Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Elke dag met Jesus is ‘n verjaarsdag! Elke Dag Met Jesus is soos Kersfees! Wie hou nie van geskenke ontvang nie? Ons almal waardeer ‘n mooi geskenk. Sommige ontvang moeilik, en ander vat sonder om te vra. Alles in die Nuwe verbond is ‘n geskenk, en kan net as ‘n geskenk ontvang word.

1. Goddelike Berou is ‘n geskenk: Hy werk die ware goddelike berou in ons. (1 Cor 7:8-11)

2. Die Heilige Gees is ‘n geskenk: en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. (Acts 2:38)

3. Heiligmaking is ‘n geskenk: En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! (1 Thes 5:23) Die lewe in die Gees, is soos om elke dag ‘n nuwe geskenk oop te maak. Elke dag is ‘n geskenk. (Ps 118:24)

In hierdie studie gaan ons kyk na redding as ‘n geskenk. Die geskenk van reg lewe!

Rom 5:17“For if by the one man’s offense death reigned through the one, much more those who receive abundance of grace and of the gift of righteousness will reign in life through the One, Jesus Christ.” (NKJV) – “For if because of one man’s trespass death reigned through that one, much more surely will those who receive overflowing grace and the free gift of righteousness [putting them into right standing with Himself] reign as kings in life through the one Man Jesus Christ.” (Ampl).Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. (AOV) Jesus se geregtigheid kan nie verdien word nie, dit is ‘n geskenk. Ons kan dit net ontvang as ‘n geskenk, en dit dan ons eie maak. (Joh 1:12) Almal van ons worstel met sonde. Maar waarom worstel kinders van die Here so met sonde? Ons kan tog nie deur ons dade en werke God behaag nie. Dis die “dooie werke”, een van die eerste fondasie stene waarvan Paulus praat in Heb 6:1-2.Die werke wat God behaag is dat ons in Hom Glo. (Joh 6:28-29) Die enigste werk dus wat God van ons verwag is om te glo in Sy Seun. Hy wil die werke in ons werk! Hy wil Sy goddelike Natuur in ons werk!! Ons kan dit nie uit ons eie vermag nie. 1 Pet 2:3-11“Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur…….” Verskeie Ou Testamentiese figure staan bekend as “regverdige manne” soos byvoorbeeld Noag, Moses en Abraham…. want hulle het reg geleef. Ons ontvang die vermoë om reg te leef van God self wat dit deur Sy Woord en Gees in ons werk. (Phil 1:13; Heb 13:21) Therefore we are His workmanship! (Eph 2:10)Dit is ʼn geskenk, soos enige ander geskenk van God, neem Hy dit nie terug nie en kan ons dit ook nie verloor nie. Ons verloor die gawe alleenlik as ons Christus verloën, en van Hom af wegval. (Apostasy) Sien Heb 6:4-6 Hy is die gawe!

Wat is die ware betekenis van “neem die koninkryk deur geweld?

Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld. (Mat 11:12) (AOV) Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself ‘n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit. (NV)“Vandat Johannes die Doper begin preek het tot vandag toe is die nuwe ryk waarin God regeer, besig om deur elke weerstand te breek, en mense wat al hulle kragte daarop konsentreer, maak dit hulle eie. (NLV) (Matt 11:12) (Luke 16:16)βιαστής biastḗs; gen. biastoú, masc. selfstandige naamwoord uit biázō (971), om geweld te ly, maar ook om in te haal of in te druk sonder behoorlike gedagtes en berou. ‘N Geweldige persoon, een wat geweld gebruik, maar ook iemand wat haas om iets wat goed lyk, aan te gryp sonder om die gevolge van so ‘n aksie te meet.ἁρπάζω harpázō; fut. harpásō, aor. slaag. hērpásthēn, 2d aor. slaag. hērpágēn. Om te gryp, bederf, vlug weg. Dit dui op ‘n oop daad van geweld in teenstelling met slinkse en geheime steel. wat geweld beteken om te gryp, weg te steek of vir jouself te neem”Maar vir wat sal ek hierdie geslag vergelyk?” Sien Mat 11: 16-19. Praat van kinders wat nie kan dink nie, watter liedjie om te sing en watter spel om te speel.Nie een van Johannes of Jesus kon hulle kry om ‘n besluit te neem nie. Die een vas, die ander nie. Die dinge herinner Johannes se prediking van oordeel en strawwe lewensstyl, die rou van sy roeping tot bekering (3: 2). Die speel van die fluit staan ​​vir Jesus se verkondiging van die evangelie, die dans van die vreugde wat sy boodskap bring. Maar in werklikheid “hierdie geslag” verwerp beide Johannes en Jesus (verse 18-19a).JOHANNES 1:12 Die goddelikheid moet opgeraap word, ontvang as ‘n geskenk, gou vinnig wanneer dit kom. (Rom 13:11; 2 Cor 6: 2) Dus kan Felix ook nie sy gedagtes uitmaak nie. (Acts 24: 22-27) Toe het Agrippa aan Paulus gesê: “Jy het my amper oorreed om ‘n Christen te word.” (Acts 26:28)Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy. (Mat 11:11) Hoe is dit moontlik dat die geringste groter as Johannes die doper, die grootste in die OT kan wees? Dit is ‘n geskenk!! Ons kan dit nie in werk, wedywering, probeer slae, en pogings regkry nie. Jy kan dit net ontvang. Soos iemand wat visvang, jy wag, en wag en op die regte oomblik ruk jy die lyn, en jy vang die vis. ‘n geskenk! God se voorsiening!

Jesus verander water in wyn – die geskenk van wedergeboorte

Jesus se eerste wonderwerk en ook die begin van Sy bediening aan die mens moes betekenisvol wees. Jesus het immers nie sommer bloot dinge gedoen nie. (Joh 5:19-20, 30; 8:28; 14:30; 12:49) Waarom water in wyn? Dan nog die beste kwaliteit wyn? Tot wie se voordeel was die wonderwerk? Die gaste was sekerlik baie bly… maar die gevolglike moontlike dronkenskap? Hoe kan dit geestelik regverdig word. Sommige sê dat dit druiwesap was; is daar egter so ʼn groot verskil in die kwaliteit en smaak van druiwesap? Hoe ook al sy; Jesus het die proses van druiwe pluk, dit pars, die skeiding van die doppe en pitte, gisting, verheldering en veroudering alles in een oomblik vermag. Wat is die betekenis van hierdie wonderteken? Die ses kruike wat gebruik is vir van die Joodse reinigings rituele spreek van die ou leë rituele wat mense uitwendig reinig maar nie by magte was om mense se innerlike te vernuwe nie. Die getal ses is die getal van die mens. Hulle moes dit volmaak, en hulle het dit tot bo gevul. Elke kan het tussen 90 en 100 liter water gehou dus altesaam ongeveer 600 liter wyn! Die 1ste plaag wat Moses verrig het was water in bloed. (Eks 7:14-24) Die bloed van offers was egter nie genoegsaam om die natuur van die mens te verander nie. Jesus verander water in wyn! Wyn spreek van oorvloed, guns, vreugde en die werk van die Heilige Gees. Paulus vermaan die gemeente om nie dronk te word van wyn nie, maar om vol te wees van die Heilige Gees. (Efe 5:18) Diegene wat die Heilige Gees ontvang het tydens Pinkster is as dronkaards uitgekryt (Hand 2:13) Johannes se evangelie word saamgestel in sewe primêre fases waar daar van ʼn spesifieke wonderwerk vertel word en dan volg die verduidelik en vergeesteliking van spesifieke gebeurtenis. In hierdie geval volg die verhaal van die besoek van Nikodemus die Fariseer en Jesus se lang verduideliking van wedergeboorte. Wat gebeur tydens wedergeboorte? Ons menswees word verander en vernuwe, ons DNA word oorgeskryf. Ons word volgens Paulus ‘nuwe skepsels’. (2 Kor 5:17) Jesus verander die DNA van water en dit wat jare neem om te gebeur doen Hy in een oomblik. Die wonderteken in Kana dui op die omvang en krag van Jesus se bediening en werk. Hy het gekom nie net om ons te kom genees of aan te raak nie, Hy het gekom om ons te verlos van ons sondige natuur en ons nuwe mense in Hom te maak! Ons probeer soms so hard om beter mense te wees. Ons werk aan onsself. Ons volg hierdie plan en lees daardie boek. Ons dissiplineer onsself tot die hou van sekere reëls en die volg van sekere doelwitte. Ons vermy sekere temptasies en probeer ʼn reguit pad loop om God se guns en aanvaarding te bekom. Jesus doen dit alles in een oomblik! Hy verander ons geestelike DNA. Ons word Sy kinders! (1 Pet 1:23) en volgens Johannes kan ons nie meer sondig nie, want ons is uit God gebore. (1John 3:9) Ons menslik pogings tot heiligheid en goddelike karakter is futiel. Die nuwe verbond wat Jesus vir ons beseël het belowe ʼn innerlike begrip en verstaan van God se hart en wil. (Jer 31:31-34) Hy skryf sy wette in ons hart. Goddelike karaktertrekke word ‘vrug’ en nie ‘werke’ nie. (Gal 5:22-23) Ons ontvang Sy gedagtes en sinne. (1 Kor 1:16) Dis die wonder van ware redding, dat Hy dit in ons werk om Sy wil te doen. (Phil 2:13) Ons geur verander van die reuk van die dood na die geur van Sy kennis en heerlikheid. (2Cor 2:14-16) Ons ontvang Sy lig en word Sy lig. (Eph 5:8) Sonder om te probeer is ons Sy lig, wanneer Hy in ons kom woon deur Sy Gees. Ons word die tempel en heiligdom van God waardeur Hy Sy heerlikheid laat skyn (1Cor 3:16; 6:19; 2 Cor 6:16) HY maak ons ook vol, tot bo. Vol is ʼn oorvloedsbegrip, geen halwe mates nie! So ‘vul’ hy ons met Sy persoon! Alles in een oomblik!!!

