Asem Is Lewe

Tans voel baie mense emosioneel, geestelik en finansieel uitasem en kortasem. Dit is asof ons ons ritme verloor het.

Jesus Christus is die asem van ons lewe en het gekom om lewe, en lewe in oorvloed (Joh.10:10) te skenk.

Gesonde emosies, verhoudinge, besigheid en liggaamlike fiksheid bestaan uit  ‘n ritme van gee en neem, werk en rus, liefde en geloof.  Huidiglik worstel ons om weer hierdie natuurlike ritme te vind. Weereens, Jesus Christus het gekom om lewe, en lewe in oorvloed te skenk. 

Sommige mense voel hulle het vasgehaak, en sukkel om asem te kry! 

Floreer Geestelik

Om in geestelikegesondheid te floreer, moet ons derhalwe al die obstruksies, en inperkinge tot ‘n harmonieuse diep ritmiese asemhaling verwyder. [1]. Roetine en ritme is onombeerlik tot sielsgeluk en tevredenheid. Wanneer mens deur emosionele trauma gaan, moet mens veg om ‘n weeklikse roetine van: 

  1. gereëlde geestelike samekoms en konneksie 
  2. oefening
  3. slaap
  4. restourerende maaltye 
  5. skeppende werk
  6. gee en diens
  7. speel en pret 
  8. groei en leer tyd te behou. 

Rus en Werk 

“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.” (Mat 11:28-30 

When people lack rest they suffer physically, mentally, emotionally, and spiritually. Physical and mental exhaustion can often lead to emotional volatility, as a poorly rested individual become easily irritated and/or anxious. This lack of rest can escalate into larger issues. Relationships become strained. Over time a person’s spiritual life—a connection to God and the deepest meaning and joy in life—becomes diminished too.[2]

God balanseer skeppende werk met die sewende dag rus (Gen 1:31). Hy noem ook die rusdag heilig. Hierdie dag is dus afgesonder, eenkant gesit vir God se gebruik.  

Die Jubileum 

Die jubileum was die Jode se gedetermineerde politieke wil om nooit die onmenslike sisteem van die Egiptiese Farao te dupliseer nie. Die jubileum dien as ‘n sosiale diens aan hulle mense, waar elke burger sy medeburger se broer bly, en so mekaar se toekoms verseker. Want die arm persoon wat ek vandag ignoreer word more die dief wat van my steel.

Wanneer ek grond koop wat ek na 49 jaar moet teruggee, of skuld wat ek na 7 jaar moet afskryf, dan hou ek verhouding met die lener. Dit is om seker te maak dat hy of sy in staat is om die skuld voor die tyd af te betaal. Sodoende, word die samelewing nie ‘n slagoffer van kumulatiewe skuld nie (Deut 15:1-5).

Die Sabbat

Sabbat is ‘n vorm van vrystelling, losmaak, staking, laat gaan, vrylating. Ek gee my liggaam waarmee ek werk verrig op, ek laat my liggaam rus. Sodoende gee ek ook die grond waarmee ek ‘n inkomste verdien oor, en laat dit rus.  Vir een dag in die week, is eienaar en dienskneg gelyk. Die slaaf dien nie sy meester nie, en die meester word nie bedien nie. Beide is skeppingswerke geskape in God se beeld, wat Sy genade geniet in dankbaarheid. Daarom is die Sabbat maaltyd ‘n feesmaal.

Die arm persoon spaar om te minste vars brood met botter, heuning en sout te geniet; ‘n koningsmaal! Die eienaar is nie meer in beheer van sy dienskneg se liggaam nie. Tydens jubileum, gee die eienaar die beheer oor die grond ook oor. 

Die Farao wou nie die mense vir drie dae laat gaan om te gaan offer aan hulle God nie (Eks 5:1-2). Deur die Jubileum word elke eienaar ‘n tipe Moses, en koninklike Vader wat sy mense laat vrykom van slawerny. Een dag ‘n week, en elke sewe jaar word mense verlos van die piramide hiërargie van posisionele imperialisme en dominansie. Almal word weer uit sistemiese Egipte verlos, die plek van slawerny. 

