Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Behou geestelike fokus in tye van onrus.

I continue to pray for your love to grow and increase beyond measure, bringing you into the rich revelation of spiritual insight in all things. Phil 1:9 Passion Translation

Ons leef tans in ‘n wêreld van miljoene opinies en agterdog oor geheime sameswerings, emosioneel gelaaide waarskuwings, grootskaalse verwarring, teenstrydige navorsing, kommer oor inperking maatreëls, diskriminerende persoonlike aanvalle en opswaai van aanranding en geweld!!! Mens hoor elke dag van meer egskeidings, gesinsgeweld, en gesonde mense se sterftes. Hoe hou mens FOKUS? Hoe kry mens goddelike INSIG? Nou meer as ooit is dit nodig dat ons, ons geestelike sintuie sal verskerp in die daaglikse stryd, om fokus op Jesus te behou. 

Ons word daagliks gebombardeer met ‘n magdom inligting, tog weet bitter min mense hoe om reg en gesond te leef.  Inligting is nutteloos sonder INSIG om te weet wat om op die regte tyd met die regte mense te doen.  Insig verbind die kop met die hart. Insig wys jou nie net wat om te doen nie, maar ook die hoe, asook wanneer om dit te doen. Insig bring al die punte bymekaar. Insig word beskryf as die vroeg-môreson wat opkom in mens se hart, en jou nuwe stukrag gee vir ‘n gegewe saak. 

Dictionary.com defines insight as:

  • An instance of apprehending the true nature of a thing, especially through intuitive understanding;
  • Penetrating mental vision or discernment;
  • Faculty of seeing into inner character or underlying truth; an understanding of relationships that sheds light on or helps solve a problem;
  • An understanding of the motivational forces behind one’s actions, thoughts, or behavior; self-knowledge.

Iemand wat dieper dink oor ‘n saak verkry insig. Die meeste mense dink nie deur hul probleme nie. Hulle is geneig om teen hul berge vas te kyk in plaas daarvan om deur die berg te dink om ‘n sleutel te bekom om dit te oorwin. Geloof wat berge versit, begin met die verskuiwing van klein molshope. Soos in ‘n vorige boodskap verduidelik, maak die meeste mense van ‘n molshoop ‘n berg. Kinders van God wat in oorgawe Sy geregtigheid ontvang het, is geloofsmense! Ons dink, praat en leef geloof! Ons maak berge molshope… bergplatmakers! 

Visie kom deur insig. Lig en visie gaan saam. Wanneer God Sy waarheid aan ons belig, kry ons insig, insig lei tot visie. Visie stel kreatiwiteit vry. Sodra ons visie ontvang, kan ons ons deur die geloof dinge tot stand te bring wat nie bestaan ​​nie. God het roep dinge wat nie bestaan nie asof dit bestaan! 

Uiteindelik word mens verlam deur al die negatiwiteit om jou! ‘n Vis bestaan in die water, omdat die water nooit binne die vis kom nie. So bestaan ons in ‘n bose stormagtige wêreld, omdat ons nie toelaat dat die storm ooit in ons woed nie!!  

Meer as ooit het ons goddelike INSIG nodig om ons deur die doolhof van misleiding, leuens, verraad, korrupsie, en bose intensies uit te lei. 

Understanding establishes you. Once you understand something you know how to operate. 

Die Here het vir Besaleël toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen (Exo 31:3) Die Here het hom toegerus met sy Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen: (Exo 35:31) 

Verder het die Here vir Moses instruksies gegee om die volke te verdeel onder leiers met insig. Bring uit julle stamme verstandige manne, manne met insig, manne van aansien, sodat ek hulle as hoofde oor julle kan aanstel. (Deut 1:13) 

Salomo het ook hierdie INSIG by die Here gesoek: Die Here het dit goedgevind dat Salomo dít gevra het. Hy het vir hom gesê: “Omdat dít jou versoek is en jy nie vir jou ‘n lang lewe, of rykdom, of die dood van jou vyande gevra het nie, maar insig in wat reg is, sal Ek aan jou versoek voldoen. (1 King 3:10-12) 

H8394. תְּבוּנָה teḇûnāh: A feminine noun meaning understanding, insight. It occurs primarily in the Wisdom Literature and is associated with both wisdom and knowledge (Ex. 35:31; Prov. 8:1; 21:30); and is contrasted with foolishness (Prov. 15:21; 18:2). A person of understanding is slow to wrath and walks uprightly (Prov. 14:29; 15:21). God has understanding and gives it (Job 12:13; Ps. 147:5; Prov. 2:6; Isa. 40:28). On the other hand, idolaters, who fashion idols by their own understanding, have no understanding at all (Isa. 44:19; Hos. 13:2). 

