Harvester

“Jou denke bepaal jou realiteit”

Daar word gesê: “Jou denke bepaal jou realiteit” As iemand by voorbeeld nie goed voel oor hulleself nie, nie dink hulle is goed genoeg nie bepaal dit hulle gesindheid en ingesteldheid teenoor hulle werk. Uiteindelik sal dit die kwaliteit van hulle werk reflekteer. In hierdie week moes ek iemand probeer help, wat uiteindelik haar werk verloor het, omdat sy bose geeste in mense sien en sommer in die werk probeer om die geeste uit te dryf. Dit is natuurlik ‘n ekstreme voorbeeld: die vrou self is nie vry nie, en het duidelik genesing nodig. Iemand wat gedurig hulle vrese oordink, sal uiteindelik niks doen nie. Iemand wat sukkel om mense te vergewe, gaan meer in konflik wees met mense. Moenie eetby ’n suinige mens nie.Moenie jou laat verleideur sy lekker kos nie.Hy sê: “Eet en drink gerus!”Hy bedoel dit nie,want hy sit en berekenhoeveel dit vir hom sal kos.Jy sal naar word van wat jy eet,jou komplimente sal jy moet sluk. (Prov 23:7) Ware gelowiges en volgelinge van Jesus is geroep om in ‘n ander realiteit te leef en te funksioneer as die wêreld. Alhoewel ons aan die selfde omstandighede blootgestel is, is ons ingesteldheid anders, en teenstrydig met die van die wêreld. Gelowiges tap nie van dieselfde bron nie. In hierdie wêreld maak mense staat op navorsing, filosofieë en redenasies wat gedurig verander, en sporadies weer deur die volgende teorie verkeerd bewys word. Mens weet later nie meer wat om te glo nie. Gelowiges het al deur die eeue die moeilikste omstandighede denkbaar deurleef, met ‘n konstante teenoorgestelde gesindheid.Rusies – stilswye en liefdes dade.Vervolging – seënwense.Onskuldig tereggestel – vergifnis.Diefstal en vandalisme – vrygewigheid.Armoede – mededeelsaamheid.

