Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

SKAKEL met die Liggaam van Jesus

SKAKEL met die Liggaam van Jesus - Harvester Gemeente
How Trees Grow

Soos ‘n boom water, sonlig, bemesting, plaagbeheer en besnoeiing nodig het vir optimale groei en vrugte produksie, het ons as mens verskeie geestelike insette nodig om in Christus volkome te ontwikkel. Hierdie insette word die Vyfvoud bediening of ganadegawes genoem soos gelys in Eph 4:11: Apostel, Profeet Evangelis, Leraar en Herder. Hierdie genadegawes is nie posisies van status nie, maar funksionele bedieninge gerig op ‘n sekere aspek van Christus se bediening. Indien jy meer wil weet oor die vyfvoudbediening klik hier vir vinnige infografiek. Ons ondervind dat mense wat deel is van ‘n Huiskerk, ingeskryf is in die Bybelskool, die profetiese gebedsaande bywoon,  iemand dissipel en gereeld op ‘n uitreik saam gaan,  die vinnigste volhoubare geestelike groei toon!  Om deel te wees van ‘n huiskerk is dus #1 op jou geestelike oefening doenlys! 

Herdelike Versorging

Elke mens wil voel hy of sy behoort.  Die eerste kerk, en Jesus beweging het gefloreer sonder kerkgeboue, formele godsdienstige rituele, priesterskap, en heilige plekke.  Die mense wat jou na die Here gelei het, het jou geestelike familie geword. Dié huisgesin in die Gees was onombeerlik vir oorlewing as gevolg van die hewige vervolging van die eerste gelowiges.  Dié informele groepering en radikale beweging van gewone mense wat ‘n ontmoeting met Jesus gehad het, het dinamies vinnig gegroei!

Die getal Christene het in die eerste eeue besonder vinnig gegroei. “En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.” (Hand. 19:10). Die eerstehandse betroubare getuienis van mense se ervaring met die Here, die bonatuurlike gawes, die sending-gedrewe fokus en die bereidwilligheid om opofferings te maak (selfs gemartel te word) was die hoofredes vir hierdie groei. Verder is die waardestelsel van die Christelike geloof wat Jesus Sy dissipels geleer het, nie in geskrifte bewaar nie, maar uitgeleef. Waardes soos barmhartigheid, wedersydse ondersteuning, selfbeheersing, respek vir lewe en liefde het talle mense oortuig dat die Christelike geloof van waarde is. Een van die kenmerkende waardes van die vroeë Christene was hulle respek vir lewe as ’n gawe van God. Hulle het nie deelgeneem aan praktyke soos kindermoord, aborsie of die verkoop van kinders aan slawehandelaars nie. In die eerste eeue na Christus was dit algemene gebruik om ongewenste kinders buite die dorp weg te gooi sodat wilde diere hulle opvreet. In die Germaanse wêreld is die verhaal van Hansie en Grietjie wat in die bos gelaat is omdat die ouers nie meer vir hulle kon sorg nie, bekend.

Die eerste gelowiges se waardes was:

  • Doen goed aan mekaar.
  • Vermy boosheid soos diefstal, bedrog en jaloesie.
  • Betoon gasvryheid aan vreemdelinge.
  • Versorg mekaar en deel kos met mekaar.
  • Bewys barmhartigheid teenoor alle mense.
  • Behartig die versorging en verpleging van siekes.
  • Huishoudings getuig van waardigheid, verantwoordelikheid, pligsbesef, eerbaarheid en gehoorsaamheid.
  • Etniese verskeidenheid word aanvaar.
  • Vroue, kinders en slawe word met respek behandel.
  • Respek vir lewe voorkom aborsie en kindermoord.
  • Martelaarskap en die bereidheid om “jou kruis op te neem”.

HUISKERK LEIERS

Huiskerk is Jou Familie! 

Dit waar mens net jouself kan wees, maar ook mekaar skuur om saam in Jesus te bly groei. Die Liggaam van Christus bestaan as die gesonde ekosisteem waarin mense inskakel en deelraak en derhalwe gesond word. Soos ‘n bomewoud is ons interafhanklik van mekaar.  Die waarheid oor familie en intieme diep verhoudings is egter dat dit soms behoorlik ROF raak.  Dis maklik om verhoudinge bolangs op die oppervlak op ‘n distansie te hou. Wanneer ons egter dieper betrokke raak met mekaar, sien ons mekaar se slegte gewoontes, raak ons bewus van gedrag wat nie die Here verheerlik nie, en sien ons mekaar se verleënthede.  Die meeste mense skram hiervan weg. ONS MOEDIG JUIS FAMILIE EN DIEPER VERHOUDINGE AAN!  

Dit is juis in hierdie dieper-verhouding-dinamiek waar ons meeste groei en verander! Ons het mekaar nodig om in Jesus in volwassenheid te groei! 

STAP 1: Maak jouself onlosmaaklik vas! (Byt vas, en bly getrou, kom wat wil) Ons los NOOIT mense nie. Mense het egter die reg, om te gaan soos hulle verkies.  

