Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die ongetemde EGO

Die Goddelike tem van die EGO. 

Tydens ons “Wat is God se Hart vir Sy kerk” aanlyn Bybelskool, vra ek mense om in-kort te verduidelik in watter area van hulle lewe het hulle geestelike groei beleef in die laaste jaar, of reformasie ervaar.  

Verskeie mense het gedeel dat hulle geleer het om stil te bly, en nie net te praat sonder om te dink, en al die inligting te hê nie. Ander om nie meer hulle vrees uit te spreek teenoor hulle huweliksmaat nie, maar eerder biddend te wag en dan geloof te spreek. ‘n Ander vertel hoe die Here hulle help om nie so vinnig op hulle perdjie te wees nie.  

Wat al hierdie stories in gemeen het is: Die self-ego is besig om getem te word!! 

Die Ongetemde Ego wil nie Ingeperk Word Nie

Die vyfde letter van die Hebreeuse Taal, ( ה ) wat as ‘hey’ uitgespreek word het verskeie en ook ‘n pragtige betekenisvolle betekenis.  In die piktorale taal lyk die letter soos ‘n man wat met sy hande in die lug staan.  Die woord lig kom vyf keer voor in die skepping van die eerste dag, daarom verteenwoordig die letter God se asem wat lewe gee, en die vyf sintuie, vyf vingers en vyf dimensies van die siel: Instinkte, emosies, verstand, transendale konneksie, en eenwording. Die ‘h’ klank is sag, en daarom die vergelyking met asem uit as die eerste klank voor letters vorm.  Die naam Jawheh gebruik twee keer die letter, en is ook volgens oorlewering sonder die vokale geskryf, sodat jy nie per ongeluk God se naam sou kon uiter nie יהוה‎.  Volgens die Midrash het die “jod” die “dalet verlaat en die letter ה gevorm. Dit spreek dus van die sondeval, maar verteenwoordig God se teenwoordigheid in die hart van die mens.  Dit is dan ook hoe Abram en Sarai, Abraham en Sarah geword het, God het in hulle harte kom woon, as die eerste aardsvader van God se mense.  Dit kan ook beteken die mens wat weer sy of haar hart terugdraai na die Here toe, en die deur oopmaak vir die transformasie van wat die Heilige Gees meewerk! [1]

H2580. חֵן ḥēn: A masculine noun meaning favor, grace, acceptance. Genesis 6:8 stands as the fundamental application of this word, meaning an unmerited favor or regard in God’s sight.  

Die woord genade is verder ook net so kragtig: 

Die letter “chet” beteken: privaat, omheining, weggesteek, heiligdom 

Die letter “noon”beteken: lewe – vis.  

Genade is dus die lewe wat God gee binne die beperking, omheining, grense van Sy heiligheid!! 

Die Tuin EDEN was ‘n omheinde stuk genade en vermoë wat God gegee het vir die mens om Sy wil te doen! 

As gevolg van die mens se eiegeregtigheid om sy eie wil te doen, en nie God se inperking te aanvaar nie, word adam en eva uit hierdie genade, voorsiening, beskerming, gewerp.  

Dit is juis hierdie ongetemde EGO van die mens, wat deur die eeue ons meeste probleme van onmin, jaloesie, wedywering, en konflik veroorsaak het.  Die probleem is nie dat ons ‘n ego het nie, dit is dat ons dit nie tem nie! U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ’n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God. (Jer 31:18) 

God se instellings van huwelik en gesin is ‘n veilige omheining vir die nuwe lewe wat daaruit voortspruit.  Gemeente betrokkenheid is die omheining en inperking wat jou veilig hou in die Here, maar jou ook oefen om jou eie ego in te perk.  Op jou eie kan jy net doen wat Jy wil, eet wat jy wil, slaap wanneer jy wil. Maar wanneer jy in ‘n groepering saamwerk, moet jy jouself inhou, en leer om dinge saam te doen!