Ons binne-wêreld bepaal ons buite-wêreld. Tog is ons soos alles mense, vatbaar om op sleeptou geneem word deur vrees, negatiwiteit, skeptisisme, agterdog, en valse vrede. Paulus se reis na Rome, is die mees volledige gedetailleerde skeep-en-reis-joernaal wat bestaan in antieke geskrifte. (Acts 27-28) Die reisplan, hawens, en skeepsvaart praktyk van antieke Rome word in detail omskryf en vertel. Paulus wou al graag Rome besoek, maar was verhinder. (Rom 1:13) Paulus het ‘n duidelike opdrag van die Here om homself te beroep op die Keiser Caesar. (Acts 23:11) Hy word profeties gewaarsku van die komende swaarkry: “Nadat ons reeds ‘n hele paar dae daar was, het daar ‘n profeet met die naam Agabus van Judea af aangekom. Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, sy eie hande en voete daarmee vasgebind en gesê: “So sê die Heilige Gees: Die Jode sal in Jerusalem die eienaar van hierdie gordel net so vasbind en hom aan die heidene uitlewer.” (Acts 21:10-11) Paulus se Apostoliese verklaring en deklerasie van onbeweegbare geloof en oortuiging weerklank deur die eeue vandag nog in ons harte om ons lewe neer te lê ter wille van die evangelie: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle trane? Ter wille van die Naam van die Here Jesus is ek bereid om in Jerusalem nie net gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterwe.” (Acts 21:13) Paulus probeer met die Jode versoen, maar word in hegtenis geneem omdat “Hier is die man wat ons volk, die wet van Moses en die tempel oral aanval. Nou het hy boonop nog Grieke in die tempel ingebring en hierdie heilige plek ontheilig.” (Acts 21:28) Selfs toe Paulus weer sy getuienis wou bring skree hulle: “Weg met hom! So ‘n man behoort nie te bly lewe nie!” (Acts 22:22) Paulus beroep toe op beskerming van die Romeine, omdat hy van geboorte ‘n romein was. So kom Paulus voor die Joodse Raad: (Acts 23:1-10) Die rusie het so hewig geword dat die kommandant bang was dat hulle Paulus uitmekaar sou skeur. (Acts 23:10) Paulus ontsnap met die hulp van die Romeinse kommandant, en word na Feliks toe gestuur. Paulus het met hom gepraat oor ‘n lewe in gehoorsaamheid aan God, oor selfbeheersing en oor die komende oordeel. Dit het Feliks laat bang word, en hy het gesê: “Dit is nou genoeg! Gaan maar terug, en as ek tyd het, sal ek jou weer laat roep.” (Acts 24:25) 2jr later word Feliks deur Porcius Festus opgevolg. Paulus beroep hom op die keiser, omdat hy niks kwaad teen die Jode verrig het nie. So besoek koning Agrippa en Bernice Festus in Sesarea, en Paulus kry ‘n geleentheid om aan hulle die evangelie te verkondig. Koning Aprippa probeer verskonend die appél systap : “Jy dink seker jy kan my sommer gou-gou ‘n Christen maak” (Acts 26:28) So begin Paulus se reis na Rome. Hy word deur Lukas die doktor/skrywer en Aristargos vergesel. Aristagos was ‘n Masedoniër wat alreeds in die opstand in Efese saam met Paulus vir sy geloof gely het, en hom skynbaar dikwels vergesel het op sy reise, maar ook medegevangene geword het, om Paulus by te staan en te dien. (Acts 19:29; 20:4; Col 4:10; Philemon 1:24) Die storie ontrafel soos ‘n epiese Hollywood drama. ‘n skeepsreis wat nie langer as 2 weke moes deur nie, raak ‘n 4-5 maande avontuur ekskursie. Die ongunstige weersomstandighede lei tot ‘n 14 dae grendel tyd op rowwe seewater, sonder die sig van die maan of die sterre om hulle rigting te bepaal, en sonder kos! Dit terwyl Paulus hulle gewaarsku het om nie verder te seil nie. “Manne, ek sien dat ons vaart van nou af gevaarlik sal wees en dat daar nie net groot skade aan die vrag en die skip gaan kom nie, maar ook lewensverlies.” (Acts 27:10)Paulus se lewe en lewensbeskouing was nie gegrondves in die dramatiese gebeure nie: Alhoewel hy dieselfde omstandighede moes ontbeer as die 276 lewens op die skip, het hy anders na die wêreld gekyk! “Verlede nag het daar ‘n engel aan my verskyn van die God aan wie ek behoort en wat ek dien. Die engel het vir my gesê: ‘Moenie bang wees nie, Paulus. Jy moet nog voor die keiser verskyn. En ter wille van jou spaar God in sy goedheid die lewe van almal wat hier saam met jou op die skip is.” (Acts 27:23-24) Die boodskapper van God, was nie ‘n engel nie, dit was Jesus; ander sou hy nie na hom verwys het as die een aan wie ek behoort en wat ek dien nie. Die realiteit van Jesus wat by ons is in ons storms, is die realiteit waaruit ons, ons binnewêreld organiseer. Die stelling “Jou denke bepaal jou realiteit” is nie ‘n filosofiese sentimentele “secret-new-age, positiewe denke versinsel nie! Hierdie boeke en filosowe verkondig dat as jy net hard genoeg ‘n ding dink, sal jy dit kry! Die realiteit van die persoon Jesus Christus anker my gedagtes, emosies, ingesteldheid, hart, fokus, verwagtinge, motiewe en wese in goddelike geloof!! Hierdie is die realiteit waaruit gelowiges leef!! Ons beleef dieselfde omstandighede, maar ons hanteer die lewe gehaal en al anders!! Ware gelowiges loop altyd op water: Ons hele lewe is ‘n geloofsreis!

Sleutels uit Paulus se Skeepsjoernaal:

1) Bly in Jesus, en laat Hom in jou bly. (John 15:4) Hou jou oë gevestig op Jesus die voleinder van jou geloof. (Heb 12:1-2) 2) Omring jou met vriende en vennote wat in dieselfde geloof staan. Lukas en Aristagos se saamwees, het sekerlik ‘n rol gespeel in die helde storie. Aristagos beteken “the best ruler or best ruling” Ons het nodig om ons te omring met goddelike regeerders. 3) Moenie die koers van jou roeping verloor nie. (2 Pet 1:10) Paulus het selfs nie, toe hy profeties vertel word, wat hy alles gaan moet lei, van koers beweeg nie. 4) Verwag die bonatuurlike: Buiten die feit dat elke lewe gered is, het die slang wat Paulus gebyt het hom niks aangedoen nie (Acts 28:3) Het hy Publius se pa was in die bed, siek aan maagkoors gesond gemaak. (Acts 28:8) Na hierdie voorval het ook die ander siekes op die eiland na Paulus toe gekom, en hy het hulle gesond gemaak. (Acts 28:9)