Dankie dat jy die skakel “Word ‘n Harvester” gedruk het.
Die koninkryk van God is nie vir toeskouers en bewonderaars nie!
Jy moet inklim en deelraak! Soos rugby spelers in ‘n scrum, jy moet saamstoot.
Ons is dankbaar vir ‘n gemeenskap van gelowiges, wat deur hulle omgee, dissipline, en voorbeeld mens inspireer om Jesus na te volg!
Ons dank die Here vir elke gemeente en kerk wat Jesus verkondig, en onder sy Hoofskap funkioneer. Dit is altyd die beste praktyk om in te skakel by die kerk in jou lokaliteit/dorp. Jou primêre geestelike geveg is tog daar waar jy leef, woon, werk, skoolgaan, en beweeg. Skakel daar in, dra gewig en maak ‘n verskil. Indien daar werklik geen gemeente bestaan, waar jy versorging en geestelike afrigting kan ontvang vir jou dienswerk nie, is jy welkom om deel te word van Harvester Reformational Church Olifantsriviervallei. Ons sal graag saam met jou die Here vertrou dat ons deur jou betrokkenheid ‘n huiskerk sal kan plant in jou buurt!
Geestelike groei vind nie plaas deur na preke te luister nie: Geestelike groei gebeur wanneer jy die saad van die Woord ontvang en begin funksioneer as ‘n volgeling van Jesus, byvoorbeeld: Groei gebeur wanneer jy die Woord Leef!
Druk op hierdie skakel en vul die aanlyn vorm volledig in met betrekking tot jou persoonlike kontak besonderhede: Ek wil deelword van HARVESTER.
Ons wil ook graag weet watter talente en vaardighede die Here jou mee geseën het. Vul asb die volgende vorm in, dan leer ons jou beter ken.
HRCO Vrywilliger Vorm
Ons is opgewonde om jou eersdaags te ontmoet, en lekker saam met jou te kuier, mekaar beter te leer ken, en te sien hoe jy kan inskakel.
Genade en Vrede
Jan & Chantal Oosthuizen