Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Waarheidsoomblik met minderwaardigheid

superior-inferior

Die groot vrae en soeke in die lewe:

  • Sosiale erkenning en waarde
  • Aanvaarding en liefde.
  • Sin en betekenis van die lewe.

Indien ‘n persoon nie wesenlike antwoorde op hierdie vrae kry nie lei dit tot

  • Jaloesie of selfbejammering.
  • Verwaandheid, ydelheid en leegheid.
  • Liggeraaktheid en onsekerheid.  “Easily offended” – gou op sy perdjie.
  • Twyfelagtige en onvastige bestaan.
  • Onvergenoegdheid en leegheid.
  • Minderwaardigheid  So ‘n persoon loop rond met ‘n reuse vakuum en lugleegte in hulle binnekant wat hulle dan op allerhande maniere probeer vul.

Ons lewe in ʼn wêreld van intimidasie.  Verskillende vorme van intimidasie:

  • Vergelyk jouself met ander in terme van geld, besittings, kennis, vermoëns, skoonheid, geestelikheid, en persoonlikheid.
  • Intimidasie gebaseer op ras, geslag, ouderdom, of ʼn sekere portuurgroep.
  • Kultuur en groepsintimidasie.
  • Tradisies en religieuse sisteme kan intimiderend wees.
  • Elke ware kind van God wat vir waarheid staan en nie meer saam met die stroom loop nie beleef vorme van intimidasie.
  • ʼn Kerk soos Harvester en sy manier van aanbidding en prediking kan intimiderend wees.
  • Die duiwel intimideer ons deur op ons sondes te fokus.  Deur sonde verloor ons, ons vrymoedigheid voor God en sy mense.
  • Elkeen van ons het verskillende swakhede en defekte, waaroor ons skaam en selfbewus is.  Ons kan derhalwe gou geïntimideer word, omdat ons nie graag van onsself ʼn gek wil maak nie.
  • Intimidasie in die werksplek is ʼn werklikheid.
  • Intimidasie wat daartoe lei dat jy nie met vrymoedigheid kan praat en jou saak stel nie, is nie van die Here nie.  Jy kan niks daaraan doen dat iemand probeer om jou te intimideer nie, maar jy kan besluit om nie in te gee nie!

DAAROM: steek ons, ons swakhede weg. Ons plak vyeblare, en soek verskonings. Ons kruip weg en verdoesel die waarheid.  We hide our shame! Ons kompenseer vir ons gebreke, deur ‘n valse lewe te leef.

  • Grootsheidwaan
  • Fantasie lewe
  • Valse mikpunte
  • Valse spesialis
  • Vereenselwig wet Wenners

So sien ons dat Saul ook gesukkel het met minderwaardigheid, toe hy hoor hoe juig die vroue oor Dawid se suksesse. (1 Samuel 18:1-7) Daarom wou hy ook vir Dawid doodmaak.  Die man wat bo al die ander uitgestaan het! Die eerste Koning van Israel was onseker oor homself, daarom raadpleeg hy Samuel en soek sy aanvaarding, uiteindelik raadpleeg hy die waarsêer.  As gevolg van die leegheid in sy binneste voel hy gou bedreig, hy is suspisieus, besluitloos en rigtingloos.  Niks kan hierdie leegheid vul nie, nie eers rykdom of mag.

Sommige mense verlang dat ‘n persoon hierdie leegheid vul.  Maar die skrif sê dat dit beter is om op die Here te vertrou as op mense (Psalm 118:8-9) want in hierdie lewe gaan ons verseker herhaaldelik te na gekom word en teleurgestel word deur mense. (Lukas 17:1) Moenie eers jou vertroue in jou familie en naasbestaandes plaas nie. (Miga 7:5-7)

Op watse fondament is jou huis gebou?  (Matteus 7:26) Geld, besittings, mag, posisie, vermoëns: Dit kan alles in ‘n oomblik van jou weggeneem word en dan?

