Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater | Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Categories
Preke

10 Koninkryk-Van-God Beginsels Wat Hoop Gee Vir Die Toekoms

Iemand vra my onlangs: “Wat gee jou hoop op hierdie tydstip in Suid Afrika en die Wêreld?” 

My HOOP is in Jesus! Maar dit is te simplisties gestel. My hoop is in JESUS se manier van LEEF!! Jesus preek en leef ‘n filosofie van REGLEWE wat deur die eeue die toets van tyd deurstaan het!  Sy manier van dink, handel en ingesteldheid is die beste manier om te leef, en om deur die dramas van die lewe sterker anderkant uit te kom.  

Deur die eeue is die mensdom geneig om verder en verder weg van God se REGTE Bloudruk en standaard vir die lewe te beweeg.  Die gevolg is oorloë, pandemies en hongersnood – skuddings wat die lewenstyl van die mens toets.  Tydens COVID 19 pandemie was die beste praktyk teenmiddel: ‘n gesonde stres-vrye leefstyl wat gesonde verhoudings, oefening, rus, dieët insluit. Hierdie gesonde leefwyse is bewys as die beste manier om COVID te oorleef. 

In tye van ekonomiese resessie, is dit die gesonde maatskappye en ondernemings wat staande bly: ondernemings wat histories goed na hulle mense kyk, asook om kleinte tevredenheid te behou deur kwaliteit produkte en diens daar te stel. Hulle skuld en besteding word ook goed bestuur, en kostebesparing praktyke is alreeds in plek.  

Die Onwankelbare, Ewige Koninkryk

Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied. U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.” (Heb 1:8-14) 

U koningskap is ‘n koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen (Psalm 145:13)

Die Here regeer vir altyd. Sion, jou God regeer van geslag tot geslag. Prys die Here! (Psalm 146:10)

“For thus says the LORD of hosts: Once more (it is a little while) I will shake heaven and earth, the sea and dry land; and I will shake all nations, and they shall come to the Desire of All Nations, and I will fill this temple with glory,’ says the LORD of hosts. ‘The silver is Mine, and the gold is Mine,’ says the LORD of hosts. The glory of this latter temple shall be greater than the former,’ says the LORD of hosts. ‘And in this place I will give peace,’ says the LORD of hosts.” (Hag 2:6-11) 

“Nog een maal sal Ek nie alleen die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die woorde “nog een maal” laat duidelik blyk dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem sal word, sodat die onwankelbare dinge kan bly. Laat ons wat ‘n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is ‘n verterende vuur. (Heb 12:26-29) 

Die Koninkryk Boodskap: Jesus se Hooftema en die Apostels se Prediking

Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Mark 1:14) 

Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook aan die ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.” (Luk 4:43)

Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig. (Han. 19:8)

Hierdie koninkryk boodskap word vandag ongelukkig min gepreek of verduidelik, wat nog gedemonstreer deur die kerk!!! Namate mense onder Christus se heerskappy en gesag teruggebring word, word ons tot gesondheid, skoonheid en vryheid herstel.

In Jesus se bediening het Hy die Koninkryk begin verkondig (Matt. 4:17), en Sy dissipels (Luk. 9:2; Luk. 10:9); asook die eerste kerk (Hand. 4:34; 10:45) beveel om dieselfde te doen. Die manier waarop God sy Koninkryk aan die wêreld toon, is juis om deur die armes, die swakkes en eenvoudiges Sy heerlikheid te vertoon: 

Luister, my geliefde broeders — het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie? (Jak. 2:5) 

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1 Kor. 1:26-29)

Die Koninkryk-boodskap is inherent ʼn regte-identiteit-boodskap! Wanneer ek God reg begin sien[1], leer Hy my om myself reg te sien[2] sodat ek ander reg kan begin sien[3]. Reg sien help my om reg te begin doen! ʼn Ander woord vir sonde is “verkeerd doen”, of om dit positief te stel: Heiligheid is om reg te doen. Alle menslike ongeregtigheid en oortredings kan opgesom word as iemand wat nie met ʼn ander reg gemaak nie. 

Daarom is die boodskap van die Koninkryk van God in wese die beginsel van REG DOEN teenoor alle mense. Die Fariseër en die Leviet het nie reggedoen teenoor die man wat deur rowers aangeval is nie – hulle het sy nood geïgnoreer. Koninkryk-gerigte sake-eienaars maak hulle werknemers ryk. Koninkryk-gerigte werknemers maak hulle eienaars ryk. Koninkryk-burgers meet rykdom nie net aan geld nie; ons is ryk aan hoe ons mekaar se lewens verryk deur ʼn mooi gesindheid en hoe ons mekaar help en ondersteun. 

Die KONINGKRYK se primêre BOODSKAP is altyd:

1. GENESING op alle vlakke 

Wat was die primêre inhoud van Jesus se Koninkryk Boodskap? 

