Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die Hoofpriester kry Skoon Klere

https://soundcloud.com/janoosthuizen/roep-genade-genade-teenoor-jou-berg

Die Here het my ’n visioen laat sien van die hoofpriester Josua wat voor die Here se engel staan. Satan het aan Josua se regterkant gestaan want hy wou beskuldigings teen hom inbring. Die Here sê toe vir Satan: 

“Ek veroordeel jou, Satan! Dit is Ek, die Here, wat self vir Jerusalem uitgekies het, en Ek veroordeel jou! Hierdie Josua het ek gered soos ’n stuk hout wat uit die vuur gegryp is.” (Open 12:10-12)

Josua het voor die engel gestaan met vuil klere aan. 4Die engel sê toe vir die ander wat voor hom staan: 

“Vat daardie vuil klere van hom weg,” en vir Josua sê hy: “Ek het jou sonde weggeneem en nou gee ek jou pragtige feesklere om aan te trek.”

Ek sê toe: 

“Bind ’n skoon tulband om sy kop.” 

Hulle sit toe vir hom ’n skoon tulband op en trek vir hom die nuwe klere aan terwyl die Here se engel staan en kyk. Die engel gee toe vir Josua hierdie plegtige versekering van die almagtige Here: 

As jy lewe soos Ek beveel het en my

opdragte uitvoer, sal jy:

  • seggenskap hê oor my tempel en al die geboue wat daarby hoort, en
  • Ek sal jou toelaat om saam met hierdie engele in my teenwoordigheid te kom. (Heb 4:14-16; 10:19)

Josua, luister nou hier, jy en die ander priesters wat by jou is. Dat julle behoue uit die ballingskap teruggekom het, is reeds ’n bewys van die wonderwerke wat Ek gaan doen. Ek sal my dienskneg stuur wat genoem word Die Spruit. (Sag 6:12-13) Hy is die wettige erfgenaam van Dawid. Kyk hierdie klip wat ek voor Josua neersit, het sewe kante soos ’n geslypte juweel. Ek, die almagtige Here, sal self woorde daarop graveer en Ek sal hierdie volk se sonde in een dag wegneem. Wanneer dit gebeur, sal julle rustig kan woon en elkeen sal sy buurman kan uitnooi om by hom te kom sit in die skaduwee van sy vyebome en sy wingerdstokke.”

’n Goue kandelaar en twee olyfbome

EN die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ’n man wat uit die slaap opgewek word. En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ’n kandelaar(Open 2 -3) heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is. Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.

Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer? En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.

Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot ’n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: 

Genade, genade oor hom!

En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Die hande van Serubbábel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het.

Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe—die  van die HERE wat die ganse aarde deurloop—met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan? En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom?

Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan.