms.  

Jesus het mens geword, fisies gedemonstreer wat Hy gepreek het, en uiteindelik gesterwe vir ons sonde, om ons met God te versoen, opgestaan uit die dood, opgevaar en gaan sit aan die regterhand van God, en toe die Heilige Gees gestuur om in ons te regeer! Waarvoor wag ons? Wat op aarde moet God nog doen? Hy het alles volbring sodat ons deur Hom, dit is deur Sy bekragtiging Christus te leef in elke plek waar Hy ons roep! 

As ons dus reg sien! Werklik sien! Sien wat Hy gedoen het! Wie Hy is! As ons dit daadwerklik, met oortuiging glo, sien ons die wêreld skielik in ‘n hele ander lig. Terwyl ons aanhou om presies te doen wat HY ons beveel om dit te doen, verander die lewe heeltemal vir ons. Ons sal ‘n heeltemal ander perspektief hê en ‘n nuwe houding teenoor die lewe, dinge en mense hê! Ons is gesond, na liggaam, siel en gees. 

Jesus genees die hele mens.  

John G. Lake het geglo dat Jesus se genesingswerk drieledig is: Hy bevry ons van boosheid, sodat ons geestelik gesond, en vol kan wees van die Heilige Gees. Ons kommunikeer en beleef verbondenheid met God deur ons gees. Tweedens, genees die Here ons siel, ons konneksie met mense. Omdat ons vrede met God gemaak het, genees die Here ons siel. Ons siel is hoe ons verbind is met die mensdom om ons.  Sielsus en vrede met self en die mense om my, is genesing! 

Jesus was altyd bekommerd oor die hele mens en nie net die simptome van siekte nie.  Hy het dikwels eers die geestelike aspekte hanteer.  Sy gesprek met die Samaritaanse vrou by die put het gefokus op die basiese konflikte in haar persoonlikheid.  Vir Jesus is gesondheid meer as net die afwesigheid van fisiese en geestelike siektes – dit gaan oor die hele mens. 

God wil ons genees, maar meer nog: Hy wil ons moet ander genees! “En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan—uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees. (Eze 47:12) 

Die Here sal hom bystaan in sy siekte. As hy siek is, sal U hom genees.(Ps 41:4) 

Jesus Genees op verskillende maniere 

God nie net besorg oor die genesing van ons liggame nie. Hy wil ook hê dat ons ’n sekere lewenswyse aanleer.  Jy self is verantwoordelike vir jou gesondheid, en moet in die geloof handel, na noukeurige ondersoek. Van die 35 wondertekens wat Jesus gedoen het, was 26 genesings.  In 6 gevalle is bose geeste uitgedryf.  

  1. Bely julle sonde: (James 5:16)
  2. Ouderlinge salf met olie: (James 5:14-15)
  3. Dokters: Geneeshere is vir die siekes (Mat 9:12; Mark 2:17; Luk 5:31) Daar word na Lukas verwys as die “geliefde geneesheer” (Col 4:14)
  4. Mediese versorging, die barmhartige samaritaan verbind die man, en salf sy wonde. (Lukas 10:33–34)
  5. Alternatiewe geneeskunde: Gebruik bietjie wyn vir die ontsteldheid met die maag. (1 Tim 5:23) 
  6. Ons teenwoordigheid bring genesing: Die blare van die boom is tot genesing van die nasies’ (Openbaring 22:2; Ps 1:2-3; Eze 47:12; Jer 17:8)
  7. Die Woord van God genees. (Luk 4:4)
  8. Toe Jesus hulle geloof sien: (Mar 2:5; Mat 9:29)
  9. Vergifnis: (Mat 18:34-35)
  10. Vereenselwig deur die Nagmaal met Sy lyding:  (1 Cor 11:28–30)
  11. Lofprysing: “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees”. (Psalm 103:1–3)
  12. Lappies en doeke wat gesalf is: (Acts 19:11-12)
  13. Hande Oplegging: (Mar 6:5, 13; 16:15, 17–18)
  14. Duiwels uitgedryf: (Mar 9:14-29; Matt. 17:14-20; Luk. 9:37-43)
  15. dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. (Prov 3:8) 

Die slotsom is: Christus is gesondheid. Wanneer ons die meeste soos Jesus is, is ons die mees gesondste mense op die planeet! 