Die Ongetemde Ego Wil Nie Getem Word Nie

Die term “ego” is wyd en algemeen in gebruik: Egoïs, self-gesentreed teen oor selfgedrewe, selfbewus teenoor selfbegrip, selfsug teenoor self-geldend.  Die ego kan dus soos ‘n perd of ‘n bul vir goed of sleg gebruik word, afhangend hoe dit opgelei en getem word.  ‘n Wilde perd of bul breek deur heinings en laat homself nie tem nie. Niemand kan hierdie wilde perd ry nie.  Sommige mense se ego is nog glad nie getem nie, hulle praat sonder om te dink, hulle gedagtes en verbeelding ken geen perke nie, hulle maak ander seer en is in die algemeen sonder enige self-dissipline.  

In die Sielkunde is die EGO bloot die EK. “Ek hou nie van olywe nie. Ek hou van klasieke musiek!” 

Jesus is Ons Voorbeeld

Jesus is die paradoksale maar beste voorbeeld van ‘n gesonde getemde ego.  Hy maak duidelike (vir sommige) arrogante SELF – EK verklarings! Maar dan verklaar Hy dat Hy niks uit Homself doen nie, net dit wat Hy van die Vader ontvang het.  

Wanneer Jesus vals beskuldig word verdedig Hy nie Homself en val terug aan nie. (Mat 26:63)

Toe Hy gearresteer word beroep Hy nie Homself op die Legioen enegele nie. (Mat 26:53)

Toe Hy deur die mense vir wie Hy juis gekom het verwerp word, kies Hy om vir hulle in te tree by die Vader. (Luk 23:34)

Wanneer sy beste vriend hom verloën herstel hy hom voor sy vriende.  (Joh 21:15-17)

Toe ‘n dorp Hom nie aanvaar nie, kies Hy nie om hule te verdelg nie. (Luk 9:56)

Jesus blameer niemand vir sy lot nie – Hy is selfs ter tye van sy arrestasie en verhoor, en later kruisiging “krag onder beheer” 

Temperance: ἐγκράτεια egkráteia; gen. egkrateías, fem. noun from egkratḗs (G1468), temperate, self-controlled. Continence, temperance, self-control (Act 24:25; Gal 5:23; 2Pe 1:6).

Syn.: autárkeia (G841), contentedness, sufficiency; sōphrosúnē (G4997), soberness.

Ant.: akrasía (G192), excess, incontinence, self-indulgence; akratḗs (G193), without self-control, incontinent; aphrosúnē (G877), senselessness; asōtía (G810), prodigality; hēdonḗ (G2237), pleasure; kraipálē (G2897), drunkenness.

Die Ongetemde Ego Het Nie ‘n Ware Spieël Nie

Die grootste ontdekking wat mens maak in jou groei na volwassenheid in die Here is dat die EGO sonder kennis van die Here jou mislei! Dit is alleen in die kennis van God, dat jy to die regte begrip en verstaan van jou eie ek kom.  Sonder ‘n spieël kan mens nie jouself reg sien nie. Selfs mense kan jou mislei, en jou vertel hoe jy lyk, maar dit is nie die waarheid nie.  Dit is eers wanneer ons onsself in die spieël van God se Woord bekyk, dat ons onsself reg begin sien!  

Mense sukkel om dit wat ek nou-net gesê het as Waarheid te aanvaar! Maar dink daaroor. Jou persoonlikheid verander oor jare, ouderdom, omgewing werksomgewing.  Jy dink jy lyk dieselfde, maar wanneer jy kinder en bejaarde prentjies van ‘n mens bekyk, is hulle soms onherkenbaar verskillend.  Ons onthou nie, en moet herhaaldelik herinner word aan ‘n gedagte, ‘n idee, ‘n waarheid.  Ons is kragte is ook nie konstant nie, dit hang af van hoeveel ure oefening en dieet. Hoe seker is jy nou weer van jouself?? He he!! 

Ons dink meestal te veel van onsself, of in sommige gevalle te min van of self.  

Die Ongetemde Ego Glo Hulle Kan Enigiets Wees

Dit is alleenlik in die LEERSKOOL van JESUS as ‘n lewenslange pelgrimsreis dat mens jouself ontdek, en vrykom van die eko-kamer van afleidings, misleidings en misrekende identiteit.  Sommige verkondig: Jy kan enigiets wees wat jy wil wees!! Dit is eenvoudig nie die waarheid nie.  