“Wanneer ’n mede-Israeliet in jou omgewing só in die skuld raak dat hy hom aan jou verkoop as slaaf, mag jy hom nie slawewerk laat doen nie.” (Leviticus 25:39) 

Omdat Ek die Israeliete uit Egipte laat trek het, is hulle my dienaars. Daarom mag hulle nie as slawe aan iemand verkoop word nie. Uit eerbied vir julle God mag julle ook nie so ’n mede-Israeliet hard behandel nie.” (Leviticus 25:42–43) 

wat deur julle aan julle kinders bemaak kan word as besittings en wat lewenslank hulle slawe sal wees. Julle mag egter nooit van julle mede-Israeliete slawe maak nie.” (Leviticus 25:46) 

Hy het soos ’n dagloner jaar na jaar vir die nie-Israeliet gewerk. Jy moet sorg dat hy nie hard behandel word nie.” (Leviticus 25:53) 

 “Ses jaar mag jy jou lande saai en die oes insamel, maar die sewende jaar moet jy dit laat braak lê. Die armes onder jou mense mag van die opslag eet, en wat hulle laat oorbly, kan die wilde diere vreet. So moet jy ook met jou wingerd en olyfbome maak.“In ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy nie werk nie sodat jou beeste en donkies kan uitrus en jou werksmense en die vreemdelinge by jou ’n bietjie kan asem skep.” (Exodus 23:6–12)

“Sê vir die Israeliete: Wanneer julle in die land kom wat Ek aan julle gee, moet daar vir die land rustye wees tot eer van die Here: ses jaar kan julle die lande saai en die wingerde snoei en die opbrengs oes, maar die sewende jaar moet die hele land ’n rustyd hê, ’n sabbatsjaar tot eer van die Here. Dan mag julle niks saai nie en ook nie die wingerde snoei nie. Julle mag selfs nie die opslaggraan of die druiwetrosse van die ongesnoeide wingerde afoes nie. Dit moet vir die land ’n jaar van algehele rus wees. Dit moet vir julle ’n jaar van algehele rus wees. Julle, julle slawe, julle slavinne, julle dagloners en die bywoners in julle land sowel as julle diere en die wild moet dan leef van wat die veld oplewer.” (Leviticus 25:2–6)

Hy moet die are as beweegoffer vir My, die Here, aanbied sodat julle vir My aanneemlik sal wees. Die priester moet dit die dag ná die sabbat doen.” (Leviticus 23:11) 

Die Sabbatrus

Die Sabbatsrus beteken letterlik om die beheer van die hand op te gee, los jou greep, gee oor jou beheer.  Die hoogtepunt van die jubileum is na 49jr word die eienaarskap van die grond teruggegee aan die oorspronklike eienaar. (Lev 25:23-28, 54)

Hierdie weggee-daad voorkom eienaars om magnate te word, word meer het as wat hulle nodig het, en herinner dat elkeen rentmeesters van God se grond is. (Leviticus 26:35)

Grond wat nie gerus het nie, a.g.v. hulle ongehoorsaamheid sal wel rus, in die tyd van straf. 

II Chronicles 36:21 explicitly connects Jeremiah’s figure of 70 to Lev. 26:34-35: “Those who survived the sword, God exiled to Babylon … in fulfillment of the word of Adonai spoken by Jeremiah ‘until the land has repaid its Sabbaths, as long as it lay desolate it kept its Sabbath, until seventy years were complete.” Then, in the Book of Daniel the 70 years became “seventy ‘weeks’” = 70 x 7 = 490 years. Only with the passage of that period would the sin that caused the exile be fully expiated (Daniel 9:24).

Rus is dus ‘n direkte implisiete “celebration” van VRYHEID! Ons is dus nie meer slawe nie! Slawerny word dus gelykgestel met martelende misbruik en meedoënlose sonder-ophou werk.  Deur ons RUS te vier, en saam te kom as gelowiges breek ons met enige slawedrywers in ons lewe! 