Dit is ook moontlik om ‘n gesonde lewe te lei: Wanneer al my verhoudings met God, self, mense en die natuur gesond en heilsaam is. Ek gereeld oefen, slaap, en ‘n gebalanseerde gesonde dieet volg. Werk kan genesend, en stimulerend van aard wees. My denke is soos ‘n tuin, wat ek plant, bepaal hoe ek dink, en hoe ek lewe. Om vir ander te gee, te help en te dien is genesend.  Om soos ‘n kind te wees, en sommer net lekker gesonde pret te hê is ‘n wonderkuur! Jesus as die geneesheer is dus meer as goddelike genesing. Alhoewel daar wel voorbeelde is van bonatuurlike goddelike genesing, genees die Here ons op soveel manier! Deur gasvry te wees, en vir mense lekker kos te maak is genesend! Deur ‘n vredemaker te wees, en versoening te bewerk tussen mense bring genesing. 

Categories
Jesus die beste lewe

Jesus, die regte oordeel van God

In the choir of life, it’s easy to fake the words—but someday each of us will have to sing solo before God.[1]

Oordeel word meestal in ʼn negatiewe lig gesien. Ons konnotasie aan die woord bring ander woorde na ons gedagtes soos: finaliteit, verwerping, afskryf, verwydering, straf en hel. Ons weet ook dat ons dit nie moet doen nie . . . maar tog doen ons dit almal, selfs sonder dat ons dit agterkom. Skinder is ʼn vorm van oordeel want ek het alreeds ʼn waarheid/oordeel oor iemand gevorm sonder dat die persoon ooit die geleentheid gekry het om hulleself te verdedig. 

Die woord genade kom 166 keer in die Bybel voor, bykans twee keer so veel keer as die woord oordeel, wat 293 voorkom. Die Griekse woord vir oordeel is “krisis” en dis waar ons ons woord krisis vandaan kry. Verseker voel oordeel soos ’n krisis en dis vir niemand aangenaam nie. Tog kan gesonde oordeel ’n mens se lewe red van ondergang, nog foute maak en die handhawing van sub-standaarde. Die woord beteken om te onttrek tot ’n verhoor, om ’n beslissing te maak. Dit impliseer ’n proses van geregtigheid vir almal.  

Sou die wêreld kon voortbestaan sonder ’n wetgewer en wetstoepasser? Die begeerte om reg te doen impliseer gesonde oordeel, anders is daar geen standaard nie. Ek moet dus leer om self te oordeel en by myself te begin soos ’n sanger wat leer om sy gehoor in te stel om te hoor wanneer hy sy vals sing. Verder is gesonde oordeel soos afrigting. Geen afrigter kan ’n atleet afrig sonder ’n stophorlosie en sekere tekens en standaarde wat bereik moet word nie.  

Hoe op aarde het die idee dan gekom dat die kerk nie mag oordeel nie? Wanneer die kerk oordeel, dan word die kerk vervolg en veroordeel? Gesonde oordeel is een van die hooffunksies van die kerk! 

Jesus is gesonde oordeel

Baie mense haak vas by die vers: God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie(Joh 3:16-18). Die veronderstelling word dan dadelik gemaak dat Jesus nie kom om te oordeel nie! Dit is natuurlik 100% waar. Want dit maak nie saak watter sonde of verkeerde ding jy gedoen het nie, Jesus vergewe jou en wil jou van jou verkeerde dade was en red, en jou verander om nie meer ’n gevangene van jou sonde te wees nie. Maar hierdie einste vers verkondig tog ook oordeel? Die oordeel as jy Jesus nie aanneem nie! God se oordeel is net weggeneem van dié wat IN CHRISTUS is!  

En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. Die wat glo en doen sal die oordeel vryspring wat kom oor die hele aarde(Joh 5:20-24).

Jesus waarsku die Fariseërs teen komende oordeel oor hulle valsheid(Mat 23:14). 

Laster teen die heilige Gees sal nie vergewe word nie(Mark 3:29). 

Dit sal in die oordeelsdagdraagliker wees vir Tirus en Sidon as vir die wat Hom nie ontvang het nie(Luk 10:14). 

Jesus se veroordeling van die Fariseërs en skrifgeleerdes se geveinsdheid is deurdag en openlik. Ek kan maar net dink hoe mense ongemaklik op hulle sitplekke rondgeskuif het toe Jesus hierdie preek gebring het. 