Selfs God kan nie enigiets wat Hy wil wees, wees nie. Hy kan nie die duiwel wees nie, al wou hy. Goed kan nie sleg wees nie, en boosheid kan nie goed wees nie. Daar is inderdaad ‘n bietjie goed in die slegste van ons en ‘n bietjie sleg in die beste van ons.  Indien dit die waarheid is: waarborg ek jou ek sou die beste kitaarspeler wees in die wêreld! Mans kan nie vroue word nie, net beter of slegter mans. Jy kan jouself nie onsterflik maak nie. Jy kan nie eers van jouself ‘n heilige maak nie. Net God kan dit doen.  Maar aangesien ons in wese tydelike wesens is, kan dit nie onmiddellik gedoen word nie, net geleidelik, want niks kan uit sy eie wesenlike natuur ontsnap nie.[2]  

Die Ongetemde Ego-leier Bring Verwoesting

Egoïsme is besig om ons land se vorm van politiek te verwoes.  Elke politikus gee voor dat hulle die saak van die armes op hulle hart dra!! Dat hulle die stem van die verdrukte is! Ek wil weet hoeveel kleuterskole, skole, kerke, NGO’s, voedingskemas, opleidingsentrums, sakeondernemings het enige van die sogenaamde politieke leiers gestig, en bestuur tot volhoubare sukses? Dit is maklik om vir ‘n foto en kamera sessie goed te doen, kos te gee, geskenke te oorhandig om stemme te verwerf!! 

Politiek is die magte wat ons toelaat om sosiale beheer toe te pas. Ons kan nie sonder politiek bestaan nie.  Daar is egter GESONDE OPBOUENDE en BEVRYDENDE Politiek en regering teenoor ONDERDRUKKENDE AFBREKENDE magte.  Ons het nou meer as ooit nodig om LEIERSKAP te modelleer en te wys deur voorbeeld om ‘n nuwe generasie van goeie leiers op te rig! 

LEIERSKAP moet bewys word deur dit wat VERMAG is – Dit wat fisies opgerig en gebou is!! Iewers het ons leiers begin kies wat vreesloos en revolusionêr klink, omdat ons voel ons het bevryding nodig.  Ons het dus oorlogmakers gesoek! Aktiviste!! Aktiviste bou egter nie huise, brue en fabrieke nie – hulle rebelleer teen enige vorm van gesag.  In ‘n tyd van onderdrukking, het ons aktiviste nodig wat ons saak stel, en verandering proklameer. Maar iemand moet die verandering instel en resultate wys, dat verandering nou beter is!! 

Jesus se LEIERSKAP was ‘n perfekte balans van WOORDE en die INKARNASIE van daardie Woorde!! Jesus het die WOORD – VLEES gemaak!  Hy het eweveel wonderwerke en verlossingsdade gedoen teenoor sy filosofiese verklarings!   Dit is juis wat SY Woorde WAAR maak – IN DIE DOEN SIEN JY DIT WERK!  

‘n Ongetemde Ego Oorskat Hulle Vermoëns

Mense oorskat hulle vermoëns, en dink hulle weet iets, sonder om enige boek te lees, of ‘n graad kursus te voltooi! So baie opinies en idees wat as waarheid verkoop word, wat nie geleef is nie! 

Jesus verklaar NIKS oor Homself wat die Vader nie oor Hom verklaar nie: Hy het dus Sy EK bestaan gevind in die Vader. Hy is brood, water, die deur, lig, die lewe, die opstanding!  Dit is hierdie juiste selfverklarings wat Jesus oor Homself maak, wat Hom so geloofwaardig maak. Hy is inderwaarheid die Weg die waarheid en die lewe.  

Wanneer ek JESUS in my bestaan begin raaksien, wat is die Jesus eienskappe wat mense my voor bedank? Dit is die naaste wat jy aan SELF-PERSEPSIE sal kom. Hierdie Jesus eienskappe is die meeste van die tyd natuurlik en nie-geforseerd.  Ons noem dis GENADE of OPSTANDINGSKRAG! 

Deurdat ek gesterf het vir my eie ambisies, aansien, regte, en belangrikheid kan HY die VRUG van die GEES deur my demonstreer. Hierdie VRUG maak van my ‘n mooi, aanneemlike, vriendelike, dankbare, nederige, eerlike, lojale en sagmoedige mens!  Soms werk Hy in my die WEERSIN en REGVERDIGE WOEDE om op te staan teen boosheid, en iets daadwerklik te doen wat betekenis het en volhoubaar is!! Ek kan nie myself opwek wanneer ek dood is nie! Hierdie opwekking is iets wat die Here in ons werk! 

