Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Verander jou berg in ‘n molshoop.

“𝗩𝗲𝗿𝗮𝗻𝗱𝗲𝗿 𝗯𝗲𝗿𝗴𝗲 𝗶𝗻 𝗺𝗼𝗹𝘀𝗵𝗼𝗽𝗲” 

Om van elke molshoop ‘n berg te maak kan ‘n toksiese gewoonte raak, wat die mense om jou en jou geestelike lewe negatief beïnvloed. Ons doen dit meestal sonder dat ons daarvan bewus is, maar baie mense sien in die geringste kwessie ‘n reuse probleem of krisis. Almal beleef swaar en probleme, maar sekere mense sal met dramatiese byvoeglike naamwoorde dit altyd laat klink asof hulle slagoffers is van ‘n geheime sameswering.  Ander sal altyd die fout wat begaan is van ‘n byeenkoms, transaksie of idee uitlig. “Beproef alle dinge; behou die goeie” (1 Thes 5:21) Wat ek glo die Here lig op wil werp vandag is nie ‘n spesifieke persoonlikheidtipe nie. Sommige mense sien die glas half vol, en ander half leeg. Ons benodig beide positiewe en kritiese denke om van enige saak ‘n sukses te maak.  Om van elke molshoop ‘n berg te maak is egter teken van ‘n sekere denkwyse wat skade berokken.  Mag die Here vandag deur Sy Woord ons gedagtes vernuwe, om ander te dink.  

Mense wat gediagnoseer is met kompulsiewe gedrag versteuring, of post-traumatiese stress of wat baie kompeterend en beheervrate is geneig om van elke molshoop ‘n berg te maak.[1] Op die oomblik word ons ook toegegooi met sosiale media en nuusagentskappe wat die kyker getalle najaag deur die mees sensasionele nuusberigte te promoveer. Die meeste berigte is ook ‘n dramatisering van wat werklik gebeur het. Natuurlik gebeur daar bitter slegte goed met mense! Mense word vermoor, ander veg teen kanker wat jou liggaam van binne af opvreet! Sommige mense oorleef ongelukke en moet daagliks worstel deur die rehabilitasie proses! Mense kry regtig baie swaar! Sommige mense het regtig nie kos om te eet nie. Miljoene immigrante leef in haglike omstandighede genoodsaak om hulle geboorte land en wonings te verlaat.  

Wat sê God se Woord? Wat is die Bybelse manier van dink? Ons gaan vyf teksverse bestudeer. Mag hy vandag ons uitkyk oor die lewe geheel en al verander! 

7“Wie is jy, grote berg? Voor Serubbabel word jy sommer ’n gelyk pad! Hy sal die laaste klip van die tempel lê en die mense sal uitroep: ‘Genade, genade oor hom!’” (Zechariah 4:7)

3Luister! Ek hoor die stem van iemand wat roep: “Maak ’n pad vir die Here deur die  wildernis. Maak ’n reguit pad deur die woestyn vir ons God. 4Vul die valleie op!

Maak elke berg en heuwel gelyk, elke ruwe plek ’n gelykte, elke koppie ’n vlakte.

5Dan sal die heerlikheid van die Here bekend word en alle mense sal dit sien. Die Here self het so gesê.” (Isaiah 40:3–5)

20“Julle geloof was nie sterk genoeg nie,” was Jesus se antwoord. “Dít verseker Ek julle, as julle geloof selfs so klein soos ’n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie berg sê: ‘Skuif soontoe,’ en hy sal dit doen. Ja, niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” (Matthew 17:20)

5Berge smelt soos was voor die Here,  voor die Here van die hele wêreld. 6Die hemele verkondig sy geregtigheid; elke volk sien sy heerlikheid. (Psalm 97:5–6)

25Dit kan jy maar weet, vernietigende berg, verwoester van die wêreld, Ek is jou vyand,”

sê die Here. “Ek sal teen jou optree, Ek sal jou teen berghange afrol. Ek maak jou ’n verskroeide berg. 26Jy sal vir altyd verwoes lê. Niemand sal eers uit jou rommel ’n klip vir ’n hoeksteen of ’n fondasie gebruik nie,” sê die Here. (Jeremiah 51:25–26)


[1] https://www.learning-mind.com/making-a-mountain-out-of-a-molehill-toxic-habit/