Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

Die krag van jou getuienis

Toe Jesus in die skuit klim, het die man wat van die duiwel besete was, by Hom daarop aangedring om saam met Hom te gaan. Jesus het hom dit egter nie toegelaat nie maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het.” Hy het toe gegaan en deur die hele Dekapolis begin bekend maak wat Jesus alles vir hom gedoen het. Almal was verbaas daaroor. Mark 5:18-20 

312. ἀναγγέλλω anaggéllō; to tell, declare, messenger. To announce, make known, declare, tell of things done, events, To bring word, inform 

Mens staan verbaas dat Jesus hierdie heidense nog-onlangs-besete man, nie eers dissipel en reg leer nie. Die man se soeke is opreg, om saam met Jesus te vertoef, en nou dat hy by sy regte verstand is, te leer van die Meester.  Jesus stuur die man terug na sy vriende met ‘n eenvoudige opdrag: “gaan getuig en vertel wat met jou gebeur het.” 

Toe Jesus ‘n tyd later weer in die gebied van die Dekapolis kom wag daar ‘n skare  (Mark 7:31-37). Die keer genees Hy die doofstom vrou in die geheim. Hierdie uitsonderlike wonderwerk, sou tog mense finaal oortuig? Hy kapitaliseer egter nie op die skare of die groot wonderwerk nie.  Jesus is hierin vir ons ‘n voorbeeld oor hoe Hy nugter is oor wat mense trek, maar ook wat mense betrokke hou.  

Jesus het nie hulp nodig gehad om Sy missie te voltooi nie, maar Hy het wel ooggetuies nodig gehad om dit wat Hy doen oor te vertel!! Hy kies dissipels vir hierdie rede, om ooggetuies te wees, en om in hulle eie woorde te vertel wat gebeur. Die evangelie skrywers het hierdie taak met erns opgeneem, sodat ons vandag vier ooggetuie verslae kan hê van wat Jesus gedoen het. Sonder hierdie getuienis sou Jesus se werk in vergetelheid verval het. 

Die Vuur Van Geloof

Dit is hierdie getuienisse wat die evangelie se vuur lewendig hou.  Getuienis bou ander se geloof, as die Here dit vir my kan doen, kan Hy dit ook vir jou doen! Ons moet kerk toe kom met ‘n getuienis, maar meer nog, ons moet elke geleentheid gebruik om ons vriende te nooi en te vertel van die wonderdade van die Here!! 

Die Kultuur Kwessie

Afrikaners is in wese volgens hulle opvoeding en kultuur godsdienstig.  Dis nie alles sleg nie, en mens is dankbaar vir die waardes waarmee ons ouers ons grootgemaak het. Waardes van harde werk, regverdigheid, en eerlikheid.  Verskuil in hierdie Calvinisitese wêreldbeskouing is die kwessie van nederigheid.  Mens bemark nie jouself, jou kerk, of jou politieke party nie!  Ons is krities op mekaar, en wys eerder foute uit as om iemand openlik direk te vereer.  Na mens se dood dan word sekere mense in oordaad verheerlik, amper vergoddelik.  Ons prys nie ons kinders nie, ook nie ons vrouens of mans nie.  Netnou kry hulle ’n grootkop! 

Gevolglik sal ons nooit van ons kerk praat nie.  Ons is te skaam om mense te nooi! Die kerk moet ook nie hulleself bemark nie, dit word gesien as self-promosie en ambisie!  

Soms is ons skaam om ons vriende te nooi, want ons is nie seker of hulle van die musiek, die mense, of die werking van die Gees sal hou nie! Tog is dit juis die bonatuurlike wat mense ‘n honger voor het. 

Volgens navorsing is daar onder andere 6 redes hoekom mense nie hulle vriende nooi nie: 

  1. Die lofprysing is nie goed genoeg nie. 
  2. Die pastoor is bekend om mense “op die spot” te sit, en moontlik te “offend”. 
  3. Die mense by die kerk maak my soms skaam, oor hulle getuienis in die gemeenskap.
  4. Die geboue en fasiliteite is nie netjies en aantreklik nie. 
  5. Die lede is net op hulleself en mekaar ingestel. 
  6. Daar gebeur nie iets opwindend en lewens veranderend nie. 

Die Getalle Kwessie

Die Handelinge Kerk het numeries dramatiese vinnig gegroei en dit is benadruk as ‘n getuienis en bewys van die Here se werking onder hulle: So is die gemeentes in die geloof versterk, en die getal gelowiges het by die dag groter geword (Hand. 16:5). 

Sien (Hand. 6:7; 9:31; 12:24; 16:5; 19:20)

Die voordele van ‘n groeiende kerk m.b.t. getalle is, dat getalle, getalle trek.  Daar is bloot meer hande wat kan help, om byvoorbeeld ‘n kinderkerk te begin. Hoe meer getalle hoe hoër die standaard.  Jy kan mense voltyds aanstel wat spesialiseer in ‘n gebied soos Jeugwerk, berading, en kinderbediening. Getalle ontsluit hulpbronne om meer te doen, en relevant te wees m.b.t. opleiding, hulp aan die armes ens.  

