Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Vestig ‘n DEUGSAME Kringloop In Jou Lewe

Bou DEUGSAME kringlope in jou lewe

As daar bose kringlope is waarin mense vasgevang raak, dan is daar ook siklusse wat deugsaam, gesond en goed is vir ons! Inteendeel gesonde en geestelike sterk mense se lewe is gegrondves op DEUGSAME gewoontes. 

Die beste praktyk van gewoonte-vorming is om negatiewe gewoontes met positiewe meer aantrekliker en voordeliger gewoontes te vervang!

“In one sermon, D.L. Moody held up a glass and asked, “How can I get the air out of this glass?” One man shouted, “Suck it out with a pump!” Moody replied, “That would create a vacuum and shatter the glass.” After numerous other suggestions Moody smiled, took out a pitcher of water, and filled the glass.”

Een van die oudste kerk siklus gewoontes waarby die hele liggaam van Christus ingeskakel was is:  “And they continued steadfastly in the apostles’ doctrine and fellowship, and in breaking of bread, and in prayers.” (Acts 2:42). “En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.” (Hand 2:42).

1322. διδαχή didachḗ; gen. didachḗs, fem. noun from didáskō (G1321), to teach. In an act. sense it means the act of teaching, instructing, tutoring.

2842. κοινωνία koinōnía; gen. koinōnías, fem. noun from koinōnéō (G2841), to share in. Fellowship with, participation.

Breaking of Bread – Communion , the Lord’s table. 

4335. προσευχή proseuchḗ; gen. proseuchḗs, fem. noun from proseúchomai (G4336), to offer prayer (James 5:17). Prayer, prayer to God.

doctrine (1 Timothy 1:3), fellowship (1 John 1:3-7), breaking bread (Acts 20:7), and prayers (Acts 12:5).

As gemeente fokus ons op die Eerste Gemeente se siklus van gesonde toewyding.  Deur die jare sien ons ook die mees optimale geestelike groei en volwassenheid by ons mense wat hulle instudeer in die Woord deur die Bybelskool bywoon, omgee vir mekaar as ‘n huiskerk waar elkeen ‘n beurt kry om nagmaal te bedien en gereelde gebed

Hierdie DEUGSAME SIKLUS is ondervang in ons Groeipad Program:

#1 ONTWAAK tot Jesus Christus

#2 DOOP in water

#3 DOOP in die Heilige Gees

#4 SKAKEL met die Liggaam

#5 LEER die Woord/Wil van God

#6 AANBID in Gees en in Waarheid

#7 LEl iemand om ‘n volgeling van Jesus te word

#8 DIEN die gemeenskap met Jesus se lewe[1]

Deur aktiewe weeklikse samekoms as gelowiges word ons nie net elkeen verantwoordbaar gehou nie, maar ons word lief vir mekaar omdat ons deel in mekaar se leed en suksesse, ons bou mekaar op deur die gawes van die Heilige Gees, en ons leer om te gee eerder as om te ontvang. 

Dit is vandag moeilik om al ons verantwoordelikhede te balanseer: werk; kinders; oefen; gesinstyd; kosmaak; ontspan; vriende en familie dat KERKBYWONING soms laaste kom.  Ek weet deur die Here EERSTE te stel val die ander verantwoordelikhede reg in hulle plek.  Iemand wat geestelik groei en sterk is, hanteer die uitdagings van die lewe beter. Ons tap kollektief krag van mekaar! Deurdat ons lewe oop is vir die liggaam, en ons deursigtig is vir mekaar, werk die Here ‘n kollektiewe heiligmaking in ons!

Die uiteindelike vrug van hierdie eenvoudige lewenswyse fokus was: En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind. En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is. Sommige beskryf hierdie bogenoemde gebeure onder ‘n plaaslike gemeenskap van gelowiges HERLEWING!!

Hoe Hou Ons Hierdie DEUGSAME SIKLUS en KRINGLOOP Volhoubaar?

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met:

  • innerlike ontferming,
  • goedertierenheid,
  • nederigheid,
  • sagmoedigheid,
  • lankmoedigheid.

Verdra mekaar en vergewe mekaar (as die een teen die ander ’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.)

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en

wees dankbaar.

Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid.

Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. (Kol 3:12-17)

Wat ‘n heerlike voorreg om deel te wees van ‘n groepering van mense wat die Here voluit, passievol dien!! Dit is ‘n skaars kommoditeit in hierdie era waarin ons leef.  So baie kerkleiers deel met my, hulle frustrasie dat mense deel is van ‘n kerk, maar nog steeds onvolwasse is in Christus. 

Hierdie lys geestelike waardes, en vrug is nie ‘n doen lys nie, maar ‘n oorspoel lys! Met ander woorde, hierdie vrug van die Gees is in mense wie hulle krag en energie in die Here kry!

Wanneer mens begin reg eet, dan begin mens outomaties meer water drink, kleiner porsies eetDie een gesonde gewoonte bou op die ander. Dit is presies waarvan Paulus hier praat. Omdat ek my met Jesus beklee, Hom daagliks aantrek soos klere, vloei hierdie godsvrug deur my lewe

Met langafstand fietsry wanneer dit baie swaar gaan, dan doen jy die minimum, waar jy hou nie op met trap nie.  Jy kyk af, en jy hou net aan trap.  Baie van ons wat tans deur baie ongewone swaar en moeilike tye gaan, getuig van hierdie daaglikse klein treetjies van hou net aan, om aan te hou!!

Dit is veral in hierdie moeilike tye, waar die jare se bou van deugsame gewoontes jou deurdra.  Gaan net elke week na die samekoms van gelowiges, al voel jy nie daarnatoe nie.  Volhard in die Bybelskool.  Gebruik gereeld nagmaal en vergewe mekaar. Bid deurentyd sonder ophou!

Vandag staan ek self as geestelike leier, en ek moet erken wat my staande hou hierdie gesonde siklus is!! Bybelstudie, Gebed, Samekoms en Deel onder mekaar. 


[1] Vir meer inligting oor elkeen van hierdie focus areas sien die GROEIPAD skakel op ons WEBTUISTE https://hrco.co.za 

Categories
Preke

Breek die bose KRINGLOOP in jou LEWE

Ons is die produk van ons gewoontes! Daar is goeie en slegte gewoontes. Ons gewoontes bekragtig ons IDENTITEIT, wie is ek!

Ons is tans besig met ‘n 50-dae “Verbeter Jouself” fokus. Sommige is al besig met nuwe goeie gewoontes, en al sterk op pad na ‘n NUWE JY! Ander voel vasgevang in ‘n siklus van ongesonde en verwoestende omstandighede! 

So baie mense is vasgevang deur (positive feedback loops) van ongesonde gewoontes, of herhaaldelike verhouding konflik, of ekonomiese mislukkings, of die tirannie van een of ander baas of eggenoot! BOSE SIKLUSSE wat mens laat voel jy loop om dieselfde berg, of soos ‘n hond vasgeketting aan ‘n boom. 

Jesus bied die HUPSTOOT en KRAG om te verander! JESUS IS THE ULTIMATE CHAINBREAKER

Geestelike Bevryding: Die Besetene Van Die Geraseners 

Agtergrond van die Geraseners

Gergesa, ook Gergasa of die Land van die Gergesenes, is ‘n plek aan die oostelike (Golanhoogte) kant van die See van Galilea wat op ‘n afstand na die antieke Dekapolis-stede Gadara en Gerasa geleë is. (sien Markus 5:1-20, Lukas 8:26-39, Matteus 8:28-34).

Tien stede (deka – tien en polis – ‘n stad) ‘n distrik aan die oostekant en suidooste van die See van Galilea wat “tien stede” bevat, wat hoofsaaklik deur Grieke bewoon is.  Hierdie stede was Skitofpolis, d.w.s. “stad van die Skitiërs”, (antieke Bethshean, die enigste van die tien stede aan die westekant van Jordanië), Hippos, Gadara, Pella (waarheen die Christene gevlug het net voor die vernietiging van Jerusalem), Philadelphia (antieke Rabbath-ammon), Gerasa, Dion, Canatha, Raphana en Damaskus. Toe die Romeine Sirië verower het (v.C. 65) het hulle herbou en toegerus met sekere voorregte, hierdie “tien stede”, en die provinsie het met hulle verbind wat hulle “Dekapolis” genoem het.  

Die invloed van Hellenisme 

Alexander die Grote het ‘n missie gehad: Hy wou hê dat die hele wêreld onder die invloed van die Griekse kultuur in godsdiens, taal, filosofie, politieke struktuur en waardes moes wees. Hy het gesterf voordat hy sy droom ‘n werklikheid kon maak, maar sy opvolgers het sy doel tot ‘n groot mate bereik. Baie van die bekende wêreld, waaronder baie van die mense van die land Israel, het Griekse weë aangeneem, hoewel hulle dit met plaaslike oortuigings verander het. Griekse kulturele instellings is in baie stede gestig, waaronder Jerusalem. Teaters het algemeen en gewild geword. Die rabbi’s van Israel het die bywoning van hierdie teaters verbied omdat hulle dramas die mites van Griekse en Romeinse gode uitgebeeld het, erotiese temas bevat het wat algemeen in Hellenisme algemeen was en in verband met heidense godsdiensfeeste uitgevoer is, wat offerandes aan die gode ingesluit het. 

Gimnasiums, of Griekse opvoedkundige instellings, het in baie stede verskyn, waaronder Jerusalem, nie ver van die Tempel af nie. In die gimnasium is die Griekse ideaal om mense se liggame en gedagtes op te lei, in werking gestel. Studente het die filosofie van klassieke Griekeland bestudeer, atletiekopleiding ontvang en kaal aan atletiekbyeenkomste deelgeneem.  Die Griekse onderwysstelsel was merkwaardig doeltreffend en het Griekse ideale by hele geslagte jong Joodse mense ingeboesem. 

In sy kern was Hellenisme humanisme. Dit het mense bo alle ander wesens verheerlik en die menslike liggaam uitgebeeld as die uiteindelike in fisiese skoonheid. Die waarheid kon slegs deur die menslike verstand geken word, en plesier was ‘n belangrike doel in die lewe.

Wat se tipe mense was die Geraseners?

Bargil Pixner, ‘ n bekende geleerde oor Galilea, het ‘ n eertydse godsdienstradisie uitgewys wat help om die Joodse beskouing van die heidense Dekapolis te verduidelik. Hy het opgemerk dat die mense van hierdie gebied in die Talmoed en in die geskrifte van die kerkvaders beskryf is as deel van die sewe heidense Kanaänitiese nasies wat deur Josua en die Israeliete uit die Beloofde Land verdryf is (Jos. 3:10; Handelinge 13:19). Hierdie nasies het Baäl aanbid en varke geëet (en geoffer) (Jes. 65:3-5, 66:3). Blykbaar was die heidense gebruike van die mense van die Dekapolis en hul anti-God-waardes voortsettings van die gebruike van die Kanaäniete, wat seksuele perversies en selfs kinderofferandes in hul aanbidding gebruik het.[1]

Verder word die Decapolis breedvoerig ondersoek in Lee maxwell se Doctorale tesis.[2] IN hierdie studie leer ons dat van hierdie stede baie goed beleer was, en moeilik om te verslaan. Dit het Elexxander die grote 10 mde geneem om die stede te verower.  Herodus het 25jr lank oor die area geheers, maar nie sonder probleme nie, daar word vertel van verskeie wreedaardige slagtings waar ‘n 1000 jong mans in een nag vermoor is, en van die stede afgebrand is. Die leiers van die 10 stede het ook ‘n paar keer klagtes by Agrippa gebring oor Herodus se tirannie, en in protes het van hulle manne hulleself keelafgesny en in die rivier gespring. 

In hedendaagser tye is die grafte van Gadara deur argeoloë opgegrawe, en daar was verslae van ongelukkige mense wat weer in hulle gewoon het, net soos hulle gedurende Christus se bediening gedoen het.

