Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

thank you hand

The only thing I want in life, is to be known for loving Christ, to build His church to love His bride and make His name known far and wide

Ons vind oral mense baklei vir ‘n sekere saak. Natuurbewaring, aarde verwarming, mense regte is maar ‘n paar voorbeelde.  Paulus sê dat hy niks anders by die gemeente in Korinte wil hoor as Jesus, en Hom as die gekruisigde.  1 Cor 2:2 Ons beywer onsself vir die saak van Christus. Hy is die dieet wat ons navolg. Hy is die enigste self-help program wat werk, omdat ons eintlik nie onsself kan help totdat Hy die verandering in ons werk nie.  Hy is ons toevlug en plek van rus, en tuiskoms.  Hy is ons visie en missie. Hy is ons rolmodel. Deur Hom het ons die geregtigheid van God ontvang om as kinders van God te lewe.  Hy is ons skeppingsdoel. Rom 8:29 Ons oog is op Hom gevestig die voleinder van ons geloof. Heb 12:1. Hy is ons sending en ons boodskap. Hy is die uitkoms van elke program, lering, byeenkoms en aktiwiteit wat ons aanbied.  Hy is die somtotaal van alle dinge.  Hy is ons identiteit.  Col 3:2 Hy is ons vrede en geluk.

Christus is perfekte teologie. Hy is die waarheid wat ons verkondig.

Vir bykans 17jr veg en staan Chantál en ek vir hierdie saak. Die saak van Christus. Om ‘n kerk te wees wat Hy bou. Om ‘n gemeenskap van gelowiges te wees wat Hom akkuraat en reg uitbeeld in elke aspek van ons lewens.  Dit is die heerlike geskenk wat ons in Christus van God ontvang het, Hy is God teenwoordig, in ons en deur ons in ons huwelik, gesin, werksplek en gemeenskap. 

Ek dank God vir Sy heilige heerlikheid en teenwoordigheid wat Hy deur ons as gebroke kruike aan die wêreld vertoon.  Sedert die eerste dag toe hy ons ontwaak het van ons sluimer, en die Son van geregtigheid in ons harte begin skyn het, het alles verander.  Ons is wakker om te hoor en te doen.  Ons kry soms swaar soos alle mense onder die druk van die lewe se sorge en probleme, maar ons is is nie uitgelewer en magteloos nie. Ons het ‘n lewe wat in ons bruis, ‘n bruisende fontein van lewende water wat nie net ons eie dors les nie, maar ook die mense om ons.

Soos ‘n mens se liggaam bestaan elke deeltjie van hierdie liggaam, in diens van mekaar in die liggaam.  Elke bydrae in tyd, en geld beweeg hierdie ligaam om Jesus te wees vir ons gemeenskap.

Hierdie liggaam word 6 ‘n week gehoor op die Radiogolwe van Radio Namakwaland in ‘n totaal van een uur per week se geestelike insette, dmv Dinsdae 7:15 se Onder konstruksie program met Jan, Chantal se Verhoudings program om Maandae om 3uur, en Tafel gesprekke fokus op reformasie temas Woensdae 11:00.  Chantál bedien getrou mense met woord, en leiding soos die Heilige Gees haar lei op sosiale media, sms, en Whatsapp.

7 plase kry direk bediening van iemand vanuit ons gemeente en is besig om Koninkryksgerigte besighede te word.  60 honger kinders van die mees behoewende kinders in die gemeenskap kry 3 etes per week en word verder gehelp om ‘n vaardighede te ontwikkel om vir hulleself ‘n lewe te maak.  56 kinders word deur Ubuntu Kleuterskool toegerus vir die lewe.  Ons ryk tans uit na 6 skole oor die hele streek, deur gebed, Lewensafrigting, en Motivering toesprake en bediening insette.  Volgende jaar begin ons in samewerking met die NGK Clanwilliam die Lewens Oriëntering periode gebruik om kinders te bedien rondom relevante aspekte soos boelie gedrag, Seksuele misdrywe, identiteit, en beroepssekerheid. Teach with your life het nou Identity 129 geword, en werk ons saam met die AGS Kerk in Vredendal om Jongmense te bedien met die Woord op Vrydagaande. Deur verskeie kampe en dag seminare fokus ons op ‘n spesifiek relevante temas om mense se lewenstyl uit te daag om in lyn te kom met die Woord en Wil van God.

Tans is daar 14 huiskerke waar mense geestelik versorg word, en deel word vd liggaam.  Omdat ons gemeente groei deur kwaliteit verhoudinge en nie deur bywoning getalle nie, is die plek van deelword die huiskerk byeenkoms.  Tans is daar 135 aktiewe medewerkers deel vd gemeente, en 57 kinders in totaal. Meer as 50 mense het deur die Jaar die Bybelskool bygewoon in drie dorpe.  Die fokus hierdie jaar was die boek Openbaring, en die Fondasie Kursus.

