Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die Groeipad van die gelowige

Doen die SELFTOETS – Kliek HIER

Ontwaak tot Jesus Christus

Vanuit ʼn suiwer skriftuurlike perspektief: Het Jesus ooit ‘n appèl gemaak dat mense Hom moet aanbid? Nee, Hy het nie. Sy appèl oor en oor was: “Volg my.” (Mat 4:19; 8:22; 9:9; 10:38; 16:24; 19:21). Jesus soek dus nie ons admirasie nie, Hy soek ons gehoorsaamheid. Natuurlik is aanbidding ‘n belangrike deel van me geestelike lewe en groei, maar lofprysing is nie wat ons red nie. Lofprysing, aanbidding, godsdiens beoefening is nie ons middelaar nie, Jesus is.

Doop in Water

Doop is ’n baie kontroversiële onderwerp tussen Christene.  Die een ding waaroor  almal egter ooreenstem is die feit dat elke gelowige gedoop moet word, want daaroor is die Bybel baie duidelik.  Die probleem is hoe en wanneer? Ons weet dat die kern van die evangelie handel oor die aflê van die ou mens, en die opneem in die geloof van jou nuwe Christus natuur.  TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg  (Mat 16:24-25; Gal 2:20; Phil 3:18).

Doop in die Heilige Gees

Die wonderlike natuurlike voorsiening wat God gee word dikwels deur satan verdraai of vervals sodat ons dit verwerp. Uitgehonger aan God se liefde, koop ons dan makliker in tot die swak  nabootsing wat satan ons aanbied. Ons as mens het almal ‘n geestelike spirituele honger. 

Skakel met die liggaam

Skakel en raak deel van die Familie: Die wese van kerkwees is die samekoms van gelowiges  (Acts 2:42, 46). Die wese van hierdie samekoms is dat ons mekaar sal opbou, stig en versterk in bediening (Matt. 22:39; Acts 2:44-45; 1 Cor 14:26).

Leer die Wil/Woord van God

Rus jouself toe vir bediening (Matt. 28:18-20, Acts 2:42). Elke volgeling van Jesus hoort deurgaans in ‘n Bybelskool. 

Aanbid in Gees en in Waarheid

Aanbid die Here in Gebed en Lofprysing (Matt. 22:36-37, Acts 2:43, 47; Acts 2:42). God is Gees en moet in Gees en waarheid aanbid word (Joh 4:35). 

Lei iemand om ‘n volgeling van Jesus te word

Lei iemand om ‘n volgeling van Jesus te word (Matt. 28:18-20, Acts 2:41, 47). Daar is niks wat mens so verkwik en versterk as die voorreg om iemand na die Here toe te lei nie.  

Dien die gemeenskap met Jesus se lewe.

Dien die gemeenskap en Wêreld met Christus en help vorm gemeenskap na die beeld van Jesus Christus (Col. 1:28).

Categories
Preke

7 Maniere om geestelik Fiks te Bly

  1. Voed jou gees deur die Woord, gebed en meditasie. 

Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” 

Die woord waarna hier verwys word is ῥῆμα rhḗma; die stem van iemand wat praat.  Dit impliseer God se hoorbare stem.  Hy het julle laat swaarkry en julle laat hongerly en toe vir julle die manna gegee om te eet—iets wat julle nie vantevore geken het nie en julle voorouers ook nie. Hy wou julle laat besef dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar van elke woord wat die Here sê. (Deut 8:3) 

Wanneer ons Bybel lees, doen ons dit biddend, ingestel om Sy stem te hoor.  Meditasie is juis die bepeinsing van God se Woord, sodat die gedeelte wat Hy deur Sy Gees in jou hart verlig het kan insink, ons begrip kry om te verstaan wat ons moet doen, om in die praktyk toe te pas. Hierdie hoorbare insprake vanuit God se Woord, anker ons, en maak ons bestendig in tye van onheil en krisis. Hierdie woorde spreek tot ons gees, en help om om insig te verkry.  Hierdie woorde van God raak die padkaart van ons geloofsreis met die Here.  Hoe meer tyd jy met die woord maak, dit lees, memoriseer, bid, preek en leef hoe meer Woordfiks raak ‘n mens. Jy hoor Sy stem al hoe duideliker, want jy het ‘n geloofs-woord-woordeskat.

 

2. Aktiveer jou Geloof. 

Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? 