Jesus se Bediening aan die Geraseners

Weer eens, vertrek uit die gebied van Tirus en Sidon, het Hy deur die middel van die gebied van Dekapolis na die See van Galilea gekom. En hulle het een wat doof was en ‘n belemmering in sy toespraak gehad het, na Hom gebring, en hulle het Hom gesmeek om sy hand op hom te sit. En Hy het hom van die skare af weggeneem en sy vingers in sy ore gesit, en Hy het gespoeg en sy tong aangeraak. Toe Hy opkyk na die hemel, sug Hy en sê vir hom: Efrata, dit wil sê: Word geopen! Mark 7:31-37

Die daaropvolgde gebeurtenis was die voeding van die 4000. In dié dae toe daar ’n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê: (Mark 8:1) 

Nog ‘n gebeurtenis wat in die Dekapolis gebeur, was die voeding van die 4000, om nie verwar te word met die voeding van die 5000 nie. Markus stel ‘n doelbewuste vergelyking tussen die twee wonderwerke op wat net sin maak as jy weet waar hulle plaasgevind het. Toe Jesus die 5000 (Markus 6) gevoed het, was hy in Israel. Daarna het die dissipels 12 mandjies oorskiet opgetel, ‘n beduidende getal wat Jode aan die 12 stamme van Israel herinner het, asof Jesus gesê het: “Ek is die brood van die lewe, voldoende vir die hele Israel.” Wanneer hy die wonderwerk vir 4000 herhaal (Markus 8), is hy in die Dekapolis. Daarna tel die dissipels 7 mandjies op. Toe die Israeliete die eerste keer in die land ingekom het, het hulle 7 nie – Joodse nasies uitgedryf, waarvan baie in hierdie algemene gebied was. Jesus het gesê: “Ek is die brood van die lewe, ook genoeg vir al die heidene.”

Dit is moontlik dat die “verre” land waarna Jesus verwys het in sy gelykenis van die verlore seun die Dekapolis was (Lukas 15:11-32). Dit was beslis ver in sy waardes en oortuigings. Dit was beslis ‘n plek vir “wilde lewe”, en dit het baie varke gehad wat gevoer moes word. Vir die seun sou dit net ‘n kort wandeling van die Dekapolis terug by die huis na sy vergewensgesinde vader wees. 

Hierdie man se demoonbesit was moontlik die gevolg van wat met sy volk gebeur het. Die gruweldade en vernietiging van die mens laat ‘n merk. Hierdie man is gepynig deur demone, as gevolg van die trauma. Geen persoon word met demone gebore nie, ons laat demone in ons lewens toe, as gevolg van onvergewensgesindheid, wrok, haat, bitterheid, selfveragting, skuld, skaamte, ons heidense opvoeding en kultuur. 

Les 1: Onderwerping aan Jesus se Heerskappy! 

Jesus loop op die water en maak die storm stil. (Luk 8:22-25) Toe die man Jesus sien erken hy: “Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie” Dat ‘n totale heiden, van Griekse hellenistiese agtergrond Jesus erken as die Seun van die allerhoogste God is merkwaardig. Hulle het geglo in verskeie goddelike entiteite, maar ook dat die Keiser God is! Hy verklaar dus Jesus se heerskappy oor almal, en homself! Hy het natuurlik ‘n heeltemal verkeerde persepsie van God, en Jesus. Hy dink hy gaan gepynig word! Sommige mense wat nog nooit in ‘n kerk was nie, glo dit ook!

Maar JESUS doen presies die teenoorgestelde: HY BRING WARE VRYHEID!! Die Romeine het vrede verkry deur verowering, demokrasieë handhaaf vrede deur dialoog en kompromieë, Jesus bring vrede in mens se gemoed, ten spyte van uiterlike oorlog en onstabiliteit. Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. (Joh 16:33) Sien (Phil 4:7) 

Ons is almal slawe van sonde.  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie — òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. (Rom 6:14-19) 

1ste Wet van Vrymaking: Nuwe IDENTITEIT

Nadat ons vrygemaak is, verander ons IDENTITEIT – van ‘n besetene, naak en onbeheerbaar tot ‘n man aangetrek en by sy regte verstand. terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. (Luk 8:35) Die sinnetjie om by ‘n Rabbi se voete te sit, beteken jy is aanvaar as die Rabbi se student. Die Leermeester het dissipels gesoek om hulle plek eendag as hulle dood is oor te neem. Die sondige Maria het as vrou ook by Jesus se voete gesit. Sy was dus gereken as een van Sy dissipels, in wie Hy genoeg vertroue gehad het om Sy plek in te neem as Hy weg is.  Die Here het so vas geglo in hierdie nuwe WEERGEBORE (in ‘n oomblik water in wyn Joh 2 en 2 Cor 5:17) transformasie dat hy hom nie eers toelaat om hulle as Joodse dissipels te vergesel nie.  Gaan terug na jou huis en vertel watter groot dinge God aan jou gedoen het. En hy het gegaan en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het. (Luk 8:39)  Volgens James Clear se boek ATOMIC HABITS is dit die absolute mees belangrikste beginsel om enige gewoonte te verander. 

 “I’m terrible with directions.”  “I’m not a morning person.”  “I’m bad at remembering people’s names.” “I’m always late.”  “I’m not good with technology.” 

The ultimate form of intrinsic motivation is when a habit becomes part of your identity. It’s one thing to say I’m the type of person who wants this. It’s something very different to say I’m the type of person who is this.[3]

Die feit dat hierdie man vir ander moes vertel wat met hom gebeur het “ek was ‘n besetene en nou is ek gesond en by my volle verstand” is die praksis van hoe hy deur die hele omgewing gegaan het en ander vrygemaak het. Want toe Jesus ‘n tyd later weer by hierdie gebied besoek afgelê het was daar ‘n skare. (Mark 7:33) Latere Christene het skuiling en beskerming in hierdie streek gevind, toe Jerusalem vernietig is.  Dissipels wat deur hierdie man se getuienis tot inkeer gekom het. 

Hierdie man se getuienis was genoeg toerusting en voorbereiding om aan sy volk terug te stuur.  Jou getuienis is die kragtigste en belangrikste bate in ons geestelike wandel met God.  

2de Wet van Vrymaking: Maak Sonde ONAANTREKLIK 

Legioen dui op ‘n Romeinse Legioen, wat enigiets van 3000 tot 6000 man was. In Markus se verhaal lees ons van 2000 varke wat teen die berg af in die see in is.  (Mark 5:13) Varkvleis was vir die Jode onrein, en hierdie geeste word ook onrein geeste genoem.  Jesus het gekom om ons van alle onreinheid (wat deur God verdoem is) te bevry.  Mens mag nie aan dit wat onrein is geraak het nie.  Onreinheid is soos ‘n soort van pes gesien, dit kan jou aansteek en jou dood kos! 

‘n Tweede sleutel tot bevryding is om jou eertydse verslawing en afgod van verslawing as iets boos en sleg te sien, en dit te sien verdwyn.  

Jy dink jy hou iets op, maar jy hou niks op nie, want sigarette doen niks vir jou nie. Jy dink rook is iets wat jy moet doen om sosiaal te wees, maar dit is nie. Jy kan sosiaal wees sonder om te rook. ■ Jy dink rook gaan oor die verligting van stres, maar dit is nie. Rook verlig nie jou senuwees nie, dit vernietig dit.[4]  

Deur jou sonde en verkeerde dade met afgryse te bejeen, kry jy oorwinning daaroor. 

Abhor what is evil. Cling to what is good. (Rom 12:9) 

Soms voel mens totaal oorweldig oor die skaal en oormag van ekonomiese druk, of kulturele norms, of terminale siekte! Maar sien die HERE JESUS se algehele oorwinning wat net met ‘n woord die BOSE ONREIN GEESTE in die varke stuur.  

AL IS DIE OORMAG IN JOU LEWE ‘n LEGIOEN!! Jesus maak jou vry in ‘n oomblik!  

Jesus maak hierdie OORMAG tot NIKS.  

Dit is betekenisvol hoe hierdie hele BEVRYDING net met WOORDE gedoen is! 

Jesus (GOD) skep deur Sy Woorde ORDE in die CHAOS.  (Soos wat Hy sedert die begin van die skepping gedoen het) 

3de Wet van Vrymaking: ‘n NUWE OMGEWING

Die man se woning was die grafte! Sommige mense woon in dooie godsdiens, en in die as van die verlede. Al die verwyte van gister se foute en mislukkings. Vasgevang in die man van gister.  Sommige is vasgevang in die grafte van mense se oortredings, dislojaliteit, en verraad. Die grafte van teleurstellings, blaam en bitterheid! Ons kan niks doen aan dit wat verby is nie, ons kan net vandag iets doen om beter te maak! 

Ons is die somtotaal van die mense met wie ons tyd spandeer.  

4de Wet van Vrymaking: Nuwe INPERKING en GRENSE  

Niemand kan hom vasmaak nie.  

Sommige mense dink hulle is VRY deur ongebonde en sonder grense te leef, om dan vasgevang te raak deur die ellende en gevolge van hulle onbeperkte besluite.  ‘n woning, ‘n familie, ‘n gesin, ‘n kerk en ‘n dorp word uiteindelik die inperking wat jou ware vryheid gee.  


[1] https://www.thattheworldmayknow.com/a-far-country-decapolis

[2] https://scholar.csl.edu/cgi/viewcontent.cgi?article=1117&context=thd

[3] Clear, James. Atomic Habits (p. 33). Random House. Kindle Edition.

[4] Clear, James. Atomic Habits (p. 126). Random House. Kindle Edition.

Categories
Preke

Sosiale ENTROPIE en die ROL van die KERK

In eenvoudige terme meet entropie die hoeveelheid wanorde in ‘n sisteem.  Entropie neig altyd om toe te neem: ‘n huis neig om te verval en moet in stand gehou word; dinge by ‘n hoë energietoestand neig om na ‘n laer energietoestand te beweeg; die son brand uit; erosie maak berge platter (verlies van potensiële energie); gepompte bande neig om af te blaas; kookwater koel af en ys smelt.  

Sosiale entropie beskryf hoe, onder andere, swak kommunikasie; ooreenkomste wat nie nagekom word nie; valse inligting; persoonlikheidsverskille; magsbeheptheid; kulturele diversiteit tot spanning lei in verhoudinge en gevolglik, die afbreking van verhoudingstelsels.  Daarenteen skep innovasie, leierskap, religie, gemene voordeel en die fynere kunste weer die energie tot samewerking en die vestiging van nuwe verhoudinge.  

Gesinne, families, dorpe, stede en uiteindelik ‘n land beleef gedurig hoe daar ‘n natuurlike entropie van spanning, divisie, faksies, protes, en ongelukkigheid samewerking en eenheid bemoeilik.  Kontrasterend, is daar ook altyd ‘n natuurlike energie aan die werk om ten spyte van hierdie toenemende afbrekende spanning gemeenskaplike doelwitte te soek en in harmonie na te streef.  

Volgens hierdie aksioom van sosiale entropie is daar altyd spanning en energie teenwoordig in die sosiale sisteem – ‘n mens moet dit dus verwag.  Eenheid, harmonie en samewerking is altyd onder druk en spanning om uitmekaar te breek en te vervlou.  Soos ‘n band altyd pap raak. Daarenteen na protesoptogte, oorloë en bakleiery kom daar altyd ‘n soeke na eenheid, samewerking en die vestiging van nuwe vennootskappe.  Voorbeelde is die rooikruis, verenigde state, handves van mense regte wat tot stand gekom het as gevolg van die derde wêreld oorlog.  Asook die bedreiging van Covid 19 het ook tot groter samewerking en nuwe innovasies gelei.  Selfs die oorlog in die Oekraine versterk die nodigheid van NATO en nuwe lidlande se deelword.   

Die Kerk Se Rol

Die kerk speel ‘n wesenlike rol as brugbouer, netwerker, vredemaker, agente vir versoening en samewerking in ‘n gemeenskap! Jesus versinnebeeld versoening: “Ego-sisteem” teenoor gesonde ekosisteem, selflose dade van liefde en opofferende omgee vir mekaar, vergifnis, erkenning en belydenis, dade van regdoen, eerlikheid en waarheid, eenheid in diversiteit.

Geen hoofstuk verduidelik die rol van die kerk so goed soos Handelinge 19 nie.  Hier sien ons die rol en invloed van die kerk wat soos sout, lig en suurdeeg in al die vlakke van regering en gemeenskap ‘n invloed het en spanning veroorsaak maar ook uiteindelik volhoubare harmonie vestig.  

Volhoubare eenheid is net in CHRISTUS te vind. Hy is as te ware die ideale bloudruk en standaard van ware eenheid en samewerking.  Ons verhoudinge val gewoonlik uit mekaar omdat ons nie die Jesus standaard van lewe en handel voluit leef nie. 