Die sonnestelsel haal asem – Sentripetale en Sentrifugale Krag

Sentripetale krag word gedefinieer as die krag wat handel oor ‘n liggaam wat beweeg in ‘n sirkelvormige pad wat gerig is op die middel waarheen die liggaam beweeg. Die term kom van die Latynse woorde sentrum vir sentrum en petere, wat beteken “om te soek”. Sentripetale krag kan beskou word as die middel-soekende krag. Sy rigting is ortogonaal vir die beweging van die liggaam in die rigting van die middelpunt van die kromming van die liggaam se pad. Sentripetale krag verander die rigting van ‘n voorwerp se beweging sonder om sy spoed te verander.

Terwyl sentripetale krag optree om ‘n liggaam na die middelpunt van die rotasiepunt te trek, stoot die sentrifugale krag (middelvlugkrag) weg van die middelpunt.[3]

Kerkwees bestaan ook soos die sonnestelsel uit ‘n na binne-gerigte soeke na intimiteit, nabyheid, konneksie, en gemeenskap (Fellowship) in balans met ‘n na-buite gerigte fokus op sending, mandaat, roeping en bediening.  Hierdie twee kragte werk soos ons asemritme in harmonie en gereeldheid met mekaar. Die een kan nie sonder die ander nie! 

Jou naaste liefhê soos jouself

Matt. 5:43; 19:19; Mark 12:31; Luke 10:27; [Rom. 13:9; Gal. 5:14]; James 2:8 

Sielkundiges maan dat gesonde self-liefde onmisbaar is tot medemens-liefde. Maar medemens liefde is nie volhoubaar sonder selfliefde nie.  Ons moet dus altyd die twee in balans hou.  Weereens ‘n natuurlike harmoniuëse asemhaling.  

Tempel – Naos – Bediening aan God en bediening aan jou medemens 

Die Griekse woord vir tempel is Naos: Die woord is inhoudelik die soomlose bediening aan God in ons offers, lofprysing en aanbidding en dan weer ons bediening aan mekaar en ons medemens.  Hierdie twee aspekte van ons tempelwees vloei soos Jesus se voorbeeld gemaklik en sonder hindernis. Jesus se bergontmoetings met God, vloei natuurlik na bediening, genesing van die siekes, en uitdryf van duiwels, en dan weer ontrek om alleen te wees. 

Lente & Somer – Beide het ‘n bepaalde onmisbare doel. 

Vir die voortbestaan van die siklus van die lewe, is ‘n goeie winter nodig, om ‘n goeie somer te verseker. Die een dien as te ware die ander. Die blare wat afval, en kompos word. Dood en lewe is ‘n natuurlike siklus. 

Die hele Joodse Godsbegrip is geanker rondom die sikliese seisoene van die jaar. Die daaglikse lewe as landbouers was verweef met die tempel kalender se drie mees belangrikste feeste: Die fees van die ongesuurde brood en die Paasfees is aan die begin van die graanoes. Dit was gevolg deur die fees van weke, of die pinksterfees 50 dae later waar die eerste vrug van die koring oes ingesamel is.  Die fees van Tabernakels was gehou teen die einde en voltooing van die graan oes.  

As ons God se seisoene in ons lewe wil verstaan moet ons leer om te kan ontvang en om te kan gee. Baie mense haak vas, en sukkel om te ontvang. Ander sukkel weer om te gee. Die geeslewe is ‘n soomlose sikliese vloei van ontvang en gee. Wanneer jy eer ontvang, gee dit onmiddelik weer terug na die Here en eer iemand anders. Die “pay-it forward” beweging leer mense om die geskenk wat hulle ontvang het, weer aan te gee vir die volgende “random’ persoon.  Freely you have received, freely give. (Mat 10:8) 

Laat toe dat die lewendmakende Gees van God jou ‘n nuwe tweede asem gee om die geloofsreis klaar te maak tot die einde! 


[1] https://af.j2gmn.com/7587-disorders-of-the-daily-rhythm-are-often-the-cause-of.html

[2] Contributors: David Kim and Leah Archibald Adopted by the Theology of Work Project Board February 22, 2016. 

https://www.theologyofwork.org/key-topics/rest-and-work-overview

[3] https://af.eferrit.com/wat-is-sentripetale-force/