Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Afgodery is ‘n wesenlike struikelblok tot ware aanbidding en belewenis van God.

Wherefore, my dearly beloved, flee from idolatry. 1 Corinthians 10:14

Die belaglike absurde vervanging van die heerlikheid van God vir valse afgode.  Is afgodery, sonde, Redding nog relevant vir ‘n Post-Moderne Samelewing?

#Definition of IDOLATRY: image-worship or divine honour paid to any created object.

#Paul describes the origin of idolatry in Romans 1:21-25 : men forsook God, and sank into ignorance and moral corruption ( 1:28 ).

When we shrink God, imagining that it is His job to serve our tribal aspirations rather than our job to serve Him and to strive for the elevation of His world, that is a form of idolatry. Lee Weissman

“It is nothing less than self-idolatry to conceive that we can carry on even the ordinary matters of the day without His counsel” – Charles Bridges

“Idolatry consists, not only in the worship of false gods, but also in the worship of the true God in false ways.” Alistair Begg

Die gesig van ‘n desperate man of vrou op soek na kos, werk, genesing of bevryding raak mens diep. Die diep soeke na aanvaarding, liefde, erkenning, sin en betekenis maak ons as mens baie broos, en kwesbaar.  Ons het nog nooit so baie redders (saviors) gehad nie. Produkte, programme, diëte, spirituele reistogte, oefeninge, selfs klere, selfone en rekenaars word aan jou verkoop, oor hoe dit jou gaan laat lekker voel! Starbugs verklaar ons verkoop nie koffie nie, ons verkoop die lekker salige gevoel wanneer jy in ons winkels kom en koffie drink. Miljoene gelowe, aanbidding rituele, en geestelike ghoeroes, en selfs die taliban ‘n terroriste groep maak volgelinge omdat jongmense soekend is na meer.

EWIGE STRYD

Daar is al sedert die skepping ‘n stryd tussen afgodery en ware aanbidding. Die eerste sonde van ongehoorsaamheid was inherent die wegdraai van die ware God na ‘n ander god. Paulus het dit verstaan verduidelik dit baie mooi: “die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ’n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.” Rom 1:18-32
Geen mens kan neutraal staan nie, ons is gemaak om te aanbid, om te dien, om na te volg. Jy aanbid of die Ware Skepper God, af afgode.
Selfs die atheis wat selfvoldaan verklaar; “Christenskap is vir mens wat ‘n kruk nodig het” wys op sy self-aanbidding, selfbeskikking, en self-redding. Om ons weerbaarheid, afhanklikheid, kwesbaarheid en broosheid te erken dui nie op ons swakheid nie, maar ons realisme. Selfs in geneeskunde word iemand as nie-behandelbaar beskryf, wat nie toewillig tot die rehabilitasie proses nie.

Die wortel van verslawing is, ondervoeding en die mens se eie pogings om vol te word, op hulle eie manier.

Self-aanbidding is vandag die afgodery van ons tyd. Selfies, self-beheptheid, selfgerigtheid, en selfhelp godsdiens. Self-help is die benaming van die katogorie boeke, dvd’s, en hulpmiddele vir die mens, deesdae in boekwinkels. “Die Here help die mens wat homself help” is die mantra van die hedendaagse kultuur.

This form of idolatry is known as Hedonism – or the worship of self as god (Pro 22:15; Rom 1:21-25). As such it operates by the belief that our highest good, goal, priority and purpose in life is to seek to the glory of oneself – and that through the pursuit of pleasure (or the avoidance of personal pain). Hedonism – or the principle of hedonism, is frequently alluded to in many of the bible’s words/phrases (covetous, folly, flesh, selfish ambition, pleasure, passion, sensuality, lovers of self, lovers of pleasure, appetite, their god is their belly, deceitful desires, glutton, drunkard). Hedonism is a direct attack on the first commandment (Exo 20:3) and (as should be expected) a very serious capital crime (Exo 22:20). Knowing then how to diagnose when a Christian is living for self (pleasure/fun) is key to avoiding/preventing the charge of hedonistic idolatry

Die moderne mens soek hulle heil en verlossing in romantiese verhoudinge, beroep sukses, materiële besittings, aansien, volgelinge op sosiale media, wat meebring dat ons onsself dryf, ons is hard op onsself, ons jaag, ons raak verslaaf, ons is angstig, desperaat, ons kompeteer.

Soos die mensdom die skepping begin aanbid, in plaas van die Skepper, raak ons slawe van die skepping. Ons werk om uit die stof op te kom, om uiteindelik weer in die stof te eindig. Ons lewe vir erkenning en aansien, maar mense se aansien is kortstondig, mense vergeet so gou. Die aanbidding van die tydelike, het ook ‘n tydelike raklewe.