Jesus het die dorpe waar die meeste van Sy wonderdade plaasgevind het ernstig aangespreek omdat hulle hulle nie bekeer het nie: Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! Want as in die heidense stede Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal sakke aangetrek en as op hulle koppe uitgegooi het om te wys dat hulle tot inkeer gekom het. Ek verseker julle dat dit vir Tirus en Sidon makliker sal wees op die oordeelsdag as vir julle. En jy, Kapernaum, jy dink tog seker nie jy sal hemelhoog verhoog word nie? Die realiteit is dat jy in die doderyk sal beland. Want as in Sodom die wonderdade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou dit tot vandag toe bly voortbestaan het. Ek verseker jou, dit sal vir die land Sodom makliker wees op die oordeelsdag as vir jou(Mat 11:20-24; Luk 10:12-15). 

Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter. Ellende wag vir dié wat dink hulle het die wysheid in pag, wat dink hulle het baie verstand. Ellende wag vir dié wat helde is by wyndrinkery, dapper by die meng van hulle drank, wat die skuldige vryspreek vir omkoopgeld, maar ‘n onskuldige sy reg ontneem. Daarom, soos stoppels deur vuur verteer word en hooi in vlamme opgaan, so sal dit met hulle gaan. Hulle sal met wortel en tak uitgeroei word, want hulle het hulle nie gesteur aan die openbaring van die Here die Almagtige nie, hulle het die woord van die Heilige van Israel verwerp(Isa 5:20-24). 

Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel(Mat 24:12). 

Ellende wag vir die Skrifgeleerdes en Fariseërs(Mat 23:14-29).

Luk 11:46-54 Ellende wag vir julle wetsgeleerdes.

Luk 6:25 Ellende wag vir julle wat julle nou vol eet.

Luk 6:26 Ellende wag vir julle wat nou lag.

Die regterstoel-oordeel van Christus

Die Nuwe Testament gebruik die woord ‘bēma’ 12 keer (bv.: Mat 27:19; Joh 19:13; Acts 18:12, 16-17; 25:6, 10, 17). Die woord beteken ʼn verhoogde plek wat jy met trappe bereik. In die Romeinse wêreld het die bēma na ʼn amptelike setel van ʼn regter verwys. Vir die Grieke van daardie tyd het die ‘bēma-stoel’ verwys na ʼn podium waarop beoordelaars gesit het toe hulle by Griekse sportbyeenkomste vasgestel het watter deelnemers beloon moes word en watter nie. Twee Nuwe-Testamentiese tekste verbind die bēma-stoel (regterstoel) spesifiek aan ʼn oordeel wat Christus sal voltrek:

Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee(Rom 14:10b-12); en

Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad (2 Cor 5:10).

Die regterstoel-oordeel van Christus is waar gelowiges beloon gaan word spesifiek volgens ons werke: Ons word nie gered deur werke nie, maar beloon volgens ons werke. Hierdie oordeel is nie om vas te stel of die gelowige gered is of nie (die gelowige is reeds gered en daar is nou geen veroordeling nie – sien weer Rom 8:1), maar of die werke van die gelowige beloon kan word of as waardeloos afgeskryf gaan word.

‘Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ʼn bekwame boumeester die fondament gelê, en ʼn ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen’. (1 Cor 3:10-15)

Elke gelowige se werk gaan getoets word om te sien of dit die vuurproef kan deurstaan. Hout, hooi en stoppels sal nie die vuur kan deurstaan nie, want dit sal heeltemal weggebrand word. Goud, silwer en edelstene sal die vuur deurstaan – en enige onsuiwerhede hierin sal weggebrand word. Dié wat met wysheid op die fondament bou, sal beloon word; dié wat dit nie doen nie, sal verlies ly. Laasgenoemde gelowiges wat verlies lei sal nie hul verlossing verloor nie, maar hulle sal beloning verloor (1 Cor 3:15b). Paulus dui aan dat die gelowige sy of haar geestelike lewe net op Jesus Christus kan bou – nie op jou eie vlees nie, maar op die enigste ware fondament, naamlik Jesus Christus.

Spesifieke dade wat God van waarde ag, en sal beloon. 

Om versoekinge te verdra (Jam 1:12; Rom 5:3-4; Rev 2:10);

Om God ywerig te soek (Heb 11:6);

Volharding: gelowiges is oorwinnaars, maar diegene wat volhard tot die einde, gaan ʼn beloning ontvang (Rev 2:26-27);

Getrouheid in die bediening (1 Pet 5:1-4);

Om Christus se verskyning lief te hê (2 Tim 4:8; vgl. Tit 2:13);

Om ander mense na Christus te lei (1 Thes 2:19);

Getrouheid aan Christus (1 Cor 4:1-5);

Doelgerigtheid in die Christelike lewenswandel (1 Cor 9:24-27; Heb 6:11-12; 2 Pet 1:10-11);

Goeie rentmeesterskap (Luk 19:11-27);

Om belediging en vervolging om Christus ontwil te verdra (Mat 5:11-12; 2 Tim 2:12-13; Heb 10:36);

Om in Christus te bly (1 Joh 2:28);

Welwillendheid teenoor arm mense (Mark 10:21; Luk 12:32-33);

Heelhartige diens aan Christus (Joh 12:26); en

Liefde-arbeid vir sy Naam en aan mede-gelowiges (Heb 6:10).         

