Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Happily forever after... is a Choice

????Wanneer happily forever after eindig in die land of forgetfulness!????
Lieflike vroue! Ek glo dit gaan goed! Heel waarskynlik is jou dag of week nie probleemvry nie, en dan wil ons vir mekaar sê, welcome to my world, our world. Ek is ‘n vrou met haar oë gevestig op die Here. Ek is ‘n vrou soos jy wat elke dag uitdagings het. Ek is nie ‘n blogger nie, ek’s nie bekend of vreeslik interessant nie. Ek’s nie eers fancy nie, ek is net ‘n vrou. ‘n Vrou van God, en ‘n vrou vir my man Jan.
Die wese van ons vrouwees, menswees raak my diep, en daarom die skrywe.
Ek is doodgewoon, ek skryf sommer in Afrikaans en Engels, sommer in een nota.  Ek is nie altyd gehoorsaam aan dit wat ek weet reg is vir my lyf of my gees nie, ek maak foute, ek sê jammer, en soms maak ek weer dieselfde foute. En tog is ek diep bewus en afhanklik van die Here. Want ek weet net Hy het die vermoë om my beter te maak, wonderlik te maak, soos HY. It doesn’t have to be perfect to be wonderful.
Ek het onlangs ‘n vroue oggend gehou met die tema : Wonderful.  Die van julle wat my goed ken sal weet dat die Saterdag se bediening nogal moeilik was. Die vyand wou regtig nie hê die woord moes afgelewer word nie! Maar Jesus is groter, en ten spyte van ‘n wag voor my mond (dit is die beste beskrywing wat ek tans het) het Hy Sy wonderful werk gedoen. Ons was getoets aan ons eie woorde : It doesn’t have to be perfect to be wonderful.
Terwyl ek bedien het, het iets gebeur wat ek nog nooit beleef het (terwyl ek bedien nie).  Ek het ‘n visioen (soos ‘n rolprent gesien) waarin die Heilige Gees vir my dinge ‘wys’ (soos in die Boere-oorlog) NB – hierdie het egter niks te doen met politiek of die Engelse nie ???? maar die geestelike oorlog waarin ons is, soos die manne verlam en swak gemaak is deur die vroue en kinders in konsentrasie kampe te sit, gaan die vyand ‘n sterk aanval loods teen ons mans (Jesus vra ons as Hy weer kom, sal Hy nog geloof op die aarde vind?). Die vyand hou daarvan om ons gevange te hou. Manne se geloof sal lou word deur dit wat rondom hul gebeur, net eers dit … en toe vanoggend rondom 04:00 gaan die visioen voort en sien ek manne, vroue en kinders met bebloede klere (egskeiding is soos geweld, soos om ‘n bloedbaadjie aan te trek). Ek sien manne, vroue en kinders ontnugter, sonder geloof, flou in die geloof. Oop targets vir die vyand. Ek hoor hoe die Heilige Gees my bemoedig om aan te hou praat oor verbond, aan te hou om vroue te equip, lief te hê en te waarsku. Bewaar jou hart meer as enige iets, want daaruit is die oorsprong van lewe! Veral wanneer jy swaar trek, emosioneel, finansieël of fisies alleen is, of net alleen voel. Die vyand is slu, en hy is die vader van leuens! Verander jou dialoog, jou self-talk, neem jou gedagtes gevange. Rig dit op God se Woord, daarin is die oorsprong van lewe. Moenie jouself bejammer nie, die vyand spesialiseer in ‘simpatie’. Hy wil kom vir ons mans, die hoofde van ons huise, die beskermers en voorsieners, en hy kom net om te verwoes! Hy wil die liefling van jou hart teen jou gebruik! Kom ons wees wakker, sonder vrees, maar uiters waaksaam. SY perfekte liefde verdryf alle vrees. (1 Joh 4:18) Ons is ons mans se helpers, hul volmakers. Kyk wat is in jou hart, en draai jou hart gedurig na jou Eerste bruidegom, dan na jou aardse liefling. Die vyand haat God se gesin. Die Vader, onse Vader, se hart is egter gesin! Sy hart is vir ons. Ons hoef nie in die land van forgetfulness (vergetelheid) te woon nie. (Ps 88:12) Sy naam is Wonderful, en Hy het ‘n wonderlike hoopvolle toekoms!
Niemand van ons trou tog met ‘n skei-mentaliteit nie. Ons hoop en glo ons storie is die “they lived happily after storie” … en tog lyk die realiteit so anders. Ons stoei in die huwelik, met mekaar, met emosies, met min geld,  soms te veel geld, die kinders, skoonouers, ons werk en soveel meer ‘afhanklikes’ wat ons besig hou, ons tyd nodig het. En in al hierdie take (balle wat ons in die lug probeer hou), verloor ons soms so ‘n stukkie van onsself, die misterie van vrouwees. Ons voel nie altyd ge-waardeer of geliefd nie. En is dit juis in hierdie onbewaakte oomblikke van jou hart wat die vyand inkom en sy aanval loots.  Dit is gewoonlik baie subtiel, dit is juis nou dat ons ons harte moet bewaak. Dit is in hierdie oomblikke wat ons nie ons gedagtes net vrye teuels kan gee nie, nee ons moet ons gedagtes gevange neem. Ons moet ons gedagtes bind aan die woord van God, aan Sy gedagtes. Is dit altyd maklik, nee verseker nie, net moontlik. Hy is, is die great enabler. Hy help ons, en maak dit vir ons moontlik om die wêreld, en ons eie verkeerde gedagtes te oorwin.