Oorlog Van Die Hart

Die kerk is in ‘n eeue lange ideologie oorlog gewikkel: 

  1. Die oorlog van die individu se hart – Han 19:1-7: 
    • Leerstellige Akkuraatheid: Volg Jesus, Doop en doping met die Heilige Gees. 
    • Fokus van hulle leering: Geredeneer oor die koninkryk van God v8
    • Bybelskool Dissipelskap Model – sodat al die inwoners van die provinsie Asië, Jode sowel as Grieke, die woord van die Here gehoor het. Acts 19:10 
  2. Godsdienstige oorlog met Jode – Han 19:8-10: 
    • Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem (v9). ‘n Mens kan nie verander terwyl jy nog in die OU SISTEEM dien nie.  Toe daar weerstand teen die Woord kom, het daar skeiding gekom.  
  3. Geestelike oorlog met demoniese geeste – Hand 19:11-20 
    • Geestelike toets van egtheid – seuns van Skeva (v11-16).
    • Die kerk is ‘n geestelike bonatuurlike entiteit – God het deur Paulus wonderbaarlike dinge gedoen. Selfs doeke of voorskote wat aan sy lyf geraak het, is op siekes gesit en dan het hulle siektes verdwyn; en die bose geeste het uit hulle uitgegaan. Hand 19:11-12. Die balans tussen gesonde leer en die demonstrasie van God se krag. die woord van die Here sy krag getoon (v20)
    • ‘n Radikale lewenstyl verandering – mens verbrand hulle boeke (kennis) en (afgode) waaruit hulle krag geput het! (v18-20).
  4. Ekonomiese oorlog – Hand 19:21-41: 
    • God se orde en manier van leef, raak uiteindelik hoe en op wat jy jou geld spandeer. Mense koop nie meer beeldjies nie.  Diegene wat uit die mense se onkunde munt geslaan het, se sakke word ook geraak! Georganiseerde opstand (v25-27). 
    • Die invloed van die Kerk was alreeds tasbaar in die bestaande leiers en amptenare van die staat. Ook het party van die hoë amptenare van die provinsie Asië wat goedgesind was teenoor Paulus, vir hom ‘n boodskap gestuur om hom te waarsku om nie na die amfiteater toe te gaan nie. (v30-31). Protesaksies is gewoonlik chaoties en wanordelik, niemand weet eintlik hoekom daar ongelukkigheid is nie. die hele vergadering was in die war. Die meeste mense het nie geweet hoekom hulle daar bymekaar was nie. (v32) want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. (Jak 3:16). Die Here het in Korinte al vir Paulus gewaarsku en bemoedig om nie fokus te verloor nie. Een nag het die Here in ‘n gesig vir Paulus gesê: “Moenie bang wees nie; hou aan met preek en moenie stilbly nie, want Ek is by jou. Niemand sal jou aanval of jou kwaad aandoen nie, want in hierdie stad behoort baie mense aan My.” (Hand 19:9).
  5. Kulturele oorlog: 
    • Die Tempel van Artemis is in 356nC totaal en al verwoes en die aanbidding van Artemis het verdwyn.  
Categories
Preke

Die Gevaar van ‘n Samelewing Sonder STRAF

Om te dink Jesus het nooit oor straf gepraat nie, is ‘n ernstige misleiding en ontkenning van ‘n groot deel van Jesus se boodskap!! Ons as mens het ‘n ingebore vrees vir straf, ons probeer dit ten alle koste vermy.  Om in die publiek verneder te word, of voor mense oor ‘n fout aangepraat te word maak mens seer en diep skaam!  Om in die klas te hoor hoe almal se punte uitgelees word, en jy het die swakste gevaar is traumaties en sielskrenkend.  

Een manier om jouself hierdie vernedering te spaar, is om harder te leer, en hard te werk aan jou foute! Ongelukkig volg ons kultuur en samelewing nie hierdie pad nie.  Ons hou die punte geheim, sodat niemand weet nie! Ons doen dit met nasionale misdaad verslae, en feitlik elke indeks wat Suid Afrika se prestasie meet.   

Daar is ‘n interessante studie gedoen waaroor ‘n agnostiese prof Jonathan Haidt praat op sy opspraakwekkende anti-liberale TED toespraak. Hy homself ‘n aktiewe liberaal. Volgens hom speel godsdiens ‘n baie belangrike rol deur die eeue om mense te waarsku en soms te dreig teen immorele dade en die gevolge.  Die studie wat deur Ernst Fehr en Simon Gachter  gedoen is, was om te bepaal hoe volhoubaar sosiale samewerking projekte is.  In hierdie studie ontvang ‘n studie groep elkeen ‘n bedrag geld, wat hulle kollektief aan ‘n projek kan spandeer waaruit die groep elkeen gesamentlik voordeel trek.  

In al die studies het entoesiasme en samewerking afgeneem, omdat daar altyd mense is wat nie bydraes lewer nie, maar dieselfde voordele wil ontvang.  Mense voel dit is nie regverdig nie, en begin dan hulle goeie-wil en samewerking ontrek.  Wanneer die mense egter die geleentheid gegun is, om uit hulle eie sak diegene wat nie hulle kant bring nie, te straf het die volhoubaarheid en samewerking dramaties verbeter.[1]  

Tans beleef ons globale STRAF waaraan ons nie direkte skuld dra nie.  Ons almal voel die gevolge van staatskaping, intitlement, en swak werksprestasie, maar die oortreders word nêrens vervolg nie.  

JESUS SE PREDIKING het dikwels klem gelê op EWIGE STRAF. 

Daarom vandag hierdie ongewilde boodskap! 

En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. (Matt 18:8)

Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.  (Matt 25:45-46)

Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.  (Joh. 5:29)

Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!  (Matt 7:23) 

Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.  Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  (Mat 8:11-12)

En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  Want baie is geroep, maar min uitverkies.  (Mat 22:12-14) 

want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.  (Mat 25:29-30) 

Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.

Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:  die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,

en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. (Mat 13:39-43) 

SO BAIE PROFETE EN STEMME BEGIN VERKLAAR DIE EINDE IS IN SIG!! 

Of die einde vir jou kom in die vorm van die DOOD, vir jou wag die FINALE OORDEEL! 

Die EINDE van ‘n era is in SIG sommige praat van die “GREAT RESET” pandemies, oorloë en hongersnood is die aarde se manier om homself te “RESET” die vraag is wat kan ons as kerk doen, wat grootliks nie skuldig is aan die sosiale norme van self verwoesting en anargie nie? 

en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is. ( 2 Cor 10:6)  

ONS REGDOEN GEE ONS ‘n BEPAALDE OUTORITEIT IN TYE VAN STORMS.  

Dink aan Paulus in die storm op die see, hy is ‘n gevangene, maar hy gee uiteindelik leiding vir hoe hulle uit hierdie bepaalde krisis kan kom.  Daniel en sy vriende het nie hulleself laat intimideer met die goddelose norms van die Babiloniese Ryk nie, uiteindelik word hulle ADMINSTRATEURS in die STAAT om ORDE te handhaaf. SO het die Here JOSEF ‘n gevangene opgerig as die hoof van die tronk, later van die Egiptiese Ryk!! 

ONS REGDOEN IS DIE PADKAART UIT!! 

Oor die laaste paar jare is ons elkeen as gelowiges tot op die uiterstes getoets!! Maar hierdie toetse en krisisse het ons geleer om nog meer nougeset en reg in waarheid te wandel!! Hierdie gehoorsaamheid is NOU ons verlossing!! 


[1][1] https://web.mit.edu/14.160/www/Coop_PunAER.pdf

Very insightful video to watch!!!
Categories
Preke

Die ongetemde EGO

Die Goddelike tem van die EGO. 

Tydens ons “Wat is God se Hart vir Sy kerk” aanlyn Bybelskool, vra ek mense om in-kort te verduidelik in watter area van hulle lewe het hulle geestelike groei beleef in die laaste jaar, of reformasie ervaar.  

Verskeie mense het gedeel dat hulle geleer het om stil te bly, en nie net te praat sonder om te dink, en al die inligting te hê nie. Ander om nie meer hulle vrees uit te spreek teenoor hulle huweliksmaat nie, maar eerder biddend te wag en dan geloof te spreek. ‘n Ander vertel hoe die Here hulle help om nie so vinnig op hulle perdjie te wees nie.  

Wat al hierdie stories in gemeen het is: Die self-ego is besig om getem te word!! 

Die Ongetemde Ego wil nie Ingeperk Word Nie

Die vyfde letter van die Hebreeuse Taal, ( ה ) wat as ‘hey’ uitgespreek word het verskeie en ook ‘n pragtige betekenisvolle betekenis.  In die piktorale taal lyk die letter soos ‘n man wat met sy hande in die lug staan.  Die woord lig kom vyf keer voor in die skepping van die eerste dag, daarom verteenwoordig die letter God se asem wat lewe gee, en die vyf sintuie, vyf vingers en vyf dimensies van die siel: Instinkte, emosies, verstand, transendale konneksie, en eenwording. Die ‘h’ klank is sag, en daarom die vergelyking met asem uit as die eerste klank voor letters vorm.  Die naam Jawheh gebruik twee keer die letter, en is ook volgens oorlewering sonder die vokale geskryf, sodat jy nie per ongeluk God se naam sou kon uiter nie יהוה‎.  Volgens die Midrash het die “jod” die “dalet verlaat en die letter ה gevorm. Dit spreek dus van die sondeval, maar verteenwoordig God se teenwoordigheid in die hart van die mens.  Dit is dan ook hoe Abram en Sarai, Abraham en Sarah geword het, God het in hulle harte kom woon, as die eerste aardsvader van God se mense.  Dit kan ook beteken die mens wat weer sy of haar hart terugdraai na die Here toe, en die deur oopmaak vir die transformasie van wat die Heilige Gees meewerk! [1]

H2580. חֵן ḥēn: A masculine noun meaning favor, grace, acceptance. Genesis 6:8 stands as the fundamental application of this word, meaning an unmerited favor or regard in God’s sight.  

Die woord genade is verder ook net so kragtig: 

Die letter “chet” beteken: privaat, omheining, weggesteek, heiligdom 

Die letter “noon”beteken: lewe – vis.  

Genade is dus die lewe wat God gee binne die beperking, omheining, grense van Sy heiligheid!! 

Die Tuin EDEN was ‘n omheinde stuk genade en vermoë wat God gegee het vir die mens om Sy wil te doen! 

As gevolg van die mens se eiegeregtigheid om sy eie wil te doen, en nie God se inperking te aanvaar nie, word adam en eva uit hierdie genade, voorsiening, beskerming, gewerp.  

Dit is juis hierdie ongetemde EGO van die mens, wat deur die eeue ons meeste probleme van onmin, jaloesie, wedywering, en konflik veroorsaak het.  Die probleem is nie dat ons ‘n ego het nie, dit is dat ons dit nie tem nie! U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos ’n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God. (Jer 31:18) 

God se instellings van huwelik en gesin is ‘n veilige omheining vir die nuwe lewe wat daaruit voortspruit.  Gemeente betrokkenheid is die omheining en inperking wat jou veilig hou in die Here, maar jou ook oefen om jou eie ego in te perk.  Op jou eie kan jy net doen wat Jy wil, eet wat jy wil, slaap wanneer jy wil. Maar wanneer jy in ‘n groepering saamwerk, moet jy jouself inhou, en leer om dinge saam te doen!

Die Ongetemde Ego Wil Nie Getem Word Nie

Die term “ego” is wyd en algemeen in gebruik: Egoïs, self-gesentreed teen oor selfgedrewe, selfbewus teenoor selfbegrip, selfsug teenoor self-geldend.  Die ego kan dus soos ‘n perd of ‘n bul vir goed of sleg gebruik word, afhangend hoe dit opgelei en getem word.  ‘n Wilde perd of bul breek deur heinings en laat homself nie tem nie. Niemand kan hierdie wilde perd ry nie.  Sommige mense se ego is nog glad nie getem nie, hulle praat sonder om te dink, hulle gedagtes en verbeelding ken geen perke nie, hulle maak ander seer en is in die algemeen sonder enige self-dissipline.  

In die Sielkunde is die EGO bloot die EK. “Ek hou nie van olywe nie. Ek hou van klasieke musiek!” 

Jesus is Ons Voorbeeld

Jesus is die paradoksale maar beste voorbeeld van ‘n gesonde getemde ego.  Hy maak duidelike (vir sommige) arrogante SELF – EK verklarings! Maar dan verklaar Hy dat Hy niks uit Homself doen nie, net dit wat Hy van die Vader ontvang het.  

Wanneer Jesus vals beskuldig word verdedig Hy nie Homself en val terug aan nie. (Mat 26:63)

Toe Hy gearresteer word beroep Hy nie Homself op die Legioen enegele nie. (Mat 26:53)

Toe Hy deur die mense vir wie Hy juis gekom het verwerp word, kies Hy om vir hulle in te tree by die Vader. (Luk 23:34)

Wanneer sy beste vriend hom verloën herstel hy hom voor sy vriende.  (Joh 21:15-17)

Toe ‘n dorp Hom nie aanvaar nie, kies Hy nie om hule te verdelg nie. (Luk 9:56)

Jesus blameer niemand vir sy lot nie – Hy is selfs ter tye van sy arrestasie en verhoor, en later kruisiging “krag onder beheer” 

Temperance: ἐγκράτεια egkráteia; gen. egkrateías, fem. noun from egkratḗs (G1468), temperate, self-controlled. Continence, temperance, self-control (Act 24:25; Gal 5:23; 2Pe 1:6).