Die Nuwe Testament maak spesifiek melding van vyf krone wat gelowiges kan ontvang:

Die onverwelklike kroon— dit is vir gelowiges wat nie net hulle ou sondige natuur onder beheer gebring het nie, maar ook ʼn lewe van groot oorgawe aan Christus geleef het (1 Cor 9:25; vgl. 2 Tim 2:3-5; Heb 12:1-2).

Die kroon van roem en/of blydskap— vir gelowiges wat mense aan Jesus Christus voorgestel het, wat van Hom getuig het of vir nie-gelowiges gebid het sodat hulle tot bekering en redding kan kom (1 Thes 2:19; vgl. Prov 11:30; Dan 12:3).

Die kroon van geregtigheid— dit is vir gelowiges wat gretig en met liefde uitsien na die koms van die Here Jesus Christus (2 Tim 4:7-8). Hierdie gelowiges leef as vreemdelinge op aarde vanweë hul hemelse burgerskap (Phil 3:20); hulle leef heilige en godvrugtige lewens in ooreenstemming met byvoorbeeld Col 3:1-4.

Die kroon van heerlikheid— vir leraar-predikers wat die kudde as getroue onder-herders onder die Opperherder bedien het (1 Pet 5:2-4; vgl Acts 20:25-28).

Die kroon van die lewe– dit is vir gelowiges wat versoekinge suksesvol deurstaan het en wat selfs as martelare vir Jesus Christus gesterf het (Jam 1:12; Rev 2:10; vgl. Mat 5:10-12).

God se standaard is: Hoe lyk jou einde? 

Matthew 13:24-30; 36-43 

Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit(Mat 11:19; Luk 7:35).

Ja, die toets vir die wysheid is die resultate wat dit voortbring(NLV).

Maar ’n mens kan sien dat God se wysheid reg is as jy na die resultate daarvan kyk! (Die Lewende Bybel)

The proof of the pudding is in the eating(Message). 

Twee lyne loop langs mekaar maar die een lyn 1% af van die teiken. Dit kan nie nou met die blote oog gesien word nie, maar met verloop van tyd sien mens wel of dit op teiken was of nie.  

’n Fariseër met die naam Gamaliël, ’n geëerde wetskenner van Moses en baie gerespekteer deur al die mense: Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: Laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Moenie dat dit dalk later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie! (Hand5:38). 

Sommige mense weet nie eers dat hulle dwaal nie – en daar sal valse leraars en apostels wees. Die langdurigheid en natuurlike volhoubaarheid sal uiteindelik die toets van tyd deurstaan.  

Ons gaan almal moet rekenskap gee: 

Christene is soos ’n veld wat in ’n voorbrand klaar afgebrand is. Wanneer die groot vuur kom, is hulle veilig. Bekering is om God se oordeel oor jou, dat jy ’n sondaar is, te erken, te bely en Sy geregtigheid te ontvang! 

Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word(Mat 12:36). 

Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee(Heb 4:13).

Hulle sal rekenskap moet gee aan Hom wat klaar staan om oor die lewendes en die dooies te oordeel(1 Pet 4:5). 

Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: “Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie” (Mat 25:41-43).

Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Die wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ’n dader van die wet nie, maar ’n regter(Jam 4:11).

God soek goddelike vrug: 

Matthew 25:1-13 – die vyf dwase maagde

Matthew 25:14-30 – die talente 

Matthew 25:31-46 – die skeiding tussen die skape en die bokke

Hierdie drie gedeeltes moet saam hanteer en verstaan word, want die een verklaar die ander en sluit aan by die ander. Al drie gedeeltes eindig in oordeel (Mat 25:11-13; Mat 25:30; Mat 25:46).  

Alhoewel kapstok-predikers al baie afleidings gemaak het oor waarna die olie in die lampe verwys, gee die Skrif geen duidelike inligting nie. Die gedeelte fokus eerder op die term dwaas. Om te dink dat jou lamp gaan brand sonder olie! Dis gekkigheid! Iemand het regtig nie gedink nie! Die volgende gedeelte oor die talente werp vir ons meer lig op wat gereedheid wel beteken. Die fokus in hierdie storie is woeker met, werk aan, vermenigvuldig dit wat jy ontvang het. ’n Gesonde boom dra vrug! 

