Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

𝗪𝗮𝗻𝗻𝗲𝗲𝗿 V𝗲𝗶𝗹𝗶𝗴 G𝗲𝘃𝗮𝗮𝗿𝗹𝗶𝗸 R𝗮𝗮𝗸

#geloof #aksie #risiko #veilig #beweging #vastevertroue #vreesloos #aktief 

Geloof is altyd ‘n aksie. Ons veiligheid is belangrik, maar oordrewe veiligheid inhibeer ontwikkeling. Seuns ontwikkel juis deur soms gevaar te trotseer, en bedrewe te word in allerhande vaardighede, soos skaatsplank, boomklim, en van hoogtes afspring.  Ons geloof groei nie deur wat ons van die Here weet nie, maar deur dit wat ons weet in aksie te beproef!

Daar behoort ‘n gesonde spanning tussen die moederlike “veiligspeel” en die vaderlike “lekker-gevaar’ instink in die opvoedingproses na volwassenheid te wees. Beide is belangrik! Geloof is die heilige balans tussen die vroulike inhibisie, en die manlike triomf.

And this is the victory that has overcome the world—our faith.

(1 John 5:4) 

Hoofskrifgedeelte: Luk 19:11-27 

Hierdie gedeelte moenie vergelyk word met die een oor die talente nie (Mat 25:14-30). Dié gelykenis het heeltemal ‘n ander boodskap: 

Lukas 19:11-27 – Jesus vertel die verhaal van tien slawe wat ewe veel ontvang is (3 maande loon) en opdrag gegee om daarmee te handel en die geld aan die werk te sit… vir ‘n slaaf om sy bedrag met tien te vermenigvuldig is net indrukwekkend, maar word as heerser oor tien stede beloon, en kry selfs die deel van sy maat wat sy bedrag veilig gehou het.

Die les: Moenie wins moraliseer nie, moraliseer wat jy met jou wins doen. Om daardie soort wins met so min te maak, en boonop ‘n slaaf te wees, en nie ‘n edelman nie is merkwaardig! Dit is die soort vaardigheid wat nodig is om die wêreld te verander en om God se Koninkryk hier op aarde te vestig soos dit in die hemel is.

“‘n Man van adellike afkoms het na ‘n vêr land toe op reis gegaan om as koning aangestel te word en dan terug te kom.” – dit is duidelik dat Jesus, die man van adellike afkoms, wat nie deur Sy eie landgenote is nie aanvaar word nie. 

Hy gee tien slawe dieselfde bedrag. Teenoor die gelykenis waar diensknegte: elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid” – hul talente is omtrent twintig jare se verdienste.  Die verwysing na slawe en die getal tien: dit is ‘n heel getal, verwys na die totale versameling van diensknegte, slawe, volgelinge van Jesus, wat die belofte ontvang het; dat ons Heer, die koning is, en by Sy terugkeer gekroon gaan word. Ons is slawe van Sy koninkryk.  

(Pragmatic) 4231. πραγματεύομαι pragmateúomai; fut. pragmateúsomai, mid. deponent from prágma (G4229), matter, business. To be doing, to be busy, occupied, to do business, to trade or traffic (Luke 19:13). 

Deriv (afleiding).: diapragmateúomai (G1281), to gain by doing business, to bargain; pragmateía (G4230), a transaction, affair. 

Syn. (soortgelyke woorde): ergázomai (G2038), to work; katergázomai (G2716), to accomplish; energéō (G1754), to effect, operate; kámnō (G2577), to toil; emporeúomai (G1710), to carry on business. 

Antonym (teenoorgestelde).: argéō (G0691), to be idle. 

Daar was ‘n algemeen bekende historiese parallel aan hierdie verhaal. Beide Herodes die Grote en sy seun Archelaus het na Rome gereis om die koninkryk Judea van die keiser Caesar te ontvang. In die geval van Archelaus het die volk van Judea hom gehaat en ‘n afvaardiging na hom gestuur na Rome om aan die keiser te sê dat hulle nie wil hê dat hierdie man oor hulle moet regeer nie. Augustus het gekompromitteer deur Archelaus toe te laat om te regeer, maar slegs as landsheerser, onder die uitgangspunt dat hy die titel koning sou moes verdien, wat hy nooit gedoen het nie. Archelaus het vir hom ‘n pragtige paleis in Jerigo gebou, waar Jesus gaan preek het. Jerigo was ongeveer ses ure se stap, 19 kilometer van Jerusalem af.  

Die rede vir hierdie gelykenis word aan die begin verduidelik: Die aanleiding was dat Jesus naby Jerusalem was en die mense gedink het dat die koningsheerskappy van God skielik, ja, enige oomblik sou aanbreek.  Soos die mense wat na Jesus geluister het, hul het verwag dat Jesus dinge gaan verander: Sy koningskap aankondig; ‘n Revolusie begin; dit sal met almal beter gaan.  

