Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Sermons

Die geestelike dinamiek van ’n byeenkoms van die Liggaam v Christus

As gelowiges het ons ‘n unieke geestelike band wat ons saambind. “en in verbondenheid met Hom deel julle in Sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag” (Col 2:10) Ons deel dus in Sy volheid!!! Wat ‘n wonderlike verklaring! Ons deel in die volheid van Christus, “die hoof oor elke mag en gesag”!

Ons aanbid ‘n onsigbare God, wat ‘n Gees is. (2 Cor 3:17) Ons is geesvervulde mense wat deur die Heilige Gees die vermoë ontvang het om bonatuurlike dinge te vermag volgens 1 Cor 12 & 14. Die NT gebruik telkens die woorde “vol”, “gevul” “gedoop” met die Heilige Gees, ‘n oorvloedsbegrip om aan te dui dat mense se lewe nou deur die Gees beheer word.

Jesus se lewe was vol bonatuurlike kragtige dade, as ons soos Hy wil wees, hoekom sien sommige gelowiges die bonatuurlike as onnodig, nie vir almal, en nie vir vandag nie?

Ek pleit nie vir vreemde manifestasies waar mense in ‘n staat van vervoering en wegrukking vreemde gedrag toon nie. Alhoewel sekere geestelike ervarings en ontmoetings nie altyd verduidelik kan word nie.  Paulus sien ‘n lig en val op die grond. Acts 9:4 Tydens die uitstorting vd Heilige Gees, beskou die toeskouers hulle as vol soetwyn. Acts 2:13 Die dinge van die gees maak nie sin vir die natuurlike mens nie. “dit is dwaasheid vir hom” 1 Kor 2:14

Die punt is: Ons byeenkomste moet inherent ‘n geestelike dinamiek en karakter hê, waar die oorsprong van wat gebeur nie vooraf bepaal, voorberei, en geoefen kan word nie.

Die teksvers in 1 Cor. 14:26 is die enigste vers in die Nuwe Testament wat ’n uitleg gee van die wyse waarop die program van ’n groep Nuwe-Testamentiese gelowiges se byeenkoms verloop het.

Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ’n bydrae om te lewer: ’n psalm, ’n onderwysing, ’n openbaring, ’n ongewone taal of klank, ’n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop  (1 Cor. 14:26 – NAV).

Let op hoe elke lid vir die byeenkoms moet voorberei: “. . . het elkeen gewoonlik ’n bydrae om te lewer”. ELKEEN HET. Dit beteken dat die vergaderings redelik lank geduur het: “. . . as julle saamkom om nagmaal te vier, wag vir mekaar” (1 Cor. 11:33); daar is getuig en gebid (1 Tim. 2:1, 8); daar is vir siekes gebid (Jam 5:13-16); daar is teenoor mekaar belydenisse gedoen (1 Cor. 11:27-31). Dis baie duidelik; Christenskap in die Nuwe Testament is nie ’n toeskouer-geleentheid nie. Almal neem deel.

Die Engelse woord, “church”, kom van die Latynse woord wat “sirkel” beteken. Ons woord, “sirkus” is afgelei van die woord “sirkel”, ”drie ringe”, soos in “drieringsirkus”. Dalk het hulle aan die begin wanneer hulle vergader het in ’n kring gesit. Soos by ’n ronde tafel. En so het die woord “kerk” ontstaan. Dis heel moontlik, dat die gebruik van die woord sy ontstaan het omdat die eerste kerk se byeenkomste nie in formele geboue of tempels gehou is nie, maar in woonhuise (Hand. 2:46). Dit is so dat by groter byeenkomste raak dit onmoontlik om vir elke lid ’n spreekbeurt te gee, maar tydens byeenkomste in woonhuise behoort een persoon nie die bespreking oorneem nie, maar dit net lei en fasiliteer sodat elkeen ’n kans kry om deel te neem. Dit is wel waar dat in die geval die aantal mense minder as 20 tot 30 mense moet wees. Maar dit is net waar wanneer elkeen ‘n spreekbeurt soek. Ons kan egter baie duidelik aflei uit die bogenoemde skrifte dat gebed, belydenis, bid vir siekes, ‘n groepaktiwiteit was. Vandag in die meeste Westerse kerkprogramme is die liturgie gebou rondom die kansel en die verhoog.