Die Ongetemde Ego Maak vir Hulleself Valse Inperkings en Tronke

Die vals-self-ego is soms vasgevang in self-gemaakte tronke van beperkings wat ons op onsself geplaas het in reaksie teenoor ons opvoeding uitdagings! Dit is weer die veraf pendulum van INPERKINGS wat God nie op ons geplaas het nie.  Die PERD  moet getem word, om sy beste potensiaal te bereik onder die beheer van ‘n jokkie, sommige -perde is vasgevang onder die tirannie van ‘n bose jokkie! 

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Mat 11:28-30) 

Ouers, skole, regerings en weermagte probeer om mense se EGO te tem! Maar in die proses, raak hulle slawedrywers!! Kom onder JESUS se JUK.  Laat Hy jou saggies en liefdevol TEM om te groei en te ontwikkel in die volheid van Jesus Christus.  

Die Ongetemde Ego se “Arm van die Vlees”

‘n Ander manier om dit te stel is: “Die arm van die vlees”.  

Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom.

“By hom is ’n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda”. (2 Chronicles 32:7–8)

Kain se offer was gebaseer op die arm van die vlees (sy eie geregtigheid) terwyl Abel sin in geloof in God se geregtigheid gebring was.  

Die VALS ongetemde EGO soek eer, erkenning en aansien, die GETEMDE EGO is bereid om homself te offer sodat ander suksesvol kan wees.  FREDO BIDDENS van die Lord of the RINGS gee homself as die nederige, selflose offer om die ring van TOTALE MAGBEHEER in die vuur te werp.  

Net hy kon die ring dra, omdat die mag van die ring nie na sy kop toe gegaan het en hom verander het nie.  Ego fokus altyd op self terwyl ‘n getemde ego die fokus altyd na die HERE toe lig.  Lucifer wou op die godeberg sit, en homself aanstel!  

Die Ongetemde Ego Kan Nie Self Vergeet Nie

1 Kor 3:21-4:7

Wanneer mense Jesus wil volg, het Hy gesê: Verloën jouself, neem jou kruis op en volg Hom (Mat 16:24). Hoe verloën jy jouself? Petrus het Jesus verloën deur te sê dat hy Hom nie ken nie. Ons verloën self deur self te ontken.  Vergeet van self – Selfverloëning. Een van die grootste struikelblokke van sielkunde is die obsessie met die self. Ons probeer om onsself te verbeter, probeer om self gesondmaak deur die een of ander selfhelpboek te probeer. Dit alles lei tot meer leegheid en verwarring.  Redding is gerig na die kruis, kyk na Jesus, op dieselfde manier as wat die Israeliete moes kyk na die slang op ‘n paal om hul genesing te ontvang.  

Dit sal jou koers op ‘n reis van geloof in Christus stel, wat jou uiteindelik en permanent sal verander om ‘n algehele nuwe persoon in elke opsig te word, ‘n vervulde lewe, vergenoegd in vrede, voluit in Christus te ontwaak.  

Die Ongetemde Ego Misreken Hulle Waarde

Ons Ego is ons grootste probleem, en staan in ons pad om ‘n geesvervulde lewe te leef.  

‘n Lewe wat op ‘self’ gesentreer is , lei tot stryd, hetsy om te veel of te min te doen. Probeer, streef en veg om beter te wees, maar herhaaldelik misluk, oor en oor, keer op keer! Dit lyk asof ons dit nooit regkry nie, op soek na vertroosting en vrede, prestasie en betekenis op al die verkeerde plekke om aan die einde weer leeg te wees. Ons put ons intellek uit, dryf ons wil, dwing ons gewoontes, om te eindig met meer vrae as antwoorde, meer mislukkings as oplossings.  

Moderne sielkunde blameer ‘n lae selfbeeld vir die meeste mense se slegte gedrag. Tog is daar geen bewyse vir hierdie aanname nie, mense met opgeblaasde (trotse) ego het eintlik meer seer en pyn vir die samelewing veroorsaak as mense met ‘n werklike lae, uitgestelde selfbeeld.  

