Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Offergawes

Deur jou offergawes betaal ons die uitgawes van geboue, huur, brandstof, telefoon, internet, alle gebruiksartikels vir diens.  Offergawes is waar mense voel om vir ‘n spesiale behoefte of nood te gee, soos wat dit duidelik word. Bou projekte en instandhouding, klanktoerusting, rekenaars, uitsaai en opneem toerusting, digitale tegnologie, sagteware, internet toegang.

 

APOSTOLIESE FONDS

Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê. En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het. (Act 4:34)

 

In ons droom om ‘n gemeente te wees soos die vroeë kerk in Handelinge – het ons die volgende stelsel in ons gemeente geïmplementeer: Vir elke gemeentelid se beskerming het die Here uit Sy woord vir ons ʼn manier van gee geleer. Geen individue gee direk aan mense geld of items nie. Dit word aan die leierskap (apostels Handelinge 4:32-35) oorhandig wat dit dan aan begunstigde oorhandig. Sodoende is daar beskerming vir al die partye, soos in die Handeling gemeente. Somtyds wil mense graag gee waar daar nood is, maar hulle weet nie waar en wie nie. As leiers is ons meestal op hoogte van wie watter spesifieke nood het. Gelde wat vir die apostoliese fonds gemerk word, word uitsluitlik vir die doel gebruik – Eerstens die nood van gemeentelede,  dan nood in die gemeenskap. Merk jou betaling asseblief “Apostoliese fonds” en laat ons weet na wie die betaling moet gaan. (Hierdie is ‘n direkte distribusie, geen fooie word gehef nie)

 

Hieraan sal die wêreld weet dat ons Sy dissipels is, ons liefde. Dankie vir julle liefde, ook in die gee van julle geld en besittings aan mekaar. Mag my God ook ryklik in julle behoeftes voorsien.