Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

GEBED wat God se hart ONTSLUIT

Een van die primêre voordele van kindskap is; jy kan jou ouers enigiets vra. Alhoewel hulle nie altyd in staat is om jou te help nie, voel jy vrymoedig om hulle enigiets te vra. Niemand staan en pleit by die vrugtebak: “ag mamma, kan ek asseblief tog ‘n vrug kry nie!!?” ‘n mens kan baie vinnig van ‘n persoon se gebed aflei, of die betrokke persoon die geskenk van kindskap en aanvaarding in Christus Jesus alreeds ontvang het, of nog soos ‘n weeskind pleit en smeek, en van buite roep om in te kom. Toe Jesus hierdie volgende beloftes van gebedsverhoring maak, bied Hy baie meer as net antwoord op ons versoeke. Hy bied kindskap! Hy bied ons deelname in die huisgesin van God, om met vrymoedigheid deel te neem, en as God se kinders Sy wil uit te voer. Daarom bid Paulus dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het. (Eph 1:17-18) Mag die Here werklik hierdie geskenk van kindskap in jou hart vir jou oopmaak, en grondves, want dit sal jou hele ingesteldheid teenoor gebed verander! Ons bid nie soos weeskinders nie! Ons vra soos kinders.

Kinders ken die wil van hulle Vader

Ons weet dat God nie na sondaars luister nie; maar as iemand vir Hom ontsag het en doen wat Hy wil hê, luister God na hom. (John 9:31) As iemand hom doof hou vir die wet van die Here, sal die Here ‘n afsku hê van so ‘n man se gebed. (Prov 28:9)En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. (1 John 5:14)Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (Joh 14:13-14)“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. Is daar ‘n pa onder julle wat as sy seun vir hom ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.” (Luk 11:9-13)As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.” (Joh 15:7-9)Dit is baie duidelik in elkeen van hierdie pragtige skrif verse van God se belofte van gebedsverhoring is daar ‘n voorwaarde betrokke. Ons moet Sy wil ken en leef. Wanneer ons Sy wil leef, kan ons met baie meer vrymoedigheid vra. Dit werk tog so in enige huis. Wanneer die gesinslede die hart van hulle pa ken, hoef hulle nie te smeek nie. In die Bybel was beroepe, ‘n gesinsbesigheid. As die ouers byvoorbeeld wewers was, dan het almal saam gewerk en hulle deel gedoen in die produksie lyn, om die beste kledingstukke te maak. Vandag nog is die familiebesigheid die sterkste ekonomiese eenheid. Jesus nooi ons om deel te word van Sy gesinsbesigheid, die Koninkryk van GOD! Wanneer ons Sy koninkryk verstaan, kan ons met vrymoedigheid vra! Ons vra nie meer ons eie selfsugtige behoeftes en begeertes nie. Ons bid vir die uitbreiding van Sy koningheerskappy in elke mense se hart.

Geloof

As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.” (Mat 21:22)Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. (Mar 11:24) Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter. Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?” (Luk 18:6-8) Net geloof kan God behaag (Heb 11:6) wat nie uit geloof is nie, is sonde (Rom 14:23). Geloof is gereedheid om te doen. Geloof staan nie passief, en dink vir God werk uit nie. Geloof verstaan alreeds wat God wil doen, en soos ‘n atleet wag ons net vir die wegstrekskoot! Geloofsgebed is praklamasie gebede: Vra vir die Here reën in die tyd wanneer die laat reëns moet kom (Zech 10:1) Elia hoor by die Here wat God wil doen, en spreek ‘n proklamasie gebed soos ‘n ambassadeur die Koning se dekreet uitbasuin. 1 Kings 17:1 & 1 Kings 18:1. Jesus bid so ‘n tipe gebed toe hy Lazarus uit die dood uit opwek! “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.” (Joh 11:41-42)

Vergifnis

“En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.” (Mar 11:25)Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder. (1 Pet 3:7) Die enkel grootste hindernis tot gebedverhoring is onvergifnis! Enige tipe bitterheid, onvergenoegdheid, ongelukkigheid, hardheid, teenoor enige persoon, blokkeer die vloei van God se genade in jou lewe! Ons word daagliks seergemaak, deur misverstande, valse afleidings, wanopvattings, miskommunikasie en gevolglike gevoelens van verwydering en skeiding. Soos Jesus moet ons leer om vir ons vyande in te tree. (Luk 23:34) julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. (Mat 5:44-45)

Bid in die Gees.