En Hy is die boek van die profeet Jesaja gegee. En toe Hy die boek oopmaak, vind Hy die plek waar dit geskrywe isDie Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. (Luk. 4:17-21)

Toe Jesus se bediening getoets en bevraagteken is deur Johannes die Doper: En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig. (Luk. 7:22-23)

Jesus het op die armes gefokus en wil hê dat ons op die armes moet fokus: MAAR geestelike armoede is nie noodwendig finansiële tekort nie.  Om God nie te ken nie, jouself nie lief te hê nie, geen familie en vriende te hê nie is ook ‘n vorm van armoede.  

Genesing is dus multi-dimensioneel: Geestelik, Emosioneel, Fisies, Sosiaal, Intellektueel, Finansieel en Ruimtelik.

Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. (Matt. 25:44-46) 

As elke gelowige die Here dien:

  • met hulle HELE HART
  • en elkeen ondernemings begin wat GENESEND van aard is teenoor die mensdom
  • kan ons dit HEMEL maak op AARDE! Selfs werknemers kan ‘n genesende uitwerking in ‘n maatskappy hê.  

Die getal Christene het in die eerste eeue besonder vinnig gegroei.[4] En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke. (Hand. 19:10)

Volgens Dreyer se historiese perspektief op kerkwees was die eerstehandse betroubare getuienis:

  • bonatuurlike gawes
  • die sending-gedrewe fokus
  • die bereidwilligheid om opofferings te maak (selfs gemartel te word), die hoofredes vir hierdie groei.
  • die waardestelsel van die Christelike geloof wat Jesus Sy dissipels geleer het, nie in geskrifte bewaar nie, maar uitgeleef:
    • barmhartigheid
    • wedersydse ondersteuning
    • selfbeheersing
    • respek vir lewe en liefdevolle omgee het talle mense oortuig dat die Christelike geloof van waarde is. Een van die kenmerkende waardes van die vroeë Christene was hulle respek vir lewe as ’n gawe van God. Hulle het nie deelgeneem aan praktyke soos kindermoord, aborsie of die verkoop van kinders aan slawehandelaars nie. In die eerste eeue na Christus was dit algemene gebruik om ongewenste kinders buite die dorp weg te gooi sodat wilde diere hulle opvreet. Die eerste volgelinge van Jesus se leefstylwaardes was:
  • Doen goed aan mekaar.
  • Vermy boosheid soos diefstal, bedrog en jaloesie.
  • Betoon gasvryheid aan vreemdelinge.
  • Versorg mekaar en deel kos met mekaar.
  • Bewys barmhartigheid teenoor alle mense.
  • Behartig die versorging en verpleging van siekes.
  • Huishoudings getuig van waardigheid, verantwoordelikheid, pligsbesef, eerbaarheid en gehoorsaamheid.
  • Etniese verskeidenheid word aanvaar.
  • Vroue, kinders en slawe word met respek behandel.
  • Respek vir lewe voorkom aborsie en kindermoord.
  • Martelaarskap en die bereidheid om “jou kruis op te neem”.[5]

Die koninkryk is nie ‘n destinasie nie, maar ‘n bepaalde BEDRYFSTEL. 

The kingdom of God is in your midst.” For behold, the kingdom of God is within you [in your hearts] and among you [surrounding you].  Because God’s kingdom is already among you.” (Luk 17:21) 

Ons is ook die tempels van die Heilige Gees (1 Kor 6:19-20). Dit dui dus op ‘n manier van leef, omdat jou uitkyk op die lewe vanuit ‘n hemelse, goddelike, geestelike, ewige, invalshoek benader word.  

dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid. (Col 1:27)

Die koninkryk van God bedryfstelsel en invalshoek word ‘n kultuur, omdat ‘n hele geloofgemeenskap van mense ook volgens hierdie riglyne begin leef. 

“Religion shapes character and daily behavior. It establishes the social, economic, and political structures that provide life’s framework. Weber is probably best known for his phrase “the Protestant work ethic,” which described the ethos that empowered the countries of northern Europe to lift themselves out of poverty.” [6]

“Leo Tolstoy spent most of his old age writing a book called, “The Kingdom of God is Within You”[7]

Hierdie goddelike perspektief op die lewe is wat ons bestaansreg volhoubaar maak op die aarde.  Deur eeue se siklusse van politieke magspel en selfs oörloë staan die Koninkryk Boodskap uit as die enigste ware Noord vir die samelewing se vreedsame voortbestaan.  

2.    ‘n Agterstevoor-onderstebo -teenoorgestelde, gans ANDERSE optrede

Omdat ons onder ‘n Hemelse Koning staan, en Hy ons lewe bepaal vanuit Sy hemelse wêreld, doen ons dinge anders.  Ons doen en late het ‘n hemelse, ewige, goddelike aard.  Ons is nie van hierdie wêreld nie

“We subdue by submitting.  We win by losing.  We are made grand by making ourselves little.  We come in first by becoming last.  We are honored by being humble.  We fill up with God by emptying out ourselves.  We become wise by being fools.  We possess all things by having nothing.  We wax strong by being weak.  We find life by losing ourselves in others.  We live by dying.”  t 

Leonard Sweet

As jy wil lewe moet jy STERWE

“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. (Mat 16:24)

As jy wil eerste wees neem die LAASTE plek in.  (Mar 9:15) 

As jy wil lei, gaan DIEN iemand. (Mat 20:26) 

As jy meer wil besit, GEE meer weg. (Luk 6:38) 

As jy die belangrikste wil wees, maak VREDE om die geringste te wees.  (Mat 18:4) 

As jy wil wen, wees bereid om soms te VERLOOR.  (Mat 16:25) 

Die SWAKKES is volwaardige burgers.  Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak, die siekes ‘n sterk nasie. Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers, nou en vir altyd. Micah 4:7; “Ek sê vir julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter as Johannes is nie, en tog is die geringste in die koninkryk van God groter as hy.” (Luk 7:28)

Ons veg harder deur “harder te RUS”.  If you learn to rest more, you will see more provision, more victory, more revelation, more healing in your life! (Mat 11:28) 

Volwassenheid is om soos ‘n KIND te word.  In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?”Hy het ’n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. 5En wie so ’n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.” (Matt 18:1–35; 5:13; 10:40, 42; Mark 9:33–50; 10:15; Luke 9:46–50; 14:34–35; 15:4–7; 17:1–4; 18:17)

Ons weerstaan die bose deur die TEENOORGESTELDE gees. Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. (Mat 5:39) Passiewe teenstand.  Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg (Mat 5:44)  

Ware kinders van God leef volgens ‘n goddelike koninkryk bedryfstelsel. Omdat ons uit God gebore is, doen ons dinge anders as die kinders van die wêreld. Ons doen dinge in die teenoorgestelde gees, want ons het en is besig, om aan self te sterf. Ons het ons vyande lief, ons seën die wat ons vloek, en ons bid vir die wat ons misbruik.  Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. (Rom 12:21)  Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. (Mat 5:39–40) As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. (Luk 6:29–30) Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; word ons belaster, ons troos (1 Corinthians 4:12-13 )

’n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom. (Proverbs 15:1)

3.    SWAARKRY, lyding, verlies en vervolging is ‘n seën 

Lees sorgvuldig die saligspreuke! Hierdie gans-anderse perspektief op die lewe was verfrissend en lewensveranderend! (Mat 5:3–11). Die meeste mense sien swaarkry, vervolging, verlies as traumaties om vermy te word te alle tye.  Verder moet ons saamstaan en mense wat ander dissiplineer of voorskryf, en dus seermaak of skade berokken kanselleer en sosiaal uitwis!  

Die Bybel sien alle swaarkry as ‘n bedekte seën, want as ons die Here bly gehoorsaam ten spyte van lyding (Heb 5:8), word ons karakter gevorm, ons

  • persoonlikhede gelouter
  • ontvang ons gesag en outeurskap om ander te help! 

Gelowiges probeer nie ten alle koste swaarkry vermy in vrees nie, ons weet dat die lewe gepaardgaan met bepaalde swaarkry:  

  • Ons groei deur ons swaarkry
  • bly gelowig die Here dien
  • koninkryk beginsels word handhaaf deur die swaarkry. 

4.    Die koninkryk verower HARTE nie geografiese grondgebied nie 

Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” (Luk 6:45) 

God se koninkryk is nie geboue en katedrale nie (Isa 66:2-3) dis die kondisie van jou hart.  Sien die Gelykenis van die Saaier. (Mark 5)  

Jesus ZOOM gedurig in op mense se harte! Hy ken almal se harte. Hy sien deur die Fariseërs se strikvrae, hy sien die owerspelige vrou se berou, hy sien ‘n belastinggaarder se edele regverdigheid.  Nie almal se harte is gereed of vrugbaar om die saad van God se Woord te ontvang en dit toe te pas nie! Daarom verskil die opbrengs en die vrug van Geregtigheid in ons van persoon tot persoon! 

Die samelewing is besig om hulleself te vernietig a.g.v. seer, stukkende, gebroke harte!! Seer, stukkende mense maak ander seer.  Soms vra ons die vraag oor hoe iemand so harteloos kan wees, en niks om gee vir ander nie? In plaas van veroordeling moet ons innige deernis hê met so ‘n persoon, omdat hulle soos die besete van Gadara nog nie Jesus ontmoet het nie.  Nog nie hierdie genade van God se vrug van die Heilige Gees in hulle harte ontsluit het nie.  Hulle is nog blind, en sien derhalwe nie hulleself of ander reg nie. 

5.    In God se koninkryk word alles bepaal deur gesonde wederkerige VERHOUDINGS.  

Alles in die natuur is verbind, en in verhouding tot die ander. Onlangs het die Yellowstone Nasionale Park gesien dat sy ekosisteem wat die trofiese kaskade-effek genoem word, herstel is, aangesien wolwe weer ingebring is. [8]   ‘n Boom op sy eie is nie ‘n woud nie. Op sy eie kan ‘n boom nie ‘n konsekwente plaaslike klimaat vestig nie. Dit is uitgelewer aan die genade van wind en weer. Maar saam skep baie bome ‘n ekosisteem wat uiterstes van hitte en koue modereer, baie water stoor en humiditeit genereer.

En in hierdie beskermde omgewing kan bome baie oud word. Blykbaar sinchroniseer die bome hul prestasie sodat hulle almal ewe suksesvol is. Die tempo van fotosintese is dieselfde vir al die bome. Dit lyk asof die bome die verskille tussen die sterkes en die swakkes gelykmaak. Of hulle dik of dun is, alle lede van dieselfde spesie gebruik lig om dieselfde hoeveelheid suiker per blaar te produseer. Hierdie gelykmaking vind ondergronds deur die wortels plaas. Daar is natuurlike ‘n lewendige woordewisseling daaronder aan die gang. Wie ‘n oorvloed suiker het, gee ‘n bietjie oor; wie ook al kortkom, kry hulp. Dit is omdat ‘n boom net so sterk kan wees soos die woud wat hom omring.  [9]  

Die Bybel begin in ‘n tuin, eindig in ‘n tuinstad, en die tussenin is vol verhale van God se ontmoeting met mense in wingerde, boorde, tuine, berge, velde en woude. Neem die tuine (Eden, Getsemane) en die berge (Sinai, Hermon, Ararat, Nebo, Karmel, Olywe, Sion) uit en jy het die hart uit die Skrif gesny!  

Daar is vele lesse oor God se Koninkryk wat ons soos Jesus se landbougerigte gelykenisse uit die natuur kan leer.  Soos byvoorbeeld: Die mense waarmee jy die meeste tyd spandeer bepaal jou lewe.  Waar jy geplant is belangrik! 

Alhoewel elke spesie sy unieke eiesoortige identiteit en doel het, funksioneer elkeen altyd binne ‘n spesifieke ekosisteem, van onderlingverwante harmonie. Mono-kultuur Kommersiële boerdery is nie volhoubaar nie, want ons skep doelgerig ‘n wanbalans in die natuur, waar ons weer meer en meer chemiese manipulasie moet gebruik om dieselfde resultate te hê. Jesus het deur die gelykenis van die koring en onkruid geleer, om die onkruid tot die einde toe te laat, dan word dit verbrand en vernietig (Mat 13:24-30). Deur verskillende ondersteunende gewasse saam te plant, verdedig en help die een die ander.  Terwyl ‘n eensoortige fabriek benadering wel tot groter produksie syfers lei, moet daar meer plaagbeheer toegepas word.  

Een van die Christendom se grootste foute deur die geskiedenis, is die idee dat ‘n mens meer heilig word deur jouself van die wêreld te skei. Maar hierdie selfopgelegde heiligheid het nie die krag om bose begeertes te onderdruk nie. Dit is die heiligheid van elke afsonderlike een wat die geskiedenis verander! Soos Daniël, Nehemia, Ester en Mordegai. 

‘n Sekere man het ‘n vyeboom in sy wingerd laat plant, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. (Luk 13:6-9). Van die begin af het God Sy gestuurdes strategies in situasies geplaas om Sy volk te bevry. Moses is strategies in ‘n rivier geplaas om deur die prinses van Egipte gevind te word. 

Die kerk se OPDRAG is om mense soos waterdigte skepe die groot see in te stuur, wat in die grootste storms nie kan sink nie.  ‘n Vis leef in water, maar die water is nie in die vis nie! Individuele heiligmaking is die kern van die krag van die Kerk.  Die teendeel is ook waar, individuele kompromie, afvalligheid, louheid verswak die Kerk.  

‘n Handvol sout maak ‘n mens siek, maar sout wat in ‘n sop vrygestel word, gee dit smaak. Ons is nie van die wêreld nie. Soos Jesus is ons vreemdelinge, geroep om sondelose lewens te lei in ‘n bose samelewing. Jesus het die streng godsdienskultuur van die Jode ontwrig toe Hy geopenbaar het dat God se guns, jubileum-herstel ook vir die heidene was. (Lukas 4:16-30).  Ons almal se dade en lewe gaan op die ou einde geoordeel en beoordeel word (Mat 13:24-30).

Daarom die moeilike opdrag om jou vyande lief te hê!  

Dit is ‘n geestelike koninkryk. 

Omdat die Koninkryk van God alles gaan oor verhoudinge is dit ‘n geestelike entiteit. Die geestelike aard van God se koninkryk oorbrug al die aardse grense, kampe, en groeperings.  

“My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,” antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.” (Joh 18:36)

Die koninkryk van God is immers nie ‘n saak van praatjies nie, maar van krag. (1 Kor. 4:20)

Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie. (1 Kor 15:50)

Toe Jesus deur die Fariseërs uitgevra is oor wanneer die koningsheerskappy van God dan kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koningsheerskappy van God kom nie met sigbare voortekens nie. Hulle sal nie sê: ‘Kyk, hier is dit!’ of: ‘Daar is dit!’ nie, want die koningsheerskappy van God is hier by julle.” Jesus het aan sy dissipels gesê: “Daar sal ’n tyd aanbreek wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die Mens te sien, maar julle sal dit nie sien nie. Hulle sal egter aan julle sê: ‘Kyk, daar is Hy!’ of: ‘Kyk, hier is Hy!’ Moenie gaan nie, en moenie agter hulle aanloop nie. Soos ’n weerligstraal flits en die hemel van die een kant na die ander kant verlig, só sal die Seun van die Mens op daardie dag van Hom verskyn. (Lk 17:20–24). 

