Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Wanneer dit voel asof God nie reageer nie? In tye van nood en swaarkry, waarin ons nie ‘n keuse of aandeel gehad het nie, voel mens soms AFGESTOMP, kwaad, verontreg en VER van God af. Wat ons VOEL is nie die WAARHEID nie!

Ons is as mens geweldig perseptueel beperk 

Soms voel mens waar is God, hoekom lyk dit asof Hy niks doen nie. Die probleem met hierdie vraagstuk is hoe arrogant die veronderstelling is. Dié wêreld, natuur, klimaat, ekonomie, samelewing is ‘n reeks onbepaalde komplekse sisteme waarvan ons beperkend min weet. Kan jy sien hoe ‘n boom groei? Kan jy die miljoene mikroörganismes onder die grond sien, en verstaan hoe hulle werk? Ons verstaan nie eers hoe ons motor werk nie? Ons eie liggame is ook ʼn reuse raaisel, en die werklike goed-voel oomblikke ver en soms jare uitmekaar gestrek. Dit is dus ‘n baie beperkte persepsie om te dink God doen niks nie. 

Mens kan ook nie jou emosies vertrou nie

Die Skrif sê: die wêreld het deur Hom tot stand gekom (Joh 1:10) Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. (Col 1:17) Mens kan dan teëstribbel dat dit maar net Skrifte is, my fisiese werklikheid lyk soos chaos! Gevoelens en emosies doen juis dit: dit dramatiseer ‘n sekere gebeure om ons of te waarsku van gevolglike pyn, of opgewonde maak oor moontlike plesier.  Ons kan dus nie ons emosies vertrou nie.  Studies het bevind dat alhoewel die mensdom in die algemeen statisties beter vaar in terme van lewensverwagting, hongersnood, kinderslawerny, en lewenskwaliteit, voel mense in die algemeen meer mismoedig.  

Die lewe is nie maklik nie, almal kry swaar

Ander bou dadelik ‘n historiese narratief, en beskryf die een probleem en uitdaging na die ander. Die doodluiterse vraag is dan weer: Is die Here dan teen my of iets? Weereens is dit ‘n kwessie van perspektief. Jy kan letterlik enigiemand op straat voorkeer en vra vir ‘n koffie afspraak. Na ‘n tyd sal jy in elke afspraak ‘n storie van siekte, verdriet, verlies, verraad, pyn en ellende hoor. Natuurlik verskil die intensiteit van die lyding van persoon tot persoon, maar nogtans beleef selfs die mees bevoorregte mense inperking van een of ander aard. Hoekom pleeg ook ryk en gesiene mense selfmoord.  Die lewe is vol daaglikse uitdagings op elke vlak: elke dag genoeg water drink, oefen, dieet, verhoudinge gesond en positief in stand hou, kinders groot maak, inkomstes verdien, jouself verbeter, geestelik groei, en goed doen aan ander is ‘n voltydse werk van baie balle in die lug hou. 

God is ewig en alwys – soewerein

Ateïste vol ons as gelowiges aan met, hoekom laat ‘n almagtige goeie God soveel pyn en lyding toe? God is egter nie net almagtig en goed nie, Hy is ook ewig en alwys.  Die feit dat God ewig is en nie in tyd vasgevang kan word nie, hy is gister, vandag en toekoms alles terselfde tyd, verander alles! Hy is ook alwys! Hy weet regtig wat vir ons die beste is.  ‘n kind wat gaan om hulle inspuitings te kry, verstaan ook nie hoekom hulle nou so seergemaak moet word nie. Die ouer kan dit ook nie op daardie tydstip aan die kind verduidelik, sodat die kind dit kan verstaan nie.  

Jesus ly saam met ons 

Verder is dit God se karakter om tussen en deel van ons lyding te wees. Dit is immer hoekom Jesus die gedaante van ‘n dienskneg aangeneem het. Jesus het lyding, verwerping, tekort, harde werk, en armoede geken.  Sy lydingsuur voor die kruisiging was intens! Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Mat 26:37 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom. Joh 12:27 “Die ontsteltenis het nou vir My te veel geword. (Mk 14:34) Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val. (Luk 22:44) 

