Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Ons staan getuies van ’n merkwaardige verandering in RSA: ’n NUWE ERA VAN SAMEWERKENDE REGERING – Regering van Nasionale Eenheid.  

Ons het regoor die land verenig in GEBED en intersessie vir hierdie 2024 verkiesing maar wat nou is die pad vorentoe? Natuurlik moet ons aanhou bid dat die laaste stuiptrekkings van populistiese verdeeldheid nie die delikate eenheid en samewerking ooreenkoms laat verbrokkel nie.  

Terwyl moderne ekonomiese stelsels (kapitalisme en sosialisme) na uiterstes kan neig – kapitalisme wat individuele rykdom en markvryheid beklemtoon, en sosialisme wat kollektiewe eienaarskap en rykdom herverdeling voorstaan; ​​bied die Bybelse benadering ‘n middelpad wat persoonlike verantwoordelikheid integreer met gemeenskaplike mededeelsaamheid en innerlike waarde ontwikkeling

Die dialoog wat gevoer word tans op X (Twitter) is baie interessant: Sommige sien Cyril Ramaphosa se onderhandelinge en samewerkingsooreenkoms met die DA as hoogverraad  van die “Swart bevryding agenda” van die sogenaamde “monopolie van wit-kapitaal”.   Ander is versigtig optimisties oor die samewerking, maar kan nie die duidelike teenstrydige ideologiese verskille van verskillende partye binne die RNE miskyk nie.  

Hoekom hierdie gesprek vir die kerk belangrik is, is die hoeveelheid Christene, pastore en kerk leiers, wat hulle regoor die politieke spektrum bevind en skynbaar almal dieselfde ideaal nastreef: “Ekonomiese Voorspoed vir Almal”.  Die een groepering veg vir inklusiwiteit tot die breë ekonomie dmv ‘n herverdeling proses; en die ander probeer die sukkelende uitasem ekonomie aan die lewe te hou.  

EK GLO DIE KERK HET DIE ANTWOORD – die Bybel bied ‘n middeweg tussen die kapitalistiese en die sosialistiese ekstreme:  die hoof rede hoekom suiwer kapitalisme nie werk nie, is die algemene werker wat fisies die hardste werk kry gewoonlik die laagste betaling, en die base en aandeelhouers word ryk (want die winsmarge is die eintlike baas).  In die sosialistiese benadering kry almal ‘n geringe betaling, want die staat sorg vir alles, terwyl die Volk Leiers die ekstreme welvaart behou.  Beide sisteme forseer sekere mense tot slawerny om hulle self te verryk. 

Mens sal ook kan sê dat ons in hierdie ekonomiese krisis beland het, juis omdat ons nie God se beginsels en wette nagekom het nie. Sien Israel se geskiedenis in die Bybel – wanneer die Koning God se woord handhaaf en daarvolgens leef, is die hele nasie geseënd.

Die realiteit op grondvlak is natuurlik vêr verwyder van mooi idees en filosofiese drome: As jy jou werk verloor is jy ‘n maand of twee weg van “op die straat sit” en ‘n boemelaar word. As jy net soveel geld het… wat maak jy?

“EK KAN NIE VANDAG VIR JOU GELD GEE NIE – MAAR DIT WAT EK HET GEE EK VIR JOU!” – BEGIN ANDERS DINK!

Bybelse Insigte oor Ekonomiese Balans

2 Korintiërs hoofstukke 8 en 9: Lesse oor Vrygewigheid en Ekonomiese Voorspoed

Die Konteks van Korinte in 60 n.C.

Stel jou voor dat jy in Korinte in ongeveer 60 n.C. instap—’n bruisende, dinamiese stad vol handelaars, sakelui en reisigers van alle uithoeke van die Romeinse Ryk. Strategies geleë op die Isthmus van Korinte, was hierdie stad ‘n belangrike kruispunt van handel, wat die Ooste en die Weste verbind en dit ‘n florerende ekonomiese kragstasie gemaak het. Te midde van hierdie voorspoed was Korinte ook ‘n smeltkroes van uiteenlopende kulture en godsdienste, wat ‘n lewendige maar moreel ontspanne omgewing geskep het.