ψαλμός psalmós: ’n Lied: die lied is met musiekbegeleiding gesing. Die jongste betekenis is in die Septuagint aanvaar. Dit verwys na alle waarskynlikheid na die psalms in Efesiërs 5:19 en Kolossense 3:16.  Sien die verskeidenheid met betrekking tot die oorsprong van hierdie liedjies. Psalms – bekende deuntjies en liedjies, Gesange – gewyde, poëtiese toewyding liede, Geestelike liede – waar die woorde vanuit die gees kom sien (1 Cor 14:15) en “making melody in your heart” Waar die deuntjie ook vanuit die hart kom, dus spontaan, en impromptu.

διδαχή didachḗ: Om te onderrig. In ’n praktiese sin beteken dit die handeling van onderwys gee, onderrig, les gee (Mark. 4:2; 1 Kor. 14:6, 26; 2 Tim. 4:2). Heb. 5:11-6:2. Soek ’n “gesonde leerstelling”: 1 Tim. 4:6; 2 Tim. 4:3; Tit. 1:9; 2:1 (vgl 1 Tim. 6:3; 2 Tim. 1:13). Die skrifgeleerdes en fariseërs was kenners en studente van die Woord, maar het ongelukkig geval in die leringe en tradisies van die mens. (Mat 15:1-9) Die woord van God, is soos swem, jy leer nie om te swem op die grond, en in boeke nie. Jy leer om te swem, deur in die water te klim, en die instrukteur na te volg.  Lering is dus nie die oordra van kennis nie, maar om mense te inspireer om te hoor en te doen! Dit gebeur net, as die leraar self ook meedoen.

γλῶσσα glṓssa: Kwalitatief nuut; om nuwe tale te praat wat hulle voorheen nie geken het nie; dit beteken hulle het in tale gepraat wat nie hul moedertaal was nie (Mark. 16:17; Hand. 2:4; 10:46; 19:6; 1 Kor. 12:30; 14:2, 4-6, 13, 18, 23, 27, 39). Dit is betekenisvol dat talespraak en die uitleg daarvan as een van die hoofgebeure by ’n samekoms van Nuwe-Testamentiese gelowiges beskou is. Asof dit daardeur beklemtoon word. Dus, as jy wil deelneem, word gevul met die Heilige Gees deur in tale te praat (1 Kor. 14).

ἀποκάλυψις apokálupsis: om te onthul. Openbaar, blootlê, aan die lig bring, bekend maak. Die openbaring van geheimenisse verwys na Goddelike doelwitte en leerstellings wat voorheen onbekend en bedek was (Rom. 16:25; 1 Kor. 14:6, 26). Openbarings van God die Vader of Christus (2 Kor. 12:1, 7; Gal. 1:12; 2:2; Ef. 3:3). In Ef. 1:17 beteken “die Gees van . . . openbaring”  ’n gees wat die diep geheimenisse van God kan deurgrond en bekend maak. Openbaring is wesenlik vir ons om te weet wat en hoe ons iets moet doen. Mense kan net dit doen wat hulle werklik verstaan.

ἑρμηνεία hermēneía: om te interpreteer. Interpretasie, verduideliking (1 Kor. 14:26); dis ’n metoniem vir die vermoë om te interpreteer, as ’n charisma (1 Kor. 12:10), ’n geskenk. Alhoewel die woord “interpreteer” in hierdie geval spesifiek verwys na die uitleg van tale, is ek van mening dat die meeste van die aktiwiteite ’n vorm van interpretasie is. Die woord “hermeneutiek” word gebruik deur teoloë wat die wetenskap van Bybel-interpretasie beoefen. Visioene, drome en geestelike ervarings moet geïnterpreteer en beoordeel word (1 Kor. 14:29).

Alle dinge is uiteraard geestelik; gebede aan God wat ’n onsigbare Gees is (Joh. 4:24); ons eenheid en band as gelowiges (1 Kor. 12:26); geestelike oorlogvoering (Ef. 6:12). Dit is waarom ’n persoon wat optree vanuit ’n godsdienstige oogpunt, stelle reëls en liturgieë, nie kan funksioneer in ’n Nuwe-Testamentiese kerk wat uit Geesgevulde gelowiges bestaan nie. Dit is twee totaal verskillende bedryfstelsels.

Die belangrikste punt wat mens egter moet onthou, is: dit beteken nie net almal kry ‘n spreekbeurt nie! Dan kan dit ‘n baie lang uitgerekte vervelige byeenkoms word.

Die klem is dit wat die Gees wil!!

“Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde” (Matt. 18:20). Paulus het selfs gesê hy is in die gees teenwoordig, al is hy liggaamlik afwesig (1 Kor. 5:3-4). Dit dui op ’n onsigbare draad, band, verbondenheid, naatlose kleed met die Gees van Christus soos dit in Sy Liggaam met Hom as Hoof  onthul word (Ef. 1:22). Die eenvoudigste manier is om die draad van die byeenkoms op te tel, met die vloei te verbind, na mekaar te luister en te resoneer, te harmoniseer. As die boodskap wat jy voorberei het nie pas nie, los dit – dis nie vir nou nie.  Luister fyn, en maak jouself leeg, sodat die Gees jou kan inspireer met die wat Hy wil sê.

