Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Versprei die Woord

Hoe is dit moontlik dat een man, met 12 vriende, en later net 120 mense wat in ‘n bovertrek saam was die hele wêreld verander het? Dis natuurlik nie ‘n alledaagse gebeurtenis dat iemand uit die dood opgestaan nie! So ook nie die Hemelvaart nie. Die uitstorting van die Heilige Gees was so betekenisvol en kragtig, niemand kon dit vir hulleself hou nie! Daar het al verskeie mense uit die dood, weer lewendig geword. Daar was al verskeie ghoeroe predikers, filosowe en mistiese leiers maar niemand het al ‘n groter volhoubare impak op die wêreld gemaak vir twee duisend jaar as Jesus nie! Alhoewel hierdie persone ‘n beweging mag begin het, het niemand dit al ooit reggekry dat ‘n beweging vir nou alreeds bykans 2000 jaar momentum hou, en nog steeds groei nie. Deur die eeue het die realiteit van die persoon Jesus Christus, Sy opstanding en Hemelvaart, en die uitstorting van die Heilige Gees mense aan die praat, mense se lewens verander, groeperinge vorm, want Hy is ‘n werklikheid! Volgens kenners ontketen ‘n storie wat viral gaan die volgende emosies: Geluk, verassing, admirasie, tevredenheid, hoop, liefde, konsentrasie, trots en dankbaarheid. Die uitdaging is dat elke boodskap, video, artikel wat wel viral gaan, nie volhoubaar is nie. Dit trek aandag vir ‘n oomblik, tot die volgende viral boodskap die massas se aandag trek. God soek nie jou aandag vir ‘n oomblik nie, Hy soek jou lewe! Hy soek nie jou admirasie vir ‘n paar minute nie, Hy soek jou oorgawe! Jou betrokkenheid en interaksie met Jesus, spoor voortdurend bogenoemde emosies aan. Hy is die objek van ons liefde, aspirasie, geluk, tevredenheid en fokus. Om vir Christus te volg is nie sommer vir almal nie. Dis nie ‘n populêre tipe voel-goed-oor-jouself godsdiens nie. Dis nie ‘n I’m OK, you’re OK dingetjie nie. Dis nie ‘n resep vir sukses- en welvaart nie. Dit bied geen kitsoplossings nie. Dis die moeilike weg. Dit daag ons uit om meer as net mensekinders te wees, om meer te doen as wat mense maar doen. Dit daag ons uit om kinders van God te wees. Hy wys ons wie ons Skepper bedoel het ons moet wees!JESUS was die perfekte mens! Sy spiritualiteit, denke en nugterheid, emosionele intelligensie, leefstyl en gewoontes, verhoudingeweredigheid en identiteit is die praktiese beste ideaal vir ‘n gesonde lewe. Jesus is nie ‘n mode gier nie. Jesus is die antwoord vir elke menslike nood. Dis soos ‘n perfekte resep, as jy Hom probeer, Hy kan nie flop nie. Jy moet Hom net probeer. Mense beleef dus vandag nog steeds die selfde resultate as 2000 jaar gelede, as hulle kies om Jesus te volg met hulle hele hart. Jesus leer ons om te vergewe, om selfloos te word, om dankbaar en vervuld te bly, om ons besig te hou met dinge wat werklik ewigheidswaarde het. Hy heilig ons van die blindekolle van skadelike gedrag en motiewe. Hy fokus ons bestaan, om ligter te lewe. Hy anker ons identiteit en gee ons ‘n dieper rede vir bestaan. VANDAG WIL EK PRAAT MET DIEGENE WAT JESUS ONTVANG HET!

Versprei SY roem (Spreading His fame)

In hierdie grendel tyd kan mens maklik vasgevang raak, ingesluit, toegetrek, ingeperk! Dit is die regte ding om te doen, om te voorkom dat die virus te vinnig versprei. Maar dit is nou tyd om die woord te versprei. Ons moet nou nie terughou nie! Ons moet elke geleentheid gebruik om die Woord en ons getuienis te laat WEERGALM!

