Droogtes, plae en peste wat duisende mense se lewe neem is nie vreemd volgens Bybelse of moderne geskiedenis nie. Inteendeel, die gelowige se hantering van globale pandemies is ‘n roemryke lys van heldedade. In tye van onsekerheid, kan ons waardevolle lesse leer uit die geskiedenis van Christene se reaksie op globale pandemies.

Die woord plaag kom 122 keer in die Bybel voor, die bekendste die 10 plae van Egipte. In die Bybel word plae as ‘n vorm van gevolg van die mens se ongehoorsaamheid gesien. 

58“As jy weier om al die woorde van die gebooie te gehoorsaam wat in hierdie boek geskryf is, as jy nie eerbied het vir die glorieryke en ontsagwekkende Naam van die Here jou God nie, 59sal die Here jou en jou kinders met onbeskryflike plae tref. Hierdie plae sal intens en sonder verligting wees wat jou mislik en ondraaglik siek sal maak. 60Die Here sal al die siektes waarvoor jy in Egipte so bang was oor jou bring, en hulle sal hulle tol by jou eis. 61Die Here sal elke siekte en plaag wat daar is oor jou bring, selfs dié wat nie in die Boek van die Gebooie genoem word nie, totdat jy vernietig is. (Deut 28:58-59).

Dit is nie lekker om te hoor nie: Maar ons keuses lynreg teen die wil van God, het dramatiese gevolge! 

Die Groot Regstelling

Feitlik in alle literatuur oor die pandemie kom die woord “reset” of “regstelling” voor.

Die meeste mense sal erken dat die samelewing voortsnel teen ‘n malle gejaag na geld, welvaart, genot en plesier ten koste van familie, spiritualiteit en emosionele gesondheid. ‘n Pandemie is die natuur se tugyster wat die mensdom weer in lyn bring na volhoubare gesonde keurses soos: persoonlike higiëne en gesondheid, genoegsame rus, immuniteit, gesond voedsame kos, stres vrye leefstyl gewoontes, sosiale bedagsaamheid, verantwoordelikheid vir jouself en ander. 

Woord Studie

Die woord: Plege, waar ons woord plaag vandaan kom beteken om te slaan, lyfstraf. Die Hebreeuse woord “makkah” wys na die instrument van straf soos die swaard, stok van vee wat gebruik word om straf mee uit te dien. 

4127. πληγή plēgḗ; genl. plēgḗs, fem. naamwoord van plḗssō (G4141), om te staak. ‘n Beroerte, streep, blaas, wond of besering.

  • (I) In die pl. (Lukas 12:48; Handelinge 16:23; 2 Kor. 6:5; 11:23; Sept.: Deut. 25:3; Spr. 29:15).
  • (II) Metonimies ‘n wond wat deur ‘n slag veroorsaak word (Luk 10:30; Handelinge 16:33 waarin “hulle strepe gewas” dui op die was van die bloed en vuilheid van die wonde [vgl. 16:23]; Openb. 13:14); “dodelike wond” (Opb. 13:3,12). Sien Sept.: 1 Kon. 22:35; Is. 1:5.
  • (III) ‘n Plaag, wat beteken ‘n beroerte of blaas toegediende deur God, ‘n ramp (Openb. 9:20; 11:6; 15:1, 6, 8; 16:9, 21; 18:4, 8; 21:9; 22:18; Sept.: Lev. 26:21; Deut. 28:59, 61; 29:21).

Syn.: traúma (G5134), wond; hélkos (G1668), ulser, oop wond; gággraina (G1044), gangreen; mṓlōps (G3468), ‘n kneusplek, ‘n wond van ‘n slag; rhápisma (G4475), ‘n klap met die palm van die hand.

Ant.: eúnoia (G2133), welwillendheid; eulogía (G2129), seën; cháris (G5485), genade; aspasmós (G0783), ‘n groet.

Buiten die gesondheids- en gepaardgaande lewensverlies-gevaar van die COVID 19-VIRUS is die ekonomiese gevolge nou besig om te manifesteer. Dit herinner aan die profesie in Openbaring wat die val van Babilon beskryf. (Rev 18:11-17) Ook ‘n eeu-oue regstelling van selfsugtige hebsug en self-verheerliking.

“Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie aan haar sondes deel kry en die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.” (Rev 18:4)

Die huidige wêreldbeskouing is baie individualisties. Ons sien dus die wêreld gebeure meestal in konteks, van hoe dit MY raak.  Die waarheid is: die huidige onluste is nie ‘n geïsoleerde gebeurtenis nie. Daar is bepaalde faktore  wat die ideale klimaat geskep het vir geweld. Onvervulde politieke beloftes, ideologiese propaganda, reuse ekonomiese-ontwikkeling-geleerdheid ongelykheid, werkloosheid, self-regverdige kultuur, segregasie, armoede skep die klimaat vir geweld om te floreer.  

Die Christen se reaksie op ‘n pandemie

Die Christelike reaksie op pandemies is gebaseer op Jesus se bekendste leringe: “Doen aan ander soos julle wil hê hulle aan julle moet doen”; “Wees lief vir jou naaste soos jouself”; “Groter liefde het niemand as dit nie, dat hy sy lewe vir sy vriende moet neerlê.” Dit is duidelik dat die Christelike etiek ons eie lewe altyd as minder belangrik beskou as dié van ons naaste. 

Gedurende plaagperiodes in die Romeinse Ryk, het Christene ‘n naam vir hulleself gemaak. Historici het voorgestel dat ten tye van die verskriklike Antonine Plaag van die tweede eeu, wat dalk ‘n kwart van die Romeinse Ryk uitgewis het, Christendom gegroei en floreer het.  Christene het nie die gode geblameer vir die plaag nie, maar die plaag gesien as die produk van ‘n gebroke skepping in opstand teen ‘n liefdevolle God. [1]

Die bekende Plaag van Cyprian, vernoem na ‘n biskop wat baie beskrywend die siekte in sy preke uitgespel het. Waarskynlik ‘n siekte wat verband hou met Ebola. Die plaag van Cyprian het ‘n plofbare groei van die Christendom te weeg gebring. Cyprian se preke het vir Christene gesê om nie te treur vir plaagslagoffers (wat in die hemel woon nie), maar om pogings te verdubbel om vir die lewendes te sorg. Sy mede-biskop Dionysius het beskryf hoe Christene, “ten spyte van die gevaar … beheer geneem het van die siekes en al hulle behoeftes versorg het.” [2]

‘n Eeu later sou die heidense keiser Julian bitterlik kla oor hoe “die Galileane” vir selfs nie-Christen siek mense sou sorg, terwyl die kerkhistorikus Pontianus vertel hoe Christene verseker het dat “goed aan alle mense gedoen is, nie net aan die huishouding van die geloof nie.” Die sosioloog en godsdienstige demograaf Rodney Stark beweer dat sterftesyfers in stede met Christelike gemeenskappe dalk net die helfte van dié van ander stede was.[3]

In 1527, toe die rottepes plaag Wittenberg getref het, het Martin Luther oproepe geweier om uit die stad te vlug en homself te beskerm. Hy het eerder gebly en die siekes bedien. Die weiering om te vlug het sy dogter Elizabeth haar lewe gekos. Luther het volgehou: “Ons sterf op ons poste.  Christen dokters kan nie hulle hospitale verlaat nie, Christen goewerneurs kan nie uit hul distrikte vlug nie, Christen pastore kan nie hul gemeentes verlaat nie. Die plaag onthef ons nie van ons pligte nie, ons neem ons kruis op, al kos dit ons lewe! [4]

In 1910 se pes in Suid Afrika, het John G Lake en sy vriende die siekes bedien, dooies uit die huise gedra, en begrawe, terwyl die siekte hoogs aansteeklik was. [5]

Twee-derdes van Jesus se stories en gelykenisse eindig in ‘n finale oordeel. 

Luk 12:35-48; Matt. 24:45-51; Mark. 13:33-37

Wat kan ons uit hierdie gelykenisse leer?

Wees Wakker: 

Gelukkig is die slawe vir wie die eienaar by sy koms wakker sal aantref. (Mark 13:37) Leef met oop oë, wakker skerp, vinnig om te reageer, in gereedheid om te doen. 

Groot verantwoordelikheid: 

“Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ‘n swaar straf kry. Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ‘n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.” v47-48

Gehoorsaamheid:

Wat is jou roeping opdrag? Is dit vervul? Sal jy teen die einde kan verklaar: “dit is volbring?” 