Jesus benadruk ‘n ander realiteit: Hy gee vir ons elkeen dieselfde mate van geloof (Rom 12:3) en genade (Eph 4:7), ons moet egter daarmee handel dryf, dit uitgee, en dit wat ons ontvang het vermeerder (Mat 10:8).  Die eerste perspektief is ons is passief, en die koning is aktief. In Jesus se verhaal is die slawe aktief, en die koning op ‘n vêr reis.  Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag… (2 Pet. 1:3-4) 

Ons almal hou egter baie meer van passiwiteit, gemaklikheid, veiligheid, rus, niks doen… Ons leef tans in ‘n feministiese liberale wêreldbeskouing, gelykheid vir almal, voedselveiligheid, naspeurbaarheid, estetiese gemak en gerief, veiligheid, veiligheid!! 

Stabiliteit en veiligheid is natuurlike strewe van enige beskawing; dit is waarom ons lewens langer, gesonder en meer welvarend geword het.  Tog ondervind ons steeds van tyd-tot-tyd vernietigende finansiële krisisse, duur natuurrampe en dodelike ongelukke. As ons mooi kyk na die gedrag wat hierdie rampe voorafgaan, het hierdie gerief en veiligheid ons eintlik swakker, en minder paraat, aan die slaap gesus! Veiligheid beteken ook dat sommige mense juis hierdie veiligheid gebruik om groter risiko’s te eksploreer.[1]

Besparing is ‘n vorm van versekering en ‘n goeie ding. Individue spaar om hulleself te beskerm teen ekonomiese terugslae. Lande doen dieselfde deur buitelandse valuta reserwes te versamel. Maar vir een persoon wat spaar, moet iemand anders leen. As ‘n land as geheel meer spaar stoot rentekoerse af en moedig ‘n ander aan land om meer te leen, wat skuldgedrewe bateborrels lewer en derhalwe finansiële krisisse. As rentekoerse so laag is en almal meer spaar en minder spandeer verminder almal se inkomste en maak die land armer. Dit is die paradoks van spaarsaamheid.  

Hierdie gelykenis bied ons ‘n derde opsie om ‘n gesonde balans tussen die handhawing van veiligheidsmaatreëls en genoeg gevaar te handhaaf: Woeker; pragmatiese besig wees, handel dryf, sake doen, beweeg uit, en neem risiko’s.  

Greg Ip stel Gerald Wilde voor, ‘n sielkundige aan die Queen’s University in Kingston, Ontario, wat beweer dat almal ‘n “risikotermostaat” het wat ‘n mens se gedrag aanpas totdat hul voorkeurvlak bereik word. Hy demonstreer deur sy navorsing, dat mense gewoonlike meer goeie keuses maak, as hulle genoeg sensoriese terugvoering kry.  Soos ‘n bergklimmer ‘n fyn aanvoeling ontwikkel oor die sterkte van anker punte, en ‘n branderplankryer die brander swel kan aanvoel raak die avonturier veiliger deur hulle innerlike vernuf.   

Hierdie innerlike aanvoeling om die lewe voluit te leef, maar ook die regte grense te respekteer, maak die gelowige ‘n formidabele karakter-sterk mens, te midde van krisis.  Die geloofsdade van vermenigvuldiging, woeker, pragmatiese oplossings, getuienisse bring geestelike gesag mee.  Een slaaf het sy bedrag vertiendubbel. Hy word aangestel om oor tien stede te regeer. ‘n Slaaf word ook ‘n adellike koninklike heerser!  

Die vrugbare, oes-lewer-dade van ‘n gelowige bied ons geestelike gesag, nie net in die wêreld wat kom nie, maar ook in hierdie wêreld.  Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. Die wat vermeerder het, vrug gedra het, oes gelewer het, kry nog meer, en nog meer!  

Die skepper God, skep deur Sy woorde ‘n Eden uit chaos. 

Getuig, bid vir siekes, bedien mense, gee aan die armes, versorg die wees, dryf duiwels uit, raak aan die wat deur stigmas verstoot word… Dit kos geloofsrisiko selfopofferende geloofsdade!! Ons moet uitwaarts, dink en doen.  

Ontwortel enige vrees in jou lewe

Die groot hartseer van hierdie verhaal is dat die slaaf se vrees teenoor die Heerser gerig was. ‘Meneer, hier is u muntstuk. Ek het dit in ‘n doek gebêre. Ek was bang vir u, want u is ‘n harde man. U eis op wat u nie belê het nie, en oes wat u nie gesaai het nie.’ Soms kan godsdiens reëls en regulasies mense in vrees vir oordeel lamlê.  Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. (1 Joh 4:18) 

  • Vrees vir beheer verloor en die onbekende 
  • Kern probleem: God kompleks. Self is op die troon. 

