Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof.” Heb 12:2 .

“Hou jou oë gevestig op Jesus.” Ek voel asof ek dié frase die grootste deel van my lewe gehoor het. Makliker gesê, as gedaan, veral as die lewe in die pad staan, nè?

So baie liedjies, en preek frases maak die appèl dat mense op Jesus moet fokus! Almal stem kopknikkend in, met ‘n luide amen! Maar weet ons wat hierdie versoek beteken? Weet ons hoe om op Jesus te fokus? Waar is Hy? Sommige hang portrette van Jesus teen mure, ander hang hangertjies om hulle nek. Ander dra WWJD (What Would Jesus Do) bandjies om hulle arms.  Ons sukkel onder die skreeuende geraas van hierdie wêreld om Sy stem te onderskei en dan is daar nog die duisende tipe Jesus argetipes wat voorgehou word.

Op Watter Jesus Moet Ek Fokus?

Die lewe mergel ook elke stukkie tyd wat ons oor het vir stil word uit ons uit, met net nog een doenlystaak, dringende prioriteit of sperdatum! Hoe gaan ons ooit gefokus raak op Jesus? Sommige het uitsonderlike mistiese ‘Damaskus’ ervarings – is dit hoe mens op Jesus fokus? Wat daarvan as ek nog nooit so ‘n direkte ontmoeting met Jesus gehad het nie? 

Jesus het met rede nie ‘n fisiese beeld van hoe Hy gelyk het vir ons nagelaat nie, anders sou ons ‘n prent aanbid! Jesus Christus demonstreer deur Sy vleeswording ‘n bewussyn, waardestelsel, denkpatroon, morele etiek, gewoontes en karakter van die Woord van God! 

Is Jesus-volg vir almal?

Om vir Christus te volg is nie sommer vir almal nie. Dis nie ‘n populêre tipe voel-goed-oor-jouself godsdiens nie. Dis nie ‘n “I’m OK, you’re OK” dingetjie nie. Dis nie ‘n resep vir sukses- en welvaart nie. Dit bied geen kitsoplossings nie. Dis die moeilike weg. Dit daag ons uit om meer as net mensekinders te wees, om meer te doen as wat mense maar doen. Dit daag ons uit om kinders van God te wees.

Die koninkryk kom naby wanneer ons in liefde kan gee, ons in liefde kan ontvang, dat om geweld met geweld te antwoord is om meer geweld te kweek. Dit is om te vergewe – die siklus van geweld te onderbreek. 

Die evangelie werk, gemeente, maar dis ‘n moeilike pad. Dis die boodskap van die kruis. Dis hoekom die kruis ons altyd weer dring tot selfondersoek, tot nuwe toewyding aan God.

Die Derde Opsie

Elke dag beleef ons oomblikke van probleme, vrae, uitdagings, chaos, wanorde, donker, onverwagte onbekende drama.  Aan die ander kant het ons in ons pogings as mens om sin te maak uit al hierdie chaos, kulture, tradisies, orde, ideale, godsdienste, en ideologieë gevorm.  Soms bied ‘n bepaalde tradisie en kennis net nie meer die relevante antwoorde om krisisse op te los nie.  Hierdie worsteling vind byvoorbeeld plaas, wanneer iemand moet besluit om in ‘n stukkende huwelik te bly. Die onbekende van egskeiding, of die bekende van die huwelik. Nie een van die twee is werklik meer ‘n opsie nie. 

Jesus is die Lig, Waarheid, Woord, Antwoord, Weg, Rigting, Manier van leef uit hierdie moeilike vraagstuk.  Die Gees van Christus bied ons die derde opsie, die geestelike lewe uitkoms in elke bepaalde chaos/orde konflik.  

Die Regte Ding Het ‘n Regte Tyd

Die wêreld as forum vir aksie is in wese ‘saamgestel’ uit drie elemente wat geneig is om hulself te manifesteer in tipiese patrone van metaforiese verteenwoordiging:

  1. Eerstens is onontginde gebied – die Groot Moeder, die natuur, kreatief en vernietigend, die bron en die laaste rusplek van alle bepalende dinge.
  2. Tweedens is die verkenningsgebied – die Groot Vader, kultuur, beskermende en tiranniese, kumulatiewe voorouerlike wysheid.
  3. Derdens is die proses wat tussen onontginde en verken grondgebied bemiddel – die Goddelike Seun, die argetipiese individu, kreatiewe ondersoekende “Woord” en wraakgierige teëstander. Ons is aangepas by hierdie ‘wêreld van goddelike karakters’, net soos die ‘objektiewe wêreld’. Die feit van hierdie aanpassing impliseer dat die omgewing in werklikheid ‘n forum is vir aksie.[1]

Ons almal haak soms vas in die donker dieptes van woede, haat, verontreg en te nagekom voel, wraakvolle onvergifnis, depressie, teleurstelling en uiteindelik self-verwoesting. 