In die laaste gedeelte oor die skape en bokke praat die Here direk en verwyder enige raaisels. Die vrug wat Hy soek, is ’n regverdige lewe: Besoek mense in die tronk, gee klere en kos aan dié wat nie het nie. Dink aan die gelykenis van die barmhartige samaritaan.   

We often equate faithfulness with being steadfast, consistence, being dependable, reliable, dependable, loyal, true, trustworthy, devoted, truthful. Jesus equates faithfulness with something else – multiplication. Whatever God gives to us, He expect us to multiply and present it back to Him. John Bevere 

Ons vergelyk dikwels getrouheid met standvastigheid, konsekwentheid, betroubaarheid, lojaliteit, toegewydheid en eerlikheid. Jesus vergelyk getrouheid met iets anders – vermenigvuldiging. Wat God ook al aan ons gee, Hy verwag dat ons dit sal vermenigvuldig en aan Hom terugbring.

John 15:1-10 Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

. . . omdat ek bang was . . .  (v 25)

Jy is ’n slegte en ’n lui slaaf! (Mat 25:26) 

. . . en gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis . . . (Mat 25:30)  

Om die erns van die gedeelte nog beter te verstaan, kyk in Luk 19:11-28 na die gelykenis van die ponde. 

Dryf handel daarmee totdat ek terugkom (v 13)

U muntstuk het tien muntstukke opgelewer (Luk 19:16)

. . . kry jy nou die bestuur oor tien stede (Luk 19:17) 

Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word(Luk 19:26).

Ons kan nie verby hierdie wesenlike realiteit kom nie. Ons sal nie net volgens ons woorde nie, maar veral ook volgens ons dade geoordeel word. Dit is soos ’n sangkompetisie of bakkompetisie! Ons doen ons bes, maar daar is ’n uiteinde waar ons vrug, sang, gebak, werke voor almal geoordeel gaan word. Is dit dan nie die beste idee om nou al reeds aan kompetisies deel te neem sodat ek kan leer en groei, en sodoende kan verbeter nie? Die meeste mense is te bang om eers te probeer uit vrees vir verwerping, die skande van foute maak, ensovoorts. Maar dit is juis hierin waar Christus ons kom vrymaak het. Ons is deur Christus Jesus, nou deur God, aangeneem en Sy kinders gemaak. Hy is verwerp sodat ons nie verwerp kan word nie! Dit is die redding waarvoor Christus met Sy lewe vir ons betaal het. 

Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het(1 Joh 4:17-19). 

Alhoewel Hy ons Sy kinders gemaak het, beteken dit mos nie ons spring dissipline en afrigting vry nie?  Nee, as Sy kinders verwelkom ons juis te meer afrigting en dissipline. 

Ware kinders van God verwelkom korreksie. En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie(Heb 12:5-11).

Het die kerk dus ’n geestelike mandaat en verantwoordelikheid om te oordeel? 

Die wat daarvoor veg om nie te oordeel nie, oordeel die wat oordeel.

Die grootste rede waarom die kerk sy stem om ʼn morele kompas vir die wêreld te wees verloor het, is omdat ons nie eenstemmigheid het oor dissipline en oordeel nie. Ouers verloor ook op dieselfde wyse hulle gesag oor hulle kinders wanneer die een sag is en die ander hard, en later baklei hulle met mekaar oor die dissipline-proses. Dit verwar die kind. Tog is die Skrif duidelik oor die saak: Ons moet net eers ons eie voorbehoude en opinies uit die weg ruim. Soms is ons negatiewe perspektief oor dissipline ons eie subjektiewe seerkry-ervarings waaroor ons nog nie genesing gekry het nie.

Uiteindelik is ons aardse oordeel net ʼn beoordeling en nie ware oordeel nie. Uiteindelik is God die enigste Een wat oor ons almal gaan oordeel. Maar ek kies om God se oordele in my lewe nie te verontagsaam nie. 

Dawid besing God se oordele en verklaar hoe lief HY God se oordele het! (Ps 119: 4, 15, 27, 40, 45, 56, 63, 69, 104, 128, 134, 173). Dis beter om eerder nou geoordeel word terwyl ons almal nog ʼn kans het om reg te maak, as die ewige oordeel en ewige straf. Geen straf is sonder ʼn mate van oordeel nie. Daarom voel die persoon veroordeel. Oordeel en straf is onlosmaaklik deel van mekaar. ʼn Ouer wat sy kind die heeltyd waarsku maar nooit sover kom om sy kind te straf nie, verloor gesag in daardie kind se lewe.

