Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

SKRIFBEGINSELS OOR HOE EK WERKNEMERS MOET HANTEER

Die ingang van die woord gee lig. Deur die woord verkry ons insig oor allerhande daaglikse take. Ook oor hierdie moeilike tema het die skrif vir ons riglyne oor hoe ons ons werkmense moet hanteer.
Die skrif het baie te sê oor lone en oor hoe dit betaal moet word.
Hulle loon het uitgeroep na die hemele. (Jam 5:4)
Oordeel van God as ons hulle misbruik. (Mal 3:5)
Moet op tyd betaal, nie wag nie. (Deut 24:15)
Moenie loon kort-kort verander nie. (Gen 31:7)
Gee wat goed en reg is. (Col 4:1)
In terme van hoe ons hulle moet hanteer.
Moenie hulle saak gering ag nie. (Job 31:13)
Wie gaan veg in ’n oorlog op sy eie onkoste? (1 Cor 9:7)
Arbeider is sy loon werd.
Moet hulle nie dreig nie. (Eph 6:9)
Soek vrede met all mense. (Heb 12:14)
Wat is my verantwoordelikheid?
Kies vandag wie julle wil dien, maar ek en my huis… (Jos 24:15)
Moenie van jou buurman se dienste gebruik maak sonder vergoeding nie. (Jer 22:13)
Maak die huis skoon van afgode. (Gen 35:2)
Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring.(Col 1:28)
Julle moet almal eer. (1 Pet 2:17)

SKRIFBEGINSELS VIR WERKNEMERS

Daar is basies twee primêre rolle in die Bybel in terme van die werksplek, die van eienaar en van dienskneg. In Christus word hierdie onderskeid verwyder voor God. (Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.(Gal 3:28)

’n Leerling is nie bo die meester nie en ’n dienskneg ook nie bo sy heer nie. (Mat 10:24) Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. (Joh 13:16)

Tog verklaar Paulus; Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is. Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van. Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ’n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ’n slaaf van Christus. (1 Cor 7:19-22)

Jesus bied aan ons die voorbeeld as dienskneg – (Joh 13:4-17) Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; (Phil 2:5-7)

Ons gesindheid as werknemers is duidelik: Slawe, wees gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde, en doen dit met eerbied en ontsag maar terselfdertyd met ’n opregte hart, asof dit vir Christus is. Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie. Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het, of hy nou slaaf is of vry. (Eph 6:5-8)

Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met ’n opregte hart uit eerbied vir die Here. (Col 3:22)

Soveel te meer as jou eienaar ’n gelowige is. Slawe wat gelowige eienaars het, moet aan hulle nie minder eerbied betoon omdat hulle saam broers is nie. Hulle moet hulle eerder beter dien omdat dié wat uit hulle werk voordeel trek, met hulle een is in geloof en liefde. (1 Tim 6:2)
Uiteindelik word ons almal geroep om mekaar se diensknegte te wees. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien. (1 Pet 4:10)

Luiheid word as dwaasheid veroordeel. Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.(Pro 6:6) Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan?(Pro 6:9) Die luiaard se honger word nie gestil nie; hardwerkende mense het meer as genoeg om te eet.(Pro 13:4) ’n Luiaard steek sy hand in die skottel, maar bring dit nie terug na sy mond toe nie.(Pro 19:24) ’n Luiaard ploeg nie in die saaityd nie en soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.(Pro 20:4) ’n Lui mens soek sy dood, want hy wil nie sy hande uit sy moue steek nie;(Pro 21:25) Die lui mens sê: “Daar is ’n leeu daarbuite! Ek kan doodgemaak word as ek dit buite waag!”(Pro 22:13) Ek het by ’n lui mens se land verbygestap, by ’n onverstandige mens se wingerd: (Pro 24:30)