Is nie gefokus op UITERLIKE standaarde nie. 

Uiterlike voorkoms kan baie misleidend wees.  Die Fariseërs het reg aangetrek, die rituele reg aangebied, hulle hare op ’n manier gedra, gepreek, en tog noem Jesus hulle witgepleisterde grafte.

6.   WERK is terapeuties en genesend tot die siel 

In Luk 19:11-28 versterk die gelykenisse van die ponde en talente ook die gedagte van werk, vermeerdering van wat jy ontvang deur daarmee te woeker. Die antwoord vir ‘n gesonde mensdom, is wanneer almal werk en produktief is. Ons moet herbesin oor hoe ons dink oor werk. Werk is goed. Werk is God se voorsiening aan die mens. Werk as dit Bybels reg gedoen word, volgens God se ritme van elke sevende dag rus, is vervullend. 

Luiheid en Hebsug is die twee grootste kankers wat enige ekonomie verwoes.  Die meeste kenners se gevolgtrekking oor die primêre redes van die 2008 Bank krisis was: hebsug (GREED) wat gesetel is in luiheid.  Hebsug se uiteindelike doel is om nie meer te werk nie!  

Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk — hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. (Spr 22:29) 

Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk, om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper, en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk. En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak: (Eks 31:2-6) 

Die verwagting en persepsie van baie mense oor werk is dat dit vleeslik, aards, sekulêr, teenoor-geestelik, ‘n straf, en vloek is. Tog wanneer mense aftree en nie hoef te werk nie, dan werk hulle meer as ooit.  Wanneer ons sterf dan sê ons “rus in vrede” asof die persoon nooit in die ewigheid gaan werk nie.  

Soos ons Jesus volg, leer Hy ons Sy manier en beginsels om te leef:

  • Hy skenk ons Sy genade, en werk die vrug van die Gees in ons karakter.
  • Ons morele kompas verander rigting: getrouheid, eerlikheid, waarheid, hou by jou woord, betaal elkeen wat hy toekom, wees ’n goeie rentmeester ens. word die nuwe werkswyse.

7.   VRYGEWIGHEID is ‘n permanente hartingesteldheid. 

MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. (Mat 6:19-34) 

Sal daar soveel kos weggegooi word in die wêreld, as ons almal ‘n GEE-KULTUUR gehad het.  

Nuwe sake-ondernemings floreer deur eers produkte of diens verniet te gee.  ‘n Gesonde ekonomie floreer op die ALMAL-HOU-AAN-GEE beginsel.  Dit beteken almal!!! Wanneer mense net ontvang raak hulle afhanklik en swak.  

Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het. (Ef 4:28) 

Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. (2 Kor 9:6-10; Gal 6:5-6)

Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag. Hy sê toe vir hulle: “Julle is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is ‘n gruwel voor God. (Luk 16:14-15; 1 Tim. 6:10)

Ware rykdom is nie die hoeveelheid aardse besittings nie, maar hoeveel mense ek ryk maak. 

8.   Ons leef vir ‘n HEMELSE BELONING

Mat 19:16-30 Die Ryk Jong Man het alles reg gedoen, en wou weet of hy genoeg gedoen het om die koninkryk te beërwe? Sy bestaan was selfgerig, en hy was suksesvol met baie besittings! Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê? Sy fokus was op goed doen!

Die feit dat hy Jesus kom vra het, is ‘n aanduiding van die leegheid en onsekerheid wat hy in sy gemoed rondgedra het.  Jesus gee hom ‘n hemelse ewige roepingsopdrag! Verkoop alles!!! Gee vir die armes! Dan het jy ‘n hemelse skat.  Volg my. Word ‘n visser van mense!  Jesus is nie teen aardse rykdom nie! Maar teen die feit dat ons, ons sekuriteit en selfwaarde daarin grondves.  

Dit is baie moeiliker om voor ‘n lewende, alwetende, almagtige God rekenskap te gee, as voor mense! Jy kan mense bluf en mislei, maar wanneer die boeke oopgemaak word in die wittroon oordeel sal elke geheim geopenbaar word!  

Ewige oordeel balanseer die gemeenskap!! Omdat mense nie meer in die hiernamaals glo nie, ook nie in God of Sy woord nie, val alles uitmekaar!  

9.   Volhoubaarheid kom deur die kuns van goeie RENTMEESTERSKAP

Die Here God het die mens in die Tuin van Eden aangestel om dit te bewerk en te versorg. (Gen 2:15) 

Avoda, of Avodah is ‘n Hebreeuse woord, wat letterlik “werk” beteken. In ‘n moderne konteks, gewoonlik verwys na besigheid-tipe aktiwiteite, kan dit ook beteken landbou werk en, meer tradisioneel, dien die Here. In sy oorspronklike, tradisionele sin is “avodah” toegepas op offerandes wat in die tempel in Jerusalem gebring is. Die woord is ook gebruik om die toonbeeld van offerritus, die komplekse en belaaide hoofdiens van die Die Hoëpriester op Yom Kippur (Die Versoendag) te beskryf. 