(Mat 9:31) But when they had departed, they spread the news (Literally made Him known) about Him in all that country. (Land) Ten spyte daarvan het hulle weggegaan en oral gaan vertel hoe wonderlik Jesus is.

En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en ’n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.” (Acts 6:7, DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling) “Maar die woord van God het gegroei en toegeneem.” (Acts 12:24, DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling) FURTHERMORE, BRETHREN, do pray for us, that the Word of the Lord may speed on (spread rapidly and run its course) and be glorified (extolled) and triumph, even as [it has done] with you, (2 Thes 3:1) (Amplified) 1310. διαφημίζω diaphēmízō; fut. diaphēmísō, from diá (G1223), denoting dispersion, and phēmízō (n.f.), to speak. To rumor abroad, divulge, advertise (Matt. 28:15; Mark 1:45). Spoken of a person and meaning to spread one’s fame abroad (Matt. 9:31).Syn.: koinóō (G2840), to communicate, make common; apaggéllō (G0518), to report, announce, declare; anaggéllō (G0312), to bring back word, declare; diaggéllō (G1229), to proclaim; exaggéllō (G1804), to publish, show forth.Ant.: phimóō (G5392), to muzzle, put to silence; sigáō (G4601), to be silent; siōpáō (G4623), to be silent; krúptō (G2928), to keep secret.Die gevaar vir baie gelowiges is dat ons fokus op ons eie oorlewing, en dus preke, leringe, motivering soek om onsself te voed! Die doel van lering is nie om self gevoed te word nie, dit is om inspirasie te ontvang om die goeie nuus te versprei. “As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat.” (John 15:18-27)Dra jou deel van die ontberings soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus. (2 Tim 2:3)Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam. (Gal. 6:17)Daar is ‘n leuen wat baie mense laat terug hou: Moenie dweep nie. Moenie met die Bybel onder die arm rondloop nie. Jy moet die preek leef, nie dit preek nie. As dit die waarheid was, is almal in die Bybel gediskwalifiseer. Ons moet aanvaar dat met verkondiging kom vervolging!! 4742. στίγμα stígma; gen. stígmatos, neut. noun from stízō (n.f.), to make a puncture or a mark (e.g., with a hot iron), to brand. A mark, brand, as pricked into or burnt upon the body, such as the marks with which slaves and sometimes prisoners were branded.Ek en Chantál is bekend met stigma, die stigma van inkommers, die sogenaamde sektegroep, die charismatiese ‘te’ mense! Hulle is ‘te’ geestelik! ‘te’ heilig! Verder het baie van ons eie lidmate ons al vreeslik teleurgestel, deurdat hulle nie leef soos Jesus mense nie. So het Jesus se eie naby dissipels hom verloën, verraai, en getwyfel. Maar vergeet van ons. Ons het self ook al mense teleurgestel, deur te haastig te wees, ons woord nie na te kom nie, nie te help soos verwag is nie. Die kwessie is: HOOR EN DOEN. Om te hoor is nie genoeg nie… daar is duisende miljoene mense wat die Woord gereeld hoor! Vir die WOORD om te werk, moet die Woord GEDOEN word! Jy weet jy moet jou lewe regmaak: Doen dit nou! Jy weet jy moet daardie verhouding beëindig, doen dit nou! Jy weet jy moet ‘n sekere persoon vergewe en regmaak, doen dit NOU! Jy weet jy moet nie jou humeur verloor nie, Stop nou! Ek sien in die laaste 3 maande een van ons gemeente lede geestelik groei, hy woon die Bybelskool by, sy huiswerk is meestal eerste gedoen, en die groei is ooglopend! Ek is amptelik die meeste onfiks wat ek in 2 jaar was. Omdat ek nie meer fiets ry nie. Ek moet bloot op die fiets klim en begin! Waarvoor wag ek?