Ons is ook betrokke by Bosassa, ‘n sentrum vir minderjarige jeug misdadigers in Clanwilliam.  Ons het onlangs ‘n werker diens sentrum begin om immigrante te help om hulle wettige werkspermitte te bekom. Meer as 300 mense is gehelp. Intussen fokus die bediening om mense die basiese werksetiek te leer, en het meer as 120 mense die jaar die “work4aliving” program voltooi.  Ons reik uit in die gemeenskap en was baie betrokke op vele vlakke, op forums soos die GPF, Wykskomitees, Toerisme, SAPS en die munisipaliteit.  Ons het deur ons netwerk van verhoudinge ‘n vergadering bekom met die Minister van behuising en hulp verkry om die Informele Nedersetting Infux te beredder.  Ons het verskillende diverse bedienaars in die Kerk ontvang en geleentheid gebied dat die hele gemeenskap bedien kan word.  Talle mense is deur middel van ons apostoliese fonds finansieel gehelp en bygestaan soos wat God in mense se harte gewerk het om te gee. Ons is besig om ‘n kommersiële plaas in Uganda te ontwikkel, met die oog op ‘n Bybelskool en opleiding sentrum, en bemarkingsplan wat die lokale gemeente in Uganda kan help om hulle fondse te versterk.

Stadig maar seker is God se koninkryk en wil besig om te kom, hier in die olifantsriviervallei soos wat dit in die hemel is. 

StorehouseOns gemeente is ‘n apostoliese “resource” sentrum, skuur en stoorplek van hulpbronne om geestelik te groei in die waarheid.  Ons fokus is om hierdie hulpbronne op verskillende maniere beskikbaar te stel aan die hele gemeenskap.  Om net ‘n paar temas te noem: Die grootste geheimenis van God is geopenbaar – Christus in ons die hoop van heerlikheid.  Hoe om God se stem te hoor. Die geskenk van geregtigheid om deur Sy vermoë heilig te lewe. Die gawes en volheid vd Heilige Gees. Lofprysing wat God behaag.  Ontdek jou roeping en bediening. Die krag en dinamiek vd Liggaam v Christus.  Verder het die Here ons geseën met so baie vermoëns wat ons wil deel met ander: Drama, Musiek, Mime, Dig en Skryfkuns, Public Speaking, Tydsbestuur en Administrasie, Besigheid op God se manier, en nog soveel meer.  In ‘n tyd van Geestelike hongersnood mag mense gevoed word met die rykdom wat God in ons geplaas het.

LighthouseOns staan as rentmeesters van die Waarheid in prediking en lewenstyl.  Soos ‘n lighuis staan ons vas in die Waarheid om elke verbygaande persoon na die veiligheid vd hawe te rig.  Genade wat jou nie heiliger maak nie is nie genade nie.  Die wet is ‘n rigtingwyser na die geskenk van reglewe wat ons alleenlik deur die geloof in Jesus Christus sou ontvang.  In ons lewe in Christus vervul ons die wet deur ‘n regte lewenswyse.  Die uiteinde en vrug van hierdie lewenswyse is vrede en vreugde in die Heilige Gees. Ons lewe vanuit die Heiligdom van God.  Ons vertrekpunt is in Hom.  Ons soek nie ons geregtigheid nie, ons leef vanuit Sy geregtigheid.  Ons fokus is nie op ons werke nie, maar ons kyk deurentyd na Sy werk.  Hy werk ‘n permanente nuwe lewe en geestelike krag in ons om heilig en godsvrugtig te lewe.  Christus is perfekte teologie! Wanneer ons Hom uit die oog verloor is ons alreeds besig om te dwaal. Hy is die Lighuis wat die pad na die veilige hawe aandui.  Ons is die ligdraers van hierdie realiteit.

AircraftcarrierOns gemeenste funksioneer soos ‘n vliegdekskip, waar bedieninge opgelei word, en dan uitgestuur word soos die Heilige Gees ons lei.  Elke bousteen in God se heiligdom lewe, en het ‘n funksie. Niemand bedien in isolasie nie. Ons bedieninge is vervleg met mekaar.  ONS is die sleutelwoord! Nie my bediening nie, maar ons bediening. Ons is versigtig om die te eer wat ons voor gegaan het, en ons volg in hulle voetstappe. Ons is ook versigtig oor hoe ons loop, want iemand is besig om ons te volg.  In harmonie beweeg ons saam as Sy liggaam.  God het Christus gestuur! Vandag stuur Hy ons! Ons bestaan nie maar net vir ‘n salaris aan die einde vd maand nie. Ons is gestuur na hierdie dorp, in ‘n spesifieke werk, om te lewe tot Sy eer! Elke gelowige moet ten minste een keer ‘n jaar op ‘n sending gaan.  Om deel te wees van ‘n bedieningspan en saam ‘n verskil te gaan maar in ‘n onbekende plek, verdiep jou geestelike lewe. Jy kry rigting en sin in die lewe!