Ons liefde, passie, lojaliteit, aanbidding, diens, en gehoorsaamheid is vir God, ons Skepper alleen bedoel. Alleenlik wanneer Hy ons fokus is, (Heb 12:2), Sy woord ons daaglikse brood (Mat 4:4), gehoorsaamheid aan Sy wil ons voedsel (Joh 4:34) vind ons lewe rus (Rom 14:17) en vergenoegdheid (Phil 4:11)

Ons prioriteite is 1ste, 2de 3rde God, God, God! Nie God, huweliksmaat, dan kinders nie, soos oms eers geleer is nie. Want as ek nie my huweliksmaat deur Christus liefhet nie, gaan ek haar nooit reg en behoorlik liefhê nie. Dieselfde geld vir ons kinders. God is alryd eerste! Bill Johnson

ONS SKEPPINGDOEL IS:

Op grond van die ontdekking van Sy liefde vir ons, is ons lief vir die Here met ons hele hart, ons ganse gemoed, ons hele verstand en al ons krag! (Deut 10:12; 30:6; Mark 12:30; Luk 10:27) Jesus is immers die rede vir ons bestaan want hy het ons eerste liefgehad. (1 Joh 4:19) Sy Liefde genees en herstel ons wese, en werk in ons om saam met alle gelowiges mekaar lief te hê soos Hy ons liefhet. (Lev 19:18; Eph 5:2; 1 Thes 4:9; 1 Pet 1:22; 1 John 2:7) Sy liefde dring ons om te gaan en mense dissipels van God te maak. (Mat 28:19) Die Groot Opdrag van Jesus om te GAAN, en dissipels te maak van al die nasies (Mat 28:19) en gehoorsaam Sy bevel om ons medemens LIEF te hê. (Joh 13: 34-35; Joh 15: 12-14; James 2:8)

BYBELSE VERDUIDELIKING VAN WAT AFGODERY IS:

Gierigheid, begerigheid is soos afgodery – (Eph 5:5)
Hulle maag is hulle God – (Phil 3:19)
onsedelikheid en onbehoorlikheid, maar ook ander verkeerde drange en begeertes. Dan is daar nog die begeerte na rykdom wat nooit genoeg kry nie (Col 3:5)
Want wederstrewigheid is ’n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens (1 Sam 15:23)

DIEP MISLEIDING EN VERSLAWENDE ONTKENNING

Afgodery is moeilik om te definieer en te diagnoseer, omdat mense se harte versluier en donker is. (Rom 1:21) Die hoofrede is, dat openbaarmaking van afgodery, gaan lei tot ‘n dramatiese radikale keuse, en rigting verandering. Die idee om afstand te doen van die afgode is vir die meeste mense ontstellend en ontnugterend, dus vermy hulle die onvermydelike, en stap blindelings na hulle dood.

Die Nederlandse Calviniste het getoon dat die beste manier om kulture te analiseer is die identifisering van hul korporatiewe afgode. Inderdaad, het elke roeping en studieveld sy regerende afgod, soos politieke partye en hulle ideologieë. Terwyl sekulêre samelewings menslike rede en outonomie gode gemaak het, het meer tradisionele samelewings ‘n afgod van die gesin, kinders of rasse suiwerheid gemaak.

Baie mense staan die goddelike bonatuurlike, en geestelike dimensies van die godheid tee. Maar Hollywood is ‘n goeie indikator van wat mense soek, oor fantaseer, vrees, en uiteindelik aanbid: Gruwelike bloed-dorstigheid, wetteloosheid, relativisme, super-helde, en zombies is die nuwe topverkopers! Sonder dat mense weet is die gode wat hulle aanbid, besig om hulle te lei na self-verwoesting, en self-vernietiging. Hoe dieper jy verslaaf raak aan die aanbidding van die gode, hoe meer raak jy soos ‘n zombie, jy kan nie reguit dink nie, neem swak besluite, en bring verwoesting aan self en almal in trefafstand.

Daarteenoor wanneer jy jou hart en ledemate, tyd en geld na die Here rig, ontwaak jy tot ‘n helderheid, begrip en fyn aanvoeling vir die lewe! Vol van die Heilige Gees, beteken dat die Here nie net die objek wil wees van ons aanbidding nie, Hy wil ons uiteindelik vul met Homself. Dis die leemte wat ons hunker om te vul, op die verkeerde maniere. Maar wanneer die Vader, Seun en Heilige Gees jou vul, jou konnekteer, jou inprop tot die lewe, ontstaan jou lewe eers regtig. Jy vind betekenis en rede vir jou bestaan. Jy vind vervulling in die liggaam en medegelowiges. Jy begin te LEWE, in hoofletters.

Godsdiens kan dit nie doen nie, want dit ook ‘n valse God, waarin self, en self-regverdigmaking, weer sentraal staan. Die ware aanbidders, aanbid Hom in Gees en in Waarheid. (Joh 4:24) Niemand, nee Niemand, mag in die plek van God staan nie, nie die predikant of kerk, of religie kan God se plek vul nie! Wanneer ons enige mens, voor God stel, is daardie mens god in ons lewe, en sal dit tot diep teleurstelling lei. Inteendeel godsdiens is meesterlik om vals beelde van God op te rig, om opregte mense te mislei om programme, metodes, leerstellings, te aanbid.

“Soek allereers” (Mat 6:33) Sy geskenk van geregtigheid is ons wegtrekplek, ons fondasie, ons boom van lewe, ons rivier en bron van lewende water, ons sekerheid. Wanneer ons op enige ander manier steun of vertrou om onsself reg te maak, is ons alreeds besig om te buig voor ‘n ander god. Jesus alleen is die deur, toegang, regmaker wat jou lewe! Ons kan nie onsself beter maak nie, ons rig ons oë in afhanklikheid na Hom, en Hy doen dit deur Sy Woord en Gees. (2 Cor 4:18)