Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Bewaar jou Hart

❤Jou hart is kosbaar, bewaar hom ❤
Kom ons wees eerlik, die lewe is nie maklik nie. Elke dag het sy uitdagings en teleurstellings, ook in verhoudings. En dan veral in die huwelik.
Hoe gemaak om my hart rein te hou, gefokus op my huweliksmaat! Daar is soveel verleiding, soveel dinge wat aanspraak maak op ons hart en tyd!
Vir my as gelowige gaan alles oor reg dink. Wat ek in my gedagtes toelaat, of nie. Ons kan verseker nie help dat ‘n sekere gedagte by ons opkom nie, maar ons moenie verkeerde gedagtes ‘entertain’ nie. Ons weet dat dit wat die hart van vol is, sal by ons monde uitkom.
Dikwels is ons verbaas en selfs verras oor iets wat ons sê, want ons eie harte bedrieg ons so maklik.
Die Bybel sê so mooi en duidelik. “Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen. Moenie lelike dinge sê nie. Bly ver weg van lawwe praatjies. Kyk reguit vorentoe; bly gefokus op wat voor jou is.”
SPREUKE 4:23-25 NLV
Iets wat ek weet, en my hart gereeld voor ondersoek is trots. Ons weet die Here sê: “He gives grace to the humble” en ek is afhanklik van die Here, van Sy genade.
Begin sommer vandag deur te erken dat jy afhanklik is van die Here. Dat jy Hom nodig het om wys op te tree, om die regte besluite en keuses te maak. Erken dat jy deur die Heilige Gees gelei wil word en nie op jou eie insigte wil staatmaak nie! Kom ons word gelei deur die woord van God, wat ons harte suiwer.
Kom ons gaan dan die heiligdom binne, ja tot voor God, met ’n opregte hart en absolute vertroue, terwyl ons harte deur besprinkeling gesuiwer is van ’n skuldige gewete en ons liggame gewas is met skoon water. HEB 10:19-20, 22 NLV
Ons is verantwoordelik vir dit wat in ons eie harte aangaan. Ons kan niemand anders blameer vir dit wat ons dink of doen nie. Mediteer dikwels oor die mooi in mense, maar veral ook jou huweliksmaat. Kyk uit vir die Christus wat jy wel in hulle sien. So help dit ons om vry van offence te bly, en kan ons aanhou om vir ons hartsmens, ons huweliksmaat lief te wees!
As gelowiges is ons boodskappers van geloof, hoop en liefde! Maar heel eerste aan ons eie huis, ons huweliksmaat!
So dikwels laat ons mense en situasie toe om ons lewens te dikteer, maar ons het die verantwoordelikheid om ons eie harte te beskerm en te bewaar! Neem die verantwoordelikheid ernstig op.
Above all else, guard your heart, for everything you do flows from it.
—Proverbs 4:23
Wenke om my hart te bewaar in ons huwelik :

  1. Ons fokus ons harte, ons aandag en liefde na mekaar.
  2. Ons gaan slaap nie kwaad nie.
  3. Ons bly nie kwaad vir mekaar en leef met onvergifnis in ons harte nie!
  4. Ons haal nie die heeltyd mekaar se foute aan nie!
  5. Ons kraak nie ons maats in die publiek af nie.
  6. Ons is nie dislojaal aan mekaar nie (in woord, daad of hart nie).
  7. Ons lieg nie vir mekaar nie!
  8. Ons spandeer nie al ons tyd en geld net aan onsself nie.
  9. Ons gee niemand anders prioriteit in ons lewe nie.
  10. Ons attensies is gerig op net my eie huweliksmaat.
  11. Ons verwag nie die heeltyd dat die ander party die opoffering moet maak nie, ons maak aanpassings.
  12. Wanneer ons oor iets verskil gee ons nie ons posisie van eenheid prys nie.
  13. Ons is NOOIT op enige manier (seksueel ; of in ons harte) ontrou aan mekaar nie! ❤️
  14. Ons bid vir mekaar, en bid gereeld saam vir beskerming in ons huwelik.
  15. Ons is afhanklik van die Heilige Gees om ons te help, en is gewillig om te verander.
  16. As jou hart op enige manier vandag seer is, gebroke is, bring dat na die Here. Hy spesialiseer daarin om gebroke en seer harte weer heel te maak! Hy is ons lieflike verlosser, die een wat alles weet! As iets vir jou onmoontlik lyk, by God is alle dinge moontlik. Amen