Geloof is ‘n aksie, ‘n werkwoord, dit is gehoorsaamheid. Dis is die doen en handeling van die Woord, wat ons geestelik fiks maak. Geloofsfiks!

Om Jesus te dien is onmoontlik vir die vlees, dit kos geloof om te vergewe, te dien, die persoon wat nie liefde verdien nie lief te hê, jou laaste geld te gee, vir siekes te bid, iemand na die Here toe te lei. Hoe meer jy die woord in geloof begin toepas, hoe fikser word jy.  Jy bou as te ware geloofspiere, en ‘n geloofs-kapasiteit wanneer jy byvoorbeeld die Here fisies loof in moeilike omstandighede.

Jy kan iemand wat baie tyd in die gimnasium spandeer dadelik uitken aan hulle fisiese fikse voorkoms – die grote van hulle spiere. So kan jy gelowiges dadelik uitken aan die grootheid van hulle geloofsdade.  

3. Beoefen jou geestelike gawes: 

Die Vader het deur die Heilige Gees vir ons voorsiening gemaak om bonatuurlik soos Jesus te leef: Die 9 vrugte van die gees (Gal 5:20-21) en 9 gawes van die Gees (1 Cor 12:4-11) is God se bonatuurlike bekragtiging om Godsvrugtig te lewe.

Hierdie is bonatuurlike genadegawes om God se liefde in die wêreld te demonstreer.  Hierdie gawes maak ons bediening gerig, en fokus ons om te gee. 

Wanneer ons iets betekenisvol vir iemand kan doen, laat dit ons goed voel, en ons voel geïnspireerd. ‘n Waardevolle geestelike oefening in tye van nood en verlies.  Wanneer jy fisies niks het om vir iemand te gee nie, maar jy kan deur ‘n profesie iemand se gemoed verlig en nuwe hoop gee, voel jy ryk.  Ons is ryk in Christus, deurdat Hy ons toegang gegee het tot Sy koninkryk, ‘n geestelike erfenis van goddelike gawes en vermoëns. (Eph 1:3; 2 Pet 1:3-4) 

 

4. Rus. 

Jesus het tyd gemaak om selfs te midde van ‘n dagreis, neer te lê en te slaap. (Mark 4:35-41) Studies het bevind dat slaap is ononderhandelbaar wanneer dit kom by konsentrasie en denk vermoëns, en emosionele stabiliteit. [1] 

‘n Konsert violis slaap tot 9 ure om totaal verstandelik uitgerus te wees, om hulle beste te gee. In ‘n studie groep is ‘n moeilike kode-woord ontdekking oefening aan 2 groepe gegee. Die een groep het genoegsaam geslaap en gerus, die ander het wakker gebly. Die groep wat gerus het, het 2 keer vinniger die probleem opgelos as die ander groep.  

Om goed te slaap veronderstel sielsrus. Mens raak nie aan die slaap as jy ontsteld is, of bekommerd is oor ‘n sekere krisis nie.  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. (Phil 4:6-7) Hierdie is ‘n wesenlike belangrike daaglikse oefening wat geloofsmense moet baasraak.  Ons moet elkeen leer hoe om in gebed, deur petisie, en dan danksegging jou behoeftes aan die Here bekend te maak, en dan in Sy teenwoordigheid die geskenk van sielsrus te ontvang.  Ons hele geestelike geveg in hierdie lewe is vanuit die posisie van rus. Ons baklei harder, deur harder te rus! Hierdie rusposisie is ons posisie van gesag en outoriteit om soos Jesus die storm stil te maak.  

 

5. Interaksie met die gemeenskap van gelowiges.  

Saamkuier is onmisbaar, en kern tot ons geestelike bestaan. Die saampraat, getuig, deel, en stories vertel bou ons op in ons geloof.  

