Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Oorwin irrasionele Vrees

Hoofteks (Luk 18:1-8) 

Van tyd tot tyd beleef ons almal irrasionele verlammende vrees en angs.  Ons weet hoe dit voel as jou maag in ‘n knoop draai, en hoendervleis op jou lyf uitslaan, as gevolg van iets wat jy gelees het, of gehoor het. Vrees is natuurlik en gesond, en verskerp ons sintuie en spiere om of te vlug of om te baklei want daar is gevaar.  Satan se moedertaal is leuens, en hy verstaan dat vrees net soos geloof werk. Geloof kom, soos ‘n saad. Geloof kom deur gehoor, of iets wat jy sien, of ‘n getuienis. Vrees kom ook deur ‘n storie, slegte nuus, of iets wat jy sien of hoor. Deesdae is sosiale media vol van misleiding en fobnuus. Satan gebruik dit om ons te ontstel, en te verlam met vrees. Daar is sekerlik tye waar ons werklik in ‘n situasie kom, waar vrees regverdig is. Self dan het ons nodig om te glo, en in die geloof op te staan en die gevaar, tyding, krisis te ontbeer! 

Jesus vra die vraag: maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” (Luk 18:8) 

Die gelykenis begin met ‘n verduidelik en motief: “dat ’n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie.” (2 Cor. 4:1, 16; Gal. 6:9; Eph. 3:13; 2 Thess. 3:13) Geloof is altyd in opstand teen die status-quo! Geloof is ‘n weerstand beweging! Geloof sien ‘n hemelse werklikheid, en fokus nie op die sienlike tydelike dinge nie. (2 Cor 4:18) Soos Stephanus vol van die Heilige Gees, die steniging ontbeer, met sy oë gevestig op Jesus. (Acts 7:55) So staan die kinders van God, vol van geloof, in gereedheid om te doen presies net dit wat Hy van ons vra.  

Die regter in hierdie storie is waarskynlik ‘n romeinse regter, wat geensins empatie of begrip het met die nood en leed van ‘n Joodse weduwee nie.  Haar versoek is nie dat haar teëparty gestraf moet word nie, maar wel dat sy beskerming ontvang. Wat haar teëparty doen is nie reg nie, en sy verdien beskerming van ‘n hoër gesag.  Haar vasberadenheid was gedetermineerd gefokus soveel so dat die regter verklaar: sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie. (Luk 18:5) 

Die Crux van die storie is die feit dat haar geloof nie net gebede en verstandelike vertroue was nie. Sy het die regter moeg gemaak, met haar gereelde hof verskynings.  Dit impliseer dat sy tog sekerlik ‘n ‘nee’ antwoord moes ontvang het. Sy het nie toegelaat dat sy laksheid, onvermoë, onreg, verkeerd wees haar onder kry nie. Herhaaldelik, het sy met ‘n nuwe saak gekom, met nuwe getuienis, en ‘n beroep gedoen vir regspraak en beskerming.  

Jesus maak dit ook duidelik dat Die Vader nie soos hierdie regter is nie. (Mat 7:9; Heb 12:9) Dit beteken ons hoef nie so aan te gaan asof die Here nie wil antwoord nie. Elke goeie gawe kom van die Vader. (James 1:17) Daar is wel ‘n geloofstryd aan die gang, om Sy koninkryk en Sy wil hier op aarde te laat geskied. 

sal Hy wel DIÉ geloof op die aarde vind?