1 Cor 10:13; Phil 4:13; Rom 8:31

  • Vrees vir afstand en isolasie 
  • Kernprobleem: 2de-handse realiteit van Liefde 

Rom 8:15; 1 John 4:18-19; Eph 1:6 

  • Vrees vir verwerping en gesig verloor 
  • Kern Probleem: Vrees vir die mens 

2 Tim 1:7; Isa 50:6-7; Num 14:9; Isa 8:12; Mat 10:28

  • Vrees vir die dood en seerkry 
  • Kern Probleem: Nog nie self-verloën, selfloos 

Gal 2:20; Heb 2:15; 1 Cor 15:55; Rom 8:28; 2 Tim 3:12

Ons oorwin deur die geloof 

  • Geloof is wysheid!
  • Geloof is nie haastig nie! 
  • Geloof is vaste vertroue! 
  • Geloof is ‘n vreeslose sekerheid! 
  • Geloof is ‘n daad! 
  • Geloof is Heilig en Goddelik! 
  • Geloof is ‘n genade-geskenk! 
  • Geloof is beweging! 
  • Geloof is Liefde! 


[1] Ip, G., 2015. Foolproof. 1st ed. Copyright © 2015 by Greg Ip. Reprinted with permission of Little, Brown and Company.

 

Categories
Preke

Toeskouers vs Daders

Die gevaar om die waarheid te ken en dit nie toe te pas nie!

Hoofteks: (James 2:14-26) 

Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof ‘n mens red? Sê nou daar is ‘n broer of ‘n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade. Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs. Jou dwaas, wil jy ‘n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is? Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaardgegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is ‘n vriend van God genoem. Julle sien dus dat ‘n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie. Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ‘n ander pad laat ontkom het nie? ‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.

Die Bybel is nie ‘n versameling akademiese teoretiese kennis nie. Die Bybel is ‘n versameling geloofstories van mense wat hulle kennis van die waarheid toegepas het.  Daar is ‘n wesenlike verskil tussen “beliefs” geloofsoortuigings en “faith” geloof. Die duiwels glo ook, hulle het dadelik erken dat Jesus Here is. Een van die grootste misleidings van die inligting revolusie is dat ons onmoontlik al die kennis wat ons weet en lees, kan toepas in ‘n leeftyd.  

 Knowledge without experience is useless.                                                              Experience without Knowledge is ignorance. 

“Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ‘n swaar straf kry. Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ‘n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.” (Luk 12:47-48) 

Wat help die kennis van gebed, as jy nooit bid nie? 

Wat help aanbiddingsmusiek as jy self nooit die Here aanbid nie? 

Wat help dit dat jy geestelik ontvang maar nooit iemand dissipel of na die Here toe lei nie? 

Wat help Bybelskool as jy nie dit wat jy geleer het toepas en weer ander leer nie? 

Wat help dit dat jy deel is van ‘n gemeente maar nooit ‘n bydrae maak nie? 

Wat help dit dat jy gered en nuutgemaak is, maar nie jou bediening uitleef nie? 

Wat help dit ons bid vir Vrede in SA maar leef nie reg nie? 

Wat help dit dat ons sê ons is Christene maar ons dink, leef en doen nie soos Jesus nie? 

Jesus se vleeswording is net so belangrik as sy kruisdood en opstanding. Deurdat Hy tussen mense geleef en gewerk het vir 30 jaar, wys Hy ons hoe om te leef. Jesus is nie ‘n filosoof wat net mooi idees verkondig het nie. Hy het hierdie idees geleef. Byvoorbeeld: Moenie jou teen ‘n kwaadwillige mens verset nie… julle moet julle vyande liefhê… bid vir die wat julle vervolg…(Mat 5:38-46) is letterlik deur Jesus vervul. 

Geestelike gewig en outoriteit kom nie deur die waarheid te weet nie, dit kom deur die waarheid te doen! Daar is ‘n wesenlike gevaar en misleiding, om die waarheid te ken en dit nie toe te pas nie.  Kennis van die waarheid sonder toepassing, maak ons slim sondaars. 

Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.” (Mat 7:21) Hierdie tema van DOEN, was Jesus hoog op Jesus se preek tema lys: 

Die Gelykenis van die Saaier: En wat in die goeie grond val — dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ’n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra. (Luk 8:15) Die gelykenis verduidelik hoe die sorge van die lewe, versoekings, vervolging ons meebring dat ons nie daders is van die Woord nie> 

Bou jou huis op die rots: Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. (Mat 7:24) 

Die profetiese Rede, ewige lewe en ewige straf, die skape en die bokke. (Mat 25:31-46)