STAP 2: Vra ‘n geestelike leier amptelik om inspraak in jou lewe te hê. Soos met enige afrigting proses, moet die afrigter die reg hê, om jou te leer, te help, aan te spreek, op foute te wys sodat jy kan leer om te verbeter!  

STAP 3: Maak jouself deel, en dien iemand.  Die meeste mense is te bang om te praat, te bid, of iets te sê. Ander praat weer te veel. Die Huiskerk is ‘n veilige familie ‘inkubasie’ basis en platvorm vir geestelike groei. Jesus het ook vir die grootste deel van Sy aardse lewe deel gewees van ‘n klein groep mense wat in Nasaret gebly het. 

Huiskerk Program: 

Klik op die anderskleurige skakels vir meer inligting:

  1. Nagmaal 
  2. Dankbaarheid 
  3. Lofprysing & aanbidding (Videos van ons samekomste) 
  4. Leer saam die Woord (Boodskap van die week / Bybelskool materiaal). Sien Youtube Video’s.
  5. Bediening (Bedien, bemoedig, bou, stig mekaar deur die gawes van die Heilige Gees). Sien die Blog: God Se Hart En Plan Vir Jou Deelwees Van Sy Familie
  6. Gebed (Intersessie). Sien blog Gebed Uit ‘n Regeerder Se Perspektief  
  7. Offerhande. Sien blog: Wanneer Dit Voel of God Nie Reageer Nie.  
  8. Uitreik aksies (raak betrokke in ons omgewing, buurt).  Sien blog: Wat Verwag God Van Ons?

HUISKERKLEIERS 

Huiskerk leiers word gekies omdat hulle die goddelike gawe van Herder besit (Eph 4:11), maar ook omdat hulle ‘n mate van volwassenheid in die Here bereik het om as geestelike ouers (ouderlinge) hulle mense te versorg, lief te hê, en te help groei na volwassenheid in Christus.  

Hulle taak is om onmiddelik die ander gawes in die huiskerk te ontgin, en ruimte te maak vir foute maak, deelname, en die beoefening van ons geestelike gawes en vrug! 

Goeie Huiskerk leiers doen nie al die werk nie, praat ook nie die meeste nie. Hulle is ouers wat wil toesien dat hulle kinders opgroei en floreer. Huiskerk leiers is dus ‘enablers‘ wat ander bemagtig om te groei in hulle geloof! Huiskerk leiers is natuurlik nie perfek, of maak nooit foute nie. Verhoudinge is diep genoeg dat daar wedersydse onderdanigheid maar ook verantwoordbaarheid is aan mekaar.  

HUISKERK GROEPE 2021:

1.     Citrusdal Dorp: WP & Karien: Weekliks, Donderdae, 7nm, partymal Woensdae; Roteer huise met Karien: 078 662 8439 en Jolanda: 082-424-2915.  

2.     Citrusdal Kweekkraal Plaas: Tom & Hanneke –. Elke 2de Donderdag; 7nm. Roteer huise. Hanneke: 0834697913

3.     Clanwilliam / Die Hotel: Audrey and Dave – elke tweede week – Donderdae – 6.30nm; roteer huise en die hotel. Audrey: 083 313 2230.

4.     Clanwilliam Dorp – Jong Volwassenes: Francois: Weekliks, Woe 7nm– roteer huise. 061 902 1612

5.     Clanwilliam Parkstraat: Willie & Wena; Weekliks, Donderdae 7nm, Parkstraat, Wena: 079-117-9811  

6.     Clanwilliam Plaas: Jan & Celna: Elke 2de week; Woensdae 7nm, roteer huise. Celna: 083 996 1651

7.     Clanwilliam Dorp: Dirkie & Lezel: Elke tweede week; Woensdae / Donderdae; 7nm; De Vlei, Clanwilliam. Dirkie: 082 415 4874.

8.     Clanwilliam Dorp: Tobias & Ansofie Clanwilliam bevestig nog reëlings. Tobias: 082 784 4123

9.     Eendekuil Plaas – Jong Gesinne: Benjamin & Nettie, Donderdag aande. Spaarkloof Plaas,. Benjamin 083 97 888 77

10.Lambertsbaai Dorp: Francois & Bertina: Dinsdae 7nm – beurte by huise. Bertina: 083 407 9046

11.Graafwater Dorp: Ester de Witt – roteer saam Francois se jong volwassenes groep in Clanwilliam maar het ook eie groep. 067 386 6923

12.Somerset Wes: Leon & Liebenette: Weekliks: Laaste Vrydag van die maand; 3 Dinsdae in die maand; Floribundastraat, Heldervue area, Somerset Wes. Kontak Leon 084 909 7007.

13.Vanrhynsdorp Rest: Beverley; Bevestig weeksdag, elke 2de week; 7nm; Amanda se huis (bevestig nog reëlings). 082 614 0044.

14.Vredendal Dorp: Davey & Arina; elke 2de weke; Donderdae; 18h30. Bloemhofstraat, Vredendal. Arina: 073 297 2053.