Werk (Koning – skep, verbou en vermenigvuldig) moet altyd gebalanseer word met die Priesterlike (versorging, bewaring) aspekte om volhoubaar te wees.  

Rentmeesterskap is ‘n kuns wat ontwikkel deur oefening en ervaring.  “Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ (Mat 25:21). Wanneer mense hierdie ontwikkeling proses probeer vryspring word hulle net nooit goeie rentmeesters nie.  Dit waarvoor jy ook nie hard gewerk het nie, kan jy nie waardeer nie. 

18Wie sy vyeboom versorg, eet van sy vrugte. Wie omsien na die belange van sy werkgewer, sal voordeel daaruit trek. (Prov 27:18)

Oorkom slegte skuld deur goeie beleggings.  In hierdie gelykenis (Mat 25:14-30) word die Heer wat die belegging in hierdie mense maak self ryker.  Dit is ‘n eeue oue beginsel om in mense of maatskappye wat suksesvol is in gesonde vermeerdering of vermenigvuldiging te belê.  Belê in en ondersteun mense wat kan woeker en wat bewys het hulle is goeie rentmeesters. 

Die Afrika-demokrasie en kiesstelsel is gebrekkig omdat Afrikane meestal mense wat verbaal sterk is, en lyk asof hulle nie vir niemand bang is vanuit hulle eie geledere verkies as iemand wat hulleself eers bewys het as goeie rentmeesters van ‘n sakeonderneming.  Goeie rentmeesters wil ook nie hulleself verkiesbaar stel a.g.v. die swak munisipale dienslewering sisteme nie. 

Vindingryke Planne vir oorlewing – “Now here’s a surprise: The master praised the crooked manager! And why? Because he knew how to look after himself. Streetwise people are smarter in this regard than law-abiding citizens. They are on constant alert, looking for angles, surviving by their wits. I want you to be smart in the same way—but for what is right—using every adversity to stimulate you to creative survival, to concentrate your attention on the bare essentials, so you’ll live, really live, and not complacently just get by on good behavior.”[10] (Luk 16:1-13 MSG) – Die Onregverdige Bestuurder.  

10. Oorkom politieke en sosiale ongeregtigheid deur invloed op die EEN strategiese leier. 

In Lukas 19:1-10 transformeer Jesus Saggéüs die Hoof Tollenaar.  Politici soek getalle om hul mag uit te voer. Dit lei tot groot dwaasheid, aangesien niemand ‘n aantal mense behoort te verteenwoordig nie, en eenvoudig nie kan nie. Mense verander voortdurend van plan.  Die feit dat die hoof tollenaar tot bekering kom, en publiek die korrupsie van sy bedrywighede regstel is Sosiale REFORMASIE op sy beste!! 

“Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou geneem en in drie mate meel weggesteek het totdat dit alles gesuur is.” (Mat 13:33). Suurdeeg kan nie gestop word as dit eers in deeg is nie.  Die mag van die koninkryk is in die mag van die een. Ware invloed is iemand wat deur Konings en regeerders vertrou en gerespekteer word.  Hus, Tyndale, Luther, Calvyn, Wesley, Moody, Wilberforce, Lake, Graham, het geskiedenis gemaak deur hulle lewe en prediking.  

“Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man geneem en in sy land gesaai het, wat wel die geringste van al die saad is; maar as dit gegroei het, is dit groter as die kruie en word dit ‘n boom, sodat die voëls van die hemel in sy takke kom nesmaak.” (Matt 13:31; Luk 13:18). Durf iemand hierdie dag van klein begin verag? (Sag 4:10 Die Boodskap). ‘n Boer verstaan ​​dat die kwaliteit van die saad die oes bepaal. Die gelykenis van die saaier, openbaar ook dat die uitkoms van die oes bepaal is deur die toestand van die grond (hart), nie die saad nie, ook nie die saaier nie.


[1] https://hrco.co.za/preke/hoe-sien-ek-god-reg/

[2] https://hrco.co.za/preke/van-waardeloos-tot-meesterstuk/

[3] https://hrco.co.za/preke/god-se-perfekte-liefde-ontmoet-my-imperfekte-liefde-vir-my-naaste/

[4] Stark, R. 2007. Discovering God: The origins of great religions and the evolution of belief.  New York: Harper Collins. P. 161-162.  

Barna, G. 2005. The state of the church. Ventura, CA: The Barna Group. P. 246-250.

Hirsch, A. 2006. The forgotten ways: Reactivating the missional church. Grand Rapids, MI: Brazos. P. 18-22.

[5] Dreyer, W. 2011. Praktiese ekklesiologie en bedieningspraktyk met verwysing na die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (Afrikaans).

[6] https://en.wikipedia.org/wiki/The_Protestant_Ethic_and_the_Spirit_of_Capitalism

[7] Mohandas Gandhi wrote in his autobiography The Story of My Experiments with Truth (Part II, Chapter 15) that Tolstoy’s book “overwhelmed” him, and “left an abiding impression”. Gandhi listed Tolstoy’s book, as well as John Ruskin’s Unto This Last and the poet Shrimad Rajchandra (Raychandbhai), as the three most important modern influences in his life. Reading this book opened up the mind of the world-famous Tolstoy to Gandhi, who was still a young protester living in South Africa at the time.