Die negatief van groot getalle is dat direkte een-tot-een dissipelskap afneem. Verantwoordbaarheid en intieme verhoudings kan verlore raak. Mens voel jy is net ‘n nommer.  Mens kan wegraak in die skare.  Geestelike diepte kan ook verlore raak, as die skare en nuwelinge nie dieselfde diepte het nie, en dit ook nie soek nie.  Die skare dikteer, en die kerk kan dan mensgerig raak om die getalle te probeer behou. Die fokus kan gevolglik ook meer op uiterlike aansien geplaas word om skares aan te hou aantrek. 

Die Kwessie van Die “Openlike” Teenoor “Bedekte” Benadering

Om ‘n getuie te wees is ‘n lewenstyl.  Ons beroep, ons besigheid , en ons huis moet resoneer met dit wat ons verkondig.  Hierdie is die bedekte (covert) benadering.  Ons wil nie opdringerig wees met ons geloof nie, ons wil ook nie dweep nie.  Daarom se ons dinge soos: “preek eerder deur jou lewe as deur jou mond”.  Iemand wat iets preek wat hy of sy nie leef nie, is ‘n leuenaar en ‘n bedrieër, ‘n valse getuie.  Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” (Rom 10:14-16).

It pleased God through the foolishness of the message preached to save those who believe. (1 Cor 1:21) 

Ons het in hierdie tyd nodig om weer meer vrymoedig te raak om mense openlik uit te daag oor hulle geloof.  

Die Kwessie van Vriende Nooi

Statistiek 

  • Church advertising 2% 
  • The preacher 6% 
  • Organized evangelism programs 6% 
  • Friends and relatives 86%[1]

Die waarheid egter van vriendskap getuies is dit moet eg wees. Om niemand se vriend te wees net om hulle in die kerk te kry, is om vriendskap te gebruik om iets te verkoop.  Vriendskappe is hoe ons dissipels maak.  

Die Kwessie van Tyd

Die grootste rede egter hoekom ons nie meer vandag lewendige getuies vir die Here is nie – ONS IS TE BESIG! Die lewe eis sy tol op ons tyd en aandag!  Ons is só besig net om te oorleef, ons het min tyd om iemand anders te probeer help, veral as hulle nie lyk asof hulle regtig ernstig of soekend is nie.  Mense se lewens is oorvol, oorweldig met soveel uitdagings, kinders se vol skoolprogramme, ekonomiese en sosiale verval – ons is VERLAM! 

Wanneer jy iemand nooi, het hulle altyd ‘n verskoning.  Dit is soos om aan die wêreld sushi te probeer verkoop wat dit nog nooit probeer het nie.  Dit is juis daarom dat ons ware getuies behoort te wees. Want ons is die “proof of the pudding” ons lewe is die bewys van die krag van die evangelie! 

Oproep Tot Aksie!! 

Die eenvoudige waarheid na al hierdie verskonings en kwessies is: Ons eerste roeping as kind van God is om Sy getuie te wees!! 

“Ek sê vir julle: Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook openlik uitspreek voor die engele van God. Maar hy wat My voor die mense verloën, sal voor die engele van God verloën word. (Lukas 12:8-9).

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand. 1:8)

In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. (1 Petrus 3:15).

Tog bly julle aan my Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie, selfs nie in die tyd toe Antipas, my getroue getuie, doodgemaak is daar by julle waar die Satan bly nie. (Open. 2:13)

En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. (Open. 12:11) 

Die uiteindelike grootste voordeel vir hoekom ons Sy getuies moet wees, is die skeppende krag van ons woorde. Ons skep ons eie toekoms deur aan te hou te getuig van die goeie werke wat God elke dag om ons doen.  Sien die hand van die Here! Rig die lig en aandag van mense op die bewegings van die Here! Keep Him in the SPOTLIGHT! 

Ons stories is vir die Here belangrik!! 

Skryf vandag in en word Jesus se joernalis! Elkeen kan deur tegnologie, woorde, photos, videos oorvertel wat God besig is om in ons midde te doen!! As ons nie mense in ‘n rigting stuur nie, sal hulle nie weet waar om te gaan nie.  

Harvester kan jou nie red nie, maar Harvester is ‘n plek en ‘n toegangsdeur na die Here toe!! Ons aanbid mos nie die aanwysingsbord nie, maar sonder die bord sal mense nie by hulle bestemming uitkom nie!  Daarom sê ons vir mense: “Gaan soontoe, daar sal vir jou verder gesê word waarheen om te gaan!”  


[1] [Adapted from “Evangelism: The Why and How” by Elmer L. Towns, in Church Growth State of the Art, C. Peter Wagner, ed. (Wheaton: Tyndale, 1988), p. 53. ]