Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Strome van Genesing – Vloei

Hoe om dit te kry, en daarin te bly. Genade, genesing, salwing, liefde, eenheid, voorsiening, is ‘n vloei. Hoe om dit te kry, en daarin te bly. Alles in die lewe is ‘n vloei van energie. Die bloed in jou are, die suurstof toevoer in jou longe, die klankgolwe wat ons hoor, die voertuie wat na die middestad in en uit beweeg, die omgang van transaksies wat die ekonomie lewend hou. Vloei spreek van voorsiening en orde: Lug vir ons longe, minerale vir ons spiere en organe, stimulasie vir ons brein, voedsel vir ons siel. ‘n Goeie bestuurder probeer in die momentum van die verkeer bly, om sodoende brandstof te spaar, maar ook om nie die insittendes naar te maak met te vinnige stop/wegtrek bewegings nie. ‘n Fikse persoon se toevloei van suurstof is beter as iemand wat nooit oefening doen nie. ‘n Goeie toespraak vloei gemaklik van insiggewende feite na 1 punt, ‘n appèl om iets te doen. ‘n Gesonde besigheid beheer die vloei van tyd, produktiwiteit, en kostes tot ‘n winsgewende roetine. In die positiewe sielkunde is ‘n vloeitoestand, ook bekend as die sone, die geestestoestand waarin ‘n persoon wat ‘n aktiwiteit doen, ten volle gedompel is in ‘n gevoel van energieke fokus, volle betrokkenheid en genot tydens die aktiwiteit. In wese word vloei gekenmerk deur die volledige opname in wat ‘n mens doen, en ‘n gevolglike transformasie in ‘n mens se gevoel van tyd.[1] Daar is egter ook mense wat ingeprop is in ‘n vloei van selfsugtige ambisie, korrupsie, self-vergelding, onvergifnis, jaloesie, selfsug, eie-waan wat tsunami’s van geweld en gebrokenheid veroorsaak. (Joh 10:10)

God is die oorsprong van alle gesonde vervullende vloei!

Toe God die mens geskape het, het God vir hom voorsiening gemaak. Die hele skepping is ‘n netwerk en biosfeer van voorsiening. Die sogenaamde “circle of life”. So was daar grond om te bewerk. (Gen 2:17) Die Here het ‘n rivier gegee, wat vier vertakkings gehad het. “where there is gold. And the gold of that land is good” (Gen 2:11b-12a) Daar is genoeg voorsiening vir die mens gemaak op die aarde, met geen tekorte nie, maar dan moet ons volgens God se voorskrifte die grond bewerk, die vrugbaarheid deel, ingedagte dat ons rentmeesters is, moet ons die grond oppas. Dit laat rus, sodat dit optimaal kan bly voorsien aan ons behoeftes. (Sien herlewingslandbou) Sakeleiers moet reg met werknemers en kliënte werk om vloei van inkomste te verseker. ‘n gesonde geloofsgemeenskap is ‘n vloei van voorsiening deur diepgaande verhoudinge en wederkerige deelname.
“The world has enough for everyone’s need, but not enough for everyone’s greed. ― Mahatma Gandhi

God se teenwoordigheid word verduidelik aan die hand van ‘n rivier metafoor.

(Ezek. 47:1–12) God se voorsiening aan ons is nie beperk nie, en word nooit bevraagteken nie. Om God se voorsiening te bevraagteken is so absurd as om die son te bevraagteken as ons dit nie sien tydens die nag nie, en as die wolke die hemelruim oorskadu nie. God is our refuge and strength, A very present help in trouble. Therefore we will not fear,Even though the earth be removed, And though the mountains be carried into the midst of the sea; Though its waters roar and be troubled, Though the mountains shake with its swelling. There is a river whose streams shall make glad the city of God, The holy place of the tabernacle of the Most High. God is in the midst of her, she shall not be moved; God shall help her, just at the break of dawn. (Ps 46:1-5) God voorsien vir Sy volk water selfs uit ‘n rots. (Num. 20:8, 10, 11; Ps 78:16) Then the lame shall leap like a deer, And the tongue of the dumb sing. For waters shall burst forth in the wilderness, And streams in the desert. The parched ground shall become a pool, And the thirsty land springs of water (Isa 35:6-7) Dit is Jesus se hele betoog tydens een van Sy eerste preke: (Mat 6:25-34) Die tekort aan voorsiening is nie God se toedoen nie. Dit is die mens se eie toedoen, dat ons wegbeweeg het van God se vloei van voorsiening. God se liefde, genade, vrede, salwing, voorsiening is ‘n ewige liefde rivierstroom wat nooit ophou vloei nie. Ons as mens verloor of rebelleer teen die vloei, of ons probeer dit manipuleer, of ons probeer ons eie vloei skep, wat ons uiteindelik droog en uitgehonger laat. My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie. (Jer 2:13) In hierdie deurmekaar wêreld, wie wil nie hierdie tipe geestelike vloei van die Heilige Gees se salwing en teenwoordigheid beleef nie? Hoe om dit te kry

HOOF TEKS GEDEELTE: (Isa 55)

