Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Wie is my Navolger? Wie los jy in jou plek, wanneer jy weg is?

Discipleship

Wie is my Navolger?

PATTERN YOURSELVES after me [follow my example], as I imitate and follow Christ (the Messiah). 1 Cor 11:1 Wie is jou navolgers? Kan jy ook hierdie vers met oortuiging vir jou kinders en volgelinge sê? In terme van Leierskap sê John Maxwell; “If you leading and no one is following, you’re only taking a walk in the park.” Iemand het my eendag gevra: “What type of Christianity are your church creating?” Die vraag het lank by my gebly. Die vraag wat elke leier sekerlik sal moet antwoord aan die Here is; watse tipe Christene wil God hê? Die Woord is egter duidelik. Ons verheerlik God die meeste wanneer ons die meeste soos Jesus leef en handel! Mense wat nie meer rondgegooi word deur winde van lering nie, wat standvastig in hulle geloof kan bly staan selfs in tye van verdrukking, vervolging en lyding. Mense wat onder die moeilikste omstandighede, nog steeds Jesus se geur versprei! Mense wat nie meer vasgevang is in gewoonte sondes nie, maar heilig en toegewy aan God lewe, sonder trots, ego en selfverheerliking. Mense wat gesterf het in self, en daagliks hulle kruis opneem in Sy opstandingskrag! DIT IS DIE TIPE CHRISTENSKAP WAT GOD SOEK!

Van alle aktiwiteite, programme, byeenkomste, konferensies, wat die kerk ook al mag hou; as ons nie dissipels maak nie, is die groei en getalle van korte duur. Dis maklik om duisende mense te kry vir een byeenkoms, maar baie moeilik om een dissipel te maak wat uiteindelik op hulle beurt ook weer ‘n dissipel sal maak.

 

Volhoubare groei in die kerk is alleenlik moontlik wanneer elkeen lewe om die wêreld volgelinge te maak van Jesus!

DiscipleOns natuurlike navolgers is ons kinders. Hulle sien, hoor, en voel ons elke beweging en modelleer hulle lewens volgens ons voorbeeld, en ook ons foute. Casting Crowns se liedjie “Slow Fade” sê dit mooi; “Be careful little feet where you go, for it’s the little feet behind you that are sure to follow”.

Jy maak dissipels sonder dat jy dit weet. Wat jy praat en leef, raak mense om jou. Sonder dat jy weet sien hulle of jou dade ooreenstem met jou uitsprake. Jesus leef in jou, en mense word outomaties na Hom toe aangetrek. Skinder is niks anders as dissipels maak van jou storie nie. Deur jou offense te deel, en mense te kry om simpatie te hê, wen jy dissipels vir jou ‘cause’, oor hoe verontreg jy is. Ons is geroep om mense te inspireer om ook te wil hê wat ons het – JESUS die Christus!

Die groot “Commission” Jesus se opdrag aan sy dissipels was: “Go out and train everyone you meet, far and near, in this way of life” (Message) of “Daarom moet julle na elke volk op aarde toe gaan en hulle my volgelinge maak” (Lewende Bybel) Mat 28:19 Dis die enigste volhoubare groei in die Kerk. Jou redding is nie net vir jouself nie, God wil deur jou die Wêreld raak met Sy genade en manier van lewe.

Jesus is ons missie, visie en algehele rede waarom ons bestaan.

Ons geloofspad met Jesus is ‘n reis van groei na volwassenheid in Hom. Hierdie groei kan nie sonder die medewerking van die liggaam plaasvind nie. (Efe 4:11-16) Dit is belangrik om ook te besef dat dissipelskap die beste werk binne die liggaam, want ons skiet almal tekort, mense faal ons, dit is ongesond dat leiding net van een persoon afkomstig is. Binne die raamwerk van familie, en die dinamiek van familie, en juis die diversiteit van verskillende rolle, ouderdomme en persoonlikhede wat optimale groei meebring. Die dissipelskap verhouding is net vir ’n tydperk, nie vir ’n leeftyd nie. Jesus het net 2,5 jr gehad om sy dissipels gereed te kry om oor te neem.