Syn.: autárkeia (G841), contentedness, sufficiency; sōphrosúnē (G4997), soberness.

Ant.: akrasía (G192), excess, incontinence, self-indulgence; akratḗs (G193), without self-control, incontinent; aphrosúnē (G877), senselessness; asōtía (G810), prodigality; hēdonḗ (G2237), pleasure; kraipálē (G2897), drunkenness.

Die Ongetemde Ego Het Nie ‘n Ware Spieël Nie

Die grootste ontdekking wat mens maak in jou groei na volwassenheid in die Here is dat die EGO sonder kennis van die Here jou mislei! Dit is alleen in die kennis van God, dat jy to die regte begrip en verstaan van jou eie ek kom.  Sonder ‘n spieël kan mens nie jouself reg sien nie. Selfs mense kan jou mislei, en jou vertel hoe jy lyk, maar dit is nie die waarheid nie.  Dit is eers wanneer ons onsself in die spieël van God se Woord bekyk, dat ons onsself reg begin sien!  

Mense sukkel om dit wat ek nou-net gesê het as Waarheid te aanvaar! Maar dink daaroor. Jou persoonlikheid verander oor jare, ouderdom, omgewing werksomgewing.  Jy dink jy lyk dieselfde, maar wanneer jy kinder en bejaarde prentjies van ‘n mens bekyk, is hulle soms onherkenbaar verskillend.  Ons onthou nie, en moet herhaaldelik herinner word aan ‘n gedagte, ‘n idee, ‘n waarheid.  Ons is kragte is ook nie konstant nie, dit hang af van hoeveel ure oefening en dieet. Hoe seker is jy nou weer van jouself?? He he!! 

Ons dink meestal te veel van onsself, of in sommige gevalle te min van of self.  

Die Ongetemde Ego Glo Hulle Kan Enigiets Wees

Dit is alleenlik in die LEERSKOOL van JESUS as ‘n lewenslange pelgrimsreis dat mens jouself ontdek, en vrykom van die eko-kamer van afleidings, misleidings en misrekende identiteit.  Sommige verkondig: Jy kan enigiets wees wat jy wil wees!! Dit is eenvoudig nie die waarheid nie.  

Selfs God kan nie enigiets wat Hy wil wees, wees nie. Hy kan nie die duiwel wees nie, al wou hy. Goed kan nie sleg wees nie, en boosheid kan nie goed wees nie. Daar is inderdaad ‘n bietjie goed in die slegste van ons en ‘n bietjie sleg in die beste van ons.  Indien dit die waarheid is: waarborg ek jou ek sou die beste kitaarspeler wees in die wêreld! Mans kan nie vroue word nie, net beter of slegter mans. Jy kan jouself nie onsterflik maak nie. Jy kan nie eers van jouself ‘n heilige maak nie. Net God kan dit doen.  Maar aangesien ons in wese tydelike wesens is, kan dit nie onmiddellik gedoen word nie, net geleidelik, want niks kan uit sy eie wesenlike natuur ontsnap nie.[2]  

Die Ongetemde Ego-leier Bring Verwoesting

Egoïsme is besig om ons land se vorm van politiek te verwoes.  Elke politikus gee voor dat hulle die saak van die armes op hulle hart dra!! Dat hulle die stem van die verdrukte is! Ek wil weet hoeveel kleuterskole, skole, kerke, NGO’s, voedingskemas, opleidingsentrums, sakeondernemings het enige van die sogenaamde politieke leiers gestig, en bestuur tot volhoubare sukses? Dit is maklik om vir ‘n foto en kamera sessie goed te doen, kos te gee, geskenke te oorhandig om stemme te verwerf!! 

Politiek is die magte wat ons toelaat om sosiale beheer toe te pas. Ons kan nie sonder politiek bestaan nie.  Daar is egter GESONDE OPBOUENDE en BEVRYDENDE Politiek en regering teenoor ONDERDRUKKENDE AFBREKENDE magte.  Ons het nou meer as ooit nodig om LEIERSKAP te modelleer en te wys deur voorbeeld om ‘n nuwe generasie van goeie leiers op te rig! 

LEIERSKAP moet bewys word deur dit wat VERMAG is – Dit wat fisies opgerig en gebou is!! Iewers het ons leiers begin kies wat vreesloos en revolusionêr klink, omdat ons voel ons het bevryding nodig.  Ons het dus oorlogmakers gesoek! Aktiviste!! Aktiviste bou egter nie huise, brue en fabrieke nie – hulle rebelleer teen enige vorm van gesag.  In ‘n tyd van onderdrukking, het ons aktiviste nodig wat ons saak stel, en verandering proklameer. Maar iemand moet die verandering instel en resultate wys, dat verandering nou beter is!! 

Jesus se LEIERSKAP was ‘n perfekte balans van WOORDE en die INKARNASIE van daardie Woorde!! Jesus het die WOORD – VLEES gemaak!  Hy het eweveel wonderwerke en verlossingsdade gedoen teenoor sy filosofiese verklarings!   Dit is juis wat SY Woorde WAAR maak – IN DIE DOEN SIEN JY DIT WERK!  

‘n Ongetemde Ego Oorskat Hulle Vermoëns

Mense oorskat hulle vermoëns, en dink hulle weet iets, sonder om enige boek te lees, of ‘n graad kursus te voltooi! So baie opinies en idees wat as waarheid verkoop word, wat nie geleef is nie! 

Jesus verklaar NIKS oor Homself wat die Vader nie oor Hom verklaar nie: Hy het dus Sy EK bestaan gevind in die Vader. Hy is brood, water, die deur, lig, die lewe, die opstanding!  Dit is hierdie juiste selfverklarings wat Jesus oor Homself maak, wat Hom so geloofwaardig maak. Hy is inderwaarheid die Weg die waarheid en die lewe.  

Wanneer ek JESUS in my bestaan begin raaksien, wat is die Jesus eienskappe wat mense my voor bedank? Dit is die naaste wat jy aan SELF-PERSEPSIE sal kom. Hierdie Jesus eienskappe is die meeste van die tyd natuurlik en nie-geforseerd.  Ons noem dis GENADE of OPSTANDINGSKRAG! 

Deurdat ek gesterf het vir my eie ambisies, aansien, regte, en belangrikheid kan HY die VRUG van die GEES deur my demonstreer. Hierdie VRUG maak van my ‘n mooi, aanneemlike, vriendelike, dankbare, nederige, eerlike, lojale en sagmoedige mens!  Soms werk Hy in my die WEERSIN en REGVERDIGE WOEDE om op te staan teen boosheid, en iets daadwerklik te doen wat betekenis het en volhoubaar is!! Ek kan nie myself opwek wanneer ek dood is nie! Hierdie opwekking is iets wat die Here in ons werk! 

Die Ongetemde Ego Maak vir Hulleself Valse Inperkings en Tronke

Die vals-self-ego is soms vasgevang in self-gemaakte tronke van beperkings wat ons op onsself geplaas het in reaksie teenoor ons opvoeding uitdagings! Dit is weer die veraf pendulum van INPERKINGS wat God nie op ons geplaas het nie.  Die PERD  moet getem word, om sy beste potensiaal te bereik onder die beheer van ‘n jokkie, sommige -perde is vasgevang onder die tirannie van ‘n bose jokkie! 

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Mat 11:28-30) 

Ouers, skole, regerings en weermagte probeer om mense se EGO te tem! Maar in die proses, raak hulle slawedrywers!! Kom onder JESUS se JUK.  Laat Hy jou saggies en liefdevol TEM om te groei en te ontwikkel in die volheid van Jesus Christus.  

Die Ongetemde Ego se “Arm van die Vlees”

‘n Ander manier om dit te stel is: “Die arm van die vlees”.  

Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik vanweë die koning van Assirië of vanweë die hele menigte wat saam met hom is nie; want by ons is meer as by hom.

“By hom is ’n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda”. (2 Chronicles 32:7–8)

Kain se offer was gebaseer op die arm van die vlees (sy eie geregtigheid) terwyl Abel sin in geloof in God se geregtigheid gebring was.  

Die VALS ongetemde EGO soek eer, erkenning en aansien, die GETEMDE EGO is bereid om homself te offer sodat ander suksesvol kan wees.  FREDO BIDDENS van die Lord of the RINGS gee homself as die nederige, selflose offer om die ring van TOTALE MAGBEHEER in die vuur te werp.  

Net hy kon die ring dra, omdat die mag van die ring nie na sy kop toe gegaan het en hom verander het nie.  Ego fokus altyd op self terwyl ‘n getemde ego die fokus altyd na die HERE toe lig.  Lucifer wou op die godeberg sit, en homself aanstel!  

Die Ongetemde Ego Kan Nie Self Vergeet Nie

1 Kor 3:21-4:7

Wanneer mense Jesus wil volg, het Hy gesê: Verloën jouself, neem jou kruis op en volg Hom (Mat 16:24). Hoe verloën jy jouself? Petrus het Jesus verloën deur te sê dat hy Hom nie ken nie. Ons verloën self deur self te ontken.  Vergeet van self – Selfverloëning. Een van die grootste struikelblokke van sielkunde is die obsessie met die self. Ons probeer om onsself te verbeter, probeer om self gesondmaak deur die een of ander selfhelpboek te probeer. Dit alles lei tot meer leegheid en verwarring.  Redding is gerig na die kruis, kyk na Jesus, op dieselfde manier as wat die Israeliete moes kyk na die slang op ‘n paal om hul genesing te ontvang.  

Dit sal jou koers op ‘n reis van geloof in Christus stel, wat jou uiteindelik en permanent sal verander om ‘n algehele nuwe persoon in elke opsig te word, ‘n vervulde lewe, vergenoegd in vrede, voluit in Christus te ontwaak.  

Die Ongetemde Ego Misreken Hulle Waarde

Ons Ego is ons grootste probleem, en staan in ons pad om ‘n geesvervulde lewe te leef.  

‘n Lewe wat op ‘self’ gesentreer is , lei tot stryd, hetsy om te veel of te min te doen. Probeer, streef en veg om beter te wees, maar herhaaldelik misluk, oor en oor, keer op keer! Dit lyk asof ons dit nooit regkry nie, op soek na vertroosting en vrede, prestasie en betekenis op al die verkeerde plekke om aan die einde weer leeg te wees. Ons put ons intellek uit, dryf ons wil, dwing ons gewoontes, om te eindig met meer vrae as antwoorde, meer mislukkings as oplossings.  

Moderne sielkunde blameer ‘n lae selfbeeld vir die meeste mense se slegte gedrag. Tog is daar geen bewyse vir hierdie aanname nie, mense met opgeblaasde (trotse) ego het eintlik meer seer en pyn vir die samelewing veroorsaak as mense met ‘n werklike lae, uitgestelde selfbeeld.  

Ons het nou name vir mense se egoïstiese gedrag, soos Narsisme, arrogansie, trots, self-geabsorbeer, self gesentreerd.   

Let nothing be done through strife or vainglory; but in lowliness of mind let each esteem other better than themselves. κενοδοξία kenodoxía; gen. kenodoxías, fem. noun from kenódoxos (G2755), self-conceited. Vainglory, empty pride, desire for praise (Phil. 2:3).

Die Ongetemde Ego is Sieklik

Ons kan nie grootheid bereik nie, tensy ons alle belangstelling verloor om groot te wees nie. Thomas Merton 

Die woord wat Paulus in hierdie gedeelte vir TROTS gebruik, is anders, en net hy gebruik hierdie woord in die NT.  Trots – fisioõ: om oorinflasie, geswel, buite sy regte grootte te wees.

Dink aan jou liggaam. As enige deel van jou liggaam geswel is buite die regte grootte, gaan jy daarvan weet. So ‘n geswelde liggaamsdeel het vier eienskappe: en gee ons ‘n pragtige metafoor om die onnatuurlike toestand van die menslike ego te verstaan:

LEEG – Søren Kierkegaard sê dat die normale menslike ego gebou is op iets behalwe God. Dit soek na iets wat dit ‘n gevoel van waarde, ‘n gevoel van spesialiteit en ‘n gevoel van doel sal gee en homself daarop bou. 