Daar is baie verwarring oor wat presies bid in die Gees is.Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid (Judas 1:20) Want as ek in ’n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. (1 Cor 14:14-15) En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. (Rom 8:26-27) Alhoewel laasgenoemde vers verwys na die versugting van die Heilige Gees wat vir ons intree, verstaan geesvervulde gelowiges wel iets daarvan, want die Gees woon immers mos nou in jou, en daar is dikwels geen onderskeid tussen wat jou gees wil en wat die Heilige Gees wil nie. Daarom ervaar ons dikwels ’n onuitspreeklike versugting in ons Gees wat lei na tye van diep gebed. Die wonder van hierdie taal wat God jou nou gegee het is, dat jy nou kan bid terwyl jy bestuur, skottelgoed was, stryk, en werk. Om so saggies in tale te bid, is ’n kragtige en positiewe ervaring vir elke gelowige omdat jy jouself stig. Veral as ons nie weet wat om te bid met ons verstand nie, bid ons in tale.Iemand wat in Christus gewederbaar en nuut gemaak is, het die Heilige Gees ontvang en strome van lewende water sal uit sy binneste uitvloei. (Joh 7:38-39) By bekering word die fontein van lewende water in jou gees geaktiveer, jy hoor God se stem, en jy begin die skrifte te verstaan. Met die doping in die Heilige Gees word ons bekragtig om dit wat ons ontvang het te deel met ander, hetsy strome. Vandag herdenk ons Pinksterdag, waar die Heilige Gees uitgestort is, en die Here 120 mense bekragtig het om soos Jesus kragtige getuies te wees van God se naby koninkryk!!

Categories
Preke

Strome van Genesing – Vloei

Hoe om dit te kry, en daarin te bly. Genade, genesing, salwing, liefde, eenheid, voorsiening, is ‘n vloei. Hoe om dit te kry, en daarin te bly. Alles in die lewe is ‘n vloei van energie. Die bloed in jou are, die suurstof toevoer in jou longe, die klankgolwe wat ons hoor, die voertuie wat na die middestad in en uit beweeg, die omgang van transaksies wat die ekonomie lewend hou. Vloei spreek van voorsiening en orde: Lug vir ons longe, minerale vir ons spiere en organe, stimulasie vir ons brein, voedsel vir ons siel. ‘n Goeie bestuurder probeer in die momentum van die verkeer bly, om sodoende brandstof te spaar, maar ook om nie die insittendes naar te maak met te vinnige stop/wegtrek bewegings nie. ‘n Fikse persoon se toevloei van suurstof is beter as iemand wat nooit oefening doen nie. ‘n Goeie toespraak vloei gemaklik van insiggewende feite na 1 punt, ‘n appèl om iets te doen. ‘n Gesonde besigheid beheer die vloei van tyd, produktiwiteit, en kostes tot ‘n winsgewende roetine. In die positiewe sielkunde is ‘n vloeitoestand, ook bekend as die sone, die geestestoestand waarin ‘n persoon wat ‘n aktiwiteit doen, ten volle gedompel is in ‘n gevoel van energieke fokus, volle betrokkenheid en genot tydens die aktiwiteit. In wese word vloei gekenmerk deur die volledige opname in wat ‘n mens doen, en ‘n gevolglike transformasie in ‘n mens se gevoel van tyd.[1] Daar is egter ook mense wat ingeprop is in ‘n vloei van selfsugtige ambisie, korrupsie, self-vergelding, onvergifnis, jaloesie, selfsug, eie-waan wat tsunami’s van geweld en gebrokenheid veroorsaak. (Joh 10:10)

God is die oorsprong van alle gesonde vervullende vloei!

