Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Hartklop

The Power of Two

The Power of two.
What is the Power that makes some partnership flourish, creating a collective genius far surpassing the genius of one?
That question lies at the heart of Joshua Wolf Shenk’s new book out this week, Powers of Two: Finding the Essence of Innovation in Creative Pairs, in which, drawing on academic research, historical evidence, and original reportage, he explores what makes creative partnerships tick, from a foundation of trust to a spark that ignites when two people are “as alike as identical twins and as unalike as complete strangers.”
All of us have experienced creative connection, and glimpsed its power. Yet, for centuries, the myth of the lone genius has obscured the critical story of the power of collaboration. In Powers of Two, Joshua Wolf Shenk argues that creative pairs are the exemplars for innovation. Drawing on years of research on great partnerships in history – from Lennon and McCartney to Marie and Pierre Curie, plus hundreds more in fields including literature, popular culture, art and business – Shenk identifies the common journey pairs take from the spark of initial connection, through the passage to a cognitive ‘joint identity” to competition and the struggle for power. Using scientific and psychological insights, he uncovers new truths about epic duos – and sheds new light on the genesis of some of the greatest creative work in history. He reveals hidden partnerships among people known only for their individual work (like C. S. Lewis and J. R. R. Tolkien), and even ‘adversarial collaborations’ among those who are out to beat each other. This revelatory and lyrical book will make us see creative exchange as the central terrain of our psyches.
More example in our time is:
Bill Gates & Paul Allen (colleagues; business partners) Founders of Microsoft Corporation
Founders Steve Jobs and Steve Wozniak created Apple Computer on April 1, 1976,
Frodo Baggins & Sam Gamgee (fictional; companions in the Lord of the Ring trilogy)
Biblical Examples are:
Gen 2:25 Adam and eve
Jos 2:1 The Two Spies
Zech 4:14 Two anointed ones (King & Priest Partnership)
2 Sam 20:34; & Sam 1:25-26 David & Jonathan
Jesus send the disciples two by two (Luk 10:1)
According the wisdom of the Preacher “two ae better than one” Eccl 4:9-12
What are the hindrances to a healthy partnership.
1) Lack of honour – Jesus exist to glorify the Father, our accurate deeds in frequency with the Father’s will glorify Him. We honour God with our lives when we accurately represent Him. Our lives, testimony, fruit, accomplishments, and success, is because we listened and obeyed His instruction, utilizing His wisdom, applying his power… The fruit glorifies the source. Let your light so shine before men, that they may see your good works and  glorify your Father in heaven. (Matthew 5:16) We show honor in the way we involve and value our partner. Not informing one another of important decisions, and not including the other is a show of disrespect.
2) Desire to control, and Ego. Wanting to remain in control and have the last say, stifles the creativity in a relationship.  A team works well together when both get’s the opportunity to lead.  Working together is like dancing, mutual submission, and willingness to be led.
3) Losing Unity as always being the first point on the Agenda. Our point of departure is always unity first.  No matter the grudge, the mistake or the problem it remains OUR problem, we face it together.  We solve things together.  We think team all the time.
4) Poor confrontation skills and results. Confrontation is healthy, if done the correct way.  We all need to improve our correction skills, being mature enough to agree to disagree.  Dealing with all our defense meganisme and bad habits in terms of reaction to correction paves the way to a strong relationship.  We can grow, through our differences.
5) Not defining and understanding different roles. Healthy partners know their individual roles and gifts they add to the friendship. Both know their weakness and strengths and how to use the strengths to each other’s benefit.  Defining the different roles and job description helps to establish synergy.
6) Having two visions, or goals. – division.  Two visions will eventually break and destroy the partnership.  It is the common agreement that holds the partnership together.  We do not create unity we preserve it! Keep to the original vision, and both must be in agreement when the goalposts change.
7) Lack of Execution – physical work done, completed for the other. Not keeping your word, on what is agreed, will end the partnership.  Both need to be responsible and show integrity to complete tasks, and fulfill obligations.  This is the most basic foundation of any partnership.  Not getting things done, and not fulfilling your end of the bargain destroys trust.