Lewensfase Behoefte Volgeling se rol Leier se rol
Geboorte Voorbeeld en rigting gee Gehoorsaamheid Inspireer
Kleuter Onvoorwaardelike Liefde, en beskerming Waarheid Modelleer
Jongmens Vorming van identiteit en vryheid om op eie te ontwikkel Nederigheid Afrigter
Volwassene Vennootskap en vriendskap Samewerking Vennoot

Terwyl ons almal in Hom opgroei na volwassenheid, hardloop ons ons eie wedloop. Petrus wou weet wat van Johannes? Jesus antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie. Volg jy My!” Dis nog een van die paradokse van die Evangelie: Ons kan nie sonder mekaar nie, maar elkeen hardloop volgens sy of haar eie pas. Ons oë is nie op mense gevestig nie, maar op Jesus die voleinder van ons geloof. (Heb 12:2)

Harvester is by uitstek ‘n verhouding georiënteerde gemeente, mense stap nie noodwendig sommer net in ‘n diens in en word deel nie. Groei vind veral binne die raamwerk van verhoudinge en spesifiek die dissipelskap-verhouding plaas. Ons hou tans verskeie “oes” (Harvest Events) waar mense kom besoek, dit is belangrik dat elke medewerker in die geloof wakker is in die gees om konneksie te maak met hierdie ‘soekers’. As volwasse gelowige kom jy nie meer na die diens net om te kom ontvang nie, jy kom om mense te bedien met dit wat jy in Christus ontvang het.

andyDISSIPELSKAP 101

– Kom gereeld bymekaar. Weeklikse saambid, Bybelstudie, gesprekke, berading, uitreike en bediening aan ander.

– Die ideale dissipelskap groep is 3 mense. Dit verplaas die fokus van een persoon as die leidende figuur, na die hele groep. Dit maak die mees volwasse lid ook ‘n deelnemer. Daar is meer veiligheid, volhoubaarheid, balans en krag in die verhouding van drie as net twee.

– Die kleingroep bring intieme interpersoonlike vertroue en oopmaak mee, sodat Jesus se lig verandering kan bring deur die krag van die Heilige Gees. Onbybelse geloofsoortuigings wat mense gevange hou, kan aangespreek word soos die die Here dit na voorskyn bring. Dissipelskap is die proses, waar die Here alles wat nie Jesus is nie wegsny.

– Beweging is lewe en groei: Deur passief net dienste by te woon, lei tot stagnasie. Deur aktief te begin bedien, van jouself te gee, en mense se groei op jou hart te dra bring jou eie groei mee. Ons Christenskap kan nie net oor ons eie belange gaan nie, dus juis in jou uitgee dat jy weer vol word. Dis in dien, dat jy bedien word. Dis in gee, dat jy vol word! Ha nee, spectators!

AKSIES:

1. Vas en Bid oor dissipelskap: Laat die Here self vir jou sleutels gee en lei hoe om te begin.

2. Lys die name van wie die Here na jou toe gestuur het om te help en te mentor. Identifiseer jou dissipels, hulle is na jou toe gestuur, en jy na hulle. “Divine Connections” Dink aan Cornelius en Petrus.

3. Verskillende tipe en vlakke van dissipels. (3, 12, 70, skare) Wie is jy besig om op te rig, om te doen wat jy doen? Aan wie gaan jy oorgee? Wat los jy agter, en wat vat jy saam na jou dood? Siele is ’n ewige kommoditeit.

4. Kry ’n tyd wanneer jul bymekaar kan kom. As jy net 2.5 jr gehad het om iemand alles te leer wat jy weet, met watse dringendheid sou jy aandag gegee het aan die taak?