Toe God die mens geskape het, het God vir hom voorsiening gemaak. Die hele skepping is ‘n netwerk en biosfeer van voorsiening. Die sogenaamde “circle of life”. So was daar grond om te bewerk. (Gen 2:17) Die Here het ‘n rivier gegee, wat vier vertakkings gehad het. “where there is gold. And the gold of that land is good” (Gen 2:11b-12a) Daar is genoeg voorsiening vir die mens gemaak op die aarde, met geen tekorte nie, maar dan moet ons volgens God se voorskrifte die grond bewerk, die vrugbaarheid deel, ingedagte dat ons rentmeesters is, moet ons die grond oppas. Dit laat rus, sodat dit optimaal kan bly voorsien aan ons behoeftes. (Sien herlewingslandbou) Sakeleiers moet reg met werknemers en kliënte werk om vloei van inkomste te verseker. ‘n gesonde geloofsgemeenskap is ‘n vloei van voorsiening deur diepgaande verhoudinge en wederkerige deelname.
“The world has enough for everyone’s need, but not enough for everyone’s greed. ― Mahatma Gandhi

God se teenwoordigheid word verduidelik aan die hand van ‘n rivier metafoor.

(Ezek. 47:1–12) God se voorsiening aan ons is nie beperk nie, en word nooit bevraagteken nie. Om God se voorsiening te bevraagteken is so absurd as om die son te bevraagteken as ons dit nie sien tydens die nag nie, en as die wolke die hemelruim oorskadu nie. God is our refuge and strength, A very present help in trouble. Therefore we will not fear,Even though the earth be removed, And though the mountains be carried into the midst of the sea; Though its waters roar and be troubled, Though the mountains shake with its swelling. There is a river whose streams shall make glad the city of God, The holy place of the tabernacle of the Most High. God is in the midst of her, she shall not be moved; God shall help her, just at the break of dawn. (Ps 46:1-5) God voorsien vir Sy volk water selfs uit ‘n rots. (Num. 20:8, 10, 11; Ps 78:16) Then the lame shall leap like a deer, And the tongue of the dumb sing. For waters shall burst forth in the wilderness, And streams in the desert. The parched ground shall become a pool, And the thirsty land springs of water (Isa 35:6-7) Dit is Jesus se hele betoog tydens een van Sy eerste preke: (Mat 6:25-34) Die tekort aan voorsiening is nie God se toedoen nie. Dit is die mens se eie toedoen, dat ons wegbeweeg het van God se vloei van voorsiening. God se liefde, genade, vrede, salwing, voorsiening is ‘n ewige liefde rivierstroom wat nooit ophou vloei nie. Ons as mens verloor of rebelleer teen die vloei, of ons probeer dit manipuleer, of ons probeer ons eie vloei skep, wat ons uiteindelik droog en uitgehonger laat. My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie. (Jer 2:13) In hierdie deurmekaar wêreld, wie wil nie hierdie tipe geestelike vloei van die Heilige Gees se salwing en teenwoordigheid beleef nie? Hoe om dit te kry

HOOF TEKS GEDEELTE: (Isa 55)

Israel span hulleself op ’n verkeerde manier in om lewensbevrediging te kry: hulle betaal vir iets wat nie brood is nie en werk vir iets wat nie kan versadig nie. Maar hulle kan hulle diepste lewensbehoefte bevredig “sonder om iets te betaal” – deur te luister na wat die Here vry en uit genade aanbied. Dit omvat die hele lewe, stoflik en geestelik, en is iets blywends, ’n ewige verbond. Waarom gee julle geld uit vir kos wat ’n mens nie kan versadig nie? Julle verdienste gaan vir dinge wat nie werklik bevredig nie. (Isa 55:2)Billy Graham vertel hoe hy eendag een van die rykste persone in die wêreld ontmoet het. Die persoon kan enige iets koop wat sy hart begeer, en het sy eie Boeing besit, met talle wonings die een groter en pragryk as die ander, en nog steeds het hierdie persoon getuig dat hy een van die “mees mistroostige” mense op aarde is. Net die volgende week het Billy en sy vrou Ruth ‘n jong pastoor met ‘n klein kerkie in ‘n afgeleë dorp ontmoet. Die energieke jong pastoor het vrypostig vertel, dat hy niks geld het nie, maar homself as een van die mees bevoorregte en gelukkigste mense op aarde beskou. Die Here bied ons ‘n verhouding. Ons is op soek na kos en water, en tydelike vervulling. Hoe om in die vloei te bly

Maar verbondsverhouding met God is nie sommer soos enige verhouding nie:

· As julle mooi luister wat Ek sê (Is 55:2) · Luister wat Ek sê en kom na My toe (Is 55:3)· Luister, dan sal julle werklik lewe. (Is 55:3) · Kom na die Here toe, aanbid Hom, want Hy is nou by ons (Is 55:6)Verhouding, vriendskap, verbondenheid met God word beskryf in terme van ‘n dienskneg wat sy hele bestaan, eer en trots laat bestaan om te weet wat sy of haar meester wil hê, nog voordat hulle vra. Sien die “butlers guilt code of honor”[2]

Die ewige sikliese stroom van God se Woord:

(Isa 55:10-11) God se Lewende geopenbaarde Woord in Gees, is ewig! God se Woord hou die aarde in stand. (Heb 11:3) Dit kan nie leeg na Hom toe terugkeer nie. ‘n Paar maande gelede was ons in ‘n huiskerk byeenkoms waar twee persone vir die eerste keer besoek het. Ons het met groot verwondering gehoor hoe die getuienis van die jonger paartjie en wat hulle in die geloof vermag het, die presiese vervulling was van die ouer persoon, vir wie die Here 20 jaar tevore sekere beloftes oor ‘n plaas, en gemeenskap gegee het.
Man shall not live by bread alone… At the loss of possessions, status, freedom, companionship, and money; only the eternal living Word of God can sustain one’s heart to remain at peace, full of joy, and deeply content.Die lang lys van martelare wat vir hulle geloof, gely het en uiteindelike gesterf het is bewys van die bogenoemde stelling. Broeder Yun, die hemelse man. [3]Madame Guyon [4]Corrie ten Boom [5] Het Jy Jesus, of het jy HOM nie? As jy Jesus het, sal jy vrede, vreugde en vergenoegdheid beleef te midde van elke storm. Die geheim is om ons oë op Jesus te hou. (Heb 12:2) Petrus loop op die water (Mat 14:29-31)

Uiteindelik wil God die stroom van goddelike verbondsverhouing deur ons laat vloei, om die wêreld ‘n tuin van eden te maak.

12Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal juig en die bome in die veld sal hulle hande klap! 13Waar daar eers net dorings was, sal daar nou sipresse groei. En in die plek van ’n dissel sal daar nou mirtebome groei. Dit sal wees tot eer van die Here, ’n blywende teken wat vir altyd sal bestaan.” (Is 55:12–13)But let justice run down like water, And righteousness like a mighty stream. (Amos 5:24) Strome van lewende water (Joh 7:36-39) As volgelinge van Jesus is ons strome van genesing, versoening, voorsiening, vrede, liefde, kreatiwiteit, en standvastigheid vir elke honger en dors persoon wat Jesus nog nie ken nie! Tans terwyl ons nie as kerk kan byeen kom nie, is ons mense strome van versoening en genesing op soveel plekke en maniere!! Dankie Jesus U is ons vloei van voorsiening! [1] https://exploringyourmind.com/positive-psychology-a-flow-state/
[2] https://www.butlersguild.com/staff/executive-membership/the-guilds-code-of-honor/
[3] The Heavenly Man: The Remarkable True Story of Chinese Christian Brother Yun by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B004SBF7OQ/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_BYwYEbDWK6QSS
[4] Experiencing the Depths of Jesus Christ by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B075QN44WF/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_dZwYEbWDVFZAG
[5] Experiencing the Depths of Jesus Christ by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B075QN44WF/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_dZwYEbWDVFZAG

Categories
Preke

Toegang Kodes om in God se genade te leef.