Wat moet ons doen om Hom te ontvang?

Eers niks… Hy was genooi na die bruilof. Hy kom na jou toe. Niemand kan na die Vader kom as Hy ons nie trek nie (Joh 6:44) God se verlossingsplan begin deurdat Hy ʼn boodskapper na ons wêreld stuur, wat die Woord aan ons verkondig. Ons hoor en verstaan die Woord en geloof word in ons harte opgewek. Ons roep Hom aan en redding word in ons harte uitgestort. (Rom 10:14-15) Dis die wonder van God se liefde wat elkeen van ons op Sy unieke manier trek en bedien. Tweedens ons moet in Hom glo. Die gaste het almal Jesus by die bruilof gesien maar Maria het in Hom geglo. Sy het geglo dat Hy enigiets sal kan doen. Sy het nie ander planne gemaak om wyn te kry nie, sy het in Hom die vermoë gesien tot ʼn oplossing. Derdens moet jy reageer en gehoorsaam wees aan dit wat Hy jou sê. Sy gaan in aksie oor en sê aan die slawe om presies te doen wat hy sê. (v5) Hulle gehoorsaamheid aktiveer die wonderwerk van God. Die wonderwerk gebeur nie toe hulle die water in die bakke gegooi het nie, maar toe hulle die water na die seremoniemeester toe vat. Hy kon hulle wegjaag en afdank omdat hulle gewaag het om bloot water na hom toe te bring. Hulle het geweet dit is net water, maar toe die wonderwerk, die beste wyn! Wanneer ons glo in Sy Woord en daarop reageer om as nuwe mense te begin leef al voel ons nog niks, gebeur daar iewers iets bonatuurlik met ons. Hy maak ons nuut! God is by magte om in ʼn oomblik die vuilste sondaar te verander in ʼn koningskind. Daardie sonde waaroor jy net nie oorwinning kry nie, Hy kan jou verlos in ʼn sekonde! Jy het al soveel keer bely, maar val elke keer terug. Jy oorwin nie sonde deur net te bely nie, maar deur ook te glo dat Hy jou gaan help om dit nooit weer te doen nie. Jy is ʼn nuwe mens! Kyk al die ou dinge het verby gegaan, alles het nuut geword. As Hy water in wyn kan verander, dan kan Hy jou verander!