Categories
Preke

Hoeveel 'onse' in jou pond

Die woordjie ‘Ons’ is ‘n kritiese woord in NT verbondstaal. Jesus leer ons bid: ‘Ons Vader’ nie ‘My Vader’ nie. Ons bid altyd met ‘ons’ in gedagte. Ons lewe in ’n samelewing waar die ‘ek’ heeltemal te veel gebruik word. Ons het ’n ‘ek’ bewussyn en ook ’n ‘ek’ kultuur terwyl in die Nuwe Testamentiese Kerk het alles om die ‘ons’ gesentreer. Die OT Joodse Godsdiens was eksklusief terwyl die NT Kerk inklusief is. (Efe 2:14)
Leiers word aangestel vir ‘ONS’ nie vir ‘EK’ nie – Jes 55:4 ‘Commander and Leader of the People’ Leiers wat die “ons” perspektief verloor, verloor hulle mandaat. As leiers gaan dit nie oor jou posisie, mag en titels nie. Jy praat namens die mense: Soos Mordegai “well received by the multitude of his brethren, seeking the good of his people and speaking peace to all his countrymen.”
Ons gebede is namens ONS en nie op self gerig nie – Ese 22:30 (Identificational Repentance) Nehemia bid vir sy mense en sluit homself in by hulle oortredings. (Neh 1:6-7) So ook Daniel (Dan 9:3-19) Abraham tree in namens die volk. (Gen 18:23-33) en so ook Moses (Ps 106:23) God is not interested in what He can do for you, but what He can do through you.
Ons bediening is as ’n span – 1 Kor 1:12 ‘we write’ Paulus is die skrywe tog verwys hy na homself as ONS. Die meeste van sy sendbriewe word geskryf, waar die span deel is van die seëngroet of afsluiting. Daar is nie so iets soos ‘my’ bediening nie. Ons is altyd deel van die groter geheel. Ons vul mekaar aan (1 Kor 3:6) die een plant, die ander gee water, maar God gee die groei. Ons bediening staan ook nooit op sy eie nie, ons bou voort op die wat ons voor gegaan het, en ander bou weer voort op ons werk. (Joh 4:37-38)
Ons het almal saam deel aan Jesus Christus 1 Joh 1:3 Daar is een liggaam, een Vader, een geloof. (Efe 4:4-6) Ons is een gemeenskap van gelowiges in Christus. In Hom is ons beskerming nie in ons groeperinge nie.
The Genius of God is displayed in US – Kol 1:27 Christ in AND Among US. Die volle heerlikheid van Christus kan nie deur een mens omvang word nie. Ons saam verteenwoordig Sy volheid.
Sout werk nie wanneer jy dit nie in die sop gooi nie – Mat 5:13 Ons het geen invloed en outoriteit oor ‘n ander as ons oor ‘n distansie skiet nie. Ons is in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie. (Joh 17:15) Paulus het ‘n Jood geword om die Jode te bereik, (1 Kor 9:20) Ons moet kontak maak oor die grense wat onsself gestel het. Reik uit en ontmoet jou vyande, met ‘n oop gemoed.
Jy maak nie lig onder ‘n emmer toe nie – Mat 5:15 Ons kan nie die lig van Jesus vir onsself hou nie. Ons kan Hom nie vasmaak en onder ons kerk se vaandel probeer vasmaak nie. Jesus werk nie deur isolasie nie, maar soos suurdeeg affekteer die koninkryk van God die hele deeg. (Mat 13:33)
Elkeen wat vir sy medemens (ons) kwaad bly sal self geoordeel word – Mat 5:22