Hy wil in die tyd wanneer ons na Hom toe draai, by Hom skuil, Sy karakter wat wonderful is, aan ons bekend maak, sodat ons kan wegstap van die (place of forgetfulness), sodat ons uit die plek van die ‘dood’ kan kom, na die lewe, waar Hy is. As jy saam met Jesus uit die land van forgetfulness kom, is die lewe beslis nie perfek nie, (kom ons jok nou nie vir mekaar nie), jy sal net ‘n nuwe vlak van wonderful ontdek.
Wonderful beteken : Excellent; great; marvelous: Amazing ; astonishing ; To be filled with admiration, amazement!
For unto us a Child is born, Unto us a Son is given; And the government will be upon His shoulder. And His name will be called Wonderful, Counselor, Mighty God, Everlasting Father, Prince of Peace.”
Isaiah 9:6 NKJV
JESUS word genoem: Sar Shalom – die Prins van vrede. God IS in beheer!!!! Selfs in ons vreesagtigste en hartseerste tyd!
“And the Angel of the LORD said to him, “Why do you ask My name, seeing it is wonderful?” Judges 13:18 NKJV
“Your testimonies are wonderful; Therefore my soul keeps them. The entrance of Your words gives light; It gives understanding to the simple.” Psalms 119:129-130 NKJV
“This also comes from the LORD of hosts, Who is wonderful in counsel and excellent in guidance.” Isaiah 28:29 NKJV
“I will praise You, for I am fearfully and wonderfully made; Marvelous are Your works, And that my soul knows very well. My frame was not hidden from You, When I was made in secret, And skillfully wrought in the lowest parts of the earth.”  Psalms 139:14-15 NKJV
Ons is voorwaar wonderbaarlik geskape, Marvelous are Your works … iets van daardie mooi en awesomeness is ook in jou en my. Sonde, ons verkeerde besluite en eet van die appel van kennis van goed en kwaad, neem iets van daardie heerlikheid weg, ons verloor ons glans, ons vrymoedigheid, ons verloor Sy heerlikheid.  Ons moet ons mans vry maak van ons perfekte verwagtings, vryspreek van perfek wees, voorsien, gee van hulself. He doesn’t need to be perfect, to be wonderful.
Moenie dit wat kosbaar en wonderlik is, weggee nie. Bewaar jou hart. Selfs al is jy met ‘n moeilike man getroud. As vroue loop ons verseker nie almal dieselfde pad nie. Dit voel of party van ons ingeskryf is vir die advanced kursus. Ek weet dit, elkeen van ons sal voor hindernisse te staan kom, elkeen van ons sal weer ons harte moet vasbind aan ons geliefde, want ons kry seer, en ons maak seer. Ek weet dat Sy perfekte liefde en genade (Sy amazing grace) genoeg vir jou sal wees, vir my sal wees. Sy genade gee ons die bonatuurlike vermoë om die vyand/die verkeerd te oorwin.
“Shall Your wonders be known in the dark? And Your righteousness in the land of forgetfulness?” Psalms 88:12 NKJV
“We give thanks to You, O God, we give thanks! For Your wondrous works declare that Your name is near.” Psalms 75:1
“WONDER upon WONDER”
Isaiah 29:14-16 (ESV) therefore, behold, I will again do wonderful things with this people, with wonder upon wonder; …
Geliefde vroue, vroue van die Here, kom ons bid gedurig vir mekaar. Kom ons wees eerlik met ons harte en emosies. Ons doen wat reg is, en laat ons nie lei deur hoe ons voel nie. Kom ons bewaar ons harte, sodat daar oor ons staan : unavailable. (vir ander mans, en die vyand se leuens). J
❤Wonderful Gedig – geskryf vir Saterdag 13 Mei 2017 se wonderlike vroue oggend.
 
U word genoem Wonderful, counselor en mighty God!
Here, ek wil dit so graag glo
Maar hier in die land van forgetfulness
Waar ek nou al so lank woon
Het ek gewoond geraak
aan die vyand se leuens en hoon
Ek is onseker, Here ek het gefouteer
Wysheid het plek gemaak vir die doodsgeur, die doodsreuk
Kan ek regtig net kom
Here, kan ek net kom aansit by U tafel
U tafel van genade, versoening en
Vergifnis, ook vir my
Twyfel, shame en sonde hou my weg!
Here asb vergewe my!
O jinne, Wat gaan die mense sê?
Ek draai weg van rede
En ontmoet die Prins van vrede
Vandag Here, lig ek my oë op na U
en U buig, en U buig om my te ontmoet!
Want U word genoem,
Wonderful, counselor en mighty God!