Die kerk se straf en oordeel is die van ʼn mens en tydelik. Wanneer God finaal straf, is daar geen uitkomkans nie. Dan is daar nie meer kans vir bekering nie. Menslike straf is altyd met die hoop op herstel en bekering! Wanneer die hele Christenkerk in pas kan kom met God se prosesse in ons lewens, kan ons meewerk tot genesing en herstel.

Dink gou aan die volgende scenario: Jou beste vriend kom vertel jou in die geheim en neem jou in sy vertroue dat hy op pad is om moord te pleeg. Hoe sal jy dit hanteer? Gaan jy hom paai en barmhartig wees teenoor hom? Gaan jy sy sonde toemaak? Of gaan jy bereid wees om ʼn vriend te verloor om ʼn lewe te red? Hoe ondersteun jy ʼn vermeende moordenaar sonder om ʼn medepligtige te word? Hoekom verbreek jy kontak? Hoekom gee jy jou vriend oor aan die gereg? Want uiteindelik wil jy hom/haar red van doodstraf en jy wil ook die persoon red wat hy/sy wil vermoor.

Die kwessie is nie óf ons moet oordeel nie, maar hóé ons moet oordeel. Daar is net twee tipes oordeel: regte oordeel en verkeerde oordeel. Om iemand te oordeel sonder dat jy al die feite het, of betrokke is in die saak en eerstehands getuienis het, is soos om jouself regter oor ʼn saak te maak maar die saak het nooit voorgekom nie. Regte oordeel is wanneer ons ʼn saak en persoon direk konfronteer en na ʼn onderskeidingsproses tot ʼn beslissing kom.

Verkeerde oordeel kom voor wanneer ons:

Iemand anders se gesag en hantering oordeel wat nie aan ons gegee is nie. 

Dis soos om ʼn pa wat sy kind straf te oordeel, bloot omdat ek nie van dissipline hou nie. Jy is nie betrokke in die verhouding en by die geskiedenis van ʼn saak nie. Paulus verduidelik dat ons nie iemand anders se hantering van sy dienskneg kan oordeel nie (Rom 14:4). Kerke is soos gesinne en families – wanneer ʼn sekere kerk een van sy familielede reghelp en aanspreek, moet ander kerke die proses respekteer. Wanneer ons iemand wat onder dissipline is jammer kry en simpatiseer, misken ons die agent wat verandering en redding in daardie persoon se lewe moet bring. Dan begin die oortreder fokus op die sogenaamde verkeerde strafproses sonder om die oorsaak van die straf te hanteer. Soos ʼn ma kan so ʼn persoon liefde wys, maar nie die straf in twyfel trek nie. Mens moet dit eerder versterk en die persoon met sagtheid lei om hulle fout raak te sien. As almal saamwerk in die strafproses, is daar nie dubbele standaarde en onsekerheid nie. Elkeen kan op verskillende wyses hulle onderskeie gawes gebruik om so ʼn persoon te help om tot hulle sinne te kom. Die Herder troos, maar is ferm om nie op die pak slae te fokus nie en eerder die oorsprong van die sonde te vind. Die profeet vermaan oor komende oordeel. Die apostel spreek ’n saak direk aan, denkende aan die invloed wat sonde op die groter liggaam het. Die evangelis wys daarop dat so ʼn persoon hul invloed as getuie verloor. Die leraar wys op die skrifte en God se hart en hantering van die saak. Indien elkeen hulle rol in die restourasieproses verstaan, is die kans dat so ʼn persoon gered kan word mos soveel groter. En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is(Jud 21-23).

Jy mag iemand vanuit ʼn toeskouerrol oordeel, veroordeel en straf toepas. 

Jy moet betrokke wees en as te ware lisensie/gesag/aanstelling/mandaat hê om te oordeel. Is die saak aan jou gegee? Almal het ʼn opinie oor ʼn saak, maar Bybelse oordeel soek altyd een uitkoms: Redding! Selfs toe Paulus die sonde van ʼn gemeentelid in Korinte oordeel, was dit met dié doel in gedagte: . . . om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, SODAT DIE GEES GERED KAN WORD IN DIE DAG VAN DIE HERE JESUS(1 Cor 5:5). Soos ʼn pa sy kind straf en ʼn pak slae gee om hom te red van onheil, so word oordeel gebruik as ʼn laaste uitweg om iemand tot sy/haar sinne te bring. Dit is vir die ouer geensins aangenaam om ’n kind te straf nie, inteendeel, dis soms traumaties. Maar juis omdat ons ons kinders liefhet en wil voorkom dat hulle in dwaasheid en in rebellie tot hul einde kom, straf ons ons kinders (Heb 12:5-11). Dis tog algemene professionele praktyk om nie mekaar se sake te bespreek en opinies daaroor te opper alvorens ek nie aangestel is en al die feite voor my het nie.