Partyskappe is ‘n werk van die vlees – Gal 5:20 (SECTARIANISM) sekteywer, sektegees. Dis die werk van die vlees om partyskappe te loots. Mens soek ‘n aanstelling, posisies, wil belangrik wees.
Die wat nie teen ons is nie is vir ons – Mar 9:38-40 en Num 11:27–29 Jesus laat toe dat daar mense bedien in Sy naam, wat nie deel was van hulle groep nie. Ons as mens wil so graag alles beheer, en onder ons beheer kry.
In God’s Kingdom there is no divisions between Jew and Greek – (Rom 2:10; 10:12; Gal 3:28; Col 3:11)
Die eerste linie van die geveg is soms in ons eie huise. Ons ontrek, en begin ons eie ‘ons’ teenoor die ander. Wanneer jy en jou vrou baklei en stry is dit baie keer omdat een buite die sirkel staan. Ons gebruik JY en JOU taal. Verbondstaal is ‘ONS’. As ons hierdie woord gebruik forseer dit ons om anders te dink. Ons haal onsself so baie keer uit die sirkel. Of ons laat mense nie toe in ons sirkel nie.
Wie is my naaste? Wie is die ons? Luk 10:29-37 Jesus leer ons dat ons dieselfde vir ’n vreemdeling doen as wat ons vir die binne die sirkel sal doen. Die man het gedoen, wat familie vir hom sou doen – en hy was ’n vreemdeling, inteendeel hy was van ’n totale ander stand en ras.
Hoe definieer jy jou ONS? Hoe definieer ons kerk – ONS? Sien ons die plek waar ons bly as “ONS” dorp? Die mense van ons dorp as “ONS” mense.
DIE GEVARE EN UITKOMS VAN TE VEEL “ONSE” IN DIE “POND”
(VERDEELDHEID) Dis baie gevaarlik om van binne ’n kollektiewe raamwerk van “hulle” the praat terwyl God net een ‘ons’ sien. Bv.
– Binne een nasie, praat ons van hulle.
– Binne die universele kerk praat ons van ’n ander kerk as ‘hulle’.
– Binne die raamwerk van die Christelike kerk in ’n lokaliteit, praat ons van ander gemeentes as ‘hulle’.
– In ’n maatskappy praat ons van die bestuur as ‘hulle’ die bestuur praat van die mense as ‘hulle’.
– In ’n huwelik praat ons van Jy en Jou, myne.
‘Hulle’ bring skeiding in jou denke, en veroorsaak isolasie. Jou perspektief raak eensydig. Jy kyk net vanuit een perspektief, en verloor objektiwiteit.
Wanneer ons praat van ‘hulle’ is dit nie lank nie of ons gee ‘hulle’ ’n etiket. (LABELING) (Mat 5:22) Noem mekaar name. Jy is altyd so, en jy maak altyd so, en jy doen dit nooit nie. Jy (DEMONISEER) die ander persoon as altyd verkeerd en boos, wat eenvoudig nie die waarheid is nie. Terwyl jy jouself as die engel voorstel, wat ook nie die waarheid is nie. Later sien ons net die etiket en nie die mens agter die etiket nie. (DEHUMANISERING)
(LIEFDELOOS) Wanneer ons praat van ‘hulle’ kan dit lei tot trots – Ons disassosieer met die foute en sonde van ’n groep, en plaas onsself op ’n beter/hoër/verhewe plek. Gevolglik verloor jy jou stem by daardie groep. Hulle beleef jou as (TROTS), hooghartig, en beterwetig. Hulle voel die skeiding aan – en beleef dat daar nie meer liefde is nie. Sonder liefde het jy jou stem tot daardie groep verloor. (Gal 6:1)
