
Die vyeboom in die wingerd
Het jy al gevoel ‘nou waarom is ek tussen dié mense?’ Sedert die ontstaan van Israel staan God se mense soos ‘n vyeboom in ‘n wingerd. Abraham, Isak, Jakob, Josef in Egipte, Daniel in Babilon, Ester in Persië, Paulus in Rome. Wanneer ons, onsself skielik in die vreemde, tussen vreemde mense bevind. Moet ons vrug dra! Watter vrug soek die Here by ons as gelowiges, in ‘n wêreld wat toenemend hulle geloof grondves op die wetenskap, modernisme, populisme en self-beskikking. As sout en lig (Mat 5:13-14) preserveer ons die samelewing teen verrotting en totale verval… nou is die tyd vir strategiese posisies van invloed en gesag.