In 1908, Tolstoy wrote A Letter to a Hindu, which Gandhi would read, and which outlined the notion that only by using love as a weapon through passive resistance could the native Indian people overthrow the colonial British Empire. This idea ultimately came to fruition through Gandhi’s organization of nationwide nonviolent strikes and protests during the years 1918–1947. In 1909, Gandhi wrote to Tolstoy seeking advice and permission to republish A Letter to a Hindu in his native language, Gujarati. Tolstoy responded and the two continued a correspondence until Tolstoy’s death a year later in 1910. The letters concern practical and theological applications of nonviolence, as well as Gandhi’s wishes for Tolstoy’s health. Tolstoy’s last letter to Gandhi “was one of the last, if not the last, writings from his pen.” 

https://en.wikipedia.org/wiki/The_Kingdom_of_God_Is_Within_You

[8] https://youtu.be/ysa5OBhXz-Q

[9] Wohlleben, P., 2018. The Hidden Life Of Trees (Illustrated Edition). Melbourne: Black Inc., pg. 15, 25.

[10] Peterson, Eugene H. The Message: The Bible in Contemporary Language. Colorado Springs, CO: NavPress, 200rint.

Categories
Preke

“Jou denke bepaal jou realiteit”

Daar word gesê: “Jou denke bepaal jou realiteit” As iemand by voorbeeld nie goed voel oor hulleself nie, nie dink hulle is goed genoeg nie bepaal dit hulle gesindheid en ingesteldheid teenoor hulle werk. Uiteindelik sal dit die kwaliteit van hulle werk reflekteer. In hierdie week moes ek iemand probeer help, wat uiteindelik haar werk verloor het, omdat sy bose geeste in mense sien en sommer in die werk probeer om die geeste uit te dryf. Dit is natuurlik ‘n ekstreme voorbeeld: die vrou self is nie vry nie, en het duidelik genesing nodig. Iemand wat gedurig hulle vrese oordink, sal uiteindelik niks doen nie. Iemand wat sukkel om mense te vergewe, gaan meer in konflik wees met mense. Moenie eetby ’n suinige mens nie.Moenie jou laat verleideur sy lekker kos nie.Hy sê: “Eet en drink gerus!”Hy bedoel dit nie,want hy sit en berekenhoeveel dit vir hom sal kos.Jy sal naar word van wat jy eet,jou komplimente sal jy moet sluk. (Prov 23:7) Ware gelowiges en volgelinge van Jesus is geroep om in ‘n ander realiteit te leef en te funksioneer as die wêreld. Alhoewel ons aan die selfde omstandighede blootgestel is, is ons ingesteldheid anders, en teenstrydig met die van die wêreld. Gelowiges tap nie van dieselfde bron nie. In hierdie wêreld maak mense staat op navorsing, filosofieë en redenasies wat gedurig verander, en sporadies weer deur die volgende teorie verkeerd bewys word. Mens weet later nie meer wat om te glo nie. Gelowiges het al deur die eeue die moeilikste omstandighede denkbaar deurleef, met ‘n konstante teenoorgestelde gesindheid.Rusies – stilswye en liefdes dade.Vervolging – seënwense.Onskuldig tereggestel – vergifnis.Diefstal en vandalisme – vrygewigheid.Armoede – mededeelsaamheid.