Madame Jeanne Guyon, het altyd gesê: “We live by the means of Grace” Genade is ‘n plek, ‘n manier van leef, om binne ‘n bepaalde gesag en outoriteit, mandaat te loop. “Grace is a state of being”[1] Toe die amerikaanse slawe dit reggekry het om van die suide van Amerika na die noorde te vlug, het hulle vryheid tot ‘n nuwe status, en regte gekry. So het ons as gelowiges nie net vergifnis van sonde verkry nie, maar ook die status en reg tot ‘n nuwe lewe in Christus. Ons almal worstel om die regte ding, op die regte tyd, vir die regte persoon te sê. Sommige probeer die lewe forseer in hulle program van orde en reëls want hulle het net genade om dinge op hulle manier te doen. Ons wil graag oefen en fiks word maar kom nie so ver nie. Ons wil graag meer bid, en tyd in die Woord spandeer maar ons dae is te vol. Ons wil meer gesinstyd maak, maar werk kry altyd voorkeur. Die eenvoudige antwoord is: Genade ontbreek. Wanneer God ons die genade gee om ‘n ding te doen, vermag ons die onmoontlike. So kon Petrus op die water loop, (Mat 14:29) die dissipels duiwel uitdryf en siekes gesond maak (Luk 10:19), want hulle het die genade daarvoor ontvang. Heiligmaking is nie werke nie, dit is ‘n genade. (Col 1:22; 1 Thes 5:23) Die vrug van die Gees is nie werke en voornemens nie, die vrug. (Gal 5:22-23) So ook die genadegawes van die Gees. (Rom 12:6) Die probleem is ons afrikaners het ‘n heeltemal ander verstaan van die woord genade: Onverdiende vergewensgesindheid; goedertierenheid; barmhartigheid; vergifnis; raad; gelukslag; genade BETOON, genade bewys;[2] Ons verstaan genade in die sin waar iemand straf verdien het, en genade gevind het in die oë van die reg en van vervolging vrygelaat word. ‘n Beter woord is goedertierenheid, guns, vergifnis, kwytskelding. Dit is natuurlik een fasset van genade: (Col. 2:13; 3:13; Eph. 4:32)Die engelse Woorde boek verklaar “grace” so: attractive, charming elegance, goodwill, favour, regenerating, inspiring influence, divine ability, opportunity to give. Ons praat van koninklike grasie. Iemand het die situasie met diplomatieke grasie hanteer. Sommige mense doen take met soveel grasie, hulle laat dit maklik lyk. Die Bybelse Definisie van genade: through whom also we have access by faith into this grace in which we stand (Rom 5:2) “the power to do” “enable” “empower” “Bekragtig” “vermoë om te kan” Let us therefore come boldly to the throne of grace, that we may obtain mercy and find grace to help in time of need (Heb 4:16) Dit is duidelik dat “Mercy” goedheid, guns vergifnis beteken. Hoekom word “grace” bygevoeg. Die woordjie “obtain” beteken “to actively take or partake geskryf in die bekende “aorist” tyd. Dit beteken jy het die geneem, jy gaan dit nou moet neem, en jy gaan in die toekoms nog steeds moet neem. Die woord is aktief en beteken die ontvanger is aktief betrokke om die genade en guns te neem. Dieselfde begrip kom voor in Joh 1:12 “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo” Die werkwoord aangeneem het is ook in die “aorist” tyd geskryf. Dit beteken dat ons kindskap daagliks vir ons self toeëien, en daarin wandel soos Hy ons die krag gee.

LES 1 Genade is ‘n persoon

Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. (Joh 1:16-17) As ons Jesus ontvang het, en Sy geregtigheid, ontvang ons Sy genade. Hy is die vermoë wat God deur die Heilige Gees in ons werk. Wees vol van Jesus en vol van die Gees, en jy is vol van genade!

LES 2 JY kan nie Genade wil hê, en nie genade gee nie.

Genade is soos immigrasie: Wanneer jy jou groenkaart ontvang het, moet jy jou oorspronklike burgerskap opgee. Jy kan nie in albei lande woon nie. Die land waarin jy woon bepaal die voordele en regte wat jy het. Woon jy in genade: is daar bepaalde genade voordele, maar as jy kies om jou hart te verhard om nie te vergewe nie, het jy alreeds terug gemigreer na die land van oordeel, veroordeling, straf en vervolging. Dit is waaroor die hele verhaal van die onbarmhartige skuldeiser handel. (Mat 18:15-36) Die hartseer uiteinde van die man is tragies: En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie. (Mat 18:34-35) So is baie mense vasgevang in die land van oordeel en veroordeling.