In hierdie stad het die vroeë Christelike gemeenskap voor groot uitdagings te staan gekom. Die skerp ongelykhede tussen die weelderige lewens van die ryk elite en die harde toestande van arbeiders en slawe het die dringende sosiale verdeeldheid beklemtoon. Vir die jong kerk in Korinte het hierdie kompleksiteite diepgaande uitdagings ingehou. Hulle was geroep om hul geloof uit te leef te midde van heersende afgodery, seksuele immoraliteit en diep sosiale verdeeldheid.

Paulus se Beginsels aan die Korintiërs

In sy briewe aan die Korintiërs, veral in 2 Korintiërs 8 en 9, spreek Paulus hierdie kwessies reguit aan en bied tydlose leiding oor hoe om ekonomiese oorlewing te handhaaf en te floreer ondanks maatskaplike druk. Paulus wys op die kerke in Masedonië—Filippi, Thessalonika en Berea—as voorbeelde van vrygewigheid en getrouheid. Hierdie kerke, ten spyte van hul ernstige beproewings en armoede, het merkwaardige vrygewigheid en toewyding aan die ondersteuning van die vroeë Christelike missie getoon.

Kom ons delf in die beginsels wat Paulus in hierdie hoofstukke uitlig en verken hoe hulle ons lewens vandag kan inlig.

1. Vrygewigheid:

Paulus begin in 2 Korintiërs 8 deur die Korintiërs aan te moedig om die voorbeeld van die Masedoniese kerke te oorweeg. Ten spyte van hul eie finansiële probleme, het hierdie kerke ruim gegee, bo hul vermoëns, gedryf deur hul diep geloof en toewyding aan Christus

“En nou wil ons hê dat julle moet weet, broers en susters, van die genade wat God aan die gemeentes van Masedonië gegee het. Te midde van ‘n baie groot beproewing het hulle oorvloedige vreugde en hul uiterste armoede oorvloedig gevloei in ryk vrygewigheid.” 

2 Kor 8:1-2, NIV

Die Bybel moedig vrygewige gee en rentmeesterskap aan, wat persoonlike welvaart balanseer met die verantwoordelikheid om ander te help. Dit weerspieël ‘n kapitalistiese element van persoonlike welvaart versameling, maar getemper deur ‘n sosialistiese etiek van deel en ondersteuning van die behoeftiges. Meer nog, wanneer jy gee, voel jy ryk! Die beginsel is dus: ALMAL MOET GEE.

“Healing Capitalism”

In “Completing Capitalism: Heal Business to Heal the World”, stel Bruno Roche en sy mede-outeur Jay Jakub ‘n model voor wat die doel van besigheid herdefinieer. Hulle stel voor dat besighede nie net op wins moet fokus nie, maar ook op die skep van maatskaplike waarde, die bevordering van volhoubare ontwikkeling, en die verseker van billike behandeling van alle belanghebbendes.

Roche beklemtoon ‘n “multi-kapitaal” benadering waar besighede rekening hou met en sorg vir finansiële, menslike, sosiale en natuurlike kapitaal. Hierdie holistiese siening stem ooreen met Bybelse beginsels deur welvaartskepping te integreer met rentmeesterskap en gemeenskapswelsyn.[1]

Vrygewigheid sonder Dwang:

Paulus beklemtoon dat die Korintiërs se gee nie uit dwang moet wees nie, maar uit ‘n gewillige hart. Hy herinner hulle daaraan dat God ‘n blymoedige gewer liefhet en dat hul bydraes hul opregte liefde en toewyding moet weerspieël.

“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”  

2 Kor 9:7

Elkeen moet doen waarvoor hy of sy geloof het.

ἱλαρός hilarós; fem. hilará, neut. hilarón, adj. from hílaos (n.f., see híleōs [G2436]), propitious. Cheerful, joyous (2 Cor. 9:7; Sept.: Prov. 22:8). Although the Eng. word “hilarious” is derived from hilarós, it does not at all convey its correct meaning. The word denotes a happy, glad or cheerful state of mind and not one overcome with laughter or mirth, or one humorously affected.

Word Meaning

Belasting is ‘n manier hoe die staat rykdom verdeel, en het sy plek. (Matthew 22:15-22). Maar niemand wil ooit geforseer word om te gee nie. ‘n Vrygewige gemeenskap of besigheid wat ruimte skep vir mededeelsaamheid is ‘n groeiende entiteit en organisme.

