Sending: God is ʼn God van beweging, van sending. Of, soos Dr. Pelser gereeld sê: “Twee-derdes van die woord God is ‘GO’.” Almal is hier in opdrag. Almal is op ʼn missie. Almal is ʼn sendeling. Elke Christen het ʼn mandaat om te vervul. Die eerste woord van die “Groot Kommissie” is “Gaan”. Die Bybel gee ons net minder as 200 keer die opdrag: “Gaan!” Nie een maal sê die Bybel vir ons “kruip weg” nie. En dit sê net 13 keer dat ons moet “bly”. Die “bly”-opdrag beteken dat ons naby Jesus moet bly. En ons moet net “bly” terwyl ons op instruksies van Jesus wag sodat ons die beste kan “gaan”. Die apostoliese bediening fokus jou op jou sending. Wat is jou roeping? Hoe dra jy by tot die vestiging van God se koninkryk hier op aarde?

“The only true voyage of discovery, the only fountain of Eternal Youth, would be not to visit strange lands but to possess other eyes.” — Marcel Proust.
“the greatest journey to undertake is the journey into another man’s heart” – Michael Wood