(VIKTIMISERING) (Mat 5:22) ‘Jou gek’ Dis is natuurlik dat wanneer jy net fokus op ‘n persoon se foute, en net dit raaksien dat jy op so persoon gaan pik. Jy is negatief ingestel teenoor so ‘n persoon, en het ‘n outomatiese renons. Jy (DISASSOSIEER) jouself van die persoon. In ‘n huwelik is dit bitter gevaarlik want die gevolg is:
(STONEWALLING) Ontoeganglik, hard, en gemeen.
(CONTEMPT) Veragting, minagting, versmading – parmantig
(CRITISISM) Veroordeling, oordeel, afkeuring
Lyk die bogenoemde eienskappe vir jou soos die Koninkryk van God? Nee sekerlik nie! Ons het die hart van Jesus gemis! Jesus het die grense wat mense tussen mekaar stel kom afbreek. Hy het binne al die klieks en groeperinge ingestap en ons ‘n beter weg kom wys. Ons is in geen groepering veilig tov mense se verkeerde en sondige dade nie. Selfs binne jou klein groepie gaan daar mense wees wat jou seermaak. Ons beskerming lê in Jesus! Ons moet deel raak van God se familie en gesin, koninkryk! Dit is ewig! Al die aarde groepies is tydelik, en bied nie veiligheid nie.
As koninkryksburgers het ons dan juis die opdrag ontvang om in hierdie wêreld vredemakers te wees (Not Peace keepers) ons het die bediening van versoening ontvang om mense met Jesus te versoen, (2 Kor 5:18) nie tot ‘n spesifieke kerk groepering nie.
PRAKTIES:
1) Probeer om positiewe en menslike eienskappe by die ander groepering te identifiseer. Dis die begin van ‘EERBIED’ en ‘RESPEK’. Dit impliseer kontak, jy moet jouself bietjie in hulle skoene plaas.
2) Versprei die inligting – Praat positief (Mat 5:46-48) Ons werk mekaar negatief op teenoor mense wat ons nog nooit ontmoet het nie, net deur een persoon se negatiewe storie. Dit spreek van blindheid en kortsigtigheid.
3) Bid vir jou vyande – Wanneer jy bid kry jy weer God se perspektief op die persoon. (Mat 5:33)
4) Wees lief vir jou vyande – gaan dien en bedien mekaar. Gebruik die 1 Kor 13 barometer van wat liefde werklik is en pas dit toe.
5) Wanneer jy iets teen jou broer ‘ONS’ het – gaan konfronteer die probleem en praat dit uit. (Mat 18 en Luk 17) Dit is onvermydelik dat ons deur mense seergemaak gaan word of te na gekom word. Dit gebeur met ons almal, maar oppas om groepies van steun te werf terwyl die probleem nooit aangespreek word nie.
6) Wanneer jy agterkom jou broer het iets teen jou, los jou offer en gaan maak eers reg. – (Mat 5:23-24) Ons moet nie net die wat teenoor ons oortree konfronteer nie, maar ons moet sensitief wees, as ons dalk teenoor iemand oortree het. Gaan maak dit reg.
Wanneer ons as mens begin fokus op ons verskille, verdeel ons die mensdom in groeperinge ons bou grense en mure, ons verloor ons volwassenheid om goddelik en objektief na die mensdom te kyk en aan te raak Ons is (KLEINLIK) en (ONVOLWASSE) en verloor outoriteit om inspraak te hê tot die mensdom. Ons verloor (TOEGANG) en ons (ISOLEER) onsself. Weereens is dit alles oorwinnings vir satan, en God se Koninkryk is vêr verwyder van ons realiteit. Leef as Koningkryksburgers met ‘n ‘ons’ bewyssyn en floreer in Sy oorvloedige genade!
 