PYNLIK – Die ego maak dikwels seer. Dit is omdat daar iets ongelooflik verkeerd daarmee is. Daar is ongelooflik fout daarmee. Dit vestig altyd die aandag op homself – dit doen dit elke moment deur die dag . Dit laat ons altyd nadink oor hoe ons lyk en hoe ons behandel word.

BESIG – Dit is besig om die leegheid te probeer vul. En dit is besig om veral twee dinge te doen – vergelyk en spog. Dit is mededingendheid wat die kern van trots is. Dit is wat ons ego’s die hele tyd doen. Om werk te doen waarin ons geen plesier het nie, doen diëte waarin ons geen plesier het nie. Doen allerhande dinge, nie vir die plesier om dit te doen nie, maar omdat ons probeer om ‘n indrukwekkende kurrikulum vitae saam te stel.

BROOS – ‘n Superiorkompleks en ‘n minderwaardigheidskompleks is basies dieselfde. Dit is albei resultate van oorinflasie. Die persoon met die meerderwaardigheidskompleks is opgeblaas en loop die gevaar om ontlont te word; die persoon met ‘n minderwaardigheidskompleks is reeds pap en futloos. My ego kan nie tevrede wees nie. My gevoel van self, my begeerte na selfwaarde, my behoefte om seker te wees ek is iemand – dit word nooit vervul nie. Al hierdie moeite is van korte duur, en kan ons nie onderhou nie, ons loop uit brandstof. 

Romeine 6:6

Gal 5:24

Efésiërs 4:22

Kol 3:5 

DIE GETEMDE EGO 

God Lewer Die Uitspraak Oor My Lewe

Die woord wat hier met ‘REG’ vertaal word, het dieselfde betekenis as die woord ‘uitspraak’. Dit is wat alle mense begeer. Legitimiteit, ‘n uitspraak wat uiteindelik ons waarde sal bewys. Die probleem is dat ons in die hof bly, eendag voel ons het ‘n goeie saak aangebied, die volgende dag voel ons ons het dit gemis. Ons kry nooit sy finale uitspraak nie. 

Paulus sê die uitspraak is uit. Die hof verdaag. Ek is geregverdig deur Christus se prestasie. Mense sukkel omdat hulle nie aan hulle ouer se standaarde, of hulle portuurgroep, of hulle onderwysers voldoen nie. Die antwoord is dus: stel jou eie standaarde. Dit laat ons ook leeg, want om op een of ander manier, kry ons dit ook nooit reg nie, ons skiet óf  te hoog of te laag.  

Paulus staan bekend as een van die invloedrykste mense in die geskiedenis. Hy het enorme gravitas en ewewigtigheid as persoon, met bepaalde invloed, en ‘n koersvaste selfvertroue gehad. Hy het bloot fokus behou en niks het hom van koers af gegooi nie. En tog, in 1 Timoteus, sê hy ‘Jesus Christus het in die wêreld gekom om sondaars te red, van wie ek die hoof is‘ (1 Tim. 1:15).  Dit is interessant dat al die grootste bekendste geestelike heiliges hulleself altyd beskryf as die grootste sondaars.

Paulus verklaar dat die Korintiërs hom nie kan beoordeel nie en hy ook nie homself sal oordeel nie, hy weet van sy sondes, maar dit bepaal nie sy identiteit nie. Sy sondes en sy identiteit is nie een ding nie (Rom 7:17). Hy weier om die spel te speel. God sal oordeel.  Paulus is dus geheel en al GOD-GERIG! Sy identiteit en ook sy sondes word in die spieel van God se Woord bepaal.  Soos ‘n briljante gesig kunstenaar, haal hy byna nooit sy oog van die objek af nie.  Soos voorheen verduidelik, sonder ‘n spieel kan ‘n vrou nie haarself bestudeer en grimering aansit nie.  Mense, omstandighede en self gee vir ons ‘n verwronge spieel, en verkry ons false beelde van onsself.  Dit is wanneer ons na Jesus kyk, en Hom begin raaksien dat ons spieelbeeld in fokus kom! 

Paulus se ego is nie opgeblase nie, hy is vergenoegd of hy nou baie besit of niks nie.  Hy praat altyd in ‘n gees van algehele nederigheid. Ware nederigheid is die vermoë om ‘n regte (Christus-gesentreerde) siening van my self te hê  (omdat ‘n persoon wat aanhou sê dat hulle ‘n niemand is nie, eintlik ‘n selfbehepte persoon is). Trots is ‘n oorskatting van self, minderwaardigheid is ‘n onderskatting van self.  

Die Evangelie – nederigheid hoef nie aan myself te dink nie. Ek hoef nie dinge met myself te vergelyk nie. Die evangelie bring ‘n einde aan gedagtes soos: ‘Ek is in hierdie kamer met hierdie mense, laat dit my goed lyk? Wil ek hier wees?” Ware evangelie nederigheid beteken dat ek ophou om elke ervaring, elke gesprek, met myself te verbind. Ek hou op om aan myself te dink. Die vryheid van selfverloëning. Die geseënde vrede rus wat net selfverloëning bring. Ware evangelie- nederigheid beteken ‘n ego wat nie opgeblase is nie, maar gevul is met die Heilige Gees se teenwoordigheid.

Die waarlik evangelie-nederige persoon is ‘n selfverloënende persoon wie se ego net soos sy of haar tone is. Dit werk net. Dit vestig nie die aandag op homself nie. Die tone werk net; Die ego werk net. 

Kritiek beïnvloed jou nie, jy gebruik kritiek konstruktief om te verander. Jy kan nie jouself verander nie, maar korreksie is ‘n afrigter wat jou help om meer effektief te word. 

Hoe het Paulus hierdie geseënde selfverloëning verkry? Eerstens sê hy: ‘Ek gee nie om wat jy dink nie; maar ek gee nie om wat ek dink nie.’ Met ander woorde, hy kyk nie na hulle vir die uitspraak nie, en hy kyk ook nie na homself vir die uitspraak nie. Dit wil sê: “My gewete is skoon, maar dit maak my nie onskuldig nie.” Die woord wat met “onskuldig” vertaal word, kom van die woord “regverdiging”. Die woord vir ‘regverdiging’ is dieselfde een wat hy in Romeine en Galasiërs gebruik.  God het dus my REGWEES bepaal.  

Besef jy dat dit slegs in die evangelie van Jesus Christus is dat jy die uitspraak van sukses voor die vertoning kry? Paulus verklaar dat aanvaarding verkry is voor prestasie en vertoning van aardse suskses.  Soos Jesus hoor ons die Vader se stem: ‘Dit is my geliefde kind in wie ek ‘n welbehae het’ 

Regverdiging die ontvangs van die finale uitspraak. Ek is vrygespreek! Nie deur my werke nie, maar deur Syne! Ek ontvang die gawe van geregtigheid, regspraak en aanvaarding, legitimiteit, om God se kind te wees, erfgenaam met Christus, sy eiendom, deel van Sy familie te wees as ‘n GESKENK.  Joh 1:12; Rom 5:17

Jy sien, die uitspraak is in. En nou tree ek op grond van hierdie uitspraak op. Omdat Hy my liefhet en Hy my aanvaar, hoef ek nie dinge te doen net om my résumé op te bou nie. Ek hoef nie dinge te doen om my goed te laat lyk nie. Ek kan dinge doen vir die vreugde om dit te doen. Ek kan mense help om mense te help – nie sodat ek beter oor myself hoef te voel nie, nie sodat ek die leegheid kan vul nie.

Reken Jouself Dood

Die kern van die evangelie van Jesus Christus is die kwessie van die ontkenning van self. MATTHEUS 16:24 En Jesus sê vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, laat hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.  Voordat ‘n opstanding kan plaasvind, moet ‘n dood plaasvind.  Die prys van verlossing is om jou hele lewe op te gee om Sy lewe te ontvang.  Rom. 6:11: Net so moet julle ook reken dat julle waarlik dood is vir die sonde, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.  

Die sleutelwoord hier is; Om een self dood te maak.   Die woord reken “logizomai” beteken: “impute”; rede; tel jouself om dood te wees; reken na binne; tel of weeg die redes op; om te beraadslaag deur al die redes te bereken; om te versamel of af te lei. 

Waaroor moet ons redeneer?  

Kom ons gaan terug na verlossing. “Toe Nikodemus Jesus een aand besoek het, het Hy geantwoord en vir hom gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” 1 Johannes 3:3 

Toe ons tot die geloof gekom het, is ons nuwe skepsels in Christus gemaak.  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping; ou dinge het verbygegaan; Kyk, alles het nuut geword.  2 Korintiërs 5:17. Ons moet redeneer oor die feit van ons redding.  Hoe Hy ons gekies het   Hoe Hy ons gered het. 

Reken jouself dood beteken: onthou as ‘n feit ‘n mens se redding.  Waar die dood van self vir die eerste keer plaasgevind het .  Om gedoop te word, is ‘n simboliese begrafnis van die ou self.  Rom 6:3: Of weet julle nie dat soveel van ons as wat in Christus Jesus gedoop is, in Sy dood gedoop is nie? 

Deur na die grammatika van die sin te kyk, kry ons nie net begrip van die woorde nie, maar ook die bedoeling van wat bedoel is.  Die tyd van die werkwoord is in die huidige tyd, wat beteken dat hierdie redenasie nou plaasvind.  Die feit dat die werkwoord ook in die aktiewe stem is, beteken dat ons diegene is wat die aksie neem (die seun het die bal getref” die seun voer die aksie uit). En dit is in die noodsaaklike toon geskryf, wat beteken dat ons beveel word om onsself elke dag dood in Christus te reken! Hierdie woord handel oor ‘n realiteit. As ek “logizomai” of reken dat my bank R250 daarin het, het dit R250 daarin. Anders bedrieg ek myself. Hierdie woord verwys na feite wat nie veronderstellings is nie. 

Ons sien dieselfde woord in Romeine 12:1, maar as ‘n selfstandige naamwoord “Logikos” waar die woord “logika” vandaan kom.  Daarom vermaan ek julle, broeders, deur die barmhartighede van God, dat julle julle liggame ‘n lewende offer bring, heilig, aanneemlik vir God, wat julle redelike diens is.

15:31 – Ek sterf elke dag.  

Kol 3:1-4 – Ons het in Christus gesterf

Gal 5:21-26 – Het die vlees gekruisig. 

Ps 116:15 – Kosbaar in sy oë is die dood van sy heiliges. 

Joh 3:30 – Hy moet meer word en ek minder word. 

Gal 2:20 – Ons is in Christus gekruisig. 

Fil 3:7-8 – het my lewensverlies bereken om Christus te verkry

Joh 12:24 – As ‘n saad nie in die grond val en sterf nie,


[1] https://www.hebrew4christians.com/Grammar/Unit_One/Aleph-Bet/Hey/hey.html

[2] Dr. Peter Kreeft | 10 Lies of Contemporary Culture | Commencement Address at Franciscan University https://youtu.be/K7FtUlnIXd0

Categories
Preke

Bevry jouself van die strik van satan

Die lewe is ‘n hindernisbaan, vol slaggate, ingewikkelde uitdagings, en beproewings wat ons tot die uiterste sal beproef.  Wie is die argitek agter al hierdie uitdagings? ‘n versameling van die volgende: 

  1. Die Here – Die Here is in beheer, maar hy beheer nie alles nie.  God se tydlose, almagtige, liefdevolle, alwetende, perfekte bestaan is ‘n misterie wat ons as mens nie kan ontrafel nie.  Hy is soewerein! Hy is God! Hy skuld ons nie verskonings nie! Ons beste daad van liefde is om ten spyte van omstandighede nog steeds lief te hê, te loof en te aanbid! 
  2. Die Duiwel – die duiwel se fokus is om ons te laat twyfel, en geloof verloor, sodat ons nie God se wil doen nie! Die oomblik as ons passief oorgee aan die leuen, en nie meer doen wat God ons voor geroep het nie, is ‘n oorwinning vir satan. Meer nog, as hy ons kan kry om sy wil te doen!! 
  3. Mens – ons is beperk in ‘n tydraamwerk, volgens ouderdom, kennis, vermoëns, en basies dit wat in ons hand is.  In ons strewe na oorlewing maak ons mekaar seer. Ons regverdig onsself, en in die proses oortree ons teenoor mekaar.  Ons menswees is vasgevang in dit wat ek nie wil doen nie, doen ek, en dit wat ek wil doen kom ek nooit by uit nie.  Dit impliseer dat ek direk of indirek iemand anders gaan seermaak. Ons gaan nie aan mekaar se verwagtinge voldoen nie. Elkeen leef vir hom of haarself. Ons kom nie ons woord na nie. Ons kwets met ons woorde, opinies en oordele. 
  4. Dinge – ‘n pap band kan ‘n dag ontwrig, wat nog te sê van beurtkrag, stadige rekenaars, pap selfone, stukkende wasmasjiene, yskaste wat ontvries, goed wat breek op die onmoontlike tye omdat dit roes en oud raak! Daar is miljoene dinge wat die lewe kan ontwrig en ons tyd en aandag beroof van wat eintlik van wesenlike belang is! 
  5. Die skepping – Want die skepping is aan die nietigheid en verganklikheid onderworpe (Rom 8:20) aardsvermarming, te veel mense, vloede, droogtes, storms, hael, brande kan in ‘n oomblik ons rustige bestaan ontwrig! 