My seun, neem aan wat ek jou sê,

maak wat ek jou voorskryf jou eie,

hou jou ore oop vir die wysheid,

span jou in om te verstaan.

Roep insig by,

vra na gesonde begrip.

Soek dit soos jy silwer sou soek,

spoor dit op soos ‘n verborge skat.

Dan sal jy weet hoe om die Here te dien,

sal jy ontdek wat dit is om God te ken.

Dit is die Here wat die wysheid gee,

uit sy mond kom die kennis en die insig.

Hy laat eerlike mense sukses behaal

en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe.

Hy sien toe dat reg geskied,

Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars.

As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kry

in wat regverdig en reg en billik is

en sal jy op die goeie pad bly.

Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem,

kennis sal vir jou iets aangenaams word,

oordeelkundigheid sal oor jou wag hou

en verstandigheid sal jou bewaak. (Prov 2:1-11) 

‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam. (2 Tim 2:24-26) 

Hoe verkry mens goddelike geestelike INSIG? 

Om INSIG te bekom kos gedetermineerde fokus, om te staak met dit waarmee jy besig is, en deur die oorverdowende lawaai en geraas van die Wêreld bewus te raak van die influistering van Sy stem in jou gemoed! 

Bolangse waarneming en bietjie kennis is nie genoeg nie om ware insig te verkry nie.  Ware insig verg werk; dit is ‘n vaardigheid wat kreatiwiteit, deursettingsvermoë en diep denke verg. Die kragtigste insigte kom uit noukeurige en ernstige ontledings om groot hoeveelhede data in bondige en spesifieke bevindings op te som. Soos ‘n arend ‘n wye perspektief het in die lug en dan afpyl op sy prooi, is insig ‘n spesifieke oplossing. 

  1. Mens moet die Here vir INSIG vra

Hy is en bly die bron van ware INSIG. Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. (Prov 3:5) Die Heilige Gees gee ware insig. (1 Cor 2:9-16) Om die sinne van Christus te hê, is ware INSIG. Die gawes vd Gees, is ook ‘n reuse bron van Goddelike Bonatuurlike Insig: Profesie, Woord van Kennis, Wysheid. (1 Cor 12 & 14)

  • Leer ken God se weë

Met groot ontsag getuig almal dan van die dade van God omdat hulle insig gekry het in wat Hy doen. (Ps 64:10) Hoe meer jy ontwikkel in die Kennis van die Here en Sy wee, hoe makliker sien jy deur al die misleidings, die regte pad van Sy wil.  (2 Cor 10:5-6; Eph 1:17; 4:13; Col 1:10; 1 Pet 1:2) Apostles en Profete is God se geskenke aan Sy liggaam om geheimenisse te openbaar. (Eph 3:4)

  • Onttrek en kom tot stilte. 

Jesus het dikwels ontrek na ‘n berg (hoogte) om te bid. (Mat 14:23; Mark 6:46; Luk 6:12; 9:28) Om soms weg te breek, weg te gaan, vir ‘n tyd te vas en bid verkry mens nuwe insig tot jou omstandighede. Breek die roetine. Insig impliseer objektiwiteit en nugterheid d.w.s die vermoë om jou maat, jou situasie, jou probleem vanuit ‘n goddelike verhewe perspektief te benader.  Om hierdie insig te verkry, moet mens die vlees stil maak. 

  • Omring jou met mense wat INSIG het.

Where there is no counsel, purposes are disappointed; But in the multitude of counsellors they are established. (Prov 15:22) Deur gereeld tyd te maak om buite jou bekende wêreld met groeperinge bymekaar te kom wat nuwe denke kan stimuleer kan jy groei. Deur robuuste dialoog en aanhou vrae vra, kom mens tot dieper insig. Jy sien jou probleem in ‘n ander lig.  Vir bykans 2 jaar kom ‘n groep van koninkryksburgers bymekaar om insig te verkry oor die ekonomie en versplinterde samelewing. Dis ‘n wonderlike voorreg om die genialiteit van Jesus se liggaam te kan ontgin. 

Insig en geloof werk saam, INSIG maak dit duidelik wat jy moet doen, geloof gee jou die krag om dit te doen! Verdagmakery, verontreg te voel, aanstoot te neem, agterdog, negatiwiteit, kritiek, oordeel en beskuldigings steel die suurstof waarin geloof moet asemhaal.  Bely en erken hierdie sondes voor die Here, en kom in Sy teenwoordigheid met lofsang en dankbaarheid!! In hierdie atmosfeer van triomf en geestelike verligting verkry mens INSIG en GELOOF om berge te versit!! 

Wees die verandering.