Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Rightwiseness – Verkry die Regte Waardebepaling

Ons sukkel maar as mens om die regte, ewige, onverganklike waarde van ‘n mens te bepaal. Geen aardse objek is ewig nie! Net die mens is bestem om ewig te lewe. Hoekom waardeer mense nooit wat hulle het totdat dit eers weg is nie? Die koninkryk van God boodskap is ‘n “reset” van alles wat ons as waardevol beskou.

Ons as mens weet nie altyd om dit wat werklik van waarde is raak te sien nie. So verkoop Esau sy geboortereg vir ‘n pot lensiesop, omdat hy moeg en honger is. (Gen 25:29-34) 

“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n skat wat in ‘n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land. “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy ‘n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel. Matthew 13:44-46 

Ek het dié lief wat my liefhet; dié wat my soek, vind my. Wie my het, het rykdom en eer, het duursame en blywende besittings. Wat ek vir jou lewer, is beter as goud, selfs fyn goud; wat ek inbring, is meer werd as die suiwerste silwer. Waar ek gaan, is daar geregtigheid, my pad is dié van die reg. Ek maak dié wat my liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol. (Prov 8:17-21)

Die wêreld ekonomie staan en val by wat mense op ‘n bepaalde tydstip van hoë waarde ag.  So behaal die 1967 Shelby Mustang GT500 kultus status na die film Gone in 60 Seconds.  Die wêreld markte is besig om geskud te word en mense soek die beste aandele om in te belê.  So het mense hulleself al baie lyding en verdriet besorg, omdat hulle tydelike, verganklike, dinge nagejaag het!  Roem, aansien, rykdom, weelde!!! 

Dit is interessant dat mense wat al vir baie lank finansieel ryk is, hulle rykdom nie vertoon of afwys nie! Hulle lewe bloot normale en eenvoudige lewens, ten spyte van hulle aardse rykdom.  

Jesus verstaan dat die mens se hart jaag dit wat jy as waardevol beskou.  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.  (Mat 6:21)  

Jesus rig die mens se hart na ewige skatte. Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. ( Mat 19:21) 

Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee. Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (Luk 12:32-34) 

Wat was vir Jesus waardevol? 

  1. Jesus heg om God lief te hê, en Hom te dien as die mees waardevolste en belangrikste ding wat jy kan doen. 

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.  (Mat 6:33)

  • Jesus wys dat hoe jy die ewigheid gaan spandeer meer belangrik is, as die aardse lewe. 

En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.  (Joh 17:3; 17) 

  • Jesus heg waarde aan ‘n meer eenvoudige lewenstyl

Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?  (Mat 6:25-34) 

  • Jesus heg waarde aan gesondheid, HY maak siekes heeltemal gesond.  

(Luke 17:11-19).
ho⋅lis⋅tic /həlistik/emphasizing the organic or functional relation between parts and the whole 1926, coined, along with holism, by Gen. J.C. Smuts (1870-1950), from Greek holos “whole.” In reference to the theory that regards nature as consisting of wholes. Holistic medicine is first attested 1960. 

  • Jesus heg nie waarde aan ‘n sigbare plek nie, maar die koninkryk BINNE jou.

Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle. (Luk 17:20-21) 

  • Jesus rig die mens se hart na ewige skatte en rykdom.

Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. ( Mat 19:21) 

  • Jesus kyk anders na die mees belangrike mense. 

In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.” (Mat 18:1-5) 

Hoe meet ons, ons eie waarde? 

Ons meet ons waarde soms met verskillende veranderende nie betroubare maatstawwe soos: hoeveel likes op ons sosiale media blaaie, prestasies, volgelinge, suksesse, status posisies ens. ens.  Jesus leer ons om onsself van waarde te ag, bloot omdat Hy ons van waarde ag.  Omdat Hy ons liefhet! Omdat Hy vir ons gesterf het, en vir ons sonde betaal het! Omdat Hy ons raaksien en by ons stop! Omdat ons Hom ken! Ons skepper is inderdaad die beste onveranderlike bertroubare waardebepaling. Mens gaan mos na ‘n spesialis om die waarde van ‘n objek soos ‘n diamant, of oudheid te bepaal. Net so gaan ons na ons Vader, om ons waarde te bepaal!  

Wat doen ons met mense wat ons nie van waarde ag nie?

Mense het Jesus ook nie van waarde geag nie. Dit is ‘n gegewe, mense is meestal net op hulleself ingestel.  Jesus is God met ons. Telkens hoor ons Jesus sê: “As julle maar net besef wie dit is wat hier by julle staan.” Hoe het Jesus dit hanteer? Hy nudge mense liggies om te sien wie Hy werklik is.  Die samaritaanse vrou by die put. (Joh 4) Maar Jesus verklaar ook aan die ander kant: “As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.” (Joh 5:31) Selfpromosie was dus nie deel van Jesus se modus operandi nie. Hy het bloot aangehou om fisies te doen waarvoor Hy geroep was. Hy maak siekes gesond, dryf duiwels uit, en getuig van die waarheid. Hy neem nie aanstoot omdat mense Hom nie sien nie! “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Luk 23:34) Van al Jesus se volgelinge het net Maria gesien wie Jesus regtig was, en wat Hy bereid was om te offer. Daarom kom salf sy Sy voete. (Joh 12:1-11) 

Verlaag jou verwagtinge van mense. 

During the time he was in Jerusalem, those days of the Passover Feast, many people noticed the signs he was displaying and, seeing they pointed straight to God, entrusted their lives to him. But Jesus didn’t entrust his life to them. He knew them inside and out, knew how untrustworthy they were. He didn’t need any help in seeing right through them. (Jn 2:23–25). En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen. Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.

Moenie jou verwagting op mense stel nie. 

Jer 17:9-10; Jer 10:23; Prov 14:12; Jud 21:25; Ps 118:7-9