Net die liefde van die Here kan hierdie leegheid vul. Hoor hoe praat die bruid van Salomo oor haar geliefde.  “Ek is bruin gebrand maar ek is mooi, vroue van Jerusalem. Ek is so bruin soos die tente van Kedar, soos die tentdoeke van Salomo. Moet my nie so aankyk omdat ek donker is nie, omdat die son my gebrand het nie: my broers het my so bruin laat brand, hulle het my die wingerde laat oppas; ek kon my eie wingerd, myself, nie versorg nie. (Hooglied 1:5-6) Sy moes verseker geïntimideer gevoel het tussen al die mooi meisies van die koningshof, tog styg sy bo dit uit. Hoekom? Want sy het geweet sy het die Koning se hart gewen!  Hy het haar gekies! Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne. (Hooglied 2:16) Salomo is ook nie skaam om sy bruid vir almal te wys, en ook hoe lief hy haar het nie.  Hy is nie skaam vir ons nie en is nie bang om in die openbaar saam met ons gesien te word nie. Hy wil met ons geassosieer word.  Hy vat my na ’n feesplek toe; hy straal van liefde vir my. (Hooglied 2:4)

So het God ons ook lief, en is Sy liefde ons sekuriteit en teenmiddel teen intimidasie.  Die evangelie is die goeie en blye nuus, dat Hy ons liefhet en Sy lewe vir ons afgelê het.  (Joh 3:16) Baie mense vra egter; “hoe weet ek dat hy MY regtig liefhet?” Paulus gee vir ons ʼn barometer van liefde in 1 Korintiërs 13:4-8  Die eerste bewyse van iemand se liefde is geduld.  Is God geduldig met jou?  Is God sagmoedig met jou? Wel daar is jou bewys! Lees gerus deur die hele gedeelte en toets God aan Sy liefde vir jou.

Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou: (Zephania 3:17)

Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra. (Jeremiah 31:3)

Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe. (Isaiah 43:4)

Hy self was die engel wat hulle gered het. Hy het hulle verlos deur sy liefde en ontferming; Hy het hulle opgetel en hulle altyd gedra. (Isaiah 63:9)

Ek dank God dat ons nie die enigste mense is wat gesukkel het met intimidasie nie.  Dawid het maar ook gesukkel.  “Maar ek is ’n wurm en geen man nie, ’n smaad van die mense en verag deur die volk.” (Psalms 22:7) Later verander sy perspektief en hy verklaar: Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. 15My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. 16U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. (Psalms 139:14-16)

Uiteindelik bou ek my selfvertroue (confidence) nie op wat ek doen en is nie. Ek kyk en fokus op die perfekte werk wat Jesus gedoen het. My legitimacy, rightness, confidence is based on/in Him. Hierdie geloof in Hom, bemagtig my om die onmoontlike te doen.  Die para-olimpiese spele toonbeeld mense wat ten spyte van ‘n fisiese gebrek, oefen en meeding op internasionale vlak!  ‘EK IS TOT ALLES INSTAAT DEUR CHRISTUS WAT MY DIE KRAG GEE’ Ek kon nooit skool toe gaan nie, met Sy hulp gaan ek terug skool toe, en kry my matriek sertifikaat.  God gaan dit nie vir jou doen nie, Hy wil dit deur jou doen.  Ons oorwin minderwaardigheid in die waarheidsoomblik met Jesus. Die vrou by die put se lewe is ontbloot voor Hom, en tog is sy nie daardeur geintimideer nie. Sy kry egter haar skeppingsdoel, en gaan vertel die mense wie sy ontmoet het. Sy word die instrument wat redding bring aan haar hele gemeenskap.  Wanneer ons voor Hom staan, staan ons naak en onbeskaamd.  Soos ons gehoorsaamheid leer in ons swaarkry, ontdek ons wie ons is, om die outeur te word van ons storie, sodat ander daardeur ook lewe kan ontdek. Heb 5:8