Ons binne-wêreld bepaal ons buite-wêreld. Tog is ons soos alles mense, vatbaar om op sleeptou geneem word deur vrees, negatiwiteit, skeptisisme, agterdog, en valse vrede. Paulus se reis na Rome, is die mees volledige gedetailleerde skeep-en-reis-joernaal wat bestaan in antieke geskrifte. (Acts 27-28) Die reisplan, hawens, en skeepsvaart praktyk van antieke Rome word in detail omskryf en vertel. Paulus wou al graag Rome besoek, maar was verhinder. (Rom 1:13) Paulus het ‘n duidelike opdrag van die Here om homself te beroep op die Keiser Caesar. (Acts 23:11) Hy word profeties gewaarsku van die komende swaarkry: “Nadat ons reeds ‘n hele paar dae daar was, het daar ‘n profeet met die naam Agabus van Judea af aangekom. Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, sy eie hande en voete daarmee vasgebind en gesê: “So sê die Heilige Gees: Die Jode sal in Jerusalem die eienaar van hierdie gordel net so vasbind en hom aan die heidene uitlewer.” (Acts 21:10-11) Paulus se Apostoliese verklaring en deklerasie van onbeweegbare geloof en oortuiging weerklank deur die eeue vandag nog in ons harte om ons lewe neer te lê ter wille van die evangelie: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle trane? Ter wille van die Naam van die Here Jesus is ek bereid om in Jerusalem nie net gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterwe.” (Acts 21:13) Paulus probeer met die Jode versoen, maar word in hegtenis geneem omdat “Hier is die man wat ons volk, die wet van Moses en die tempel oral aanval. Nou het hy boonop nog Grieke in die tempel ingebring en hierdie heilige plek ontheilig.” (Acts 21:28) Selfs toe Paulus weer sy getuienis wou bring skree hulle: “Weg met hom! So ‘n man behoort nie te bly lewe nie!” (Acts 22:22) Paulus beroep toe op beskerming van die Romeine, omdat hy van geboorte ‘n romein was. So kom Paulus voor die Joodse Raad: (Acts 23:1-10) Die rusie het so hewig geword dat die kommandant bang was dat hulle Paulus uitmekaar sou skeur. (Acts 23:10) Paulus ontsnap met die hulp van die Romeinse kommandant, en word na Feliks toe gestuur. Paulus het met hom gepraat oor ‘n lewe in gehoorsaamheid aan God, oor selfbeheersing en oor die komende oordeel. Dit het Feliks laat bang word, en hy het gesê: “Dit is nou genoeg! Gaan maar terug, en as ek tyd het, sal ek jou weer laat roep.” (Acts 24:25) 2jr later word Feliks deur Porcius Festus opgevolg. Paulus beroep hom op die keiser, omdat hy niks kwaad teen die Jode verrig het nie. So besoek koning Agrippa en Bernice Festus in Sesarea, en Paulus kry ‘n geleentheid om aan hulle die evangelie te verkondig. Koning Aprippa probeer verskonend die appél systap : “Jy dink seker jy kan my sommer gou-gou ‘n Christen maak” (Acts 26:28) So begin Paulus se reis na Rome. Hy word deur Lukas die doktor/skrywer en Aristargos vergesel. Aristagos was ‘n Masedoniër wat alreeds in die opstand in Efese saam met Paulus vir sy geloof gely het, en hom skynbaar dikwels vergesel het op sy reise, maar ook medegevangene geword het, om Paulus by te staan en te dien. (Acts 19:29; 20:4; Col 4:10; Philemon 1:24) Die storie ontrafel soos ‘n epiese Hollywood drama. ‘n skeepsreis wat nie langer as 2 weke moes deur nie, raak ‘n 4-5 maande avontuur ekskursie. Die ongunstige weersomstandighede lei tot ‘n 14 dae grendel tyd op rowwe seewater, sonder die sig van die maan of die sterre om hulle rigting te bepaal, en sonder kos! Dit terwyl Paulus hulle gewaarsku het om nie verder te seil nie. “Manne, ek sien dat ons vaart van nou af gevaarlik sal wees en dat daar nie net groot skade aan die vrag en die skip gaan kom nie, maar ook lewensverlies.” (Acts 27:10)Paulus se lewe en lewensbeskouing was nie gegrondves in die dramatiese gebeure nie: Alhoewel hy dieselfde omstandighede moes ontbeer as die 276 lewens op die skip, het hy anders na die wêreld gekyk! “Verlede nag het daar ‘n engel aan my verskyn van die God aan wie ek behoort en wat ek dien. Die engel het vir my gesê: ‘Moenie bang wees nie, Paulus. Jy moet nog voor die keiser verskyn. En ter wille van jou spaar God in sy goedheid die lewe van almal wat hier saam met jou op die skip is.” (Acts 27:23-24) Die boodskapper van God, was nie ‘n engel nie, dit was Jesus; ander sou hy nie na hom verwys het as die een aan wie ek behoort en wat ek dien nie. Die realiteit van Jesus wat by ons is in ons storms, is die realiteit waaruit ons, ons binnewêreld organiseer. Die stelling “Jou denke bepaal jou realiteit” is nie ‘n filosofiese sentimentele “secret-new-age, positiewe denke versinsel nie! Hierdie boeke en filosowe verkondig dat as jy net hard genoeg ‘n ding dink, sal jy dit kry! Die realiteit van die persoon Jesus Christus anker my gedagtes, emosies, ingesteldheid, hart, fokus, verwagtinge, motiewe en wese in goddelike geloof!! Hierdie is die realiteit waaruit gelowiges leef!! Ons beleef dieselfde omstandighede, maar ons hanteer die lewe gehaal en al anders!! Ware gelowiges loop altyd op water: Ons hele lewe is ‘n geloofsreis!

Sleutels uit Paulus se Skeepsjoernaal:

1) Bly in Jesus, en laat Hom in jou bly. (John 15:4) Hou jou oë gevestig op Jesus die voleinder van jou geloof. (Heb 12:1-2) 2) Omring jou met vriende en vennote wat in dieselfde geloof staan. Lukas en Aristagos se saamwees, het sekerlik ‘n rol gespeel in die helde storie. Aristagos beteken “the best ruler or best ruling” Ons het nodig om ons te omring met goddelike regeerders. 3) Moenie die koers van jou roeping verloor nie. (2 Pet 1:10) Paulus het selfs nie, toe hy profeties vertel word, wat hy alles gaan moet lei, van koers beweeg nie. 4) Verwag die bonatuurlike: Buiten die feit dat elke lewe gered is, het die slang wat Paulus gebyt het hom niks aangedoen nie (Acts 28:3) Het hy Publius se pa was in die bed, siek aan maagkoors gesond gemaak. (Acts 28:8) Na hierdie voorval het ook die ander siekes op die eiland na Paulus toe gekom, en hy het hulle gesond gemaak. (Acts 28:9)