Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

‘n Goddelike Omkeer Strategie!

Terwyl politieke groeperinge meeding vir die siel van die nasie… en almal asem ophou … selfs biddend … roep die bloed van die onskuldiges vir regspraak! Rooi bloed! Die bloed van onskuldiges … kinders, vroue, bejaardes, armes en boere, regoor ons land! Genoeg is nou regtig genoeg! Dis tyd vir ‘n draaipunt! ‘n Omkeer strategie! In plaas van vingers wys, van rassehaat, van arm teen ryk, oud teenoor jonk. Kom ons vat hande as gelowiges, as omgee-vir-mekaar-mense, burgers van ‘n nuwe vredevolle Suid-Afrika! Kom ons raak betrokke in ons eie gemeenskappe om vir almal se veiligheid te veg! Saam vorm ons ‘n net wat alle onwettige bedrywighede aan die lig bring. Ons hou die staat verantwoordbaar om regverdig remidiërend restitusie en straf toe te pas.

Dis tyd vir VREDE, ware vrede, waar mense reg leef, eerstens teenoor God en dan teenoor mekaar.

Plan van aksie:

Jesus bring herlewing in harte wat na Hom toe draai!!! Net dit wat Hy begin is volhoubaar.

1) Raak betrokke by formele lokale gemeenskap strukture: GPF – Gemeenskap Polisie Forum, Wykskomitee, BADISA, Sakekamer, Skoolrade ens. Hou op om ‘n kritiese toeskouer te wees en neem deel.

2) Doen ‘n waarde bepaling gemeenskap Profiel. (Asset Based Community Development)

3) Vorm ‘n neutrale waarde gedrewe sleutel rolspeler samewerkende forum: Gesondheid, Opvoedkunde, Sakelui, Wetstoepassing en Regering/leiers met kerke wat morele etiese waardes handhaaf.

4) Bereik konsensus oor werkbare meetbare aksieplan waarvoor ALMAL verandwoordelikheid neem. (Bou mure) volgens die prioriteite wat die gemeenskap bepaal het.

5) Hou aan werk en bou aan insluitende deursigtige verhoudinge wat genees!! Dit is tyd vir Biddende Aksie!