Peninsula Beverage Pty. motiveer hulle werknemers om een keer ‘n kwartaal ‘n klere offerhande op te neem vir behoeftige kinders. Koos Lombaard wys trots na die gang muur na sy kantoor vol foto’s van werknemers: “Sien daai bestuurder, sy was eers ‘n skoonmaker, kyk vandag is sy ‘n bestuurder” Die beginsel is: gelukkige werkers is harde werkers.

Die Seën van Saai en Oes

Paulus herinner die Korintiërs daaraan dat diegene wat ruimsaai ook ruim sal oes. Hierdie beginsel beklemtoon die wedersydse aard van gee—wat ons gee, kom dikwels op verskillende maniere na ons terug as seëninge.

“Onthou dit: Hy wat spaarsaam saai, sal ook spaarsaam oes, en hy wat met seëninge saai, sal ook met seëninge oes.” 

2 Cor 9:6

Vrygewigheid stimuleer geloof, wat op sy beurt die kragstasie van die ekonomie is. Hoe meer daar gehandel word, hoe meer groei die ekonomie.  Die realiteit vir die meeste salaristrekkers is: ons het net soveel en kom nie uit met ons geld nie. Die finansiële adviseurs sal maan dat daar moet gespaar word, sny uitgawes, beperk skuld, begroot en beplan beter. Dit is natuurlik raadsaam en wys om hierdie stappe te implimenteer, maar

Paulus deel met die geestelike kern van die probleem:

  • Vrygewigheid is ‘n kondisie van die hart
  • Vrygewige mense is gelukkige mense
  • Gelukkige mense kry vinniger werk, en handhaaf gesonde verhoudings.
  • Vrygewige mense is geliefd, en het guns op hulle lewe.
  • Hulle het maatskaplike kapitaal, omdat hulle in die mense om hulle belê.
  • Wanneer hulle hulp nodig het, is mense om hulle se hande en harte oop.

Die Eer aan God

Uiteindelik wys Paulus daarop dat die doel van vrygewigheid is om eer aan God te bring. Wanneer ons ruim gee, weerspieël dit God se liefde en genade in ons lewens en dien dit as ‘n getuienis vir ander.  

“Hierdie diens wat julle verrig, voorsien nie net in die behoeftes van die Here se mense nie, maar vloei oor in baie uitdrukkings van dank aan God. 

2 Kor 9:12

Verskeie NGO’s wat klein begin het om voedsel aan die armes te versprei, is vandag makro besighede in hulle eie reg. Bv. Food Forward

2. Die Waardigheid van Werk:

Want toe ons by julle was, het ons dit aan julle beveel: As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.” (2 Thes 3:10)

As iemand ‘n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ‘n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee. (Eph 4:28)

Die Bybel beklemtoon die belangrikheid van werk en persoonlike verantwoordelikheid. Dit ondersteun die idee dat individue tot die samelewing moet bydra en hul bestaan moet verdien, wat ooreenstem met kapitalistiese waardes van selfstandigheid en produktiwiteit.  

Jy kan nie gee, as jy nie ‘n inkomste verdien het nie.  Vir die gemeentes om te kan gee, moes almal ‘n bydrae gelewer het om te werk. Paulus self was ‘n “tentmaker” (Acts 18:1-3; 1 Corinthians 4:12; 2 Thessalonians 3:7-8). Ons sien verder uit die Didaché, die eerste buite Bybel teks, van die eerste kerk Vaders, dat selfs reisende apostels nie vir langer as twee dae van iemand se gasvryheid gebruik mag maak nie.  Daarna moes hulle of vertrek, of werk om ‘n bydrae te lewer. Dit beteken eenvoudig, daar was nie “parasiete” wat die goedhartigheid van die kerk misbruik het nie.  

Didache 11:5-6: “But if he wishes to settle among you and has a craft, let him work for his bread. But if he has no craft, provide for him according to your understanding, so that no one shall live among you in idleness as a Christian. But if he will not do this, he is trafficking upon Christ. Beware of such men.” 

The Apostolic Didache

Werk is ons aanbidding aan die HERE!! Colossians 3:23-24; Ephesians 6:7; Proverbs 16:3; 1 Corinthians 10:31; Ecclesiastes 9:10.