Stel jou in op die Gees van die byeenkoms. Van die eerste lied af skandeer die aanbiddings-leier die gees, die voordansers resoneer met hul liggame dit wat gesing word en terwyl ons almal as liggaam daarop inskakel, ervaar ons ’n oop, hemelse openbaring en geestelike insig. Dan, wanneer ons dit wat ons sien en ervaar bekend maak, word die visioene duideliker en verstaanbaar. Hierdie godspraak te midde van Sy kinders was God se oorspronklike plan, om tussen Sy mense te wees. (Heb 12:18-24). Hy wou op die Sionsberg sy volk ontmoet, en self met hulle praat maar hulle was te bang.  Maar ons het gekom, by die Heilige Berg, ‘n geestelike byeenkoms, waar God deur ons almal praat, nie net deur een mens nie.

Categories
Preke

5 Goeie redes hoekom jy nie ‘n erediens moet mis nie

5 Goeie redes hoekom jy nie ‘n erediens moet mis nie. 

Hoekom kom Christine op ‘n Sondag byeen?

In die reformasie van die kerk ontdek ons ou waarhede, en maak dit weer nuut en relevant vir vandag. Die gevaar is : in die klem wat outomaties saam met die nuut gaan, die hedendaagse goeie tradisies te minag of te vergeet.  Ek het myself ook al gevang waar ek die erediens minder maak teenoor bv. die belangrikheid van die familie en huiskerk, die belangrikheid van dissipels maak teenoor die samekoms op ‘n Sondag.

Die Sondagdiens was van die eerste nuwe verrigtinge waarmee die vroeë gelowiges weggebreek het van die tradisie van die Jodedom.  Dit was geen klein wegbreek nie, vir eeue is die Sabbat geheilig as God se dag.

Die samekoms was in essensie wat kerk beteken het. In al die 114 kere wat die woord Ecclesia gebruik word in die NT, verwys dit na die publieke samekoms van gelowiges. “geroep vanuit”. [1]

Uit Paulus se briewe kan ons aflei dat die kwessie oor die Sabbat ‘n punt van debat en verskille was, en daarom die fokus van die NT kerk om weg te beweeg van die krag wat gesien is in ‘n heilige dag, na die krag van ‘n persoon naamlik Jesus Christus. (Gal 4:10; Col 2:16-17; Rom 14:5-6).

Die enigste manier om die krag van ‘n ritueel te ontneem is om daarvan af weg te bly, weg te beweeg en dit te ignoreer.  Die NT het gekies om eerder op die eerste dag van die week byeen te kom. (1 Cor 16:2) Die dag was ook dikwels genoem is “die dag van die Here” (Rev 1:10) Die keuse van die dag was simbolies belangrik, want die onderliggende klem van alle NT prediking was opstanding! (Acts 1:22; 2:31; 4:2; 4:33; 17:18) Paulus se prediking oor die opstanding is wat juis die tema wat die skare oproerig gemaak het in Atene. (Acts 17:16-19, 33) Later was die prediking oor die opstanding van Jesus weer ‘n kwessie toe Paulus sy saak voor die Jode stel in Jerusalem wat toe daartoe lei dat hy hom beroep op die Keiser. (Acts 23)

Jesus het opgestaan op die 1ste dag van die week, Sondag! (Mark 16:2; Matthew 28:1; Luke 24:1; John 20:1, 19)

Die feit dat Paulus die gemeente aanmoedig om op die eerste dag van die week hulle Offerhande gereed te kry, verwys dat die dag alreeds as spesiaal herdenk is, anders sou hy nie die dag genoem het nie.  In Acts 20:7 word die dag egter ook uitdruklik genoem. En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek.

Paulus maak die saak ook later baie duidelik dat ons nie een dag belangriker moet ag as die ander nie. Ons vier die dag vir die Here! (Rom 14:5-6) Later spreek hy die Gemeente in Kollosense aan, wat meestal heidenne of nie-jode was, om nie weer in ‘n vorm ingedruk te word oor Heilige dae nie. (Col 2:16-17) Dis duidelik dat in die vroeë kerk, beide die Sabbat en die 1ste dag van die week uitgesonder is vir die Here. (Acts 16:13; 17:2; 18:4) Maar die Sabbat byeenkoms was meestal in die sinagoge voordat die kerk heeltemal van Jodedom geskei het.  Daarna het die byeenkoms op die Sabbat heeltemal verdwyn.  Die Sondag byeenkoms was nie as rusdag gevier nie, die mense moes werk en het daarom meestal eers in die aand byeen gekom.