KOM ONS VERSPREI/VERKONDIG/DEEL JESUS

Die krag van die Woord:

Die krag van die evangelie lê in die Woord. Die Heilige Gees het ons oor die jare gelei, om in ons programme op die radio, internet die Woord van die Here te lees en aan te haal. Omtrent 60% van ons aanbiedinge is die Woord wat gelees word. Mense lees nie meer hulle Bybel nie, wat nog te sê bestudeer. Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. (Heb 4:12) Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. (2 Tim 3:16)

Die krag van jou getuienis:

14Hierdie Goeie Nuus van God se koningsheerskappy sal eers in die hele wêreld, aan al die nasies, verkondig word voordat die einde kom. (Mat 24:14) “as a witness to all the nations” Die krag van die Woord wat in jou lewe werk, is jou getuienis! And with great power the apostles gave witness to the resurrection of the Lord Jesus. And great grace was upon them all. (Acts 4:33)

Die krag van die Here wat ons volg:

Ten spyte hiervan het die apostels ‘n geruime tyd in die stad gebly en in vertroue op die Here onbevrees gepreek. Die Here het ook die boodskap van sy genade bevestig deur die apostels tekens en wonders te laat doen. (Acts 14:3) Ons as gemeente is tans meer as ooit gefokus om ons self met verspreiding van Sy woord besig te hou! Ons vind verskillende maniere op digitale media. – Brugbou – Radio Namakwaland Dinsdae 9:30 – Hartklop – Weeklikse 10min videoinsetsel op Facebook – Jesus, die beste lewe ooit geleef. 40 weke Aanlyn Bybelkursus – Weeklikse Video Onderhoude oor relevante vrae met Jan-Hendrik Kleynhans. – Verskeie weeklike ZOOM byeenkoms met Manne, Chantál my vrou met vroue en ons jongmense. – Weeklikse Aanlyn Kerk byeenkomste in Afrikaans en Engels. – Weeklikse 10min kort video insetsel vir “gedagte van die week” – Weeklikse Webjoernaal. – Alle boodskappe word gepodgooi. – Internetblad word aanlyn bronne sentrum vir soekende gelowiges.Iemand het vir ons ‘n 2dse Digitale drukker geskenk, waarby ons vir minimale herstelwerk moet betaal. Maar dit gaan ons in staat stel om klein boekies te druk, en uit te gee! Ons gaan uiteindelik nog boeke druk, ons lofprysing en musiek opneem, nog meer aanlyn webinare aanbied! Daar is nie meer grense nie!! Jesus Genees! Jesus RED, Jesus maak vry!! Ons is die ingangspunt, die deur “entrypoint” die liggaam, die advertensie wat mense lus maak om in te kom!

Categories
Preke

Groei 2014

Die Here is met ons op pad … reg v.d. begin af, sedert daardie 1ste dag wat Hy ons laat omdraai het om Hom te volg, het alles verander. Ons sien die lewe vanuit ‘n hele nuwe perspektief. Ons lewe het nuwe sin en betekenis gekry. Hy voer ons saam in Sy triomftog totdat ons voluit in Sy volheid lewe en handel.  Die eindbestemming van hierdie pad is om elke dag meer en meer in alles wat ons doen soos Jesus te wees en te lewe. Hy is die somtotaal van ons lewe. En ons hele lewe is opgesluit in Hom. (Kol 3:2) Sy lewe: is nederig, ‘n dienskneg, vol van geloof, sagmoedig, rein, ongeveins, opreg, eerlik, lojaal, met integriteit, gehoorsaam, vrymoedig, gemaklik, ongekunsteld, en vry. Die einddoel van ons lewens is dieselfde vir ons almal: of ons nou ryk is aan aardse goed of nie, of ons die aansien het by baie mense of min, of ons leiers of volgelinge is, jonk of oud.  Die bogenoemde eienskappe is die vrug van intimiteit met God.  Ons is almal afhanklik van die Here om Sy karakter deur ons te laat manifesteer.

