Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

REG SIEN = WARE EERBIED

In ons reis die laaste paar weke, is ons besig om stukkie-vir-stukkie beter te sien. Die Here is besig om ons sig te genees, soos wat Hy ons harte reinig van enige ongeregtigheid.  Een van die klinkklare bewyse van mense wat begin reg sien, is eerbied! Wanneer jy God, jouself, jou naaste, begin reg sien kom eerbied, agting en respek outomaties. Jy begin dus werklik sien! Elke keer wanneer mense God regtig gesien het: het eerbied spontaan gevolg. Mense eer nie die Here of mekaar nie, omdat hulle blind is!  Mense het nie ‘n vrees vir die Here nie, omdat hulle Hom nie sien nie. 

Eerbied is besig om al hoe meer ‘n vreemde konsep in ons samelewing te word.  Mense glo hulle het ‘n reg tot hulle eie opinie, en gee nie om dit met enigiemand te deel nie. Die bybel en gees van Christus roep ons op tot ‘n lewe van eerbiedigheid. Be devoted to tenderly loving your fellow believers as members of one family. Try to outdo yourselves in respect and honor of one another. (The Passion Translation) wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; (AOV) (Rom 12:10) 

Die Godheid bestaan in eerbied vir mekaar: Die Seun bestaan om die Vader te eer en openbaar (Joh 4:34) Die Heilige Gees bestaan om die Seun te eer, (John 16:14) en ons bestaan om die Seun te eer (John 5:23) Hier is ‘n wederkerige wisselwerking, wat ons nie moet miskyk nie. Wanneer eerbied net in een rigting werk, veroorsaak dit ‘n wanbalans en kortsluiting. Eerbied is soos ‘n elektriese stroom, almal in die verhouding moet aanhou om mekaar te eer. Wanneer daar byvoorbeeld regtelik verwag word dat gemeente lede hulle leiers moet eer (Heb 13:17), dan moet leiers ook leer om hulle onderdane te eer. (Mat 20:25-28) Die vrees van die Here is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf. (Prov 15:33) 

Eerbied vir jou vyande

Die wêreld is geneig om eer te bewys eers as jou dade en prestasies sigbaar en rugbaar geword het. Die Bybel vra egter ‘n baie meer dieper sien: eer jou vyande! 

Dawid eer Saul: Mag die Here my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die Here, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van die Here.

En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie.  (1 Samuel 24:1-23)

Daniel eer Nebukadneser: My heer, mag die droom u haters en sy uitlegging u teëstanders oorkom. (Dan 4:19)

Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is (Mat 5:44-45) 

Eerbied, agting en respek 

Wat is eerbied nou prakties? Is dit ‘n stemtoon? ‘n sekere buigende houding? Verseker is daar vele namaaksels van ware eerbied.  Ek glo eerbied is ‘n stemtoon, en ‘n buiging van respek, maar dit is nog baie meer: Dit is om die persoon wat jy eer; te alle tye te ken in wat jy doen.  Jesus se eerbied, agting en respek vir die Vader, beteken Hy doen niks as hy nie eers dit met die vader nagegaan het nie. (Mat 26:39; Joh 5:19-20, 30; Joh 6:38; Joh 8:28; Joh 12:49; Joh 14:10, 24, 31; Joh 16:13.) Ek het op hierdie gebied al gruwelike foute begaan, omdat ek so haastig van geaardheid is. Jy kan nie besluite neem, as jy nie eers almal daarin geken het nie. Ek het my vrou al menige kere baie seer verwond, en haar laat voel dat haar opinie, inset en deelname nie vir my belangrik is nie.  Hoekom is ons dan ‘n span, as ek haar nie inlig nie. Ons hoef nie mekaar altyd toestemming te vra nie, maar ons moet mekaar inlig, dit bespreek, en dan saam ‘n betrokke taak gaan uitvoer. Dis hier waar bestuur, hulle werksmag verloor. Dis hier waar kinders, begin om van hulle ouers in rebellie weg te beweeg. Die opinie van hulle maats tel meer, as wat hulle ouers sê. Rehabeam luister eerder na sy vriende, as die ouer wyshere, en verloor 9/10 van sy koninkryk. (1 Kings 12:1-19) 

So het Moses, Josef, Daniel, Nehemia, Esther onder bose regerings, nog steeds eer getoon aan hierdie bose heersers. Dis parodoksaal, maar ek sien geen nut daarin om teen die regering te praat nie. Jesus het homself nooit teen die regering uitgespreek nie, alhoewel hy uiteindelik deur die Roomse regering te dood veroordeel en gekruisig is. So het nie een van die dissipels of eerste volgelinge van Jesus, teen die regering of selfs valse gode gepraat nie. (Acts 19) Ons dien wie ook al die regering van die dag is. Jesus het Homself wel uitgespreek teen godsdienstige leuens, valsheid en dwaallering. 

Eer en respekteer die funksie/posisie

Wie ’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal die loon van ’n profeet ontvang; en wie ’n regverdige ontvang omdat hy ’n regverdige is, sal die loon van ’n regverdige ontvang. (Mat 10:41) Wat jy in ‘n persoon eer/sien is wat jy van daardie persoon sal kan ontvang. “Names and titles are important. Mother, father, son, daughter, apostle, prophet, Christian, human being – such names define the role and identity of a person, and, when used correctly, establish the relationship defined by God in which specific rewards are given and received to strengthen us. A culture of honor is created when a community learns how to discern and receive people in their God-given identity.”[1] Ons gebruik nie titels soos byvoegsels in name nie. Titels is ‘n vorm van respekvolle sien. Ek sien die volgende gawe in jou, daarom kan ek jou hulp in daardie amp vra.  Daar is vir my niks mooier as kinders wat nog steeds, al is hulle al ouer en het hulle al hulle eie kinders, na hulle eie ouers as “mamma en pappa’ verwys nie.  Eerbied is mooi! Dit is om toe te laat dat God se lig op iemand val! Deur na iemand se geestelike amp te verwys, toon jy dat jy dit raaksien. So maak Paulus aanspraak op sy apostelskap ten opsigte van ‘n sekere groepering wat dit in hom erken. As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.  (1 Cor 9:2) Ons moet oppas om nie te familiêr te word met mekaar nie, en sommer byname, of spotname teenoor mekaar te gebruik nie. Ons het dikwels so ‘n vrees vir ‘n grootsheidswaan, dat ons sommer mense afbreek, voor hulle grootkop kry.  Wanneer jy dit doen, misken jy die rykdom wat in daardie persoon opgesluit is vir jou.  Ons kan selfs van ons kinders begin rykdom trek, deur hulle te eer, te prys, en te erken voor ander. 

In die goddelike ekosisteem van familie, staan niemand alleen nie. Ons is verweef in ‘n tapisserie van lewens wat ons vooruitgaan, en wat agter ons aankom. Elke besluit en aksie raak iemand. Wanneer ons oë oopgaan vir hierdie werklikheid begin ons leef met eerbied vir die oueres wat ons voorafgegaan het en die leiers wat oor ons aangestel is. Ons word bewus van elkeen se aandeel, en hoe alles in die lewe met mekaar verbind is. Ons het mekaar nodig. Omdat ons oë oopgemaak is, sien ons die netwerk van lewe, die hiërargieë, die verbintenisse, die orde, die opoffering van elkeen se gehoorsaamheid – dis HEILIG!


[1] Danny Silk – Culture of honor.