LES 3: Ondek jou eie genade gawe

As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien. (1 Pet 4:10) Bestudeer en Memoriseer (Philemon 1:6) [And I pray] that the participation in and sharing of your faith may produce and promote full recognition and appreciation and understanding and precise knowledge of every good [thing] that is ours in [our identification with] Christ Jesus [and unto His glory]. (Amplified) that the sharing of your faith may become effective by the acknowledgment of every good thing which is in you in Christ Jesus. (NKJV) Ek bid dat die geloof waaraan jy ook deel het nog verder in jou hart sal werk sodat jy sal sien watse wonderlike dinge ons alles het omdat ons aan Christus behoort. (Die Boodskap) Elke gelowige in Christus, wat hy nuut gemaak het ontvang sekere nuwe natuurlike gawes, vermoëns, godsvrug, as deel van jou nuwe natuur.

LES 4: Die genade van ‘n gemeente

Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. Dit was meer as wat ons verwag het, want eers het hulle hulleself aan die Here gegee en toe aan ons. Dit is soos God dit wil. (2 Corinthians 8:1-5) Wanneer ‘n groep mense deur die Gees gelei word, en meer en meer mense presies begin doen wat die Vader sê, dat word daar ‘n korporatiewe kollektiewe genade ontsluit. Die bouers van die toring van babel het hierdie geheim ontdek, en wou dit vir vir hulleself ‘n naam maak. Daarom het God hulle tale verwar. Kommunikasie is vandag nog een van die grootste hindernisse tot eenheid, Maar mense van die Gees, praat en verstaan mekaar na die gees. Kommunikasie is maklik, soomloos, en daar is ‘n fyn begrip en aanvoeling vir mekaar.

LES 5: SY GENADE en KRAG Kom tot vervulling in ons swakheid

Toegang Kodes om in God se genade te leef.Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. (2 Cor 12:9-10) Ons roem dus nie in ons eie talente, en vermoëns nie. Ons kompeteer en wedywer nie ment mekaar nie. Ons meet nie prestasie, status, besittings en uiterlike voorkoms nie. Ons kyk na binne. Ons erken ons swakhede. Ons bely ons tekortkominge. Ons het niks om die Here te bied nie. Hy skuld ons niks nie. Ons het geen regte nie. Ons leef nie meer nie. Ons is saam met Hom gekruisig. Iewers in ons swakheid, nederigheid, ootmoed kom die Here ons swakhede tegemoet en gee ons bonatuurlike krag en vermoëns! “God always give sufficient grace in times of need.” Ons moet dit net raak sien. Hy gee genade op verskillende maniere ons moet dit net ontvang. Soos ‘n pasiënt wat ernstig verswak en sieklik is, gehospitaliseer word en wag vir die medikasie wat deur die drup geadministreer word. So wag ons met verwagting vir Sy genade om te werk. Ons weet nie hoe God voorsien nie, maar Hy doen. Op baie verskillende maniere. Ons moet die nuwe maniere aangryp. Moenie kyk WAT gebeur het nie, wees DANKBAAR vir wat nie gebeur het nie. Ons kan al hoe minder staatmaak op perfek. Perfekte goeie uitgewerkte planne werk nie altyd so uit nie. Ons werk met gebroke mense, en ons self is gebroke kruike. Mag ons nou meer genade met mekaar hê. Mag ons huise, ‘n tuiste van genade wees. Waar Genade mense, saam genade verniet ontvang geniet. Speak GRACE to the mountain. “This is the word of the Lord to Zerubbabel:Not by might nor by power, but by My Spirit,’Says the Lord of hosts.‘Who are you, O great mountain?Before Zerubbabel you shall become a plain!And he shall bring forth the capstoneWith shouts of “Grace, grace to it!” ’ ” (Zech 4:6-7) [1] Andre Pelser
[2] F. J. Labuschagne and Louis Eksteen, Verklarende Afrikaanse Woordeboek, 2000.