 
 
 
 

Categories
Social Relevance

Children are the future of our world

At time when the focus many in Nation’s Capital is on youth gangs and violence, historic Metropolitan AME Church in down town will spot light youth who are achieving academically and will display their creativity in music and dance  at Youth Day 2014.

The community is invited to share the joy of this event on Sunday, June 8 at 11 am at the church, located at 1518 M St. NW.
The church will hold its usual 7:45 am worship service; however,  the congregation and community will gather at 11 a.m.  in a  special service tp spotlight their youth.
Rev. Rodney Barnes, pastor of Gethsemane AME Church, Landover, Md. will be guest preacher. With the theme of “God’s Gift Looks Good on You,” the worship service will feature the youth choir, small youth orchestra and Liturgical Dancers.  Metropolitan’s 2014 graduates will also be recognized.

A new future vision for youth was stated by the Rev. William H. Lamar IV, who was named  Metropolitan’s new pastor  on April 11.  When asked in an interview if he had any specific plans for Metropolitan’s youth, he responded with his philosophy.

“(I plan) first of all to listen to the youth and not tell them who they are; give them permission and support to do the kinds of ministry that speaks to their generation.  We have to be a permission-giving culture for the young.  …We have to speak to who (they) are or aspire to be.    The best and healthiest churches are multigenerational.
Our biggest mission is to build a stronger Metropolitan for today, bringing generations together– doing things together.  One of Metropolitan’s greatest assets is that we have people over 100 and we have babies too.

Categories
Blogs

Mag die Kerk Oordeel?

Oordeel word meestal in ʼn negatiewe lig gesien. Ons konnotasie met die woord bring ander woorde tot ons gedagtes soos: finaliteit, verwerping, afskryf, verwydering, straf en hel. Ons weet ook dat ons dit nie moet doen nie… maar tog doen ons almal dit selfs sonder dat ons weet. Skinder is ʼn vorm van oordeel, want ek het alreeds ʼn waarheid/oordeel oor iemand gevorm sonder dat die persoon ooit die geleentheid gekry het om hulleself te verdedig. Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Die wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter. (Jakobus 4:11)
Die wat daarvoor veg om nie te oordeel nie, oordeel die wat oordeel.
Die grootste rede hoekom die kerk sy stem verloor het om ʼn morele kompas vir die Wêreld te wees, is omdat ons nie eenstemmigheid het oor dissipline en oordeel nie. Ouers verloor ook op dieselfde wyse hulle gesag met hulle kinders wanneer die een sag is en die ander hard, en later met mekaar baklei oor die dissipline proses. Dit verwar die kind. Tog is die skrif duidelik oor die saak: Ons moet net eers ons eie voorbehoude en opinies uit die weg ruim. Soms is ons negatiewe perspektief oor dissipline ons eie subjektiewe seerkry ervarings waaroor ons nog nie genesing gekry het nie.
Maar wat is oordeel nou eintlik?

Uiteindelik is ons aardse oordeel net ʼn beoordeling en nie ware oordeel nie. Uiteindelik is God die enigste een wat oor ons almal gaan oordeel. Maar ek kies om God se oordele in my lewe nie te verontagsaam nie. (Ps 119: 4, 15, 27, 40, 45, 56, 63, 69, 104, 128, 134, 173) Eerder nou geoordeel word terwyl ons almal nog ʼn kans het om reg te maak, as die ewige oordeel, en ewige straf. Geen straf is sonder ʼn mate van oordeel nie. Daarom voel die persoon veroordeel. Oordeel en straf is onlosmaaklik deel van mekaar. ʼn Ouer wat sy kind die heeltyd waarsku maar nooit sover kom om sy kind te straf nie, verloor gesag in daardie kind se lewe.
Die kerk se straf en oordeel is die van ʼn mens en tydelik. Wanneer God finaal straf is daar geen uitkomkans nie . Dan is daar nie meer kans vir bekering nie. Menslike straf is altyd met die hoop op herstel en bekering! Wanneer die hele Christenkerk in eenheid kan kom met God se prosesse in ons lewens, kan ons meewerk tot genesing en herstel.
Dink gou aan die volgende scenario: Jou beste vriend kom vertel jou in die geheim, en neem jou in sy vertroue dat hy op pad is om moord te pleeg. Hoe sal jy dit hanteer? Gaan jy hom paai, en met hom barmhartig wees? Gaan jy sy sonde toe maak? Of gaan jy bereid wees om ʼn vriend te verloor om ʼn lewe te red? Hoe ondersteun jy ʼn vermeende moordenaar sonder om ʼn medepligtige te word? Hoekom breek jy kontak; hoekom gee jy jou vriend oor aan die gereg? Want uiteindelik wil jy hom/haar red van doodstraf en ook die persoon wat hy/sy wil vermoor.
Die kwessie is nie óf ons moet oordeel nie, maar hoe ons moet oordeel. Daar is net twee tipes oordeel: Regte oordeel en verkeerde oordeel. Om iemand te oordeel sonder dat jy al die feite het, betrokke is in die saak, en eerstehands getuienis het is soos om jouself regter oor ʼn saak te maak en die saak het nooit voorgekom nie. Regte oordeel is wanneer ons ʼn saak
en persoon direk konfronteer en na ʼn proses tot ʼn beslissing kom.
Verkeerde oordeel kom voor wanneer ons:

  • Iemand anders se gesag en hantering oordeel wat nie aan ons gegee is nie. Soos om ʼn pa wat sy kind straf te oordeel , bloot omdat ek nie van dissipline hou nie. Jy is nie betrokke in die verhouding en geskiedenis van ʼn saak nie. Paulus verduidelik dat ons nie iemand anders se hantering van sy dienskneg kan oordeel nie. (Rom 14:4) Kerke is soos gesinne en families, wanneer ʼn sekere kerk een van sy familie lede korrigeer en aanspreek, moet ander kerke die proses respekteer. Wanneer ons iemand wat onder dissipline is jammer kry, en simpatiseer misken ons die agent wat verandering en redding in daardie persoon se lewe moet bring. Dan begin die oortreder fokus op die sogenaamde verkeerde strafproses sonder om te deel met die oorsaak van die straf. Soos ʼn ma kan so ʼn persoon liefde wys, maar nie die straf in twyfel trek nie, eerder dit versterk en met sagtheid die persoon lei om hulle fout raak te sien. As almal saamwerk in die strafproses, is daar nie dubbelstandaarde en onsekerheid nie. Elkeen kan op verskillende wyses hulle onderskeie gawes gebruik om so ʼn persoon te help om tot hulle sinne te kom. Die Herder troos, maar is ferm om nie op die pak te fokus nie maar om die oorsprong van die sonde te vind. Die profeet vermaan van komende oordeel. Die apostel spreek saak direk aan, denkende aan die invloed wat sonde op die groter liggaam het. Die evangelis wys daarop dat so ʼn persoon hul invloed as getuie verloor. Die leraar wys op die skrifte en God se hart en hantering van die saak. Indien elkeen hulle rol in die restourasie proses verstaan, is die kans dat so ʼn persoon gered kan word mos soveel groter. (En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; 23 maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.” (Jud 21-23)
  • Jy iemand vanuit ʼn toeskouer rol oordeel, veroordeel en straf toepas. Jy moet betrokke wees, en as te ware lisensie/gesag/aangestel/mandaat hê om te oordeel. Is die saak aan jou gegee? Almal het ʼn opinie oor ʼn saak, maar Bybelse oordeel soek altyd een uitkoms : Redding! Selfs toe Paulus die sonde van ʼn gemeentelid in Korinte oordeel was dit met dié doel in gedagte: “om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, SODAT DIE GEES GERED KAN WORD IN DIE DAG VAN DIE HERE JESUS.” (1 Kor 5:5) Soos ʼn pa sy kind straf en ʼn pakslae gee om hom te red van onheil, so word oordeel gebruik as ʼn laaste uitweg om iemand tot sy/haar sinne te bring. Dit is vir die ouer geensins aangenaam om sy/haar kind te straf nie, inteendeel dis soms traumaties. Maar juis omdat ons, ons kinders lief het, en wil voorkom dat hulle in dwaasheid en in rebellie tot hul einde kom straf ons, ons kinders. (Heb 12:5-11) Dis tog algemene professionele praktyk, om nie mekaar se sake te bespreek en opinies daaroor te lewer alvorens ek nie aangestel is en al die feite voor my het nie.
  • Jy oordeel sonder dat jy die Bybelse pad met iemand gestap het. “EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; 16 maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. 17 En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar. (Mat 18:15-17) Vinnige oordeel is nooit goed nie, gee dit tyd en stap die pad van dissipline uit. Die uitsondering is wanneer mens regtig deur die Heilige Gees gelei word soos toe Paulus die Waarsêer Gees in ‘n vrou bestraf het. (Hand 16:18) Maar dit het tot haar vrymaking gelei. Jy beplan dit nie, en die saak wat jy oordeel het niks met jou as persoon te make nie. Dis die Heilige Gees wat deur jou werk om orde in die kerk te bring. (1 Tim 5:20; 4:2; Tit 1:13; 2:15) Wanneer jy iemand bestraf (rebuke) is dit ook korrek, omdat dit direkte konfrontasie is. Jesus se styl van bediening was direk, nooit met ompaadtjies, en mooi praatjies nie. Ek glo dat as ons self-verwoestende gedrag direk reguit konfronteer en sake reguit met mekaar uitpraat daar baie meer vrede in die huis van die Here wees. “Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.” (Luk 17:3) Ons is soms so bang vir konflik en om iemand te na te kom, dat ons nie besef dat ons stilswye op die einde baie meer skade veroorsaak nie.
  • Jou oordeel nie waar en regverdig is nie. Lees Mat 23:1-31 Jesus spreek Hom uit teen die Fariseërs en Skrifgeleerdes. Hy maak baie kras en harde uitsprake: “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, blinde leiers, dwase, gewitte grafte, slange addergeslag!” Die feit is: Dit is die waarheid. Jesus voeg nie by, of oordryf nie. Hy sê dit presies soos dit is. Hy maak ook nie die oordeel as reaksie uit bitterheid of omdat hulle Hom nie ontvang nie. Enige kind ontvang sy pak wanneer Hy weet hy/sy was verkeerd. Wanneer hulle egter onregverdig of onskuldig gestraf word, maak dit hulle opstandig. Daarom is dit so belangrik om nie te vinnig ʼn oordeel te vel nie. Kry eers al die inligting ter sake, alvorens jy oordeel en konfronteer. Wanneer jy iemand konfronteer werk net met eerstehandse inligting en dit wat die Heilige Gees aan jou openbaar.
    Om nie regte oordeel toe te pas nie het konsekwensies:

    Sou ons as kerk nie die sonde in ons midde oordeel en hanteer nie, word die hele gemeente uiteindelik besoedel met die sonde. “Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?” (1 Kor 5:6)
    Die laaste uitweg wat niemand graag wil doen nie:

    Om iemand vir wie jy eens lief was te vermy, en die verhouding te breek oor sonde is geen maklike taak nie. Hierdie hantering van verkeerd druis regstreeks in teen populêre opinie en die gees van die wêreld. Tog is dissiplinêre optrede alledaags in die werksplek. Wat laat ons dink dat dissipline nie ook in die kerk geld nie? Toe priesters hulle skuldig gemaak het aan seksuele misdrywe, wou ons nie graag hê dat daar opgetree word teen hierdie individue nie? Die oordeel hoef nie in gevangenisstraf te eindig nie, maar die verkeerd moet aangespreek en hanteer word.
    Die Bybel is baie duidelik dat ons mense wat hulle skuldig maak aan die volgende oortredings uit ons gemeenskap moet verwyder; hulle soos heidene moet behandel, nie met hulle moet kuier of eet nie.
    1 Kor 5:11-13: hoereerders, gierigaards of rowers of afgodedienaars.
    Rom 16:17: tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het,
    Tit 3:10-11: ‘n man wat partyskap verwek,
    2 Tes 3:6: wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
    2 Tes 3:14-15: iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie,
    1 Tim 6:3-5: 3 AS iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,
    Tit 1:10-11: wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is,
    Soos met enige vorm van straf is daar bitter min mense wat hulle sonde onmiddellik erken en bereid is om dit reguit en eerlik in die oë te kyk en ʼn pad van restourasie te soek.
    Tog is dit die enigste pad. Hoeveel huwelike het misluk en die partye het nog steeds nie ʼn benul oor wat verkeerd gegaan het nie. So stap ons met ons foute en tekortkominge van die een verhouding na die ander. Daar vind nie groei plaas nie, want ons regverdig ons verkeerd, ons verskuif die blaam, en ons is nie eerlik met onsself nie.
    Wanneer die kerk iemand tugtig is daar vele uitroepe wat sê: Wie is julle om te oordeel, het julle nie ook sonde nie. Is alle sonde nie dieselfde nie? Daar is ʼn reuse verskil tussen mense wat deur die geloof en Sy genade deurentyd wegstap van sonde, en diegene wat doelbewus en vasberade hulle oorgee aan sonde. Al het ons die grootste moontlike sonde gedoen, ons kan met ons sonde na die troon van genade kom en vergifnis ontvang. (Heb 4:14-16) As ons sonde bely is Hy getrou… om ons te vergewe (1 Pet 1:9) Vir die vrou wat op heterdaad in haar sonde gevang was, was daar genade. Jesus se Woord: “Gaan en sondig nie