Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Om te dink Jesus het nooit oor straf gepraat nie, is ‘n ernstige misleiding en ontkenning van ‘n groot deel van Jesus se boodskap!! Ons as mens het ‘n ingebore vrees vir straf, ons probeer dit ten alle koste vermy.  Om in die publiek verneder te word, of voor mense oor ‘n fout aangepraat te word maak mens seer en diep skaam!  Om in die klas te hoor hoe almal se punte uitgelees word, en jy het die swakste gevaar is traumaties en sielskrenkend.  

Een manier om jouself hierdie vernedering te spaar, is om harder te leer, en hard te werk aan jou foute! Ongelukkig volg ons kultuur en samelewing nie hierdie pad nie.  Ons hou die punte geheim, sodat niemand weet nie! Ons doen dit met nasionale misdaad verslae, en feitlik elke indeks wat Suid Afrika se prestasie meet.   

Daar is ‘n interessante studie gedoen waaroor ‘n agnostiese prof Jonathan Haidt praat op sy opspraakwekkende anti-liberale TED toespraak. Hy homself ‘n aktiewe liberaal. Volgens hom speel godsdiens ‘n baie belangrike rol deur die eeue om mense te waarsku en soms te dreig teen immorele dade en die gevolge.  Die studie wat deur Ernst Fehr en Simon Gachter  gedoen is, was om te bepaal hoe volhoubaar sosiale samewerking projekte is.  In hierdie studie ontvang ‘n studie groep elkeen ‘n bedrag geld, wat hulle kollektief aan ‘n projek kan spandeer waaruit die groep elkeen gesamentlik voordeel trek.  

In al die studies het entoesiasme en samewerking afgeneem, omdat daar altyd mense is wat nie bydraes lewer nie, maar dieselfde voordele wil ontvang.  Mense voel dit is nie regverdig nie, en begin dan hulle goeie-wil en samewerking ontrek.  Wanneer die mense egter die geleentheid gegun is, om uit hulle eie sak diegene wat nie hulle kant bring nie, te straf het die volhoubaarheid en samewerking dramaties verbeter.[1]  

Tans beleef ons globale STRAF waaraan ons nie direkte skuld dra nie.  Ons almal voel die gevolge van staatskaping, intitlement, en swak werksprestasie, maar die oortreders word nêrens vervolg nie.  

JESUS SE PREDIKING het dikwels klem gelê op EWIGE STRAF. 

Daarom vandag hierdie ongewilde boodskap! 

En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. (Matt 18:8)

Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.  (Matt 25:45-46)

Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.  (Joh. 5:29)

Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!  (Matt 7:23) 

Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.  Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  (Mat 8:11-12)

En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  Want baie is geroep, maar min uitverkies.  (Mat 22:12-14) 

want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.  (Mat 25:29-30) 

Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.

Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:  die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,

en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. (Mat 13:39-43) 

SO BAIE PROFETE EN STEMME BEGIN VERKLAAR DIE EINDE IS IN SIG!! 

Of die einde vir jou kom in die vorm van die DOOD, vir jou wag die FINALE OORDEEL! 

Die EINDE van ‘n era is in SIG sommige praat van die “GREAT RESET” pandemies, oorloë en hongersnood is die aarde se manier om homself te “RESET” die vraag is wat kan ons as kerk doen, wat grootliks nie skuldig is aan die sosiale norme van self verwoesting en anargie nie? 

en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is. ( 2 Cor 10:6)  

ONS REGDOEN GEE ONS ‘n BEPAALDE OUTORITEIT IN TYE VAN STORMS.  

Dink aan Paulus in die storm op die see, hy is ‘n gevangene, maar hy gee uiteindelik leiding vir hoe hulle uit hierdie bepaalde krisis kan kom.  Daniel en sy vriende het nie hulleself laat intimideer met die goddelose norms van die Babiloniese Ryk nie, uiteindelik word hulle ADMINSTRATEURS in die STAAT om ORDE te handhaaf. SO het die Here JOSEF ‘n gevangene opgerig as die hoof van die tronk, later van die Egiptiese Ryk!! 

ONS REGDOEN IS DIE PADKAART UIT!! 

Oor die laaste paar jare is ons elkeen as gelowiges tot op die uiterstes getoets!! Maar hierdie toetse en krisisse het ons geleer om nog meer nougeset en reg in waarheid te wandel!! Hierdie gehoorsaamheid is NOU ons verlossing!! 


[1][1] https://web.mit.edu/14.160/www/Coop_PunAER.pdf

Very insightful video to watch!!!