“Finishing mentality”: 

Jesus sê: “Dit is volbring” (Joh 19:28-37; Matt. 27:45-56; Mark. 15:33-41; Luk. 23:44-49)

“laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof” (Heb 12:2)

“Ek het die goeie wedloop afgelê, ek het die wenstreep bereik, ek het gelowig end-uit volgehou” (2 Tim 4:7) 

“Maak die werk nou ook klaar” (2 Cor 8:10-11)

Moenie ophou nie! 

“so aan die werk sal kry” v43 teenoor “My eienaar draai lank om te kom” v45 “hy die slawe, mans en vroue, begin slaan, terwyl hy self eet en drink en dronk word”

Mense in vrees ‘default’ na hulle primitiewe dierlike bestaan, en raak wreedaardig bakleierig en wil dan deur kos, dwelms en drank van hulle sorge vergeet. Jesus roep ons op om getrou te bly aan ons opdrag en roeping as “slawe”! Ons is nie die eienaar nie, ons is die rentmeester, versorger, beskermheer van die eienaar se belange. Dit bring ook troos dat ons besittings en besighede die Here sin is! Hy sorg op die einde

Weet ook dat swaarkry goed vir die mens is:

‘n Gelowige is soos ‘n teesakkie, die geur en smaak versprei eers wanneer jy warm water bygooi. 

Jesus verstaan lyding en leer ons om dit nie te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou. Sy hele lewe is ‘n verhaal van lyding, beproewing, temptasie, vervolging, verwerping, pyn, verraad, en smaad. Jesus triomfeer vorstelik deur dit alles. Hy bly gefokus, Hy verdra, Hy tree op in die teenoorgestelde gees, Hy ontsnap, Hy hou aan om goed te doen, waarlik wie is daar soos Hy?

Soos ‘n roosblaar sy geur eksponensieel versprei juis wanneer dit gekneus of gevryf word, word die heerlikheid van wat binne ons is juis versprei in ons swaarkry. Soos ‘n lemoen uitgedruk moet word om die sap te kry, so kom God se krag juis tot sy volheid in ons, wanneer ons swak is, en wanneer ons verdruk word. 

Om nie pyn te kan ervaar nie, is lewensgevaarlik.

Om nie emosionele pyn te voel nie, maak mense gewetenloos. 

Sonder pyn word ons nie sterker nie en bou ons nie kapasiteit op nie. Dit word mooi geïllustreer in die animasiefilm, WALL-E. In die fliek doen robotte alles vir die mensdom terwyl mense net in hulle stoele lê, gewig optel en TV kyk. 

Jesus verstaan lyding en leer ons nie om dit te probeer ontwyk of vermy nie, maar eerder deur die lyding ons geloof te behou.

Uiteindelik verstaan ons dat die straf/oordeel wat ons nou saam beleef, genade tyd is om ons te bekeer, en terug te draai na die Here! Dit is nou die tyd om uit te reik na mense, en soos Jesus hulle te roep tot bekering! 

“Deeply spiritual but authentically practical” 

 Op die einde vra die Christen geloof nie ‘n onverskrokke, vreeslose, ondeurdagte, roekelose reaksie op die pandemie nie.  Juis die teenoorgestelde. Om te kan dien, en te kan help moet ek na myself kyk. Dit is die moeilike balans wat die gesondheidswerkers moet behou: onbeperkte dienslewering en self-oorlewing.  Feitlik elke paar minute moet die regte keuses gemaak word om jouself die beste geleentheid te bied, om aan te hou dien, lief te hê en te versorg.  


[1] https://www.biblicalarchaeology.org/daily/ancient-cultures/daily-life-and-practice/the-antonine-plague-and-the-spread-of-christianity/

[2] https://www.theatlantic.com/science/archive/2017/11/solving-the-mystery-of-an-ancient-roman-plague/543528/

[3] Stark, R., n.d. The Rise of Christianity. pp.75-76.

[4] https://www.christianitytoday.com/ct/2020/may-web-only/martin-luther-plague-pandemic-coronavirus-covid-flee-letter.html

[5] https://everestalexander.wordpress.com/2015/10/18/john-g-lake-bubonic-plague-testimony/