Ons het nou name vir mense se egoïstiese gedrag, soos Narsisme, arrogansie, trots, self-geabsorbeer, self gesentreerd.   

Let nothing be done through strife or vainglory; but in lowliness of mind let each esteem other better than themselves. κενοδοξία kenodoxía; gen. kenodoxías, fem. noun from kenódoxos (G2755), self-conceited. Vainglory, empty pride, desire for praise (Phil. 2:3).

Die Ongetemde Ego is Sieklik

Ons kan nie grootheid bereik nie, tensy ons alle belangstelling verloor om groot te wees nie. Thomas Merton 

Die woord wat Paulus in hierdie gedeelte vir TROTS gebruik, is anders, en net hy gebruik hierdie woord in die NT.  Trots – fisioõ: om oorinflasie, geswel, buite sy regte grootte te wees.

Dink aan jou liggaam. As enige deel van jou liggaam geswel is buite die regte grootte, gaan jy daarvan weet. So ‘n geswelde liggaamsdeel het vier eienskappe: en gee ons ‘n pragtige metafoor om die onnatuurlike toestand van die menslike ego te verstaan:

LEEG – Søren Kierkegaard sê dat die normale menslike ego gebou is op iets behalwe God. Dit soek na iets wat dit ‘n gevoel van waarde, ‘n gevoel van spesialiteit en ‘n gevoel van doel sal gee en homself daarop bou. 

PYNLIK – Die ego maak dikwels seer. Dit is omdat daar iets ongelooflik verkeerd daarmee is. Daar is ongelooflik fout daarmee. Dit vestig altyd die aandag op homself – dit doen dit elke moment deur die dag . Dit laat ons altyd nadink oor hoe ons lyk en hoe ons behandel word.

BESIG – Dit is besig om die leegheid te probeer vul. En dit is besig om veral twee dinge te doen – vergelyk en spog. Dit is mededingendheid wat die kern van trots is. Dit is wat ons ego’s die hele tyd doen. Om werk te doen waarin ons geen plesier het nie, doen diëte waarin ons geen plesier het nie. Doen allerhande dinge, nie vir die plesier om dit te doen nie, maar omdat ons probeer om ‘n indrukwekkende kurrikulum vitae saam te stel.

BROOS – ‘n Superiorkompleks en ‘n minderwaardigheidskompleks is basies dieselfde. Dit is albei resultate van oorinflasie. Die persoon met die meerderwaardigheidskompleks is opgeblaas en loop die gevaar om ontlont te word; die persoon met ‘n minderwaardigheidskompleks is reeds pap en futloos. My ego kan nie tevrede wees nie. My gevoel van self, my begeerte na selfwaarde, my behoefte om seker te wees ek is iemand – dit word nooit vervul nie. Al hierdie moeite is van korte duur, en kan ons nie onderhou nie, ons loop uit brandstof. 

Romeine 6:6

Gal 5:24

Efésiërs 4:22

Kol 3:5 

DIE GETEMDE EGO 

God Lewer Die Uitspraak Oor My Lewe

Die woord wat hier met ‘REG’ vertaal word, het dieselfde betekenis as die woord ‘uitspraak’. Dit is wat alle mense begeer. Legitimiteit, ‘n uitspraak wat uiteindelik ons waarde sal bewys. Die probleem is dat ons in die hof bly, eendag voel ons het ‘n goeie saak aangebied, die volgende dag voel ons ons het dit gemis. Ons kry nooit sy finale uitspraak nie. 

Paulus sê die uitspraak is uit. Die hof verdaag. Ek is geregverdig deur Christus se prestasie. Mense sukkel omdat hulle nie aan hulle ouer se standaarde, of hulle portuurgroep, of hulle onderwysers voldoen nie. Die antwoord is dus: stel jou eie standaarde. Dit laat ons ook leeg, want om op een of ander manier, kry ons dit ook nooit reg nie, ons skiet óf  te hoog of te laag.  