Ons kan weliswaar nie veel doen om hierdie hindernisbaan te vermy nie.  Die beste opsie is om dit ons beste en alles te gee, sodat ons fiks kan raak, en leer om van die hindernisse te oorkom.  Sommige mense wil geheel en al onttrek, en hulle self isoleer in die veiligheid van hulle huise. Die probleem is met hierdie strategie is: dit wat jy nie oefen nie verbeur jy! Die spiere wat nie meer oefen nie, raak lam! Gevolglik raak mens nog swakker en pateties om selfs die geringste hindernisse te oorkom! 

Vandag wil ek fokus op die strikke wat die vyand vir ons stel, om ons te draai om sy wil te doen.  

4624. σκανδαλίζω skandalízō; fut. skandalísō, from skándalon (G4625), a trap, stumbling block. To cause to stumble and fall, not found in Gr. writers. In the NT, figuratively to be a stumbling block to someone, to cause to stumble at or in something, to give a cause of offense to someone. Trans.:

(I) Generally, to offend, vex, particularly to scandalize, with the acc. of person (Matt. 17:27; John 6:61; 1 Cor. 8:13); pass. (Matt. 13:21; 15:12; 24:10; Mark 4:17; John 16:1; 2 Cor. 11:29); pass., followed by en (G1722), in, to be offended by someone, to take offense at his character, words, conduct, so as to reject him (Matt. 11:6; 13:57; 26:31, 33; Mark 6:3; 14:27; Luke 7:23).

(II) Causative, to cause to offend, lead astray, lead into sin, be a stumbling block or the occasion of one’s sinning. With the acc. of person (Matt. 5:29, 30; 18:6, 8, 9; Mark 9:42, 43, 45, 47; Luke 17:2; Rom. 14:21). Hence in the pass., to be offended, be led astray or into sin, fall away from the truth. In Rom. 14, In the case of adiáphora (i.e., matters of liberty or conscience), the act of offending is indeed causative. To offend is not to upset, annoy, vex or irritate. Rather, to offend in this case is to cause one to offend himself, to stumble, by leading him to exercise a liberty against his conscience.

Syn.: píptō (G4098), to fail or fall; husteréō (G5302), to come behind, fall short; proskóptō (G4350), to stumble; ptaíō (G4417), to offend, stumble, sin; diabállō (G4624), to falsely accuse.

Ant.: boēthéō (G0997), to help.

Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is.” (Luk 17:1-4) 

Jesus maak dit baie duidelik, mense gaan ons te nakom, maar moenie aanstoot neem nie. Want deur aanstoot te neem, raak ek vasgevang in die strik wat vir my gestel is. Hy wys duidelik dit uit, dat diegene wat strikke vir mense stel, deur die Here self geoordeel gaan word! Verder leer Hy ons ook die tegniek om uit hierdie strikke van mense uit te kom. Jy moet die persoon teregwys en vermaan.  Die meeste mense kry dit nie reg nie, en selfs die wat probeer faal! Gevolglik raak ons hierdie moeilike hindernis nie baas nie! Dink aan die moeilikste hindernis in ‘n hindernisbaan! Niemand kry gewoonlik by die eerste probeerslag dit reg nie! Dit kos oefen en herhaaldelik probeer, om hierdie moeilike uitdaging te oorkom! 

Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam. (2 Tim 2:25-26) “transgressional sin” is wanneer ons oortreders word as gevolg van die oortreding wat teenoor ons gedoen is.  Mense het van ons geskinder, nou skinder ons van hulle. Mense het ons verraai, nou verraai ons die wat by ons staan.  Iemand maak ons kwaad. Ons word geoordeel nou oordeel ons! Jesus leer ons om in die teenoorgestelde gees, hierdie moeilike hindernis te oorkom.  Weereens ‘n baie moeilike uitdaging!! ‘n sagte antwoord keer die grimmigheid af, jy moet jou vyand lief hê, vir hom bid en hom seën. 

Ook by die mense buite die gemeente moet hy as ‘n goeie man bekend staan, sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in ‘n strik van die duiwel val nie. (1 Tim 3:7) Wanneer ons mense se praatjies van ons aanhoor, wat nie die waarheid is nie, maak dit seer. Die probleem is, dit is weer ‘n reuse slaggat waarin ons vasgevang raak en nie vorder nie.  Ons hou so ‘n hofsaak in ons kop, dat ons aan niks anders kan doen nie. Ons verloor fokus, en raak sélf behep.  Onthou nou laat jy die vyand wen! Ons doen nie meer wat ons voor geroep is nie!  Jesus het ten spyte van Judas se verraad en Petrus Sy beste vriend se verloëning nie koers verloor met Sy opdrag nie! 

Dit is wonderlik om te sien hoe Jesus die moeilikste van alle hindernisse die kruisdood op Golgota deurstaan en oorwin!! 

Hier is ‘n paar NUGTER gedagtes: 

  • Mense sien en waardeer jou nie totdat jy nie meer daar is nie. 
  • Jy weet nie wat mense dink nie, moenie aanneem jy weet nie.  
  • Moenie mense op hulle uiterlike takseer nie. 
  • Moet geen verwagting van ‘n mens hê nie.  
  • Agterdog is nie ‘n vrug van die Gees nie.  

So watch your step, friends. Make sure there’s no evil unbelief lying around that will trip you up and throw you off course, diverting you from the living God. For as long as it’s still God’s Today, keep each other on your toes so sin doesn’t slow down your reflexes. If we can only keep our grip on the sure thing we started out with, we’re in this with Christ for the long haul. (Heb 3:12-14) 

So roll up your sleeves, put your mind in gear, be totally ready to receive the gift that’s coming when Jesus arrives. Don’t lazily slip back into those old grooves of evil, doing just what you feel like doing. You didn’t know any better then; you do now. As obedient children, let yourselves be pulled into a way of life shaped by God’s life, a life energetic and blazing with holiness. God said, “I am holy; you be holy.” (1 Pet 1:13-16) 

All of you, slave and free both, were once held hostage in a sinful society. Then a huge sum was paid out for your ransom. So please don’t, out of old habit, slip back into being or doing what everyone else tells you. Friends, stay where you were called to be. God is there. Hold the high ground with him at your side. (1 Cor 7:23-24) 

You were running superbly! Who cut in on you, deflecting you from the true course of obedience? This detour doesn’t come from the One who called you into the race in the first place. And please don’t toss this off as insignificant. It only takes a minute amount of yeast, you know, to permeate an entire loaf of bread. (Gal 5:7-9) 

Wanneer mens hierdie verse lees uit Peterson se Message vertaling, kan mens makliker assosieer en sien hoe die vyand ons wil probeer stop om die resies klaar te maak.  Wees nugter, wees wakker! Hou jou oë gevestig op Jesus, ons kyk nie na ‘n mens nie! 

God is ook nie ‘n mens dat Hy sou lieg of ons bedrieg nie!! HY dink ook nie soos ‘n mens nie! Ons moet ons gedagtes vernuwe om soos Hy te dink!! Dan sal ons die wêreld sien vanuit Sy oë! Verganklik, tydelik, kortstondig, broos, en deurmekaar!! 

Hoe langer ons in Hom in Christus, in die hemelse troonkamer vertoef, verander ons innerlike bewussyn en realiteit! Ons sien ons roeping, erfdeel en goddelike krag wat Hy tot ons beskikking gestel het om hierdie wêreld te oorwin! (Efe 1:13-21) Ons sien alles wat ons in Christus ontvang het! Ons is vol van Sy liefde in verbondenheid met Hom en mekaar! IN HIERDIE HEMELSE WERKLIKHEID verdwyn al die strikke, hindernisse, kettings en gevangenisskap van mense opinies soos mis voor die son!! 

Ons is VRY! Waarlik VRY! 

Leef in hierdie vryheid! 

Categories
Preke

Rightwiseness – Verkry die Regte Waardebepaling

Ons sukkel maar as mens om die regte, ewige, onverganklike waarde van ‘n mens te bepaal. Geen aardse objek is ewig nie! Net die mens is bestem om ewig te lewe. Hoekom waardeer mense nooit wat hulle het totdat dit eers weg is nie? Die koninkryk van God boodskap is ‘n “reset” van alles wat ons as waardevol beskou.

Ons as mens weet nie altyd om dit wat werklik van waarde is raak te sien nie. So verkoop Esau sy geboortereg vir ‘n pot lensiesop, omdat hy moeg en honger is. (Gen 25:29-34) 

“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n skat wat in ‘n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land. “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ‘n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy ‘n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel. Matthew 13:44-46 

Ek het dié lief wat my liefhet; dié wat my soek, vind my. Wie my het, het rykdom en eer, het duursame en blywende besittings. Wat ek vir jou lewer, is beter as goud, selfs fyn goud; wat ek inbring, is meer werd as die suiwerste silwer. Waar ek gaan, is daar geregtigheid, my pad is dié van die reg. Ek maak dié wat my liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol. (Prov 8:17-21)

Die wêreld ekonomie staan en val by wat mense op ‘n bepaalde tydstip van hoë waarde ag.  So behaal die 1967 Shelby Mustang GT500 kultus status na die film Gone in 60 Seconds.  Die wêreld markte is besig om geskud te word en mense soek die beste aandele om in te belê.  So het mense hulleself al baie lyding en verdriet besorg, omdat hulle tydelike, verganklike, dinge nagejaag het!  Roem, aansien, rykdom, weelde!!! 

Dit is interessant dat mense wat al vir baie lank finansieel ryk is, hulle rykdom nie vertoon of afwys nie! Hulle lewe bloot normale en eenvoudige lewens, ten spyte van hulle aardse rykdom.  

Jesus verstaan dat die mens se hart jaag dit wat jy as waardevol beskou.  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.  (Mat 6:21)  

Jesus rig die mens se hart na ewige skatte. Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. ( Mat 19:21) 

Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee. Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (Luk 12:32-34) 

Wat was vir Jesus waardevol? 

  1. Jesus heg om God lief te hê, en Hom te dien as die mees waardevolste en belangrikste ding wat jy kan doen. 

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.  (Mat 6:33)

  • Jesus wys dat hoe jy die ewigheid gaan spandeer meer belangrik is, as die aardse lewe. 

En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.  (Joh 17:3; 17) 

  • Jesus heg waarde aan ‘n meer eenvoudige lewenstyl

Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?  (Mat 6:25-34) 

  • Jesus heg waarde aan gesondheid, HY maak siekes heeltemal gesond.  

(Luke 17:11-19).
ho⋅lis⋅tic /həlistik/emphasizing the organic or functional relation between parts and the whole 1926, coined, along with holism, by Gen. J.C. Smuts (1870-1950), from Greek holos “whole.” In reference to the theory that regards nature as consisting of wholes. Holistic medicine is first attested 1960. 

  • Jesus heg nie waarde aan ‘n sigbare plek nie, maar die koninkryk BINNE jou.

Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle. (Luk 17:20-21) 

  • Jesus rig die mens se hart na ewige skatte en rykdom.

Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My. ( Mat 19:21) 

  • Jesus kyk anders na die mees belangrike mense. 

In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.” (Mat 18:1-5) 

Hoe meet ons, ons eie waarde? 

Ons meet ons waarde soms met verskillende veranderende nie betroubare maatstawwe soos: hoeveel likes op ons sosiale media blaaie, prestasies, volgelinge, suksesse, status posisies ens. ens.  Jesus leer ons om onsself van waarde te ag, bloot omdat Hy ons van waarde ag.  Omdat Hy ons liefhet! Omdat Hy vir ons gesterf het, en vir ons sonde betaal het! Omdat Hy ons raaksien en by ons stop! Omdat ons Hom ken! Ons skepper is inderdaad die beste onveranderlike bertroubare waardebepaling. Mens gaan mos na ‘n spesialis om die waarde van ‘n objek soos ‘n diamant, of oudheid te bepaal. Net so gaan ons na ons Vader, om ons waarde te bepaal!  