Stilte is ‘n toetstyd 

Diagram

Description automatically generatedDie Boek rigters vertel die verhaal van die Jode na Josua, tot net voor die aanstelling van die eerste koning.  Daar was altesaam 12 Rigters, 6 groot vername rigters, en 6 kleiner minder bekende rigters.  Die volk se geskiedenis neem die selfde verloop: Israel verval in afgodery, God straf die volk deurdat ander volke primêr die Medianiete, Amalekiete, en Filistyne oor hulle heers, hulle roep uit vir verlossing en bevryding, die Here stuur ‘n rigter wat hulle in ‘n bonatuurlike oorwinning uitlei, en dan ‘n tydperk stilte, voordat die siklus weer herhaal word soos die volk weer in sonde verval. Die les wat ons uit hierdie boek leer, is om ten spyte van God se stiltes, koers te hou en die Here te dien ten spyte wat ons daaruit kry.  Josef moes 13 jaar wag, Abraham 25jr, Moses 40jr, Jesus 30jr voor hulle die beloftes van die Here in vervulling gesien het.  

Ons het al almal by tye gevoel dat omstandighede nou net té erg raak.  

Moses was bekend met teleurstelling: 

Hy lewe in die geheim as Joodse seun in die Egiptiese koninklike hof vir 40jr, met die verwagting dat God hom mag gebruik om sy volk te verlos. Die oomblik toe hy optree, lei dit dat hy sy posisie en werk verloor, en deur sy eie mense verwerp word.  Hy word ‘n vlugteling in die woestyn en ‘n skaapwagter. Acts 7:23-25. 

In sy swerwelinge in die woestyn as skaapwagter, verskyn God aan hom in ‘n braambos. Exo 3:7-12 In tye van isolasie, openbaar God Homself direk aan ons. Soos met Elia, wat ook worstel met sy teleurstelling en in ‘n grot die Here se aangesig soek. Hy het vuur uit die hemel geroep, maar verwag dat dit sal lei tot Koning Agab en Zezebel se inkeer. 

Duidelik kan ons sien dat Moses is ‘n verslane, onsekere man. Exo 3-4 Hy het geen selfvertroue of geloof oor nie.  “Here stuur asb iemand anders” Exo 4:10-13. 

Die keer toe Moses na die mense toe gaan, word hy deur die mense aanvaar en verwelkom. Maar nadat hy na die Farao gaan, versleg die mense se lot. Dis moses se skuld. Exo 5:20-21

Die mense draai teen Moses.  

Moses bekla eerlik sy lot voor die Here. As die mense nie na my luister nie, hoe sal die Farao luister.  Exo 6:1,12 

Die Here doen kosmiese wonderwerke en tekens, die 10 plae, die rooisee, Mara se bitter water word soet.  ‘n vuurkolom in die nag, wolk kolom is die dag. Manna! Bonatuurlike voorsiening. Niemand kan tog nou meer twyfel in God se bestaan en liefde nie? Die mense kla nou oor vleis, hulle kan nie net van manna leef nie! Weereens bekla Moses sy lot by die Here. Num 11:10-15 

Die mense se onvolwassenheid maak Moses moeg, die Here gee vir hom ‘n praktiese oplossing om manne te kies om te help die gewig dra.  Num 11:16-17 

Uiteindelik is Moses se grootste teleurstelling toe in sy oomblik van frustrasie met die mense, hy die Here ongehoorsaam en die klip slaan.  Die Here weier hom om die beloofte land in te gaan. Die Here weier ook dat hy weer die saak aanroer. Deut 3:26 

Kan jy jou hierdie teleurstelling voorstel? Hy wat sy lewe toegewy het aan die droom van ‘n beloofte land, kan self nie daar ingaan nie. Hy word opgeneem na ‘n hemelse beloofte land.

WAT NOU GEMAAK? 

Die vyand het een uitsluitlike doel, en dit is om ons te kry om niks te doen nie!! Wanneer ons nie ons skeppingsdoel vervul nie, wen boosheid. “Another one bites the dust!” Saul word gesalf as koning terwyl hy sy pa se donkies soek. (1 Sam 9) Gideon was besig om koring te dors op die dorsvloer, toe die engel hom besoek. (Judg 6:11) Stefanus bedien die tafels kos vir die wees en weduwee. (Acts 6:5, 8) Paulus skryf die NT in gevangenisskap. Jesus daag as gas by ‘n bruilof op. (Joh 2) Dit is in die allerdaagse, wees getrou in die geringe, waar God ons ontmoet.  Ons kan nie bekostig om niks te doen nie!!