Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Sekerlik die belangrikste vraag wat mens God kan vra. Op sy knieë voor die aangesig van die Here roep fariseër Saulus die vervolger van die Jesus beweging: “Here, wat wil U hê moet ek doen?” (Acts 9:6) Voorheen terwyl jy gevangene van sonde was, vervreemd van jou maker, het reg-doen en reg-lewe jou nie veel gepla nie. Nou as kind van God, is jy nooit heeltemal seker of jy genoeg reg-doen en reg-lewe nie. Met elke preek hoor jy van nog ‘n stukkie heilige verwagting en nog wonderlike ideale buite jou bereik.  Jy wil graag al hierdie regte goed doen, maar kry dit nie heeltemal reg nie.  

Glo in Christus Jesus en leef in Sy geregtigheid

So wat verwag God regtig van ons: Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het. (John 6:29-30) Dit is die somtotaal van wat God van ons verwag! Geen geestelike doenlysies nie. Glo in Christus! Jesus gaan voort om in hoofstuk 6 verder te verduidelik presies wat “hierdie geloof in die Een wat Hy gestuur het beteken”.  Soos wat die Jode moes trek op ‘n woord wat die Here vir Moses gegee het, en sekerlik gewonder het: Gaan hierdie God ons red? Gaan Hy ons lewens beter maak? Waar is die beloofde land? En toe as gevolg van hulle eie ongehoorsaamheid alleen in ‘n woestyn, sonder kos en water. God voorsien bonatuurlik Manna en Water uit ‘rots’ wat hulle volg. Jesus is hierdie water en brood uit die hemel. So wat beteken dit vir jou en my? 

Jesus is God se bonatuurlike voorsiening om heilig en reg te kan lewe. Hy stel ons in staat om al die reg-doen, reg-lewe, spontaan en natuurlik te kan doen. “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood van die lewe” (Joh 6:47-48) Jesus gee ons Sy vlees, Sy Goddelike vermoë en natuur (2 Pet 1:3-4), Sy geregtigheid (Mat 6:33; Rom 5:17; 2 Cor 5:21), Sy krag (Eph 4:13) , Sy oorwinning (Rom 8:37), Sy geloof (Gal 2:20). Ons moet leer om DEUR hom te lewe. Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. (Joh 6:63) Toe die woord vir baie van die dissipels te moeilik was om te verstaan, sommige het selfs aanstoot geneem, en baie Hom verlaat het vra Jesus Sy dissipels. “Wil julle nie ook weggaan nie?” Petrus antwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.” (Joh 6:68) Die Woord van die Here is soos saad, wat elke keer as ons dit hoor en aanneem, bonatuurlik die godsvrug in ons ontketen. 

Hierdie WAARHEID is sentraal en wesenlik tot ons geestelike bestaan: Die Here wil groter dinge deur ons doen, as wat Hy gedoen het. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. (Joh 14:12) Dit is ook hoekom Hy dikwels die dissipels aanpor: Gee julle vir hulle iets om te eet. (Mat 14:16) Hy stuur hulle uit om ook die koninkryk te gaan verkondig en demonstreer. (Mat 10) Maar hierdie demonstrasie is nie uit die vlees nie, dit is Jesus se opstandingskrag in ons, wat die bonatuurlike verrig. (Joh 12:24-25)

Van genesis tot openbaring sien ons hierdie 2 wêrelde: Die een bewerk deur die krag van die mens, en die ander deur die Gees. (Gal 4:23-31) Die Jesus beweging is kenmerkend swak in die oë van die mens: LEES 1 Cor 1 en 2. 

IN afhanklikheid van God, neem ons elke dag ons kruis van gehoorsaamheid op, om te doen wat Hy ons sê, want alleenlik in Sy Woorde is daar krag en lewe.  

Dra Vrugte van Geregtigheid 

Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. (Mat 3:10) 

Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte. ’n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. (Mat 7:16-20) 

Aan die hand van Jesus se metafoor is dit duidelik dat God goeie vrugte van ons verwag, maar eers moet Hy die boom verander, transformeer, nuut-maak! Die vrug-dra proses is dus nie werke nie, maar bloot natuurlike vrugte wat by die boom se aard pas. Daarom word die 9 goddelike karaktertrekke wat by bekering pas “vrug” genoem. (Gal 5:21-22) Hierdie lys word juis teenoor die werke van die vlees gestel. 

Mat 25:1-13 die 5 dwase maagde

Mat 25:14-30 die talente 

Mat 25:31-46 die skeiding tussen die skape en die bokke

Hierdie 3 gedeeltes moet saam hanteer word en verstaan word, want die een verklaar die ander, en sluit aan by die ander. Al die drie gedeeltes eindig in finale oordeel. Mat 25:11-13; Mat 25:30; Mat 25:46 

Alhoewel daar al baie afleidings gemaak is deur kapstok predikers oor waarna die olie in die lampe verwys, gee die skrif geen duidelike inligting nie. Die fokus eerder vd gedeelte is; op die term dwaas. Om te dink dat jou lamp gaan brand sonder olie! Dis gekkigheid! Iemand het regtig nie gedink nie! Die volgende gedeelte oor die talente, gee vir ons meer lig oor wat gereedheid wel beteken. Die fokus in hierdie storie is, woeker, werk, vermenigvuldig, dit wat jy ontvang het. ’n gesonde boom dra vrug! 

Die laaste gedeelte oor die skape en bokke, praat die Here direk, en verwyder enige raaisels, die vrug wat Hy soek, is ’n regverdige lewe, wat mense besoek in die tronk, klere en kos gee aan die wat nie het nie. Dink aan die gelykenis vd barmhartige samaritaan.   

Die Here is ernstig wanneer dit by vrug kom. Hy vervloek die vyeboom wat nie vrug dra nie. (Mark 11:13-4; 20-23)

We often equate faithfulness with being steadfast, consistence, being dependable, reliable, dependable, loyal, true, trustworthy, devoted, truthful. Jesus equates faithfulness with something else – multiplication. Whatever God gives to us, He expects us to multiply and present it back to Him.

John Bevere 

Ons vergelyk dikwels getrouheid met standvastigheid, konsekwentheid, betroubaarheid, lojaliteit, toegewydheid en eerlikheid Jesus vergelyk getrouheid met iets anders – vermenigvuldiging. Wat God ook aan ons gee, word verwag dat ons dit sal vermenigvuldig en aan Hom terugbring.

Joh 15:1-10 Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 

Sien die slegte slaaf se verskonings:

“Omdat ek bang was” v25

Jy is ’n slegte en ’n lui slaaf! (Mt 25:26). 

En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis  (Mt 25:30).  

Daar is ‘n duidelike OORDEEL teenoor die wat die vrug dra nie! Mense wat nuut gemaak is in Christus, wil goeie vrug dra! Dit is in ons DNS ingeskryf.  Die vrug van ons lewe is JESUS. Omdat ons nie leef uit ons eie krag of vermoëns nie, maar juis ons swakheid gereeld bely en erken, word Hy die meeste in ons verheerlik!! Die vrug wat ons dra is Christus se geregtigheid wat Hy ons werk, tot Sy eer.!