Die eerste Kerk het meestal in huise byeen gekom, Pricilla en Aquila se huis (Acts 16:3-5) en in Ephese by ‘n huis (1 Cor 16:19), in Filemon se huis (Phil 2), broeders in Laodicéa en Nimfas se huis (Col 4:15) and in Lydia se huis (Acts 16:40).  Inteendeel die kerk het vir die 1ste 250 jaar van sy bestaan geen formele strukture of kerk geboue gehad nie.  Paulus het in Efese in die skool van ’n sekere Tiránnus samesprekinge gehou. (Acts 19:9) Die huise in Bybelse tye was soms bo op die besigheid gebou, daarom die samekoms waar Paulus te lank gespreek het, en Eútichus uit die venster drie verdiepings ver geval het.

Tog kan ons nie die krag van ‘n groot byeenkoms onderskat nie. Kyk net na die momentum wat die Mighty Men beyeenkomste in ons land het. Manne wat nooit kerk toe of na ‘n huisgroep toe sou gaan nie, het na hierdie groot byeenkomste gegaan.  Die groot saamtrek was in Jesus se tyd, asook die apostoliese tydperk populêr.

line-up-blur_1640070iVYF REDES HOEKOM EK NIE DIE KERK SE BYEENKOMSTE KAN VERSUIM NIE.

en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. (Heb 10:25)

“The single Christian is no Christian” – Old Latin Saying

The Power of Agreement:  Die Here manifesteer Homself waar daar meer as een byeen is en oor ‘n saak saamstem en daaroor bid. (Mat 18:20) Geen saak in die NT kerk is hanteer sonder twee of drie getuies nie. (Mat 18:16; 2 Cor 13:1; 1 Tim 5:19; Heb 10:28) Profesie is nie privaat vir mense gebring sonder dat twee of drie dit kan oordeel nie. (1 Cor 14:27, 29) Hierin is daar ‘n reuse beskerming. Ons neem nie besluite alleen nie, ons hoor nie God se stem alleen nie, dit wat ons hoor moet resoneer in ander gelowiges se harte ook.  (Prov 11:14; 15:22; 24:6) Hy wat homself isoleer soek sy eie gewin. (Prov 18:1)

The Power of Declaration: Tydens die samekoms word verskeie verklarings in die Gees gemaak, die feit dat ons onsself verenig met hierdie verklarings, beweeg owerstes in die Gees.  sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word, (Eph 3:10) Die lofprysing veral gee uitdrukking aan die gesamentlike deklarasie, wat magte in die Gees ontwapen en nuetraliseer. 6 Lofverheffinge van God is in hulle keel, en ’n tweesnydende swaard in hulle hand; 7 om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke; 8 om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie, 9 om ’n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. ’n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja! (Ps 149:6-9) Ons kan nooit alleen die vyand konfronteer nie. Die geveg voel altyd gefokus op die individu, want die vyand wil  soos wilde honde en leeus die swakste in die trop isoleer en oorrompel.

The Power of Corporate Anointing: Die krag van die Here is korporatief, en die individu ontvang makliker sonder moeite, net deur sy of haar deelname die krag en openbaring van die Here. Dit het met Koning Saul gebeur toe hy spontaan die vermoeë ontvang het om te profeteer, toe hy die profete besoek het. (1 Sam 10:1, 12) Later het dit ook met van sy boodskappers gebeur, toe hulle onder die profete kom, kom die salwing van die profete oor hulle. (1 Sam 19:20, 24) God plaas ‘n spesiale salwing op sekere mense, en deur onder hulle bediening te sit, ontvang jy en deel jy in die krag van daardie bediening. (Mat 10:41) So baie mense kla dat hulle oorgewig is, maar hulle doen niks om hulle dieët of oefen program aan te pas nie.  So voel baie mense hulle is nie op die regte plek met die Here nie, maar hulle woon nie gereeld die samekoms van gelowiges by nie. Die samekoms van gelowiges waar die Gees van die Here beweeg is ‘n baie spesiale en kragtige plek waar jy uitgedaag, versterk, bemoedig, geleer en toegerus word.  Dit is soos om na ‘n gimnasium toe te gaan.