Dr Henry Cloud vertel van sy swaer wat besig was om sy Navy Seals opleiding te voltooi toe hy op die laaste dag van “Hell’s week” fisies nie meer in staat was om die moordende swem poging te voltooi nie.  Sy vriend het hom gesien sukkel, en hom van die kant af begin moed inpraat, skielik amper bonatuurlik het hy krag gekry om klaar te maak.  Om saam met die regte mense tyd te spandeer, te eet en te kuier, stig jou gemoed. Dis veral in hierdie saamwees tye waar ons juis ons geestelike gawes beoefen om mekaar op te bou, te stig, te bemoedig, en aan te spoor. Sommige mense sukkel nog om voor mense te bid, wat nog voor mense in tale te spreek, die uitleg te verkry, en te profeteer?!  HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging — laat alles tot stigting geskied.(1 Cor 14:26) Om geestelik fiks te word is dus nie net die kuier aspek nie, dit is om oor te gaan na dieper gesprekke en geestelike bediening. Om vir mekaar die hande op te lê, en te bid word ons geestelik versterk en fiks.  

 

6. Maak jouself oop vir mentorskap. 

Ons het almal terugvoering nodig van ‘n spesialis, om ons te help groei en ontwikkel in ‘n sekere area.  Soos met atlete wat wil beter presteer, het ons elkeen ‘n geestelike mentor en afrigter nodig. In ons hart dink elke mens hy of sy doen reg. Dit is wanneer ons lewe onder die lig en standaard van Christus Jesus staan, besef ons ons sonde en misrekende self-regverdiging.  

Geestelike Vaders wil toesien dat hulle kinders opgroei in volwassenheid in Christus Jesus se lewe, denke, gewoontes en waardes. (Gal 4:19; Col 1:28-29) Dit beteken daar is ‘n spesifieke aanmoediging, korreksie, vermaning, bestraffing en tugtiging proses. (Heb 12:5-11) Mense wat nie geestelike direkte afrigting ontvang wat op Christus se voorbeeld gerig is nie, is geneig om Jesus te misverteenwoordig.

 

7. Dink reg.  

‘n Groot deel van ons spiritualiteit is opgesluit in ons denke. Hoe ons dink, die spesifieke manier en proses van dink bepaal ons lewe. Geestelike mense het hulle denke laat formeer deur die Woord. Hulle dink woord, en volgens die voorskrifte en wyshede van die woord. Dink aan die wyshede van prediker en spreuke.  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.

Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. (Rom 8:5-11) Denkwyses volg geloofsoortuigings, of wêreldbeskouings wat uiteindelik ‘n ideologie vorm.  Dit gaan nie hier soseer oor wat jy dink nie, maar hoe jy dink. Dink jy liniêr of sistemies. Dink jy vanuit God se perspektief of die van ‘n mens soos Petrus. (Mat 16:23) Dink jy redusering na een aspek of pluralisties geheeldenkend? Geestelike mense het die sinne van Christus. (2 Cor 2:16) Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. (Joh 3:8) Geestelike   mense is dus onvoorspelbaar, vars en nuutdenkend, maar bepalend van ‘n sekere rigting – die troonkamer van die Here. Voorbeelde van negatiewe denke is prakties: dink jy altyd die slegste van iemand? Is jy soos Thomas altyd ongelowig omdat jy eers wil sien? Is jy neerhalend op jouself? Meet jouself gedurig aan ander? Doen jy die heeltyd selfondersoek? Soek jy altyd eers die fout by iemand anders? Is jy vol verskonings? Voel jy geregtig tot iets waarvoor jy nie gewerk het nie? Hierdie gedagtes is alles voorbeelde van denke wat nog nie geestelik fiks geraak het nie. Hoe lank vat dit jou om vanuit ‘n ‘default’ ou manier van dink, te beweeg na weer reg dink? Hierdie proses moet vinniger plaasvind, vir die persoon wat geestelik fiks is.  

In tye soos hierdie is dit wesenlik belangrik dat ons geestelik fiks raak, met groot waarde tot jou algehele immuniteit . Geestelike fiksheid help om al die ander aspek. te van jou menswees, emosies, drifte, gewoontes te anker en reg te rig.  Geestelik gesonde mense hanteer spanning, en krisisse beter. Hulle kan verandering beter hanteer. Hulle is nie so baie ingestel op die daaglikse nuusgebeure en omstandighede nie. Hulle is gewoonlik meer hulpvaardig en soek praktiese oplossings. Hulle is mens-georiënteer om mense se nood vinniger te herken, en daadwerklik te help. Hulle is meer dankbare mense.  


[1] June J. Pilcher, Allen I. Huffcutt; Effects of Sleep Deprivation on Performance: A Meta-Analysis, Sleep, Volume 19, Issue 4, 1 June 1996, Pages 318–326, https://doi.org/10.1093/sleep/19.4.318