3. Waarde Skepping en Rentmeesterskap

En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

2 Cor 9:8

Oorvloed is nie net ‘n kwessie van om meer te kan hê nie. Vir die sirkelstroom van oorvloed om aan te hou beweeg soos ‘n waterval, moet daar ‘n uitlaatplek wees – “volop kan bydra vir elke goeie werk” Mens is gemaak om te gee vir iets van waarde. Straatmusiekante maak ‘n bestaan gegrond op hierdie beginsel. Dis hoe iemand opgang maak in ‘n sakeonderneming: jy ontwikkel jouself en word meer waardevol vir die maatskappy, wat dan bereid is om meer vir hierdie waarde te betaal.

Jordan B Peterson het onlangs in ‘n konferensie ‘n toespraak gelewer, “The Sins of Adam and the True Nature of Eve” oor die lewe is ‘n storie, en die Bybelstorie is die kern rigtinggewer van hoe ons ons eie storie moet rig. Die lewe is nie net magbeheptheid of sekuele drange en voortplanting nie. Die lewe is ‘n fokus om opwaards te neig na God toe en waarde toe te voeg tot die mense om ons.

Die kern van die Christelike ekonomiese benadering is die konsep van waarde skepping, hetsy deur goedere, dienste, of persoonlike ontwikkeling. Hierdie idee integreer twee belangrike sleutelbeginsels:

  1. Put uit ‘n Innerlike Hemelse Bron: “as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles.” (2 Cor 6:10) Kinders van die Here is nie arm nie, ons het ‘n innerlike skatkamer van liefde, vrede, vreugde, geloof, goedhartigheid, nederigheid, gehoorsaamheid en selfbeheersing.

Children of God should be the most employable people on the planet”

Jan Oosthuizen

2. Persoonlike Ontwikkeling en Vaardigheidsbou: “Sien jy ‘n man wat vaardig is in sy werk? Hy sal dien voor konings, nie voor geringes nie.” (Prov 22:29) Die ontwikkeling van persoonlike vaardighede en talente hou nooit op nie. Dit stel individue in staat om betekenisvol tot die samelewing by te dra en hulself te ondersteun.

Beweeg “Verby Liefdadigheid”

Die boek “When Helping Hurts: How to Alleviate Poverty Without Hurting the Poor… and Yourself” deur Steve Corbett en Brian Fikkert daag die tradisionele model van liefdadigheid uit. Dit bepleit ‘n benadering wat verder gaan as blote aalmoese en poog om die armes te bemagtig deur ontwikkeling en kapasiteitsbou.

Corbett en Fikkert bepleit inisiatiewe wat die armes help om vaardighede te ontwikkel en waarde te skep, wat langtermyn ekonomiese onafhanklikheid bevorder. Hierdie benadering weerspieël die Bybelse opdrag tot werk en persoonlike verantwoordelikheid, wat waardigheid en volhoubare verbetering in die lewens van die behoeftiges bevorder.[2]

Die grootste probleem in enige ekonomie, is die kwessie van vraag en aanbod, in ‘n sukkelende resessie is daar nie genoeg besteebare inkomste om te kan aankope maak nie.  Dis hoekom Afrika lande so sukkel.  

Waarde kom deur Standaarde

Vir ‘n ekonomie om te floreer, is dit noodsaaklik om hoë standaarde te handhaaf in besigheidspraktyke. Hierdie standaarde dien as die fondament vir volhoubare groei en welvaart. Maar wanneer die onderwysstelsel versuim om individue toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om aan hierdie standaarde te voldoen; en die samelewing ‘n gebrek aan wilskrag toon om hierdie standaarde te bereik en hard daarvoor te werk, lei dit tot ‘n ineenstorting van die stelsel.

Sonder voldoende opleiding en die motivering om waarde toe te voeg deur werk en innovasie, kan ‘n ekonomie nie sy volle potensiaal bereik nie. Hierdie probleem word vererger as daar ‘n gebrek aan gemeenskaplike waardes en etiese besigheidspraktyke is, wat lei tot ‘n verlies aan vertroue en samewerking in die samelewing. 

4.Gemeenskapsbelang:

“En almal wat gelowig geword het, was bymekaar en het alles in gemeen gehad; en hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en uitgedeel aan almal volgens wat elkeen nodig gehad het.” 