Wat doen ons met mense wat ons nie van waarde ag nie?

Mense het Jesus ook nie van waarde geag nie. Dit is ‘n gegewe, mense is meestal net op hulleself ingestel.  Jesus is God met ons. Telkens hoor ons Jesus sê: “As julle maar net besef wie dit is wat hier by julle staan.” Hoe het Jesus dit hanteer? Hy nudge mense liggies om te sien wie Hy werklik is.  Die samaritaanse vrou by die put. (Joh 4) Maar Jesus verklaar ook aan die ander kant: “As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.” (Joh 5:31) Selfpromosie was dus nie deel van Jesus se modus operandi nie. Hy het bloot aangehou om fisies te doen waarvoor Hy geroep was. Hy maak siekes gesond, dryf duiwels uit, en getuig van die waarheid. Hy neem nie aanstoot omdat mense Hom nie sien nie! “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Luk 23:34) Van al Jesus se volgelinge het net Maria gesien wie Jesus regtig was, en wat Hy bereid was om te offer. Daarom kom salf sy Sy voete. (Joh 12:1-11) 

Verlaag jou verwagtinge van mense. 

During the time he was in Jerusalem, those days of the Passover Feast, many people noticed the signs he was displaying and, seeing they pointed straight to God, entrusted their lives to him. But Jesus didn’t entrust his life to them. He knew them inside and out, knew how untrustworthy they were. He didn’t need any help in seeing right through them. (Jn 2:23–25). En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen. Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.

Moenie jou verwagting op mense stel nie. 

Jer 17:9-10; Jer 10:23; Prov 14:12; Jud 21:25; Ps 118:7-9

Categories
Preke

Rightwiseness – Die Wysheid in die Liggaam.

Sekerlik een van die grootste voordele van kind van God wees is die toegang tot die kollektiewe “rightwiseness” opgesluit in die liggaam van Christus.  Paulus beskryf die Liggaam van Christus in 1 Cor 12.  Net soos die menslike liggaam ‘n lopende wonderwerk is van diverse funksies wat saamwerk tot gesonde menswees is die liggaam van Christus die mees wonderbaarlikste uitdrukking van God se genialiteit! Rom 12:5; Eph 4:11-16

Soos ons fisiese liggaam ‘n bepaalde gesonde lewenstyl nodig het om optimaal te bly funksioneer het die liggaam van Christus ook ‘n sekere lewensuitkyk nodig. 

  • Jy is wat jy eet.  Leerstellige akkuraatheid.  (Acts 2:42) 
  • Ons het die hele liggaam in al sy diversiteit nodig. (Rom 12:3-8)
  • Die hoeveelheid liefde wat jy insit bepaal die hoeveelheid liefde wat jy terugkry. 
  • Aanhou bly reformeer.  (Rom 8:29; 
  • Verantwoordbaarheid en jou eie ontwikkeling proses.  Ken Wilber som die totale ontwikkeling proses van die mens in 8 fases. Archaic, indigenous, tribal, traditional, modern, post modern, integral, post integral. [1]
  • Individuele groei tesame met kollektiewe groei.  
  • Niemand is toeskouers nie.  Jy groei in die deelneem, en jou bepaalde roeping uit te leef. Elkeen se gehoorsaamheid is belangrik, en baan die weg vir die selfversorging van elke lid.  (1 Cor 12:25; Eph 4:16)
  • Leer om die liggaam te onderskei.  (1 Cor 11:
  • Te wille van die liggaam. (Col 1:24-29) 
  • Kollektiewe gesag. (Eph 1:22) 

Die samekoms van gelowiges is die fontein. 

Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ‘n bydrae om te lewer: ‘n psalm, ‘n onderwysing, ‘n openbaring, ‘n ongewone taal of klank, ‘n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop. (1 Cor 14:26) Jy kry toegang en jy drink van die liggaam in die samekoms van gelowiges.  Een tot een konneksie is belangrik, maar die input word eksponensieel verdubbel in die samekoms.  

Die Kollektiewe sinne van Christus. 

“But we have the mind of Christ.” ( 1 Cor 2:16) 

Dit is betekenisvol dat Paulus nie hier sê, ek het die sinne van Christus nie. Die genialiteit van God is opgesluit in die liggaam.  Dit is die misterie wat vir eeue geheim gehou is, en in Christus eers geopenbaar is!! aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid. (Col 1:27) 

Multitude of Consellors – (Prov 11:14; 15:22; 24:6) 

Deel van die liggaam maar opereer op jou eie.  

Ons mag nie ‘n opinie gee rakende die bedanking van die Brian Houston skandaal nie. Ons is nie daar nie, ons ken nie die mense direk nie. Maar ons doen en late bring geweldige skade aan die liggaam!!! Maar in ‘n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer. As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk. Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep. (2 Tim 2:20-22) Ons lewe is ALTYD ‘n preek, soms vertoon ons die glorie van die Here en inspireer ons mense! Ander kere is ons lewe ‘n boodskap van waarskuwing.  Daarom gooi ons nie diegene wat val weg nie. Sonder Dawid se openlike belydenis oor die Batseba skandaal nie, was die Woord van God onvolkome.  

Betekenisvolle verhoudinge van samewerking. 

Omring jou met ‘n verskeidenheid van mense van statuur wat al verder as jy gegroei het. Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.  (Prov 13:20) wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer. (2 Tim 2:2) Ouer vroue leer die jonger vroue. (Tit 2:3-4) 

EEN Van Gees. 

God seën uitermatig waar Sy liggaam in verbondenheid met Hom en met mekaar lewe! 

 (Rom 7:4; Rom 9:1; 1 Cor 15:22; Eph 3:6, 12, 21; Col 2:6, 10, 11-1; Rev 1:9) IN ONE ACCORD (Acts 1:14; Acts 2:1; Acts 2:46; Acts 5:12; Acts 8:6; Acts 4:24, 32; Acts 15:25) 


[1] https://en.wikipedia.org/wiki/Integral_theory_(Ken_Wilber)

Categories
Preke

Right-wiseness: Hoe om reg te dink in tye van krisis

https://youtu.be/0HbncUqNR-M

Mense vra: Is die oorlog in Oekraine die begin van die einde en moontlik die aanloop tot ‘n derde wêreld oorlog? As die antwoord ja is, wat gaan jy aanpas en doen in jou lewe? Die Bybelse, Jesus-manier van dink oor ‘n krisis is nou nodig.  

Daar is sekerlik nie ‘n mens wat al meer as 80-jaar oud is, wat nie al oorloë en wêreld tragedie beleef het nie.  Die mens staan inderdaad broos teen ‘n lewe vol van tragedie, pandemies, natuurrampe, en menslike degradeerde kulture en sosiale ekosisteme.  Siekte, verderf, agteruitgang wedywer meestal met die oorhand oor goeie nuus, liefde, en behaaglik genot.  

Persoonlike Verantwoordelikheid 

Jesus slaan heeltemal ‘n nuwe koers in deur ‘n appèl te maak op die individu om die hemel, en Utopia binne homself te soek en nie in ‘n utopiese staat of regering nie  (Luk 17:21). Enersyds moet ons natuurlik ook die kwaad, sonde en verkeerd ook eers in ons eie hart soek. Sien die balk in jou eie oog (Mat 7:3-5). Boosheid begin in jou eie hart (Mat 12:35). 

Oorwin dus eers die oorlog in jou eie hart, dan in jou huis, dan jou straat, woonbuurt, dorp en dan sal jy gesag ontvang om ‘n hoër vlak invloed uit te oefen.  Ons kan nie nou wat in die Oekraine verander nie, maar ons kan hier waar ons invloed het, begin om vrede te bewerk, versoening te bring, kos en klere te gee, iemand in jou huis in te neem.  

Gaan hierdie oorlog soos met die Covid-19 Pandemie op ons ‘n impak hê? Verseker! Ons wat hier lewe se lewens is onlosmaaklik met mekaar verbind op ekonomiese, emosionele, kognitiewe, sosiale, geestelike, nasionale omgewings vlak en nog baie meer.  Dit is daarom dat ons juis hier lokaal moet begin om so waardig moontlik elke krisis te trotseer. Ons kan dit nie ontvlug nie.  Ons kan daaruit leer, om toekomstige krisisse te voorkom of beter hanteer. Maar dit wat ons nie nou hanteer nie, eskaleer en groei, en gaan later uiteindelik hanteer moet word.  

Jesus se manier van dink is nie om te probeer om krisisse te ontkom nie.  Inteendeel Jesus voorspel allerhande onheil:  “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is ’n begin van die smarte.” (Mat 24:6-8).  

Praktiese wysheid is: Wanneer tussen mense, fokus op mense. Wanneer alleen is, fokus op binnewêreld. Ons kry dit soms verkeerd. Ons is alleen en dink aan alles wat die mense sê. Wanneer ons tussen mense is ons selfbewus.  Wees dus algeheel teenwoordig in ‘n bepaalde situasie.  

Moenie fokus op wat jy nie kan verander nie, gaan wees die verandering waar jy ‘n verskil kan maak. 

Waar Staan God in Lyding? 

Die onwillekeurige vraag is: As God dan Liefdevol en almagtig is hoekom soveel boosheid toelaat? 

  • God is almagtig
  • God is liefdevol

God is egter ook: 

  • God is al-wys
  • God is Ewig

En moenie vergeet nie: Satan en boosheid bestaan.  

Dit beteken ons weet nie alles nie.  God se tydlyn verskil, Hy is gister, vandag tot in ewigheid dieselfde, maar Hy is ook die Alfa en die Omega nou in hierdie oomblik – die ewige-nou.  God is alyd Liefde, en God is altyd Genesing, maar Hy is ook altyd oordeel en waarheid.  

Behou Ewigheids Perspektief 

“Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.”  (Joh 14:1-2). In hierdie vers rig Jesus sy dissipels se perspektief op die ewige, hiernamaals.  (Matt. 5:12, 46; 6:1, 2, 5, 16; Mark 9:41; Luke 6:23, 35; John 4:36; 1 Cor. 3:14; 9:17, 18; 2 John 1:8; Rev. 11:18; 22:12)

Ons het Pyn, lyding en tragedie nodig

Om nie pyn te kan ervaar nie is lewensgevaarlik.

Om nie emosionele pyn te voel nie is gewetenloos. 

Jesus verstaan lyding, en leer ons nie om dit te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou.  

“Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Want julle moet ag gee op Hom wat so ’n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.”  Heb 12:2-3 (O.A.V.) 

Vir geloof om blywend te word in jou lewe, moet jou geloof getoets word. Geloof of liefde wat nog nooit getoets is nie, hou nie.  “Hulle laat dit egter nie in hulle wortel skiet nie en hou nie lank uit nie. As hulle daarna ter wille van die woord verdruk of vervolg word, word hulle gou afvallig.” Mar 5:17.

As ons afvallig word verloor ons die ewigheid, en die rykdom wat God vir my in Christus bestem het. Hierin is sy volkome liefde geopenbaar.  Ons het lyding nodig, dit is vir ons goed. “maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.” Ps 66:12 

In Hebreërs 5:8 lees ons: “Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het.” Hy is ons leidsman op hierdie weg.  Beteken Hebreërs 5:8 dat Jesus vol sonde was? Sommige beleef lyding maar a.g.v. hulle eie sondige dade, en keuses. Christus het egter gelei alhoewel daar geen sonde in Hom was nie (Heb 4:14; Heb 7:26; Heb 9:14).  Maak ‘n duidelike onderskeid tussen sonde en tragedie. 

Lyding Is Wins 

Paulus hom selfs verbly in lyding (Vgl. Rom 5:3; 2 Cor 12:9; Col 1:24). 

 Meer nog, hy roep ook die gemeente daartoe op (Phil 4:4; 1 Thes 5:16). 

Paulus roem in hulle volharding in lyding (2 Thes 1:4) 

Wie veroorsaak Lyding? 

1. My sonde: 

2.Iemand anders se sonde: Jer 32:19 

3.Die sondigheid en gevolglike gebrokenheid van die mensdom en Aarde: 

4.Lyding wat God direk toelaat as tugtiging: Heb 12:5-11 

5.Lyding agv sataniese vervolging: Ons goeie dade is nie ons veilige net, dat ons nie vervolg word, al doen ons goed nie.  Phil 1:29; 1Pe 3:17 

Soms wil ons vir regerings, presidente ens. Kwaad word oor wat hulle doen of nie doen nie. Dit is algehele tydmors.  Fokus op die mense wat jy raak, en wat jou raak. 

Leer om te alle tye te probeer om nooit ‘n leuen te vertel nie. Wees eerlik. Staan op vir jouself.  