Categories
Preke

“Jou denke bepaal jou realiteit”

Daar word gesê: “Jou denke bepaal jou realiteit” As iemand by voorbeeld nie goed voel oor hulleself nie, nie dink hulle is goed genoeg nie bepaal dit hulle gesindheid en ingesteldheid teenoor hulle werk. Uiteindelik sal dit die kwaliteit van hulle werk reflekteer. In hierdie week moes ek iemand probeer help, wat uiteindelik haar werk verloor het, omdat sy bose geeste in mense sien en sommer in die werk probeer om die geeste uit te dryf. Dit is natuurlik ‘n ekstreme voorbeeld: die vrou self is nie vry nie, en het duidelik genesing nodig. Iemand wat gedurig hulle vrese oordink, sal uiteindelik niks doen nie. Iemand wat sukkel om mense te vergewe, gaan meer in konflik wees met mense. Moenie eetby ’n suinige mens nie.Moenie jou laat verleideur sy lekker kos nie.Hy sê: “Eet en drink gerus!”Hy bedoel dit nie,want hy sit en berekenhoeveel dit vir hom sal kos.Jy sal naar word van wat jy eet,jou komplimente sal jy moet sluk. (Prov 23:7) Ware gelowiges en volgelinge van Jesus is geroep om in ‘n ander realiteit te leef en te funksioneer as die wêreld. Alhoewel ons aan die selfde omstandighede blootgestel is, is ons ingesteldheid anders, en teenstrydig met die van die wêreld. Gelowiges tap nie van dieselfde bron nie. In hierdie wêreld maak mense staat op navorsing, filosofieë en redenasies wat gedurig verander, en sporadies weer deur die volgende teorie verkeerd bewys word. Mens weet later nie meer wat om te glo nie. Gelowiges het al deur die eeue die moeilikste omstandighede denkbaar deurleef, met ‘n konstante teenoorgestelde gesindheid.Rusies – stilswye en liefdes dade.Vervolging – seënwense.Onskuldig tereggestel – vergifnis.Diefstal en vandalisme – vrygewigheid.Armoede – mededeelsaamheid.