Paulus staan bekend as een van die invloedrykste mense in die geskiedenis. Hy het enorme gravitas en ewewigtigheid as persoon, met bepaalde invloed, en ‘n koersvaste selfvertroue gehad. Hy het bloot fokus behou en niks het hom van koers af gegooi nie. En tog, in 1 Timoteus, sê hy ‘Jesus Christus het in die wêreld gekom om sondaars te red, van wie ek die hoof is‘ (1 Tim. 1:15).  Dit is interessant dat al die grootste bekendste geestelike heiliges hulleself altyd beskryf as die grootste sondaars.

Paulus verklaar dat die Korintiërs hom nie kan beoordeel nie en hy ook nie homself sal oordeel nie, hy weet van sy sondes, maar dit bepaal nie sy identiteit nie. Sy sondes en sy identiteit is nie een ding nie (Rom 7:17). Hy weier om die spel te speel. God sal oordeel.  Paulus is dus geheel en al GOD-GERIG! Sy identiteit en ook sy sondes word in die spieel van God se Woord bepaal.  Soos ‘n briljante gesig kunstenaar, haal hy byna nooit sy oog van die objek af nie.  Soos voorheen verduidelik, sonder ‘n spieel kan ‘n vrou nie haarself bestudeer en grimering aansit nie.  Mense, omstandighede en self gee vir ons ‘n verwronge spieel, en verkry ons false beelde van onsself.  Dit is wanneer ons na Jesus kyk, en Hom begin raaksien dat ons spieelbeeld in fokus kom! 

Paulus se ego is nie opgeblase nie, hy is vergenoegd of hy nou baie besit of niks nie.  Hy praat altyd in ‘n gees van algehele nederigheid. Ware nederigheid is die vermoë om ‘n regte (Christus-gesentreerde) siening van my self te hê  (omdat ‘n persoon wat aanhou sê dat hulle ‘n niemand is nie, eintlik ‘n selfbehepte persoon is). Trots is ‘n oorskatting van self, minderwaardigheid is ‘n onderskatting van self.  

Die Evangelie – nederigheid hoef nie aan myself te dink nie. Ek hoef nie dinge met myself te vergelyk nie. Die evangelie bring ‘n einde aan gedagtes soos: ‘Ek is in hierdie kamer met hierdie mense, laat dit my goed lyk? Wil ek hier wees?” Ware evangelie nederigheid beteken dat ek ophou om elke ervaring, elke gesprek, met myself te verbind. Ek hou op om aan myself te dink. Die vryheid van selfverloëning. Die geseënde vrede rus wat net selfverloëning bring. Ware evangelie- nederigheid beteken ‘n ego wat nie opgeblase is nie, maar gevul is met die Heilige Gees se teenwoordigheid.

Die waarlik evangelie-nederige persoon is ‘n selfverloënende persoon wie se ego net soos sy of haar tone is. Dit werk net. Dit vestig nie die aandag op homself nie. Die tone werk net; Die ego werk net. 

Kritiek beïnvloed jou nie, jy gebruik kritiek konstruktief om te verander. Jy kan nie jouself verander nie, maar korreksie is ‘n afrigter wat jou help om meer effektief te word. 

Hoe het Paulus hierdie geseënde selfverloëning verkry? Eerstens sê hy: ‘Ek gee nie om wat jy dink nie; maar ek gee nie om wat ek dink nie.’ Met ander woorde, hy kyk nie na hulle vir die uitspraak nie, en hy kyk ook nie na homself vir die uitspraak nie. Dit wil sê: “My gewete is skoon, maar dit maak my nie onskuldig nie.” Die woord wat met “onskuldig” vertaal word, kom van die woord “regverdiging”. Die woord vir ‘regverdiging’ is dieselfde een wat hy in Romeine en Galasiërs gebruik.  God het dus my REGWEES bepaal.  

