Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Preke

KEN JOU VYAND

Die Judeo-Christen denke en lewensstyl is sedert die begin van tyd in stryd met die slang – ‘n argetipe van vertwyfeling in wat God sê. Hierdie stryd hou op aarde nooit op nie. Vandag nog vra meer en meer mense het God regtig gesê: Is daar regtig ‘n hemel en ‘n hel, en ‘n hiernamaals? Is die Woord van God, regtig waar en betroubaar? Het Jesus regtig bestaan en opgestaan uit die dood? Is die God van Abraham, Isak en Jakob, die enigste ware God? Is Homoseksualiteit sonde?

Die VYAND van VERTWYFELING bleik al hoe meer grondgebied in ons harte te wen… MAAR JESUS

Lees verder »

Meer As OORLEWING

Daar is ver meer in stoor vir die kind van God, as om net te oorleef! Dit is so dat baie mense geestelik dood is, en nie eers weet wat hulle mis nie. Tragies egter is die talle kinders van God wat nooit die volle erfporsie, krag en skeppingsdoel wat in Christus se geregtigheid opgesluit lê ooit in besit neem nie! Ons oorleef soos weeskinders van die krummels wat van die tafel af val!

Lees verder »

Wanneer OORLEWING Skadelik Raak

Ons is almal oorlewendes! Dreigende internasionale kwessies soos die oorlog in die Oekraine, en meer en meer proteste a.g.v. hongersnood vul ons koerante daagliks.  Die verwarring

Lees verder »

Wanneer God Stil Is

Hoekom voel dit soms asof God gans afwesig is?  Ons weet Hy is alomteenwoordig, en altyd DAAR, maar HIER voel ek nou alleen! Ons lees en hoor van herlewings en voel opgewonde vir ‘n oomblik, soos ‘n boer tydens droogte hoop op reën wanneer hy die eerste wolke sien saampak.  God is soms STIL waar Hy is nooit AFWESIG nie.  Kom ons leer uit God se Woord, wat ons te doen staan in hierdie tye van STILTE.

Lees verder »

Die ongetemde EGO

Die Goddelike tem van die EGO.  Tydens ons “Wat is God se Hart vir Sy kerk” aanlyn Bybelskool, vra ek mense om in-kort te verduidelik

Lees verder »

Rightwiseness – Verkry die Regte Waardebepaling

Ons sukkel maar as mens om die regte, ewige, onverganklike waarde van ‘n mens te bepaal. Geen aardse objek is ewig nie! Net die mens is bestem om ewig te lewe. Hoekom waardeer mense nooit wat hulle het totdat dit eers weg is nie? Die koninkryk van God boodskap is ‘n “reset” van alles wat ons as waardevol beskou.

Lees verder »