Ons binne-wêreld bepaal ons buite-wêreld. Tog is ons soos alles mense, vatbaar om op sleeptou geneem word deur vrees, negatiwiteit, skeptisisme, agterdog, en valse vrede. Paulus se reis na Rome, is die mees volledige gedetailleerde skeep-en-reis-joernaal wat bestaan in antieke geskrifte. (Acts 27-28) Die reisplan, hawens, en skeepsvaart praktyk van antieke Rome word in detail omskryf en vertel. Paulus wou al graag Rome besoek, maar was verhinder. (Rom 1:13) Paulus het ‘n duidelike opdrag van die Here om homself te beroep op die Keiser Caesar. (Acts 23:11) Hy word profeties gewaarsku van die komende swaarkry: “Nadat ons reeds ‘n hele paar dae daar was, het daar ‘n profeet met die naam Agabus van Judea af aangekom. Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, sy eie hande en voete daarmee vasgebind en gesê: “So sê die Heilige Gees: Die Jode sal in Jerusalem die eienaar van hierdie gordel net so vasbind en hom aan die heidene uitlewer.” (Acts 21:10-11) Paulus se Apostoliese verklaring en deklerasie van onbeweegbare geloof en oortuiging weerklank deur die eeue vandag nog in ons harte om ons lewe neer te lê ter wille van die evangelie: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle trane? Ter wille van die Naam van die Here Jesus is ek bereid om in Jerusalem nie net gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterwe.” (Acts 21:13) Paulus probeer met die Jode versoen, maar word in hegtenis geneem omdat “Hier is die man wat ons volk, die wet van Moses en die tempel oral aanval. Nou het hy boonop nog Grieke in die tempel ingebring en hierdie heilige plek ontheilig.” (Acts 21:28) Selfs toe Paulus weer sy getuienis wou bring skree hulle: “Weg met hom! So ‘n man behoort nie te bly lewe nie!” (Acts 22:22) Paulus beroep toe op beskerming van die Romeine, omdat hy van geboorte ‘n romein was. So kom Paulus voor die Joodse Raad: (Acts 23:1-10) Die rusie het so hewig geword dat die kommandant bang was dat hulle Paulus uitmekaar sou skeur. (Acts 23:10) Paulus ontsnap met die hulp van die Romeinse kommandant, en word na Feliks toe gestuur. Paulus het met hom gepraat oor ‘n lewe in gehoorsaamheid aan God, oor selfbeheersing en oor die komende oordeel. Dit het Feliks laat bang word, en hy het gesê: “Dit is nou genoeg! Gaan maar terug, en as ek tyd het, sal ek jou weer laat roep.” (Acts 24:25) 2jr later word Feliks deur Porcius Festus opgevolg. Paulus beroep hom op die keiser, omdat hy niks kwaad teen die Jode verrig het nie. So besoek koning Agrippa en Bernice Festus in Sesarea, en Paulus kry ‘n geleentheid om aan hulle die evangelie te verkondig. Koning Aprippa probeer verskonend die appél systap : “Jy dink seker jy kan my sommer gou-gou ‘n Christen maak” (Acts 26:28) So begin Paulus se reis na Rome. Hy word deur Lukas die doktor/skrywer en Aristargos vergesel. Aristagos was ‘n Masedoniër wat alreeds in die opstand in Efese saam met Paulus vir sy geloof gely het, en hom skynbaar dikwels vergesel het op sy reise, maar ook medegevangene geword het, om Paulus by te staan en te dien. (Acts 19:29; 20:4; Col 4:10; Philemon 1:24) Die storie ontrafel soos ‘n epiese Hollywood drama. ‘n skeepsreis wat nie langer as 2 weke moes deur nie, raak ‘n 4-5 maande avontuur ekskursie. Die ongunstige weersomstandighede lei tot ‘n 14 dae grendel tyd op rowwe seewater, sonder die sig van die maan of die sterre om hulle rigting te bepaal, en sonder kos! Dit terwyl Paulus hulle gewaarsku het om nie verder te seil nie. “Manne, ek sien dat ons vaart van nou af gevaarlik sal wees en dat daar nie net groot skade aan die vrag en die skip gaan kom nie, maar ook lewensverlies.” (Acts 27:10)Paulus se lewe en lewensbeskouing was nie gegrondves in die dramatiese gebeure nie: Alhoewel hy dieselfde omstandighede moes ontbeer as die 276 lewens op die skip, het hy anders na die wêreld gekyk! “Verlede nag het daar ‘n engel aan my verskyn van die God aan wie ek behoort en wat ek dien. Die engel het vir my gesê: ‘Moenie bang wees nie, Paulus. Jy moet nog voor die keiser verskyn. En ter wille van jou spaar God in sy goedheid die lewe van almal wat hier saam met jou op die skip is.” (Acts 27:23-24) Die boodskapper van God, was nie ‘n engel nie, dit was Jesus; ander sou hy nie na hom verwys het as die een aan wie ek behoort en wat ek dien nie. Die realiteit van Jesus wat by ons is in ons storms, is die realiteit waaruit ons, ons binnewêreld organiseer. Die stelling “Jou denke bepaal jou realiteit” is nie ‘n filosofiese sentimentele “secret-new-age, positiewe denke versinsel nie! Hierdie boeke en filosowe verkondig dat as jy net hard genoeg ‘n ding dink, sal jy dit kry! Die realiteit van die persoon Jesus Christus anker my gedagtes, emosies, ingesteldheid, hart, fokus, verwagtinge, motiewe en wese in goddelike geloof!! Hierdie is die realiteit waaruit gelowiges leef!! Ons beleef dieselfde omstandighede, maar ons hanteer die lewe gehaal en al anders!! Ware gelowiges loop altyd op water: Ons hele lewe is ‘n geloofsreis!

Sleutels uit Paulus se Skeepsjoernaal:

1) Bly in Jesus, en laat Hom in jou bly. (John 15:4) Hou jou oë gevestig op Jesus die voleinder van jou geloof. (Heb 12:1-2) 2) Omring jou met vriende en vennote wat in dieselfde geloof staan. Lukas en Aristagos se saamwees, het sekerlik ‘n rol gespeel in die helde storie. Aristagos beteken “the best ruler or best ruling” Ons het nodig om ons te omring met goddelike regeerders. 3) Moenie die koers van jou roeping verloor nie. (2 Pet 1:10) Paulus het selfs nie, toe hy profeties vertel word, wat hy alles gaan moet lei, van koers beweeg nie. 4) Verwag die bonatuurlike: Buiten die feit dat elke lewe gered is, het die slang wat Paulus gebyt het hom niks aangedoen nie (Acts 28:3) Het hy Publius se pa was in die bed, siek aan maagkoors gesond gemaak. (Acts 28:8) Na hierdie voorval het ook die ander siekes op die eiland na Paulus toe gekom, en hy het hulle gesond gemaak. (Acts 28:9)