meer nie” was haar uitkomskaart na ʼn nuwe lewe. Sou sy egter nie gehoor gee, en terugdraai na sonde, sal sy nie van oordeel ontkom nie. Wanneer ons as kerk sonde oordeel sê ons nie ons is sonder sonde nie. Inteendeel die lig van God skyn tydens oordeel op almal se harte, en buig ons almal ons harte na die Here om ons te ondersoek. Ons tree nie uit hoogmoed op en oordeel nie. Ons verneder onsself voor die Here en laat juis toe dat Hy ons was. Inderwaarheid staan ons almal onder die Here se oordeel. Die kerk is net die Here se stem.
    Is dit dan nie die kerk se verantwoordelikheid om mense te vertel van God se genade EN oordeel nie. Ons sal mos nie die waarheid praat as ons net die een kant verkondig en swyg oor die ander nie?
    Jesus waarsku die fariseër van komende oordeel oor hulle valsheid. (Mat 23:14) Laster teen die heilige Gees sal nie vergewe word nie. (Mar 3:29) Dit sal draagliker wees vir Tirus en Sidon as vir die wat Hom nie ontvang het nie in die oordeelsdag. (Luk 10:14) En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. 20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. 21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. Die wat glo en doen sal die oordeel vryspring wat kom oor die hele aarde (Joh 5:24)
    Die Voordele om Dissipline en korreksie te ontvang:

    (Gal 6:1) Oordeel herstel in ʼn groot mate die vrees van die Here in ʼn huis. Net soos met enige familie: wanneer pa ʼn sekere kind straf, bring dit orde in die hele huis. Almal is sommer meer bewus van reg doen en reg leef. Paulus vertel dat hy sekere dinge gelei het ter wille van die liggaam. (Kol 1:24) Soms is een se korreksie ʼn geleentheid vir die wat nog wik en weeg om tot inkeer te kom. Daarom moet sekere sonde oop gemaak word, soos Dawid se owerspel, sodat ons vandag nog kan leer uit sy foute.
    Wanneer mens korreksie ontvang bespoedig dit die prosesse van God in jou lewe. Ons kan nie onsself verander nie, een van God se agente van verandering is korreksie (Heb 12:8) deur dit te weier en aan te hou om jouself te regverdig kan die verandering wat in jou nodig is nie plaasvind nie. (Heb 12:8) Jou smaak bly dieselfde (Jer 48 :11) God het ons genesing en herstel, restourasie in gedagte, sodat ons uiteindelike volkome in Christus sal wees en Hy volkome in ons. (Kol 1:27)
    Nog nooit was ons meer in gebed, meer voor die Here se lig en oë op ons lewens nie. Almal se harte word ontbloot by die straf van sonde. Mag die Here ons almal genadig wees en skenk dat ons goddelike berou sal ontvang en draai van dit wat sleg en verkeerd is. (2 Kor 7:7-10)
    Vrede en Genade in Christus !
    Jan Oosthuizen
Categories
Blogs

HRCO Summit