Besef jy dat dit slegs in die evangelie van Jesus Christus is dat jy die uitspraak van sukses voor die vertoning kry? Paulus verklaar dat aanvaarding verkry is voor prestasie en vertoning van aardse suskses.  Soos Jesus hoor ons die Vader se stem: ‘Dit is my geliefde kind in wie ek ‘n welbehae het’ 

Regverdiging die ontvangs van die finale uitspraak. Ek is vrygespreek! Nie deur my werke nie, maar deur Syne! Ek ontvang die gawe van geregtigheid, regspraak en aanvaarding, legitimiteit, om God se kind te wees, erfgenaam met Christus, sy eiendom, deel van Sy familie te wees as ‘n GESKENK.  Joh 1:12; Rom 5:17

Jy sien, die uitspraak is in. En nou tree ek op grond van hierdie uitspraak op. Omdat Hy my liefhet en Hy my aanvaar, hoef ek nie dinge te doen net om my résumé op te bou nie. Ek hoef nie dinge te doen om my goed te laat lyk nie. Ek kan dinge doen vir die vreugde om dit te doen. Ek kan mense help om mense te help – nie sodat ek beter oor myself hoef te voel nie, nie sodat ek die leegheid kan vul nie.

Reken Jouself Dood

Die kern van die evangelie van Jesus Christus is die kwessie van die ontkenning van self. MATTHEUS 16:24 En Jesus sê vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, laat hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.  Voordat ‘n opstanding kan plaasvind, moet ‘n dood plaasvind.  Die prys van verlossing is om jou hele lewe op te gee om Sy lewe te ontvang.  Rom. 6:11: Net so moet julle ook reken dat julle waarlik dood is vir die sonde, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.  

Die sleutelwoord hier is; Om een self dood te maak.   Die woord reken “logizomai” beteken: “impute”; rede; tel jouself om dood te wees; reken na binne; tel of weeg die redes op; om te beraadslaag deur al die redes te bereken; om te versamel of af te lei. 

Waaroor moet ons redeneer?  

Kom ons gaan terug na verlossing. “Toe Nikodemus Jesus een aand besoek het, het Hy geantwoord en vir hom gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” 1 Johannes 3:3 

Toe ons tot die geloof gekom het, is ons nuwe skepsels in Christus gemaak.  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping; ou dinge het verbygegaan; Kyk, alles het nuut geword.  2 Korintiërs 5:17. Ons moet redeneer oor die feit van ons redding.  Hoe Hy ons gekies het   Hoe Hy ons gered het. 

Reken jouself dood beteken: onthou as ‘n feit ‘n mens se redding.  Waar die dood van self vir die eerste keer plaasgevind het .  Om gedoop te word, is ‘n simboliese begrafnis van die ou self.  Rom 6:3: Of weet julle nie dat soveel van ons as wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is nie? 

Deur na die grammatika van die sin te kyk, kry ons nie net begrip van die woorde nie, maar ook die bedoeling van wat bedoel is.  Die tyd van die werkwoord is in die huidige tyd, wat beteken dat hierdie redenasie nou plaasvind.  Die feit dat die werkwoord ook in die aktiewe stem is, beteken dat ons diegene is wat die aksie neem (die seun het die bal getref” die seun voer die aksie uit). En dit is in die noodsaaklike toon geskryf, wat beteken dat ons beveel word om onsself elke dag dood in Christus te reken! Hierdie woord handel oor ‘n realiteit. As ek “logizomai” of reken dat my bank R250 daarin het, het dit R250 daarin. Anders bedrieg ek myself. Hierdie woord verwys na feite wat nie veronderstellings is nie. 

Ons sien dieselfde woord in Romeine 12:1, maar as ‘n selfstandige naamwoord “Logikos” waar die woord “logika” vandaan kom.  Daarom vermaan ek julle, broeders, deur die barmhartighede van God, dat julle julle liggame ‘n lewende offer bring, heilig, aanneemlik vir God, wat julle redelike diens is.

15:31 – Ek sterf elke dag.  

Kol 3:1-4 – Ons het in Christus gesterf

Gal 5:21-26 – Het die vlees gekruisig. 

Ps 116:15 – Kosbaar in sy oë is die dood van sy heiliges. 

Joh 3:30 – Hy moet meer word en ek minder word. 

Gal 2:20 – Ons is in Christus gekruisig. 

Fil 3:7-8 – het my lewensverlies bereken om Christus te verkry

Joh 12:24 – As ‘n saad nie in die grond val en sterf nie,


[1] https://www.hebrew4christians.com/Grammar/Unit_One/Aleph-Bet/Hey/hey.html

[2] Dr. Peter Kreeft | 10 Lies of Contemporary Culture | Commencement Address at Franciscan University https://youtu.be/K7FtUlnIXd0