In Hom is die oorsprong van ware lewe. (Joh 1:4; 11:25) Deur hom het ons ewige lewe en ware lewe ontvang (1 Joh 5:11) Sy lewe en manier van lewe is die beste manier om te lewe. (Joh 14:6) Ons wil dus aanhou groei, en opgroei in volwassenheid in al hierdie eienskappe in Hom (Gal 4:19; Kol 1:28-29) dis immers ons skeppingsdoel (Rom 8:29). Hierdie groei is nie beperk tot hierdie jaar nie, maar elke jaar werk die Here verdere groei in ons, soos ons hierdie pad met Hom stap.  Uiteindelik moet elke ervaring wat ons met God het, lei tot die bogenoemde karakter eienskappe wat ongeforseerd natuurlik uit ons voortvloei. Dis ons redelike godsdiens, om as lewende en heilige offers Sy wil en lewe te leef hier op aarde. (Rom 12:1-2)

Mense soek met elke nuwe jaar nuwe hoop, nuwe openbarings, en selfs nuwe visie.  Dit is nie verkeerd nie, maar nie ten koste van dit wat God reeds gesê het nie, en wat ons nog nie voltooi het nie.  Ek is dus versigtig vir al die nuut, terwyl ek nog sukkel om dit wat ek wel weet gedoen te kry.  Ek het dus nie ‘n nuwe woord of rigting ontvang nie. My begeerte is bloot om hierdie reis in Hom te voltooi.

2014 is ‘n progressie van 2013 se posisioneer vir groei. God is altyd besig om ons te posisioneer vir groei. (Joh 15:1) Hy buig en snoei die lote om optimale groei in Hom te bewerkstellig. Soms is die skuiwe radikaal, en ander kere gering, maar ons is dankbaar en verwelkom dit wanneer Hy ons ‘strategies posisioneer’ vir Sy doelwitte.  So het die Here Adam en Eva strategies in Eden geplaas.  Dis immers presies wat die frase “and there He put man” in Gen 2:8 beteken.  Hierdie posisie en plek waar God ons plaas is onontbeerlik vir enige verdere groei en Koninkryksinvloed wat Hy ons toelaat om te hê. Die dorp, die mense, die tipe werk, die omgewing, die tyd, alles werk mee in God se voorsiening aan jou, om Sy wil te doen.

In Malcolm Gladwill se boek staaf hy hoe mense se sukses nie soseer afhang van hulle DNA en genetiese samestelling nie, maar van die omgewing, die familie, vriende en ondersteuningsnetwerk wat om hierdie persone is.  Soos met Jesus het God ook vir jou ‘n liggaam voorberei om deel van te wees. (Heb 10:5) Jesus is alreeds in Adam, daarna Abraham, Isak en Jakob, asook Sy hele geslagregister geposisioneer vir Sy aankoms en verskyning aan die mensdom.  So het God ons ook voorberei vir die werk op hande.

2014 is dus die jaar van groei vir ons gemeente. Oor die laaste 14 jaar het die Here ons toegerus, ons kapasiteit vergroot, ons denke vernuwe, en ons lewe gereformeer in lyn met Sy Woord, en sal Hy aanhou om dit te doen. Die Here het in sommige van ons in 2013 groot skuiwe bewerk vir nuwe groei, ander gaan beleef hoe die Here hulle in hierdie nuwe jaar weer skuif en posisioneer vir groei, en sommige moet nog die skuif maak om deel te word.  Hierdie proses hou nooit op nie, maar ek is opgewonde oor hoe die Here my en Chantál nie net fisies geskuif het in die jaar nie, maar ook hoe Hy ons innerlik versterk het, vir ‘n nuwe tydvak in ons lewe en bediening.

Dinge waaraan ons aandag gaan gee in 2014:

  • Die Here het ons geroep vir die Olifantsriviervallei, spesifiek die Afrikaans sprekende. Ons vertrou die Here dat Hy ons gaan help om meer in Afrikaans te doen. Die webtuiste volledig in Afrikaans is gereed en opgegradeer. Ons wil meer Afrikaanse liedjies skryf en sing, en ons het ‘n paar boeke wat ons graag wil voltooi en uitgee. Ons wil ook ons radio bediening verbeter en meer ontwikkel.
  • Ons mense is wonderlik toegerus oor die jare, en nou is dit tyd om te bedien, en uit te gee, dit wat jy geleer het toe te pas en ander te leer wat jy geleer het. Ons gaan nuwe huiskerke plant, en ons opleiding uitbrei sodat diegene wat toegerus is , ook die geleentheid kry om te leer en ander toe te rus.
  • Leon en Liebenette begin ‘n nuwe huiskerk vir jong getroudes of paartjies wat gaan trou.
  • Ons gaan publiek met ons lofprysing en aanbidding. Opelug en straat byeenkomste van tyd tot tyd waar ons aanbid en die Here vertrou vir ‘n kragtige demonstrasie van Sy koninkryk om mense te bevry en te restoureer.
  • Kort seminare oor – huwelike, ouerskap, sakevernuf en die persoon en werk van die Heilige Gees.
  • Ek en Chantál gaan soos ons kan ook tyd afstaan aan ons tieners, een van die eerste fokus areas die jaar, ontdek jou eie Christus identiteit.
  • Boere in God se koninkryk gaan ook ‘n belangrike fokus wees hierdie jaar. Ons bou voort om elke plaas in ons gemeente ‘n ware Jesus plaas te maak, en God se koninkryk te vestig. Goeie werksverhoudinge en optimale produksie deur:  opleiding, leierskap ontwikkeling, huisvesting, waardes en etiek, en ekonomies bemagtiging. Ons vertrou ook die Here om opkomende boere te mentor in Afrika d.m.v. ons Afrika uitreik model.  Ons vlieg al vroeg in die jaar met ‘n paar boere na Uganda, om die hoenderprojek uit te brei, en te gaan kyk na nuwe landbou moontlikhede in hierdie land.
  • In ons eerste kwartaal begin ons met ‘n nuwe Bybelskool kursus nl. “Die Jesus Lewe”. Ons gaan leer hoe om prakties soos Jesus te lewe, in terme van jou tyd, jou gesin, familie en vriende, jou gewoontes, belangrike rituele en jou innerlike welstand.  Die kursus is nie net vir gemeente lede nie, en ons gaan dit in al drie die dorpe aanbied.
  • Ons Mannekamp skuif weer terug na die begin van die jaar, so verwag die datums einde Maart.  Hierdie jaar gaan ons groot!  Plaaswerkers, voormanne, bestuurders en boere moet nie hierdie geleentheid misloop nie!
  • Ons vertrou ook die Here om meer sigbaar te wees in die gemeenskappe waar God ons geplaas het, in ons ouetehuise, hospitale, skole, en die armstes van die armstes. Ons werk in HUG het ‘n reuse hupstoot gekry deur Rob en Jan Mathis se betrokkenheid by Ubuntu Crèche in Riverview informele nedersetting. Die crèche word tans ontwikkel om ‘n volwaardige onderrig sentrum te word, sodat die kinders ‘n beter kans en self ‘n voorsprong sal kan hê wanneer hulle skool toe gaan.  Sodoende kan ons begin om die siklus van armoede te breek in hierdie gemeenskap. Ons beplan ook om van die begin van die nuwe jaar met ‘n Bybelskool in die buurt te begin o.l.v Rob Mathis.  Die doel is om die kerkleiers beter toe te rus, sodat hulle weer hulle mense beter kan lei en help.

Soveel mense se gelukwensinge en woorde van bemoediging vir ons vir 2014, en tydens ons huweliksherdenking en my verjaarsdag het die woord ‘groei’ bevat.  Groei is ‘n teken dat daar lewe is.  Orals waar daar lewe is, is daar groei.  Ons gemeente en bediening lewe, want Jesus is ons lewe.  Hy is die lewe van ons bediening.  Die uitkoms van ons bediening is Jesus. Die metode van verandering, transformasie, en reformasie is Jesus! Die hoof van ons kerk is Jesus en Hy is die middelpunt waarom ons hele sonnestelsel beweeg.  Een van die eerste dinge wat ons mense leer in ons gemeente is om akkuraat God se stem te kan hoor, te onderskei en te toets aan die woord.  Ons ideaal is om mense te bou op Jesus as fondament.  Groei is dus onvermydelik en spontaan, dis normaal en deel van ons DNA.  Ons groei in geestelike volwassenheid in Hom, maar ons groei ook in invloed en gesag soos God Sy grondgebied deur ons vergroot in die Olifantsriviervallei.

Vrede en Genade vir julle elkeen wat deur God saam met ons geroep is tot hierdie pad en reis van die geloof in Christus Jesus ons Here!