Israel span hulleself op ’n verkeerde manier in om lewensbevrediging te kry: hulle betaal vir iets wat nie brood is nie en werk vir iets wat nie kan versadig nie. Maar hulle kan hulle diepste lewensbehoefte bevredig “sonder om iets te betaal” – deur te luister na wat die Here vry en uit genade aanbied. Dit omvat die hele lewe, stoflik en geestelik, en is iets blywends, ’n ewige verbond. Waarom gee julle geld uit vir kos wat ’n mens nie kan versadig nie? Julle verdienste gaan vir dinge wat nie werklik bevredig nie. (Isa 55:2)Billy Graham vertel hoe hy eendag een van die rykste persone in die wêreld ontmoet het. Die persoon kan enige iets koop wat sy hart begeer, en het sy eie Boeing besit, met talle wonings die een groter en pragryk as die ander, en nog steeds het hierdie persoon getuig dat hy een van die “mees mistroostige” mense op aarde is. Net die volgende week het Billy en sy vrou Ruth ‘n jong pastoor met ‘n klein kerkie in ‘n afgeleë dorp ontmoet. Die energieke jong pastoor het vrypostig vertel, dat hy niks geld het nie, maar homself as een van die mees bevoorregte en gelukkigste mense op aarde beskou. Die Here bied ons ‘n verhouding. Ons is op soek na kos en water, en tydelike vervulling. Hoe om in die vloei te bly

Maar verbondsverhouding met God is nie sommer soos enige verhouding nie:

· As julle mooi luister wat Ek sê (Is 55:2) · Luister wat Ek sê en kom na My toe (Is 55:3)· Luister, dan sal julle werklik lewe. (Is 55:3) · Kom na die Here toe, aanbid Hom, want Hy is nou by ons (Is 55:6)Verhouding, vriendskap, verbondenheid met God word beskryf in terme van ‘n dienskneg wat sy hele bestaan, eer en trots laat bestaan om te weet wat sy of haar meester wil hê, nog voordat hulle vra. Sien die “butlers guilt code of honor”[2]

Die ewige sikliese stroom van God se Woord:

(Isa 55:10-11) God se Lewende geopenbaarde Woord in Gees, is ewig! God se Woord hou die aarde in stand. (Heb 11:3) Dit kan nie leeg na Hom toe terugkeer nie. ‘n Paar maande gelede was ons in ‘n huiskerk byeenkoms waar twee persone vir die eerste keer besoek het. Ons het met groot verwondering gehoor hoe die getuienis van die jonger paartjie en wat hulle in die geloof vermag het, die presiese vervulling was van die ouer persoon, vir wie die Here 20 jaar tevore sekere beloftes oor ‘n plaas, en gemeenskap gegee het.
Man shall not live by bread alone… At the loss of possessions, status, freedom, companionship, and money; only the eternal living Word of God can sustain one’s heart to remain at peace, full of joy, and deeply content.Die lang lys van martelare wat vir hulle geloof, gely het en uiteindelike gesterf het is bewys van die bogenoemde stelling. Broeder Yun, die hemelse man. [3]Madame Guyon [4]Corrie ten Boom [5] Het Jy Jesus, of het jy HOM nie? As jy Jesus het, sal jy vrede, vreugde en vergenoegdheid beleef te midde van elke storm. Die geheim is om ons oë op Jesus te hou. (Heb 12:2) Petrus loop op die water (Mat 14:29-31)

Uiteindelik wil God die stroom van goddelike verbondsverhouing deur ons laat vloei, om die wêreld ‘n tuin van eden te maak.

12Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal juig en die bome in die veld sal hulle hande klap! 13Waar daar eers net dorings was, sal daar nou sipresse groei. En in die plek van ’n dissel sal daar nou mirtebome groei. Dit sal wees tot eer van die Here, ’n blywende teken wat vir altyd sal bestaan.” (Is 55:12–13)But let justice run down like water, And righteousness like a mighty stream. (Amos 5:24) Strome van lewende water (Joh 7:36-39) As volgelinge van Jesus is ons strome van genesing, versoening, voorsiening, vrede, liefde, kreatiwiteit, en standvastigheid vir elke honger en dors persoon wat Jesus nog nie ken nie! Tans terwyl ons nie as kerk kan byeen kom nie, is ons mense strome van versoening en genesing op soveel plekke en maniere!! Dankie Jesus U is ons vloei van voorsiening! [1] https://exploringyourmind.com/positive-psychology-a-flow-state/
[2] https://www.butlersguild.com/staff/executive-membership/the-guilds-code-of-honor/
[3] The Heavenly Man: The Remarkable True Story of Chinese Christian Brother Yun by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B004SBF7OQ/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_BYwYEbDWK6QSS
[4] Experiencing the Depths of Jesus Christ by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B075QN44WF/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_dZwYEbWDVFZAG
[5] Experiencing the Depths of Jesus Christ by Amazon.com Services LLC Learn more: https://www.amazon.com/dp/B075QN44WF/ref=cm_sw_em_r_mt_dp_U_dZwYEbWDVFZAG