Jy oordeel sonder dat jy die Bybelse pad met iemand gestap het.

EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar(Mat 18:15-17). Vinnige oordeel is nooit goed nie. Gee dit tyd en stap die pad van dissipline uit. Die uitsondering is wanneer mens regtig deur die Heilige Gees gelei word, soos toe Paulus die waarsêergees in ’n vrou bestraf het (Acts 16:18). Maar dit het tot haar vrymaking gelei. Jy beplan dit nie, en die saak wat jy oordeel het niks met jou as persoon te make nie. Dis die Heilige Gees wat deur jou werk om orde in die kerk te bring (1 Tim 5:20; 4:2; Tit 1:13; 2:15). Wanneer jy iemand bestraf (rebuke) is dit ook korrek omdat dit direkte konfrontasie is. Jesus se styl van bediening was direk, nooit met ompaadjies en mooi praatjies nie. Ek glo dat as ons selfvernietigende gedrag reguit konfronteer en sake reguit met mekaar uitpraat, sal daar baie meer vrede in die huis van die Here wees. Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom(Luk 17:3). Ons is soms so bang vir konflik en om iemand te na te kom dat ons nie besef dat ons stilswye op die ou einde baie meer skade veroorsaak nie.

Jou oordeel is nie waar en regverdig nie. 

Lees Mat 23:1-31. Jesus spreek Hom uit teen die Fariseërs en skrifgeleerdes. Hy maak baie kras en harde uitsprake: Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, blinde leiers, dwase, gewitte grafte, slange addergeslag! Die feit is: Dit is die waarheid. Jesus voeg nie by of oordryf nie. Hy sê dit presies soos dit is. Hy oordeel ook nie as reaksie op bitterheid of omdat hulle Hom nie ontvang het nie. Enige kind ontvang sy pak wanneer hy weet hy was verkeerd. Wanneer hulle egter onregverdig of onskuldig gestraf word, maak dit hulle opstandig. Daarom is dit so belangrik om nie te vinnig ʼn oordeel te vel nie. Kry eers al die inligting ter sake alvorens jy oordeel en konfronteer. Wanneer jy iemand konfronteer, werk net met eerstehandse inligting en dit wat die Heilige Gees aan jou openbaar.

Om nie regte oordeel toe te pas nie het gevolge:

Sou ons as kerk nie die sonde in ons midde oordeel en hanteer nie, word die hele gemeente uiteindelik besoedel met die sonde. Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?(1 Cor 5:6). Sedert kerkleiers dit vermy om hulle verpligting tot gesonde oordeel uit te oefen, het die algehele standaard van heiligheid in die kerk dramaties gedaal. Dit het meegebring dat die sout laf geword het, en dienooreenkomstig het die morele standaard in die wêreld nog verder gedaal. Dit is natuurlik ook logies dat om in die wêreld gehoor te word, ons self ook eers aan God se standaarde moet voldoen. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is(2 Cor 10:6). Ons kan alleenlik ’n ander leer en afrig oor gehoorsaamheid indien ons gehoorsaamheid op standaard is.  

Die laaste uitweg wat niemand graag wil doen nie:

Om iemand vir wie jy eens lief was te vermy en die verhouding weens sonde te verbreek, is geen maklike taak nie. Hierdie hantering van verkeerde dinge druis lynreg in teen die gewilde opinie en die gees van die wêreld. Tog is dissiplinêre optrede alledaags in die werksplek. Wat laat ons dink dat dissipline nie ook in die kerk geld nie? Toe priesters hulle skuldig gemaak het aan seksuele misdrywe, wou ons nie graag hê dat daar opgetree word teen hierdie individue nie? Die oordeel hoef nie in gevangenisstraf te eindig nie, maar die verkeerdheid moet aangespreek en hanteer word.

Die Bybel is baie duidelik daaroor dat ons mense wat hulle skuldig maak aan die volgende oortredings, uit ons gemeenskap moet verwyder, hulle soos heidene moet behandel en nie saam met hulle moet kuier of eet nie.

1 Cor 5:11-13 – hoereerders, gierigaards of rowers of afgodedienaars

Rom 16:17 – . . . tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het. . . 

Titus 3:10-11 – ’n man wat partyskap verwek

2 Thes 3: – wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.

2 Thes 3:14-15 – . . . iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie. . . 

1 Tim 6:3-5 – As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie. . .

Titus 1:10-11 – die wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is

Soos met enige vorm van straf is daar bitter min mense wat hulle sonde onmiddellik erken en bereid is om dit reguit en eerlik in die oë te kyk en ʼn pad van herstel te soek.

Tog is dit die enigste pad. Hoeveel huwelike het misluk en die partye het nog steeds nie ʼn benul van wat verkeerd gegaan het nie. So stap ons met ons foute en tekortkominge van die een verhouding na die ander. Daar vind nie groei plaas nie, want ons regverdig ons verkeerde dade, ons verskuif die blaam en ons is nie eerlik met onsself nie.

Wanneer die kerk iemand tugtig is daar vele uitroepe wat sê: Wie is julle om te oordeel? Het julle nie ook sonde nie? Is alle sonde nie dieselfde nie? 

Daar is ʼn reuseverskil tussen mense wat deur die geloof en Sy genade deurentyd wegstap van sonde, en diegene wat hulle doelbewus en vasberade aan sonde oorgee. Al het ons die grootste moontlike sonde gedoen, ons kan met ons sonde na die troon van genade kom en vergifnis ontvang (Heb 4:14-16). As ons sonde bely, is Hy getrou . . .  om ons te vergewe (1 Pet 1:9). Vir die vrou wat op heterdaad in haar sonde betrap is, was daar genade. Jesus se woorde, gaan en sondig nie meer nie, was haar uitkomkaart na ʼn nuwe lewe. Sou sy egter nie gehoor gee nie en terugdraai na sonde, sal sy nie aan oordeel ontkom nie. Wanneer ons as kerk sonde oordeel, sê ons nie ons is sonder sonde nie. Inteendeel, die lig van God skyn tydens oordeel op almal se harte en ons buig almal ons harte na die Here om ons te ondersoek. Ons tree nie uit hoogmoed op en oordeel nie. Ons verneder onsself voor die Here en laat juis toe dat Hy ons was. Ons staan inderwaarheid almal onder die Here se oordeel. Die kerk is net die Here se stem.

Is dit dan nie die kerk se verantwoordelikheid om mense te vertel van God se genade EN oordeel nie. Ons sal mos nie die waarheid praat as ons net die een kant verkondig en oor die ander kant swyg nie?

Die voordele om dissipline en korreksie te ontvang:

Oordeel herstel in ʼn groot mate die vrees van die Here in ʼn huis. Net soos met enige familie – wanneer Pa ʼn sekere kind straf, bring dit orde in die hele huis. Almal is sommer meer bewus van reg doen en reg leef (Gal 6:1).

Paulus vertel dat hy sekere dinge gely het ter wille van die liggaam (Col 1:24). Soms is een se korreksie ʼn geleentheid vir die wat nog wik en weeg om tot inkeer te kom. Daarom moet sekere sonde, soos Dawid se owerspel, oopgemaak word sodat ons vandag nog uit sy foute kan leer.

Wanneer mens korreksie ontvang, bespoedig dit die prosesse van God in jou lewe. Ons kan nie onsself verander nie. Een van God se agente van verandering is korreksie (Heb 12:8). Deur dit te weier en aan te hou om jouself te regverdig, kan die verandering wat in jou nodig is nie plaasvind nie (Heb 12:8). Jou smaak bly dieselfde (Jer 48 :11). God het ons genesing en herstel in gedagte sodat ons uiteindelik volkome in Christus sal wees en Hy volkome in ons (Col 1:27).

Nog nooit was ons meer in gebed en meer voor die Here se lig en oë op ons lewens nie. Almal se harte word ontbloot by die straf van sonde. Mag die Here ons almal genadig wees en gee dat ons goddelike berou sal ontvang en wegdraai van dit wat sleg en verkeerd is. Uiteindelik kan ons ’n persoon beoordeel, maar dit is God wat die geskenk van ware berou gee (2 Cor 7:7-10).


[1]Michael P. Green, Ed., Illustrations for Biblical Preaching: Over 1500 Sermon Illustrations Arranged by Topic and Indexed Exhaustively, Revised edition of: The expositor’s illustration file., (Grand Rapids: Baker Book House, 1989).