Acts 2:44-45

Vroeë Christene het in gemeenskappe gelewe en alles gedeel, wat sosialistiese beginsels van wederkerige hulp en kollektiewe ondersteuning weerspieël. Dit demonstreer die Bybelse waarde van gemeenskap en omgee vir mekaar se behoeftes.

Die hedendaagste wêreldbeskouing van individuele gefokusde modernisme het ons na ‘n pad gelei van trotse selfverwoesting.

Ons moet herhaaldelik leer dat:

  • Ons mekaar nodig het
  • Ons moet saamwerk
  • Ons moet deel
  • Ons mekaar se nabyheid moet koester.
  • Ons voertuie, huise, grond, en geriewe moet deel.

Die Krag van Kollektiewe Optrede

Paulus onderstreep die idee dat die gesamentlike pogings van baie tot beduidende impak kan lei. Hy moedig die Korintiërs aan om volgens hul vermoë te gee, wetende dat selfs klein bydraes gesamentlik ‘n groot verskil kan maak.

“Want as die gewilligheid daar is, is die gawe aanvaarbaar volgens wat iemand het, nie volgens wat hy nie het nie.” 

2 Cor 8:12

Wanneer ons kollektief begin dink, verander alles. Ons koop benodighede saam, en beding ‘n beter prys. Ons deel wat ons in oorvloed het en voorkom bederf en vermorsting.

5. Geregtigheid en Billikheid:

Ewewigtigheid is ‘n kern beginsel in God se koninkryk.

Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig. Daar staan ook geskrywe: “Dié met baie, het nie te veel gehad nie, en dié met ‘n bietjie, nie te min nie.” 

2 Cor 8:13-15

Hierdie vers is ‘n aanhaling van die Here se voorsiening met die Manna.  Dit toon hoe die Here se voorsiening en ekonomiese stelsel niemand uitbuit nie, die armes en afhanklikes nie, maar ook nie rykes nie.  

Sosialisties ekonomiese gelykheid of ‘Equality’ gelykheid deur ‘n staatsbeheerde hervedeling is menslike vlees gedrewe valse namaaksel van die egte ALMAL MOET BYDRAE beginsel.

Die Israeliete het dit toe gaan optel, die een baie en die ander ‘n bietjie, en toe hulle dit met ‘n maatemmer afmeet, het dié met baie nie te veel nie, en dié met ‘n bietjie nie te min gehad nie. Hulle het volgens elkeen se behoefte bymekaargemaak.

Exo 16:18

Die geheim van die Bybelse benadering lê in hierdie beginsel van gelyke sorg vir mekaar, nie gelyke inkomste nie. Wanneer beide die ryk en die arm vir mekaar sorg is daar geestelike gelykheid.

maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.

1 Cor 12:25-26

Waneer sorg net een rigting verkeer is, is daar nie ‘n vloei nie, en is dit ook nie volhoubaar nie. Finansiële arm mense kan vir ryk mense ook ‘n seën wees, deur vir hulle te bid, hulle aan te moedig en te stig en op te bou. Sodoende is daar ewewigtigheid en billikheid, niemand misbruik niemand nie.

Oneerlike Wins

Die manier hoe ons welvaart bekom vir die Here belangrik! Want dit moet alles Hom verheerlik! 

“Wee hom wat sy huis bou deur onregverdige wins, wat sy nes hoog opsit om vry te wees van die hand van ongeluk!”  

Hab 2:9

Die Bybel veroordeel uitbuiting en roep almal op tot geregtigheid in ekonomiese transaksies, wat billike lone en etiese sakepraktyke insluit.

Die Ware Kerk

Wanneer jy hierdie beginsels lees, kom jy gou tot die besef dat:

  • Die Wêreld en goddeloses nie hierdie waardes en beginsels kan regkry nie.
  • Hierdie beginsels werk net onder ware gelowiges wat waarlik hulle geloof uitleef met ander gelowiges in ‘n lokaliteit.
  • Dit is net die Here wat hierdie waardes en beginsels in ons harte vestig. Hy werk die WIL in ons om SY wil te doen.


[1] Completing Capitalism deur Bruno Roche https://completingcapitalism.com/

[2] When Helping Hurts Steve Corbett en Brian Fikkert  (https://whenhelpinghurts.org/)