Kennis help ook nie. Want al weet ons wat ons moet doen, kry ons dit nie gedoen nie.  Wanneer ons vanuit Chaos of Orde optree, is dit asof ons tydsberekening uit is. Ons doen of sê die verkeerde ding op die verkeerde tyd.  

Om jou oë op Jesus te hou, beteken om jou te verdiep om Jesus se manier en wyse van dink te verstaan, voor jy iets doen of sê.  Jesus is die weg tussen chaos en orde! 

Die Bybel is ‘n versameling van Jesus oplossings, en verlossings dade wat ons geskapenheid in God se beeld bewussyn vier.  Natuurlik vertel die Bybel ook die kere wat ons die Jesus standaard heeltemal mis, en in ‘n sondige, dierlike, self-gesentreerde, hou-vas-aan-beheer teen Christus optree.  

Kom ons verken wat die Bybel direk van ons vra rakende Jesus: 

Volg my – 

Mat 8:22; 9:9 19:21 Mark 2:14; Joh 1:44; 10:27 21:19

Glo in my – 

Mark 16:17; John 4:21; 5:24; 6:35;

Bly in My – 

Joh 15:4; John 17:23; Eph. 3:17; Col. 1:23.

Neem jou kruis op – 

Mat 16:24; Mark 8:34-37; Luk 9:23-25

Gevul met die Gees van Christus – 

Phil 5:18; Col 3:16; Gal 5:16-22

Identifiseer met Christus – 

Gal 2:20; Rom. 6:6; Gal. 5:24; 6:14.

Paulus versoek sy dissipels 

Wees my Navolgers soos ek Jesus navolg – 

Heb 6:12; Phil 3:17

Christus in my – 

Col 1:27; Rom 8:10-11

Abraham het God verstaan en gehoorsaam sonder die wet, of selfs toegang tot die skrif. (Gal 3:17-18) 

Die goddelike ideaal van ‘n morele regdoen en opofferende lewe wat die donker goedmaak ‘redeem’ met betekenis. 

Peterson se sagmoedige verset teen kollektiewe aggressie wat deur slagoffers gedra word, is in diens van Jesus se persoonlikheidsrevolusie: die eenvoudige idee dat in plaas van om jou bure op te blameer vir die chaos wat jy voel, kruisig jy jou trots, maak jy jou eie kamer skoon en weerstaan ​​die drang om aggressie en belediging te vergeld deur terug seer te maak. Kortom, dit is beter om nie meer vas te hou aan ons kollektiewe groepsidentiteite van ras, geslag, etnisiteit nie.  Of om wette en teenreaksie te bedink as wraakinstrument teen diegene wat ons vrees en haat nie. Ons kan eerder die monster in ons kruisig. Elkeen van die 12 reëls wat Peterson voorstel het te doen met persoonlike verantwoordelikheid om Jesus te wees, eerder as net te aanbid.[2] 

Daar gebeur gedurig slegte goed met mense. Ons kan onsself wreek teen diegende wat ons te nagekom het, of ons kan soos Jesus ons lewe gee, hulle vergewe en deur ons offer saligheid vir ander aanbied. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword  (Heb 5:8)

Die Jesus-Lewe is Vol Innovasie en Uitheemse Kreatiwiteit 

Jesus het nooit een wonderwerk dieselfde as die volgende een gedoen nie. Sy slim téén vrae ontlont die strikvrae van die regsgeleerdes en fariseërs. Sy gelykenis laat mense anders dink oor die lewe. Sy kragtige demonstrasie van die koninkryk van God waar hy siekes gesond maak, duiwels uitdryf is NOU-Oplossings vir die mense. Sy uitsonderlike wondertekens van op die water loop, storms stil maak, vissies en broodjies vermeerder, en water in wyn verander demonstreer ‘n outoriteit oor die kosmos en die aarde.  Sy geloof bepaal Sy realiteit, nie Sy realiteit Sy geloof nie! 

My daaglikse soektog is nie sameswerings teorieë en kritiese foute ontledings nie, maar Jesus-tipe-oplossings! Jesus-tipe volhoubare, inklusiewe, verhoudings-gebasseerde, samewerkings oplossings wat Sy EDEN-Koninkryk hier op aarde kan demonstreer net soos dit in die hemel is! 

Die pessimis sien die glas halfleeg. 

Die optimis sien die glas halfvol.

Die opportunis drink die water in die glas! 

Elkeen van ons is geroep om JESUS te wees, en verlossing en genesing te bewerk in ons leeftyd! 

Moenie dat enigiets jou mee terughou nie! Hou jou oë gevestig op Jesus!


[1] Jordan B Peterson – Maps of Meaning

[2] Jordan B Peterson – 12 Rules for Life 
https://fee.org/articles/christ-versus-the-crowd-my-interview-with-jordan-b-peterson/