The Power of Presence: Die teenwoordigheid van die Here manifesteer in die samekoms. (Ps 22:4) Jy kan dit bloot nie ontvang en daarvan deel wees deur elektroniese media nie.  Alhoewel digitale media ‘n wonderlike hulpbron is, kan dit nie teenwoordigheid vervang nie. Hoeveel keer moes ek al gehoor het, jy moes daar gewees het!  Wanneer iemand die oomblik van God se teenwoordigheid oordra is dit tweedehands.  Jy kon dit eerstehands beleef het! Wanneer jy ‘n diens op audio hoor, is net jou ore sintuiglik betrokke, as jy in die samekoms en diens was, kan jy met al vyf jou sintuie God beleef.  Dit is ook imperatief vir die hele gesin om almal saam die byeenkoms by te woon.  Daar is niks so sleg dat die Here jou as individu kragtig aanraak tydens ‘n diens, en jy kan dit nie met jou maat deel nie.  Dit is wat partykeer veroorsaak dat die een party verder en vinniger in die Here groei as die ander een, omdat hulle nie saam blootgestel word nie.

The Power of Resonance: When I tune my vibrating strings of energy to his frequencies as a sheer gift of grace, there will come a moment of resonance. You have seen what happens when resonance is reached in the old Ella Fitzgerald commercials, or in opera singer Caruso’s ability to launch notes at will that could shatter glass. When resonance is reached, there is a tremendous explosion of energy, and something has got to give; and it’s not going to be Jesus. The weaker instrument is transformed into a new identity, and we become “new creatures in Christ,” with resurrection wavelengths. In this state of resonance, we truly become the Jesus Vibe and “all things are possible.” In sync with the Spirit, we are one “in the Spirit.” [2] Die weermag gebruik vandag nog musiek en klank om hulle vyand te ontsenu. “Heavy Metal” musiek word teen 150 decibels vir 24 uur lank oor kragtige luidsprekers gespeel om rus te verstoor.  In antieke tye is musiek en geraas ook dikwels in oorlogvoering gebruik.  In die gees is die resonansie van Gelowiges wat in eenheid is, ‘n kragtige wapen waarteen die hekke van die hel nie kan stuit nie.  Mat 16:18 Kragtige dinge het in die kerk van Handelinge gebeur omdat die kerk in eenheid saamgekom het.

Acts 1:14 Early apostolic gathering – continued with one accord.

Acts 2:1 they were all with one accord in one place.

Acts 2:46 continuing daily with one accord in the temple.

Acts 5:12 the were all with one accord in Solomon’s porch.

Acts 8:6 and the multitudes with one accord heeded the things spoken by Phillip.

The Power of Tuning in: Ons almal het nodig om elke dag ingestel te word. Soos snaar instrumente is dit baie maklik om uit te stel, van Jesus se frekwensie. Gereelde samekoms en saamwees, is ‘n outomatiese instel.

Dit is baie bemoedigend vir jou eie geloof en groei om te hoor dat dit wat jy gehoor het dieselfde as mede-gelowiges is.  Dit bevestig God se Woord in jou hart.  Gelowiges wat nie gereeld byeenkom nie, is later soos ‘n vals noot wat ‘n wanklank in die gees maak.  Hulle harte is opreg, en hulle is lief vir die Here, maar jy kan nie die Here dien en liefhê sonder om vir Sy mense lief te wees nie.  Die hele 1 Johannes brief handel hieroor.

Laastens: Dit is demoraliserend as jy by ‘n samekoms is, en jou familie daar verwag, maar hulle het net nie gekom nie.  Ons voel sterker saam! Dis lekker as almal saamtrek! ‘n Weermag kan nie funksioneer sonder dat almal in posisie is nie.  Die NT samekoms is nie ‘n plek waar ek kom om te ontvang nie, eerder ‘n plek om te kom gee. (1 Cor 14:26) Wanneer mense soms in nood verkeer, is die gemeente gewoonlik baie meer toegeeflik teenoor mense wat gereeld en getrou gewig gedra het, as ander wat nie het nie.  Dis nie ’n vereiste vir liefde en omgee nie, maar dit maak liefhê meer spontaan en maklik.

place-at-table-2158

Ons het nog nooit mense verplig om aktiwiteite by te woon nie, want ons glo in vryheid en dat ons meelewing in die Here vrywillig moet wees, volgens elkeen se geloof. Ons is al telkemale juis vir hierdie vryheid bedank wat heers in ons midde, omdat sommige mense uit kerke kom wat van hulle mense slawe gemaak het.  Sien egter die geestelike ‘significance’ van jou bydrae en daar wees! Dis vir jou eie beswil!!

 


[1] “Pagan Christianity” Bl 12, Viola/Barna, Tyndale 2002

[2] “Nudge” Leonard Sweet