Ons almal beleef tirannie op een of ander tydstip in ons lewe.  Werk aan die nodige vaardighede om sonder reaksionêre tirannie, die situasie te ontlont, en wat verkeerd is reg te maak.  Wees te alle tye so eerlik as moontlik, sonder om aanstoot te gee.  Verkeerd word gehandhaaf omdat iemand of onkundig is of arrogant.  Beide kan deur die regte feite reggestel word.  Stilbly is nie ‘n oplossing nie, buiten as ‘n tussenpose om reg te praat.  

HOE MOET ONS LYDING HANTEER?

“Soms lyk dit vir my of God aan ons wat apostels is, die heel agterste plek in die prosessie toegeken het. Ons is soos terdoodveroordeeldes wat in die arena moet sterf, ’n skouspel waarmee die hele wêreld spot – engele sowel as mense.  Ons toewyding aan Christus laat ons dwaas lyk, maar julle is mos die Christene wat weet! Ons is broos, maar julle is die sterkes. Julle is die mense van aansien, maar ons is die veragtes. Tot nou toe ly ons honger en dors, ons is skamel aangetrek; ons word geslaan en het geen tuiste nie. Ons moet swoeg deur met ons eie hande te werk. Ons seën dié wat ons uitskel. Ons is geduldig met hulle wat ons vervolg. Ons bly vriendelik wanneer ons beskinder word. Ons het die uitvaagsels van die wêreld geword, almal se sondebokke. En so is dit nog steeds.”  1 Kor. 4:9–13. 

“Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie.  Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie. Ons dra altyd die sterwe van Jesus in ons liggaam saam sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam. Gedurig word ons wat nog lewe, ter wille van Jesus aan die dood uitgelewer sodat die lewe van Jesus ook in ons sterflike liggaam sigbaar kan word. Gevolglik is die dood in ons aan die werk, maar in julle die lewe.”  2 Cor. 4:7–12.    

“In elke opsig laat ons ons ken as diensknegte van God, ook in ons volharding en swaarkry, ontbering en nood. In die tronk, onder katshoue, onder swaarkry, in oproere, in hongersnood het ons met nougesetheid opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid, deur betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die boodskap van die waarheid en in die krag van God. Ons tree op met die wapens van geregtigheid in ons regter- en linkerhand, in eer en oneer, in veragting en aanprysing; soos verleiers, en tog is ons opreg; soos onbekendes, soos mense wat sterwend is, en kyk, ons lewe; soos swaar gestrafdes, en tog is ons nie doodgemaak nie; soos hartseer mense, en tog is ons altyd blymoedig; soos bedelaars, maar ons verryk baie mense; soos mense wat niks besit nie, en tog besit ons alles.”  2 Kor. 6:4–10. 

“Wat harde werk betref, uitermate; wat tronke betref, uitermate; wat katshoue betref, in die oortreffende trap; in doodsgevare was ek dikwels. Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van 39 houe gekry; drie maal is ek met stokke geslaan, en een keer is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een van daardie kere het ek ’n dag en ’n nag op die oop see oorleef. Ek was dikwels op reis; in gevare van riviere; van rowers; van my volksgenote; van heidene; gevare in die stad en in verlate gebiede; gevare op see en gevare onder vals medegelowiges. Ek weet van harde werk en swaarkry, van baie nagte se wakkerbly, van honger en dors; van dikwels sonder kos te moet klaarkom, van koue en sonder klere wees. Behalwe al dié dinge, was daar nog elke dag die bekommernis oor al die gemeentes.” 2 Kor. 11:23–28.

LYDING AKTIVEER GROTER OUTORITEIT EN GEESTELIKE GESAG: 

Jesus word outeur, dus ‘n gesag om te kan praat of skryf agv dit wat Hy tydens Sy gehoorsaamheid geleer het  (Heb. 5:8-9). Ons sien dit ook in die lewe, dat mense wat Jesus bly volg het, en gedoen het wat Hy sê tydens lyding, geestelike gesag dra. Mens kan dit letterlik aanvoel as hulle praat.     

Lyding gee jou diepte. JY groei afwaards, en word gegrondves.  

Jesus se dood en opstanding het Hom die naam bo alle name gemaak  (Ef. 1:20-21). 

Sy lyding het hom sekere geestelike gesag gegee.  Die ding wat gee jou gesag in die lewe gee is die hoeveelheid lyding wat jy in sit het.  Ons luister na sprekers omdat hulle ‘n sekere gesag toon oor ‘n onderwerp. Hoe het hulle daardie gesag kry?  Hulle bestudeer lang ure en betaal die prys van tyd en moeite, en groot finansiële koste.  Niks kom sonder ‘n prys!  

Ons sukkel met goed, en ons soek antwoorde.  Ons probeer en probeer weer.  Ons volhard soms sonder om enige resultate sien.  Ons misluk, en probeer iets anders.  Ons leer, ontdek, ons analiseer, ons groei!  Dit is hoe God met ons werk.  Die pad op is die pad af.  Eers die fondamente, (die onsigbare, nie interessante, onder grond deel van die konstruksie) en dan die sigbaar en heerlike gebou.  As die fondasie nie solied en sterk is nie kan die gebou nie bly staan nie, veral nie tydens stormwinde nie.    

1.Lyding 

2.Wag 

3.Gehoorsaam

4.Vervolmaking 

5.Outeur 

“Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”  (2 Kor. 4:17-18) 

Josef se lyding het hom die kapasiteit gegee om in een dag koning te word.  

Paul se lyding het hom die diepte gegee om die meeste van die NT te skryf.

Behou Perspektief

Wees Dankbaar vir wat nie gebeur het nie!! 

Doen vergelykings.  Hoekom het hierdie onheil tragedie my getref? Hoekom nie, wil jy hê dit moes iemand anders tref.  Niemand kry ‘n gelyke pakkie in hierdie lewe nie.  Ons almal begin met verskillende talente, persoonlikheid, familie struktuur, welvaart, intelligensie ens.  Wat ons maak met die hand wat ons gedeel is, is belangrik.  Ons kan onsself jammer kry, die blaam skuif. Maar niemand gaan ons pakkie namens ons dra nie. Elkeen sukkel met sy eie pakkie.  

Ons almal beleef “resentment” van tyd tot tyd, maar iewers moet ons opgroei, en ons pakkie optel en met dit begin woeker, dit wat ons ontvang het vermenigvuldig! Maak resentment jou vriend deur, dit te gebruik om juis te fokus op wat jy nodig het om te konfronteer.  Wat jy nie konfronteer nie, word jy ‘n van ‘n slaaf.  Jy is nie ‘n slagoffer nie, jy is nie uitgelewer nie.  Wanneer jy die inherente positief in jou negatiewe belewenis ontdek, kan jy die negatief uitkanselleer.  

1 Thes 5:18 “In everything give thanks”

We do not thanks God for the hardship, but in the midst of it, in spite of.

Net dit wat Koninkryk van God is, kan nie geskud word nie. 

“Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ’n verterende vuur.”  Heb 12:26-29.  

Deur die eeue is dit bewys, dat in tye van oorlog, die Jesus lewe die beste manier is om te lewe.  In tye van krisis, veg en help die armes.  Leef eenvoudig met min geestelike, emosionele, en fisiese bagasie.  Leef lig.  Die koninkrykgerigte lewe en beginsels is standhoudend en volhoubaar. 

Siende ons oor “right-wiseness” gesels … van Chantal 

Since nuclear threats are rising again, I love the perspective offered here by C.S. Lewis in 1948 almost 75 years ago, but as relevant as ever.

“In one way we think a great deal too much of the atomic bomb. ‘How are we to live in an atomic age?’ I am tempted to reply: ‘Why, as you would have lived in the sixteenth century when the plague visited London almost every year, or as you would have lived in a Viking age when raiders from Scandinavia might land and cut your throat any night; or indeed, as you are already living in an age of cancer, an age of syphilis, an age of paralysis, an age of air raids, an age of railway accidents, an age of motor accidents.’

In other words, do not let us begin by exaggerating the novelty of our situation. Believe me, dear sir or madam, you and all whom you love were already sentenced to death before the atomic bomb was invented: and quite a high percentage of us were going to die in unpleasant ways. We had, indeed, one very great advantage over our ancestors—anesthetics; but we have that still. It is perfectly ridiculous to go about whimpering and drawing long faces because the scientists have added one more chance of painful and premature death to a world which already bristled with such chances and in which death itself was not a chance at all, but a certainty.”

Ek love dié deel : let’s be busy with sensible and human things! 👏👏

This is the first point to be made: and the first action to be taken is to pull ourselves together. If we are all going to be destroyed by an atomic bomb, let that bomb when it comes find us doing sensible and human things.

—praying, working, teaching, reading, listening to music, bathing the children, playing tennis, chatting to our friends over a pint and a game of darts—not huddled together like frightened sheep and thinking about bombs. They may break our bodies (a microbe can do that) but they need not dominate our minds.”

Honours to the origin!

“You will keep him in perfect peace, whose mind is stayed on You, because he trusts You.” Isaiah 26:3 NKJV

Categories
Preke

‘Rightwiseness’ in ons verhoudingwêreld

As ons al ooit nodig gehad het om slim, oordeelkundig en verstandig te wees soos ‘n slang en onskuldig, selfloos soos ‘n duif is dit met betrekking tot ons diverse verhoudinge in die werksplek, met ongelowiges, met verskillende kulture, met sosiale klasse, en teenstrydige geloofsoortuigings.  Veral in die lig van die Jesus opdrag om ons vyande lief te hê, hulle te seën en vir hulle te bid. Wat as jy dit regtig toepas sal lei na empatie en begrip, onombeerlik tot gesonde kommunikasie.

Right-wiseness begin altyd eerstens in ons verhoudingwêreld.  

Jesus leer ons om onsself beter uit te druk en te verstaan wat ander sê.  In plaas van outomatiese reaksies, word ons woorde bewuste betekenisvolle uitdrukkings van waarheid  stewig gebaseer op ‘n bewustheid van wat ons waarneem.  Deur die Heilige Gees word ons gelei om onsself met eerlikheid en duidelikheid uit te druk, terwyl ons terselfdertyd ander respekvolle en empatiese aandag gee. 

Marshall Rosenberg se “Non-Violent Communication” Metodiek vereis eerstens, diep, nie-moraliserende, nie-veroordelende, luister en fyn waarneming voordat enige betekenisvolle versoenende empatiese dialoog kan vorder.  

Die NVC Tegniek: 

  1. Observasie van huidige konkrete realiteite wat ons bestaan bedreig. 
  2. Beskryf presies wat ek voel in verhouding met hierdie realiteit. 
  3. Wat presies voed en gee energie aan wat el voel.  
  4. Hoe kan jy my help om hierdie realiteit te oorkom.  [1]

Jesus se skerpsinnigheid met mense: 

Screwd: Daring to live the startling command of Jesus – Rick Lawrence [2]

  1. Jesus antwoord deur nog ‘n vraag te vra. 

Te midde van Jesus se gruwelike lydingsuur, word Hy deur Pilatus ondervra, maar eintlik word Pilatus deur Jesus ondervra, waarin Pilatus later geen skuld in Jesus kan vind nie, met Sy hart ontbloot tot die waarheid. (John 18:33-40)

  • Jesus is beter as Sherlock Holms om fyn waar te neem.  

Die storie van die Samaritaanse vrou, wat Jesus by die water put ontmoet het, gee vir ons insig oor Jesus se meesterlike benadering om die vrou te laat ontwaak tot haar geloof in Jesus, as die Here! (Joh 4:1-30) 

  • Jesus, druk deur totdat hy die hart skuif.  

Die manier hoe Jesus, Petrus restoureer nadat hy Jesus verloën het net voor Sy kruisiging, raak mens diep. Het ons nie al elkeen Jesus verloën nie?  (Joh 21:1-22) 

‘n Wonderlike inspirerende voorbeeld van liefde wat nooit opgee nie is die rolprent “The Horse Whisperer” waar Robert Redford “Buck Brannaman” se lewe met perde vertolk, en Harmony ‘n gewonde perd en haar ruiter Grace MacLeans terug lei na genesing.[4]


[1] Nonviolent Communication: A Language of Life: Life-Changing Tools for Healthy Relationships (Nonviolent Communication Guides) https://www.amazon.com/dp/B014OISVU4/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_F1JGY9D06Z4STMYNPBQH

[2] Shrewd: Daring to Live the Startling Command of Jesus
https://www.amazon.com/dp/1434700739/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_N1PAC91JTM4ANGA3GH6R

[4] https://en.wikipedia.org/wiki/The_Horse_Whisperer_(film)